podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Ernst J. Van Zyl
Shows
In alle Ernst
Ep. 61 - Trump-tariewe: Ramaphosa en ANC-geleide regering het droewig misluk
President Donald Trump se tariefbom het hierdie week behoorlik gebars en hoewel die implementering daarvan vroeër met 90 dae opgeskort is om ruimte te laat vir onderhandelinge, het die ANC-geleide regering ’n kop-in-die-sand-benadering gevolg. Die implementering van ’n 30%-tarief op invoere na die VSA uit Suid-Afrika tree op 1 Augustus in werking en dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nou die wrang vrugte smaak van die regering se voetslepery en ontkenning van probleme.
2025-07-11
06 min
In alle Ernst
Ep. 60 - Afrikanervlugtelinge vlug vir meer as bloot wetgewing wat hulle teiken
Onlangs het 49 Afrikanervlugtelinge se vertrek na die VSA ’n groot debat en bohaai ontketen. Naas simpatie en hartseer was daar ook ’n hewige porsie snedige grappies en opmerkings wat ten koste van hulle gemaak is. Ek wil sommige van hierdie opmerkings onder die loep neem, veral dié wat op moedswillige trant vra: “Waarvan wil julle dan nou eintlik vlug?” Hierdie doodgewone Afrikaners vlug waarskynlik van meer as slegs regeringsbeleide en politieke retoriek wat hulle teiken beleide en retoriek wat die spotters so graag en gretig ontken.
2025-07-11
07 min
The Pioneer Podcast
Afrikaners and the preservation of Western civilisation in Africa | Ernst van Zyl | TPP #47
I spoke with Ernst van Zyl, Head of Public Relations at AfriForum about Afrikaners and our resolve to protect Western civilisation in Africa. Support AfriForum here: http://afriforum.co.za For more information, visit https://www.lexlibertas.org.za/
2025-06-05
40 min
In alle Ernst
Ep. 59 - Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
Die ANC bestempel president Donald Trump se uitvoerende bevele, kritiek teen die Suid-Afrikaanse regering en die instelling van wederkerige tariewe as “martelend”. Dit dui daarop dat dié party geen immuniteit het teen skeptiese en ondersoekende internasionale aandag nie. ANC-kaders het gewoond geraak aan die rooi tapyt wat vir hulle uitgerol word, selfs al betrap hulle dit gereeld met modder.
2025-05-27
04 min
Matt Christiansen Live
George Floyd Memorial Day, Guest Ernst van Zyl on South Africa, Rust Movie Review | 5/25/25
Five years after George Floyd's death, police killings are higher now then they were then, Ernst van Zyl joins to discuss South Africa, Matt and Batman review Alec Baldwin's movie Rust, and much more. For reference material, see the YouTube post of this episode: https://youtu.be/-HtuUKbSgAc For all things show-related: www.mattchristiansenmedia.com
2025-05-26
2h 46
In alle Ernst
Ep. 58 - Politici en die media se leuens oor Suid-Afrika
In hierdie episode bespreek ek al die onderduimse taktieke en skaamtelose propaganda wat die Suid-Afrikaanse regering en hul aanvalshonde in die media gebruik het sedert president Donald Trump in Februarie 2025 hierdie rasmal regime in sy visier geplaas het.
2025-05-20
09 min
In alle Ernst
Ep. 57 - Boodskap aan diegene wat steeds plaasmoorde ontken
Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waar die slagoffers doodeenvoudig as leuenaars afgemaak word? Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waaroor joernaliste op sosiale media grappies maak? Ek opper hierdie en ander vrae.
2025-05-09
06 min
The Podcast of the Lotus Eaters
The Fate of South Africa | Interview with Ernst Van Zyl
Josh speaks to Ernst Van Zyl, Head of Public Relations at AfriForum, about the state of South Africa.
2025-04-19
1h 10
Calmversations
s07e53 | South Africa: An Afrikaner Perspective, with Ernst Van Zyl
Ernst van Zyl joins the show to speak about the history (in broad strokes) of the Boers / Afrikaners in South Africa, from 1600's to the present, and what his people are doing to ensure life, liberty and the pursuit of happiness in an incredibly ethnically diverse part of the world.https://x.com/ConCaracal https://www.youtube.com/@ConsciousCaracal https://afriforum.co.za/en/ Support this channel: https://www.paypal.me/benjaminboycehttps://cash.app/$benjaminaboycehttps://www.buymeacoffee.com/b...
2025-03-12
1h 49
Contra Mundum
Contra Mundum Interview Episode 2: Ernst van Zyl
Ernst van Zyl joins us this week to discuss Afrikaner/Boer history and his work with AfriForum. Ernst is a documentary filmmaker and campaign officer for strategy and content at AfriForum, a South African non-governmental organization which focuses on the interests of Afrikaners.This is the second episode in our interview series. It is available in full to paying subscribers at contramundumpod.com.Check out the Farmer Bill's Provisions's products. Click the link below to claim 20% off. https://farmerbillsprovisions.com/discount/CONTRAJoin the Contra Mundum crew at the 2025 New...
