podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Eensgesind Klankleers
Shows
Eensgesind Klanklêers
VSA/RSA: Deel 6
VSA/RSA: Deel 6Dit is September 1899 en die Amerikaners in Transvaal moet planne maak om uit die land te kom. Oorlog blyk onafwendbaar te wees en die Amerikaanse konsuls in Pretoria en Kaapstad moet hul burgers help om uit Transvaal te kom.Hierdie episode handel juis oor die redes waarom sekere Amerikaners in Transvaal besluit het om liewers pad te gee, as om aan die oorlog tussen die Boererepublieke en die Britse Ryk deel te neem. En natuurlik ook hoe hulle Transvaal verlaat het.Washington D.C. het natuurlik ʼn spesifieke b...
2020-08-21
00 min
Eensgesind Klanklêers
VSA/RSA: Deel 5
VSA/RSA'n Paar maande voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was die verhouding tussen die ZAR en VSA nie op 'n baie goeie voet nie. Alhoewel die OVS vir ʼn geruime tyd diplomatieke verteenwoordiging in die VSA gehad het, het die ZAR die fout begaan om nie ʼn konsul in die VSA aan te stel nie.Dit lyk asof die Transvaalse leeu en die Amerikaanse witkoparend van 1898 tot 1899 vir mekaar gegluur het. Dr. W.J. Leyds het alles in sy mag gedoen om die ZAR se beeld in die buiteland te...
2020-07-24
00 min
Eensgesind Klanklêers
VSA/RSA- Deel 4
DEEL 4Dit is 1898 en die spanning in Transvaal word elke dag erger. Sommige Amerikaanse burgers in Transvaal, waarvan die meeste in die mynbedryf werksaam is, het anti-Paul Krugeroortuigings en is lus vir ʼn bakleiery saam met die ander “Uitlanders”. Ander is pro-Boer en werk saam met die Amerikaanse konsulaat in Pretoria om vir president Kruger ʼn mooi geskenk vir sy verjaarsdag te koop.Die Amerikaanse burgery hou gebeure in Transvaal met ʼn valkoog dop. Verskillende sprekers lewer lesings oor die Boere en die Boererepublieke regoor die VSA, maar anti-Boeraktiviste skryf vir enige belangstellende tydskri...
2020-07-17
00 min
Eensgesind Klanklêers
VSA/RSA Deel 3
Indien die Verenigde State van Amerika so magtig en pro-Boer was, waarom het die VSA nie die twee Boererepublieke in 1899 kom help nie? Dit is ʼn billike vraag en een wat kortliks in hierdie episode bespreek word.Dit is waar dat Anglofobie in Amerikanergeledere gedurende die eerste 50 jaar van die 19de eeu geheers het. Hoe anders as 'n mens die Amerikaanse Rewolusie en die oorlog van 1812 in berekening bring? Hierdie gevoel het weer vlamgevat toe Britse skeepsmaatskappye gewillig was om skepe vir president Davies se regering te bou.Maar na die Washington V...
2020-07-10
00 min
Eensgesind Klanklêers
VSA/RSA (Deel 2)
VSA/RSAIn hierdie episode van VSA/RSA word die rol van Amerikaners in die Jameson-inval van 1895-1896 kortliks bespreek. U sal ook hoor wat Amerikaners in die algemeen van die Boererepublieke gedink het.Name van vooraanstaande Amerikaners (in Transvaal en in die VSA) soos John Hays Hammond, Richard Olney en Theodore Roosevelt word in die bespreking genoem en hoe hul woorde en dade gedurende die middel van die 1890's veral die ZAR belemmer of gesteun het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2020-06-19
00 min
Eensgesind Klanklêers
VSA/RSA: Deel 1
VSA/RSADie Verenigde State van Amerika (VSA) en Suid-Afrika stap al ʼn lank pad saam. Dit is 'n geskiedenis wat oor eeue strek en ʼn diplomatieke verhouding wat nie altyd ewe vriendelik was nie.Wanneer ‘n mens veral die middel tot laat 19de eeu in oënskou neem, is daar oorgenoeg interaksie tussen die twee lande om belangstelling in die diplomatieke geskiedenis tussen die VSA en Suid-Afrika te wek. Amerikaners het ‘ʼn impak op Suid-Afrika gemaak – van sendelinge soos eerwaarde Daniel Lindley tot mynbeamptes soos John Hays Hammond. Suid-Afrikaanse state soos die twee Boererepublieke het ook di...
2020-06-05
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die mistieke wêreld
Hoe klink die liedjie nou weer? “Dis nie my spook nie, dis nie jou spook nie, dis ʼn ander man se spook wat julle oor stry!”Spoke is inderwaarheid nie volksvreemd nie. Spookgelowe is ook nie ʼn Europese invoerproduk nie. Natuurlik het ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe opvattings oor wesens wat in die nag rondsweef en reisigers in die donker kan laat struikel. Kyk net hoeveel poniekoerante publiseer stories oor slagoffers wat towerkuns of spokery vir hul teenspoed blameer. Suid-Afrika wemel van spookstories en spesifieke plekke waar spoke teengekom is.Spookgelowe maak selfs verskillende maatskappye elke jaar r...
2020-05-29
00 min
Eensgesind Klanklêers
Jonker Afrikaner
HELDEOnderkaptein, militêre aanvoerder, bendeleier, diplomaat, bloedvergieter - dis hoe Jan Jonker Afrikaner (1798-1861) beskryf word. In Windhoek en later Okahandja, was Afrikaner beslis die sterkste militêre en politieke magsfiguur in Namibië tussen die 1840's en1850's, net voordat die Duitse Ryk die streek gekoloniseer het.Daar is nogtans sprake dat Jonker Afrikaner verantwoordelik was vir grootskaalse moord op die Herero’s. Maar daar is ook gevalle waar hy barmhartigheid teenoor die Booi-gemeenskap betoon het. Hoe kan 'n mens Jonker Afrikaner probeer verstaan? Hoe besonders is sy histo...
2020-05-22
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die besonderse lewe van Johanna Brandt
'n Rede uit die Verlede-episodeHistorici wat fokus op gender-geskiedenis argumenteer dat die rol van vroue in historiese konteks te lank deur navorsers geïgnoreer was. 'n Mens kan daarmee saamstem wanneer die biografie van Johanna Brandt bestudeer word. Anna le Grange, 'n Meestersgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit, het so pas haar navorsing oor Johanna Brandt voltooi. Haar werk stel hierdie besonderse vrou in 'n nuwe perspektief, maar laat Le Grange self verder oor Brandt vertel (in skrif en via die amptelike Eensgesind-opname):Wanneer die naam "Johanna Brandt" genoem word, f...
2020-05-15
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Sirkusboer
DIE SIRKUSBOERGeneraal Piet Cronjé word nie so hoog geag soos ander Anglo-Boereoorloggeneraals (1899-1902) nie. Sy oorgawe by Paardeberg op 27 Februarie 1900 kan waarskynlik die rede wees. Sekerlik is daar veel meer wat ʼn mens oor generaal Cronjé kan sê?In hierdie episode word die lewe van Piet Cronjé onder die vergrootglas geplaas. Sy aandeel aan die beleg van Potchefstroom se fort en hoe hy dr. Jameson uit Johannesburg gehou en die inval gestuit het, is deel van die narratief. Natuurlik is sy loopbaan in die Verenigde State van Amerika as ʼn toneel...
2020-05-08
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die beginpunt van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)?
Padlangs NoordwesWat het gebeur?Op 11 Oktober 1899, presies om vyfuur die middag, het die ultimatum van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) aan die Britse Ryk verstryk. Die Britse Ryk het die stipulasies van die ultimatum geignoreer en daardeur geimpliseer dat hulle bereid was om oorlog teen die ZAR te voer. Agt dae voor die verstryking van die ultimatum is burgers van die ZAR en die Oranje-Vrystaat reeds vir kommandodiens opgeroep. Die dorpie Lichtenburg moes natuurlik ook 'n kommando byeenroep onder generaal Koos de la Rey. Hulle eerste taak was om weswaarts te ry...
2020-05-01
00 min
Eensgesind Klanklêers
Generaal Piet Joubert
HELDENet anderkant Wakkerstroom is generaal Piet Joubert (1831-1900) se mausoleum. Dit is geleë op die plaas Rustfontein wat eens aan Joubert behoort het. In die tweede helfte van die 19de eeu was generaal Joubert ‘n bekende politieke figuur en ook ‘n beroemde veldheer. Maar soos Romulus en Remus wat in stryd met mekaar was, was Joubert en staatspresident Kruger ook teenstanders - daar moes beslis word watter een van hulle Transvaal sou regeer.Dit was juis na die Slag van Majuba dat Joubert opgang as ‘n gesagsfiguur gemaak het en sy p...
