Aan die ander kant van vrees. Ons grootste vyand is die, "SĂȘ nou maar-vyand." Hy voed op logika maar ongelukkig is God se planne vir ons altyd bo-logika. Loop op water, slaan met jou staf op die water, honger leeus se bekke wat toegemaak word ens. Dis wat ons wonderwerke noem want dit is nie verklaarbaar binne menslike logiese grense nie. God nooi jou en my uit na 'n geloofswaagmoedige, bo-logiese, wonderwerk lewe saam met Hom.