podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Izak Du Plessis
Shows
Nuuspod
Is Cyril se einde nou naby?
Ek praat met Carien du Plessis en Gert van der Westhuizen oor Cyril Ramaphosa se toekoms nav die naweek se provinsiale leiersverkiesing in KZN.
2022-07-25
37 min
Nuuspod
Wat gemaak as die ANC weer wen?
Izak gesels met Connie Mulder, Leon Wessels en Helen Zille oor wat ons gaan maak as die ANC weer wen in 2024
2022-07-17
58 min
Nuuspod
Tim groet na halfeeu (wel, amper) in die media
Tim du Plessis, een van die bekendste name in joernalistiek, groet die mediawêreld finaal na byna 'n halfeeu in die bedryf. Izak du Plessis het met hom gesels oor sy tyd in die bedryf, hoe hy oor die ANC voel en wat Parkinsons aan hom en sy gesinslewe doen.
2022-07-05
57 min
Nuuspod
Cyril se kierangs moet braai!
Izak gesels met Carl Niehaus oor Cyril se gesteelde miljoene
2022-06-11
56 min
Nuuspod
Natuurlik kan Capexit werk
Capexit: Izak du Plessis in gesprek met Dr. Corné Mulder
2022-05-25
35 min
Nuuspod
Albert, die troetelby
In 'n lekker Voelgoed Vrydag onderhoud, gesels Izak met Sonja Els wat op Facebook bekend geword het omdat sy 'n by versorg.
2022-05-20
12 min
Nuuspod
My skuif na Afriforum
Izak gesels met die bekende joernalis, Barry Bateman oor skuif na Afriforum se private vervolgingseenheid, waar hy nou saam adv. Gerrie Nel gaan werk
2022-05-02
12 min
Nuuspod
Só red jy 'n staat wat misluk
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging het die afgelope naweek in Rapport geskryf dat Suid-Afrikaners kan saamwerk ter wille van die land, al stem hulle nie noodwending oor alles saam nie. Izak het met hom gesels hieroor en ook oor sy stellings oor 'n rewolusie van die rykes
2022-04-25
23 min
Nuuspod
So verkwis ministers geld op kos en drank
Ministers en ander staatsamptenare het in drie jaar meer as R1.4 miljard bestee aan spyseniering, verblyf en vermaak. Izak het met Dr. Leon Schreiber, DA-LP en woordvoerder oor staatsdiens en administrasie hieroor gesels
2022-04-25
16 min
Nuuspod
Gee vir ons weer 'n wit regering!
Peter Marais, die bekende Kaapse politikus, het onlangs 'n knuppel in die hoenderhok gegooi toe hy op Facebook gesê het Suid-Afrika moet weer 'n wit regering kry, al is dit net vir 'n jaar. Izak het met gesels om meer lig hierop te werp.
2022-04-22
31 min
Nuuspod
Die ateïs met Jesus in haar hart
Izak gesels met Tersia du Plessis oor godsdiens, sekulariteit en ander geloofsvraagstukke.
2022-02-21
35 min
Nuuspod
Slaggate: Moet die staat betaal vir sterftes?
Izak hoor by Shando Theron, 'n prokureur van Johannesburg of die staat verantwoordelik gehou kan vir die sterftes as gevolg van die haglike toestand van Suid--Afrika se paaie
2022-02-15
18 min
Nuuspod
Kan Cyril sy staatsrede oorleef?
Izak gesels met professor André Duvenhage van Noordwes Universiteit oor president Cyril Ramaphosa se opspraakwekkende staatsrede, en wat die gevolge daarvan kan weea
2022-02-14
33 min
Nuuspod
Whoopi, Bouchi en ander "rassiste"
Izak gesels met professor Kobus Kok oor wokeness, kanselleerkulteer en meer
2022-02-09
33 min
Nuuspod
Inentings: Dis nie net van afdank nie
Izak gesels met Daleen Frey, 'n arbeidsregprokureur van Nelspruit oor die onlangse saak by die KVBA waar die afdanking van 'n werknemer wat nie wou inent teen Covid-19 nie, gehandhaaf is.
2022-01-28
16 min
Nuuspod
Vat jou geld landuit: Nou!
Izak gesels met die bekende ekonoom, Mike Schussler. Sy gevoel is dat beste advies is om jou geld uit die land te vat, en om dit so gou moontlik te doen.
