Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Martelize Brink

Shows

DriesestigDriesestigThe Town’s House op MosselbaaiMartelize Brink gesels met Jessica van der Schyff by The Ttown’s House, die tweede oudste munisipale gebou op Mosselbaai. Deesdae word dit gebruik as afsetpunt vir plaaslike kunstenaars se produkte.2025-02-0504 minDriesestigDriesestigÊrens oorsee 4 Februarie 2025Jacobus Diener vertel vir Martelize Brink van die lewe in Palapye, Botswana, waar hy ‘n dosent is. Hy vertel onder andere van mopaniwurms op die spyskaart, en die vieringe met die land se eerste gouemedalje by die 2024 Olimpiese Spele.2025-02-0409 minDriesestigDriesestigPositief ná kankerRonellé Foster gesels met Martelize Brink oor ‘n positiewe lewe nadat sy AML-leukemie oorleef het, en in remissie is. Sy het ‘n B+ (Be positive) projek en is die skrywer van KANKER HET MY LEWE GERED... VAN 'N DOODSBESTAAN.2025-02-0409 minDriesestigDriesestigGarnale (Shrimps en prawns)Marinekenner Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van garnale. In Afrikaans is almal garnale, maar in Engels is die grootes “prawns” en die kleintjies “shrimp”.2025-02-0314 minDriesestigDriesestigGraaff-Reinet se Drostdy HotelLuzaan Preston vertel vir Martelize Brink van die Drostdy Hotel op Graaff-Reinet, en die uitdagings om ‘n onderneming te bedryf in ‘n nasionale monument.2025-01-3005 minDriesestigDriesestigVrystaatse Marcussen-orrel herstelMarius Coetzee vertel vir Martelize Brink van die Vyfde Liesbeth Schlumberger Orrelstoel, die Marcussen-orrel by die Universiteit Vrystaat wat herstel, is en die internasionale orreliste wat daar te hoor is.2025-01-3008 minDriesestigDriesestigSA se vierde beste skool is op die Kaapse VlakteEdrees Alexander vertel vir Martelize Brink van Star College Bridgetown op die Kaapse Vlakte. Die skool het afgelope 25 jaar 100 % matriekslaagsyfer. Tans is die skool nommer 4 in die land, met 3,375 onderskeidings per matriekleerder.2025-01-2909 minDriesestigDriesestigÊrens oorsee 28 Januarie 2025Jannie Fourie vertel vir Martelize Brink van die lewe in Suid-Soedan, waar hy die parkbestuurder is by die Boma Nasionale Park.2025-01-2811 minDriesestigDriesestigGrootste byeenkoms in wêreldHelené van Tonder vertel vir Martelize Brink van die grootste saamtrek van mense wat tans in Indië plaasvind.2025-01-2208 minDriesestigDriesestigÊrens oorsee 21 Januarie 2025Anet Pienaar-Vosloo vertel vir Martelize Brink van die lewe in Chateau d’Villebouche naby Treignat in Frankryk.2025-01-2112 minDriesestigDriesestigIs jou tersiêre opleidingsinstelling wettig?Dr. Hendrik Botha vertel vir Martelize Brink hoe om seker te maak dat ‘n tersiêre opleidingsinstelling wettig is, en voldoen aan regulasies.2025-01-2108 minRSG DokumentêrRSG DokumentêrDIE VERDWYN VAN DIE AFRIKAPIKKEWYN deur Martelize BrinkVolgens sommige omgewingskundiges is dit nie meer ‘n vraag of die brilpikkewyn, ook bekend as die Afrikapikkewyn, sal uitsterf nie. Die pikkewyn, endemies tot Afrika, is krities bedreig. Met só min individuele voëls in die natuur, sal die bevolking funksioneel uitgesterf wees teen 2035. Martelize Brink besoek ‘n skuiling vir die brilpikkewyn; bespreek die druk waaronder die spesie tans probeer oorleef met verskeie wetenskaplikes; en vra die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing watter regulasies in plek is om die spesie te red. Sy praat ook met die Biodiversiteit Regsentrum oor hulle hofsaak teen die departement.2025-01-1624 minDriesestigDriesestigVeelsydige Willem BothaWillem Botha vertel vir Martelize Brink hoe sy loopbaan se verskillende bane oor tyd ontwikkel het.2025-01-1509 minDriesestigDriesestigSANCCOB se pikkewynrehabilitasieMartelize Brink het SANCCOB se rehabilitasiesentrum en skuiling vir pikkewyne besoek, waar Michelle Liebenberg, seniorrehabiliteerder, verduidelik watter pikkewyne permanent gehuisves word weens hulle beserings, en hoe lank die gerehabiliteerde pikkewyne moet kan swem voordat