Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Lelanie Du Preez

Shows

Van die spoor afVan die spoor afDie konklusie, of dalk nie?Ons seisoen kom tot 'n eienaardige konklusie op 'n trein rit wat 'n snaakse draai vat. Dit los almal met vraagtekens oor wat die toekoms kan inhou. Lelanie en JW dink terug aan die laaste 8 episodes, bespreek die hoogtepunte, laagtepunt, onbeantwoorde vrae en wat die punt van dit alles was.2024-07-291h 07Van die spoor afVan die spoor afKaaskoekkletsiesGebak of gestol, ‘n kaaskoek ontlok altyd diepste geheime en wyshede. JW en Lelanie gesels oor die rol van ouderdom in kultuurkronkels en onthul die portrette wat hulle van mekaar gemaak het, met opwindende skaterlag.2024-05-061h 10Van die spoor afVan die spoor afOopkyktydKuns, invloedrykes en modegiere. JW en Lelanie lewer hulle mening oor die sikluse aard van die heelal en die feit dat niks nuut is nie. Dit terwyl daar blinkertjies op hulle lippe is.2024-04-081h 06Van die spoor afVan die spoor afTussen Vloere en BestemmingsNa 'n lekker lang vakansie ontmoet JW en Lelanie mekaar vir 'n koppie Seattle koffie in ongevalle by die Hospitaal 'Stray-Grown Memorial'. Hulle delf diep in die emosie en filosofie van vriendskap, afskeid, ondersteuning en die skoene wat Meredith in die eerste reeks van Grey's Anatomy gedra het.2024-03-111h 03Van die spoor afVan die spoor afNet jy kry 'n mugIn die laaste episode voor Kersfees, verras JW en Lelanie hulle gehoor met geskenke eg aan die chaos wat net Van Die Spoor af kan opdis. Lelanie delf diep in die sportspel van "The Bachelor" en JW lees die eerste hoofstuk van Jwanie se nuwe boek. Maar wag tot die einde om te sien watse verrassing Jwanie vir JW en Lelanie weggesteek het.2023-12-041h 10Van die spoor afVan die spoor afSink of swem?Kampvuurpraatjies oor realiteitsprogramme en natuurverskynsels lei na die onvermydelike kronkelpadjies waarin JW en Lelanie telkens afdraai. Dit dwing Jwanie om in te gryp en die onderwerp te verander met 'n fiktiewe teks wat voorgelees word asof dié twee weer oudisie vir Survivor en FliekNet Foendies.2023-11-201h 10Van die spoor afVan die spoor afLate Night met JW en LelanieEpisode 3 is die tipe laatnagvermaak waarvan JW en Lelanie nog altyd droom - 'n Talk Show! Jwanie verras die twee met 'n verskeidenheid insetsels, geïnspireer deur hulle gunsteling programme. Hulle verwelkom ook vir die eerste keer 'n LIVE Studio Audience!2023-11-141h 05Van die spoor afVan die spoor afNet 'n teorieDis dou voor dag en JW en Lelanie is voor die lens. Die twee probeer hul heel bes om, in opdrag van hulle vervaardiger, so vroeg gefokus te wees terwyl hulle 90's cartoons en hulle daaglikse roetines bespreek. Kwantum meganika, allelopatie, sekondêre metaboliete en 'n splinternuwe instagram account.2023-10-231h 05Van die spoor afVan die spoor afA lil' bit JwanieMet die loods van Reeks 4, word JW en Lelanie met 'n nuwe karakter gekonfronteer, wat dinge effens meer gestruktureer laat geskied. Hulle herhinner mekaar aan die oorsprong van @vandiespooraf, maar in getroue opregtheid, bly hulle steeds wie hulle is.Spesiale bedanking aan FKN MAN Podcast vir die gebruik van sy PodMicshttps://www.instagram.com/fknman_official2023-10-091h 02Van die spoor afVan die spoor afSeisoen 4 - Ons is op die podiumVoor Reeks 4 van @vandiespooraf loods, deel JW en Lelanie hulle opwinding oor die nuwe formaat en lewer hulle insigte oor dié nuwe trajek 🚂 🚀2023-10-0207 minVan die spoor afVan die spoor afDie begin van 'n nuwe avontuurIn die laaste episode van die derde reeks bespreek JW en Lelanie die toekoms van die podcast, die nuwe normaal na covid, Wes Anderson se ikoniese styl en nog vele meer!2023-07-101h 14Van die spoor afVan die spoor afTrouvideos, alweerNadat Lelanie 'n trou video klaar gemaak het bespreek die vriende weer die ins and outs van trou videos, hoekom Lelanie dit nog doen en JW deel insig oor hoekom hy van haar werk hou.2023-07-031h 07Van die spoor afVan die spoor afJW en Lelanie seil terug na hulle kleintyd.In 'n staal bootjie in die buurt waar hul beide groot geword het, delf JW en Lelanie by hul vroeë skooljare in. Hulle bespreek Bella is Dead, 'n kortfilm, en kontempleer die betekenis agter dáárdie hoed.2023-04-1758 minVan die spoor afVan die spoor afGoing back West saam met Bernice en JannesJW en Lelanie gesels met pasgetroudes, Bernice West en Jannes Erasmus. Van Boney M en Brümilda van Rensburg, tot die oorsprong van enkelsnitte en die teaterwêreld. 