podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Suzaan Steyn
Shows
2025 Telkom Radio Awards Winner Kuns Met Kontant is proudly sponsored
Kuns met kontant 1 Oktober 2025
Deel 1: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saa...
2025-12-19
08 min
2025 Telkom Radio Awards Winner Kuns Met Kontant is proudly sponsored
Kuns met kontant 8 Oktober 2025
Deel 2: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saa...
2025-12-19
07 min
Spitstyd
Kuns met kontant 8 Oktober 2025
Deel 2: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saadjie...
2025-10-08
07 min
Spitstyd
Kuns met kontant 1 Oktober 2025
Deel 1: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saadjie...
2025-10-01
08 min
KLETS
Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn
In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en warmte. Suzaan het pas haar eie potgooi bekend gestel genaamd "Met Almal. Oor Alles." en van Vrydag af kan jy dit ook luister op Afrikaans.Radio. Ons KLETS met haar oor die ontstaan van die projek, die temas en mense waarmee sy gesels, en hoekom daar vandag mee...
2025-09-10
1h 10
KLETS
Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn
In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en warmte. Suzaan het pas haar eie potgooi bekend gestel genaamd "Met Almal. Oor Alles." en van Vrydag af kan jy dit ook luister op Afrikaans.Radio. Ons KLETS met haar oor die ontstaan van die projek, die temas en mense waarmee sy gesels, en hoekom daar vandag mee...
2025-09-10
1h 10
Met Almal. Oor Alles
Geen Kontak, Geen Redes: “Ghosting” het nie wenners nie.
Ons is sekerlik almal al een of ander tyd uit die bloute deur iemand geïgnoreer. Sonder waarskuwing. Sonder verduideliking. Of dit nou op die speelgrond, by die werk, of in ’n verhouding gebeur, dit bly ’n ontstellende ervaring. Een oomblik is daar ’n band, die volgende oomblik stilte. Geen verduideliking, geen antwoorde, geen afsluiting. In Episode 13 gesels ek met kommunikasiespesialis, sake-coach en besturende direkteur van Pro-Active Communications Hanrie Fridjhon oor “ghosting”, of spookloop. ’n Ou gedragspatroon wat vandag meer bekend is weens sosiale media. Al ervaar albei partye dit op verskillende maniere, kan die emosionele impak vir albei ewe swaar wee...
2025-09-05
27 min
Met Almal. Oor Alles
“Vrolike Marlenetjie”, Artscape se Ystervuis met ‘n Hart vir Mense
Sy's die energieke uitvoerende hoof van die Artscape Teatersentrum in Kaapstad waar sy met ’n ystervuis regeer, en met haar lekker lag, harde werk en ’n enorme liefde vir mense en haar land, groot verandering in die kunste en talle lewens bewerkstellig. Altyd positief, met min mense wat weet van die uitdagings wat die bekroonde Dr. Marlene le Roux al moes trotseer. Polio, ’n moeilike politieke landskap, ’n breingewas, die dood van haar gestremde seun, haar egskeiding. In Episode 12 van MAOA praat sy eerlik oor haar lewe, haar werk, haar menseverhoudinge, haar voortdurende geveg vir vroueregte en mense m...
2025-08-29
44 min
Met Almal. Oor Alles
Kunsmatige Intelligensie: Vriend of Vyand?
In Japan en die VSA vorm mense intieme verhoudings, selfs huwelike, met KI-geskepte “maats.” Amerikaanse wetenskaplikes het KI gebruik om nuwe antibiotika te ontwikkel teen middelweerstandige infeksies. In Suid-Afrika maak die eerste robot-onderwyser, Iris, haar verskyning in Kwazulu-Natal. Maar saam met die vordering kom die vrae. In episode 11 van MAOA gesels ek met prof. Nicky Terblanche van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool oor die vrese, vooroordele en wonders van Kunsmatige Intelligensie en oor Vici, die “coaching bot” wat hy ontwikkel het. Laai af, luister, en gee jou mening in die kommentaarveld.Artificial Intelligence: Friend or Foe?...
