Die Springbok-slot Eben Etzebeth kan ʼn lang skorsing verwag nadat hy 'n rooikaart gekry het in Saterdag se oorwinning van 73-0 oor Wallis in Cardiff. Red Bull-renjaer Max Verstappen het die Katar Grand Prix gewen en seker gemaak die bestuurderskampioenskap word die naweek in die seisoen se laaste wedren in Abu Dhabi bepaal. Die Springbok-sewespan het vyfde gekom by die Dubai-sewes.