Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Waldo Krugell

Shows

Die ekonomie minuutDie ekonomie minuutKlere, modes, en globaliseringDonald Trump sê dat hy wil weet waar sy pakke klere vandaan kom en wanneer mense terug verlang ʼn tyd van goedkoop, hoë kwaliteit klere wat in jou eie land gemaak is, is daar vinnig steun vir tariewe op invoere. Alex Tabarrok het ʼn goeie antwoord hierop geskryf op die Marginal Revolution blog.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-05-0902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutAanwysers en onsekerheidIn vandag se episode wil ek graag gesels oor plaaslike en internasionale aanwysers en weereens, hoekom onsekerheid so sleg is vir die ekonomie.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-05-0604 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutProbeer en probeer weer, Begroting 3.0Dit is amptelik, Die Minister van Finansies gaan op 21 Mei weer probeer om die Begroting goedgekeur te kry.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-05-0103 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDoele, glorie, en ekonomiese impakEk gesels meestal oor makro-ekonomiese vraagstukke maar vandag wil ek graag praat oor my kollega Derick se geliefde Liverpool en hulle oorwinning in hierdie jaar se premierliga. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-04-2902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDaar is nog baie vrae oor fiskale beleidVerbruikers en almal wat graag sê dat hulle veg vir die armes, vier fees nadat die voorstel vir ʼn 0,5 persentasiepuntverhoging van die BTW koers geskrap is. Dit los ons met interessante vraagstukke.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-04-2503 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutMoenie aan die Fed raak nie!Ek hou nie eintlik daarvan om bangmaak episodes te maak nie. Dit is om te praat oor dinge wat baie sleg kan uitspeel, hoe wel die waarskynlikheid dat dit gebeur laag is nie. Maar deesdae weet mens nie en ek voel ek moet iets sê oor President Trump en die Fed.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-04-2204 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutMakro scenarios vir SAMet baie van die dinge in die nuus, soos President Trump se tariewe of die moontlikheid van ʼn resessie in die VSA, kan die impak op Suid-Afrika maklik genoeg verduidelik word met die logika van ekonomiese teorieë. Om iets te kan sê oor die omvang van die impak het jy egter ʼn simulasiemodel nodig. Dit is dan lekker wanneer die Reserwebank die resultate van hulle modellering van verskillende scenario’s met ons deel, soos in die Monetêre beleidsoorsig.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-04-1802 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWaar is die nuwe ewewig?Na die afgelope week se ekonomiese nuus chaos lyk dinge rustiger. Meeste markte is stadig besig om verliese op te maak, maar soos die uitdrukking sê, as jy een keer gebyt is, is jy dubbel so versigtig.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-04-1503 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDit is toe 'n VSA-Sjina handelsoorlogVir die oomblik lyk dit of die krisis van President Trump se wederkerige tariewe afgeweer is. Dit lyk tog of die handelsoorlog wat tussen die VSA en Sjina gebroei het nou openlik geveg gaan word. Wat gebeur wanneer die wêreld se grootste verbruikersmark en die wêreld se grootste fabriek kwaad is vir mekaar?Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-04-1103 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBring vir my ook 'n kettingsaagHierdie episode gaan nie oor President Trump se tariewe nie. Ek wil eerder gesels oor die gedagte van ʼn hersiening van owerheidsbesteding. Mense sal maklik sê ons het ook ʼn DOGE nodig. Ek wonder wat ons kan leer by Argentinië se President Milei.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-04-0803 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBegrotingsdrama en Trump tarieweNa uitgerekte onderhandelinge en debat is die Begrotingsraamwerk goed gekeur sonder die DA se steun en President Trump stel toe daardie tariewe in.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics2025-04-0407 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBeleidsonsekerheid nouHierdie week is ’n goeie tyd om oor beleidsonsekerheid te praat — iets waarop ekonome altyd let. Onsekerheid, in ons wêreld, beteken dat mens nie altyd weet wat die waarskynlikheid van die uitkomste van sekere besluite of gebeure is nie. En soms weet ons nie eers wat die moontlike uitkomste kan wees nie. Hierdie week stem die Suid-Afrikaanse parlement oor die nasionale begroting. Terselfdertyd is daar toenemende bekommernisse wêreldwyd, met president Trump wat moontlik ’n handelsoorlog aan die gang sit deur nuwe tariewe op ingevoerde voertuie. Die Beleidsonsekerheidsindeks, van die NWU, is op ’n historiese hoogtepunt vir die eerste kwa...2025-04-0105 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWat wys die aanwysersDie einde van die eerste kwartaal beteken ongelukkig nie dat ons al veel van ʼn prentjie het van hoe die ekonomie vaar in 2025 nie, maar daar is interessante aanwysers waaroor ek graag wil gesels.