Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Eduan Kruger

Shows

Spaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast042. Beleggings mini-series: (5) Belê vir jou kinders met Christiaan Wessels van FFGSkakel in en luister lekker saam na die episode waar ek met Christiaan Wessels van FFG gesels oor die moontlikhede en oorwegings om vir die volgede generasie (jou kinders of kleinkinders) te belê. Neem kontak op met Christiaan op een van die volgende maniers: email: christiaan@ffg.co.za of via LinkedIn 2023-08-2523 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast041. Belegging mini-series: (4) Goue reels van beleggings!In die episode hardloop ek deur wat ek glo van die goue-reels is as jy in aandele belê: Wees bereid om te begin en om nuwe dinge te leer. Begin Verstaan wat beteken dit om te belê in aandele: 'aandeelhouer' en 'eienaarskap' Belê slegs met geld wat jy nie nodig het nie. Geld wat jy slegs in die langtermyn nodig het. Moenie met geleende geld belê nie Bele slegs in individuele aandele as jy kennis het van die maatskappye en hul mark, finasiele toestand, kompetisie etc. ETF's , Beleggingsfondse en/of Mutual funds is die beste opsie indien jy nie...2023-08-2116 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast040. Ons vier 'Vrouemaand': Uniekheid, Volhoubaarheid, Passie, Onafhanklikheid en vele meer - met Tamara Wallis van TFTFIn die episode het ek met Tamara Wallis van Trustees for the Future in gesprek gegaan. Spaarwiel is 'n persoonlike finansiële podcast, maar die spesifieke gesprek het verseker nie net daar gestop nie. Luister lekker saam en let op vir die volgende temas wat verby kom: Uniekheid, "Longevity" en volhoubaarheid, Onafhanklikheid Asook passie vir wat jy doen en aanpak, Tot eienaarskap neem van moeilike besluite en gesprekke ... en vele meer2023-08-1835 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast039. Beleggings mini-series: (3) "Belasting-slim" belê is 'n goudmyn!Reels en voordelige wetgewing maak dit moontlik om belasting voordelig vir jou toekoms te sorg: Aftree/Uittree-annuïteite (Retirement annuities ; RAs), asook, Belasting vrye fondse (Tax free investment/saving accounts ; BVFe / TFIAs / TFSAs SARS inkomste belastingskale 2023-2024 27.5% reel rondom RA's / Pensioen beleggings TFIAs/TFSAs/BVFe2023-08-1609 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast038. Korttermynversekering met Yolana Kinghorn van FFGSaam met my om die mikrofoon in die episode is Yolana Kinghorn van FFG. Ons praat oor korttermynverskering. Dit is 'n baie insiggewende episode, so maak tyd, skakel in, sit terug en luister lekker saam. Vir enige vrae kan jy vir Yolana kontak of die FFG website besoek: yolana@ffg.co.za www.ffg.co.za2023-08-1139 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast037. Beleggings mini series: (2) Waar om te begin? En vir watter rede belê jy?In die episode bespreek ons 'n paar stappe om te oorweeg as jy wil begin belê: 1. Jy het geld nodig om te kan begin belê. En jy moet die geld in jou budget allokeer vir beleggings. 2. Waarvoor wil jy belê? - Pensioen ; - Kinders se studies? of of of 3. Maak jy gebruik van 'n finansiële adviseur? Of belê jy self jou geld d.m.v. 'n aanlyn beleggings platform (bv. Easy Equities) 4. Belê jy in los aandele of 'mandjie fondse' soos ETFs, Index funds ens. 5. Local of Offshore? ...2023-08-1010 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast036. Beleggings mini-series: (1) Hoekom? Waarom? Hoe? Waarin?Ons neem 'n Beleggings mini-series op oor die volgende paar episodes: In die episode bespreek ons: 1. "Hoekom sou mens geld belê in die eerste plek?" (jou geld aan die werk steek en dus toekomstige welvaart bou en ook toekomstige onafhaklikheid) 2. "Ek het nie die risiko-profiel om nie te bele nie" ... die impak van inflasie op spaargeld en kontant! 