2020-04-24
00 min
Eensgesind Klanklêers
Het ons die Beleg van Elandsrivier vergeet?
'n Padlangs Noordwes-artikelWat het gebeur?Maak enige geskiedenisboek oor die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) oop en 'n mens lees sommer gou oor die drie beleerde Britse dorpe, nl. Kimberley, Mafeking en Ladysmith. Jy sal gelukkig wees om te lees van die minder bekende beleg van Elandsrivier wat plaasgevind het waar die dorpie van Swartruggens tans is.Selektiewe feite en temas is ʼn kwessie waarmee historici daagliks stoei. Indien so, waarom kry die beleg van Elandsrivier nie dieselfde aandag as die ander drie nie? Die aantal manskappe betrokke, d...
2020-04-17
00 min
Eensgesind Klanklêers
Uitdagings van ‘n Suid-Afrikaanse museumkundige
'n Rede uit die verlede-artikelGedurende 2017 het die televisieprogram Carte Blanche ondersoek ingestel na die stand van sake in Johannesburg se museums. Die lae gehalte van die uitstallings en die onkundigheid van veral die departemente verantwoordelik vir die stad se museums, was skokkend – om die minste te sê. ‘n Mens kan dan seker die vraag vra: as dit so power in die Goudstad se museums gaan, hoeveel swaarder moet dit nie vir ‘n dorpsmuseum of enige ander museum wees wat van donasies afhanklik is nie? Die uitdagings is meervoudig en Suid-Afrika se museumk...
2020-04-10
00 min
Eensgesind Klanklêers
In gesprek met ‘n ware monumentjagter
'n Rede uit die verlede-episodeDie afgelope drie jaar het verskillende Suid-Afrikaanse monumente die teiken geword van aktiviste wat hulle ontevredenheid wou aandui. As gevolg van hulle persoonlike frustrasies (polities, ekonomies, sosiaal of 'n kombinasie van die verskillende bronne) is monumente verwoes, verniel of verwyder.Dit laat 'n mens dink aan die woorde van die Romeinse offisier, Marcellis, aan sy Griekse slaaf, Demetrius uit die 1942-boek, The Robe, van LC Douglas:“I say, damn all men who make war on monuments!The present may belong to...
2020-04-03
00 min
Eensgesind Klanklêers
Geheime organisasies of organisasies met geheime?
'n Padlangs Noordwes EpisodeWat het gebeur?Geheime organisasies bestaan al etlike jare in Suid-Afrika. Hierdie organisasies ontmoet gedurende spesifieke geleenthede wat gewoonlik in die geheim gehou word deur lede wat nie hul verbintenis met so 'n organisasie vrylik bekend wil maak nie. Daar is wel verskillende kategorieë waarin sulke eksklusiewe organiasies ingedeel kan word. Hierdie organisasies kan geheimsinnig wees, met spesifieke rituele, simbole en binnekringkennis, maar die organisasie self of ander belangstellende individue (lede of nie-lede) sal inligting aan die publiek beskikbaar maak indien nodig.
2020-03-27
00 min
Eensgesind Klanklêers
Drie kanonne op ʼn presidensiële graf?
'n Padlangs Noordwes EpisodeWat het gebeur?Die eerste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR, ook bekend as Transvaal) was ʼn man met die naam Marthinus Wessel (MW) Pretorius. Hy was die seun van generaal Andries Pretorius wat bekendheid verwerf het by die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), hoewel hy ook slaags geraak het met die Britse militêre magte by Congella (te Durban) en by Boomplaats (in die Suid-Vrystaat). Selfs na hierdie nederlae kon generaal Andries Pretorius in 1852 daarin slaag om by die Sandrivier (ook in die Vrystaat) ʼn verdrag met die Britse ryk aan te...
2020-03-20
00 min
Eensgesind Klanklêers
Diederik Coetzee: Grondbaron of dorpstigter?
'n Padlangs Noordwes-artikelWat het gebeur?Die dorpie Zeerust (oorspronklik bekend as Coetzeerust) was eens die laaste dorpie in die noordweste van die ou ZAR (Zuid-Afrikaansche Republiek of Transvaal) voordat 'n mens die Britse protektoraat van Betsjoeanaland (Botswana) sou bereik het. In 1867 is die dorp gestig as gevolg van die handelinge van die plaaslike "grondbaron", Diederik Coetzee (1802-1891).Coetzee het die reg gehad om twee plase vir homself uit te lê soos Transvaal se eerste grondwet gestipuleer het. Elke Transvaalse burger wat die Groot Trek meegemaak h...
2020-03-13
00 min
Eensgesind Klanklêers
Soldaat met twee grafte?
'n Padlangs Noordwes EpisodeWat het gebeur?Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) geniet nog nie dieselfde vlak van belangstelling as die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 nie. Met die eeufeesvieringe van die eersgenoemde oorlog amper verby, is dit dalk nodig dat die gewone burger kennis neem van Suid-Afrika se belangrike rol in die eerste "totale oorlog" van die 20ste eeu. Dit sal handig te pas kom wanneer 'n mens die merkwaardige storie van onderkorporaal Wijnand "Vic" Hamman bestudeer.Hamman het in die dorpie Lichtenburg grootgeword. Hy het die Anglo-Boereoorlog oorleef en sy militêre...
2020-02-28
00 min
Eensgesind Klanklêers
Louw Wepener en die Slag van Thaba Bosiu
HELDEBethulie, Jamestown en die dorpie Wepener het iets gemeen. Elkeen het ʼn monument ter ere van Louw Wepener. Wepener het op 15 Augustus 1865 by Thaba Bosiu (geleë in vandag se Lesotho) gesterf toe die Oranje-Vrystaat en die Basotho-koninkryk van koning Moshweshwe I in 'n oorlog gewikkel was.In Afrikanergeledere word Wepener as ʼn held beskou en sy dade tydens die slag van Thaba Bosiu is legendaries. Twee militêre medaljes en ʼn Suid-Afrikaanse Weermagregiment is selfs na hom vernoem.Die vraag is dus: waarom is Louw Wepener se lewen...
2020-02-21
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Rooi baron
HELDEGedurende die 1930's besoek sir Alan Cobham se Flying Circus Suid-Afrika. ʼn Jong tienerseun, Bob Rogers, kry die geleentheid om in een van Cobham se vliegtuie sy eerste vlug te beleef. Die jong seun wou eintlik ʼn mediese dokter word, maar die Tweede Wêreldoorlog het daardie droom van hom verander.Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) en die Koreaanse Oorlog (1950-1953) het van Bob Rogers ʼn legende gemaak. Daar is na Rogers verwys as Suid-Afrika se eie “Rooi Baron”, soos Manfred van Richthofen, ʼn legendariese Duitse vegvlieënier gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918).Rog...
2020-02-14
00 min
Eensgesind Klanklêers
Evered Poole
HELDEGeneraal-majoor Evered Poole het die Slag van El Alamein beleef. Hy was ook teenwoordig by Monte Cassino. Hy was soos Suid-Afrika se eie Montgomery. Dit is vreemd dat sy storie nie alombekend is nie.Gebore net na die Anglo-Boereoorlog in 1902 in die distrik Overberg, was Poole deel van ʼn militêre familie. Hy het in sy vader se voetspore gevolg en ʼn loopbaan in die Unie Verdedigingsmag uitgekerf. As gevolg van sy jeugdigheid kon hy nie diens in die Eerste Wêreldoorlog doen nie, maar hy het amper 20 jaar gehad om homself voor...
2020-02-07
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die politieke eggenoot: Elize Botha
EGGENOTESDie Pretoria News skryf op 13 Augustus 1982 die volgende oor Suid-Afrika se premiersvrou, Elize Botha:“The day [13 Augustus 1982] PW’s wife had the Golden Circle slickers bedazzled. It is not often that the elegant rich of Annabel’s 100 Club leap to their Gucci clad feet for a speaker, but an hour long speech heavily laced with early humour, patriotism and motherliness from the Prime Minister’s wife clearly bowled them over.”Elize Botha (1922-1997) het nie net die elite van Johannesburg betower nie, maar sy en PW was 'n kragtige&nbs...