2022-01-25
26 min
Nuuspod
Ja, Cyril jok vir Zondo
Professor André Duvenhage, 'n politieke ontleder aan Noortwes Universiteit, gesels met Izak oor die onmoontlike posisie waarin Cyril Ramaphose homself bevind en die effek daarvan op die Zondo kommissie
2022-01-24
32 min
Nuuspod
SAPD: Jou een-stop wapenwinkel vir bendes
Izak gesels met Ian Cameron van Action Society en Firearms.co.za oor die situasie met vuurwapens in die SAPD
2022-01-20
22 min
Nuuspod
Basta met verpligte inentings!
Izak gesels met Connie Mulder van Solidariteit oor hulle 4 hofsake teen verpligte inentings
2022-01-19
22 min
Nuuspod
Die Broeders was g'n kaders nie!
Izak praat met Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond oor die stuk wat Gwen Ngwenya geskryf het oor die Broederbond wat na bewering ook maar kaders was.
2022-01-18
23 min
Nuuspod
Oekraïne: Wat is Putin se storie?
Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, gesels met Izak oor wat nou eintlik agter Vladimir Putin van Rusland se skuiwe op die grens van Oekraïne sit.
2022-01-14
30 min
Nuuspod
Die toekoms van Rapport
Izak praat met Inge Kühne, nuwe redakteur van Rapport oor die toekoms van die koerant.
2021-12-21
24 min
Nuuspod
Mpho Phalatse: The EFF's gift to Jozi
Izak du Plessis of Nuuspod talks to to Mpho Phalatse, new mayor of the Johannesburg Metro, after the EFF and ActionSA decided to vote against the ANC in favour of the DA mayor.
2021-11-26
21 min
Nuuspod
Eskom: Geen toekoms sonder steenkool nie
Ten spyte van lofwaardige pogings onder die leierskap van André de Ruyter, wil dit lyk of Eskom regtig 'n dooie perd is met geen kans op herlewing nie. Die talle probleme wat die kragvoorsiener ervaar laat 'n mens wonder of daar nog 'n plek is vir Eskom. Maar wat doen 'n mens sonder die nutsmaatskappy. Anders as SAL bly dit 'n noodsaaklikheid. Izak het vir Dawie Roodt gevra of hy 'n toekoms vir Eskom sien?
2021-11-20
22 min
Nuuspod
Los die stem uit!
Die Stem as deel van die volkslied is weer in die spervuur na Julius Malema van die EFF geëis het dat dit verwyder moet word en met iets anders in Afrikaans vervang word. Om die kroon te span op mense se verontwaardiging hieroor, het die politieke kommentator, Max du Pree, vir Malema gelyk gegee tydens die program Praat Saam op RSG. Talle bruin luisteraars het hierop gereageer en daarop aanspraak gemaak dat hulle identifisering met die Afrikaanse deel van die volkslied nie geminag moet word nie. Izak du Plessis praat met die voorsitter van die DAK Netwerk, Danie van Wyk...
2021-11-20
36 min
Nuuspod
Ekonomiese groei wag na die verkiesing
Izak gesels met die bekende ekonoom, Roelof Botha. Hy is baie positief oor vooruitsigte vir die ekonomie onder nuwe koalisieregerings na die verkiesing.
2021-11-11
29 min
Nuuspod
Gee terug ons geld Mike!
Izak gesels met Lizette Taljaard oor haar ondervinding met die bekende Mike Bolhuis
2021-11-03
39 min
Nuuspod
Alita du Plessis: Entrepreneur van die Jaar 2021 Finalis
Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Alita du Plessis het Purple Carrot begin om te voorsien in die vraag na juweliersware wat nie allergiese reaksies veroorsaak nie, en voorsien vandag 'n reeks hoë gehalte juweliersware van vlekvrye staal spesifiek hiervoor.Nuuspod gesels met al die finaliste van die Afriforum Akademia Entrepreneur van die Jaar 2021 kompetisie. Alita du Plessis het Purple Carrot begin om te voorsien in die vraag na juweliersware wat nie allergiese reaksies veroorsaak nie, en voorsien vandag 'n reeks hoë gehalte juweliersware van vlekvrye staal spesifiek hiervoor.
2021-10-25
12 min
Nuuspod
Kan SA politici konflik hanteer?
Nuuspod gesels met die konflikspesialis Andre Vlok. Hy het 'n artikel oor konflikhantering deur Suid-Afrikaanse politici geskryf en Izak hoor by hom hoe raak konflik tussen politici die algemene gemoed.
2021-10-25
22 min
Nuuspod
Wat jy moet weet oor lewensdekking
Izak vra vir Corné Welman wat jy alles moet weet oor lewensdekking
2021-10-23
13 min
Nuuspod
So wil ons die ANC laat val
Izak gesels met John Steenhuisen oor die DA se vooruitsigte in die munisipale verkiesings later vanjaar
2021-09-30
17 min
Nuuspod
Ivermektien het nog niemand doodgemaak nie, sê wetenskaplike.