3. 'n Paar van die grootste hindernisse / struikelblokke wat mense keer om te begin met beleggings (kennis en tasbaarheid). 4. Wat dit eintlik beteken om aandele te 'koop'. (jy word...2023-08-0913 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast035. Ryk wees -vs- Baie geld uitgee!Daar is 'n groot verskil tussen iemand wat baie geld uitgee en iemand wat welvaardig is. Ek is vas oortuig dat die meeste mense - wanneer hul dagdroom oor geld - nie oor welvaart droom nie. Die dagdroom gaan eerder oor die 'sexy-kant' van geld. Die spandeer kant... groot huise, mooi karre en luukse vakansies ens. Nie oor die boring spaarplanne en beleggings nie. Nie die gemoedsrus en tyd wat welvaart skep nie. Sodra jy geld uitgee aan groot, duur nuwe dinge (karre, groter huis, duur klere, juwele...2023-08-0406 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast034. Mediese versekering - met Ina Fourie van FFGIn die episode kuier ek met Ina Fourie van FFG. Die onderwerp vir die dag is: Medies of Mediese versekering. Ons gesels onder andere oor: FFG se rol en hoe FFG werklik waarde toe te voeg vir die klient as dit kom by medies en mediese versekering Mediese verskeraars Jou mediese premies GAP cover Hospitaal planne en Omvattende mediese versekering ens. Ina deel 'n paar waardevolle tips oor hoe ons ons geld en mediese spaarplan kan beskerm deur rekord te hou van ons mediese uitgawes en seker...2023-07-2129 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast033. 53 jaar oud en byna geen pensioen opgebou... Wat nou?Ek kry onlangs 'n email met die spesifiek vraag. Ek het 'n tydjie hieroor gedink voordat ek besluit het om tog my mening en opinie op 'n episode te deel. Die kort en die lank van die verhaal kom neer op: - Gaan sien 'n professionele, onafhanklike finansiële adviseer (in episode 32 is daar 'n link in die shownotes nat CJ Smit van FFG se epos toe) - Wees realisties! - Neem onmiddelik aksie! - Vind 'n manier om met volhoubare dissipline 1. Jou lewenskoste t...2023-06-2322 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast032. Langtermynversekering - met CJ Smit van FFGEk kuier saam met CJ Smit in die episode en ons gesels oor risikobestuur en langtermynversekering. CJ is die besturende direkteur van FFG Garden Route. FFG is 'n onafhanklike finansiële diensverskaffer. CJ verduidelik langtermynversekering gebaseer op 4 pilare. - Lewensversekering - Gevreesde siekte - Ongeskiktheidsversekering - Inkomstedekking Luister saam om meer oor die onderwerp te hoor en kontak CJ vir professionele advies per e-pos: cj@ffg.co.za (FFG Website: www.ffg.co.za) 2023-06-1638 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast031. Hoë Rentekoerse - So beskerm ons onsself!Einde Mei is die repokoers weer verhoog en staan tans op 8.25% (25 Mei 2023) Wat beteken dat die "prime lending rate" op 11.75% staan. Dit is 4.75% hoër as wat dit was tydens Covid en 1.75% hoër as voor Covid. Indirek beteken dit dat elke persoon in SA wat uitstaande skuld het (teen 'n veranderlike rentekoers) elke maand meer geld vir sy of haar skuld moet betaal. En dit bring my by die episode: ... wat kan ons doen om onsself te beskerm en die impak van hoë rentekoerse te...2023-06-0215 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast030. Is jou huis 'n goeie finansiële belegging? - met Teo en JacIn die episode kuier Teo en Jac (twee baie goeie vriende van my) saam om die mikrofoon. Ons duik in 'n "hot topic" in: 'Is jou huis (jou primêre woning) 'n goeie finansiële belegging?" Ons raak aan 'n klomp voor-en nadele van huis eienaarskap. Ons bespreek verder ook 'n klomp aspekte wat mens in ag sal moet neem wanneer jy besluit om of te koop of te huur. Dit sluit in: Die invloed van rentekoerse op jou kontantvloei Onderhoudskostes Jou lewenskoste tydens jou pensioenjare En 'n klompie ander aspekte en oorwegings. ...2023-05-1231 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast029. Hoe lyk jou ryk lewe?Wat is vir jou belangrik in die lewe? Hoe lyk jou ideale lewe? Dus jou 'ryk lewe'. Is dit die vryheid om te kan reis waar en wanneer jy wil? Of, is dit vrou/man, kinders, huisdiere en 'n lekker huis. 