2025-08-22
44 min
Met Almal. Oor Alles
‘n Lig in die Donker
Een aand, nie lank gelede nie, het ek ‘n swerm vuurvliegies langs die Luvuvhu-rivier in die Makuya-natuurreservaat in Limpopo gesien. Ek was skoon oorstelp. Vuurvliegies is vir my “wonderwerke” en “sprokies”, en almal wat ek hieroor uitvra, stem saam. Die hartseer is dat meeste van ons hulle laas as kinders gesien het. Wie is hierdie klein liggies in die donker? Waar woon hulle, wat eet hulle, hoe leef hulle en hoekom is daar so min van hulle? In Episode 10 deel ’n lid van die Lampyrinae-familie hulle lief en leed met my, by monde van entomoloog Renier Basson van die Endangered W...
2025-08-15
25 min
Met Almal. Oor Alles
Jy val hard. En dis nie toeval nie!
Hoekom raak ons verlief en hoekom juis op HULLE? In dié verhoudings-episode van Met Almal. Oor Alles duik ons diep in die sielkunde van verhoudings saam met sielkundige dr Fred Schouwink van Johannesburg. Hy werp lig op die geheime van aantrekkingkrag, liefde, ou patrone, herinneringe en trauma en waarom jou bindingstyl dalk jou liefde kan saboteer of laat floreer. You fall hard, and it’s no coincidence!Why do we fall in love, and why with THEM in particular?In this relationships episode of Met Almal. Oor Alles, we dive dee...
2025-08-08
28 min
Met Almal. Oor Alles
Kolonkanker: akteur Albert Maritz deel sy reis en waarsku…
Die kolonoskopie was skoon en die dokters nie bekommerd nie. Tog was die simptome daar en is die bekende akteur Albert Maritz in 2019 tot sy groot skok met kolonkanker gediagnoseer. In Episode 8 van MAOA deel hy vir die eerste keer in ‘n openhartige gesprek sy ervaring van ongeloof, pyn, behandeling en hoop. En hy rig ’n dringende waarskuwing: moenie simptome ignoreer of ’n tweede mediese mening uitstel as iets jou pla nie.Cancer: Actor Albert’s painful journey and urgent warningThe colonoscopy was clear, and the doctors weren’t concerned. Yet the sympto...
2025-07-31
29 min
Met Almal. Oor Alles
Leër kaste, voller lewe.
Impuls-aankope, rooi bankstate, kaste vol goed wat jy nie nodig het nie? Stop! Sluit vandag nog aan by ‘n nuwe beweging wat veral Gen Z-ers op hol het. In Episode 7 van Met Almal.Oor Alles vertel toekomskundige Frieda le Roux van die No Buy 2025-koors wat vanjaar in die buiteland posgevat het en jou nie net finansiële angs en duisende rande gaan spaar nie, maar volgens navorsers ook bydra tot jou emosionele welstand. Om van ‘n gesonder aarde nie eens te praat nie. Pause that purchase!Impulse buying, red bank statements, cupbo...
2025-07-25
22 min
Met Almal. Oor Alles
Modder tot medisyne: ondergrondse avontuur van 'n meesterbrein.
Kom daal saam met my af in ’n onderwêreld wat wemel van mikroskopiese meesterbreine en ondenkbare aktiwiteite. In Episode 6 van Met Almal. Oor Alles deel ’n briljante bakterie met ’n gesonde ego haar wêreld van mikrobiologiese ervarings onder die aarde met ons. Van die reuk van grond tot die antibiotika wat jy sluk om jou teen bakteriële infeksies te beskerm. Ek stel Streptomyces onverwyld aan die woord. (Prof. Karin Jacobs, Departement Mikrobiologie, Universiteit Stellenbosch)Come descend with me into an underworld teeming with microscopic masterminds and unimaginable activities. In Episode 6...
2025-07-18
17 min
Met Almal. Oor Alles
Geen mos aan sy klippe nie.
Hy’t vroeg in sy lewe besef daar is groot avonture wat wag en gewapen met nuuskierigheid en ‘n groot liefde vir kosmaak, het Frik de Jager sy rugsak gepak - deur altesaam 12 lande in Afrika en 24 in die res van die wêreld. Tydens sy reise het hy in kombuise van Rusland tot Kaïro gekook en stories en familieresepte uitgeruil met boere, sigeuners en ‘n vrou met die naam Olga in Moskou. In episode 5 van Met Almal. Oor Alles deel Frik SY storie en resepte met ons. Vir die pot én vir die lewe. No m...
2025-07-11
30 min
Met Almal. Oor Alles
Vrees vir verandering? Die beste ding wat dalk ooit met jou kan gebeur.
Verandering in die werksomgewing vind deesdae al hoe meer en vinniger plaas. Of dit nou werkverlies, nuwe tegnologie of onsekerheid oor toekomstige werkgeleenthede is – dit skep stres wat uiteindelik tot depressie en siekte kan lei. Om ons te help om ons vrese beter te verstaan, veerkragtigheid te ontwikkel en die situasie uiteindelik tot ons voordeel te gebruik, gesels ek in Episode 4 van Met Almal.Oor Alles met die internasionale leierskapsafrigter Gretha van der Merwe (MCC-ICF). Sy verduidelik hoe ons die - soms pynlike - ongemak van enige verandering kan omskep in ’n groeiproses.Change in t...
2025-07-04
31 min
Met Almal. Oor Alles
Van Blomme en Bye gepraat: “Moenie met ons mors nie, ons onthou hoe jy lyk.”
In ‘n heuningsoet episode 3 van Met Almal. Oor Alles gesels ek met Apis mellifera, ’n gewone werkerby met buitengewone insigte. Ons vlieg saam deur die binnewerkinge van die nes: van die koningin se rol en die werkers se onophoudelike gesweet, tot die darren of manlike bye se ietwat gemaklike bestaan. Ons raak aan bye se elegante en noodsaaklike danskommunikasie, hulle veiligheidsmaatreëls teen indringers, en natuurlik kry hulle ‘n stekie in oor hoe hulle regtig oor mense voel. (Erik Holm, emeritus-professor en voormalige hoof van Entomologie, Universiteit van Pretoria.)I’m a bee. Don’t mess with...
2025-06-27
26 min
Met Almal. Oor Alles
Stres, meditasie, verandering en die wonder van die wetenskap daaragter.
Stres is nie ’n nuwe onderwerp nie, maar Dr. Lolita Mostert, ’n psigiater van Kaapstad, het besluit om die behandeling daarvan op ’n ander manier aan te pak. Toe sy besef medikasie alleen is nie genoeg om haar pasiënte te help nie, het sy haar eie navorsing oor stres en angs begin doen. In Episode 2 van Met Almal. Oor Alles verduidelik sy hoekom dit so moeilik is vir ons om ons gewoontes te verander – selfs wanneer ons weet dis nie goed vir ons nie. Sy bespreek ook die wetenskap agter meditasie as ’n hulpmiddel.The Scien...
2025-06-20
32 min
Met Almal. Oor Alles
Môre vandag: wat wag vir ons?
Robotte wat hulle humeur verloor, rolprentateljees wat lisensies uitreik vir die wêreld se eerste KI-geskepte videos en akteurs, digitale tweelinge, en hoe ver weg is ‘n derde wêreldoorlog? In Episode 1 van Met Almal. Oor Alles, praat Suzaan Steyn en Dr. Doris Viljoen, hoof van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool oor die werk van die Instituut en hoe die toekoms vir hulle daar uitsien. Praat gerus saam in die kommentaarveld hieronder. Robots losing their temper, studios licensing the world’s first AI-created video’s and actors, digital...
