podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Gereformeerde Kerk Bergbron
Shows
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 15 Desember 2015 Pieter de Klerk
Lees: Hand. 4: 32 – 37; 5: 1 – 6; 5: 17 – 42 Wat maak ‘n kerk groot in die oë van die Here?
2024-12-15
54 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 17 November 2024 Stephan briel
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap (deel 2) Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Jesus se verkondiging van die evangelie van God se koninkryk kom op 4 beginsels neer: (1) die tyd is vervul; (2) die koninkryk van God het naby gekom; (3) bekeer julle; en (4) glo die evangelie. Christus se metode van dissipelskap was rabbyns: Hy het sy dissipels geleer van die lewe in God se koninkryk en dit dan ook self geillustreer met sy lewe. Dan het Hy hulle ook uitgestuur om die koninkryks-lewe te gaan doen.
2024-11-17
37 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 10 November 2024 Stephan Briel
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap. Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening: evangelie van die koninkryk van God – nie die evangelie van verlossing nie! Deur Jesus se koms na hierdie wêreld (kairos) het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is. God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie...
2024-11-10
24 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 14 Julie 2024 Stephan Briel
Lees: Jer 7:1-15 (AFR83). Fokus: Jer 7:3-8. Valse godsdiens bring ‘n valse gerustheid wat bekering verhinder. Die profeet ontmoet die biddende skare by die tempelpoort met ‘n skokkende boodskap. Die kern van sy onverwagse aanval is gemik teen hulle valse gerustheid. Die kerk en Christene leef alte maklik van so ‘n vanselfsprekende gerustheid. Van waar kom die valse vertroue? Uit die verkeerde gevolgtrekkings wat hulle uit God se verbond en verkiesing maak. Uit hulle slagkrete: “Ons is veilig! Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempe...
2024-07-14
36 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 23 Junie 2024 Stephan Briel
Lees: Joh 15: 1-8 en Mat 25: 14-30. Fokus: Mat 25: 21, 23. God verwag van sy kerk om beide getrou en vrugbaar te wees. Die twee goeie slawe was getrou in vrugbaarheid want God verwag beide getrouheid en vrugbaarheid. So sien ons uit die gelykenis: Rentmeesterskap is ‘n risiko. Rentmeesterskap word gemeet aan opbrengs en impak. Goeie rentmeesterskap word geseën deur die Here met groter impak. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarin moet ons getrou wees teenoor Christus? Wat beteken dit om vrugbaar te wees in God se koninkryk? Waarmee is jy vrugbaar...
2024-06-23
43 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 5 Mei 2024 Stephan Briel
Lees: Mat 6: 19-34 en Ef 2: 8-10. Fokus: Ef 2: 10. God se voorsiening! Ons hantering van geld wys duidelik wat ons begrip van rentmeesterskap is. Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10). Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (Mat 6: 26). Mossie-geloof: vertroue dat jou hemelse Vader in jou behoeftes sal voorsien eenvoudig uit genade en omdat Hy jou liefhet. God se voorsiening: Provisie = Pro (voorvoegsel) + visie (stam) = vir/gunstig wees vir die Visie. God het spesifieke goeie dade vir jou lewe beplan en voorberei op aarde waar...
2024-05-05
35 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel
Lees: Ef 4:1-16 (AFR83). Fokus: Ef 4:11,12. Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk. God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek is, dan sal God dit nie laat groei nie en stadig aan sterf. Die taak van die leiers in die gemeente, die ouderlinge, is om die groei beperkende siektes in die...
2024-03-03
32 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 18 Februarie 2024 Stephan Briel
Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5,9. Die lewende kerk (deel 2).
2024-02-18
35 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 11 Februarie 2024 Stephan Briel
Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5. Die lewende kerk. “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe. Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend! Die diepste oorsaak van die doodsheid in die kerk is: Mense wil nie meer na Jesus toe kom om na sy Woord te luister nie, want dit vra dissipline en behels jou hele lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wie is die kerk? Wat word bedoel met “lewe” in 1 Pet 2:4,5? Hoe word die kerk lewendig? Wat ver...
2024-02-11
43 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 14 Mei 2023 Stephan Briel
Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:1-8. Die Here se heerlikheid en almag verander ons! God se almag en heerlikheid is so oorweldigend dat dit jou totaal verander dat jy Hom wil dien in nederige afhanklikheid. Omdat God so almagtig en glorieryk is, is daar niks beter as om Hom te aanbid en te dien nie. Vra God om sy almag en heerlikheid in Christus aan jou te openbaar en verhoog Hom as die Here van jou lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom is daar baie keer mi...
2023-05-14
40 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:6 (1953 AV). Bergbron missie: Wandel in Christus (vlak 3 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende: Geestelik – dit is belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees as ons suksesvol wilwandel in Christus. Geestelike onderskeidingsvermoë is die eerste lyn van verdediging in geestelike oorlogvoering. Verstandelik – ‘n volwass...