2020-01-31
00 min
Eensgesind Klanklêers
Toe Hans en Susan mekaar ontmoet het
EGGENOTESSusan Strijdom, née De Klerk, was reeds deel van ‘n “politieke familie” voordat sy met advokaat JG (Hans) Strijdom getroud is. Susan was Hans se tweede vrou, en hulle was gelukkig getroud.Susan was die suster van oudsenator Jan de Klerk en dus die tante van oudpresident F.W. de Klerk. Terwyl De Klerk nog ‘n student by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys was, het Susan Strijdom die jonge F.W. en sy nooi, Marike, na Libertas genooi. Daar het twee Suid-Afrikaanse staatshoofde se eggenotes mekaar vir die ee...
2020-01-24
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die elegante Margo Diederichs
EGGENOTESMargo Diederichs (née Potgieter) was die derde staatspresidentsvrou van die Republiek van Suid-Afrika. As dr. Nico Diederichs se eggenote was sy bekend vir haar elegansie, maar ook vir haar fier en trotse houding.Barbara Barnard het die belese mevrou Diederichs soos volg beskryf:“She was a very elegant looking woman, rather shy that made her appear aloof. She was an elegant lady and I enjoyed working with her and appreciate the opportunity she gave me to do so.”Dit blyk dat sy nie so gewil...
2020-01-17
00 min
Eensgesind Klanklêers
Lettie Fouché
EGGENOTESLetta Rhoda “Lettie” Fouché (née McDonald) het Nellie Swart as staatspresidentsvrou opgevolg. Sy was die eggenoot van staatspresident Jim Fouché, wat na dr. Dönges se dood staatspresident geword het. Sy is in 1993 soos volg beskryf:‘n Boervrou wat bekend was vir haar sang, die LV- vrou wat kniediep in die politiek en samelewing gestaan het, die administrateursvrou wat self gesorg het vir die gebak en blommerangskikking by onthale, en die sjarmante ministersvrou met die smaakvolle hoede wat sy self ontwerp het.Lettie Fouché was ‘n veelsydige st...
2020-01-10
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die eerste staatspresidentsvrou: Nellie Swart
EGGENOTESCornelia Wilhelmina "Nellie" Swart (née De Klerk) was die vrou van staatspresident C.R. Swart. Net soos hy was sy 'n Vrystater en saam met hom het sy die politieke gebeurtenisse van die vroeë 20ste eeu beleef. As staatspresidentsvrou was daar sekere verantwoordelikhede wat sy moes nakom.Volgens die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) het sy haar verantwoordelikhede nagekom en het UOVS vir haar in 1969 'n eredoktorsgraad gegee. Kobie Coetsee, voormalige minister van Justisie, het gesê: "Sy het die status en beeld van CR Swart altyd ondersteun en help ver...
2020-01-03
00 min
Eensgesind Klanklêers
Piet Retief
HOEKFIGUREEensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Piet Retief (1780-1838).Retief word onthou as ʼn martelaar wat op 6 Februarie 1838 by KwaMatiwane (Moordkoppie) deur die Zulumagte van koning Dingane vermoor is. Net so word hy onthou as die eerste goewerneur van die Voortrekkers en Natal was sy keuse as die setel van die nuwe Voortrekkerrepubliek. Dit is ook bewys dat hy die Kaapkolonie verlaat het as gevolg van sy finansiële p...
2019-12-27
00 min
Eensgesind Klanklêers
Andries Pretorius
HOEKFIGUREEensgesind se reeks Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument versinnebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Pretorius (1798-1852).Pretorius word beskou as die held van die Slag van Bloedrivier (16 Desember 1838), die heldhaftige generaal wat sir Harry Smith by Boomplaats geopponeer het en die Britse magte by Congella beleër het. Hy het die Sandrivierkonvensie op 17 Januarie 1852 onderteken, wat die Voortrekkers die reg gegee het om ʼn nuwe staat bo die Vaalrivier te stig. Is dit waarom een van die...
2019-12-20
00 min
Eensgesind Klanklêers
Andries Hendrik Potgieter
HOEKFIGUREEensgesind se reeks genaamd Hoekfigure fokus op die lewensverhale van die Voortrekkerleiers wat deur die vier hoekfigure by die Voortrekkermonument uitgebeeld word. Hierdie episode fokus op die lewe van Andries Hendrik Potgieter (1792-1852).Potgieter word beskou as die held van die Slag van Vegkop (16 Oktober 1836), die bevelvoerder van die sogenaamde Vlugkommando en was ook 'n vername dorpstigter. Die stigting van Potchefstroom, Andries-Ohrigstad, Lydenburg en Zoutpansbergdorp word aan Potgieter toegedig. Is dit waarom hy op een van die hoeke van die Monument uitgebeeld word? See acast.com/privacy fo...
2019-12-13
00 min
Eensgesind Klanklêers
Hoekfigure: Inleiding en die Onbekende Voortrekker
HOEKFIGUREDie Voortrekkermonument (VTM) vier hierdie maand die 70ste herdenking van die monument se inwyding in 1949. Die VTM is sekerlik een van die interessantste monumente ter wêreld, met ʼn kenmerkende fasade en die langste fries in die wêreld. ʼn Besoek aan die VTM is altyd die moeite werd. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-12-06
00 min
Eensgesind Klanklêers
André Stander en sy bende
DOSSIERAndré Stander en sy bende was berugte en legendariese bankrowers. Van Oktober 1983 tot Februarie 1984 was Suid-Afrikaners verbyster deur André Stander, Patrick Lee McCall en Allan Heyl se waaghalsige bankrooftogte.Stander het reeds as 'n polisieman met sy misdaadloopbaan begin toe hy ʼn kaptein by Kemptonpark se polisiestasie was. Hy het aanvanklik alleen opgetree, totdat hy twee manne in die Zonderwater Gevangenis ontmoet het, wat sy bendelede sou word. Na hul ontvlugting in 1983 het hulle ʼn reeks rooftogte onderneem wat hulle name in Suid-Afrika se misdaadsgeskiedenis sou verewig. Die...
2019-11-29
00 min
Eensgesind Klanklêers
Eensgesind se 100ste episode!
Eensgesind is Francois Rossouw en Ben Bester se breinkind. In November 2017 is Emile Coetzee betrek en daardeur het ʼn nuwe onderneming begin wat vandag die 100ste episode op Eensgesind se klanklêerkanaal vrystel.Om hierdie merkwaardige mylpaal te vier, gesels die drie vermelde menere oor alles wat die laaste twee jaar gebeur het sodat die ideaal van 100 episodes bereik kon word. Daar word gelag, geskerts en ook ernstig gepraat oor die lesse wat geleer is, wat Eensgesind se toekomsplanne is en die potensiaal wat klanklêerreekse en episodes vir die uitsaaiwese en besigheidswêreld het....
2019-11-22
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die miljoenêr wat moord gepleeg het
DOSSIERDit is nie net desperate mense wat misdade pleeg nie. Selfs die welgesteldes onder ons is tot moord in staat. Die 1970-saak, die Staat versus Ronald Cohen, bewys dit.Op 5 April 1970 was Ronald Cohen saam met sy vrou, Susan, in hul Constantia-huis se studeerkamer toe sy vermoor is. Alhoewel Cohen vir die polisie vertel het dat ‘n inbreker sy vrou vermoor het, was hy die hoofverdagte.Maar waarom sou Cohen sy vrou wou vermoor? Hy het oorgenoeg geld gehad en daar was geen teken van vyandigheid of...
2019-11-15
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Petrus Hauptfleisch-saak
DOSSIEROp 13 Januarie 1925, net na 17:00, het Petrus Hauptfleisch uit sy huis op die dorpie Richmond (Wes-Kaap) gehardloop op soek na hulp. Hy het sy ma bewusteloos in hul huis se kombuis gekry. In ʼn ommesientjie was die polisie by sy huis en al die bure het kom kyk waaroor die bohaai gaan.Hauptfleisch, ʼn veteraan van die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), was bekend op die dorp as ʼn alkoholis en was al voorheen vir onbetaamlike gedrag gearresteer. Dae voor sy ma se dood het die hele dorp geweet dat hulle ʼn rusie gehad...
2019-11-08
00 min
Eensgesind Klanklêers
Malboer: Die storie van Stephanus Swart
DOSSIERDit was Dinsdag 3 Mei 1927 toe Stephanus Swart onverstandig en roekeloos opgetree het. Dit het gelei tot ʼn tragiese gebeurtenis in die distrik Charlestown in die noorde van Natal. Gewapen en verby die punt van redelike denke, het Swart op die polisie losgebrand.Sy slagoffers was nie net polisielede nie, maar ook onskuldige Charlestown-burgers. Dit is ʼn tragedie wat vandag dalk heeltemal vergete is, maar in die buitewyke van Charlestown staan ʼn monument wat die lewe van een van Swart se slagoffers herdenk.Maar waarom het Stephanus Swart so opgetree? Wat het...