2025-03-06
32 min
Watchman Privacy
159 - The South Africa Situation with Ernst van Zyl
Gabriel Custodiet speaks with Ernst J. van Zyl, head of public relations at Afriforum about the craziness in South Africa. They cover the recent events of Trump’s cutting off of aid to South Africa and the Expropriation Act, farm murders and tortures, international media cover-up, and the rank amorality that defines the government of the country. GUEST → https://x.com/ConCaracal → https://www.youtube.com/@ConsciousCaracal/videos → https://afriforum.co.za/en/ (AfriForum) →Financially support AfriForum: https://sluit-aan.afriforum.co.za/en?campaign=RoepToepCMO&leadSource=600060509 MENTIONED → https...
2025-02-17
54 min
The Auron MacIntyre Show
South Africa Goes Full Communist? Land Expropriation Explained | Guest: Ernst van Zyl | 2/5/25
South African President Cyril Ramaphosa has been fighting to advance his own version of progressive race communism inside the country for many years. Recently, a new law was passed making it easier for the South African government to expropriate land and redistribute it along racial lines. U.S. President Donald Trump drew attention to the issue when he promised on social media that he will deny aid to the country if the expropriation law stays in place. Ernst van Zyl of AfriForum joins me to discuss the situation on the ground and what the expropriation law means for Afrikaners...
2025-02-05
1h 04
Sphere Podcast
Ep 10 - Ernst Van Zyl, AfriForum - South Africa's New Expropriation Law And What It Means
On this week's episode of the Sphere Podcast, Pascal-Emmanuel Gobry, Publisher of Sphere Media, interviews Ernst Van Zyl, who, in addition to being head of public relations for AfriForum, the biggest civil-rights organization in Africa, is a well-known blogger and YouTuber under the name "Conscious Caracal." Ernst and Pascal-Emmanuel discuss the expropriation law that was recently passed in South Africa and what it means for the future of the Afrikaner community there.Subscribe to the PolicySphere Morning Briefing: https://policysphere.com/subscribeDonate to AfriForum: https://friendsofafriforum.com/donations/
2025-02-04
1h 08
The Pioneer Podcast
#24 The Afrikaner origin story - Ernst van Zyl
How the Battle of Blood River and the Vow of 1838 shaped the Afrikaner way of thinking In this week’s episode of the Pioneer Podcast, I spoke with Ernst van Zyl, Head of Public Relations at AfriForum about the origin story of the Afrikaner people. Obviously, it would be an oversimplification to claim that a nation could trace its origin back to only one event. The Afrikaner people – with our unique language, culture and traditions – have been shaped by a variety of events that could collectively be described as the historical experience that shaped our nation. There is how...
2024-12-12
31 min
In alle Ernst
Onderhoud 25: Paul Maritz | Die Christen, sy eiendom en identiteit
Ek en Paul Maritz het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor Christenskap en eiendom, identiteit, grond, kultuur, en meer.
2024-11-22
48 min
In alle Ernst
Ep. 56 - Die doemprofete was verkeerd oor Afrikaans en Afrikaners
Ek bespreek hoe Afrikaners in die 21ste eeu al die post-1994 doemprofete, wat die einde van Afrikaner kultuur en Afrikaans voorspel het, verkeerd bewys het.
2024-11-13
06 min
In alle Ernst
Ep. 55 - “ʼn Boer maak ʼn plan” word internasionaal bekend
Ek bespreek AfriForum se onlangse steunwerwingstoer in die VSA, hoe die buiteland begin kennis neem van Suid-Afrika se krisisse, asook die herontdekking van die Afrikaners deur die Weste.
2024-09-30
06 min
In alle Ernst
Ep. 54 - Afrikaners se nuwe internasionale reputasie
Ek bespreek die nuwe, positiewe internasionale reputasie wat Afrikaners duidelik aan die verkry is oorsee. “’n Boer maak ’n plan” het internasionaal gegaan.
2024-09-05
04 min
The Pioneer Podcast
#4 Ernst van Zyl – Afrikaners and the Western World
Ernst van Zyl (who also goes by the name Conscious Caracal) and I had a fascinating conversation in Washington DC about the changes happening in South Africa and the Western world, where the Afrikaners fit in and why we remain optimistic about the future.
2024-07-25
54 min
In alle Ernst
Ep. 53 - Afrikaners: Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad?
Ek bespreek die kernvrae van kulturele voortbestaan wat antwoorde vereis. Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad? Hierdie is ‘n verkorte weergawe van my 2023 feesrede by die Wilgefontein Geloftefees op die Greylingstad-Villierspad feesterrein.