Izak gesels met prof. Colleen Aldous, 'n gesondheidsorgwetenskaplike aan die Universiteit van Kwazulu Natal. Benewens die onderhoud, het sy ook 'n baie interessante artikel geskryf waarin sy Dr Marthinus Viljoen se argumente teen die gebruik van Ivermektien bespreek. Die artikel kan op ons webtuiste gelees word
2021-09-23
25 min
Nuuspod
Ons regstelsel is g'n lendelam nie, sê oudregter Kriegler
Die integriteit van die regstelsel word die afgelope tyd bevraagteken na die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die verkiesingsdatum, asook die gebeure rondom oudpresident Jacob Zuma se tronkstraf. Helen Zille van die DA sê die regbank is lankal gekaap, en Tim du Plessis skryf in Rapport dat die stelsel lendelam is. Maar oudregter Kriegler sê hoewel daar tekortkominge is, is die SA regstelsel nog gesond.
2021-09-23
25 min
Nuuspod
Ek het my werk verloor: Wat nou van my pensioen?
Ons begin 'n nuwe reeks op Nuuspod se gereelde Geldsake rubriek, waarin ons fokus op aftrede. Hierdie week gesels Izak en Corné Welman oor wat jy moet doen met jou pensioen as jy jou werk verloor het. LET WEL: Hierdie rubriek is slegs ter inligting en kan onder geen omstandighede gesien word as regs- of finansiële advies nie. Nader 'n regspraktisyn of finansiële adviseur as jy raad of advies nodig het.
2021-09-17
14 min
Nuuspod
Mag ons skepties wees oor Zuma parool?
Izak gesels met dr. Llewelyn Curlewis oor oud-president Jacob Zuma se mediese parool
2021-09-07
14 min
Nuuspod
Zuma stuur liefde en groete
Mzwanele Manyi, woordvoerder van die Jacob Zuma Foundation, gesels met Izak oor voormalige president Zuma se omstrede mediese parool
2021-09-07
35 min
Nuuspod
Ek wil Kaapstad bevry van beurtkrag
Izak gesels met Geordin Hill-Lewis, die DA se nuwe burgermeesterskandidaat. Hy sê hy is 'n trotse Suid-Afrikaner wat nie alleen Kaapstad nie, maar die hele Suid-Afrika wil suksesvol maak. Sy ambisie is om misdaad te bestry, armoede te beveg en Kaapstad te bevry van die tirannie van Eskom se beurtkrag debakel.
2021-09-06
37 min
Nuuspod
Dominee verkrag dominee
Izak gesels met ds. June Dolley Major, 'n dominee in die Anglikaanse kerk wat verkrag is deur 'n mede-leraar. Ons plaas hierdie aangrypende onderhoud weer na aanleiding van die hofuitspraak hierdie week waarin sy toegelaat word om die naam van haar verkragter bekend te maak.
2021-09-05
37 min
Nuuspod
En vergewe ons ons mistastings en bewaar ons van die virus...
Die virus het ons onmenslikheid kom blootlê, soos ‘n sinkgat wat oornag verskyn op die pad na Bapsfontein. Van daardie eerste oomblik af na die afkondiging van die inperkingsmaatreëls in Maart 2020, het daar ‘n ekstra byt bygekom in die manier hoe ons met mekaar omgaan en verskil. Izak lug sy mening oor die verdeeldheid in ons samelewing
2021-08-18
15 min
Nuuspod
Wat jy moet weet oor trusts
In die nuutste uitgawe van Nuuspod se gereelde Geldsake rubriek, gesels Izak met Corné Welman oor trusts. Sy verduidelik watter soort trusts jy kry, wie trusts kan gebruik en wanneer jy 'n trust nodig sal hê. Sy vertel ook hoe trusts bestuur word en hoe begunstigdes kan kry wat hulle toekom en teen misbruik beskerm kan word. LET WEL: Hierdie rubriek is slegs ter inligting en kan onder geen omstandighede gesien word as regs- of finansiële advies nie. Nader 'n regspraktisyn of finansiële adviseur as jy raad of advies nodig het.
2021-08-13
23 min
Nuuspod
Skud op as jy aan die Spar Women's Virtual Challenge wil deelneem.
Izak gesels met die bekende sanger, fotograaf en grimeerkunstenaar Willem Botha. Hy vertel ons meer oor die Spar Women's Virtual Challenge waarby hy al die afgelope agt jaar betrokke is.