'n Lewe waar jou kinders by 'n goeie skool kan skoolgaan? Is dit 'n lewe met minder finansiële en/of ander stres?... Wat ook al jou ideale ryk lewe is, maak seker dat jou tydsbestuur, inkomste en uitgawes ooreenstem met wat jy vir jouself in j...2023-04-2811 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast028. Die waarde van 'n nuwe 'R10 per dag gewoonte'Gewoontes is soos bome. 'n Klein boom wat jy gister geplant het kan jy sonder teveel moeite vandag uit die grond pluk. Maar 'n wilger wat al jare langs die water staan sal geen man op die aarde sommer net kan uitpluk nie. "We overestimate what we can do in a day, but underestimate what we can do in a year".. wat nog van 20 jaar?! In die episode staan ek nie te lank stil by negatiewe 'geld verwante' gewoontes nie. Ook nie hoe om te stop met van die...2023-04-2413 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast027. Psychology of Money: "Vandag is die jongste wat jy ooit sal wees" ... Begin!In die episode praat Wayne en Eduan verder oor die boek "Psychology of Money" Daar word deur hoofstuk 4 en 5 geblaai. Hoofstuk 4 se tema is Saamgestelde groei / rente.  Die krag eb impak wat 'tyd' op jou beleggings, jou kennis, jou "skills" en/of enigiets wat jy konstant aanpak op 'n volhoubare lang termyn is onsettend baie. Hoofstuk 5 behandel weer die verskil tussen:  1. Welvaart bou (ryk of welvaardig word),  Versus  2. Welvaart behou (of ryk bly). 2023-03-1727 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast026. So betaal jy duisende Rande minder belasting! Belasting voordelige bydraes tot uittree-annuïteit(e) / RA Jou bydraes tot jou uittree-annuïteit(e) / retirement annuities (RAs) bied vir jou meer as net belastingverligting. Dit verseker ook dat SARS indirek jou help om jou 'pensioen-neseier' belastingvoordelig te laat groei. Belastingbetalers kan tot 27.5% van hul vergoeding of belasbare inkomste, welke ookal die grootste is, bydra tot `n UA/RA. Die bydrae kan jy van belasting aftrek.  Dit is voordelig om in parallel met jou pensioenfondsbydraes by jou werk ook addisionele UA/RA-bydraes te maak. In die berekening hieronder verduidelik ek dit...2023-02-1914 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast025. Psychology of Money - "Genoeg is nie te min nie"In die episode chat ons oor hoofstuk 1, 2 en 3 van die boek 'Psychology of Money' deur Morgan Housel. Die boek het meer as 2miljoen verkope en is beskikbaar in 52 tale. Die boek lees maklik en is vol tydlose en waardevolle lesse oor persoonlike perspektief, welvaart, gierigheid en geluk! Hoofstuk 1 skop af met 'n stelling wat voorstel dat niemand gek is nie. Wat vir een ou na 'n gek idee lyk is vir 'n volgende ou heel normaal. Die besluite wat jy met jou geld neem, is gebaseer op jou ervaring. Jou...2023-02-1033 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast024. Wingman Brand - 'n Side Hustle met 'n awesome doel!Tydens die tweede gedeelte van die gesprek oor side hustles het ons met Johnru gepraat oor Wingman Brand Johnru se eie suksesvolle side hustle met 'n great storie en 'n awesome doel! Besoek gerus www.wingmanbrand.co.za  en volg hul op instagram @wingman_original 2022-12-2225 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast023. Side HustlesIn die episode verwelkom Wayne en Eduan 'n spesiale vriend en gas - Johnru Rossouw.  