2023-02-26
38 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 Februarie 2023 Stephan Briel
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:7 (1953 AV). Bergbron missie: Groei tot volwassenheid om meer soos Jesus te wees (vlak 2 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos Christus te wees. Dit beteken: Verstandelik – begelei Christene om hulle denke te dissiplineer om God se waarheid in Christus te glo. Geestelik – help hulle om te leer hoe om te wandel volgens die Gees en deur geloof. Emosioneel – help hulle om ontsl...
2023-02-19
38 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel
Lees: Jes 61:1-3 en Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:10 (1953 AV). Bergbron missie: Vestiging van volkome identiteit in Christus (vlak 1 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende: Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Christus en begelei hulle deurrelevante Skrifgedeeltes tot sekerheid van hulle saligheid. Verstandelik: denke is nog verduister – begelei mense tot ‘n ware kennis van God en wie hulle is in Christus. Leer hulle om God se weë te...
2023-02-12
43 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 5 Februarie 2023 Stephan Briel
Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3. Inhoud van Bergbron se “salwing”. (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Jes 61 is gerig aan ontnugterde en moedelose ballinge wat voor die geweldige taak staan om alles weer teherbou in Jerusalem. Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61: 1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na die wêreld (Luk 4: 21). Op die derde vlak vind hierdie profesie sy vervulling met Pinkster toe Jesus sy Gees gestuur het na sy kerk op aarde. Wanneer...
2023-02-05
45 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 12 Junie 2022 Stephan Briel
Lees: 1 Petrus 1:17-21. Fokus: 1 Pet 1:20. God se handelinge in die eindtyd. Petrus wil aan die gelowiges in westelike Klein-Asië perspektief op hulle “vreemdelingskap in die wêreld” (1 Pet 1:17) gee. Hulle en die kerk van vandag moet besef dat ons in die “eindtyd” (1 Pet 1:20) leef. As ons weet wat God se handelinge in die “eindtyd” is, dan sal ons die las van “vreemdelingskap in die wêreld” kan dra en by God se handelinge betrokke raak. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat was God se handelinge in die Ou Testament? Wat was...
2022-06-12
30 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 22 Februarie 2022 Stephan Briel
Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3 (OAV). Bergbron visie: Gesalf vir bevryding! Vestings is die hoof oorsaak dat Christene so verslae lewe (2 Kor 10:4). ‘n Vesting is wat jy gebruikom ‘n persoonlike en valse oortuiging, ideë of opinie te versterk of te verdedig teenoor opposisievan buite. ‘n Gewonde siel rig vestings op om leuens (wat gebore is uit traumatiese ervarings) te beskerm,maar terselfdertyd hou hierdie vestings God se waarheid buite. Hierdie vestings kon jou dalk gehelp het in die verlede om verskriklike omstandighede te oorleef.Maar dieselfde vestings bied toegang tot jou lewe aa...
2022-02-20
35 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 30 Januarie 2022 Stephan Briel
Lees: Jes 61:1-3 en 2 Tim 1:1-12. Fokus: 2 Tim 1:7 (OAV). Bergbron visie: Ons het die Heilige Gees van krag, liefde en selfbeheersing (drie vlakke van dissipelskap). ‘n Gees van vreesagtigheid. Die Heilige Gees van liefde en selfbeheersing. Die Heilige Gees van krag. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat behels ‘n gees van vreesagtigheid? Wat behels die Heilige Gees van liefde en selfbeheersing? Wat behels die Heilige Gees van krag?
2022-01-30
33 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 17 Oktober 2021 Stephan Briel
Lees: Joh 5:41-47. Fokus: Joh 5:44. Soek die eer wat van die enigste God af kom. Omdat die Jode en hulle geestelike leiers die eer van mense gesoek het, was hulle nie instaat om te sien wat God besig was om voor hulle oë te doen nie – die grootste en kragtigste optrede van God in die wêreld se geskiedenis! Om die eer en goedkeuring van God te soek, beteken eerstens om Jesus in die geloof te aanvaar as God se beloofde Messias. Tweedens, die begeerte na goedkeuring en eer van mense verhoed en verbreek intimiteit met...
2021-10-17
27 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 September 2021 Geopende Deure
Geopende Deure bring Sondag die boodskap en getuienis aangaande die Vervolgde Kerk. Lees: Psalm 149. Fokus: Psalm 149:1. Vir meer inligting oor Geopende Deure besoek hulle webblad.
2021-09-19
34 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 28 Februarie 2021 Stephan Briel
Lees: Hand 2:37- 47 Fokus: Hand 2:42-47 Christus voeg gereddes by die ware liefdesgemeenskap van gelowiges. 1. Christus se reddende optrede vandag. Die boek Handelinge beskryf die handelinge van die opgestane en verhoogde Here Jesus Christus dmv sy apostels en dienaars. Aan die einde van Handelinge staan daar nie “amen” nie want Christus se handelinge gaan vandag nog steeds voort dmv sy dienaars wat gelei word deur sy Gees. Christus voeg vandag nog sy kosbare gereddes by sy gemeente. 2. Is ons waardig dat Christus sy gereddes aan ons kan toevertrou? Vyf fasette van geso...