2019-11-01
00 min
Eensgesind Klanklêers
Dan Pienaar
HELDEIn Bloemfontein is ʼn voorstad genaamd Dan Pienaar. Bloemfontein is nie die enigste stad met ʼn voorstad wat na generaal-majoor Dan Pienaar genoem is nie. Wie was Dan Pienaar? En waarom was dit vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap van die 1940's belangrik om hom te herdenk deur nuwe ontwikkelde voorstede na hom te vernoem?Was hy ʼn held uit die Twee Wêreldoorlog (1939-1945) of moet hy beskou word as ʼn tragiese figuur omdat hy op 19 Desember 1942 in ʼn vliegtuigongeluk gesterf het? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-10-25
00 min
Eensgesind Klanklêers
George Brink
HELDECarel Birkby se biografie oor luitenant-generaal George Brink, beter bekend as Uncle George, lewer 'n beknopte narratief oor die einste krygsman se lewe en loopbaan.By die Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis, in Johannesburg, is daar ʼn uitstalruimte wat na generaal Brink vernoem is, 'n aanduiding dat hy eens op ʼn tyd ʼn belangrike persoon in Suid-Afrika was. Sekerlik is dit so wanneer mens sy dienste gedurende die twee wêreldoorloë, sy betrokkenheid by die Spesiale Diens Bataljon en die opleiding wat hy by die Militêre kollege in Pretoria behartig het, behoor...
2019-10-18
00 min
Eensgesind Klanklêers
Koos van Heerden
Die biografie van kolonel Koos van Heerden is tans nie alombekend nie. Hierdie episode van Eensgesind se reeks: Helde beoog om dit te verander.Kolonel Van Heerden het diens gedoen gedurende die Angolese Grensoorlog (1966-1989) en saam met Taakmag Zulu het hy ʼn gedugte krygsman geword. Dus, wat behels sy lewensverhaal? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-10-11
00 min
Eensgesind Klanklêers
Helde: Inleiding
HELDE10 Oktober was voorheen bekend as Heldedag. Maar het Suid-Afrika helde en heldinne? Uiteraard is dit belangrik om ʼn geëerde persoon se lewensverhaal te ken om te kan bepaal of die persoon ʼn held is of nie.Dit is die fokus van hierdie reeks deur Eensgesind, genaamd: Helde.Ter aanvang van die reeks word die eerste opgetekende geval nagegaan van 'n krygsman wat deur die Khoi-gemeenskap by Tafelbaai as ʼn militêre held beskou was. Maar was hy ook 'n held vir die Portugese wat hy aangeval het? S...
2019-10-04
00 min
Eensgesind Klanklêers
Grondbesit in die Boererepublieke
GRONDMet die stigting van die nuwe Boererepublieke moes spesifieke beleide, reëls en regulasies gevolg word vir die bekom en bestuur van eiendom.Een beleidsbepaling het dit vir voormalige Voortrekkerfamilies selfs moontlik gemaak om meer eiendom te bekom as families wat nie aan die Groot Trek deelgeneem het nie.Die resultaat daarvan was 'n klasseverskil wat 'n groot invloed op Transvaal en die Oranje-Vrystaat se binnelandse politiek gehad het. Of was dit werklik die geval? See acast.com/privacy for privacy a...
2019-09-27
00 min
Eensgesind Klanklêers
Grond: tot in die binneland!
GRONDHierdie episode van Grond handel oor die geskiedenis van grondbesit deur gemeenskappe wat hulle na 1820 noord van die Oranje- (Gariep) rivier gevestig het.Gedurende hierdie tydperk het die Groot Trek plaasgevind en sodoende het die reëls en regulasies verander ten opsigte van grondverkryging en die gebruik en besit daarvan. Dit was nie net die Voortrekkers wat veranderinge in die binneland meegebring het nie. Die Britse Ryk en ander vorste in die binneland het ook daartoe bygedra. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-09-20
00 min
Eensgesind Klanklêers
Grondbesit van 1657 tot 1835
GRONDIn hierdie episode van Grond word kortliks gepraat oor die grondbesitstelsel in die Kaap de Goede Hoop van 1657 tot 1835.In 1657 het die Vryburgers die reg gekry om leenplase te bewerk. Die klein groepie Vryburgers het vermeerder en gevolglik was daar 'n groter aanvraag na meer plase.Wat het toe gebeur en wat was die gevolg tot en met die begin van die Groot Trek in 1835? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-09-13
00 min
Eensgesind Klanklêers
Grond: Inleiding
GRONDEensgesind het 'n splinternuwe reeks geskep wat die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika onder die vergrootglas plaas.Eerstens is dit belangrik om te bepaal hoe grondbesit as sodanig in Suid-Afrika begin het en hoe dit aanleiding gegee het tot eiendomsbesit in die moderne tydperk waarin ons tans in leef.Luister gerus saam na hierdie inleidende episode van Eensgesind se reeks: Grond. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-09-06
00 min
Eensgesind Klanklêers
Maria Malan
EggenotesIn hierdie episode word die lewe van dr DF Malan se eggenote, Maria Malan (née Louw), behandel.Beide was betrokke by die uitbou van die Nasionale Party in Kaapland. Dr Malan, as NP- leier in die vermelde provinsie, het Maria gereeld by funksies ontmoet.Wat het gebeur toe sy in 1948 die premiersvrou word? Luister gerus saam na hierdie episode van Eggenote. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-08-30
00 min
Eensgesind Klanklêers
Mynie Hertzog
EGGENOTESHierdie episode handel oor die lewensverhaal van Mynie Hertzog (née Neethling), generaal Barry Hertzog se eggenote.Haar man het vir 15 jaar regeer en sodoende moes Mynie vir meer as ‘n dekade in die politieke kollig wees. Net soos Isie Smuts het sy ook in spesifieke kringe beweeg, maar die ervaringe gedurende die Anglo-Boereoorlog het haar altyd bygebly. Verseker het sy ook deel gehad aan die voorbereiding van haar seun, dr Albert Hertzog, se politieke loopbaan.Mynie Hertzog is dalk deesdae nie so bekend soos Isie Smu...
2019-08-23
00 min
Eensgesind Klanklêers
Isie Smuts
In hierdie episode word gekyk na die lewe van Sybella Margaretha Smuts (née Krige), beter bekend as Isie Smuts.As die premiersvrou van generaal Smuts het sy ‘n reeks bekende mense ontmoet en met hulle gekorrespondeer. Sy was bekend vir haar maatskaplike projekte, veral gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945). See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-08-16
00 min
Eensgesind Klanklêers
ZAR- en OVS-presidentsvroue
EggenotesIn hierdie episode word vlugtig na die lewensverhale van voormalige presidentsvroue uit die oud-Boere Republieke gekyk. Die impak wat presidentsvroue soos Gezina Kruger, Tibbie Steyn en Isabella Brand in hul tyd gehad het is die hooffokus hierdie gesprek.Dit is wel interessant om te verneem dat daar 'n lys van presidentsvroue is wat nie eers deesdae genoem word nie. Is dit dalk omdat daar min bronmateriaal oor hulle bestaan of is dit omdat historici vergeet het om na hul biografieë te skryf? See acast.com/privacy for p...
2019-08-09
00 min
Eensgesind Klanklêers
Annie Botha
EggenotesOm Vrouemaand behoorlik te herdenk, skop Eensgesind af met ʼn nuwe reeks oor die eggenotes van Suid-Afrikaanse staatshoofde. Om elke biografie die aandag te gee wat dit verdien, sal hierdie episode fokus op die lewe van Annie Botha (née Emmett) wat generaal Louis Botha se vrou was.Sy was van Ierse afkoms, maar het in die Oranje-Vrystaat grootgeword. Daar het sy vir Louis ontmoet en saam met hom ʼn aksiebelaaide getroude lewe gelei.Diegene wat saamluister, sal verbaas wees oor die uitdagings wat Annie Botha, die eerste Premiersvrou, moe...
2019-08-02
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Stormjaers - Deel 3
Die OB OpnamesDie Stormjaers het verseker sabotasie teen die Suid-Afrikaanse Staat gepleeg. Kragpale, telefoonpale en regeringskantore was van die teikens wat in hul visier was. Dit was nie omdat hulle pro-Duits was nie maar wel anti-Brits. Hulle wou graag Suid-Afrika uit die imperiale klou van Brittanje kry, soos wat Sein Fenn in Ierland gedoen het.In hierdie laaste vrystelling van Die Stormjaers vertel die groep veterane vir oulaas wat hulle alles gedoen het en wat hulle uit hul jare van stryd onthou. See acast.com/privacy for pr...