Die gesprek in die episode gaan oor side hustles. Wat verstaan ons as ons die term "side hustle" hoor?  Waarom sal ons 'n side hustle wil begin? Is dit om meer geld te maak? Dalk om meer tyd vir jouself te skep weg van jou voltydse werk af? Miskien neem die side hustle juis meer van jou tyd op...? Maar, dan is dit dalk tyd wat jy spandeer aan iets in lyn met jou belangstelling en passie en du...2022-12-2247 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast022. Groot uitgawes (Gesprek met Regardt 'Hopie' van Rooy)"Kom ons maak gesonde spaargewoontes 'n leefstyl en so word ons - met die nodige gemoedsrus- voorberei op groot uitgawes wat oor ons pad mag kom" Hopie streef daarna om meer en meer dinge in sy lewe in balans te doen en ook belangrike aspekte deel van sy leefstyl te maak sodat dit nie baie moeite of breinkrag verg wanneer dit by sekere besluite of keuses kom nie. Dit is iets mooi waarna ons almal kan streef. Boonop behoort dit 'n groot positiewe impak op ons beursies te maak.  2022-12-1433 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast021. FinGobal: Finansiële emigrasiespesialiste (Gesprek met Pieter Muller)Ek is baie bevoorreg gewees om onlangs met Pieter Muller van FinGlobal n gesprek te kon voer.  Nota: Die gesprek is in Engels  - so sit jou Engelse ore in ;-)  Of dit nou 'n hartseer waarheid is of nie, maar daar is baie Suid Afrikaners in die buiteland en nog baie wat op die uitkyk is vir geleenthede buite die Suid Afrikaanse grense. Finglobal is Finansiele emigrasie spesialiste! Dus indien jy of iemand wat jy ken oorsee gaan vir werk of om 'n nuwe lewens roete in...2022-12-0933 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast020. Skuld ... keuses, strategieë en gemoedsrus!Skuld is iets wat niemand noodwendig op ons naam wil hê nie. Tog is dit amper onvermydelik op een of ander stadium in ons lewens. In die episode kyk Wayne en Eduan weer na hul persoonlike situasies en besluite. Maak jy skuld om onvoorsiene uitgawes te dek? Of finansier jy dit uit jou bufferfonds? Soos altyd is elke situasie uniek, maar deur na ander mense se situasies en perspektief te luister, kan dit jou dalk net in 'n beter posisie plaas om 'n meer i...2022-11-2134 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast019. Inflasie ... #inflasieisijoubaasieDie koopkrag van ons geld kry die laaste aantal maande van alle kante af 'n paar klappe.  In die episode praat ek en Wayne oor inflasie, rentekoerse en veel meer. Ons loer veral na 'n paar opsies wat ons in ons eie persoonlike finansies en "spending habits" kan inkorporeer om die impak van inflasie net 'n bietjie te demp. #inflasieisijoubaasie2022-10-2052 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast018. Stap 3: Jou Noodfonds lei tot intelligente finansiële besluite‘n Noodfonds kan jou beste vriend wees. Dit laat jou toe om jou slaaplose nagte a.g.v. al die onverwagte kostes en dingetjies in die allerdaagse lewe te verminder. ‘n Noodfonds is ‘n som geld wat jy kan aanwend om die onverwagde kostes te dek terwyl jy steeds fokus op jou groter finansiële doelwitte. Stel jou visier in en probeer jou bes om so gou moontlik tussen R10,000 en R20,000 in ‘n afsonderlike rekening te spaar. Die som geld hou jy dan een kant vir as jou band bars, of die wasmasjien of die geyser breek, of...2022-10-1211 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast017. Stap 2: Neem beheer van jou uitgawes -> Die sleutel tot finansiële vryheid Hoe goedkoper jou lewe, hoe vinniger bereik jy finansiële onafhanklikheid! Gaan doen indringend ondersoek en bepaal waaraan jy werklik geld spandeer en hoeveel... (Wees