2023-04-101h 06Van die spoor afVan die spoor afTrump tweet vir JW en Lelanie kyk The Bachelor.JW vertel van die keer toe Trump hom getweet het, Lelanie delf in die The Bachelor sports in en hulle kontempleer hoe die podcast sal lyk as hulle 'n AI producer het.2023-03-2048 minVan die spoor afVan die spoor afTaylor, Taylor, altyd TaylorJW en Lelanie kontempleer die nuwe Taylor Swift album asook hoe sy haar styl verander het sedert Lockdown.2023-03-131h 03Van die spoor afVan die spoor afJimmy Fallon, Trevor Noah and Hurricane Ian walk in to a barLelanie is terug na 'n avontuur om die aarde en vertel van Jimmy Fallon, Trevor Noah en hoe dit was om tydens Hurricane Ian in Florida te wees. Jw deel met ons hoe dit voel om nou draatjies te he.2023-03-061h 16Van die spoor afVan die spoor afDuck, Duck, Golden GooseJW en Lelanie kuier by die eienaar van die kunswinkel Golden Goose se Brooklyn tak en praat alle dinge kuns, Lelanie se tinder netwerk en hoe is dit almal dieselfde mensen ken.2023-02-2735 minVan die spoor afVan die spoor afK@k fancy saam die Mevrou (van Mevrou & co)JW en Lelanie praat met die Mevrou van Mevrou & co oor hoe sy haar beroemde brand op die been hou, hulle geskiedenis en aan die einde is daar ietsie spesiaal vir ons luisteraars... Luister mooi!2022-11-3054 minVan die spoor afVan die spoor afBome, bosluise en liefde.Op 'n naweek wegbreek verras Michelle vir Lelanie deur haar 'n groot vraag te vra. JW speel cameraman so tussen deur die brei en ons vertel die verhaal van die weidste Airbnb host ooit.2022-10-2647 minVan die spoor afVan die spoor afMichelle hou nie van kameras nieLelanie se meisie, Michelle, sit uiteindelik ordentelik in op die gesprek, al is sy skaam vir die kamera. Die drie praat oor hulle aspiraries, dromen en waarheen hulle lewens oppad is.2022-08-0227 minVan die spoor afVan die spoor afWaai land? ThailandJw vertel ons van sy toer Thailand toe en beide JW en Lelanie delf in die Doha lughawe se sekruiteit in.2022-07-201h 29Van die spoor afVan die spoor afEk hou van jou Fnor?Na amper 'n maand se rondtoer tussen die twee van hulle, vang JW en Lelanie op met wat sy en Michelle in Ierland gemaak het en JW kry 'n spesiale geskenk vanuit Dublin.2022-06-2556 minVan die spoor afVan die spoor afKaapstadNa 'n lang rus, het Lelanie en JW mekaar per toeval in Kaapstad gekry en in die moederstad besluit om seizoen 3 af te kop 2022-06-0649 minVan die spoor afVan die spoor afMet 'n asempie in die agtergrondTussen seisoene het JW by Lelanie en Michelle gaan kuier, hulle praat twak soos altyd, maar vandaag is daar 'n 'live in studio audience'.2022-05-0347 minVan die spoor afVan die spoor afRetrospeksie, die Afrikaanse kultuur en boodskappe van ons luisteraarsOp ons laaste episode van seisoen 2 lees ons boodskappe van ons grootste fans, reflekteer oor die laaste 2 jaar en bevraagteken die huidige toestand van die Afrikaanse media in ons land.2022-02-031h 32Van die spoor afVan die spoor afKom ons eet cupcakes en huil, want JW verjaar.Op vandag se episode loop die trane hoog. JW verjaar en geskenke word uitgedeel, ons eet 'n paar cupcakes, maar die tol van amper 3 jaar in lockdown vat sy eis as ons diep in ons emosionele welstand indelf.2022-01-281h 17Van die spoor afVan die spoor afEverything is awesome, when you have lego...JW raak opgewonde oor Lelanie se nuwe obsessie met Lego en hulle bespreek hoe Lelanie se nuwe huis 15 mins van alles af is. Aan die diepkant bespreek hulle hoe 2021 eintlik erger was as 2020.2021-12-151h 14Van die spoor afVan die spoor afMnr & Mej