Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp op Sakekern, Pretoria FM oor die huidige lokaliseringplanne van die departement van handel, nywerheid en mededinging (DTIC). Hoewel die aansporing van plaaslike vervaardiging wenslik is, maak die manier waarop dit plaasvind saak. Die probleme met invoerbeperkinge en implisiete owerheidsdwang om te lokaliseer word bekyk.