2025-06-10
31 min
Kat en hond
Kat en hond 12 Desember 2020
Die feesseisoen is hier, en terwyl mense lekker kuier, is daar baie diere wat ly weens eienaars se nalatigheid en onverskilligheid. Lizma van Zyl gee ‘n paar wenke oor troeteldierversorging in die vakansietyd, en kuier by die bekende radio- en televisie-aanbieder Suzaan Steyn wat haar spesiale reis met troeteldiere deel. Dr. Morné de Wet beantwoord ook ‘n paar interessante luisteraarsvrae.
2020-12-12
14 min
Rand en sent
Rand en sent
Suzaan Steyn het alles wat jy moet weet oor: alle risikoversekering; die enorme koste wat jy jouself op die hals kan haal indien jy naamskending of haatspraak op sosiale media pleeg; asook die feite rondom volmag wat verval wanneer jy nie meer in staat is om jou eie besluite te neem nie.
2019-03-30
25 min
Rand en sent
Rand en sent
31 Oktober is vir baie Suid-Afrikaners D-dag vir belastingopgawes. Suzaan Steyn gee inligting oor e-opgawes, en hoe jy dit self maklik kan gebruik. 'n Prokureur praat oor risiko's vir jong entrepreneurs en hoe om dit te vermy. En 'n skuldkenner het geldlesse vir kinders.
2018-10-14
23 min
Rand en sent
Rand en sent
Suzaan Steyn se gaste kyk onder meer na die spaargewoontes van sogenaamde “geheime miljoenêrs”, en hoe om ontslae te raak van irriterende bemarkings-e-posse. 'n Verbruikerspesialis het ook spaarwenke vir die lente en komende somer.
2018-09-02
25 min
Rand en sent
Rand en sent
Suzaan Steyn het wenke om krag en energie in die koue wintermaande te bespaar. Vrae oor registrasie by die werkloosheidsverskeringsfonds, en beleggings word ook beantwoord.
2018-06-17
25 min
Rand en sent
Rand en sent
Suid-Afrika het laaste geëindig in 'n onlangse internasionale studie oor finansiële geletterheid, wat die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in 30 lande gedoen het. Hoe raak dit ons, en wat kan ons daaromtrent doen? Suzaan Steyn kyk ook na die grootste risiko's wanneer jy nie jou privaatheid aanlyn beskerm nie, en hoe jy dit kan beperk. En 'n entrepreneur deel haar geld- en spaarfilosofie.
2018-06-10
26 min
Rand en sent
20 Aug
Suzaan Steyn gee wenke om jou kind entrepreneursvaardighede aan te leer, en hoe jy self meer entrepreneuries kan dink. 'n Kundige verduidelik wat die impak van 'n egskeiding is op individue in 'n gesin se geldsake. En is dit wys om jou pensioengeld te gebruik om 'n eie onderneming te begin?
2017-08-20
24 min
Rand en sent
6 Aug
Suzaan Steyn kyk na die winter en jou versekering. wat jy moet weet as jy 'n onderneming het en produkte op krediet aan mense verskaf, en hoe om jou kinders van geld te leer en hoe om daarmee te werk.
2017-08-06
24 min
Rand en sent
23 Jul
Suzaan Steyn kyk hoe die nuwe wetgewing rondom mediese fondse en mediese versekering verbruikers kan beskerm, en hoe om jou kredietkaart reg te gebruik sodat dit 'n hulpmiddel is en nie iets wat jou in die skuld sal dompel nie.
2017-07-23
21 min
Rand en sent
16 Jul
Dit kos lugrederye miljoene rande wanneer 'n passasier tydens 'n vlug medies ongesteld raak en die vliegtuig moet terugdraai of elders as beplan moet land. Net so kan dit jóú beursie 'n groot knou gee as jy op reis is en siek raak, veral in die buiteland. Suzaan Steyn se gaste praat oor reisversekering, hulle kyk na die beste maniere om jou geld plaaslik te belê, en wat vrywillige oorgawe of beslaglegging op jou besittings behels indien jy in 'n finansiële verknorsing beland.