hulle in die natuur vrygelaat kan word.2025-01-1310 minDriesestigDriesestigLize Jonck se kunsMartelize Brink het op Groot Brakriver by kunstenaar Lize Jonck ingeloer, en gesels oor haar pad van die gasvryheidsbedryf tot kunstenaar.2025-01-0808 minDriesestigDriesestigÊrens oorsee 7 Januarie 2025Martelize Brink gesels met Petra Bainbridge oor haar lewe en werk op die Isle of Man.2025-01-0709 minDriesestigDriesestigJonk 19 Desember 2024Valpré Huisamen vertel vir Martelize Brink van vyf algemene aanvullings - Vitamien B12, Omega 3 vetsure, Kalsium, Yster en Vitamien D.2024-12-1910 minSkrywers en BoekeSkrywers en BoekeSkrywers en boeke Bonuspotgooi: Annelie BotesOntspan met drie van Annelie Botes se kortverhale en twee rubrieke, soos oor die jare voorgelees in KORTOM. Die volgende kortverhale kom uit haar bundel Trousseaukis: OP SOEK NA SKADUWEE, voorgelees deur Martelize Kolver; HUIS OP DIE MAAN, voorgelees deur Anna-Mart van der Merwe; SKRIF AAN DIE MUUR, voorgelees deur Jana Kruger; Riëlle Heine lees twee rubrieke ‘N LYS VAN TROUMANNE en ‘N VERPLIGTE VAK (uit die bundel Voetstoots).2024-12-181h 10DriesestigDriesestigLis(z)a se klavierLiza Joubert vertel vir Martelize Brink van haar kuiers met Koos Kombuis, wat gelei het tot sy lied, Lisa se klavier.2024-12-1812 minDriesestigDriesestigLandboubesproeiing - Deel 2Werner Booysen vertel vir Martelize Brink hoe effektief besproeiing in Suid-Afrika gedoen word. Meer as 60% van Suid-Afrika se watergebruik is vir landboudoeleindes. Dit neem 50 liter om ‘n lemoen te produseer en 70 liter vir ‘n appel.2024-12-1808 minDriesestigDriesestigLizelle van BersigMartelize Brink gesels met Lizelle Crous, eienaar van die plaas Bergsig in Mosselbaai en Mosselbaai Helikopters, oor haar man se erfenis, en haar drome vir die plaas.2024-12-1307 minDriesestigDriesestigBurre se droogtehulpBurre Burger vertel vir Martelize Brink van die droogte in die land, en sy ervaring met die droogtehulp wat sy organisasie bied.2024-12-1111 minDriesestigDriesestigGestremdes en geslagsgebaseerde geweldTherina Wentzel vertel vir Martelize Brink van die euwel van geslagsgebaseerde geweld in die gestremde gemeenskap, en die Nasionale Raad van en vir Mense met Gestremdhede se veldtogte.2024-12-1008 minDriesestigDriesestigWat verg dit om 'n heuningboer te wees?Hans Steenpoorte vertel vir Martelize Brink van heuningboerdery, heuning wat ryp is, en die invloed van reën op die heuningoes.2024-12-0910 minDriesestigDriesestigWatter kleur is ysbere se vel?Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van ysbere. Dié bere het swart velle, en die hare is deurskynend, maar reflekteer lig, wat dit wit laat voorkom.2024-12-0309 minDriesestigDriesestigMartelize vlieg in 'n helikopterMartelize Brink neem ‘n helikopterrit oor Bergsig Reservaat saam met Mosselbaai Helikopters. Sy gesels met die vlieenier DB du Plooy, en ‘n Duitse toeris.2024-12-0201 minDriesestigDriesestigÊrens oorsee 26 November 2024Nikki Crossan vertel vir Martelize Brink van die lewe en kos in Mexiko.2024-11-2609 minSpesiale uitsendingSpesiale uitsendingBakgat-proesessie 16Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met sjef Bertus Bassson en Haidee Muller-ISaacs die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.2024-10-3105 minSpesiale uitsendingSpesiale uitsendingBakgat-proesessie 12Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Armand Aucamp en Lizelle de Bruin die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.2024-10-3006 minSpesiale uitsendingSpesiale uitsendingBakgat-proesessie 8Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Johan Rademan en huiskok Errieda du Toit die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.2024-10-2911 minSpesiale uitsendingSpesiale uitsendingBakgat-proesessie 4Martelize Brink en Iganatius Vlok proe saam met aktrise Zenobia Kloppers en Kenneth Makatees van die SAUK in Kaapstad die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.2024-10-2808 minRSG