2024-06-21
16 min
In alle Ernst
Onderhoud 24: Professor Koos Malan | Die uithoeke van die Westerse beskawing
Ek het 'n gesprek met professor Koos Malan oor sy meningstuk wat uiteensit hoe die Weste op alle fronte, veral aan sy periferie, onder beleg is.
2024-05-20
43 min
In alle Ernst
Onderhoud 23: Werner Human | Die Afrikaner Verklaring
Ek gesels met Werner Human, die Operasionele Hoof van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud, storie, visie en missie van die Afrikaner Verklaring.
2024-05-10
1h 12
In alle Ernst
Ep 52 - Diversifiseer jou oplossingsportefeulje
In hierdie episode verken ek die redes vir hoekom mense meer veelsydig oor oplossings moet dink en hoekom mens eenvoudige oplossings met 'n knippie sout moet neem.
2024-05-07
04 min
In alle Ernst
Ep. 51 - Post-1994: Afrikaners word wéér organisasiebouers
Ek bespreek hoe Afrikaners weer organisasiebouers in die 21ste eeu geword het (post-1994) , na 'n periode van staatsbouers wees onder apartheid. N.P. van Wyk Louw se skrywes oor Afrikaner kulltuurorganiasies word ook ontleed.
2024-04-24
06 min
In alle Ernst
Ep. 50 - Weerstaan die verleidelike gemak van virtuele laers
In hierdie episode is die onderwerp die aanlyn laers wat 'n groot gros Afrikaners na gevlug het om die gruwels and frustrasies van 21ste eeu Suid-Afrika te ontsnap.
2024-04-17
07 min
In alle Ernst
Onderhoud 22: Professor Danie Goosen | Gemeenskap en plek, orde en chaos, Afrikaners se verlede en toekoms
Ek gesels met Akademia se professor Danie Goosen oor onderwerpe soos gemeenskap, plek, kultuur, Afrikaners se verlede, hede en toekoms, en veel meer.
2024-04-10
1h 37
In alle Ernst
Ep. 49 - Dricus du Plessis: Die allemansheld
Ek bespreek hoe Dricus du Plessis sy reputasie gevestig het as Jan Alleman se verteenwoordiger en held op die internasionale verhoog.
2024-03-13
05 min
In alle Ernst
Onderhoud 21: Boermedia | Die noodsaaklikheid van ons eie alternatiewe media
Ek gesels met Johan van der Merwe van Boermedia. Ons bespreek die noodsaaklikheid van alternatiewe media, Boermedia se visie en missie, die inligtingsera, saamstaan, saam bou, leierskap, eenheid onder Afrikaners, en meer.
2024-03-12
1h 16
In alle Ernst
Ep. 48 - Wat die hemelhoë TV-lisensiegeldontduikingskoers onthul oor die regering se blaf teenoor sy byt
Ek bespreek die hemelhoë TV-lisensiegeldontduikingskoers wat net aanhou toeneem, en wat hierdie statistiek vir ons vertel van die regering se blad teenoor sy byt wat burgerlike nie-nakoming betref.
2024-03-05
06 min
In alle Ernst
Ep. 47 - Die morele verval van plaasmoorde-ontkenning
Hierdie week se onderwerp is die morele verval wat gepaard gaan met die ontkenning van plaasmoorde.
2023-12-19
04 min
In alle Ernst
Ep. 46 - Afrikaners oorkom ook armoede: Die Helpmekaar-beweging
Ek bespreek die geskiedenis van die Helpmekaar-beweging en hoe gemeenskapsinisiatiewe Afrikaners gehelp het om ekstreme armoede te ontsnap.
2023-12-13
10 min
In alle Ernst
Onderhoud 20: Joost Strydom | Orania: Van dorp tot stad
Ek gesels met Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging en Oraniër, oor die belangrikheid van identiteit, Orania se beplande ontwikkeling van dorp na stad, Orania se verhouding met ons verlede, en meer.
2023-12-06
54 min
In alle Ernst
Ep. 45 - ’n Boer in Boedapest
Ek bespreek van die lesse wat Afrikaners kan leer by die Hongare gebaseer op my besoek aan Boedapest en wat ek daar gesien en ervaar het.
2023-12-04
08 min
In alle Ernst
Ep. 44 - Saam kan ons veilige hawens teen die stormsee bou
In hierdie episode bespreek ek hoe gemeenskappe prakties hulself kan beveilig teen wanorde en chaos.
2023-08-17
07 min
In alle Ernst
Ep. 43 - Die ou orde vrees Afrikaners wat organiseer
Ek bespreek die krag van saamstaan, ‘n gesonde kollektiewe selfbeeld, en hoekom die heersende orde van vandag hierdie vrees onder Afrikaners spesifiek.