2017-07-16
23 min
Rand en sent
21 May
Suzaan Steyn kyk na die voor- en nadele van trusts; dinge wat jy in gedagte móet hou om jou versekeringseis te bespoedig ná 'n motorongeluk; luisteraarsnavrae oor aftree-geld; en waar jy 'n verdagte advertensie kan aanmeld.
2017-05-21
23 min
Rand en sent
14 May
Trou is nie perdekoop nie, maar is dikwels net duur so of nog duurder. En jy het regtig nie lus om die eerste twee of drie jaar van jou huwelikslewe aan skuld vir die groot makietie af te betaal nie. Suzaan Steyn en haar gaste gee wenke hoe om die groot stap sonder te veel finansiële stres aan te pak. 'n Finansiële kenner gee ook 'n formule waarvolgens jy kan uitwerk of jy genoeg geld sal hê om af te tree.
2017-05-14
25 min
Rand en sent
22 Jan
'n Luisteraar is bekommerd dat sy finansiële adviseur hom die verkeerde raad gegee het oor waar om sy pensioengeld te belê. Suzaan Steyn se gas beantwoord sy vrae hieroor, en oor wat die kommissie vir 'n finansiële adviseur behoort te wees. Daar word ook gekyk na 'n studie oor die finansiële beplanningspatrone van gegradueerde professionele persone.
2017-01-21
21 min
Rand en sent
15 Jan
Suzaan Steyn kyk na strategieë wat die wynbedryf beplan om ekonomiese slaggate in 2017 die hoof te bied, en die mark uit te brei. 'n Prokureur praat oor die regsfoute wat maatskappye in 2016 gemaak het en hoe om dit vanjaar te vermy, En jy kan hoor wat jou regte is as kredietkaartgebruiker.
2017-01-14
22 min
Rand en sent
18 Dec
Kredietkaartbedrog neem hierdie tyd van die jaar toe. Suzaan Steyn hoe jy kan keer dat jy 'n sagoffer word. 'n Versekeringsmakelaar waarsku jy moet seker maak dat jy die regte lisensie het om 'n boot of karavaan te sleep wat swaarder is as 750kg, anders betaal jou versekering dalk nie uit as jy in 'n ongeluk betrokke is nie. En daar is wenke om motoronkoste hierdie vakansie so laag as moontlik te hou.
2016-12-17
20 min
Rand en sent
11 Dec
Suzaan Steyn kyk na faktore wat die afgelope jaar 'n rol gespeel het in die wynbedryf, en hoe dit die verbruiker beïnvloed. Daar is wenke vir lekker, maar ekonomiese Kersetes en somerpieknieks. En vind uit hoe jy goedkoop vakansie by die huis kan hou, sonder om interessante uitstappies mis te loop.
2016-12-10
23 min
Rand en sent
20 Nov
Volgens Statistieke Suid-Afrika het 67 000 mense hulle werk in die tweede kwartaal vanjaar verloor. In die derde kwartaal het dit nie veel beter gegaan nie. Suzaan Steyn kyk na maatreëls wat maatskappye kan volg om hierdie soort afleggings te voorkom. Nuwe wetgewing wat verbruikers beskerm teen “smouse” wat onnodige polisse aan hulle wil verkoop, word bespreek. En 'n finansiële adviseur verduidelik wat OPENBAARMAKING behels en hoekom dit so belangrik is wanneer jy lewensdekking uitneem.
2016-11-19
23 min
Rand en sent
13 Nov
Suzaan Steyn se gaste kyk na hemelhoë mediesefonds-premies en hoekom verbruikers ook skuld het hieraan. 'n Sake-joernalis verduidelik wat Stocktwits is en hoe dit gebruik kan word deur diegene wat aktief is op die aandelemark. En 'n kenner praat oor lewensdekking: wie dit nodig het en waarom.