DokumentêrRSG DokumentêrVLUG NA WAAR? VLUGTELINGE IN SUID-AFRIKA deur Martelize BrinkIn Desember 2023 was daar 1 334 174 asielsoekers en vlugtelinge in Suid-Afrika. Martelize Brink gee perspektief met verwysing na die internasionale konteks van vlugtelinge. Die fokus is op internasionale en plaaslike politiek, gemeenskapsorganisasies en die mense wat moes vlug. Hoe hervestig vlugtelinge hulleself, soms binne ‘n land waar hulle nie enige van die gebruikstale kan praat nie? (Die program bevat onstellende inhoud, en is nie geskik vir kinders of sensitiewe luisteraars nie. Met dank aan SABC Nuus en Al Jazeera vir nuusklank.)2024-09-0526 minKompasKompasKompas 26 Oktober 2022KRAGKAMP - Episode 7: Die laaste paar deelnemers kook die resep wat deur beoordelaar Martelize Brink gedeel word. Arehan Brand en Mar-li van der Merwe loer ook by Martelize in om te hoor hoe die deelnemers gevaar het. Die die deelnemers vertel wie hulle grootste teenstanders is.2022-10-2632 minRSG DokumentêrRSG DokumentêrAAN DIE KLOK deur Martelize BrinkSuid-Afrikaners stap verby hierdie strukture sonder kennis van die ware geskiedenis en rol wat dit in die destydse Kaap Kolonie en slawe se lewe gespeel het. Martelize Brink verken die slaweklokgeskiedenis van Suid-Afrika. Die verkenning van dié belangrike geskiedenis van Suid-Afrika word verweef met die verskeie spookstories en mitologie wat oor die jare van generasie tot generasie oorvertel is.2022-08-1825 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Gary Baumgarten Hy het vir 16 jaar by KWV, 16 jaar by Graham Beck en net meer as ‘n dekade by Antonij Rupert wyne, in die laboratorium gewerk, gehalte beheer toegepas, bande gesmee, produk ontwikkel en handelsmerke uitgebrei. Vandag in Martelize gesels met, kuier ek by Gary Baumgarten op L’ormarins buite Franschhoek in sy laaste maande voor hy as Algemene Bestuurder by Antonij Rupert Wyne uittree. Met trots geborg deur Amorim Cork. Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Gary Baumgarten appeared first on Martelize Brink. 2022-07-011h 07Martelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Kevin Arnold Vandag in Martelize gesels met… Amorim, die Portugese maatskappy wat al 40 jaar hul kurkproppe aan die Suid-Afrikaanse wynbedryf verskaf, is trots om geassosieer te wees met die land se voorste wynmakers. En die legende Kevin Arnold is beslis een van hulle. Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Kevin Arnold appeared first on Martelize Brink. 2022-05-1944 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Gebakte, gerookte pasta in ketelbraaiThe post Gebakte, gerookte pasta in ketelbraai appeared first on Martelize Brink.2022-05-1000 minRSG DokumentêrRSG Dokumentêr50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize BrinkDis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof dr. Malene le Roux en verskeie ander rolspelers wat oor die jare betrokke was by die kunste in Kaapstad.2022-02-1725 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Meerlust Vandag op Martelize gesels met kuier ek op die ikoniese plaas Meerlust. Die plaas is sedert 1756 die trots van die Myburgh familie. Ek gesels met Hannes Myburgh en ook oor Compagniesdrift met Ilse Ruthford. Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Meerlust appeared first on Martelize Brink. 2022-02-1746 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Günter Brözel Hy was vir 33 jaar die keldermeester by Nederburg en ‘n pioneer op verskeie vlakke in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Ek het die groot voorreg gehad om by Nederburg te gesels met Günter Brözel. Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Günter Brözel appeared first on Martelize Brink. 2022-02-091h 17RSG DokumentêrRSG DokumentêrDIE SAGTE REUS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF deur Martelize BrinkDuimpie Bayly - voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur - is in 2021 in die ouderdom van 81 oorlede. Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere Wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc van die Universiteit Stellenbosch, ‘n MSc van die Universiteit van Kalifornië en ‘n PMD van Harvard. Hy was een van die groot geeste wat ‘n daadwerklike bydrae tot die plaaslike wynbedryf gemaak het. Martelize Brink het twee maande voor sy dood, aan huis met hom oor sy lewe en loopbaan gesels.2022-02-0326 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Middelvlei Hulle het in 2019 hul 100ste bestaansjaar gevier. Vandag op Martelise gesels met kuier ek op die stoep by Middelvlei en is bevoorreg om met Oom Stiljan en seun Tinnie Momberg te gesels.  Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Middelvlei appeared first on Martelize Brink. 2022-01-3145 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Bennie Howard Hy het sy loopbaan in die uitsaaiwese begin waar hy ook die heel eerste Monitor op RSG en later die eerste krieketwedstryd in Xhosa uitgesaai het. Hy was ook een van die eerste 3 Kaapse Wynmeesters. Vandag op Martelize gesels met kuier ek met Bennie Howard by die Cullinan hotel om oor sy uitsaai en wynbedryf loopbane gesels. Ek vra omverskoning vir die agtergrond geraas by tye. Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Bennie Howard appeared first on Martelize Brink. 2022-01-2759 minKortomKortomKortom 25 Januarie 2022Martelize Kolver lees Emma Bekker se kortverhaal, VOËLVRY.2022-01-2515 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Martin Moore Na jare se ondervinding by KWV en Groot Constantia, het Martin Moore se loopbaan pad gelei tot ‘n splinternuwe onderneming in die laat 90’s en vandag een van die vooraanstaande wynhandelsmerke in Suid Afrika, Durbanville Hills. Transcription available on request: info@martelizebrink.co.za The post Wynlegendes – Martin Moore appeared first on Martelize Brink. 2022-01-1952 minVers en KlankVers en KlankVers en klank 21 Desember 2021Martelize Kolver lees van haar gunsteling gedigte deur Elisabeth Eybers voor. Eybers word deur Antjie Krog beskryf as "ons grootste digteres". Eybers kon soveel ervarings, emosies, nuanse, 'n hele lewe in woorde beskryf. Met die ontvangs van die Hertzogprys in 1971 sê Elisabeth Eybers: “Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hulle wesenlike verwantskap te bevestig.”2021-12-2126 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Pietman Retief ’n Legende agter die skerms. Vandag kuier ek by Pietman Retief by sy huis op sy tuisdorp Stellenbosch. Pietman vertel stories van onskatbare waarde oor die geskiedenis van die wyn en brandebedryf, sy rol by die Stellenbosch wynroete, stigting van die Brandewynstigting van SA, wyntoere na verskeie oorseese bestemmings en sy loopbaan by die Distillers Koorporasie wat in 1971 begin het. English transcription is available on request: info@martelizebrink.co.za. The post Wynlegendes – Pietman Retief appeared first on Martelize Brink. 2021-12-1550 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Tassenberg 10 miljoen liter word per jaar van die ikoniese wynhandelsmerk gemaak. 100de wyne word regdeur die jaar geproe om die versnit wat steeds Cinsault bevat te vervaardig. Ek gesels vandag met wynmaker Michelle Louw en wynkenner Bennie Howard oor Tassenberg en Koos Kombuis vertel van sy agtergrond met Tassies en sy herinneringe van daardie jare. English transcription is available on request: info@martelizebrink.co.za. The post Wynlegendes – Tassenberg appeared first on Martelize Brink. 2021-12-0843 minMartelize gesels met...Martelize gesels met...Wynlegendes – Chateau Libertas Vandag gesels ek oor nog ‘n wynlegende, Chateau Libertas. Vir die eerste keer vervaardig in 1932 ononderbroke elke jaar vrygestel. Ek gesels met wynmaker Bonny van Niekerk en wynkenner Dave Hughes. English transcription is available on request: info@martelizebrink.co.za. The post Wynlegendes – Chateau Libertas appeared first on Martelize Brink. 