2021-03-11
33 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 31 Januarie 2021 Stephan Briel
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:6-10 (OAV). Bergbron visie: Dissipelskap begin by die verstaan en glo wie jy alreeds is in Christus. Drie vlakke van dissipelskap: Vlak 1 identiteit in Christus (vers 10); vlak 2 groei in Christus (vers 7); vlak 3 wandel in Christus (vers 6). Ons dink baie keer dat as ons mense se dade verander, ons hulle lewens kan verander. Dit is ‘n leuen want jou identiteit (wie jy is) bepaal wat jy doen en nie andersom nie. Christus het jou weer ‘n heel en vol persoon gemaak deur sy versoening aan die kruis. In Christus is jy weer...
2021-01-31
35 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 29 November 2020 Stephan Briel
Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. Fokus: Mark 6:34-44. Geloof wat uitloop op wonderwerke! Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan sy dissipels se redenasie dat Hy die skare moet wegstuur nie (Mark 6:36). Derdens, Jesus het die disspels se geestelike blindheid gebruik om hulle te leer in tekens en wonders (Mark 6:37). Vierdens, Jesus het instruksies gegee en die dissipels het gehoorsaam (Mark 6:39,40). Vyfdens, as jy in die geloof die moontlike doen, doen God die onmoontlike (Mark 6:41-44).
2020-12-02
50 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 22 November 2020 Stephan Briel
Lees: Luk 7:11-17. Fokus: Luk 7:13-17. ‘n Botsing tussen die Lewe en dood. n Begrafnisstoet van smart en hopeloosheid. Die stoet van Lewe en hoop. ‘n Nuwe stoet van oorwinning en feesviering. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die weduwee se ekonomiese en sosiale situasie nadat haar enigste seun gesterf het. Wat is die rede waarom Jesus hierdie wonderwerk doen? Verduidelik hoe Jesus die dood oorwin het vir ons elkeen. Wat is die gevolg van die botsing tussen lewe en dood? Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=re...
2020-11-22
41 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 17 November 2020 Christiaan Mulder
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.
2020-11-18
05 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 15 November 2020 Stephan Briel
Lees: Luk 11:1-13. Fokus: Luk 11:2. Laat U koninkryk kom. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Deur Jesus se koms na hierdie wêreld het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is. God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie Deur die intellektualisering van die Christelike geloof en negatiewe houding teenoor tekens en wonders, maak ons baie keer die koninkryk van God ‘n saak van praatjies in die...
2020-11-15
37 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 11 November 2020 Pieter de Klerk
'n Bemoedigende boodskap van ouderling Pieter de Klerk. (Lees: Daniel 4, Fokus: Daniel 4:25b)
2020-11-11
10 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 8 November 2020 Stephan Briel
Lees: 1 Joh 2:7-17. Fokus: 1 Joh 2:13b en 14b. Ontgroei jou kinderskoene deur die Bose te oorwin. Niemand het die “delete” knoppie in ons geheue gedruk met ons wedergeboorte nie. As Johannes twee keer verwys na die jongmense wat “die Bose oorwin het”, dan verwys hy hoofsaaklik na die vestings van die Bose wat in hulle lewens vernietig is. Die term vesting word gebruik om ‘n Christen met ‘n innerlike toestand waar Satan steeds beheer uitoefen, te beskryf. As ons aanhou om toe te gee aan ‘n versoeking, sal ons ‘n gewoonte vorm binne 6 weke. As ons met die g...
2020-11-08
39 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 4 November 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Ef 2:1-2
2020-11-04
05 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 1 November 2020 Sebastian Floor
Lees:Psalm 23 Niks sal ons ontbreek nie. Die Psalm het pragtige temas en beeldspraak wat ‘n diep boodskap van sorg en ook gemeenskap met ons Here Jesus Christus, die Goeie Herder, aan ons digterlik uitbeeld.
2020-11-01
28 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 28 Oktober 2020 Jacques Moolman
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Psalm 146.
2020-10-28
04 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 25 Oktober 2020 Stephan Briel
Lees: Kol 4:2-6. Fokus: Kol 4:2-4. Bid dat God ‘n deur vir die Woord oopmaak. Paulus het ontdek dat al sy kennis en agtergrond nie voldoende is om die geheimenis van die woord te ontsluit nie. Dit is net God self wat die geheimenis van die woord aan mense bekend kan maak. Die enigste sleutel wat daar is om die deur oop te maak, is gebed. Sy eie persoonlike gebed dat God die deur vir hom sal oopmaak, is vanselfsprekend nodig, maar hy vra en pleit by die gemeente dat hulle saam met hom moe...
