Listen

Description

Ons besoek die Schoonbee-landgoed naby Groblersdal in Limpopo. Dié gesiene familie­besigheid is in 1950 op die been gebring en beslaan nou amper 3 000 ha oor drie produksiegebiede. Vandag voer hierdie boerdery sitrus en tafeldruiwe uit na 33 lande, hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond, en is ook betrokke by wildteeltprojekte met eksotiese en inheemse wild. Hulle bedryf ook ’n uitgebreide bemagtigingsinisiatief in die Loskopvallei, waar hul wortels diep lê.