2021-08-13
05 min
Nuuspod
Suid-Afrika sal moet skik met Zuma ter wille van gemoedsrus
Izak gesels met Dr. Llewelyn Curlewis oor die nuutste, opspraakwekkende verwikkelinge in die Zuma hofsaak. Hy reken Zuma se gevorderde ouderdom en bewese vertragingstaktieke, maak dat dit belangrik is om 'n pleitooreenkoms en skikking aan te gaan, anders is daar 'n goeie kans dat geregtigheid nie gaan plaasvind nie.
2021-08-12
22 min
Nuuspod
Izak gesels met Charné Bosman oor die Spar Virtual Challenge
Izak hoor by Charne Bosman, 'n handelsmerk ambassadeur vir Spar, oor wat die Spar Virtual Challenge alles behels
2021-08-08
08 min
Nuuspod
Van polisieman na prokureur omdat hy nie bevordering kry nie.
Izak gesels met Joos Engelbrecht oor sy inspirerende lewensverhaal. Na meer as 20 jaar se vergeefse hoop op bevordering in die SA Polisiediens, het Joos op amper 50 besluit om 'n prokureur te word. Vandag is hy 'n toegelate prokureur
2021-08-08
17 min
Nuuspod
Waar in die wêreld is David Mabuza?
Izak praat met die parlementêre verslaggewer Jan-Jan Joubert oor waar David Mabuza deesdae is na hy Rusland toe is vir medies behandeling
2021-08-08
12 min
Nuuspod
Kaptein Brandt: Die onderneming wat losgebreek het uit die kettings van inperking.
Izak praat met Sakkie van Rooyen van Kaptein Brandt faam. Hy vertel hoe hulle besigheid gegroei het tot die inperking verlede jaar omdat hy besluit het dit gaan hom nie onderkry nie. Die gesprek behoort 'n inspirasie te wees vir elkeen wat wonder of 'n mens 'n nuwe lewe uit bykans onmoontlike omstandighede kan skep.
2021-08-08
20 min
Nuuspod
Nuuspod praat met Leonie Marques, stigter en eienaar van Studiemeester
In ons reeks oor Entrepreneurs, praat Izak met Leonie Marques. Sy het Studiemeester begin nadat sy haar kind opsommings help maak het. Vandag is dit 'n florerende besigheid en 'n leier op die gebied
2021-08-08
15 min
Nuuspod
Help! My finansies is beroerd!
In die eerste aflewering van die nuwe Nuuspod Geldsake segment, gesels Izak en Corné Welman oor die impak van die COVID-19 pandemie op mense se finansies. Besighede het toegemaak, duisende mense het hulle werk verloor en daar is nie rerig enige vooruitsigte dat dinge gou gaan verbeter nie. In hierdie ongewone tye moet moeilike finansiële keuses gemaak word, wat langtermyn gevolge kan hê. Corné gesels oor wat jou opsies is en hoe om te werk te gaan om dit te implementeer.
2021-08-08
24 min
Nuuspod
Izak praat met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteitsbeweging
Nuuspod praat met die hoof van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, oor hoe hy die huidige stand van Suid-Afrikaanse politiek beskou. Ons praat oor selfsorg, federasies, vervalle infrastruktuur, gevalle staat en wat hy verwag in die munisipale verkiesings in Oktober gaan gebeur.
2021-08-08
34 min
Nuuspod
No political party is worthy of my money - Izak talks to Magda Wierzycka
Nuuspod talks to the chairperson of Sygnia, Magda Wierzycka about corporate corruption, and her criticism of Elon Musk's Bitcoin exercise.
2021-08-08
40 min
Nuuspod
Die DA is g'n rassisties nie
Nuuspod praat met Tim du Plessis oor die toekoms van die DA
2020-09-10
14 min
Nuuspod
Wie is Ace Magashule?
Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word.
2020-09-03
40 min
Nuuspod
Sal die ANC skeur?
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule voor die integriteitskomitee verskyn. Die president, wat volgens alle aanduidings ‘n beleërde man op die oomblik is, het die noodwendige reaksie vanuit die party met sy brief ontlok. Eers het Tony Yengeni hom sommer blatant gevra om self opsy te staan, soos wat hy ander partylede aanbeveel het. En oudpresident Jacob...
2020-08-29
27 min
Nuuspod
Net 'n bietjie privaatheid vir my dogtertjie: Die drome van backyard dweller
Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere. Een daarvan is werkloosheid en ’n tekort aan behuising. Die gevolg is onwettige grondbesettings en ander vorme van onwettige behuising. Beloftes van behuising deur die staat realiseer ook nou al jare lank nie. Mense sonder heenkome word dus net meer en die armoede al hoe groter. Nuuspod het Cloetesville in Stellenbosch besoek om self te si...
