podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Ricia Bester En Mia Knoesen
Shows
EWE ANDERS 🎙️
Episode 8 - Ons eerste gas - Tineke die dieetkundige
In hierdie episode gesels ons met Tineke, ’n dieetkundige met ’n passie vir gesondheid en voeding. Ons leer haar eers bietjie beter ken en hoor van haar persoonlike reis tot in die wêreld van dieetkunde.Sy deel insiggewende feite oor wat haar beroep behels en gee ons ‘n kykie in die werklikhede van voeding – met spesiale fokus op dieet tydens swangerskap, die rol van voeding in borsmelk, en algemene gesondheidsmittesTineke gee praktiese raad oor hoe om ‘n gebalanseerde dieet te handhaaf en deel haar mening oor gewilde dieet-“hack...
2025-07-29
1h 20
EWE ANDERS 🎙️
Episode 7 - Dis nie jy nie dis Ick
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die groot buzzword in dating - “ick” – daardie klein (of groot!) dingetjies wat skielik iemand minder aantreklik maak. Hulle deel hul eie “ick” lyste (moenie oordeel nie), en wonder of dit regverdig is om só kieskeurig te wees en hulle wonder hoe mense in “arranged marriages” verby “icks” kyk.Is dit oppervlakkig om “icks” te hê? Of is dit bloot ’n manier om grense te stel? Hulle delf ook in die vraag: Watse “icks” sou mense dalk van húlle hê? En wat verklap hierdie lysies regtig – meer oor die persoon wa...
2025-07-15
55 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 6 - Tussen TikTok en Tradisie
In episode 6 delf ons in die generasie-gaping tussen Gen Z en Millennials — en waar ons onsself daarbinne plaas. Ons gesels oor hoe Gen Z dikwels misverstaan word, en hoe daardie misverstande ook op ons persoonlike identiteite afspeel. Ons deel hoe ons albei op maniere konserwatief is… en ook glad nie. Ons vra vrae oor waar konserwatiwiteit vandaan kom, hoe dit gemeet word, en of dit ooit so eenvoudig is soos mense dit probeer maak. Dis ’n episode vol selfrefleksie, nuance, en ’n paar filosofiese afdraai-lyne.Follow ons op Instagram:
2025-07-01
54 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 5 - Wat meisies regtig doen by sleepovers
In hierdie episode van Ewe Anders, gee ons julle insights oor wat gebeur by ‘n sleepover. Ons verduidelik die betekenis agter die podcast se naam — “Ewe Anders”Mia deel van haar avonture oorsee en Ricia vertel van haar honeymoon se boujee business class ervaring — was dit die moeite werd? Dan droom hulle saam oor die tipe vakansies waarop hulle wil gaan: luxury met ‘n uitsig of culture met karakter? En hoe balanseer mens die twee?Maar dis nie net sunsets en suitcases nie — ons vat bietjie ‘n detour en gese...
2025-06-17
49 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 4 - Gelukkig Getroud vs Skepties oor Sielsgenote
In hierdie episode gesels ons met Mia oor haar sieninge oor “dating” en hoe haar perspektief oor verhoudings die afgelope paar jaar verander het. Sy deel haar gedagtes oor die invloed van aanlyn dating op verhoudings in die moderne era.Ons kyk ook na die impak van die Covid-19-pandemie en die lockdowns op die manier waarop mense romantiese verhoudings bou en onderhou. Laastens deel Mia haar gedagtes oor die idee van trou en wat die toekoms vir haar in die liefdesafdeling inhou. Is sy o...
2025-06-03
43 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 3.1 - Terugvoer op Ricia se groot besluit
In hierdie spesiale episode deel Ricia haar eerlike reaksie op die oorweldigende terugvoer wat sy ontvang het ná sy haar video gedeel het waarin sy aankondig dat sy gaan uittree as prokureur. Sy lees ‘n paar van julle kommentaar en boodskappe hardop en gesels oor hoe dit haar laat voel het – van ondersteuning en inspirasie tot vrae en kritiek. Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg==
2025-05-27
13 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 3 - Stuurwielstories: Mia rits rond saam met ‘n afgetrede prokureur
In hierdie episode gesels ons lekker tydens ‘n girls chat on the go – daai tipe geselsie wat net in die kar gebeur, waar die stories spontaan vloei.Ricia vertel ook wat haar oorspronklik geïnspireer het om prokureur te word, en hoekom sy uiteindelik besluit het om uit te tree uit die regsberoep. Ons praat eerlik oor hoe sy nou familie en balans bo ambisie en werkdoelwitte kies – en hoekom dit vir haar sin maak.Ons raak ook aan iets waarmee baie van ons kan identifiseer: hoe ons...
2025-05-20
34 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 2.1 - Opvolg: Roetine v Spontaniteit
In hierdie kort bonus-episode gee ons terugvoer oor ons persoonlike uitdagings van die afgelope twee weke.Ricia het haar grense getoets deur meer spontaan te wees – hoe het dit vir haar gewerk en dink sy dis iets wat sy weer sal aanpak? Mia het aan die ander kant probeer om meer gestruktureerd te leef en ‘n roetine te volg. Het sy dit reggekry of het chaos gewen?Ons sluit af met ‘n paar gedagtes oor hoe jou persoonlikheid dalk die grootste faktor...
2025-05-13
08 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 2 - Roetine vs Spontaniteit
In hierdie episode deel Ricia en Mia die stories van hoe hulle paaie gekruis het en die onverwagte vriendskap wat ontstaan het. Mia deel dat sy Ricia en Morné se roetine interessant vind. Hulle bespreek Ricia se liefde vir roetine, en hoekom dit haar sekuriteit en balans gee in haar daaglikse lewe. Mia, aan die ander kant, is ‘n bietjie meer spontaan en buigsaam, maar sy deel haar besluit om ‘n bietjie meer roetine te probeer in haar eie lewe. Kom luister na ‘n lekker gesprek oor vriendskap, roetine en die balans tussen die twee!Follo...
2025-05-06
51 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 1.1 - Wat om te verwag
Welkom by die eerste bonus-episode van Ewe Anders! In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor wat om te verwag deur die loop van die Ewe Anders podcast.By Ewe Anders gesels ons oor al die dinge wat ons lewens interessant en soms uitdagend maak – van roetine versus spontaniteit, die verskille tussen enkellewe en getroude lewe tot eerlike gesprekke oor ADHD en angs. Ons delf ook in hoe die samelewing ons identiteit en waardes vorm, deel ons reis-ervarings, gesels oor beroepsveranderinge, en die onsekerheid wat grootmenswees soms bring....
2025-04-29
06 min
EWE ANDERS 🎙️
Episode 1 - Welkom by ons Talkshow
Welkom by die heel eerste episode van Ewe Anders!In hierdie episode vertel ons, Ricia en Mia, hoekom ons besluit het om ons ervarings en gedagtes met julle te deel. Ons gesels oor wie ons is, hoe ons elkeen angs en/of ADHD in ons daaglikse lewens ervaar, en hoe dit ons denkwyses vorm.Ons sieninge verskil gereeld (en nogal sterk), en in hierdie episode debateer ons onder andere oor die vrees vir die dood – en of dit werklik sin maak om daarvoor bang te wees....
2025-04-22
40 min