2020-10-25
33 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 18 Oktober 2020 Stephan Briel
Lees: 2 Kor 5: 11-21 (OAV). Fokus: 2 Kor 5: 18. As gelowige is ek ‘n bedienaar van die versoening in Christus. 1. “Is jy met God versoen?” Dit is nie 'n vraag: of jy godsdienstig is, of jy meen dat jy al genoeg gedoen het om met God versoen te wees, of God met ons versoen is – want Hy is! Dit is juis die evangelie! Die hart van die versoening is reeds “dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie…” Dit is 'n vraag: het jy geloofsverse...
2020-10-18
41 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 14 Oktober 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Psalm 121 met die tema "My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het!"
2020-10-14
06 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 11 Oktober 2020 Stephan Briel
Lees: Rom 8:1-17. Fokus: Rom 8:14. Die Gees verseker ons dat ons kinders van God is, en sy wonderlike beloftes in Christus sal ontvang. Kinders van God word gelei deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees werk inwonend in jou lewe om jou te vernuwe na die beeld van Jesus Christus met sy vrug. Die Heilige Gees kom in krag oor jou om jou te bemagtig met Sy gawes vir bediening in God se koninkryk. Ons deel in Christus se lyding wat oorgegaan het in heerlikheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
2020-10-11
46 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 7 Oktober 2020 Gert van Straaten
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten met tema: "Om God met jou hele hart te vertrou."
2020-10-07
07 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 4 Oktober 2020 Stephan Briel
Lees: Psalm 125. Fokus: Psalm 125:1,2. God is by ons met sy beskerming en oorwinning! Te midde van al die onsekerhede wat môre en oormôre vir ons inhou, dra ons dié één groot sekerheid met ons saam: God is met ons. Hy beskerm ons van alle kante net soos daar berge rondom Jerusalem is. Hy gee ons ook die oorwinning in sy Seun, Jesus Christus. En Hy is dag vir dag by ons in en deur sy Heilige Gees. As ons maar net vir elke dag op Hom vertrou, sal ons wees soos die S...
2020-10-04
50 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 30 September 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Joh 19:28-30 "Dit is volbring!"
2020-09-30
05 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 27 September 2020 Sebastian Floor
Lees: Efes. 1:17-19 Tema: Die weergalose mag van Christus in ons. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=nivh0jTmMGg
2020-09-28
27 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 23 September 2020 Christiaan Mulder
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder i.v.m. die "geestelike mens" (1 Kor 2:15).
2020-09-23
07 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 20 September 2020 Stephan Briel
Lees: Rom 15:1-13. Fokus: Rom 15:4. Hoop vir almal! Gebruik die Skrif van standvastigheid en bemoediging teen die volgende hoop-dempers: Swaarkry en lyding. Wettiesheid. Stryd en verdeeldheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken die “hoop” in ons fokusvers? Hoe gee die Skrif vir ons standvastigheid en bemoediging? Hoe kan ons die Skrif van standvastigheid en bemoediging gebruik in swaarkry en lyding? Video by; https://www.youtube.com/watch?v=F7WaLNBVmNM
2020-09-20
48 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 16 September 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap met die tema "Slegs God is God!"
2020-09-16
04 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 13 September 2020 Stephan Briel
Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (1953 Vertaling). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here (deel 2). Volhard ten spyte van te nakoming. Volharding ondanks kompetisie. Volharding te midde van ons geloof wat beproef en ondermyn word. Volharding met die oog op beloning. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe kan jy met God se hulp volhard: ten spyte van te nakoming, ondanks kompetisie, te midde van ons geloof wat beproef en ondermyn word, met die oog op beloning.
2020-09-14
49 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 9 September 2020 Pieter de Klerk
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk ivm die Covid 19 pandemie.
2020-09-09
11 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 6 September 2020 Stephan Briel
Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (1953 Vertaling). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here (deel 1). Paulus het met insig gelewe waaroor sy lewe en omstandighede gaan en kon daarom volhard in die geloofswedloop ten spyte van die aller moeilikste omstandighede. Om tot insig in jou omstandighede te kom (wat God se plan en doel is), moet jy verstaan dat God elkeen van ons uniek geskape het. God plaas 'n unieke geloofswedloop voor elkeen van ons. Raak daarom ontslae van alle laste (Heb 12:1) wat jou kan strem en weglei van...
2020-09-06
44 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 2 September 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit 1 Joh 2:15-17 "Satan se drievoudige versoekings"
2020-09-02
05 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 30 Augustus 2020 Sebastian Floor
Ons verwelkom vandag vir Sebastian Floor wat die Woord vir ons bedien. Lees: Psalm 119: 105 Die Woord as die lig vir ons pad.
2020-08-31
45 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 26 Augustus 2020 Bemoedigende Boodskap van Ds. Cassie Aucamp
'n Boodskap van Ds. Cassie Aucamp na die tragiese gebeure Sondag 16 Augustus 2020. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kalahari-tragedie-gesin-uitgewis-na-pa-ook-sterf/
2020-08-27
12 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 23 Augustus 2020 Stephan Briel
Lees: 2 Tim 3:1-17. Fokus: 2 Tim 3:14-17. Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord. Die bedrieërs wat jou wil verlei Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en Griekse godsdienste. Volgens die bedrieërs aanbid alle godsdienste dieselfde God, elkeen net op sy eie manier. God roep jou om te lewe uit sy Woord Ons het 2 wapens teen die bedrieërs: Die Bybel en die onderrig van betroubare leermeesters. Kenmerke van 'n betroubare leermeester: (1) Woord is sentr...
