Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Jacostrydom

Shows

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Reggie PeaceGee ons meer vredemakers soos Reggie Peace! Meeste Suid-Afrikaners ken Reggie Peace as akteur en sanger. Maar hy word toenemend ook geken as skrywer. Sy eerste draaiboek is in 2021 verfilm en hy het ook al verhoogstukke geskryf. Sy boek, Vredemaker, het pas die lig gesien.  En Vredemaker is ’n goeie titel, want Reggie het ’n manier om die vreemdste mense bymekaar te bring . . . 2025-07-1212 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomNic Grobler se beelde vertel stories . . . Nic is soos ’n ontdekkingsreisiger en hierdie is net een van die vreemde reise van verwondering waarop sy beelde hom geneem het. Elke beeld het ’n storie.  Oor en oor vertel hy hoe hy die Here se hand, nie net in die oorspronklike inspirasie nie, maar ook in die proses van die maak van ’n betrokke beeld ontdek. Al dikwels sou ’n beeld wat breek of in sy oë aanvanklik misluk, hom na ’n nuwe, beter plek lei . . . nicjgrobler@gmail.com   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in...2025-06-1745 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Len MullerJare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . .  https://lenmuller.co.za/   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2025-05-1920 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomIvor Swartz en Jaco Strydom oor Eendag Is Te VerIvor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a.  jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ...  Borg 'n bed in een van die Echo-huise   2025-05-1355 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomIvor Swartz en Jaco Strydom oor jongmense, die kerk en Eendag is te verIvor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a.  jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ...    Borg 'n bed in een van die Echo-huise 2025-05-1255 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Ashe Steenbok“Hoe word jy toe ’n Anglikaanse priester?” vra ek. “Wel, toe gebeur God!”sê hy.  Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van ’n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.”  Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon. “Tien uur daai aand kon ek nie ophou dink aan daai man se woorde nie . . . Kyk uit vir arti...2025-04-1342 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Gerald Kamfer“My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir ’n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots is in albei van ons se lewens. Vir ’n wyle het ek gesê, Here wat is U besig om te doen. Ek is dan die een wat verkeerd was, die een wat in die wrong was, en nou gebeur dít met my vrou? Wat gaan hier aan? En ek het dit hard en duidelik gehoor, die woorde: ‘Gerald, it’...2025-03-1736 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJacques De Villiers van Joshua na die ReënJaco Strydom gesels met Jacques De Villiers van Joshua na die Reën   “In graad drie het my ma my eerste kitaar les geboek en toe later vir my ’n keyboard gekoop. In die hoërskool het ek ’n band begin. Dit was uit en uit ’n Worship band met die naam Sovereign, en ons het gesuck!”     Hy, sy vrou Danél en hulle drie kinders woon op ’n plaas tussen Johannesburg en Parys — waar hy geword het. Baie het verander van daardie eerste orkes op skool . . . Bookings: yolandi@jndr.co.za   Borg 'n bed in...2025-02-1740 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomLerisa Meyer oor die see en die kerk en die dieper dors“Ek en Handré bly in Uvongo met ons twee hondekinders, Leo en Teddie,” sê sy en vertel hoe hulle in 2020 van Pretoria as see toe getrek het. Dit was wonderlik en rof. Sy en Handré was pas gertoud en hy het kort daarna Covid gekry. Handré het ook teologie geswot. Hy vandag ’n onderwyser en help dikwels met preekbeurte in die gemeente . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2025-01-1323 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmenseNa skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ń karwas, tot drom dienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop — noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van twee suksesvolle besighede in die skrootmetaal bedryf en ek dank die Here vir alles wat ek geleer het uit my vorige probeerslae,” sê Erick van Breda wat onlangs bevestig is as diensleraar by NG Florauna in Pretoria . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2024-11-2524 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Henning Mostert in GhanziHenning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op ’n klein dorpie in Botswana, maar ook ’n meganiese ingenieur, met ’n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface!  “Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 1000km van Swakopmund af en 1000km van die Victoria meer af, 1200km van die Vrystaat, 1000 van Johannesburg 1500km van die Kaap.”     Kyk...2024-11-0833 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut oor kerkwees in die stad en die bergeHulle het mekaar in die hart van Hillbrow ontmoet. Vandag kerk die twee tussen die berge. Die gemeente waarvan hulle deel is, is in Winterton in mooie Noord Natal, aan die voet van die Dransberge. “Ons het begin dink dis dalk tyd vir ’n skuif. Toe op ’n dag besluit ons, ons gaan net een CV opstel en sê: ons is ’n package-deal, so of julle vat ons altwee of nie een van ons nie! So toe het hierdie gemeente een dominee-pos in twee gedeel sodat ons elkeen nou ’n halwe pos het ..."   Kyk uit vir a...2024-10-1532 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Charlene GroblerCharlene Grobler is die hoof van Jakaranda en Louis Botha kinderhuise. Jakaranda huisves 200 kinders in 20 huise; Louis Botha 90 kinders in 9 huise. Hulle het 10 maatskaplike werkers en ’n groot klomp ander personeel.  “’n Skoolhoof het een keer vir my gesê, moeilikheid is jou besigheid Charlene! My groot werk is om mense te bestuur en te ontwikkel en die regte sisteme in plek te sit.” Hoe lyk jou tipiese dag? vra ek. “My tipiese dag is redelik nag!” lag sy . . . Lees artikel in Kerkbode 2024-09-1541 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomScherlize se Ysterplaat storie“Toe dink ek, ja, die saal word nou gebruik en die verhoog lankal ingerig in kamers waar van ons mense bly. Wat kan ons nog gebruik? Ons stoor is nou klaar die kantoor, die ander kantoor is al die maatskaplike werker se plek, Hendriko bly reeds backstage in een van daai ou aantrekkamers, die gat onder die verhoog is die huiswerkkamer en die ou moederskamer is die crèche . . . Wat is daar nog? Toe dink ek, wel, daar is ’n oop stuk teer agter die kerk, en dít  word nog nie gebruik nie., So toe kry ons containers en omsk...2024-08-1924 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomStefaans se nuwe lewe is vol boekeSy lewe lees soos ’n storie vol erg uiteenlopende genres. En dis ’n verhaal vol eens ondenkbare verassings wat steeds besig is om geskryf te word.  Baie het gebeur in die nege jaar ná Stefaans Coetzee vrygelaat is. Daar was ’n tyd toe jy, as jy sy naam hoor of iewers iets oor hom raaklees, dadelik gedink het aan die verregse tiener bomplanter wat lewenslank in die tronk sit. Toe breek daar ’n nuwe tydperk aan. ’n Tydperk waarin hy bekend word as die ou wat ’n nuwe lewe begin het, wat groentetuine plant in die plakkerska...2024-07-1721 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels oor DAKA"En nou gaan ek jou die storie vertel van my dood en hoe ek die hemel en die hel van solitary confinement in die wildernis ontdek het - en  hoe ’n waterwese my gered het . . ." Penguin Random House, Luca Exclusive Books, Bargain Books, Graffiti . . .  LifeFM ondehoud 21/6/2024 Borg 'n bed in een van ons Echo-huise       2024-06-2119 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Jacqueline De Lange - Moeder Teresa van die MootReeds vroeg in haar lewe het sy kennis gemaak met die wrede kant van die lewe en ’n belangrike besluit geneem. Die storie oor haar kinderjare is tragies, om die minste te sê. Maar ironies genoeg — omdat haar verhaal nie daar eindig nie — is dit ook dié tipe storie wat jou weer in God se goedheid laat glo, en aan die wonderwerk van ’n nuwe begin en dat die lig steeds mag het oor duisternis  . . . Die lewe maak jou bitter of beter. Jacqueline het beter gekies . . . Kontak Jacqueline: jacqueline.delange43@gmail.com Kyk uit...2024-06-1636 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Jan Venter oor rugby op Clarens - onder andereClarens is nie net ’n mooi plek nie, daar gebeur ook mooi dinge! Soos die storie van die Clarens Eagles. . . . toe Jan weer sien was hy nie net die nuwe dominee op die dorp nie, maar ook die afrigter van ’n rugbyspan bestaande uit jongmanne waarvan meeste nog nooit voorheen op ’n rugbyveld was nie . . . Clarens Eagle op FB Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode 2024-05-1923 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Sharaine