Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Prof. Gerhard Van Huyssteen & Elmarie Claassens

Shows

Wat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Hunter KennedyHunter Kennedy in gesprek met Elmarie Claassens. Hunter Kennedy is 'n bekende rocker en die skepper van die lirieke van Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties – Suid-Afrikaanse musiekgroepe met kultusstatus. Hunter gesels in hierdie aflewering oor 20 jaar in die musiekbedryf, die "Fok God"-insident, sy proses om liedjies te skryf, die donker tye in sy eie lewe en hoe hy homself nie te ernstig opneem nie. Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk. NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van di...2020-12-0445 minWat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Marita van der VyverMarita van der Vyver in gesprek met Elmarie Claassens.  Marita van der Vyver is een van Afrikaans se bekendste skrywers met meer as 30 publikasies agter haar naam, insluitende volwasse, kinder- en jeugromans, kookboeke, essays, radiodramas, vertalings, en so meer. Talle van haar boeke is met van die belangrikste toekennings in Suid-Afrika bekroon, en heelwat van hulle is in ander tale vertaal. Ook is van haar boeke omgeskakel in films of verhoogstukke, terwyl sy self ook die aanbieder van die TV-reeks "Marita kook" was.  Marita gesels in hierdie aflewering oor die voortgaande stryd rondom...2020-11-2051 minWat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Chris VorsterChris Vorster in gesprek met Elmarie Claassens. Chris Vorster – bekend as onder andere Ryno Lategan van 7e Laan-faam – is sedert 1995 'n skrywer en regisseur vir en akteur op verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans 'n dosent in film en televisie aan die Universiteit van die Vrystaat. Chris gesels in hierdie aflewering oor sy grootwordjare, hoe hy vloekwoorde in karakterbybels gebruik, asook oor hoe om die fyn balans te handhaaf tussen aanstoot gee en paai in skryfwerk en regie. [Elmarie Claassens is...2020-11-0649 minWat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Kim CloeteKim Cloete in gesprek met Elmarie Claassens.  Kim Cloete is 'n bekende akteur wat haar loopbaan begin het as veldaanbieder vir 'n kinderprogram, en sy word geken vir haar deernisvolle vertolking van ingewikkelde karakters. Sy is nie net 'n aktivis-akteur nie, maar ook 'n suksesvolle sakevrou.  Kim gesels in hierdie aflewering openlik oor die grootste taboe wat sy al ooit ervaar en moes oorkom het, en sy verduidelik hoe sy betekenis vind in haar loopbaan deur juis aktivisties op te tree en taboes direk aan te pak. Aandag word ook gegee aan stereotipering...2020-10-231h 07Wat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Dawid MinnaarDawid Minnaar in gesprek met Elmarie Claassens. Dawid Minnaar is 'n bekroonde en geliefde akteur en is bekend vir rolle op die silwerskerm, verhoog, TV en radio.  Dawid is al vir 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf en is sonder twyfel 'n ikoon in Suid-Afrikaanse film- en teater.   Dawid gesels gesels in hierdie aflewering oor vloek, moraliteit, emosionele intelligensie en goeie maniere. Hy brei uit oor die dinamiek van diplomasie en valsheid. Die gesprek fokus later op die funksie van vloek op die verhoog en hoe onnodige vloek 'n teks kan laat verwater. ...2020-10-161h 06Wat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Beer AdriaanseBeer Adriaanse in gesprek met Elmarie Claassens. Beer Adriaanse het onder andere bekendheid verwerf as akteur in Wonderlus, Kanarie, Fynskrif en Boer soek 'n ou. Hy is 'n veelsydige akteur, regisseur, skrywer en musikant. Beer gesels in hierdie episode oor omgekeerde rebellie, asook oor die fyn lyn in skryf tussen pittigheid, snaaksheid en vulgariteit. Die gesprek verken verder ook temas oor desensitering, kwesbaarheid en volle (manlike) naaktheid op die silwerskerm. [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.] NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig...2020-09-251h 23Wat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Amanda StrydomAmanda Strydom in gesprek met Elmarie Claassens. Amanda Strydom is een van Afrikaans se bekendste sangers, addisioneel tot haar bekendheid as kabaretster, skywer, radio-omroeper, akteur en TV-ster. Sy begin haar loopbaan as akteur, maar vestig haar ook as liriekskrywer en sanger in 1979 met die reusetreffer "Ek loop die pad". Sy verower gehore met haar vlymskerp vertelstyl en enorme stem op nasionale en internasionale verhoë. Amanda gesels in hierdie episode oor haar grootwordjare en haar eerste vloekwoord. Die gesprek maak draaie by vloek op die verhoog, die kuns van storievertelling en wat repek vir ‘n gehoor vir...2020-09-1149 minWat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!Wat de vloekwoord?!-bekendstelling (Elmarie)"Wat de vloekwoord" is 'n podsendingreeks waarin die standpunte en houdings van inhoudskeppers in die vermaaklikheidswêreld en media oor vloek en taboe onderwerpe ontgin word. Deur onderhoude met bekende (Afrikaanse) skrywers, TV- en filmvervaardigers, regisseurs, akteurs, musikante, redakteurs, joernaliste, podsenders en bloggers leer ons meer oor sensuur in Suid-Afrika, wat die funksie van vloek is, hoe kykers en luisteraars op vloekwoorde reageer, ensovoorts. Dié reeks is deel van 'n groot navorsingsprojek wat handel oor vloek in Afrikaans en verwante tale.  [Elmarie Claassens is 'n kliniese sielkundige in 'n privaat praktyk.]  NB: Menings wa...2020-09-0501 min