2021-12-0127 minWellington-Oos Gemeente PodcastWellington-Oos Gemeente PodcastMidweek Bidstop #69 - Johannes 6:1-15 (8 September 2021)Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons oordink vandag ons vierde tema in ons 40 Dae reeks – die geloofsgewoonte van omgee. Ons teks is Johannes 6:1-15, die vermeerdering van die brood. Neem die geleentheid en word vir ’n oomblik stil met die wete dat God jou nou, daar waar jy is, ontmoet. Hy is teenwoordig – by jou en in jou. _________________ Musiek: Trac...2021-09-0709 minRSG DokumentêrRSG DokumentêrIN DIE GEES OM TE GEE deur Martelize BrinkWie is die vrywilligers van ons pragtige en gekompliseerde land? Met die sosio-ekonomiese uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, wie tree na vore en spring in wanneer bronne te kort skiet? Martelize Brink vind uit wat mense motiveer om van hulleself te gee, en hoe organisasies ‘n sukses van vrywilligersprogramme kan maak.2021-08-1927 minLeigh-Anne WilliamsLeigh-Anne WilliamsSABC Disability 360: Martelize BrinkIn celebration of Women's Day, Leigh-Anne Williams chats to multi-talented radio host at RSG, MC and motivational speaker, Martelize Brink. She shares more about her personal journey with her disability and how she has continued to be a trailblazer in her field of work. 2021-08-0910 minHey, sound guy! PodcastHey, sound guy! PodcastHey, Sound Guy! Martelize BrinkIn this episode I am chatting to a South African Radio host and Producer, we met in an elevator in the Standard Hotel on Hollywood Boulevard in Los Angeles when I was on tour with James McCartney, we started chatting and she invited me to do an interview with her. It was a lot of fun and I have been thinking to invite her to do an episode since I started my podcast and in a way she was an inspiration. She has a 2nd cook book coming out soon and looking at the delicious food she makes, I...2021-04-121h 13Vers en KlankVers en KlankVers en klank 23 Maart 2021Martelize Kolver lees gedigte voor uit Susan van Zyl se debuutbundel Sporofoor. Vir Susan grens misterie, soos ook humor, aan die absurde en dit is hierdie realiteit waarbinne spore uitgewys word wat deur die geskiedenis van die mensdom getrap is. En waar daar vanuit hierdie perspektief gekyk kan word na hedendaagse, poëties gestruktureerde, reddingsboeie.2021-03-2321 minReis sonder grenseReis sonder grenseJan Braai se gunsteling braaibroodjieJan Braai gesels met Martelize oor sy gunsteling braaibroodjie en braaimetode, en verduidelik hoe hy ‘n braaibroodjie maak sodat jy nie slaai by jou braai hoef te bedien nie.2021-03-2007 minReis sonder grenseReis sonder grenseAartappels - gesondheid uit die grond uitMartelize Brink gee een van haar gunsteling aartappelresepte.2021-02-1304 minReis sonder grenseReis sonder grenseVarkvleissnitteMartelize Brink hoor by Marieta Human van die Varkvleis Produsente-organisasie van Suid-Afrika van die verskillende varkvleissnitte vir die braai of potjie.2020-12-0506 minRadioteaterRadioteaterLIEFDE IS 'N ROOS deur Tennessee WilliamsSerafina Delle Rose is ‘n Italiaanse Amerikaner en ‘n passievolle, wispelturige, middeljarige vrou wat hard probeer om haar dogter volgens die Katolieke geloof groot te maak. Hulle woon in Mississippi, maar ná die afsterwe van haar man, besluit sy om haarself af te sonder. Sy verwag Dat haar dogter ook die luike dig moet sluit en nie enige verhoudings moet aanknoop nie. Maar dan ontlok ‘n man met ‘n tatoeëermerk ‘n rits herinneringe. Anna-Mart vertolk die rol van Serafina, met Frieda van den Heever as haar dogter in hierdie argiefdrama. Die ander spelers in die sterbelaaide rolverdeling sluit in Stian Bam, M...2020-11-191h 11Reis sonder grenseReis sonder grenseSjef Chris se aartappelslaaiElke braai kort ‘n heerlike bygereg. Vandag is dit die ikoniese aartappelslaai. Martelize Brink gesels met sjef Chris Erasmus van Foliage oor sy gunsteling aartappelslaai-resep. Hy gee raad vir die aartappel gaarmaakproses