Steenberg wat in Nieu-Seeland woon“As dit maklik is doen jy dit verkeerd!” sê Sharaine Steenberg. “Na 8 jaar dink ek nog baie daaraan om eerder terug te gaan Suid-Afrika toe. Ons het getrek vir 'n toekoms vir ons kinders, en sodat ek naby my ma kan wees - hulle het ’n jaar voor ons getrek. Maar nou dat ek terugkyk, was dit regtig God se plan vir ons. My impulsiewe, en somtyds selfsugtige, neigings het gemaak dat ons op die vliegtuig geklim het, maar sonder om cheezy te wees, God is die een wat my hier hou.” Sy sê die groot besluit i...2024-04-1423 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met die mense van NetACT in Nairobi, Kenia“Waarom doen ek dit? Liefde vir Afrika! En omdat God se liefde my dring. Ek ontdek soveel van myself, van ander mense en van God in hierdie betrokkenheid in Afrika,” sê Hannes Theron, die programkoördineerder van NetACT.  “Ek is eintlik 'n gerehabiliteerde pensionaris,” lag hy en vertel dat hy nooit gedink het hy gaan op sy ouderdom weer 'n draai in die akademie maak nie. Hy was onder andere voorheen predikant by Helderberg gemeente in Somerset Wes en is onlangs bevestig by NG Gemeente Constantia.  Ons gesels in die eetsaal van die Pan Africa Christian Un...2024-03-1231 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het“My boot was rooi van die sand, so ook al die vlaggies op die dek, én my sonpanele. En dis nie goed nie! Want jy is ongelooflik afhanklik van die paar elektroniese goed op die roeiboot,” vertel Peet Botma. Dit was sy tiende dag op die Atlantiese oseaan, reeds meer as 700km van die naaste droë grond af. Daar was 'n sandstorm in die Sahara Woestyn en die Oostewind het dit die diepsee in gewaai.  Christopher Columbus draai sekerlik in sy graf om, het ek gedink toe ek dié storie hoor.  Hy sou dit eenvoudig nooit kon...2024-02-1155 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Johan ErasmusJohan Erasmus is die leier van 'n geloofsgemeenskap genaamd, Dialogue Community, en een van die stigterslede van Betereinders. Hy vertel hoe hy na skool teologie wou studeer. Maar, soos dit daai jare op Potchefstroom gewerk het, moes hy eers 'n paar vrae van die kuratorium-ooms antwoord. Toe die een dosent vra, waarom hy teologie wil studeer, het hy geantwoord: “want ek wil sien of dit waar is.” Dit was die verkeerde antwoord, toe gaan swot hy geskiedenis en filosofie . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Meer oor Dialogue Community   Borg 'n...2024-01-1243 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomKatleho Ncaphe"For me to be confirmed as the service minister in NG Kerk is the continuation of what God started before I was born. I am just becoming part of the big picture of God. One wagon of the laager has made space for those, who they used to only reach out too by going on outreaches, but were never included inside the laager. And this for me is the manifestation of God's divine grace. The language of the true kingdom is love that goes beyond color race or gender . . . " More about PEN  Kerkbode 2023-11-2624 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMaartje en Zander van der WesthuizenMaartje van der Westhuizen is pas verkies as assessor van die algemene sinode. Sy is  predikant by NG kerk Elarduspark. Zander is predikant by NG Gemeente Tygerpoort;  hy is 'n dominee, radio-omroeper by Groot FM, musikant, skrywer en dien op die Oostelike Sinode se SDR. Om net 'n paar dinge te noem . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2023-11-1054 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Stephan De BeerEk wens meer dominees en pastore wil na die ou luister sê iemand nou die dag, en ek onthou 'n ander ou wat eenkeer opgemerk het: “David Bosch is dood maar ons het darem nog vir Stephan De Beer!”    Ek vra hom waar alles begin het.   “Die grootste draaipunt was die Elim-kerk in Sunnyside wat afgebrand het op 12 Maart 1992. Dit was ’n skuiling vir straatkinders wat ek help begin het. Agt seuns is die aand dood . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode  2023-10-061h 14Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Johan Robyn“Ek het diep in die oë gekyk van daai ouens wat die gun op my gehad het en ek het regtig daai dag die pyn van armoede gesien, die pyn van swaarkry, die pyn van dis kersfees en ek moet iets huis toe vat ek moet iets hê om vir my kinders te gee,” sê Johan Robyn wat die laaste 23jaar in Hillbrow werk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode 2023-09-1835 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Rethie Van Niekerk“Ek dink daai broosheid wat ek ervaar het, het my op 'n fundamentele manier gevorm. Ek het geleer om dit te embrace. In daai hele tyd wat ons werkloos was, het ek dit as my taak begin beskou om te werk daaraan om nie hard te word nie. Om sag te bly en toe te laat dat die seerkry my mooi maak. Eerder as lelik. Dis nie eenvoudig nie. Dis vrek harde werk. En om nie bitter te raak nie! Maar ek dink daai broosheid is nou deel van my menswees. Ek verstaan dat die lewe gebeur en dat di...2023-08-1430 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Niel en Marietjie SteynMarietjie is 'n dominee by die oudste kerk in die land en Neil die leier van een van die jongste geloofsgemeenskappe, Isibindi . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Isibindi 2023-07-1754 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Ruhan FourieDie kerk was nog nooit goed met mag nie, en politici het 'n manier om godsdiens tot voordeel van hulle eie groep te manipuleer. Ek voel effe deurmekaar oor die saak en besluit om raad te vra by dié een ou wat ek ken wat die meeste van sulke dinge weet.   Ruhan Fourie, is 'n historikus in Bloemfontein wat al heelwat geskryf het oor die geskiedenis van die NG Kerk en die politiek in Suid-Afrika; hy is tans juis besig met die skryf van 'n boek oor die NG Kerk en die Rooi Gevaar. ’n Artikel op sy b...2023-06-1634 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Hanneri De WetSy vertel stories met fotos . . .   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2023-05-1236 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout“Ek is gebore in Welkom, op 'n dag dat dit gesneeu het in Augustus, en vir 'n oomblik is ek omgeruil en vir die verkeerde ma gegee.  My eerste moedersmelk was dus van  'n ‘Mev van Vuuren’ af en nie van Mev Bezuidenhout nie; en van daai dag af was ek reeds ‘anders’,” vertel Ronell.    Sy was deel van die eerste groep vroue wat destyds in die NGKerk bevestig is as predikant. Ronell het deur die jare 'n hele lot boeke geskryf, kursusse ontwikkel, sy skilder ikone, is vandag 'n predikant in die Lutherse kerk . . .  Kyk uit vir artikel e...2023-04-1434 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi SwanepoelNie vervelige mense nie! Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel oor hulle 2de TV reeks en die paradoks van dominee- en kerkwees in Suid-Afrika vandag.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2023-03-1754 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Eddie Le RouxEddie Le Roux gesels oor sy pad met die kerk, letterlik 'n dag na hy afgetree het as predikant.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2023-02-0230 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomDanie en Esther Van Niekerk, vreemde wesens wat die wêreld ’n beter plek maak“Waar is Danie . . . en waar is ons kruiwa?” het Esther gewonder.  Meer en meer desperate, moeë, moedelose vlugtelinge uit Sirië het elke dag deur hulle stad beweeg. En waar was Danie? Hy was besig om oumense wat te swak is om te loop oor die grens te stoot in hulle kruiwa.  Masedoniërs groet mekaar met die woorde “каде си?” (uitgespreek “kade si?”) wat beteken “waar is jy?” Danie en Esther van Niekerk het besluit om doelbewus met hulle lewens hierop te antwoord: “Ons sal wees waar die moeilikheid is!” . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Onderste...2023-01-161h 05Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Danie Mouton oor sy pad met die kerk“Die skool se leuse was ‘Ons eie eerste’, 'n leuse waarvan ek my hele volwasse lewe probeer afskeid neem,” sê Danie. Hy was al oral betrokke in die kerkomgewing, van gemeente dominee en hoof van 'n kinderhuis tot die direkteur van Bybel-Media, om net 'n paar plekke te noem, tans is hy die uitvoerende beampte van die Sinode van Oos-Kaapland. Hy is hoopvol oor die toekoms, sien 'n klomp mooi goed raak en sê hy is veral opgewonde oor nuwe jong leiers in die kerk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg...2022-11-1438 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Enrique HermanusEnrique het onlangs sy vier en twintigste verjaarsdag gevier, maar moenie dat sy ouderdom jou bluf nie, hy is een van daai ouens wat dit regkry om 'n groot klomp lewe in 'n kort leeftyd in te pak . . . Hy het onlangs 'n toekenning gekry as een van die Mail & Guardian se twee honderd jongmense wat die grootste verskil in Suid-Afrika maak. As jy sy storie hoor, of 'n kans kry om hom dop te hou, sal jy verstaan waarom.  