Ons kuier by Rustin Shawe, wat verlede jaar aangewys is as KwaZulu-Natal se Jongboer van die Jaar. Hy boer in die bergagtige Groenvlei-omgewing van KwaZulu-Natal, tussen Wakkerstroom en Utrecht. Rustin se plaas, Grassfields, is 1 850 m bo seespieël. Die hoogste plek waar beeste kan wei, is 2 200 m bo seespieël. Rustin, ’n Droughtmaster-stoetteler, benut onder meer DNS-tegnologie om sy kudde optimaal te verbeter. Hy is ook besig om sowat 600 ha, met titelaktes en al, aan sy werkers te oorhandig.