2023-07-19
05 min
In alle Ernst
Ep. 42 - Gerieflikheid is óók een van die duiwel se geliefde oorkussings
Ek bespreek hoe baie mense hul vryhede prysgee vir gerieflikheid en gemak.
2023-06-26
05 min
In alle Ernst
Ep. 41 - Gemeenskapsfederalisme as antwoord op staatsentralisme
Ek bespreek die konsep van gemeenskapsfederalisme en hoe dit ’n werkbare toekomsplan op die tafel plaas vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika.
2023-06-08
06 min
In alle Ernst
Ep. 40 - Om meer betrokke te raak in jou gemeenskap
In hierdie episode bespreek ek groter gemeenskapsbetrokkenheid as ’n goeie en bereikbare Nuwejaarsvoorneme.
2023-05-25
05 min
In alle Ernst
Ep. 39 - Moenie saam met die verafgoders van die Daad kniel nie
In hierdie episode delf ek in N.P. van Wyk Louw se idee van die verafgoders van die Daad en verduidelik hoe dit relevant is tot vandag.
2023-05-02
04 min
In alle Ernst
Ep. 38 - Ongeregtighede en verantwoordelikhede
Ek bespreek hoe om ’n nugter perspektief te hê oor die onregverdighede van ons tyd in die konteks van ons geskiedenis.
2023-03-10
05 min
In alle Ernst
Onderhoud 19: René van der Vyver | Die lewe van ’n jong Afrikaner in Afrika
Ek gesels met René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug en trotse Afrikaner. Ons bespreek die sleuteluitdagings wat jong Afrikaners vandag in die gesig staar, wat AfriForum Jeug doen, die belangrikheid van moedertaalonderrig, Afrikaanse studente wat geteiken en uitgesluit word by die Universiteit Stellenbosch (US), Noordwes Universiteit (NWU) / Pukke se onlangse rasse-uitsluitingskandaal, wat haar as jong Afrikaner hoop gee vir die toekoms, en meer.
2023-03-01
48 min
In alle Ernst
Ep. 37 - Instandhouding en bewaring as deugde
Ek bespreek hoe instandhouding en bewaring as deugde beskou moet word.
2023-02-23
04 min
In alle Ernst
Ep. 36 - Bou, plant en skep self
Deur jou Godgegewe talente en behoefte om te skep, te plant en te bou ten volle uit te leef en te gebruik, lewe jy tot eer van God en tot voordeel van jou geliefdes en gemeenskap.
2023-02-07
06 min
The Auron MacIntyre Show
A Time to Dig Trenches | Guest: Ernst van Zyl | 1/13/23
Writer and AfriForum campaign officer Ernst van Zyl joins me to discuss the recent debate between Carl Benjamin and Peter Hitchens. Ernst has explored the topic of emigration extensively and has a lot to say on why staying and fighting for one's homeland is so important.Apple: https://podcasts.apple.com/us/podcast/the-auron-macintyre-show/id1657770114Spotify: https://open.spotify.com/show/3S6z4LBs8Fi7COupy7YYuM?si=4d9662cb34d148afOn Substack: https://auronmacintyre.substack.com/Follow on Twitter: https://twitter.com/AuronMacintyreFollow on G...
2023-01-13
1h 11
In alle Ernst
Ep. 35 - Wat is Suid-Afrikanisering?
Suid-Afrikanisering is ’n koers wat ’n land inslaan, wat ’n skadelike gevolg is van ’n bepaalde kombinasie van faktore eerder as van enige van hierdie faktore op sigself. Hierdie kwaal raak nie net Suid-Afrika nie maar het reeds, soos ’n vernietigende virus, ook na talle ontwikkelde lande versprei, veral in die Weste. Watter kombinasie van faktore is nodig om hierdie infeksie te diagnoseer? Ek verduidelik.
2022-11-15
08 min
In alle Ernst
Onderhoud 18: Professor Koos Malan | Grondwetlike wanorde
Ek gesels met Professor Koos Malan, Professor in Publiekreg by die Universiteit van Pretoria en die skrywer van There Is No Supreme Constitution. On gesels oor die huidige politieke en grondwetlike orde in Suid-Afrika en waarnatoe dit op pad is.
2022-10-06
48 min
In alle Ernst
Ep. 34 - Die geheim van lewe onder en ná die ANC
Ek verduidelik hoe AfriForum en die Solidariteit Beweging die geheim ontdek het tot lewe onder en ná die ANC.
2022-10-06
07 min
In alle Ernst
Ep. 33 - Diskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika
Ek bespreek die inhoud van die nuutste Die Wêreld Moet Weet verslag wat ek vir AfriForum geskryf het. Die 2022-verslag poog om nuwe wetgewing, gevalle en beleide te dokumenteer wat met die vervolging van minderhede in Suid-Afrika verband hou en wat in werking gestel of voorgestel is, of plaasgevind het sedert die verskyning van die eerste verslag in 2020.