2020-08-23
1h 02
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 16 Augustus 2020 Stephan Briel
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus. Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel hê, (3) goeie kommunikasiesisteem hê, (4) en gesamentlike doel moet volgens God se wil wees – dan sal niks onmoontlik wees wat ons van plan is om te doen nie (Gen 11:6,7). Die duiwel het verskillende metodes (methodeia) om die kommunikasie tussen gelowiges te ontwrig wat veroorsaak dat hulle uitmekaar spat. Metodes van die duiwel: a. Laat ons dink mense is ons vyan...
2020-08-17
31 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 12 Augustus 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Jes 30:18 "Wag op die Here!"
2020-08-12
05 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 8 Augustus 2020 Stephan Briel
Lees: Gen 11:1-9 en Joh 17:11, 20-23. Fokus: Gen 11:6,7 (1953 Vertaling). Vereistes vir God se bonatuurlike werking deur ons. Vir die mense van Babel sal niks meer onmoontlik wees nie want (1) hulle was eensgesind, (2) hulle het 'n gesamentlike doel gehad, (3) hulle het goeie kommunikasie tussen mekaar gehad (Gen 11:6). Daar het nog egter een saak vir hulle kortgekom om suksesvol te wees: God se wil. Hulle eenheid en gesamentlike doel was teen God se wil. God gryp in en ontwrig een van die vereistes om as groep suksesvol te wees: Hy ontwrig hulle kommunikasiesisteem (Gen 11: 7). God se wil...
2020-08-10
36 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 5 Augustus 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Rom 8:26,27 "Gebed deur die krag van die Heilige Gees"
2020-08-05
05 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 2 Augustus 2020 Stephan Briel
Lees: Luk 4:1-13. Fokus: Luk 4:3,10. Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, langs die weg van nederigheid, diens en lyding. Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en eindig met: “As U die Seun van God is....” (Luk 4:3,10). Deur Jesus se reaksie en aan die kruis is dit duidelik: Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, nie deur Homself te handhaaf nie, nie deur sy mag en gesag uit te oefen nie, maar langs die weg van nederigheid, diens en lyding. Die regt...
2020-08-03
47 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 26 Julie 2020 Stephan Briel
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:12 (OAV). Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die duiwel en sy bose magte. Die duiwel het allerhande “listige aanslae” (geslepe planne) op regerings en mense om hulle daarmee te mislei. “Kragte” het beide 'n fisiese sigbare en 'n onsigbare geestelike kant. Onsigbare demoniese geeste verpersoonlik hulleself in geloofsisteme wat dan tot uitdrukking kom in politieke sosiale strukture van diskriminasie en verdrukking. Die duiwel rig ook vestings op in gelowiges se denke: 'n Valse manier van dink wat die doel het om jou weg te lei van God...
2020-07-27
57 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 22 Julie 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Joh 1:14 "Kennis slegs in 'n persoonlike verhouding met God"
2020-07-22
07 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 Julie 2020 Stephan Briel
Lees: Kol 2: 6-10. Fokus: Kol 2: 8 (OAV). Ons kom onder Christus se beheer deur ‘n Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng. Verkeerde lewens- en wêreldbeskouïngs. Satan verkry algehele beheer oor ons en voer ons weg soos krygsgevangenes deur 'n valse wêreldbeskouïng. Twee verkeerde wêreldbeskouïngs vandag waardeur Satan algehele beheer oor ons kry: Animistiese en Westerse. In die Westerse wêreldbeskouïng word geestelike sake beskou as onnodig om hierdie lewe te verstaan. Daarom word godsdiens gesien as opsioneel vir opvoeding. Bybelse lewens- en wêreldbeskouïng. As ons...
2020-07-20
59 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 15 Julie 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit 1 Tes 5:23 "Die totale werklikheid"
2020-07-15
06 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 12 Julie 2020 Hendrik van Deventer
Lees: Johannes 21 Fokus: Joh. 21: 9. Die aangename geur van die evangelie. Petrus se ontmoeting met Jesus – soekend en onteenseglik Jesus Petrus is in 'n storm – en Jesus daag op. Petrus by 2 vure – by die een verloën hy Jesus en by die ander vuur bevestig Jesus vir Petrus. Mag jy Jesus gaan soek, en Sy bevestiging beleef!