2019-07-26
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Stormjaers - Deel 2
Die OB Opnames“As ek omdraai, skiet my. As ek val, wreek my. As ek storm, volg my” was die slagspreuk van die Stormjaers. Hierdie woorde het die lede van hierdie voormalige paramilitêre organisasie ernstig opgeneem en hul stryd teen die Smuts-regering voortgesit.In hierdie tweede gedeelte van die Die Stormjaers as deel van die Ossewa-Brandwag-opnames, vertel die veterane verder oor wat hulle kan onthou uit daardie jare van risiko en gevaar. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-07-19
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Stormjaers - Deel 1
Die OB OpnamesIn hierdie episode van die Ossewa-Brandwag-opnames (die eerste van drie episodes), hoor ons vir die eerste keer wat voormalige Stormjaers te sê het oor hul ervaringe in die vroeë 1940's.Die Stormjaers was ’n gevaarlike paramilitêre vleuel van die OB wat sabotasie gepleeg het om die Smuts-regering omver te werp. Bekende persoonlikhede uit die middel tot laat 20ste eeu was lede van hierdie groep wat deur die Smuts-regering as ʼn bedreiging gesien was – dink maar net aan generaal Lang Hendrik van den Berg wie se herinneringe in vorige epi...
2019-07-12
00 min
Eensgesind Klanklêers
Tini Vorster Onthou
Die OB OpnamesMartini Steyn Vorster (Tini Vorster) was die vrou van voormalige eerste minister John Vorster. As sy eggenoot het sy ook ervaringe met hom in die Ossewa-Brandwag (OB) gedeel, wat sy in Julie van 1981 aan ʼn groep navorsers vertel het.In hierdie episode van Die Ossewa-Brandwag-opnames vertel mevrou Vorster oor wat sy moes deurmaak terwyl haar man by Koffiefontein geïnterneer was. Ook onthou sy die vroeë dae van hul huwelik toe hy as jong prokureur te Port Elizabeth aktief betrokke by die OB was. See acast.com/pri...
2019-07-05
00 min
Eensgesind Klanklêers
Vorster aan die woord: Deel 2
Die OB OpnamesHierdie episode is die tweede gedeelte van die onderhoud wat met voormalige eerste minister, BJ Vorster, gevoer is. Dit handel oor sy tyd in die Ossewa-Brandwag (OB) en hoe hy as OB-generaal by Koffiefontein geïnterneer was. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-06-28
00 min
Eensgesind Klanklêers
Vorster aan die woord: Deel 1
Die OB opnamesVorster sal onthou word as die eerste minister van 1966-1978 en staatspresident van 1978-1979. Voordat hy by die Nasionale Party aangesluit het, was hy lid van die Ossewa-Brandwag (OB). Hy was nie net sommer ’n gewone lid nie. Hy was ’n generaal in die OB en is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die interneringskamp te Koffiefontein aangehou. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-06-21
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Lang Generaal vertel...Deel 2
Die OB opnamesHierdie is 'n opvolgepisode van Die Lang Generaal vertel...Deel 1, as deel van Eensgesind se OB-opnamereeks. In die tweede gedeelte van die gesprek wat met generaal Hendrik van den Berg deur historiese navorsers gevoer is, vertel hy en sy geselsgenote alles wat hulle ervaar het as lede van die Stormjaers en sodoende die Ossewa-Brandwag. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-06-14
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Lang Generaal vertel...Deel 1
Die OB OpnamesIn hierdie episode van Eensgesind se reeks oor die Ossewa-Brandwag-opnames, vertel generaal Hendrik van den Berg waarom hy by die OB aangesluit het. Saam met ʼn paar van sy voormalige OB-kollegas fokus hierdie gesprek ook op ʼn rooftog wat hulle uitgevoer het, wie hulle verraai het en wat hul sabotasieplanne was.Generaal Van den Berg was later bekend as die hoof van B.O.S.S. (Bureau of State Security) en ʼn persoon waarop eerste minister John Vorster waarlik kon steun. As gevolg van die lengte van die opname met generaal Van...
2019-06-07
00 min
Eensgesind Klanklêers
31 Mei: Die Vrede, die Unie en die Republiek
REDE UIT DIE VERLEDEIn hierdie episode bespreek Emile en Johan die historiese betekenis van 31 Mei. Dit was op 31 Mei 1902 dat die Boererepublieke tot niet gegaan het, maar dit was ook op die 31ste Mei dat die Unie van Suid-Afrika in 1910 gestig is. Toevallig?Maar daar was toe weer iets beplan vir 31 Mei in 1928 en natuurlik ook toe Afrikanernasionalisme oor Britse imperialisme in 1961 getriomfeer het. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-05-31
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Foster-bende
DOSSIERIn hierdie episode van Dossier word die misdaadloopbaan van die bekende Foster-bende bespreek. In 1914 het die Foster-bende die stad Johannesburg op hol gehad. Van Julie tot September 1914 het die Unie Polisie alles in hulle vermoë gedoen om William Foster, sy vrou Peggy, John Maxim en Carl Mezar vas te trek. Op die 15de September het hulle wel iemand platgetrek, maar dit was nie die Foster-bende nie. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-05-24
00 min
Eensgesind Klanklêers
Dr. Albert Hertzog praat oor die KG
In Junie 2018, het Johan Wolfaardt en Emile Coetzee die ontstaan, ideologie en sleutelfigure van die Ossewabrandwag kortliks bespreek in die Padlangs episode -Waar oud stryders rus. In Eensgesind se nuwe reeks - Die Ossewabrandwag opnames, delf ons verder in die geskiedenis van die Ossewabrandwag en sy geheime. Hierdie keer praat lede van die Ossewabrandwag self oor hulle ervaringe.Meer as 200 opnames is gedurende die 1970's en vroë 1980's, opgeneem deur die Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, vir hul Ossewabrandwag argief. Hierdie opnames is met die sluit van die argief aan die Erfenisstigting geskenk en is...
2019-05-17
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die moord van Bubbles Schroeder
DOODLOOPSPOREIn hierdie episode bespreek Wouter Botes die bekende saak van Jacoba “Bubbles” Schroeder se moord in 1949. Die Schroeder-saak is nooit opgelos nie en tot vandag toe weet niemand presies wat met die jonge Bubbles gebeur het nie. Al die feite van die saak dui nie op ’n enkele gevolgtrekking nie en sodoende, 70 jaar na haar dood, is haar moordenaar steeds onbekend. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-05-10
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die gedaante in die pas
DOODLOOPSPOREIn hierdie episode van Doodloopspore bespreek Wouter Botes die gevalle waar bonatuurlike verskynsels as moontlike verklaring vir vreemde gebeure gegee word. Eers praat hy met dominee Nico Rautenbach oor die moontlikheid van spoke en ander bonatuurlike wesens en dan volg daar ʼn reeks interessante gevalle in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Veral die sogenaamde "Gedaante in die Pas" word geanaliseer. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-05-03
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Trias Politica
In hierdie episode (wat deelvorm van Eensgesind se 2019 verkiesingsreeks), bespreek ek die trias politica leerstuk (ook bekend as die skeiding van magte leerstuk) , met spesifiek fokus op die samestelling en funksionering van die Suid Afrikaanse wetgewer (i.e. die parlement)Die skeiding van magte leerstuk voorveronderstel 'n skeiding tussen die drie bene van staatsmag, naamlik die uitvoerende gesag, die wetgewende gesag en die regsprekende gesag. Die leerstuk se praktiese implikasies was as volg opgesom in die Grondwet sertifisering saak:“the principle of separation of powers, on the one hand, recognises the functional independence of branches of go...
2019-04-26
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die pad na 1994 en daarna...
VerkiesingsIn hierdie episode van Verkiesing 2019, gesels Emile en Johan oor die laaste jare van Nasionale Party-beheer en die verkiesings, en selfs ʼn referendum, wat in die jare tussen 1987 en 1994 plaasgevind het.Herinneringe aan daardie tydperk se bekende politieke figure, uitsprake en gebeure vorm die hoofpunte van hierdie episode. Die dae toe 'n mens moes kies tussen die NP, KP, HNP, AVU en die PFP met die vrees van wat sal gebeur met die ANC, PAC en SAKP, is nog vars in die geheue van veral die senior burgers. Elkeen het hierdie era anders beleef e...