2022-10-06
07 min
In alle Ernst
Onderhoud 17: Flip Buys | Die pad na selfbestuur
Ek gesels met Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud van sy boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur. Ons bespreek ook die pad vorentoe vir Afrikaners, hoe om oor oplossings te dink, federalisme en hoe om staatsbestand te wees.
2022-10-06
37 min
In alle Ernst
Ep. 32 - Kultuur in Suid-Afrika – wat gaan onder die oppervlak aan?
Ek bespreek van die lesse en insigte wat ek gekry het deur my Suid-Afrikaanse kultuurrreeks op my Conscious Caracal kanaal.
2022-10-06
08 min
In alle Ernst
Ep. 31 - AfriForum hou wag, in ons dorpe en op die grense
In hierdie episode bespreek ek AfriForum se grenswag inisiatiewe wat onlangs die hele land aan die praat gekry het.
2022-10-06
03 min
In alle Ernst
Ep. 30 - Vryheid van uitdrukking: Die ou vlag is die eerste domino
In hierdie episode bespreek ek waarom AfriForum se saak om die verbanning van die ou Suid-Afrikaanse vlag te appelleer noemenswaardig is, en waarom vryheid van uitdrukking so belangrik is.
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Onderhoud 16: Reiner Duvenage | AfriForum keer R50 miljoen-skenking aan Kuba
Die burgerregteorganisasie AfriForum het hierdie week suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelte van AfriForum se regsoptrede teen die skenking. Die tweede deel behels ’n hersieningsaansoek op ’n latere datum om die regering se besluit om die geld aan Kuba te skenk, om te keer. Die hof het bykomend ook bevee...
2022-10-06
21 min
In alle Ernst
Ep. 29 - Media se reaksie op AfriForum v Malema/EFF-hofsaak spreek boekdele
In hierdie episode bespreek ek hoe die verwerplikste aspek van die AfriForum vs EFF “Kill the Boer”-saak sekerlik baie dele van Julius Malema se ontstellende getuienis onder eed was, die reaksies van die media en lede van die Suid-Afrikaanse rubriekskrywersgarde ’n verbasend sterk tweede plek ingeneem het.
2022-10-06
09 min
In alle Ernst
Ep. 28 - Ramaforie en Zumafobie: Moenie geflous word deur ’n nuwe sondebok nie
In hierdie episode bespreek Ernst die maak van nuwe sondebokke in die Ramaphosa-era, en evalueer President Ramaphosa se rekord sedert hy aan bewind gekom het.
2022-10-06
07 min
In alle Ernst
Ep. 27 - ANC korrupsie: Moet nie val vir voortdurende vinger-wysery nie
Ek bespreek krities en evalueer President Ramaphosa se onlangse bewering dat daar ‘n “persepsie” bestaan dat die ANC ‘n korrupte party is, maar dat dit nie waar is nie.
2022-10-06
03 min
In alle Ernst
Ep. 26 - Die laer is nie ons permanente woning nie
Ernst bespreek hoe dit ‘n natuurlike reaksie is om op die verdediging te gaan wanneer jou gesin of gemeenskap bedreig word, maar dat meeste verdedigingstrategieë nie permanente oplossings is nie.
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Ep. 25 - Die noodsaaklikheid van beginselvastheid in stormagtige tye
In hierdie episode bespreek ek die belangrikheid van om beginselvas te wees in stormagtige tye.
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide
Die beleid van onteiening sonder vergoeding, wat in 2018 aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê is, het ’n vurige nasionale beleidsdebat ontketen wat in 2021 steeds in die middel van die nasie se politieke diskoers staan. In Suid-Afrika, en die Westerse wêreld in die algemeen, word die liberale demokratiese paradigma toenemend bevraagteken. Baie van hierdie uitdagings spruit uit ’n nuwe golf populisme, van sowel links as regs, wat momentum kry in die Weste en die globale Suide. Daarom het ek my meesterstesis geskryf oor die kwessie van herverdelende populisme, ’n vorm van linkse populisme, asook privaat eiendomsregte. In hierdie stuk bied ek ’n bo...
2022-10-06
09 min
In alle Ernst
Ep. 23 - Emigrasie en die Groot Bou
In hierdie episode bespreek ek die onderwerp van emigreer uit Suid-Afrika, asook die planne vir die toekoms van diegene wat kies om te bly en te bou.
2022-10-06
08 min
In alle Ernst
Ep. 22 - Suid-Afrika Onluste: Die ANC vermors nooit ’n krisis nie
In hierdie episode gesels ek oor hoe ek reken die ANC die 2021 onluste en plundery gaan uitbuit om hul eie agenda te dien.