2020-07-13
44 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 8 Julie 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap uit Spreuke 15:1 "Uitdrukking van jou behoeftes"
2020-07-08
04 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 5 Julie 2020 Stephan Briel
Lees: Mat 21:18-22 en Jos 3. Fokus: Jos 3. Gebede en optrede wat berge en riviere kan versit! Verander jou fokus. Geloof groei wanneer jy na God kyk en nie na die berg/rivier nie. Wees ontvanklik vir nuwe dinge. God het met Josua 'n ander manier verkies as met Moses. Neem die eerste tree in gehoorsaamheid. God gee ons geloof as ons saam met Hom in gehoorsaamheid stap. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom word jy selfgesentreerd en begin twyfel as jy op die berge/probleme in jou...
2020-07-06
58 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Donderdag 2 Julie 2020 Dank en troosdiens vir Martie Ackerman
Die dank- en troosdiens vir Martie Ackerman het Donderdag 2 Julie 2020 plaas gevind. Ons deel graag die bemoedigende boodskap met die wat nie daar kon wees nie weens die Covid-19 regulasies. Ons bid dat God se liefde, genade en troos Martie se gesin, familie en vriende sal dra deur hierdie moeilike tyd. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=SmLMTLJy-NM
2020-07-03
1h 00
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 1 Julie 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees Matteus 16
2020-07-01
04 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 28 Junie 2008 Stephan Briel
Lees: Num 13:26 – 14:25. Fokus: Num 14:23,24. God gee sy beloftes aan gelowiges met ‘n oorwinnaars-gesindheid. 1. Invloed van 'n slawerny-gesindheid. (v 2-4) Met 'n slawerny-mentaliteit is jy nie geskik om God se beloftes te ontvang nie. 2. Invloed van 'n oorwinnaars-gesindheid. (v 24) God gee sy beloftes aan gelowiges met 'n oorwinnaars-gesindheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die slawerny-gesindheid van die Israeliete. Wat is die gevolge van 'n slawerny-gesindheid? Beskryf die oorwinnaars-gesindheid van Kaleb en Josua. Wat is die gevolge van 'n oorwinnaars-gesindheid? Video by https://www.yout...
2020-06-29
56 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 24 Junie 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees Jeremia 6:16
2020-06-24
06 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 22 Junie 2020 Stephan Briel
Lees: Fil 2:1-11. Fokus: Fil 2:5-11. Dra die krone van Jesus Christus! Jesus Christus het die kroon van die sondige wêreld gedra wat verlossing benodig (verse 6,7). Jesus Christus het die doring-kroon van lyding gedra wat verlossing bring (vers 8). Met sy opstanding het Jesus die oorwinnaarskroon ontvang – die heerserskroon (verse 9-11). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Beskryf die krone wat Jesus gedra het en dra. Hoe kan ons deel hê aan Jesus se oorwinnaarskroon? Wat is jou siening van die “voorspoedsgodsdiens”?
2020-06-22
55 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 17 Junie 2020
Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees Psalm 34:1-5
2020-06-17
04 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 14 Junie 2020 Stephan Briel
Lees: 1 Kor 12:1-13,27-31. Fokus: 1 Kor 12:4-6. Die Drie-enige God is betrokke by die geestelike gawes. V4: Verskeidenheid genadegawes maar dieselfde Gees (Derde Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V5: Verskeidenheid bedieninge maar dieselfde Here Jesus Christus (Tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V6: Verskeidenheid werkinge maar dieselfde God die Vader (Eerste Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: In watter Skrifgedeeltes word 'n lys gegee van gawes wat in verband gebring word met: God die Vader, die Here Jesus Christus, en die Heilige Gees? Gee 'n kort...
2020-06-16
58 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 10 Junie 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Skrifgedeelte: Hebreërs 4:2 Tema: Die Woord sonder geloof baat niks.
2020-06-10
06 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 7 Junie 2020 Stephan Briel
Lees: 1 Kor 12:1-11. Fokus: 1 Kor 12:1. Wees ingelig oor die gawes van die Heilige Gees. Paulus vermaan ons om oor die gawes van die Gees nie onkundig te wees nie (v 1), en dan noem hy reeds voorbeelde van gawes wat vandag vir ons vreemd is en met groot agterdog bejeën word (v 8-10). Onkunde oor die gawes van die Gees vanweë 'n Streepteologie waarin geleerdes van die standpunt uitgegaan het dat sekere gawes van die Gees nie meer in die moderne tyd voorkom nie. Sekere gawes was nodig om die fondament van die kerk te lê...
2020-06-07
38 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 3 Junie 2020 Stephan Briel
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Hand. 10:38-48 met fokus op vers 44. Tema: Die Woord en die Heilige Gees belangrik om kerk te wees.
2020-06-03
11 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 31 Mei 2020 (Nagmaal) Stephan Briel
Lees: Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels (Hand 1:3). Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Selfs Johannes die Doper, wie die pad moes voorberei vir Jesus se koms na die aarde, begin sy prediking met die boodskap van God se koninkryk (Mat 3:1-2). En nadat Jesus gedoop is deur Johannes en met die Heilige Gees gesalf...
2020-05-30
48 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 27 Mei 2020 Stephan Briel
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees: Efs.2:4-7 met fokus op Efs. 2:6. Tema: Ons sit saam met Christus Jesus in die hemel.