2019-04-19
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die NP wen verder met advokaat Vorster en meneer PW Botha
VerkiesingsIn hierdie episode van Verkiesing 2019, word gekyk die verkiesings wat advokaat B.J. Vorster en meneer P.W. Botha gewen het.Op 6 September 1966 is dr Verwoerd in die parlement te Kaapstad vermoor en die Nasionale Party-koukus besluit dat sy opvolger die minister van Justisie, advokaat B.J. Vorster, moet wees. Die Vorster-era het wel die opvolgende verkiesing oorleef en die 1970's kan gesien word as die “Vorster-era”.Vorster moes teen 1978 plek maak vir sy opvolger. Hy wou wel verder aangaan as Staatspresident. Die minister van Verdediging, P.W. Botha, het by Vorster oorgeneem as d...
2019-04-12
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die verkiesings wat dr H.F. Verwoerd gewen het
VerkiesingsIn hierdie episode van Verkiesing 2019, word gekyk na die verskiesings wat die 6de eerste minister van Suid- Afrika, dr H.F. Verwoerd gewen het.Dr Verwoerd is in 1901 in Nederland gebore en het op ʼn vroeë ouderdom, natuurlik saam met sy ouers, na Suid-Afrika verhuis. Die Verwoerdgesin het toe ʼn bestaan in destydse Rhodesië gemaak waar klein Hendrik as skolier uitgeblink het. Dit was maklik om te glo dat hy bestem was vir ʼn posisie van invloed.As professor by Stellenbosch, redakteur van die Transvaler was sy hy op pad na ʼn hoë am...
2019-04-05
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die NP wen met dr Malan en advokaat Strijdom
VerkiesingsIn hierdie episode word gekyk na die merkwaardige 1948-verkiesing wat die Nasionale Party onder dr DF Malan gewen het. Eintlik was die volle naam van die party die Herenigde Nasionale Party, nadat generaal Hertzog met dr Malan in 1941 kon versoen. Maar generaal Hertzog het in 1942 gesterf en dr Malan kon toe weer sy party as hoofleier lei.Met die oorwinning in 1948 kon die Nasionale Party sy beleid van Aparte Ontwikkeling (alombekend as Apartheid) in werking stel en sy mag oor die vier provinsies en Suidwes-Afrika (Suid-Afrika se mandaatstaat) konsolideer. Dr Malan sou...
2019-03-29
00 min
Eensgesind Klanklêers
Toe Botha, Smuts en Hertzog verkiesings gewen het
VerkiesingsIn hierdie episode word kortliks vertel hoe Transvaal en die Oranjerivier Kolonie se verkiesings verloop het vir generaal Louis Botha en Abraham Fischer om die eerste ministers van daardie kolonies te word. Hulle sou nie lank in daardie ampte hul onderskeie kolonies dien nie. Kort daarna sou generaal Botha verkies word om van Beitbrug tot by Algoabaai te regeer.Maar hoekom Botha en hoe is hy verkies? Dit sal nie die enigste vraag wees nie. Die verkiesings van sy opvolger, generaal Jan Smuts, word ook onder die vergrootglas geplaas. 'n Mens moet ook...
2019-03-22
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die verkiesings van die ZAR en die OVS
VERKIESINGSIn hierdie episode gesels Emile en Johan oor hoe verskiesings in die historiese Boererepublieke gehou is.Dit is interessant om te verneem dat daar nie enige partye as sodanig was waarvoor burgers kon stem nie, maar die fokus was eerder op ʼn individu wat verkiesbaar was - nie net vir die Volksraad nie, maar ook vir die posisie van die staatshoof. Die fout moet nie gemaak word om te dink dat die ZAR se verkiesings op presies dieselfde wyse gehou is as die van die Oranje-Vrystaat nie.Met ander woorde, in die lig v...
2019-03-15
00 min
Eensgesind Klanklêers
Siener en die emmer bloed
'n Doodloopspore EpisodeIn hierdie episode kyk Wouter Botes na die besonderse lewe van Nicholaas “Siener” van Rensburg. Siener se visioene het selfs generaal Koos de la Rey beïndruk en die betekenisse van sy visioene word steeds vandag nog deur spesifieke mense bestudeer.Botes gee ʼn beknopte bespreking oor die meer bekende visioene van Siener van Rensburg. Met die visioen oor die moord op dr Verwoerd word die ervaringe van ooggetuies ook gedeel. Het Siener dit lank voor die tyd gesien? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-03-08
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Seuntjie verdwyn
DoodloopsporeIn hierdie episode kyk Wouter Botes na die vreemde verdwyning van Michael Myburgh. Die verdwyning van hierdie jong seuntjie het die navorser en aanbieder van hierdie reeks geïnspireer om die saak te probeer oplos. Maar wat is die feite van hierdie saak? See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-03-01
00 min
Eensgesind Klanklêers
Kliniek van dood
'n Dossier-episodeOp 9 November 1948 voer die Suid-Afrikaanse Polisie 'n klopjag uit op 'n dokter se spreekkamer in Castle Mansions, Eloffstraat, Johannesburg. Wat hulle daardie dag in dr Gerhardus Buchner se spreekkamer gevind het, sou lei tot die Aborsieskandaal van 1949.Wat was die Aborsieskandaal van 1949 en wat het dr Buchner verkeerd gedoen? Dit is die fokus van hierdie episode van Dossier. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-02-22
00 min
Eensgesind Klanklêers
In gesprek met prof Christo Botha
'n Selde GesprekIn hierdie week se episode van 'n Selde Gesprek gesels ons weer met Prof Botha (Universiteit van Pretoria: Departement van Publiekreg). Die primêre fokus van hierdie gesprek is die werking en jurisdiksie van die Internasionale Strafhof (geskep in terme van die Rome Statuut van die Internasionale Strafhof (2002).Prof Botha deel met ons sy mening oor die werking van die Internasionale Strafhof op die Afrika kontinent; veral in die lig van kritiek dat die Internasionale Strafhof disproporsioneel aandag skenk aan internasionale misdade in Afrika. Die gesprek word gelei a...
2019-02-15
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die opkoms en ondergang van Willem Adriaan van der Stel
Geskiedenis 101Die seun van goewerneur Simon van der Stel het by sy pa oorgeneem. Op die ouderdom van 34 jaar het Willem Adriaan van der Stel die bestuur van die Kaap, steeds onder VOC-beheer, oorgeneem. Soos ʼn nuwe besem wou hy skoon vee en sy eie idees volg.Nie al sy planne het so goed verloop soos wat hy gehoop het nie. Sy tyd aan die stuur van die Kaap en wat hy vir die Boland beteken het, is die fokus van hierdie episode van GES 101. S...
2019-02-08
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Duncan Donald Moodie-saak van 1961
'n Dossier-episodeDuncan Donald Moodie is die enigste persoon in Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis wat twee keer aan dieselfde misdaad skuldig bevind is. Op Sondag 21 Augustus 1960 het Moodie, vergesel deur sy pa, na sy vervreemde vrou, Anita Sinclair, se ouerhuis in Floralaan, Ada May Vale, in Klerksdorp gegaan. Sy plan was om haar te oorreed om hom weer ʼn kans te gee en die egskeiding stop te sit. Vyf en twintig minute later en Anita Sinclair is dood. Wat het gebeur en was Donald Moodie regtig skuldig? Luister saam in hierdie episode oor Duncan M...
2019-02-01
00 min
Eensgesind Klanklêers
Vlugte na Nêrens
'n Doodloopspore episodeIn hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes die verhale van bekende vliegongelukke in Suid-Afrika. Alhoewel die bekende Rietbok-vliegramp in ‘n ander episode bespreek word, kyk Wouter hier na die omstredenheid in ongelukke met kleiner vliegtuie, onder andere die Dreyer-geval in die distrik Burgersfort in 1980.Dan was daar ook ’n vreemde voorval in Tanzanië. Wouter gesels ook met Henk Kraai van Blue ChipVliegskool by Wonderboom Lughawe om uit te vind wat gebeur wanneer ’n vliegtuig vermis word. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2019-01-25
00 min
Eensgesind Klanklêers
Tonnel na Rykdom
'n Doodloopspore-episodeIn hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes van twee rooftogte wat wye mediadekking geniet het en die rowers in die oë van die Suid-Afrikaanse publiek soos helde laat lyk het. Die eerste saak is die Oppenheimer-juwelesaak van 1955. Eensgesind het onlangs die saak kortliks in die reeks Dossier bespreek. In hierdie episode word die verloop van die saak verder noukeurig behandel met ʼn waardevolle konteks.Die tweede saak het in 1977 voorgekom. Suid-Afrika is een van die min lande waar onbekende bankrowers ʼn tonnel gegrawehet om ʼn bankroof uit te voer. In Mei 1977 het die...
