podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Marunelle En Janke
Shows
Hallo, Girlie
S2 Ep 5: Saambly voor jy trou?
Vir hierdie week se episode van die Hallo Girlie podcast, praat ons oor al die verskillende fases van "saam bly." Ons gaan gesels van jou gesin, na die oorgang in die koshuis, en later, die avontuur om 'n huis met jou vriende te deel. Ons kyk ook na die idee van saam woon voor jy trou, en wat om te doen as jou ouers nie saamstem dat jy en jou kêrel wil saamwoon nie. Plus, ons help een van ons luisteraars met haar dilemma! Moet nie die episode misloop nie.
2025-04-08
1h 05
Hallo, Girlie
S2 Ep4: Dis jou persoonlikheid
Ons was bietjie flakey... Lewe gebeur en ons gaan meer betroubaar wees okay :) In hierdie episode gesels die girlies oor die verskillende persoonlikheidstipes en hoe dit ons lewe beïnvloed. Arina deel haar insigte oor die Enneagram persoonlikheidstoets en hoe jy jouself beter kan verstaan. Maar moenie bekommerd wees nie, ons maak die gesprek lekker met ‘n grappige draai: ons klassifiseer die ouens as tipes honde! 🎧🐶 Lekker luister en kom leer saam met ons!
2025-03-25
57 min
Hallo, Girlie
S2 Ep3: Groener weivelde, homesick en salarisonderhandelinge
In hierdie week se episode gesels ons met Jodie. Sy het onlangs emigreer na Engeland saam haar man. Ons gesels oor warna hul verlang, uitsien en hoe om die homesick gevoel te hanteer. Ons help ook 'n mede Girlie met 'n salaris dilemma. Lekker luister!
2025-03-09
1h 00
Hallo, Girlie
S2 Ep2: Wit Olifant... Geldsake in jou 20s
S 2 Episode 2: In hierdie week se episode gesels ons met Reinhardt, 'n CIMA kerk in Kaapstad, wat sy passie vir beleggings en finansiële besluite met ons deel. Hy praat oor hoe belangrik dit is om finansies behoorlik te bestuur, selfs al klink dit dalk boring. Ons kyk na rooi vlae in verhouding spesifiek oor geld sake ,soos kompulsief koop en of jy en jou maat julle geld verstandig bestee. Ons bespreek die basiese beginsels van spaar, skuld, en hoe jy oor finansies met jou maat moet gesels. Goue les: jy gaan nie spyt wees as jy nou al begin s...
2025-02-25
44 min
Hallo, Girlie
S2 Ep 1: Hallo, Girlies ons is terug
In ons eerste episode van seisoen 2 is die Hallo, Girlie podcast terug! Ons bespreek alles van 'n lekker terugblik oor die jaar tot nou, en hoe ons opgewonde is oor die nuwe formaat en ander opwindend dinge! Hierdie week praat ons oor Valentyns dag, Galantines dag, en waarom dit so belangrik is om liefde aan jou geliefdes te wys. Ons gesels oor wat kerels en meisies vir Valentynsdag geskenke koop, en hoe sommige mense meer oorspronklik is as ander. Ook deel Janke haar ervaring van haar eerste Kersfees saam met haar kêrel. Ons lag lekker oor van al die s...
2025-02-17
44 min
Hallo, Girlie
Ep 17: TTFN (TATA FOR NOW)
In hierdie episode gesels die girlies oor die hoogte- en laagte punte van 2024 (for the plot!). Ons rangskik ook die beste dates, slegste dates, mooiste stories en snaaksste byname van 2024. Ons sluit af vir 2024 en sien julle volgende jaar vir 'n groter, beter en natuurlik chaotiese 2025. XOXO DIE GIRLIES
2024-11-08
43 min
Hallo, Girlie
Ep 16: Ons super sweet sixteen
In hierdie week se episode besin die girlies bietjie oor hoeveel tyd jy moet neem om oor 'n gebroke verhouding te kom, voordat jy met 'n nuwe een begin. Is dit moontlik om 'n formule daaraan te koppel? Verder gesels Maru en Janke oor moeilike onderwerpe, soos dating en body image, pretty privelege en die druk wat ons girlies daagliks ervaar, om aan die samelewing se standaarde te voldoen. Kom luister gerus saam!
2024-10-15
44 min
Hallo, Girlie
Ep 15: Botox of Notox?
In hierdie week se episode gesels die girlies oor mense se voorkeure wanneer dit by kosmetiese prosedures kom. Hoe voel mense regtig oor fillers en botox? Sou meer van ons dit gekry het as dit goedkoper was? Verder bespreek Janke en Marunelle twee dilemmas van mede-girlies: Mag 'n mens ooit jou vriendin se eks date, of is "girl-code" nie regtig 'n ding nie? Hoe moet mens maak wanneer jou roommate se kêrel net heeltyd by julle huis uithang en al jou warm water opgebruik? Al hierdie en n...
2024-10-08
51 min
Hallo, Girlie
Ep 14: Vir al die Frikkies
In hierdie week se episode gesels die girlies oor die unieke byname wat meisies vir ouens gee om "incognito" oor hulle te kan gesels (if you know... you know). Die girlies bespreek ook 'n slegte dating scenario waarin 'n luisteraar haarself bevind het toe 'n man geld by haar terugeis nadat sy die verhouding beëindig het, sodat sy hom kan "terugbetaal" vir al die dates waarop hy haar gevat het. Absoluut mal! Laastens gee die girlies ook raad aan 'n raadop ou wie treur oor 'n meisie wat "a...
2024-10-02
44 min
Hallo, Girlie
Ep 13: Is romanse dood?