2020-05-27
09 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 24 Mei 2020 Stephan Briel
Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word? In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempel). Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in gelowiges (Joh 20: 22). Na Pinkster bemagtig die Heilige Gees ook gelowiges om getuies te wees (Hand 1:8). Vir...
2020-05-24
42 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Donderdag 21 Mei 2020 Hemelvaart Hendrik van Deventer
Hemelvaart 21 Mei 2020 Dr. Hendrik van Deventer Skrifgedeelte: Matt. 6: 9-10
2020-05-21
25 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 17 Mei 2020 Stephan Briel
Lees: Hand 10:34-43. Fokus: Hand 10:38. Gesalf met die Heilige Gees vir genesing en bevryding in Jesus se Naam. Die kerk is in Hand 10 besig om deur sy Joodse grense te breek en die evangelie word aan heidene verkondig. Petrus gee 'n samevatting van Jesus se bediening op aarde aan Kornelius en sy mense. Jesus se bediening op aarde was die vervulling van 'n Ou Testamentiese profesie in Jes 61:1. Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61:1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se eerste koms na d...
2020-05-17
33 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 13 Mei 2020 Stephan Briel
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees: 2 Kor. 7:9,10 Tema: "Die Heilige Gees se oortuiging van sondes teenoor die duiwel se aanklagte".
2020-05-13
09 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 10 Mei 2020 Stephan Briel
Lees: Joh. 16:1-11 met fokus op Joh. 16:7,8. Tema: Die Heilige Gees as 'Parakleet'. Die Heilige Gees openbaar aan ons God se waarheid in Jesus Christus. Die droefheid is so diep in die dissipels se harte dat hulle Jesus se trooswoorde nie meer regtig hoor nie (v 5). Die werk van die Gees as Parakleet is om ons oë te open vir die onsigbare werklikhede agter die sigbare dinge wat normaalweg ons ganse wese in beslag neem. Die Jode het gedink dat deur die kruis Jesus van Nasaret se mag finaal gebreek is...
2020-05-10
32 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 06 Mei 2020 Stephan Briel
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Joh. 14:30 Tema: Die owerste van die wêreld het niks in My nie.
2020-05-06
09 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 3 Mei 2020 Stephan Briel
Lees Num. 11:26-29. Die Heilige Gees maak jou vry om jou gawes te gebruik in God se koningkryk. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=bfqALh9vxNQ
2020-05-03
27 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 29 April 2020 Stephan Briel
Lees Markus 6: 35-44 'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.
2020-04-29
08 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 26 April 2020 Stephan Briel
Lees Josua 1:1-9 Hoe om 2020 suksesvol te leef (deel 3)
2020-04-26
21 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 22 April 2020 Hendrik van Deventer
Mid-week bemoediging 22 April 2020 (Prediker: Dr Hendrik Van Deventer) Kom deel in hierdie bemoedigende boodskap wat Hendrik met Bergbron wil deel in hierdie tydperk van inperking.
2020-04-22
21 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 19 April 2020 Stephan Briel
Lees Josua 1:1-9 Hoe om 2020 suksesvol te leef (deel 2).
2020-04-19
20 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 29 Oktober 2017 Stephan Briel
Lees: Rom 7: 13-26. Fokus: Rom 7: 21-23 (OAV). Identifiseer jouself met die innerlike mens wie jy in Jesus Christus is. Innerlike mens verwys na ons gees; gemoed verwys na ons siel; en lede verwys na ons liggaam/vlees (Rom 7: 22-23). Jy kan nooit deur ‘n wet in jou gemoed oorwinning kry oor die sonde in jou vlees nie. Inteendeel, die sonde in jou vlees sal totale beheer kry oor jou gemoed (denke, emosies en wil). Die eerste stap om die kwaad te oorwin wat ek nie wil doen nie: Moenie jouself met die sonde identifiseer ni...
2020-04-17
29 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 22 Oktober 2017 Stephan Briel
Lees: Eks 25: 10-22. Fokus: Eks 25: 22. Die funksies van die mens se gees: Gewete. Die Heilige Gees se werking deur die gewete van ongelowiges (vgl Joh 16: 8). Die Heilige Gees se werking deur die gewete van gelowiges (vgl Heb 10: 22 en Heb 19: 14). 'n Skoon gewete is die basis en vereiste vir die ander 2 hooffunksies van ons wedergebore gees: om gemeenskap met God te hê en God se wil en plan vir ons lewens te ken deur intuïsie.
2020-04-16
35 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 15 Oktober 2017 Stephan Briel
Lees: Eks 25: 10-22. Fokus: Eks 25: 22. Die funksies van die mens se wedergebore gees: Intuïsie. Ons moet 'n onderskeid tref tussen “weet” en “verstaan”. My wedergebore gees “weet” terwyl ek in my denke/verstand “verstaan”. 'n Gelowige “weet” die dinge van God deur die intuïsie van sy gees. In 'n sekere mate kan ons denke slegs “verstaan” en nie werklik “weet” nie. Weet is die werk van ons intuïsie – verstaan is weer die werk van ons denke. Die Heilige Gees stel ons gees instaat om te weet wat God se wil is vir ons lewens, en ons gees on...