en maak sy geheime bestanddeel bekend.2020-11-1405 minKortomKortomKortom 3 November 2020Martelize Kolver lees Riana Scheepers se kortverhaal, BOEK.2020-11-0321 minReis sonder grenseReis sonder grenseIan du Toit se ketelbraai-varkliesMartelize Brink gesels met Ian du Toit oor 'n varklies wat hy in 'n ketelbraai omtower in 'n vingerleklekker dis.2020-08-2909 minReis sonder grenseReis sonder grenseJan Bek se beesstertresepMartelize brink praat met Ben Momberg oor sy oom, Jan “Bek” Momberg, wat elke Oujaarsaand beesstert gemaak het op Struisbaai.2020-08-1510 minVers en KlankVers en KlankVers en klank 11 Februarie 2020Dis Vrouemaand, en in Augustus luister ons na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit die bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Jy kan uitsien na gedigte deur Marlise Joubert, Lina Spies, Rosa Keet, Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Joan Hambidge, Ronel Nel, Antjie Krog, Riana Scheepers en Olga Kirsch. Martelize Kolver is die voorleser.2020-08-1125 minReis sonder grenseReis sonder grenseEmile Joubert se afvalresepMartelize Brink gesels met kommunikasiekonsultant, skrywer en kos- en wynkenner Emile Joubert oor afval.2020-06-0609 minReis sonder grenseReis sonder grenseSnoekbraaiMartelize Brink braai snoek saam met Emile Joubert.2020-05-2307 minReis sonder grenseReis sonder grenseIsabella Niehaus van Duinhuis se mosselpotMartelize Brink gesels met Isabella Niehaus van Duinhuis in Langebaan oor watter seekos nou volop is in die Kaap, en die geur, tekstuur en volhoubaarheid van mossels. Sy gee 'n resep vir 'n mosselpot met klappermelk oor die kole.2020-05-0907 minVers en KlankVers en KlankVers en Klank 5 Mei 2020Luister na gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit Grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Elisabeth Eybers, Ilse van Staden, Antjie Krog, Ina Rousseau en Loftus Marais. Die voorlesers is June van Merch, Anrich Herbst, Martelize Kolver, Cintaine Schutte, Roeline Daneel, Johann Nel en Elsabe Daneel.2020-05-0527 minReis sonder grenseReis sonder grenseReis sonder grenseHuiskok Errieda du Toit gee vir Martelize 'n resep vir 'n slaai met bruinrys en kerriesous.2020-04-0407 minVers en KlankVers en KlankVers en Klank 25 Februarie 2020Martelize Kolver lees gedigte met die tema, DIGTERS IN GESPREK MET HEILIGES. Mense wat, in Adam Small se woorde, deurdrenk is van ware menslikheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Koos van der Merwe, Johann de Lange, Sheila Cussons, I.L. de Villiers, N.P. van Wyk Louw, Ina Rousseau, Tom Gouws, Clinton V. du Plessis en Mellet Moll.2020-02-2529 minRSG DokumentêrRSG DokumentêrSO RY DIE TREIN deur Martelize BrinkNá drie jaar en verskeie vertragings is die eerste deel van Kaapstad se treinroete na Eersterivier op 13 Februarie 1862 geopen. Martelize Brink kyk na die afgelope 158 jaar van treindienste in die Wes-Kaap - van die eerste klein platform wat as treinstasie gedien het, die groot opwinding van die 2010 Sokkerwêreldbeker, lojale pendelaars van die noordelike en suidelike roetes wat na die treindrywers omsien, tot die toekoms van die treindiens in onseker tye. Hoor ook die verhaal van Enjin nommer 9 wat liefdevol bekend gestaan het as Blackie, en uiteindelik sy rusplek in die voorportaal van die stasie gevind het.2020-02-2026 minKortomKortomKortomMartelize Kolver lees Dot Serfontein se kortverhaal, BETHESDA.2019-12-2419 minExploring PossibilityExploring PossibilityThe Secret To Happiness Has To Do With The War On Comfort Zones with Martelize Brink - 004Martelize woke up one morning with pain in her legs. Doctors suspected a virus, infection or inflammation in her spinal cord and this left her paralyzed. This all happened by the age of 14. Martelize has been in a wheelchair for over 20 years due to this illness she experienced as a teen. Through her seemingly discomforting situation, she felt complete freedom and joy and chose to look at life through the lens of optimism. In 2012 she started the Pink Penguin project in support of charities that challenge her outside of her comfort zone. Via this channel she’s undertaken a nu...2019-09-1653 minVers en KlankVers en KlankVers en KlankOns luister na gedigte oor VADERS. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie.2019-06-1134 minKortomKortomKortomMartelize Kolver lees Annelie Botes se kortverhaal OP SOEK NA 'N SKADUWEE.2019-03-1218 minVers en KlankVers en KlankVers en KlankIn VERS EN KLANK is ons tans in 'n reeks waarin ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik en die gedigte rondom die betrokke tema laat sentreer. Hierdie week luister ons na gedigte oor godsdiens van T.T. Cloete, Coenie de Villiers, George Louw, Loftus Marais, Fourie Botha, Charl-Pierre Naude, Susan Smith, Kobus Lombard en Churchil Naude. Martelize Kolver is die voorleser.2018-11-2726 minKortomKortomKortomMartelize Kolver lees se Riana Scheepers se kortverhaal DIE LEKKERSTE BEGRAFNIS IN JARE.2018-09-0413 minVers en KlankVers en KlankVers en KlankMartelize Kolver lees verse van Jeanne Goosen uit haar bundel ELDERS AAN DIENS.2018-08-2818 minRSG DokumentêrRSG DokumentêrSIYABONGA SUSTER CHRISNA, SIYABONGA deur Martelize BrinkSuster Chrisna du Plessis het 16 jaar gelede iemand buite 'n kliniek gesien op die grond lê, wat besig was om te sterf weens MIV/VIGS-komplikasies. Sy het daar en dan besluit dat daar 'n plek in haar gemeenskap moet wees waar mense in nood kan aanklop om hulp. Sy het toe die Siyabonga Care Village op Vredenburg op die been vebring. Dit is 'n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, 'n tuiste vir gestremdes, 'n skool vir gestremde kinders, en bied palliatiewe dienste aan pasiënte in die laaste dae van hulle lewe. Martelize Brink het suster Chrisna gaan ontmoet.2018-08-0925 minLeefwêreld van die GestremdeLeefwêreld van die GestremdeLeefwêreld van die gestremdeFanie du Toit kyk na die werk wat die SA Alliansie vir Gestremdes doen. En Martelize Brink praat met kliniese sielkundige Nicky Abdinor, wat sonder arms gebore is, se leefwêreld en die gemeenskapsorganisasie wat sy gestig het, Nicky's Drive.2018-07-0124 min2018: Skrywersfees2018: SkrywersfeesIZAK DU PLESSIS: BOEREVERNEUKERS!In gesprek met: Martelize Brink. Aangebied deur Penguin Random House. RSG se Izak vertel vir Martelize meer van sy heerlike versameling Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het, en waar hy hulle almal raakgelees het. Van die karakters is minder bekend; ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf.2018-03-2152 minTaaldingeTaaldingeDie tale wat ons praatMartelize Brink en die taalfoendies gesels oor onder meer die betekenis van koloratuur, die gedurige verwarring met is en was, wat 'n stilveiling is, en wat die oorsprong van die woord hoeka is.2018-03-1719 minGeestesgesondheidGeestesgesondheidGeestesgesondheidLaurie Greyvenstein vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe mediasie gebruik word as 'n alternatiewe manier van geskiloplossing.2017-11-2837 min2017: Skrywersfees2017: SkrywersfeesE KOTZE: SOETLOOPAangebied deur NB-Uitgewers Sussie Kotze keer na haar geliefde Weskus terug, maar dié slag is dit die Weskus
van die vroeë 20e eeu. Sy vertel vir
RSG se Martelize Brink van Klein Kattie, die kinderoppasser wat by vername mense ’n fyner lewe leer ken totdat sy ’n onbesonne huwelik aangaan.2017-03-1145 minVers en KlankVers en Klank6 DecMartelize Kolver lees verse oor die liefde.2016-12-0621 minKortomKortom#126Martelize Kolver lees Jeanne Goosen se kortverhaal LEMOENE.2016-12-0611 minVers en KlankVers en Klank4 OctMartelize Kolver lees verse van Jeanne Goosen.2016-10-0422 minReis sonder grenseReis sonder grenseReis sonder grenseJohan Rothman vertel vir Martelize Brink van sy voortgesette RAMSAR-Vleiland ontdekkings in Botswana en Namibië.2016-09-2409 minRSG DokumentêrRSG Dokumentêr’N BESOEK AAN DIE ELSIESRIVIER DAGHOSPITAAL deur Martelize BrinkHulle bedien 