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Ep. 21 - Die dag toe AfriForum met die Black Management Forum vergader het
Ek bespreek AfriForum se deelname aan die Black Management Forum se paneelgesprek, hoekom Swart Ekonomiese Bemagtiging as beleid vernietigend en immoreel is, asook die lesse wat ek geleer het.
2022-10-06
09 min
In alle Ernst
Onderhoud 15: Paul Maritz | Dis KapiTaal
Ek gesels met my vriend Paul Maritz, die Bestuurder van Solidariteit Jeug en medeaanbieder van die Podlitiek podsending. Ons gesels oor hoe jou taal jou gemeenskap ryk maak en hoe taal kapitaal genereer.
2022-10-06
40 min
In alle Ernst
Onderhoud 14: Alana Bailey | Moedertaalonderrig en Taalstryd
Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor die belangrikheid van moedertaalonderrig, asook die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se appèl teen AfriForum se oorwinning met die saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by Unisa.
2022-10-06
21 min
In alle Ernst
Ep. 20 - Mag: Hoe om die ANC te dekodeer, te beveg
Soms kom mens nog mense teë wat sê hulle is in die war oor die ANC se beleidsvoorstelle. Hulle kan eenvoudig nie kop of stert uitmaak van hoekom die ANC so sterk aandring op beleide wat teen basiese ekonomiese beginsels, gesonde verstand en die werklikheid indruis. Ek het ’n eenvoudige praktiese reël gekry wat enigiemand sal help om sin te maak uit wat werklik die ANC se besluitneming rig en motiveer.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Onderhoud 13: Hügo Krüger | Groen Propaganda
Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek die propaganda en leuens rondom onderwerpe soos klimaatsverandering en groen energie, asook ware, volhoubare oplossings vir die toekoms.
2022-10-06
57 min
In alle Ernst
Ep. 19 - Die lewe is ’n stryd, maar...
Die lewe is vol gesukkel, maar dit beteken nie ons hoef sukkelaars te wees nie. Ons moet onsself veel eerder sien as stryders.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Onderhoud 12: Johan Nortje | AfriForum se Burgerregte-Indeks
Ek gesels met Johan Nortje, 'n Navorser by AfriForum Navorsing oor hulle nuutste burgerregte-indeks se inhoud en bevindinge.
2022-10-06
56 min
In alle Ernst
Ep. 18 - Gee vir Cyril wat hom toekom?
Ek bespreek die ophoping van mislukkings vir die Ramaphosa administrasie, sprake vanaf die ANC van 'n belastingverhoging om entstowwe aan te koop, en die Nuwe Dagbrekers se groeiende verleentheid.
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Onderhoud 11: Ruan Goosen | Wie is die Afrikaners?
Ek bespreek die Afrikaner-kultuur met Ruan Goosen. Ons gesels oor die kultuur se hoof uitdagings in die 21ste eeu, asook Afrikanerkultuur se waardes, helde, geskiedenis, en simbole.
2022-10-06
1h 03
In alle Ernst
Ep. 17 - Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid
Moed is dus nie die afwesigheid van vrees nie maar eerder die houding dat iets anders meer werd is as dit. Bewaar en koester daardie brose vlammetjie van hoop in jou hart, want dit sal jou moed gee om staande te bly teen die storms wat woed daarbuite, sodat jy dapper kan leef vir die en vir dit waarvoor jy lief is. Hou moed, hou koers, behou jou geloof, dink vir jouself en dink vooruit.
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Ep. 16 - Wag ons dalk tevergeefs vir die leier op ’n wit perd?
Ek gesels oor leiers en leierskap in die Afrikaner gemeenskap in die 21ste Eeu.
2022-10-06
03 min
In alle Ernst
Ep. 15 - Tweede Inperking: Die ANC Goederekultus (Deel 2)
Ek bespreek hoe die ANC en sy goederekultusleier, president Cyril Ramaphosa, volhard met hulle goed gevestigde kontrolelys van rituele, en hoe die party in 2020 ’n tweede golf splinternuwe rituele aanvaar het.
2022-10-06
05 min
In alle Ernst
Ep. 14 - #VoetsekANC en hoe om jou gemeenskap staatsbestand te maak
Die aanpak van die uitdaging om jou gemeenskap staatsbestand te maak sal veel meer doen om die ANC se monopolie op mag af te water as 'n hutsmerk, aangesien staatsbestandheid beteken die regering se tentakels sukkel om jou gemeenskap binne te dring. So hoe bevorder jy staatsbestandheid in jou gemeenskap?
2022-10-06
04 min
In alle Ernst
Onderhoud 10: Carien Bloem | Belangrikheid van Moedertaalonderrig
Ek gesels met Carien Bloem, bestuurder vir onderwyssake by AfriForum, oor hoekom moedertaalonderrig belagrik is, en wat tans gedoen word om dit te bevorder.
