Misdadiger, vonnis, tronksel – einde van die storie – totdat parool ter sprake kom. Die minister van justisie en korrektiewe dienste meen die paroolstelsel moet hersien word. Die voormalige inspekterende regter van tronke, oudregter Johann van der Westhuizen, meen egter die stelsel werk, dit is die administrasie daarvan wat haper.