2016-11-12
24 min
Rand en sent
11 Sep 2016
Dis finansiëlebeplanningsweek en Suzaan Steyn se gaste kyk na die redes waarom so 'n groot persentasie van welvarende families hulle rykdom in die tweede en derde geslag verloor, en hoe om dit te voorkom. Hulle bespreek ook navorsingresultate oor die welstand van vroue se finansies en hoe dit verbeter kan word. 'n Kundige verduidelik wat die doel van 'n trust is en wanneer dit regtig nodig is om een te skep.
2016-09-11
23 min
Rand en sent
17 Jul 2016
Hoekom spaar Suid-Afrikaners nie? Wat is die beste manier om aftreebeplanning te doen? Suzaan Steyn kyk ook na geleenthede vir entrepreneurs wat deesdae baie meer is as in die verlede; hoe jong kinders van vroeg af hulle belangstelling in entrepreneurskap kan ontwikkel; en wat die rol van sosiale media hierin is.
2016-07-17
23 min
Rand en sent
29 May 2016
Wanneer Suid-Afrikaners die dag met elektriese motors en motors wat hulself bestuur begin rondry, gaan ons motorversekeringsbedryf en die premies wat ons maandeliks betaal aansienlik verander. Suzaan Steyn se gaste praat hieroor asook hoe jy die regte sake-vennoot vir jou onderneing moet kies; en luisteraars reageer op wat die beste manier is om vir jóú kinders se studies te betaal.
2016-05-29
23 min
Rand en sent
22 May 2016
Suzaan Steyn se gaste praat oor passiewe beleggings, die drie grootste risikos wat sake-ondernemings in vandag se ekonomiese klimaat in die gesig staar en hoe jy dit die hoof kan bied. En 'n arbeidskenner kyk na supersiklusse en hoe die afswaai van die huidige supersiklus ons ekonomie asook werkgeleenthede beïnvloed.
2016-05-22
22 min
Rand en sent
8 May 2016
Suzaan Steyn se gaste praat oor die uitgawes waarvoor jy moet begroot wanneer jy 'n nuwe eiendom in jou naam laat registreer. 'n Versekeringspesialis verduidelik hoe alkoholgebruik die uitbetaal van jou versekeringspolis kan beïnvloed. En 'n kenner gee 'n aanduiding van die droogte se impak op die versekeringsbedryf en uiteindelik die gewone man se beursie.
2016-05-08
23 min
Rand en sent
1 May 2016
Suzaan Steyn se gaste praat oor hoe om aanlyn in aandele te belê. 'n Finansiële adviseur verduidelik wat om in gedagte te hou wanneer jy iemand kies vir jóú beleggingsadvies, en 'n kenner kyk na hoe noodsaaklik dit is om die regte testament te hê wanneer jy kinders het.
2016-05-01
24 min
Rand en sent
24 Apr 2016
Suzaan Steyn kyk na die risikos vir sakemense om veral in Afrika te reis; waarom dit so belangrik is om die regte reisversekeringspolis uit te neem; en wenke in geval jy in die buiteland siek word. Sy hoor ook hoekom gereelde boedelontleding so belangrik is.
2016-04-24
23 min
Rand en sent
27 Mar 2016
Suzaan Steyn praat met 'n kenner oor hoe verbruikers kan spaar. Vind uit hoe jy jou huwelikskontrak kan opstel as jy reeds 'n besigheid besit.
2016-03-27
23 min
Rand en sent
20 Mar 2016
'n Luisteraar vertel van haar finansiële verknorsing as gevolg van leningsagentskappe. Suzaan Steyn se gaste kyk onder meer na waarvoor mense uiters versigtig moet wees wanneer hulle geld leen, asook die nuwe stelsel vir die invordering van debietorders wat miljioene rande se bedrog sal voorkom.