eerlik met jouself ;-) ) Maak dit ‘n speletjie en loer na jou laaste (of volgende) 60 - 90 dae se uitgawes en kategoriseer die uitgawes. Fokus dan eerstens om jou vier of vyf grootste uitgawe kategorieë. Sny oortollige kostes op die groot kategorieë, dan beweeg jy oor na die kleiner kostes. Lees hier meer oor Uitgawes2022-10-0714 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast016. Stap 1: 'n Finansiële Plan (snapshot van jou huidige situasie) Om te bepaal wat jou einddoel is, moet jy eers jou huidige situasie beter verstaan. Begin deur 'n 'n finansiële plan op te stel Sodra jy perspektief oor jou huidige situasie het, kan jy beplan hoe om jou finansiële einddoel te bereik. Hier lees jy meer oor wat 'n finansiële plan behels.2022-10-0115 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast015. Eerste 3 volhoubare stappe tot Finansiële OnafhanklikheidWayne en Eduan bespreek die eerste 3 volhoubare stappe wat ons almal tot 'n mate kan begin neem om daarvoor te sorg dat ons eendag finansieël onafhanklik kan word. Die stappe, gekombineer met ons nodige langtermyn dissipline behoort wonders te verrig vir ons finansiële situasie. Stap1: 'n Finansiële plan. 'n Snapshot van jou huidige lewens en finansiële situasie Stap 2: Uitgawes -> Kategoriseer en prioritiseer Stap 3: Noodfonds -> R 10,000 tot R20,000 een kant spaar vir wanneer 'Murphy' aan jou deur kom klop.2022-09-2835 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast014. Ons praat oor iets van alles!Wayne en Eduan praat oor iets van alles in hul onderskeie persoonlike finansiële lewens. Onder andere: - Met wie en waar ons oor finansies kan praat (of nie)  - Die %-split tussen Beleggings-Needs-Wants - Die onderskeie persoonlike finansiële gesprekke in die huis met ons beter helftes   - Inkomste bronne (en die afwesigheid van alternatiewe inkomste bronne)  - Grootste uitgawes tans in ons lewens ("big ticket items") - Rentekoerse en die oorweging toe Wayne-hul huis gekoop het En nog 'n klompie ander dinge...2022-08-2734 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast013. Geld is miskien irrelevant, maar wat van jou tyd...Die podcast kry 'n 'co-host'... Wayne Rolfe  Eduan en Wayne gaan vir 'n klompie episodes saam journey deur die basiese en meer ingewikkelde onderwerpe, vrae en konsepte van persoonlike finansies.  Wie weet, dalk word die 'n langtermyn co-hosting vennootskap :-) One can only hope!  Episode 13 dien groot en deels as 'n inleiding vir wat ons vorentoe wil bespreek, maar tydens die episode het dit nie lank gevat voor die woorde 'geld' en 'tyd' teen mekaar opgeweeg word nie.  Jy - die luisteraar - kan eerlike, opre...2022-08-1921 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast012. Belê R1.8miljoen, Ontvang R17.1miljoen+ (Gereelde beleggings + Saamgestelde opbrengs + Tyd)Saamgestelde groei! Saamgestelde rente! Saamgestelde opbrengs!  Dit is werklik die 8ste wonder van die wêreld! Veral as tyd ook nog aan jou kant is! 1. Begin vroeg met beleggings, 2. Belê met die nodige dissipline op 'n gereelde basis, 3. Hou 'n langtermynfokus Voorbeeld van wat moontlik is: Begin vroeg (bv. op 25jaar oud) Belê elke maand 'n 'klein' bedrag oor 'n tydperk van 40jaar (dus tot 65) Begin met R2,000 per maand.  Verhoog die bydraes met R500 na elke 5jaar Totaal belê jy R1.8milj. oor 'n tydperk van 40jaar (25-65) Na die...2022-03-0314 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast011. Betaal jouself eerste!Hou 'n stukkie van jou inkomste vir jou toekomstige self! Voor jy die res van jou geld (waarvoor jy so hard werk) uitgee aan die wêreld! Betaal jouself eerste!  