WaterkloofIn vandag se epsiode sit JW en Lelanie by Doppio, Castle Gate en Jw vertel van sy avontuur as beoordeelaar van Mnr & Mej Waterkloof. Lelanie delf in haar nuwe verhouding in en ons deel belangrike inligting oor wat om te doen as die polisie jou aftrek.2021-12-091h 19Van die spoor afVan die spoor afDiepte in vida e caffèLelanie en JW drink 'n koppie koffie by Lynnwood brigde se Vida terwyl hulle bespreek hoe die grendelstaat studente moet beinvloed, Lelanie se nuwe verhouding asook die keer toe sy op 'n date was sonder dat sy dit geweet het. JW kontempleer die skaamte en skande wat in ons kultuur ingeboor is.2021-10-221h 06Van die spoor afVan die spoor afStereotipes, verhoudings en EgoliMet die eerste episode opgeneem in Lelanie se nuwe flat kontempleer die twee alweer oor verhoudings, stereotipes, die filmbedryf in Suid Afrika en die verwerping wat ons beleef het as kinders in die afrikaanse evangelistiese kerk.2021-10-081h 24Van die spoor afVan die spoor afJohannesburg is 'n snaakse plek en Lelanie glo sy is uniek .Met die eerste episode opgeneem in Lelanie se nuwe flat kontempleer die twee alweer oor verhoudings, die filmbedryf in Suid Afrika en die verwerping wat ons beleef het as kinders in die afrikaanse evangelistiese kerk.2021-10-071h 24Van die spoor afVan die spoor afLelanie verjaar en JW kontempleer of hy 'n goeie vriend isMet die aankoms van Lelanie 29e (wink wink) lewensjaar, praat die twee oor radiodramas, Lelanie wat dagga gesmokkel het en oor wat dit regtig beteken om selfbewus te wees.2021-09-161h 18Van die spoor afVan die spoor af'n Zoom meeting, selfhelp boeke en geen geheimeTerwyl JW en Lelanie albei oor 'n verkoue probeer kom, bel die twee mekaar en kontempleer alweer politiek, JW se ongemak met hoe hy die letter 's' uitspreek en Lelanie se nuutgevond verslaafdheid aan 'n playstation.2021-09-101h 09Van die spoor afVan die spoor afMandela effek, Billie Eilish en hackers op social mediaNadat Lelanie se instagram asook haar facebook gehack in delf die twee in 'n gesprek oor crypto, die mandela effek en deel insig oor Billie Eilish se nuwe voorkoms asook haar dokumenter op apple.2021-06-2445 minVan die spoor afVan die spoor afTeeblare, messe en dronkies op trouesHierdie week deel JW sy liefde vir Lady Grey Tee, Lelanie die bloedige verhaal wat in 'n Johannesburg hospitaal afgespeel het en saam deel hulle insig oor hoe om konstruktief deur 'n breakup te gaan.2021-06-161h 01Van die spoor afVan die spoor afDie post breakup debriefNa Lelanie se hart verskeur is, deel sy en JW insig rondom verhoudings en al die moeilike dele van onsself wat ons nie noodwendig deel nie.2021-06-1059 minVan die spoor afVan die spoor afHillensberg House Cooling Deel 2Die laaste episode in die Hillensberg is 'n sombere byeenkoms waar JW en Lelanie afskeid neem van die tyd wat hulle saam kon spandeer in die berg. Hulle bespreek onder andere die konsep van reg en verkeerd, die free the nipple movement asook JW se liefde vir tee.2021-05-191h 01Van die spoor afVan die spoor afHillensberg House Cooling Deel 1In die laaste week in JW en Lelanie se tyd in die Hillensberg, drink die vriende 'n bottel 2013 Hermanuspietersfontein in Lelanie se woonstel terwyl hulle praat oor Golden Girls se tema liedjie, die Virgin koeldrank bottels van hul kinderjare en wonder bo wonder, alweer Hollywood.2021-05-121h 13Van die spoor afVan die spoor afNuwe jaar, selfde gesprekIn dié bonus episode reflekteer JW en Lelanie oor die jaarwending, terapie en breathwork, wyl hulle JW se tweede laaste bottel lockdownwyn geniet. Ons hoor ook telkens dat Lelanie se brein gebreek het net na ‘n skaamtelose gesmeek vir ‘n 5 ster gradering op jou podcast platform.2021-01-2500 minVan die spoor afVan die spoor af'n Van Die Spoor Af KersfeesOp die vooraand van Kersfees, bespreek JW en Lelanie hul familietradisies, nuwejaarvooruitsigte en tradisionele cold therapy. Luister enduit vir 'n opwindende aankondiging oor reeks twee!2020-12-221h 07Van die spoor afVan die spoor af'n