2020-08-26
15 min
Nuuspod
Die ANC wankel, maar Cyril is sterker as wat baie dink - in gesprek met prof Dirk Kotzé
As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die hashtag VoetsekANC begin versprei het. Suid-Afrikaners is ook verontwaardig oor die gebrek van optrede deur president Cyril Ramaphosa. Nuuspod het in die lig hiervan aan prof. Dirk Kotze, politieke ontleder aan Unisa, gevra of die party probleme het.
2020-08-25
32 min
Nuuspod
Die Wes-Kaap is net 'n paradys vir die wat ryk en/wit is - 'n gesprek oor ongelykhede en armoede met Quinton Adams
Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot jy dieper begin krap. Arm woonbuurte lyk nie soos ander woonbuurte in die Kaap nie. Inteendeel, hier heers dieselfde soort verval, slaggate, strate wat riviere van riool is, huise wat oorstroom word deur riool. Dit laat sommige mense meen die Wes-Kaap bestaan uit enklawes wat net vir r...
2020-08-23
40 min
Nuuspod
Nou gaan die twak eers spat!
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan Nuuspod gesê die verbod het ’n reeds wankelende stryd teen smokkelhandel verder verdiep, met nuwe rolspelers wat tot die kryt toegetree het.
2020-08-20
44 min
Nuuspod
CapeXit is 'n poep teen die Suidooster
In die tweede deel van ons gesprek oor CapeXit, praat Nuuspod met die grondwetkenner prof Pierre de Vos oor die vraag of afstigting van die Wes-Kaap moontlik is.
2020-08-17
09 min
Nuuspod
So kan CapeXit n werklikheid word
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan.
2020-08-16
22 min
Nuuspod
Cyril het nie genoeg guts om homself te red nie
Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale Ekonomiese Transformasie voorstaan, selfs met die EFF saamwerk om van Ramaphosa ontslae te raak. Die politieke ontleder prof. André Duvenhage, het drie maande gelede iets soortgelyk gesê, maar sy ontleding is nie positief ontvang nie. Nuuspod het in die lig van Lagardien se artikel met Duvenhage gepraat en aan hom gevra h...
2020-08-13
22 min
Nuuspod
Die sielkundige impak van korrupsie - in gesprek met prof Erwin Schwella
In die derde deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met prof Erwin Schwella oor die sielkundige impak van korrupsie op individue en die groter samelewing,
2020-08-11
20 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 19
Volk Jou Ook vat n breek tot 3 Oktober
2020-08-08
2h 05
Nuuspod
Die praktyk van korrupsie - in gesprek met oudbrigadier Stef Grobler
In die tweede deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met oudbrigadier Stef Grobler, voormalige hoof van die polisie se teenkorrupsie-eenheid.
2020-08-07
32 min
Nuuspod
Die siel van korrupsie - In gesprek met prof Piet Naudé
Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat.
2020-08-06
24 min
Nuuspod
Nuusbril 2 Augustus 2020 met Marlene van Staden, Juaneé Cilliers en Liela Groenwald
Maatskaplike toelaes, korrupsie, die jagverbod, wapenlisensies, natuurverskynsels en skole is op die spyskaar vir Nuusbril se paneel kundiges. Prof Juaneé Cilliers, Marlene van Staden en dr Liela Groenewald is die gaste.
2020-08-02
44 min
Nuuspod
Barnard Beukman: So lyk nuwe toekoms vir nuusmedia
Die redakteur van Beeld, Barnard Beukman, het aan Nuuspod verduidelik hoe die toekoms van nuusmedia lyk in die lig van talle publikasies se sluiting.
2020-08-02
27 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 18
Sommer net n Lekker klomp Afrikaanse songs. Volk Jou Ook episode 3, Suid Afrikaanse (en bietjie internasionale) blues, is aan die einde hiervan aangeheg.
2020-08-01
3h 02
Nuuspod
Facebook trek vermeende plaasaanvaller en moordenaar na ses jaar vas.