1. Belê eers (Pensioen / belasting vrye beleggings / ander medium-termyn beleggings / betaal selfs n bietjie meer van jou huislening af... of of of) 2. Daarna betaal jy al jou noodsaaklike kostes (kos, medies, verblyf, vervoer, skoolfooie ens.) 3. Daarna gee jy geld uit aan al die lekker kry dinge! (gholftoere, jag trippies, vakansies ens.)2022-02-2005 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast010. Boedelbeplanning, Testamente en Trusts (met Tamara Wallis van Trustees For The Future)Vandag het ek die voorreg gehad om met Tamara Wallis van Trustees For The Future (TFTF) te praat oor boedels, boedelbeplanning, testamente, trusts, "generational Wealth protection" ens. Skakel in en luister lekker! "We care about you and your family's Financial- and Estate Planning needs and objectives and we will design and structure the appropriate and suitable plan to support that. We are committed to ensuring that these objectives are achieved, even though circumstances may change. We are passionate about forming a trusted relationship with your family that will stand the...2022-01-2648 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast009. Sorg 'belasting slim' vir jou toekoms (in gesprek met Paul Kempff van FFG)Minder belasting betaal! Meer geld toewy aan jou toekoms! Meer geld oor hou en belê vir jou pensioen! Luister nou na episode 9. Ons verwelkom vandag vir Paul Kempff op Spaarwiel die podcast. In die episode verduidelik Paul kortliks, maar baie omvattend in dieselfde asem, watter 'belastingslim' beleggingsgeleenthede daar bestaan vir die Suid Afrikaanse belastingbetaler om effektief te sorg vir ‘n gesonde finansiële toekoms.  Paul is die Bestuurende Direkteur (MD) van die FFG groep. Hy het duidelik ‘n passie vir sy werk en die industrie waarin hy homself bevind en volgens...2022-01-2034 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast008. Oorsig vir die jaar: Maak van jou "budget" 'n "cash flow"Maak van jou "budget" 'n "cash flow"  Deur 'n "cash flow" op te trek vir die twaalf maande van die jaar skep jy dalk net die nodige insig en oorsig wat jy nodig het om jou persoonlike finansies gesond te bestuur. Ons weet nie presies wat ons elke maand gaan inkry, of uitgee nie, maar jy kan 'n vooruitskatting maak.  Deur so vooruitskatting te maak dwing dit jou ook om bietjie na te dink oor jou uitgawes- en inkomstebronne en waar jy dit kan optimaliseer. Op 'n maandelikse ba...2022-01-1410 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast007. Bereik jou finansiële doelwitte in 2022Ek het vroeg in 2022 op twee baie goeie boeke afgekom: Boek #1.  "Your best year ever" deur Michael Hyatt (Productivity Game video oor die boek) Die boek verduidelik hoe ons die akroniem "SMARTER" kan toepas om ons doelwitte suksesvol na te jaag. - S- Specific. - M- Measurable. - A- Actionable. - R- Risky. - T- Time-Triggered. - E- Exciting. - R- Relevancy/Reality Check). Boek #2. "Chasing Excellence" deur Ben Bergeron. 'n Boek waar twee temas vir my regtig uitstaan: "Power of a po...2022-01-0713 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast006. Geld uitgee aan dinge wat vir jou energie gee in die lewe (met SB Botha)SB is 23 jaar oud, maar hy het die dissipline van 'n 60 jarige as dit kom by sy finansies. Hy allokeer sy geld hoofsaaklik aan dinge waarvoor hy 'n passie het in die lewe. Of dit nou oefening is en/of buitemuurse aktiwiteite of selfs toekomstige travel planne, SB het 'n duidelike plan hoe en aan wat hy sy geld uitgee. Luister na meer episodes op spaarwiel.com of Spotify, Anchor, ApplePodcasts, GooglePodcasts ens. Deel ook jou opinies of tips deur 'n email te stuur aan spaarwiel@spaarwiel.com of 'n boodskap te stuur...2021-12-0318 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast005. Finansiële vangnette vir ons gemoedsrus (Gesprek met CJ Smit van FFG)Wat 'n voorreg om vir CJ Smit in die "virtual studio" vandag te kon hê! CJ is 'n finansiële adviseur en die nuwe Managing Director van FFG Garden Route Ons praat vandag oor finansiële vangnette! (... die vangnette waarna ons hier na verwys is vangnette wat vir ons finansiële gemoedsrus gee. Gemoedsrus wat ons toelaat om ons loopbaan na te jaag en die lewe te geniet terwyl ons weet die nodige beskerming is in plek indien iets onverwags sou gebeur. Korttermynversekering Langtermynversekering  'n Emergency fund (Nood- en Bufferfonds) 2021-11-1933 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast004. "Budget" - Meet is weet! (in gesprek met Lourie van Pletzen)Meet is weet! Kennis is Krag! Knowledge is Power! 'n Begroting (*budget* van hier af vorentoe) is die spesiale hulpbron of geheime wapen in ons persoonlike finansies wat verseker dat ons elke maand weet hoeveel geld en aan wat ons die geld kan spandeer. 'n Budget is daar as 'n riglyn sodat ons maand na maand ons finansies goed bestuur.  Wanneer ons fokus om ons finansies van maand na maand goed te bestuur is dit aansienlik makliker om ons langtermyn finansiële doelwitte ook te bereik.  Vir Lourie (ons gas op die...2021-11-1228 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast003. 'n Finansiële plan"I am honest with myself about where I am financially. This allows me to find contentment with my progress, growth and any pivots that I need to make" @thefinancebar 'n Finansiële plan!  Gebruik pen en papier, Excel of selfs 'n "whiteboard". Solank jy tyd maak en vir jouself 'n eerlike finansiële plan optrek waar jy vasvang waar jy tans met jou finansiële sake staan.  Vang die volgende inligting vas: 1. Persoonlike info 2. Inkomste en Uitgawes 3. Bates en Laste  4. Kort-, medium- en langtermyn doelwitte en fin...2021-11-0511 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast002. Gesonde persoonlike finansies in perspektief - (gesprek met Jac de Wet)Familieman, beleggingskundige en besigheidseienaar. Jac het ‘n realistiese uitkyk op die lewe en persoonlike finansies en alles daar rondom. In die gesprek raak ons vinnig aan van die volgende aspekte: - Die ‘Betaal jouself eerste’ beginsel – “Save first then spend” - Minder uitgee as wat inkom. - “Keeping up with the Joneses” - Bederf jouself van tyd tot tyd! Dit is ook belangrik! - Spandeer geld op dinge wat vir jou energie gee. - Finansiële onafhanklikheid – “Dit is om te doen wat, jy wil w...2021-10-2729 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast001. Finansiële Onafhanklikheid (FO)Finansiële Onafhanklikheid (FO) is wanneer die 'moet' verdwyn!  Die 'moet' waarna ons hier verwys is die 'MOET' om geld aanhoudend en aktief te verdien om jou en jou gesin se lewe te kan bekostig (heelmoontlik in 'n werk wat jy net doen vir die salaris en nie vir die liefde van die werk self nie).  FO is wanneer jy genoeg bates en/of fondse het om jou lopende laste te dek. FO skep dus vir jou vryheid. Vryheid om te kies hoe jy jou tyd spandeer en saam wie en aan wat!  2021-10-2313 minSpaarwiel die PodcastSpaarwiel die Podcast000. Spaarwiel die Podcast - Trailer episodeWelkom by Spaarwiel die Podcast! 'n Interaktiewe platform waar ons idees oor 'Persoonlike Finansies' en 'Finansiële Onafhanklikheid (FO)' uitlig en uitruil! Ons gaan praat oor: uitgawes, skuld, inkomste, passiewe inkomste, ‘side  hustles’, beleggings, saamgestelde rente, spaarplanne, jou nood- en bufferfonds, belasting, pensioen...en en en!   Spaarwiel is nie ‘n "anti-werk" platform nie! Ook nie ‘n platform wat enigiemand spesifiek aanmoedig om vroeër af te tree nie! Inteendeel Spaarwiel se visie is om FO in konteks te plaas vir ons almal! Sodat almal ons meer tyd kan spandeer saam mense wie ons liefhet en...2021-10-0401 min