2022-10-06
24 min
In alle Ernst
Ep. 13 - Die saak ten gunste van Kommunitarisme
In hierdie episode bespreek ek die saak ten gunste van Kommunitarisme, 'n wêrelduitkyk met die gemeenskap as kern, eerder as die individu.
2022-10-06
09 min
In alle Ernst
Onderhoud 9: Alana Bailey | Afrikaans sal bly! (Unisa)
Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor AfriForum se oorwinning met die Hoogste Hof van Appèl saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).
2022-10-06
24 min
In alle Ernst
Onderhoud 8: Hügo Krüger | Wat sê die COVID-19 kenners?
Hügo verskyn weer op In alle Ernst om oor COVID-19 te gesels. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.
2022-10-06
26 min
In alle Ernst
Onderhoud 7: Steve Hofmeyr | Die Smeltkroes van ’n krisis
Ek gesels met Steve Hofmeyr oor die krisis waarin Suid-Afrika en Afrikaners hulself tans vind. Ons bespreek groepskuld, die verlede, hoekom protesliedere so kragtog is, en meer.
2022-10-06
34 min
In alle Ernst
Onderhoud 6: Hügo Krüger | Wat het ons sover geleer oor COVID-19?
Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.
2022-10-06
24 min
In alle Ernst
Onderhoud 5: André (Onrehabiliteerbare Afrikaner) | Digters en Digkuns
Ek gesels met André, anders bekend as Onrehabiliteerbare Afrikaner op Twitter, oor sy nuwe Afrikaanse digbundel, hoe skryf terapeuties kan wees, hoe die gewone persoon sy gemeenskap kan ondersteun en help gedurende die staat van inperking, en meer.
2022-10-06
22 min
In alle Ernst
Onderhoud 4: Ruan Goosen | Die ekonomiese gevolge van die staat van inperking
Ek gesels met Ruan Goosen, die aanbieder van die Goosenomics Podsending en Ekonomie Student (Meesters), oor wat die staat van inperking se invloed op die Suid-Afrkaanse ekonomie kan of gaan wees.
2022-10-06
24 min
In alle Ernst
Onderhoud 3: Ernst Roets | Staat van inperking verleng
Die staat van inperking en grendelstaat in Suid-Afrika is onlangs met 'n verdere 2 weke verleng. Ek gesels met AfrForum se Hoof van Beleid en Aksie, Ernst Roets, oor AfriForum se standpunt rakende die verlenging, asook wat hy reken die gewone persoon kan doen om by te dra tot sy gemeenskap in hierdie tyd.
2022-10-06
22 min
In alle Ernst
Onderhoud 2: Dirk Hermann | Solidariteit Beweging Noodfonds
Die Solidariteit Beweging het 'n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig. Die noodfonds word onder meer ondersteun deur AfriForum, die vakbond Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en die FAK. Ek gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof by Solidariteit, oor die noodfonds, gemeenskapswaardes, en Afrikaners se geskiedenis van krisisbestuur.
2022-10-06
25 min
In alle Ernst
Onderhoud 1: Hügo Krüger | Beste beleidsmedisyne vir Covid-19?
In die eerste In alle Ernst onderhoud, gesels ek met Hügo Krüger, 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek beleidsverskille tussen Frankryk en Suid-Afrika, asook wat Hügo reken die beste beleids- en persoonlike benadering tot die virus beveg is.
2022-10-06
27 min
In alle Ernst
Ep. 12 - Wit skuld en erfsonde
Vir my as ’n jong Afrikaner in Suid-Afrika steek dit dwars in die krop om ’n sondebok vir ander te wees, wat gewillig geoffer mag word op die altaar van sosiale geregtigheid, met historiese groepskuld as verskoning.
2022-10-06
08 min
In alle Ernst
Ep. 11 - Koronavirus: Wat jy moet weet
Die wêreld is tans in rep en roer oor die Korona virus, of COVID-19, wat vinnig besig is om oral te versprei. Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds die virus ‘n globale pandemie verklaar en toilet papier word min soos mense paniekerig hulle spense volmaak en regmaak vir die ergste. Maar hoe ernstig is die virus rêrig? Watse gevare is werklik, en watter is slegs in ons verbeelding?
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Ep. 10 - Wat is die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR)?
Die ANC definieer sy agenda amptelik as die Nasionale Demokratiese Revolusie of NDR. Maar wat is die Nasionale Demokratiese Revolusie? En hoekom is hierdie konsep vandag meer relevant en insiggewend as ooit?
2022-10-06
05 min
In alle Ernst
Ep. 9 - Is Suid-Afrika die volgende Zimbabwe?