’n Voortvlugtende plaasaanvaller en vermeende moordenaar is vasgetrek, ses jaar na die moord van Christine Robinson naby Thabazimbi. Dit volg na ’n suksesvolle FB-veldtog om die Zimbabwiër wat vir jare vrylik in en uit SA beweeg het, vas te trek. Die onafhanklike gemeenskapsveiligheidskenner Ian Cameron het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
2020-07-31
06 min
Nuuspod
In gesprek met John Steenhuisen
Die DA het sy nasionale kongres as 'n aanlyn kongres vir 31 Oktober geskeduleer. Nuuspod het in die lig hiervan met die leier van die party, John Steenhuisen gepraat en aan hom gevra hoe so 'n kongres sal werk. Hy laat hom ook uit oor Helen Zille, plaasaanvalle, BLM en die ANC se swak hantering van Covid19
2020-07-28
29 min
Nuuspod
Winkelwerknemer verjaag vrou omdat sy Covid19 gehad het
Toe Cindy Kruger (’n skuilnaam) van Alberton ’n week of drie gelede negatief getoets het na haar stryd met Covid19, het sy gedink sy is gesond. Wat sy inderdaad was, maar sy moes vinnig uitvind dat mense se persepsie oor die virus nie noodwendig ooreenstem met die feite nie. Sy is op Vrydag 24 Jullie gevra om die Spar in Brackenhurst, Alberton te verlaat omdat sy klante ongemaklik maak. Sy het aan Nuuspod vertel wat met haar gebeur het.
2020-07-27
06 min
Nuuspod
Pastoor vertel hoe Joost se broer kerkaanval fnuik
'n Groep gewapende mans het vanoggend probeer om 'n kerk in Centurion te beroof. Pastoor Kobus Erasmus wat die diens gelei het, vertel wat gebeur het.
2020-07-26
05 min
Nuuspod
Nuusbril 26 Julie met Jody Hendricks en Christo van der Rheede
In die uitgawe van Nuusbril bespreek Christo van der Rheede en Jody Hendricks BLM, Plaasaanvalle, korrupsie, die sluiting van skole.
2020-07-26
44 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 17
Bietjie Oor die die restaurant en wyn industrie hierdie week
2020-07-25
3h 24
Nuuspod
Oom Andries (82) speel bekfluitjie na Covid19
Die 82-jarige oom Andries Truter van Huis Mostertshoek op Wolseley in die Wes-Kaap, is die week genees van Covid19. Hy word beskryf as die bejaardetehuis se eerste oorwinnaar van die siekte. Nuuspod het met hom en sy versorger Karin Lintvelt Klopper gepraat. Luister tot die einde om te hoor hoe oom Andries uit pure dankbaarheid bekfluitjie speel.
2020-07-22
12 min
Nuuspod
Skaapskandeerder wys onvrugbare boervrou is swanger
Marlize Burger van die plaas Eureka tussen Wepener en Hobhouse was vir jare lank onvrugbaar. Net toe hulle hoop verloor het op die moontlikheid dat sy swanger kan raak, toe kry sy die grootste verrassing van haar lewe deur middel van 'n skaapskandeerder. Nuuspod het aan haar gevra wat gebeur het.
2020-07-22
11 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 16
In n bejaarde oomblik het ek hierdie week my hand gebreek of erg verstuit. Ek het begin met Volk Jou Ook 16 maar na 4 songs was dit bietjie erg vir die rekenaar werk. Ek het daarna toe maar die heel Eerste Volk Jou Ook van 16 weke gelede opgelaai wat nog nie voorheen op Nuuspod beskikbaar was nie. Ons gedenk vandag wat Piet Botha se verjaardag sou wees. Daar is ook n lekker onderhoud met Anton Goosen wat aansluit by die vrystelling van sy biografie laas week saam met Hanlie Retief.
2020-07-18
2h 07
Nuuspod
Anton Goosen oor dood, geloof en liefde.
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Nuuspod het 'n paar persoonlike vrae aan Anton gestel.
2020-07-17
28 min
Nuuspod
Koes vir misdaadkurwe se piek!
'n Vlaag van geweldsmisdade teister Suid-Afrikaners die laaste tyd landwyd. Nuuspod het aan prof Rudolph Zinn van Unisa gevra of dit erger gaan raak en waarom daar soveel geweld by die jongste voorvalle betrokke is.
2020-07-13
17 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 15
Volk Jou Ook 15 het weer n klomp vars Suid Afrikaanse musiek. Die program is hierdie week ongelukkig so bietjie korter danksy ESKOM se beurtkrag, met trots geborg deur die ANC, Suid Afrika se mees suksesvolle demokratiese party die afgelope 26 jaar.
2020-07-11
1h 22
Nuuspod
Steun plaasaanvalle, dan steun ek BLM, sê Boeta Dippenaar aan Lungi Ngidi
Die oud-Proteakrieketspeler Boeta Dippenaar sê om BLM of enige ander kwessie met die nasionale te span te vereenselwig is ‘’n gevaarlike tendens. Dippenaar en ander oudspelers soos Rudi Steyn en Pat Symcox het hulle op sosiale media uitgelaat nadat die naatbouler Lungi Ngidi vandeesweek gesê het hy glo BLM-gesprekke sal in die Protea-kamp gevoer word. Die oudspelers sê boere moet ook ondersteuning kry en dat dit lyk of Ngidi sy standpunt op die span afdwing. Nuuspod het aan Dippenaar gevra hoe hy oor die saak dink.