2016-03-20
23 min
Rand en sent
13 Mar 2016
Volgens 'n kenner in die wynbedryf kan wyntoerisme in Suid-Afrika teen 2025 verdubbel, onder meer danksy die swak rand. Suzaan Steyn se gaste kyk na die groeiende aantal entrepeneuriese geleenthede wat die bedryf deesdae bied. 'n Regskenner gee ook vier belangrike regswenke vir diegene wat 'n eie onderneming wil begin en 'n arbeidspesialis bespreek alles wat jy moet weet oor eise vir beserings aan diens.
2016-03-13
24 min
Rand en sent
14 Feb 2016
Suzaan Steyn kyk na die omstrede nuwe belastingwetgewing vir aftree- en voorsorgfondse wat 1 Maart in werking tree. 'n Arbeidspesialis beantwoord ook luisteraarsvrae oor die Werkloosheidsversekeringsfonds, en wanneer jy mag eis.
2016-02-13
23 min
Rand en sent
24 Jan
Suzaan Steyn se gaste praat oor hoe die droogte verbruikers se sak gaan raak, 'n ekonoom waag voorspellings oor wat nog hierdie jaar vir ons voorlê en 'n kenner van begrotings help met maniere waarop ons kan bespaar in die moeilike tye wat wag.
2016-01-24
23 min
Rand en sent
17 Jan
Suzaan Steyn se gaste praat oor die belangrikheid van 'n goeie kredietrekord, hoe dit onregmatig gebruik kan word en hoekom jy jaarliks 'n gratis verslag oor jóúne behoort aan te vra. Hulle kyk ook na hoe jy vanjaar kan spaar.
2016-01-16
20 min
Rand en sent
10 Jan
Suzaan Steyn se gaste luisteraars help om 'n begroting op te stel, hulle praat oor jou regte wanneer skuldinvorderaars op jou bates beslag wil lê, en vind meer uit oor debietorderbedrog.
2016-01-10
23 min
Rand en sent
3 Jan
Suzaan Steyn en haar gaste kyk na van die redes waarom soveel Suid-Afrikaners skuld maak. Hulle gee ook wenke wat jy vanjaar kan volg om van jou skuld ontslae te raak of te voorkom dat jy geldelik in die moeilikheid raak.
2016-01-02
22 min
Rand en sent
27 Dec 2015
Suzaan Steyn kyk na wat indringerplante die verbruiker direk en indirek kos. 'n Kenner verduidelik watter regulasies daar bestaan rondom die verwydering van uitheemse plante op jou eiendom en wat jy hiervoor moet betaal, maar daar is wel 'n bedryf wat baat vind by sommige van die indringerspesies.
2015-12-26
22 min
Rand en sent
20 Dec 2015
Suzaan Steyn praat oor hoe entrepeneurs 'n terugblik op die jaar wat verby is, kan gebruik om hulle onderneming in die toekoms te laat groei. 'n Arbeidspesialis gee al die inligting wat jy moet hê oor die onlangse styging in die minimumlone van huishulpe en tuiniers.
2015-12-19
22 min
Rand en sent
13 Dec 2015
Suzaan Steyn na kredietkaartbedrog kyk na die veilige aankoop van produkte aanlyn. Een van haar gaste praat oor die invloed van die feestyd op die wynbedryf en wat dit vir die verbruiker inhou, en 'n kenner gee belangrike wenke wat jy gerus kan volg voordat jy met vakansie vertrek.
2015-12-13
22 min
Rand en sent
6 Dec 2015
Suzaan Steyn gesels met skuldberaders oor die grootste foute wat verbruikers oor die Kersseisoen maak en hoe hulle dit kan vermy om die nuwe jaar met skuld te begin. 'n Kenner praat ook oor die versteekte kostes van aanlyn inkopies asook die reëls en regulasies wat jy in gedagte moet hou wanneer jy Kersgeskenke oorsee stuur of vandaar af ontvang.
2015-12-05
21 min