Baie mense glo dat Suid-Afrika op ‘n glybaan na ‘n Zimbabwe scenerio is. Daar bestaan beslis ooreenkomste tussen die twee lande en hul regerende partye. Maar hoe akkuraat is hierdie vergelyking? In hierdie episode bespreek ek die 30 verskille tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, wat in Flip Buys se 2019 boek, Die Pad na Selfbestuur, uiteengesit word.
2022-10-06
11 min
In alle Ernst
Ep. 8 - Vryheid van spraak
In hierdie episode bespreek ek hoekom vryheid van spraak jou belangrikste reg is, asook hoe dit vandag bedreig word. Hoë profiel figure wat die ontneming van 'n platform en sensorskap van diegene wat hulle nie meer saamstem nie ondersteun en toejuig word ook bespreek.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Ep. 7 - Die ANC goederekultus
In die eerste episode van 2020 gesels ek oor wat 'n goederekultus is en die ooreenkomste tussen die ANC regering en sulke goederekultusse.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Ep. 6 - Andrew Breitbart se 13 reëls
Ek het hierdie jaar Andrew Breitbart se boek, Righteous Indignation, gelees en dit baie insiggewend en vermaaklik gevind. In hierdie episode word Breitbart se 13 reëls bespreek vir enige persoon wat die stryd betree teen die hoofstroom media en teen die heersende zeitgeist wat ver na links geruk het. “Ek hou van baklei vir dit waarin ek glo. En ek hou daarvan om pret te hê terwyl ek dit doen.”
2022-10-06
09 min
In alle Ernst
Ep. 5 - Suid-Afrika benodig patriotte
In episode 5 van In alle Ernst word die idees van leierskap, patriotisme en beginselvastheid ondersoek en bespreek. Suid-Afrika kort patriotte, maar wat beteken dit om een te wees?
2022-10-06
07 min
In alle Ernst
Ep. 4 - Wat beteken Links en Regs op die politieke spektrum?
In hierdie episode gesels Ernst van Zyl oor die politieke terme "Links" en "Regs". Daar word dieper gedelf in wat hierdie terme beteken, die geskiedenis daarvan, asook voorbeelde van elk.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Ep. 3 - Wat is Alternatiewe Media?
In hierdie episode gesels ek oor wat “alternatiewe media” is, asook die impak van die internet in die informasie era.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Ep. 2 - Wat is die NGV en hoekom moet jy omgee?
In hierdie episode bespreek ek wat die NGV (Nasionale Gesondheidsversekering) behels, asook die ANC se deurlopende omgekeerde Midas-aanraking wat die bestuur van staatsbeheerde ondernemings betref.
2022-10-06
06 min
In alle Ernst
Ep. 1 - Die wêreld is mal
In die inleidings episode van die In alle Ernst podsending kyk ek na die wêreld rondom ons en verduidelik hoekom dit dalk nie so mal en chaoties is soos dit partykeer voorkom nie.
2022-10-06
06 min
Break the Rules
Coleman Hughes & Conscious Caracal (Ernst Van Zyl) - Does Liberalism Lead to Leftism?
https://patreon.com/breaktherules to help us grow + SUBSCRIBE to our Youtube: http://breaktherules.tv/ 🌲 https://linktr.ee/breakth3rules 🌲💸 Support Break The Rules ( + have your message show up during the show) via SuperChat Crypto: https://cointr.ee/breakth3rulesPaypal: https://streamlabs.com/breakth3rules👾 DISCORD: https://discord.gg/hHTNg3M====================================================A discussion between writer & podcast host (+ Forbes 30 under 30) Coleman Hughes & Afrikaner / AfriForum Campaign Officer Conscious Caracal (Ernst Van Zyl) on whether liberal policies lead to authorita...
2022-08-12
1h 39
WorldView
The Corruption And Censorship Continues.... Ernst van Zyl | Hugo Kruger
Ernst van Zyl and Hugo Kruger joined us to discuss the state of free speech and censorship in South Africa. ---- Ernst van Zyl ----- https://www.youtube.com/c/ConsciousCaracal https://twitter.com/ConCaracal?ref_src=twsrc%5Egoogle%7Ctwcamp%5Eserp%7Ctwgr%5Eauthor https://afriforum.co.za/en/ ---- Hugo Kruger ----- https://odysee.com/@hugokruger:5 WorldView is a media company that delivers in-depth conversations, debates, round-table discussions, and general...
2021-10-31
1h 03
Podlitiek
Onderhoudreeks Ep. 13 - Ernst van Zyl (Conscious Caracal)
Podlitiek bied met trots die eerste onderhoud met Ernst van Zyl (meer bekend as Conscious Caracal). Dit is vir ons 'n groot voorreg om met Ernst te kon gesels en meer te leer oor die man agter die bekende sosiale media rekening en YouTube kanaal.Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/channel/id1987877Podlitiek op SoundCloud ► https://soundcloud.com/podlitiek-podlitiekPodlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapplePodlitiek op YouTu...
2019-04-01
26 min