2020-07-10
08 min
Nuuspod
Gauteng se 1,5 miljoen grafte is korrupsie, sê begrafnisondernemers
’n Sweer van grootskaalse bedrog landwyd in die begrafnisbedryf is moontlik die teelaarde van 1,5 miljoen grafte wat in Gauteng gegrawe word. Dit is die mening van Johan Rousseau, die hoof van die sambreelliggaam vir onafhanklike begrafnisondernemers, Fira. Nuuspod het aan Rousseau gevra of soveel grafte regtig nodig is.
2020-07-09
09 min
Nuuspod
Liedjie gedenk driejarige plaasmoordslagoffer Willemientjie
In Desember 2010 het ses plaasaanvallers die driejarige Willemientjie Potgieter en haar ma Wilna koelbloedig op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat doodgeskiet. Willemientjie se pa Attie is wreedaardig met ’n tuinvurk vermoor. Vandag is Willemientjie een van die simbole van wat genoem word ’n aanslag op boere. Die sanger Piet Plagiaat het ’n liedjie ter nagedagtenis aan Willemientjie geskryf en Nuuspod speel dit te midde van ’n nuwe vlaag aanvalle op boere in die laaste tyd.
2020-07-08
06 min
Nuuspod
Bendegeweld eis kinderlewens op Kaapse Vlakte
Kinders is die slagoffers van ’n hernieude vlaag van bendegeweld op die Kaapse Vlakte. In een van die jongste voorvalle is ’n sewentienjarige seun dood na hy en ’n vriend in kruisvuur tussen twee bendes beland het. Nathaniel Abrahams van Bonteheuwel is dood weens skietwonde aan sy kop. Volgens berigte is ’n elfjarige seun gewond tydens ’n soortgelyke voorval in Manenberg. Ander voorvalle is ook in Leonsdale en ander dele van die Kaapse Vlakte aangemeld. Nuuspod het met die DA wykraadslid, Angus McKenzie hieroor gepraat. Fotokrediet: Wanted in Africa
2020-07-06
08 min
Nuuspod
Nog 'n vrou sterf weens plaasaanval
'n Vrou (44) van Grootvlei in Gauteng is dood en haar man wreed aangerand tydens 'n plaasaanval op Grootvlei in Gauteng. Hulle bejaarde moeder is ook tydens die aanval beseer. Marius Muller van Afriforum het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
2020-07-06
04 min
Nuuspod
Swanger vrou wreed tydens plaasaanval op Weenen vermoor.
'n Swanger vrou is tydens 'n plaasaanval op Weenen in die vroeë oggendure van 5 Julie vermoor. Annette Steyn van die DA vertel wat het gebeur.
2020-07-05
03 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 14
Volk Jou Ook Episode 14 saam met Eckard Potgieter. Luister na goeie Suid Afrikaanse en veral Suid Afrikaanse musiek.
2020-07-04
1h 56
Nuuspod
Honderde olifante in Botswana vrek onverklaarbaar
Die Britse liefdadigheidsorganisasie National Park Rescue sê hulle het sowat 350 olifantkarkasse van die begin van Mei af in die Okavango Delta in Botswana opgespoor. Volgens dr Niall McCann van die organisasie is die vrektes in Seronga onverklaarbaar. Intussen het die regering van Botswana ‘n verklaring uitgereik om te sê die getal is eintlik sowat 100 vrektes minder en dat hulle monsters van die karkasse geneem het om ondersoek in te stel na die vrektes. Meer as dit wil die regering nie bekendmaak nie. Nuuspod het aan André Botha van die Bedreigde Wildlewetrust gevra of hy iets meer weet
2020-07-03
08 min
Nuuspod
Diabeet vertel hoe hy Covid19 oorwin
Frans Pretorius, 'n diabeet van Roodepoort in Gauteng, is die week uit die hospitaal ontslaan na hy Covid19 opgedoen het. Nuuspod het aan hom gevra hoe hy nou voel.