Verjaarsdagpartyjie en 'n sielkundige afspraak.Na 'n oorsig van JW se verjaarsdag, delf JW en Lelanie diep in die oor romantisering van verhoudinge en JW spog met sy nuwe laptop.2020-12-081h 10Van die spoor afVan die spoor afAmerica Votes: A Running Political Commentary JW en Lelanie gee vir byna ‘n uur lank voor dat hulle goed gegronde menings en analises aangaande die 2020 Amerikaanse Verkiesing gevorm het. Hierdie episode is opgeneem terwyl hulle na die regstreekse uitsending van die resultate gekyk het. Die onderwerp het egter vir ‘n oomblik ontspoor na die ewigdurende SAL-gops, maar ook hoe lekker dit is om met hulle te vlieg.2020-11-051h 06Van die spoor afVan die spoor afHoekom herken ek jou sagte vluweel stemmetjie?Terwyl Lelanie sleg voel oor vriendskappe wat doodloop vertel JW van sy Contiki bruid en sy avonture in die ooste van Europa.2020-10-1356 minVan die spoor afVan die spoor afEen Café Mocha en ‘n Seattle Freeze met Kokosneut stroopTydens ‘n uitstappie na die plaaslike Seattle Coffee tel JW 'n wandelstaf op en Lelanie wonder oor die toekoms van haar besigheid. Die een probeer die ander oorreed dat hulle verder as die ander op kampus moes stap tussen klasse, waarna hulle Alanis Morisette, Dax Sheperd, Dullstroom en Schitt's Creek bespreek.2020-10-0152 minVan die spoor afVan die spoor af‘n Facetime Reunie Met JW in isolasie en Lelanie uiteindelik terug in Pretoria, vang die vriende op oor die laaste maand se gebeurtenisse, hulle siening oor sosiale media en Lelanie vermoed JW het ‘n geheime lewe sonder haar.2020-09-2556 minVan die spoor afVan die spoor afPorkbush Gin? Dafuq?JW en Lelanie nooi vir Nina, een van die eienaars van Porkbush Gin, met die hoop om 'n bottel gratis te kry. Helaas! Al wat hulle gekry het is insigte oor die proses om 'n gin op die mark te kry.2020-09-1057 minVan die spoor afVan die spoor afLelanie leef vir die EnneagramLelanie dwing vir JW om ‘n persoonlikheidstoets te doen en poog om kop of stert uit te maak. JW raak liggies bekommerd omdat hy skielik net ‘n tiepe is.2020-09-0454 minVan die spoor afVan die spoor afMan's best friend‘n Ligsinnige versameling staaltjies oor JW en Lelanie se troeteldiere word vinnig gediversifiseer met vrae oor hoe mens ‘n professor word, watter sitcoms vroër moes doodloop en waarom JW se hemp na Blanche van die Golden Girls se muurpapier lyk.2020-08-271h 00Van die spoor afVan die spoor afSwipe right met Ernst van WykJW en Lelanie val onder die spel van akteur en skrywer Ernst van Wyk 'wyl hulle die wêreld van Tinder en Bumble bespreek. Ernst neem hulle op ‘n betowerende toer deur die Suid-Afrikaanse filmindustrie.2020-08-2051 minVan die spoor afVan die spoor afIewers in die verte huil 'n katIn die nuutste opname van 'n doellose gesprek, bespreek JW en Lelanie tantrums, gesegdes en wyshede wat kinders met hulle gedeel het, asook die flubber gediertes in Star Wars. Dit word vinnig deur introspeksie gevolg wanneer JW besef hy was erg arrogant in sy voogklas en Lelanie vir haar voog se skêr moes koes.2020-08-1356 minVan die spoor afVan die spoor afOuma en Oupa sit op die stoep.In vandag se gesprek, poog JW en Lelanie om agter die kap van die familiebyl te kom. Natuurlik ontspoor die gesprek en JW praat gans te veel oor kletsprogramme.2020-08-0756 minVan die spoor afVan die spoor afJW, Lelanie and Taylor Swift walk into a bar.In 'n klaarblyklike gefokusde poging, bespreek JW en Lelanie Taylor Swift se grensverskuiwende oombliklike album vrystelling - Folklore. Die gesprek ontspoor natuurlik en lei na 'n algemene bespreking oor die psige en atmosfeer in Hollywood, Coldplay se veelsydigheid en 947 se Anele Mdoda.2020-07-311h 05Van die spoor afVan die spoor afAangename kennis JW en LelanieVan Die Spoor Af is nie 'n podcast nie. Dis die dialoog van 'n nuutgevonde vriendskap tussen ou kennisse. Ons bespreek ons alledaagse doen en late midde die grendelstaat, vertel stories oor ons reise en dink té filosofies oor onbenullighede. Ons lag ook uitbundig elke nou en dan.2020-07-2741 min