2020-04-15
35 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 15 April 2020 Stephan Briel
Lees Matteus. 26:26-29 Genesis 15:9-10 Josua 9:15 'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.
2020-04-15
08 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 1 Oktober 2017 Stephan Briel
Lees Eksodus 25:10-22 Die mens se wedergebore gees
2020-04-14
44 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 24 September 2017
Teks: Eks 25: 22 Die funksies van die menslike gees
2020-04-13
36 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 12 April 2020 Stephan Briel
Die Here het opgestaan!
2020-04-12
24 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Vrydag 10 April 2020 Stephan Briel
Mag die vergifnis van Jesus se kruis jou losmaak van alle veroordeling en jou versterk dat God jou Vader is in hierdie onsekere tyd van verlengde inperking.
2020-04-10
30 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 5 April 2020 Stephan Briel
Teks: Josua 1:1-9 Fokus: Josua 1: 7-8 Hoe om 2020 suksesvol te leef.
2020-04-05
24 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 16 Februarie 2020 Stephan Briel
Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die verskil tussen wellus en liefde. Drie vorms van liefde wat daar in die Christelike huwelik moet wees: erotiese liefde (eros), vriendskapsliefde (filia) en selfverloënende liefde (agape). Met eros-liefde kan jy ‘n Godgegewe seksuele begeerte hê vir jou huweliksmaat as die ander twee vorms van liefde ook teenwoordig is. Los van die ander twee vorms van liefde, verander eros-liefde in wellus wat selfgesentreerd is om net jou seksuele behoeftes te bevredig. Volgens God moet die intiemste liggaamlike kontak in geslagsgemeenskap ‘nopenbaring wees van die intiemste geestelike verbintenis. Vir na...
2020-04-04
33 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Woensdag 1 April 2020 Stephan Briel
n Bemoedigende boodskap in die middel van die week gedurende die coronavirus inperking.
2020-04-01
10 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 29 Maart 2020 Stephan Briel
Boodskap van Stephan Briel gedurende die Coronavirus inperking. Teks: 1 Samuel 30:1-8 In hierdie vreemde tyd van inperking, kom versterk jou in die Here ons God.
2020-03-29
29 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 23 Februarie 2020 Hendrik van Deventer
Hendrik van Deventer is Missionêr- en Jeugleraar by Gereformeerde Kerk Linden Die Groot Uitnodiging : MATTEUS 22 Die gaste word genooi: Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het 3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. Die Koning stuur SY diensknegte uit: 9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat...
2020-03-27
22 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 1 Maart 2020 Stephan Briel
Lees: Rom 6: 1-14 (1933/53 Vertaling). Fokus: Rom 6: 11, 12.. Oorwinning oor sonde. 1. In Christus is jy vir die sonde dood. Baie Christene probeer vir die sonde sterf terwyl hulle alreeds dood is vir die sonde in Christus. By jou wedergeboorte, toe jy gekom het tot geloof in Jesus Christus, het jy gesterf. Die dood van jou ou-self het formeel jou verwantskap, jou identifisering, jou verhouding met sonde beëindig – maar dit het nie die bestaan van sonde hier op aarde beëindig nie. 2. Glo jou posisie in Christus. Solank jy nog glo dat jy ‘n sondaar is wat...
2020-03-27
29 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 8 Maart 2020 Stephan Briel
Lees: 2 Sam 11:1-27. Fokus: 2 Sam 11:1-5. Die ontstaan en oorwinning van wellus. 1. Ontstaan van wellus. Desensitisering. Rus en ontspanning. Verkeerde plek op die verkeerde tyd. Rasionalisasie. Degenerasie(egbreuk, leuens en moord). 2. Oorwinning van wellus. Bedink wat waar is in Jesus Christus. Vlug van versoekings. Gemeenskap van gelowiges
2020-03-25
36 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 15 Maart 2020 Stephan Briel
Lees: Jak 4:1-10 en Rom 7:15-25. Fokus: Jak 4:7. Bevryding van sondige gewoontes deur jouself aan God te onderwerp. Belydenis van sondes en vergifnis is die eerste stap om jouself onder die beheer van God te bring. Dit is ook waar die meeste van ons stop, maar dit is nie al nie. Om net met God saam te stem dat wat jy doen is verkeerd, los nie jou verslawing aan ‘n spesifieke sonde op nie. Jy het jou sonde voor God bely en jy glo dat God jou vergewe twv sy Seun Jesus Christus, maar jy is nog st...
2020-03-25
32 min
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Sondag 22 Maart 2020 Stephan Briel
Preek van Sondag 22 Maart 2020 by Bergbron Gereformeerde Kerk deur Stephan Briel. Teks 1 Petrus 5: 1-11.
2020-03-25
42 min