2020-07-03
12 min
Nuuspod
#WhiteJesusmustfall
Standbeelde van Jesus as ‘n wit man is ‘n vorm van wit meerderwaardigheid. Dit is die mening van die Amerikaanse Black Lives Matter aktivis Shaun King. King wil hê die standbeelde moet soos ander standbeelde wat met slawerny en rassisme verbind word, moet ook vernietig of verwyder word. King het die uitlatings op verskeie twiets oor geskiedkundige monumente gemaak. Die monumente is op die oomblik die fokuspunt van talle Amerikaners se toorn oor rassisme in Amerika wat vlam gevat het na die dood van George Floyd. King het die twiets opgevolg met ‘n verklaring dat Jesus ‘n leuen is wat aange...
2020-06-30
26 min
Nuuspod
Boer praat na wrede plaasaanval
Wimpie du Toit, die boer van Petrusburg wat die afgelope naweek wreed aangeval is, sê die meeste mense is eintlik goed Hy het aan Nuuspod vertel dat hy nog steeds hoop het vir die land,
2020-06-29
10 min
Nuuspod
Plaasaanvalle ontplof, maar boere slaan terug
Plaasaanvalle het die afgelope drie weke ontplof, en die ergste lê nog voor. Nuuspod het met Ian Cameron van Afriforum, Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus en Annette Steyn van die DA hieroor gepraat.
2020-06-29
07 min
Nuuspod
Boer vertel hoe hy plaasaanvallers in sy adamspak laat les opsê
David Osborne, 'n boer van Percy Fyfe naby Polokwane het die afgelope naweek plaasaanvallers laat les opsê. Hy het aan Nuuspod vertel hoe hy dit gedoen het
2020-06-29
05 min
Nuuspod
Nuusbril 28 Junie met Marlene van Staden, Michael le Cordeur en Willie Spies
Plaasaanvalle, bendegeweld op die Kaapse Vlakte, die rookverbod, Leon Schuster en Helen Zille is van die sake wat deur vandeesweek se paneel bespreek word.
2020-06-28
34 min
Nuuspod
Wrede plaasaanval ruk Petrusburg
Frans du Toit vertel aan Nuuspod hoe sy ma en broer wreed aangeval is.
2020-06-27
11 min
Nuuspod
Volk Jou Ook 13
Volk Jou Ook het nou 'n permanente tuiste gekry op Nuuspod. Dit sal elke Saterdag verskyn met goeie Suid Afrikaanse en veral Afrikaanse musiek en Eckard Potgieter se opinie oor nuusgebeure van die afgelope week. Hierdie week se program is so net oor n uur lank maar van volgende week af sal dit die volle 2 ure duur.
2020-06-27
1h 01
Nuuspod
Begrafnisondernemers hanteer minder begrafnisse as verlede jaar, sê Fira
Die verteenwoordigende begrafnisorganisasie Fira sê daar is minder sterftes as verlede jaar die tyd ten spyte van Covid19. Johan Rousseau praat met Nuuspod.
2020-06-26
11 min
Nuuspod
Leon Schuster: Ek is nie 'n rassis nie
Showmax se onttrekking van Leon Schuster se flieks, onder druk van die #BlackLivesMatter beweging, het die fliekwêreld geskud. Schuster vertel in 'n openhartige onderhoud met Nuuspod hoe hy hieroor voel.
2020-06-22
14 min
Nuuspod
Losing Lerato wen internasionaal
Die fliek Losing Lerato se draaiboek is tydens die Ramsgate Internasionale Filmfees bekroon as beste draaiboek. Nuuspod het die draaiboekskrywer Ricardo Arendse gevra om kommentaar te lewer op die groot toekenning.
2020-06-21
03 min
PM Live on SAfm
Arts and Culture: We profile Boereverneukers author Izak Du Plessis
SAfm — Time now for our Arts and Culture literature feature. Today we focus on a book written by RSG producer and presenter, Izak Du Plessis. Titled Boereverneukers, the book tells the stories of fourteen notorious Afrikaans con men which include Adriaan Nieuwoudt, the man behind Kubus, the rotten milk pyramid scheme that took South Africa by storm in the early 1980s. Tsepiso Makwetla spoke to Izak Du Plessis
2017-09-20
10 min
WAT Met Willim Welsyn Podcast
Episode 99. - Izak du Plessis
Izak du Plessis is ’n bekroonde joernalis, radio-omproeper en daai bekende stem wat jy elke weeksoggend kan hoor tussen 6:00 en 8:00 op RSG se gewilde nuusprogram Monitor. In ’n baie emosionele gesprek onthul Izak aan Willim hoe sy kinderdae, die ambivalente herrineringe van sy pa, die einde van ’n huwelik en sy stormagtige bedanking as ’n teologies verdwaalde predikant hom gelei het tot ’n loopbaan in radio en joernalistiek. Willim maak ook ’n groot aankondiging.
2017-03-09
00 min