'n gebied met 'n bevolking van 90,000 mense. Die 123 personeellede van die Elsiesrivier Daghospitaal het 'n groot taak om aan die gemeenskap se mediese behoeftes te voorsien. Die hospitaal is al langer as 40 jaar 'n baken van hoop vir mense wat mediese hulp benodig. Martelize Brink vertel van die lief en leed van die personeel van die daghospitaal en die mense van Elsiesrivier en omliggende gebiede wat die hospitaal besoek.2016-09-1528 minVers en KlankVers en Klank14 Jun 2016Hilda Smits, die meisie van Potchefstroom wat nou Psigoterapie in die VSA studeer, het die Afrikaanse digkuns met 'n subtiele en soepel hand getref. Martelize Kolver lees verse voor uit Smit se debuutbundel die bome reusagtig soos ons was. Hierdie verse verlei en verlok.2016-06-1422 minReis sonder grenseReis sonder grenseReis sonder grenseMartelize Brink het onlangs Tanzanie besoek en Johan Rademan het met haar gesels oor haar wortels in Arusha.2016-05-2810 minWAT Met Willim Welsyn PodcastWAT Met Willim Welsyn PodcastEpisode 36. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel2In die tweede Best Of section spoeg en plak Willim vir jou al sy gunsteling brokkies interviews aanmekaar van uit episodes 11 tot 20 en hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites. Flashback interview nuggets Kobus de Kock Jnr., AJ Graham, Riku Lätti, Hunter Kennedy, Martelize Brink, Henry Jack Cloete, Schalk Bezuidenhout, Jacques du Plessis, Albert Maritz en Louis Nel. Dis kersfees. Geseënde kersfees aan al die WAT Luisteraars.2015-12-2400 minRSG KunstefeesRSG KunstefeesRSG KunstefeesEen van Afrikaans se mees omstrede skrywers, 'n vernuwer en verskuiwer van literêre grense – wyle Koos Prinsloo – het in 1982 gedebuteer. Andre Kotze het die titelverhaal van “Die Jonksmanskas” as 'n radiodrama verwerk. Dit is 'n uitsonderlike verhaal van konflik – tussen geslagte, gender, etniese groepe en veral die stryd binne een mens. Met Wessel Pretorius, Lida Botha, Martelize Kolver, Leon Kruger, Roeline Daneel, Esther von Waltsleben, Geon Nel & Piet Beyers. Regie: Joanie Combrink2015-11-1950 minRSG KunstefeesRSG KunstefeesRSG KunstefeesEen van Afrikaans se mees omstrede skrywers, 'n vernuwer en verskuiwer van literêre grense – wyle Koos Prinsloo – het in 1982 gedebuteer. Andre Kotze het die titelverhaal van “Die Jonksmanskas” as 'n radiodrama verwerk. Dit is 'n uitsonderlike verhaal van konflik – tussen geslagte, gender, etniese groepe en veral die stryd binne een mens. Met Wessel Pretorius, Lida Botha, Martelize Kolver, Leon Kruger, Roeline Daneel, Esther von Waltsleben, Geon Nel & Piet Beyers. Regie: Joanie Combrink2015-11-1950 minWAT Met Willim Welsyn PodcastWAT Met Willim Welsyn PodcastEpisode 16. - Martelize BrinkMartelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor. Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het. Hulle gesels ook oor haar bedrywige buitemuursaktiwiteite, charity en mc-gigs, wat daar by RSG agter die skerms aan gaan en hoe daar niks sexy is omtrent ’n rolstoel ni...2015-08-1100 minVers en KlankVers en Klank3 Mar 2015Martelize Kolver lees verse uit Petra Müller se bundel OM DIE GEDAGTE VAN GEEL.2015-03-0321 minVers en KlankVers en Klank9 Sep 2014Martelize Kolver lees verse van Joan Hambidge.2014-09-0922 minKortomKortom#4Martelize Kolver lees Nini Bennet se kortverhaal BUS 7070.2014-07-2221 minVers en KlankVers en Klank18 Apr 2014Nic de Jager, Martelize Kolver en Dean Balie lees gedigte oor Christus se lydingsgeskiedenis.2014-04-1854 minGeestesgesondheidGeestesgesondheid6 Aug 2013Louis en Lise gesels oor die emosionele uitwerking wat ‘n miskraam of infertiliteit op ‘n vrou en haar gesin kan hê. Hulle gesels met Martelize van der Linde wat deur twee onsuksesvolle swangerskappe gegaan het, nooit kinders van haar eie kon kry nie en in die proses amper haar lewe verloor het.2013-08-0645 minVers en KlankVers en Klank16 Apr 2013Martelize Kolver lees vrolike verse met 'n skalkse glimlag.2013-04-1622 min