Hallo girlies! In hierdie week se episode gesels Marunelle en Janke oor meisies se verwagtige van romanse in verhoudings, is dit dalk té onrealisties? Kom luister ook saam na twee girlies se dilemmas: Wat gemaak as jou beste vriendin beweer jy steel haar droomtroue? Mag 'n mens nee sê as iemand jou vra om haar strooimeisie te wees?
2024-09-25
40 min
Hallo, Girlie
Ep 12: Mama's boys hul mammas
In hierdie week se episode gesels die girlies oor groot nuus: Janke het haar eerste amptelike-regte-egte kêrel! Die girlies raak ook die ongemaklike onderwerp van "check-ups" aan en veral daardie tipe afsprake wat ons graag vermy. Janke en Marunelle gesels verder ook oor die verwagting wat geskep word dat jy "besties" moet word met jou kêrel se vriende se meisies en dat dit nie nodig is nie. Lekker saam luister!
2024-09-17
37 min
Hallo, Girlie
Ep 11: Daar's 'n nuwe girl in die dorp
In hierdie week se episode gesels die girlies oor 'n verskeidenheid sake, maar wat anders kan van goeie "girl chats" verwag word. Janke en Marunelle gesels oor wat mans aantreklik maak, is dit hul kennis, 'n goeie persoonlikheid, of dalk geld? Verder word raad gegee aan iemand wie nuut in 'n dorp is en sukkel om in te skakel, en aan 'n girlie wat nie van haar vriendin se boyfriend hou nie. Kom luister saam!
2024-09-10
34 min
Hallo, Girlie
Ep 10: 27 Dresses en 3de wiele
In hierdie episode gesels die girlies oor die moderne neigings van kombuistees en bachelorettes. Ander vrae waaroor ons in hierdie episode dink: kan mens vriende bly met jou "eks"? Hoekom nooi sommige vriendinne altyd hul kêrel saam na alles toe? Waarom moet mens jou kêrel altyd vra vir wat jy nodig het?
2024-09-03
47 min
Hallo, Girlie
Ep 9: Ek is verlief op my beste vriend
In hierdie week se episode gesels ons oor die vreemdste skinnerstories en "age gaps" in verhoudings. Luister ook saam na hoe Janke en Maru hierdie week se liefdes-scenario's probeer ontrafel. Wat moet jy doen as jy verlief is op jou beste vriend? Hoe gemaak met 'n ou wat jou geghost het en na maande weer dinge probeer aanknoop?
2024-08-27
42 min
Hallo, Girlie
Ep 8: Fake it till you make it!
In hierdie episode gesels die girlies oor selfvertroue en brei ook uit oor praktiese voorbeelde oor hoe om jouself te "rat" vir oomblikke waar mens daardie ekstra hupstoot nodig het. Neem jou spasie op en own dit! Ons gesels ook oor die sosiale stigma rondom vrouens se sukses in hul beroepe en spekuleer oor die rol van die man in die moderne samelewing.
2024-08-20
49 min
Hallo, Girlie
Ep 7: Top tips oor dating apps
Wat om te doen (en nie te doen), wat om te sê (en nie te sê) as dit kom by jou aanlyn dating profiel. Ons gesels ook oor online ontmoetings wat in-persoon ontmoetings word en ander dating wenke. Luister en gesels lekker saam.
2024-08-13
49 min
Hallo, Girlie
Ep 6: Moderne dating vir dummies
As online dating 'n olimpiese sportsoort was, het ons beslis nou in Parys vir Suid-Afrika uitgedraf. In hierdie ekstra-lang, ekstra-lekker episode praat die girlies oor dating apps en hulle persoonlike ervarings in die onbekende dating-wildernis. Kom luister saam na nog 'n paar goue staaltjies uit Marunelle en Janke se chaotiese wêreld!
2024-08-09
1h 03
Hallo, Girlie
Ep 5: BF of BFF?
In hierdie episode gesels ons oor of meisies tog subtiel die eerste "move" kan maak. Ons deel ook ons raad oor vriendinne wat jou perongeluk vergeet as hulle in 'n verhouding is. En wat doen mens as jou kêrel nie wil hê jy moet mans vriende hê nie?
2024-07-30
39 min
Hallo, Girlie
Ep 4 : Op papier is hy perfek, maar...
In hierdie week se episode gesels die girlies (Marunelle en Janke) oor hul persoonlike voorkeure wanneer dit by mans se grooming gewoontes kom. Kort mans regtig 'n snor om te score? Net soos 'n tipiese koffie-date met jou bestie verloop, is hierdie episode 'n mengelmoes van onderwerpe. Luister gerus saam!
2024-07-23
33 min
Hallo, Girlie
Ep 3 : Katte, honde en spoke
Almal wat op die dating scene is ken die term "ghosting" baie goed. In hierdie week se episode praat die girlies (Janke en Marunelle) oor hul eie ervarings met "ghosters" en ander gediertes.
2024-07-16
34 min
Hallo, Girlie
Ep 2 : Love at first sight, goue randjie en single in jou 30's
Glo jy in love at first sight? Ons deel ons opinie en gesels ook oor wat om te doen as jou vriendin iets doen waarmee jy nie saamstem nie. Die good, bad and ugly van single wees in jou 30's.
2024-07-09
25 min
Hallo, Girlie
Ep 1 : Eerste episode en eerste dates
Die lewe is maar gaos. Jare lange vriendinne Janke en Marunelle gesels oor die op en af van liefde, vriendskap en lewe. Luister weekliks na ons stories, ander girlies se stories en kom lag lekker saam.
2024-07-02
31 min