2019-01-18
00 min
Eensgesind Klanklêers
Klappers in die Nag
'n Doodloopspore-episodeIn hierdie episode van Doodloopspore vertel Wouter Botes van die moord op prof. Johan Heyns en regter Kuper. In 1963 is regter Kuper in sy huis doodgeskiet terwyl hy saam met familie gekuier het. Dit het gebeur in ʼn tyd van onstuimigheid en Wouter skets die konteks deur middel van ʼn soortgelyke geval in die Verenigde State van Amerika.Die onstuimigheid het nie in 1963 doodgeloop nie. Selfs in 1994 het nog ʼn sluipmoord Suid-Afrika geruk. Hoewel professor Johan Heyns kritiek uit verskillende oorde ontvang het, sou niemand kon dink dat hy op 5 November 1994 ook in sy huis doo...
2019-01-11
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Meisie, die Helikopter en Vlug 406
'n Doodloopspore-episodeOm die nuwe jaar behoorlik af te skop, vertel Wouter Botes in hierdie episode van Doodloopspore wat in 1969 met Rosalind Ballingall gebeur het toe sy duskant Knysna verdwaal het. Was sy by die Cosmic Butterfly-kommune betrokke? Of is haar lewe gewelddadig tot ʼn einde gebring?Die ander sake wat Wouter in hierdie episode na kyk, is die helikopter wat in die Knysna-woud in 1999 gevind is. Laastens word Vlug 406, ook bekend as die Rietbok-vliegramp van 13 Maart 1967, bespreek. Wouter gesels met ʼn veteraanvlieënier wat sy professionele mening gee oor hoe dit was om met...
2019-01-04
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Krugermiljoene
Om die 50ste episode van Eensgesind se klanklêers te vier, begin ons met ʼn splinternuwe reeks: Doodloopspore.Soos voorheen geadverteer, word die reeks deur die gesoute joernalis, Wouter Botes, aangebied. In hierdie episode verduidelik hy presies wat die Krugermiljoene is en kan 'n mens verwag om dit dalk iewers te vind? In hierdie episode gesels Wouter met professor Fransjohan Pretorius oor die Krugermiljoene en wat akademici oor die legende dink. See acast.com/privacy for privacy and opt-out information.
2018-12-07
00 min
Eensgesind Klanklêers
Eeben Barlow - Executive Outcomes
Special EpisodeToppling governments, political assassinations and cannibalism, these are just a few of the false accusations that have been levelled against South African private military contractors Executive Outcomes (EO). In the revised edition of Executive outcomes: Against all Odds, author Eeben Barlow sets the record straight, providing a chronicle of EO’s operations, his own experiences with the company and exposing the bad actors that threatened its existence and slandered its name with malicious conjecture.Prior to starting Executive Outcomes, Eeben served in various conventional and covert units of the SA...
2018-10-12
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Boksburgdam-saak
’n Dossier-episodeIn Oktober 1964 het ʼn grusame moord in Johannesburg plaasgevind. ʼn Paartjie was besig om by die Boksburg dam te stap, toe hulle skielik ʼn tas gewaar wat op die water dryf. Dit het vir hulle vreemd gelyk. Toe hulle die tas uit die water haal, vind hulle dit...Dis vreemd dat die Boksburgdam-saak nie so bekend is nie. As dit nie ʼn ware saak was nie, dan sou dit ʼn merkwaardige gruwelverhaal gewees het. Luister gerus na Eensgesind se episode oor hierdie saak en hoe dit die Suid-Afrikaanse Polisie vier jaar geneem het om die raa...
2018-10-05
00 min
Eensgesind Klanklêers
Hedendaagse Renaissance-man
ShoptalkJaarliks vermeerder die getal graduandi. Daar word van elkeen wat ʼn graad verwerf verwag om ʼn konstruktiewe bydrae tot die samelewing te maak deur oplossings te vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Dit is dus nodig vir ware “Renaissance-manne en -vroue” met hul nuwe en behoorlike nagevorste idees om weer die leisels van private instansies, besighede en selfs die regering oor te neem; ʼn wêreld waar deskundigheid en ervaring koning kraai!Een hedendaagse Renaissance-man is dr Burgert Senekal. Hy het ʼn reeks grade agter sy naam en het die boonste s...
2018-09-21
00 min
Eensgesind Klanklêers
Wat het met Bubbles Schroeder gebeur?
'n Dossier-episodeSuid-Afrika is ʼn land wat swaar onder misdaad gebuk gaan. Dit is nie ʼn onlangse verskynsel nie. Suid-Afrika het ʼn misdaadgeskiedenis wat selfs eeue terug in die verlede strek. Met hierdie nuwe reeks, Dossier, wil Eensgesind die stories agter bekende, en dalk nie so bekend nie, sake vertel. Ons eerste episode handel oor die Jacoba “Bubbles” Schroeder-saak.In 1949 was Bubbles Schroeder ʼn jong meisie in Johannesburg wat haar jongmenslewe geniet het. Sy het niemand enige kwaad aangedoen nie. Sy was altyd lus vir ʼn partytjie en was baie gesteld op haar voorkoms. Sy was aantrekli...
2018-09-07
00 min
Eensgesind Klanklêers
Toe die Kaap nog Hollands was
Geskiedenis 101Na ons laaste episode in GES 101 is die aankoms van goewerneur Jan van Riebeeck kortliks bespreek. Maar wat het na die tyd gebeur? Wat moes hy doen om sy missie by die Kaap suksesvol te maak? Hoe was dit om in die Kaap te bly gedurende die eerste jare van VOC-bestuur? Dit is die kern van hierdie episode van Eensgesind se reeks, Geskiedenis (GES) 101.Natuurlik moes Van Riebeeck en sy bemanning sorg vir skuiling, voedsel en goeie verhoudinge met die plaaslike bevolkings. Dit was deel van die VOC se bepalings...
2018-08-31
00 min
Eensgesind Klanklêers
Van Draadloos tot Potgooi
Geskiedenis 101Die uitsaaiwese in Suid-Afrika het in die 20ste eeu beslag gekry. Veranderinge in die uitsaaiwese het maar stadig in Suid-Afrika plaasgevind. Waar die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in 1936 met net twee radiostasies begin het, was die SAUK nie eerste in die ry met die verkryging van ʼn televisiediens nie. Om die waarheid te sê, Suid-Afrika was een van die agterosse. In ons teenswoordige tyd is die publiek besig om hul eie inhoud te skep. Wat beteken dit vir die toekoms van die SAUK?In hierdie Eensgesind-klanklêerepisode word kortliks gekyk na die ont...
2018-08-24
00 min
Eensgesind Klanklêers
By Berg-en-Dal het die ZARPS geval...
Padlangs - MpumalangaSoos wat 'n mens op die N4-hoofweg oos ry, is dit onmoontlik om die monument net buite Belfast te sien. Dit is die Berg-en-Dal-monument waar die laaste konvensionele slag van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) plaasgevind het. Eensgesind bespreek die storie agter hierdie monument in hierdie episode van Padlangs.Van 21 tot die 27 Augustus 1900 het die Boerekommando’s onder generaal Louis Botha hul verdedigingsposisies gekies om die magtige Britse Ryk vir die laaste keer in ʼn konvensionele geveg uit te daag. Digby die dorpie Belfast moes generaal Botha president Paul Kruger bes...
2018-08-17
00 min
Eensgesind Klanklêers
Van Sarel Seemonster tot Cordon Boer:
ʼn Shoptalk-episodeAs jy jou kinderjare gedurende die laat 1980s en vroeë 1990''s geniet het, dan sal jy verseker Lochner de Kock se stem op een van TV1 se kinderprogramme gehoor het. Hy was die stem van Sarel Seemonster, Karel Kraai, Bennie Boekwurm, een van die kouse, Petrus Padda en sy eendmaatjie. Eensgesind het met hom gaan gesels om te hoor wat hy deesdae doen.'n Mens kan Lochner se stem steeds oor die radio hoor. Hy is deel van die SAUK se span wat radiodramas uitsaai, maar vir die wat nie ge...
2018-08-10
00 min
Eensgesind Klanklêers
'n Stem uit die kampe
Rede uit die verledeSoms kry 'n mens merkwaardige historiese bronne. Eensgesind het onlangs in verbinding getree met meneer Jan de Beer wat tans in Kanada bly. Sy broer, Frikkie, het in die 1970's hul ouma Hester de Beer se ervaringe in die konsentrasiekampe opgeneem. Jan de Beer was gaaf genoeg om Eensgesind die reg te gee om sy ouma se herinneringe vir die eerste keer aan die publiek bekend te stel.Hester de Beer is in 1885 op Brandvlei, Transvaal, gebore en is op 15-jarige ouderdom deur die Britse...
