Gerhard van Onselen (Sakeliga) gesels met James Kemp op Sakekern (Pretoria FM) oor onlangse uitlatings deur die departement van arbeid en indiensneming oor die strenger beoogde teikens vir regstellende aksie. Die departement meen dat sodanige teikens nie op kwotas neerkom nie. Tog is daar rede om daardie aanname en die impak van hierdie planne op ondernemings te bevraagteken.