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-03-2803 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHoe die verlies van AGOA kan uitspeelDaar is heelwat onsekerheid oor die toekoms van AGOA en Suid-Afrika se plek daarin. ʼn Verlies van ons AGOA voordele sal uitvoer laat afneem en ekonomiese groei demp. In hierdie episode wil ek verduidelik wat AGOA is, watter bedrywe geraak word en hoe handel kan lyk sonder die ooreenkoms.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-03-2504 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutInflasie en die repo onveranderdDie inflasiekoers is onveranderd en die repokoers ongelukkig ook. Vandag wil ek gesels oor inflasie, rentekoerse en die wisselkoers.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-03-2002 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHoe gaan dit met die ekonomie? En die week se repokoersbesluit...Die Begroting word nou bespreek in twee parlementêre komitees en daar is baie in die nuus oor ʼn moontlike fiskale anker. Daarby is Fitch nie so optimisties oor die stabilisering van die staatskuld soos die Minister is nie. Vandag wil ek egter praat oor hoe dit met die ekonomie gaan, inflasieverwagtinge en hierdie week se repokoersbesluit.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-03-1704 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie Minister het toe nie die moeilike besluite geneem nieEk het gesê dat in hierdie Begroting moet moeilike besluite gemaak word. Wat ons die week geleer het is dat dit is moeiliker om te besluit om besteding te sny as wat dit is om te besluit om belasting te verhoog.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-03-1405 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie opsies vir Begroting 2.0Hierdie Woensdag, 12 Maart, gaan die Minister van Finansies weer probeer om die Begrotingsrede te lewer. Dit is met drie weke uitgestel nadat daar te  veel teenkanting was teen ʼn voorgestelde 2 persentasiepunt verhoging van die BTW koers in die Regering van Nasionale Eenheid. In hierdie episode wil ek gesels oor die Begroting 2.0.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-03-1104 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBBP groeisyfers en sakevertroueIn hierdie episode gesels ek oor 2024 se ekonomiese groeisyfer en die eerste kwartaal se Sakevertroue-indekssyfer. Internasionaal is daar heelwat onsekerheid oor die impak van President Trump se tariewe. Die dollar en die olieprys is swakker. Die hersiende Begroting is aan die kabinet voorgelê maar dit is nog nie goedgekeur nie.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-03-0703 minWhat\'s Next with Aki AnastasiouWhat's Next with Aki AnastasiouProfessor Waldo Krugell on the tax changes to expect from the 2025 Budget SpeechIn this What’s Next with Aki Anastasiou interview, Professor Waldo Krugell unpacks what South Africans should expect from the 2025 Budget Speech. Krugell is a Professor in Economics at the North-West University’s Potchefstroom campus. He holds an MSc in Economics and completed his PhD focusing on the geographical economy of South Africa. In this What’s Next interview, Krugell discusses the general economic sentiment in South Africa ahead of the 2025 Budget Speech, and unpacks what can be expected for the NHI in the budgetary allocation. He outlines his predictions for tax changes and his thoughts on how the expansion of the...2025-03-0519 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutAanwysers en Trump tarieweIn hierdie episode gesels ek oor ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks en Naamsa se voertuigverkope data vir Februarie. President Trump het in Februarie tariewe ingestel op Meksiko en Kanada, maar die implementering met ʼn maand uitgestel. Dit is nou ʼn maand later so ek wil meer sê oor die tariewe en hulle impak.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-03-0403 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWat laat die goudbulle hardloop?As jy die goudprys dop hou sal dit nie nuus wees dat die goudprys die laaste jaar gestyg het vanaf $2650 per fyn ons tot $2950 aan die begin van die week. Dit het gedaal die laaste paar dae, maar goudbulle praat maklik van die $3000 merk. In ʼn tyd van gesofistikeerde beleggingsoplossings is goud weer in. Wat is die oorsaak?2025-02-2801 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutInflasie het effens gestyg in JanuarieStatistieke Suid-Afrika het gister Januariemaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend gemaak. Die inflasiekoers het gestyg vanaf 3% in Desember tot 3,2% in Januarie. Dit is in lyn met ekonome se verwagting dat inflasiedruk effens gaan toeneem hierdie jaar, maar onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband sal bly.2025-02-2701 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuut'n Welvaartsbelasting sal ons in die voet skietEk wil eintlik nie oor welvaartsbelasting praat nie, maar van die verskillende idees op die tafel vir Begroting 2.0 is dit ʼn slegte een en ek voel ek moet maar iets sê.Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-02-2602 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHierdie week se inflasiesyfersStatistieke Suid-Afrika maak more Januariemaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend en ekonome is opgewonde vir ʼn paar redes. 2025-02-2502 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutAlmal gee nou raad vir die Begroting 2.0Ek voel so bietjie jammer vir die Minister van Finansies en die span by Tesourie want hulle gaan tot 12 Maart moet luister na die raad van elke ou met ʼn podsending of brief in die koerant. Die groot spelers soos die IMF en Wêreldbank het reeds laat weet wat hulle dink.Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-02-2402 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBegroting EKON101Soos wat die stof bietjie gaan lê oor die voorgestelde twee persentasiepunt verhoging van die BTW koers en die manier hoe die Begrotingsrede uitgestel is, wys die begrotingsdokumentasie dat dit nie maklik gaan wees om ʼn nuwe Begroting voor te lê vroeg in Maart nie.2025-02-2102 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutEn ons het gedink President Trump is ons grootste uitdaging...Ek het gehoop die Begrotingsrede gaan ʼn voorspelbare vervelige storie wees, maar dit is toe so opwindend dat dit uitgestel moet word. Die ander partye in die regering van Nasionale Eenheid het beswaar aangeteken teen die twee persentasiepunte verhoging van die BTW koers, vanaf 15% tot 17% wat die Minister van Finansies sou voorstel. So, wat beteken dit en wat gaan die gevolge wees?2025-02-1902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutKan vandag se Begroting help om werkloosheid te verminder?Ons het nog nie ʼn finale BBP syfer vir die vierde kwartaal van verlede jaar nie, maar ʼn aanwyser wat wys dat dit beter gegaan het met die ekonomie is die werkloosheidsyfer. Daar is 132 000 meer mense indiensgeneem in die vierde kwartaal en die werkloosheidskoers het afgeneem vanaf 32,1% na 31,9%. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-02-1901 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBegroting 2025: verwagtinge oor belastingDie Minister van Finansies lewer Woensdag die Begrotingsrede. In die vorige episode het ek vertel oor wat aan die bestedingskant verwag word. Vandag gaan oor die belastingvoorstelle.2025-02-1802 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBegroting 2025: verwagtinge oor bestedingDie Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge?Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.2025-02-1702 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWat moet die Minister doen om groei te dryf?Komende Woensdag lewer die Minister van Finansies die begrotingsrede en soos altyd is daar groot verwagtinge, Ek wil sê hy het net een werk en dit is om die ekonomiese groeikoers te verhoog, maar hoe moet so Begroting lyk?2025-02-1402 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie vervaardigingsektor het ingekrimp in 2024Statistieke Suid-Afrika het hierdie week produksie- en verkopesyfers van die vervaardigingsektor vir Desembermaand bekend gemaak en die Desember en vol-jaar syfers is kommerwekkend.2025-02-1301 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie minimumloon het komplekse gevolgeDie minimumloon verhoog vanaf 1 Maart tot R28,79 per uur. Dit is ʼn 4,4% verhoging en presies die gemiddelde inflasiekoers van verlede jaar. Vir die werkers is die verhoging van die minimumloon goeie nuus want dit help om die koopkrag van hul loon te beskerm Burgerregte groepe sê die verhoging is te min en kleinsake sê dit is te veel. Maar wat sê die navorsing oor die impak van die minimumloon?Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-02-1202 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutOlie, goud, en investering... alles word geraak deur onsekerheidDaar is op die oomblik baie dinge, soos tariefoorloë en uitvoerende bevele, wat onsekerheid skep. Die vraag wat mense my vra is natuurlik wat is die impak op ons ekonomie?2025-02-1102 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHervormings op munisipale vlakEk dink die mees interessante deel van die staatsrede het gegaan oor plaaslike owerhede. Ons weet dat in baie munisipaliteite is dienslewering ʼn ramp en hulle skuld is ʼn risiko vir Eskom en die waterrade. Plaaslike owerheid hervormings is die fokus van fase twee van operasie Vulindlela en die President het gepraat vanaf ʼn nuwe witskrif tot investering en instandhouding. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.2025-02-1002 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWas meer mark-gerigte hervormingsgesindheid duidelik en dringend?Ek wonder of die President genoeg gesê het in gisteraand se staatsrede. Hy het lank gepraat, maar was dit ʼn Regering van Nasionale Eenheid staatsrede? Hulle almal stem saam dat wat ons nodig het is inklusiewe ekonomiese groei, maar was meer mark-gerigte hervormingsgesindheid duidelik en dringend?2025-02-0701 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutMnr die president, verduidelik asb die geleentheidskosteIn die aanloop na groot toesprake soos die Staatsrede en die Begrotingsrede hoop ons almal om iets te hoor. Ons almal ken die ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar en hoop dat die President of Minister die keer ʼn plan op die tafel gaan sit. Ek sou graag ʼn in-diepte powerpoint aanbieding wou sien hoe ons vorder  met verskillende hervormings. Helaas is dit nie hoe staatsredes werk nie.2025-02-0601 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWat kan ons doen om produktiwiteit te verhoog?Stadige ekonomiese groei is seker die enkele grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Sonder groei kan ons niks doen aan ons ander probleme, soos werkloosheid, armoede, of ongelykheid nie. Daar is baie maniere om te dink oor die drywers van groei en een is dat produktiwiteit tel. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-02-0501 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHervormingsidees vir die StaatsredeDaar gebeur nou so baie dinge gelyk dit is moeilik om te besluit waaroor om te praat. Daar is Trump dreigemente, Eskom en beurtkrag, Januarie aanwysers en die staatsrede.2025-02-0401 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie Trump tariefoorlog beginPresident Trump het oor die naweek 25% tariewe ingestel op produkte wat ingevoer word vanaf Kanada en Meksiko, en 10% op produkte vanaf Sjina. Hou vas jou rande en aandele, want ontluikende markte vaar nooit goed terwyl sulke skokke tref nie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-02-0302 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutPhew, die repokoers met 25 bps gesnyDie Monetêre Beleidskomitee het gister die repokoers met 25 basis punte gesny. Dit is wat ontleders verwag het, maar daar was tog ʼn bietjie senuweeagtigheid dat bekommernis oor internasionale risiko’s kon maak dat hulle die koers onveranderd laat.2025-01-3101 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutVan nader beskou vertel die IES syfers n storie van ekonomiese stagnasieEen van die feite wat uitstaan uit die 2023 Opname van Inkomste en Besteding is ongelykheid, spesifiek die ongelyke verdeling van inkomste en besteding tussen verskillende bevolkingsgroepe. Wat die media nie veel oor te sê het nie is wat oor tyd gebeur het. 2025-01-3003 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutOngelykheid is laer en ander interessanthede uit die IES2023Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Opname van Inkomste en Besteding bekend gemaak. Hierdie is die 2023 opname en die eerste sedert 2015 en het belangrike gebruike. Byvoorbeeld, om armoedelyne te bereken, ongelykheid te bepaal en om die verbruikersprysmandjie op te dateer. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-01-2902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie onteieningswetDie Onteieningswet is nie die krisis wat sommige media bronne dit na laat klink nie., maar om dit nou te teken het gevolge vir beleidsonsekerheid.2025-01-2801 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDit is 'n week van rentekoersbesluiteHierdie is ʼn groot week vir rentekoersbesluite. Sentrale banke in Kanada en Brasilië, die Europese sentrale bank, Amerikaanse Fed, en ons Reserwe bank is aan die beurt. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-01-2701 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutVoedselpryse is (afwaarts) stramHierdie week se inflasiesyfer het gewys dat voedselprysinflasie nog laag is, maar die vlak van voedselpryse is ʼn teer punt vir verbruikers. Baie mense vra, as voedselprysinflasie laer is, en beurtkrag is verby, en brandstofpryse is laer, hoekom val pryse nie?2025-01-2401 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDesembermaand se inflasiesyferStatistieke Suid-Afrika het gister Desembermaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend gemaak. Inflasie het gestug vanaf 2,9% in November tot 3,0% in Desember. Ek dink nie dit gaan ʼn groot invloed hê op volgende week se repokoers besluit nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.2025-01-2301 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie 4de kwartaal se aanwysersDie IMF het onlangs hulle vooruitskatting van Suid-Afrika se vol-jaar ekonomiese groeikoers afwaarts aangepas tot 0,8% vir 2024. Dit is eintlik ʼn storie van groei in die vierde kwartaal en die prentjie is nie baie duidelik nie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.2025-01-2202 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutPresident Trump en die SA ekonomieDaar is al baie gespekuleer oor wat Donald Trump se tweede presidentskap van die VSA gaan beteken vir Suid-Afrika en ons ekonomie en ek wil vandag ʼn kort opsomming gee.2025-01-2101 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie Minuut skop weer afNa ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek is Stellenbosch en Codera Analytics is aan boord as episode borge.2025-01-2001 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutJaareindeDit is lekker om die jaar af te sluit met optimisme oor 2025. Mens het altyd hoop, maar dit is lekker om positief te wees oor die vooruitsigte vir lae inflasie en vinniger ekonomiese groei. Ek het ook ʼn paar goeie idees vir die Minuut, meer video, dalk ʼn nuusbrief. Maar eers gaan ek vakansie hou.2024-12-1301 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDit het iets te doen met die prys van eiersVandag se episode gaan weer oor aanwysers. Statistieke Suid-Afrika maak hierdie week ʼn groot rondte data bekend wat insluit Oktobermaand se produksie en verkope in vervaardiging en mynbou, Novembermaand se Verbruikersprysindeks en die inflasiekoers en ook ʼn verslag oor die arbeidsmark in 2023.2024-12-1201 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutMarkte: lugruim, scrabble, robotteEkonome glo in die markmeganisme – dit is vraag, aanbod, en prys – om seker te maak dat skaars hulpbronne effektief gebruik word en onbeperkte behoeftes bevredig word. Die Marginal Revolution blog het gereeld interessante inskrywings oor markte vir alles.2024-12-1101 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutInteressante lyste uit 2024Die einde van die jaar lewer gewoonlik ʼn klomp lyste op – die groot gebeure, die invloedryke mense wat die opskrifte gehaal het, die topverkopers ensovoorts. Een van die interessante lyste is die van die joernalis Tom Whitwell en die dinge wat hy hierdie jaar geleer het. ʼn Hele paar het ʼn ekonomiese invalshoek.2024-12-1002 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie ekonomie van kersfeesDie ekonomie van Kersfees is verseker nie waaroor die Kerstyd gaan nie, maar dit is ʼn spesifieke seisoen van die jaar wat interessant is in verskillende opsigte. Daar is verbruiksbesteding op vakansie, en geskenke, versierings, en al die verversings wat nodig is om saam met geliefdes te kuier. Die kersfees liedjie en die kersfees fliek is ʼn konsep. As jy dink dit is gekommersialiseer is jy reg.2024-12-0901 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutGroeisyfers, verbruikers, en totsiens SakeskoolHierdie week se ekonomiese groeisyfers was nie goeie nuus nie, maar dan kry mens ʼn koerantopskrif wat sê dit is ʼn terugslag vir verbruikers voor die feesseisoen en ek voel ek moet nog iets daaroor sê. Ek wil ook vandag se episode gebruik om die NWU Sakeskool te bedank vir hulle ondersteuning die laaste paar jaar. 2024-12-0602 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHou 'n oog op Q4 aanwysersNa die teleurstellende ekonomiese groei syfer word daar met nuwe ywer gekyk na die maandelikse aanwysers vir die vierde kwartaal. Die week is die vierde kwartaal se verbruikersvertroue-indeks en ook Novembermaand se voertuigverkope data bekend gemaak. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-12-0501 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie ekonomie krimp in die derde kwartaalStatistieke Suid-Afrika het gister die derde kwartaal se Bruto Binnelandse Produk en ekonomiese groei-syfers aangekondig. Dit is onverwagte slegte nuus. Die ekonomie het met 0,3% gekrimp in die derde kwartaal. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-12-0402 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutVandag se groeisyfers telStatistieke Suid-Afrika maak later vandag die derde kwartaal se bruto binnelandse produk en ekonomiese groei syfers bekend. Almal hoop dat die syfers die positiewe sentiment wat posgevat het na die verkiesing sal reflekteer. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-12-0302 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutNog BTW nulkoerse gaan nie "die armes" help nie.President Ramaphosa het verlede week in die Raad van Provinsies weer gesê dat die regering stel ondersoek in of meer basiese voedselitems ʼn BTW nulkoers moet kry. Dit is vir verskillende redes ʼn fout. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.2024-12-0202 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHoe kan SA 3% groei kry?Gister het ek by ʼn funksie middagete geëet. Die gas lang my was ʼn belasting prokureer wat toe vra, hoekom is ekonome so optimisties dat die Regering van Nasionale Eenheid vinniger ekonomiese groei gaan bewerkstellig? Gewoonlik is die kort antwoord ʼn storie van hervorming wat lei tot investering en dan tot groei, maar dit is die moeite werd om die lang antwoord te gee. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutGoeie nuus oor die vervaardigingsektorNog twee aanwysers het hierdie week positiewe nuus oor die ekonomie. ABSA en die Buro se opname onder vervaardigers wys dat sakevertroue in die sektor toegeneem het in die vierde kwartaal en die Reserwebank se leidende aanwyser lyk ook beter. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2802 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDobbel is soos 'n belastingBaie van ons sal, soos die liedjie sê, kan doen met ʼn miljoen. Maar ongelukkig sê die lirieke niks oor harde werk, spaar en beleggings nie. Die hoop vir ʼn meevaller bring ons by die ekonomie van dobbel. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2701 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDit is die gemiddelde werknemer wat die twee-pot spare nodig hetOnttrekkings uit die spaar-pot van die twee-pot pensioenstelsel word genoem as een van die aanwysers van die druk op verbruikers, en ook as ʼn moontlike drywer van verbruiksbesteding. Daar is nog nie ʼn samevatting beskikbaar nie, maar daar is genoeg om ʼn interessante prentjie te skets. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2602 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie ekonomie het jou Swart Vrydag-besteding nodig (maar nie op kredit nie)Oor die afgelope tien jaar het Swart Vrydag-uitverkopings 'n instelling in Suid-Afrika geword. Mense gebruik dit om winskopies te koop en hulself te bederf met alledaagse luukshede. In 2023 het verkope egter teleurgestel, aangesien hoë inflasie en hoë rentekoerse verbruikers onder druk geplaas het. Hierdie jaar lyk die vooruitsigte beter. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.2024-11-2501 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutMaar dit is toe net 25 bpsDie Monetêre Beleidskomitee het die repokoers toe met net 25 basispunte verlaag. Gelukkig is die Suid-Afrikaanse ekonomie soos ʼn Kalahari boer wat elke 1 en 2 ml reën in die meter tel. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2201 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutBut it turned out to be only 25 bpsThe Monetary Policy Committee lowered the repo rate by just 25 basis points yesterday. Fortunately, the South African economy is like a Kalahari farmer who counts every 1 and 2 ml of rain in the meter. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-2201 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutEk dink daar is 'n goeie saak vir 'n 50 bps verlagingStatistieke Suid-Afrika het gister Oktobermaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend gemaak en dit het afgeneem tot 2,8%. As daar ooit ʼn kans was om die repokoers met 50 basispunte te sny is dit vandag. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2102 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutI think there is a strong case for a 50bps cutStatistics South Africa yesterday released the consumer price inflation figure for October, which decreased to 2.8%. If ever there was a chance to cut the repo rate by 50 basis points, it is today.  This episode is supported by the NWU Business School.  2024-11-2102 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWat is die groot kragte wat die repokoers bepaal?Ontleders is dit eens dat die Monetêre Beleidskomitee more die repokoers met 25 basispunte gaan verlaag. Die verwagting is nog twee 25 basispunte verminderings vroeg volgende jaar, maar daarna is dinge onseker. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-2002 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWhat are the big picture forces influencing the repo rate?Analysts are in agreement that the Monetary Policy Committee will cut the repo rate by 25 basis points tomorrow. The expectation is two more 25 basis point reductions early next year, but after that things are uncertain. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-2002 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHoe hou ons spoor van hervorming?Een van die redes vir S&P se positiewe vooruitsig vir Suid-Afrika se kredietgradering is dat hulle dink die Regering van Nasionale Eenheid kan hervorming deurvoer wat ekonomie groei sal verhoog. Dit is dinge soos die skep van ʼn elektrisiteitsmark en implementering van die vragvervoer en logistiek meesterplan. Maar as mens die koerant lees klink die proses baie keer soos twee tree vorentoe en een tree terug. Hoe hou mens spoor van of daar vordering is, of nie? Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-1902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHow do we keep track of reform?One of the reasons for S&P's positive outlook for South Africa's credit rating is that they think the Government of National Unity can implement reform that will increase economic growth. These are things like the creation of an electricity market and the implementation of the freight transport and logistics master plan. But when you read the newspaper, the process often sounds like two steps forward and one step back. How does one keep track of whether there is progress or not? This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-1902 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutGoeie nuus van S&PDie kredietgraderingsagentskap S&P het Vrydag die vooruitsig vir Suid-Afrika se gradering aangepas van stabiel na positief. Dit is nog nie ʼn opgradering nie, maar ʼn beweging in daardie rigting. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.2024-11-1802 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutGood news from S&POn Friday, the credit rating agency S&P adjusted the outlook for South Africa's rating from stable to positive. It is not yet an upgrade, but a movement in that direction. This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.2024-11-1801 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutTrump, die rand, inflasie, en die repoAs jy die laaste week die markte dopgehou het is dit duidelik dat die impak van die verkiesing van President Trump nog in die rand-dollar wisselkoers en die JSE sit. Die depresiasie gaan oor ʼn sterker dollar en die vraag is wat dit beteken vir ons brandstofprys, inflasie- en rentekoerse. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-1502 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutTrump, the rand, inflation, and the repoIf you have watched the markets in the last week, it is clear that the impact of the election of President Trump is still in the rand-dollar exchange rate and the JSE. The depreciation is about a stronger dollar and the question is what this means for our fuel price, inflation and interest rates. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-1502 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutHuiswerkers onder drukSaam met gister se arbeidsmagopname data het Statistieke Suid-Afrika die kollig geplaas op die huiswerkers. Ongeveer 1,1 miljoen Suid-Afrikaners is in privaat huishoudings indiensgeneem en van hulle is 854 000 huiswerkers wat skoonmaak, kook, en kinders of bejaardes versorg. Dit is ʼn groep wat besonder kwesbaar is vir ʼn afswaai van die ekonomie. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-1402 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDomestic workers under pressureTogether with yesterday's labour force survey data, Statistics South Africa put the spotlight on the domestic workers. Approximately 1.1 million South Africans are employed in private households and of these 854 000 are domestic workers who clean, cook, and care for children or the elderly. This is a group that is particularly vulnerable to a downturn in the economy. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-1402 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutWerkloosheid het afgeneem in die derde kwartaalOntleders hoop dat die ekonomie beter gevaar het in die derde kwartaal, maar ons het nog nie ʼn BBP groeisyfer beskikbaar nie. Vriend en vyand is verras deur die afname in die werkloosheidskoers. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-1301 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutUnemployment decreased in Q3Analysts hope the economy performed better in the third quarter, but we do not yet have a GDP growth figure available. Friend and foe alike were surprised by the decline in the unemployment rate. This episode is supported by the NWU Business School. 2024-11-1301 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie COP beraad is 'n slegte Nash ewewigDie COP29 beraad vind hierdie week plaas en die groot doel is om ʼn sg. New Collective Quantified Goal (NCQG) te stel vir die finansiering van die stappe om klimaatsverandering aan te spreek. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-1202 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutThe COP summit is a bad Nash equilibriumThe COP29 summit takes place this week and the main goal is to create a so-called  New Collective Quantified Goal (NCQG) for financing the initiatives to address climate change. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-1202 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuut$1400 bn oor 5 jaar help dalk nie soveel soos ons hoop nie!Terwyl almal verlede week nog gewonder het hoe nog ʼn Trump Presidentskap die markte gaan beïnvloed het Sjina nog maatreëls aangekondig om hulle ekonomie te ondersteun. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.2024-11-1101 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuut$1400 bn over 5 years may not help as much as we hoped!While everyone was still wondering last week how another Trump Presidency would affect the markets, China announced more measures to support their economy. This episode is supported by the Bureau of Economic Research in Stellenbosch and the NWU Business School.2024-11-1101 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie Fed sny met 25bpsTussen die mini-begroting en Amerikaanse verkiesing voel dit of Suid-Afrikaners se optimisme dalk so bietjie stoom verloor het, maar vandag is daar goeie nuus dat die Amerikaanse Fed het hulle beleidskoers met 25 basispunte gesny het. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-0801 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutThe Fed cuts by 25bpsBetween the mini-budget and the US election, it feels like South Africans' optimism may have lost a bit of steam, but today there is good news that the US Fed has cut their policy rate by 25 basis points. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-0801 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutTrump is weer die troefkaartTrump is toe weer President, maar moet nie dat dit jou bedruk maak nie. Die antwoord op die vraag oor wat sy tweede rondte vir Suid-Afrika gaan beteken is kortweg: onsekerheid. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-0701 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutMaking policy uncertainty againTrump is President again, but don't let that get you down. The answer to the question about what his second round will mean for South Africa is simply: uncertainty. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-0701 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutGeen rompslomp vir spazas nie, asbDie township ekonomie en spaza winkels is die laaste paar weke in die nuus vir al die verkeerde redes. Uit verskeie oorde is daar oproepe vir meer regulering, maar is dit die oplossing vir al die probleme? Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-0602 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutNo red tape for spazas, pleaseThe township economy and spaza shops have been in the news for all the wrong reasons in recent weeks. Calls for increased regulation have come from various quarters, but is this the solution to all the problems? This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-0602 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutDie verkiesing, die Fed, en wat dit beteken vir Suid-AfrikaDie Amerikaanse Presidentsverkiesing is aan die gang en dit lyk of nie veel stemme die wenner en verloorder gaan skei nie. Baie sê dit is ʼn verkiesing oor die ekonomie, maar verseker nie in die makro-ekonomiese sin nie, want dié vaar besonder goed. Suid-Afrikaners wil natuurlik weet wat hou ʼn Harris presidentskap of nog ʼn Trump presidentskap vir ons in. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.2024-11-0502 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutThe election cannot trump the FedThe American presidential election is underway, and it appears that only a small margin of votes will separate the winner and the loser. Many claim it’s an election about the economy, though not in a macroeconomic sense, as that is performing particularly well. South Africans naturally want to know what a Harris presidency or another Trump presidency holds for us. This episode is supported by the NWU Business School.2024-11-0502 minDie ekonomie minuutDie ekonomie minuutThis is what a positive growth scenario looks likeYou are listening to the Economics Minute and I am Waldo Krugell I was at the Bureau of Economic Research's conference yesterday and would like to share some of the interesting things we heard there. The Bureau is quite positive about economic prospects for next year. They predict 2.2% economic growth in 2025 and base the optimism on a number of positive developments that are now underway, such as improved consumer and business confidence, lower inflation and a stronger rand. They also discussed a sudden start scenario for if everything goes really well.2024-08-0102 minThe OFM Business HourThe OFM Business HourProf Waldo Krugell, van die Skool vir ekonomie aan die Noordwes-UniversiteitProf Waldo Krugell, van die Skool vir ekonomie aan die Noordwes-Universiteit vertel vir die Sakeuur meer van die ekonomiese invloed van die aankondiging, en hoekom hy versigtig optimisties voel.2024-06-2403 minWhat\'s Next with Aki AnastasiouWhat's Next with Aki AnastasiouProfessor Waldo Krugell discusses South Africa’s economic prospectsWaldo Krugell is a professor of Economic Sciences at North-West University, where he teaches macro and microeconomics. He serves on the board of Economic Research Southern Africa, and previously was the editor of SAJEMS – a leading South African academic publication focused on Economic and Management Sciences. Krugell also shares his thoughts about the economy on his podcast – Die Ekonomie Minuut. In this episode of What’s Next, Krugell discusses the prospects and growth trajectory of the South African economy. He unpacks why many economists believe that South Africa faces slower economic growth this year, and explains what can be done about...2023-02-2316 minNWU Business SchoolNWU Business SchoolEpisode 3: Prof Waldo Krugell - South African inflation rateProf Waldo Krugell from the NWU Business School speaks to Olebogeng from the OFM Business Hour about the South African inflation rate 17 November 2021. 2022-02-0707 minNWU - Paving The Way (Podcast Series)NWU - Paving The Way (Podcast Series)NWU-reeks: Episode 3 - Prof Waldo KrugellIn hierdie episode verduidelik Prof Waldo Krugell hoe om besoedeling met ’n ekonomiese aanslag te takel.2020-11-0201 minNWU - Paving The Way (Podcast Series)NWU - Paving The Way (Podcast Series)NWU-reeks: Episode 1 - Prof Waldo KrugellIn die eerste episode brei Prof Waldo Krugell van die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe uit oor watter ondernemings meer kwesbaar vir Covid-19 inperkings was, asook wanneer ekonomiese herstel verwag kan word. Waldo Krugell is ‘n professor in die Skool vir Ekonomiese wetenskappe aan die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroomkampus. Hy stel belang in makro-ekonomiese vraagstukke en wat dit beteken vir huishoudings en ondernemings. Hy doen navorsing en maak graag aanbiedings oor uiteenlopende onderwerpe. Luister na sy idees in Die Ekonomie Minuut potgooi. Besoek NWU aanlyn by http://www.nwu.ac.za/.2020-10-0602 min