2018-08-03
00 min
Eensgesind Klanklêers
Nou wie was president MT Steyn?
Rede uit die verledeBy die Bloemfonteinkampus van die Universiteit van die Vrystaat heers tans ʼn brandende kwessie oor die president M.T. Steyn-standbeeld. Die vraag is of die beeld moet bly waar dit tans staan, en of dat dit verwyder moet word. Maar wie was M.T. Steyn en het sy teenswoordige kritici ʼn goeie argument om te handhaaf? In hierdie episode van Rede uit die Verlede gesels Emile en Johan van Eensgesind oor die lewe van president Steyn.In die laaste 20 jaar het Suid-Afrikaanse monumente die teiken geword van brandende sosiale kw...
2018-07-27
00 min
Eensgesind Klanklêers
Dis 'n lekker ou Jan
'n GES 101-EpisodeOp 6 April 1652 het die kommandeur van ʼn vloot VOC- skepe en bemanning by Tafelbaai voet aan wal gesit. Hierdie gebeurtenis was hoog op die historiese kalender tot en met 1994. Dit het as Stigtersdag bekend gestaan. Wat is die geskiedenis agter hierdie merkwaardige gebeurtenis? Eensgesind vertel dit kortliks in hierdie episode van GES 101.Nog voordat die VOC vir Jan van Riebeeck na die Kaap de Goede Hoop gestuur het, was daar reeds Europese seevaarders wat by Tafelbaai en elders langs die weskus voet aan wal gesit het. Die enigste verskil w...
2018-07-20
00 min
Eensgesind Klanklêers
Geskiedenis 101
Geskiedenis 101: Proloog'n Mens hoor mos gedurig vanuit staats- en burgerlike geledere dat die gewone Suid-Afrikaner bitter min, indien enigiets, van ons land se geskiedenis weet. Geskiedenis word binnekort weer 'n verpligte skoolvak. Eensgesind wil help.Eensgesind het dit goed gedink om ʼn nuwe reeks te skep waarin die land se geskiedenis tematies en kronologies vir die gewone man op straat vertel word. Selfs skoolkinders en studente sal hierby baat vind. In die gemak van elkeen se motor, kantoor of tydens vryetydbedrywe word die verlede gedeeltelik herontdek. Die vertroue is dat elke l...
2018-07-06
00 min
Eensgesind Klanklêers
Handelstasie in die binneland
ʼn Padlangs Limpopo-episodeAndries-Ohrigstad was eers die dorp se volle naam. Dis vernoem na Andries Potgieter en natuurlik Georgius Ohrig, twee historiese figure (uit die Voortrekkerdae) wie se verhouding tot dusver maar min aandag gekry het.Sekerlik herken jy, veral van jou skoolgeskiedenishandboek (al was dit die vervelige UGO- kurrikulum) of na 'n besoek by die Voortrekkermonument, wie Andries Potgieter was. Voortrekkerleier wat hare op sy tande moes hê met sy trekgemeenskap, hulle deur rivier, drif en veldslag gelei het om later verewig te word met die POT van Potchefstroom. Wie was Oh...
2018-06-29
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die Afrikanerbond
'n Selde GesprekOp 7 en 8 Junie 2018, het die Afrikanerbond 'n honderd jaar se bestaan gevier in die Paarl, Wes-Kaap. Die verrigtinge is bygewoon deur onder andere President Cyril Ramaphosa, Mnr Mmusi Maimane en vele ander bekende gesigte vanuit die politieke en sake sfeer. Met die Eeufeesviering agter die rug het Eensgesind met mnr Jan Bosman, die hoof-sekretaris van die Afrikanerbond, gesels oor die onstaan en ontwikkeling van die Broederbond, die fases van opheffing waarop die organisasie gekonsentreer het vir die Afrikaner, die doel en werking van die Afrikanerbond en wat...
2018-06-22
00 min
Eensgesind Klanklêers
Waar oud stryders rus
'n Padlangs Gauteng-episodeDit is die middel 1930's. Soos die res van die wêreld, gaan Suid-Afrika gebuk onder ʼn genadelose depressie. Suid-Afrika het dit natuurlik moeiliker gehad as gevolg van generaal Hertzog se hardkoppigheid met die Goudstandaard. ʼn Nuwe generasie jong Afrikaners wie se ouers of grootouers deel van die Anglo-Boereoorlog was, het begin wonder waarom hulle steeds moes verskoning vra vir hul taal en kultuur en waarom hulle die uitgediende idee van die “Empire” moes navolg. Gefrustreerd, maar met toekomsideale, word die Ossewa-Brandwag (OB) in 1939 gestig. Dit was veronderstel om ʼn kultuurorganisasie vir die...
2018-06-15
00 min
Eensgesind Klanklêers
Pragmatiese Politikus
Rede uit die verledeHy is in 1992 die “Held van Potchefstroom”genoem toe die KP daardie kiesafdeling in ʼn tussenverkiesing gewen het. Niemand het verwag dat die NP Potchefstroom sou verloor nie, maar Andries Beyers (voormalige KP-hoofsekretaris) het die NP tot ander insigte gebring.Grootgeword in ʼn “Nasionale Party-huis” en geskool in die teorieë van Staatsleer, het Andries Beyers die gemeenskap van Lichtenburg as hulle LPR, onder dr Ferdi Hartzenberg LV, gedien. Maar net soos met die ander “KP's” was die ontnugtering met Eerste Minister P.W. Botha sterk genoeg om hul bedankings teen...
2018-06-08
00 min
Eensgesind Klanklêers
Die uilbewaarders
Naby die Hartbeespoortdam is die Owl Rescue Centre. Dit is hier waar twee doelgerigte bewaarders, Brendan en Danelle Murray, alles in hul vermoë doen om beseerde uile te help.Die Owl Rescue Centre is ʼn Nie-winsgewende Organisasie (NWO) wat met behulp van kundige en toegewyde veeartse na beseerde uile omsien terwyl hulle aansterk. Eiesoortig is hierdie sentrum, geleë op 'n kleinhoewe langs die Magaliesberge, waar beseerde uile hulle tweede kans kan kry.Om ʼn NWO in ons huidige ekonomiese situasie te bedryf, is nie maklik nie. Dit is een ding om jou eie besigheid te w...
2018-05-18
00 min
Eensgesind Klanklêers
‘n Kerk vir die ou Transvaal?
ʼn Rede uit die Verlede-episodeMet die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ook bekend as Transvaal) in 1852, het nuwe staatkundige instellings die lig gesien wat die eenheidstrewe van die Transvaalse burgery moes sentraliseer. Ten opsigte van die burgery se geestelike bearbeiding, moes daar ʼn “Staatkerk” wees wat na hulle geestelike ontwikkeling kon omsien; ʼn kerk wat nie deur die Murray-predikante uit Kaapland beïnvloed was nie. Die antwoord vir die Transvalers was die Nederduitsch Hervormde Kerk.In sommige kringe het dit bekend gestaan as die “Voortrekkerkerk”Die geskiedenis van hierdie kerk, oor die laaste 1...
2018-05-11
00 min
Eensgesind Klanklêers
In gesprek met prof Christo Botha
'n Selde Gesprek episodeOp 13 April 2018 het die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk 'n gewapende aanval op sekere chemiese wapenfasiliteite in Sirië geloods in reaksie op president Bashar al-Assad se gebruik van chemiese wapens in die distrik Douma in suidwes-Sirië. Hierdie aanval was, volgens bogenoemde state, genoodsaak ten einde verdere chemiese wapenaanvalle in Sirië te voorkom.Artikel 2(4) van die Verdrag van die Verenigde Nasies bepaal soos volg -"All members shall refrain in their international relations from the threat or use of force against the territorial int...
2018-05-04
00 min
Eensgesind Klanklêers
Jare van betrokkenheid bring insig
'n Rede uit die Verlede-episodeCecil de Villiers is nie net ʼn gewone senior burger van die Republiek van Suid-Afrika nie. Hy het dwarsdeur sy lewe die land in verskillende kapasiteite gedien, selfs toe die druk van die hoogste vlakke van die land se bestuur sy werk bemoeilik het.De Villiers het sy lewe in Kaapland begin toe die Depressiejare van die vroeë 1930's reeds sy impak op die Suid-Afrikaanse burgery getoon het. Generaal Hertzog was steeds aan die stuur van sake saam met sy “kameraad”, generaal Jan Smuts in die Vereni...
2018-04-06
00 min