Kontak hom: e.s.hermanus@gmail.com       2022-11-0728 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJohan Brits, die eenvoudige lewensstyl van ’n finansiële slim ouDis nie net wát Johan Brits doen wat fassinerend is nie, maar veral die plek vanwaar hy kies om dit te doen. As jy byvoorbeeld hoor wat die ou se day-job is, sal jy dink hy ry 'n duur kar en woon in 'n luukse huis van sy eie in 'n veilig omheinde kompleks. Maar Johan is 'n vreemde ou. Hy sal die eerste een wees om uit te wys dat hy is geen St Franciscus van Assisi is nie, maar sy lewensstyl het iets van die selfde appèl op die godsdienstiges van vandag. Dis lyn...2022-10-0830 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomWynand BreytenbachWynand Breytenbach is predikant met opdrag jongmense en uitreik, sy Facebook blad sê: Story Teller at Durbanville Gemeente. Sy eie storie is vol intriges, verwondering en nuwe ontdekkings, allermins ’n vervelige verhaal . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-09-2631 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomRetha Kruidenier, die dominee met ’n groot hart'n Mens kan die emosie in haar stem hoor as Retha praat oor die weerlose mense in die gemeenskap, veral die mense wat sy daagliks raakloop in publieke hospitale as deel van haar werk by HospiVisie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2022-09-0529 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomDie worsteling en verwondering van Pierre Du PlessisPierre Du Plessis het destyds modeontwerp geswot, later vir 'n tyd lank in die advertensiebedryf gewerk en onder andere ’n alternatiewe geloofsgemeenskap genaamd 3rdPlace gehelp vestig in Pretoria. Hy was ook al meer as een keer 'n spreker by TED X en hy is 'n skrywer . . . om net 'n paar goed te noem. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise     2022-08-0235 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomCharlotte SibanyoniCharlotte Sibanyoni is 'n NG dominee en Hebreeuse dosent by Tuks met ’n fassinerende storie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-06-2637 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomNadia en DJNadia en DJ is getroud. Albei is dominees, Nadia in 'n gemeente en DJ in die gemeenskap . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-06-0630 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Sandile Mnisi“Ons bly in 'n baie mooi land en die diversiteit maak dit nóg mooier!” sê Sandile Mnisi wat onlangs gelegitimeer is. Hy het teologie studeer by Tuks en preek die afgelope paar jaar amper elke Sondagaand by Melville Kruisgemeente, ’n NG Kerk in Johannesburg. Sondae-oggende is hy by VGK-gemeentes in Soshanguve en op ander plekke . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise       2022-05-1724 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomOorlog in Mosambiek, Andre en Anna-Marie is steeds daarAndre en Anna-Marie Thiart se huis in die Noorde van Mosambiek is laasjaar afgebrand, maar hulle is steeds daar. Vir nou woon hulle in 'n konstruksiekamp van TOTAL, net buite Palma, veertig kilometer van die Tanzanië grens af. Soldate uit Rwanda beskerm die kamp. “Dit gaan bietjie beter,” sê Andre, “maar steeds rof.” Hulle het gister gehoor van 'n dorpie daar naby wat geplunder is en 'n weermagkamp 'n ent verder is onlangs aangeval . . . Kontak vir Andre: thiartaa@gmail.com Link na Kerkbode vir artikel en fotos   2022-05-0358 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomNeil Büchner“Wat doen Neil Büchner nou eintlik?” Hierdie vraag het ek mense al meer as een keer hoor vra. Gewoonlik wonder en bespiegel almal teenwoordig dan bloot hardop. Niemand is heeltemal seker nie. Die probleem is Niel is 'n vrye wese, met buitengewoon baie talente en passies, van musiek en kerk en wyn, tot koffie en media en kosmaak en surf - en 'n hele paar ander . . .  Niel se Youtube Channel   Link na Kerkbode vir artikel en fotos Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-04-1146 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Johan CloeteJohan Cloete is deesdae op die agtergrond betrokke by Kerk tussen die Mielielande, 'n gemeente sonder 'n dominee . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-03-0747 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Fay Van Eeden“Toe blaas ek die oom se kar se bande af,” sê Fay, “ek het gevoel ek kan nie net níks doen nie.” “Hoe oud was jy?” vra ek. “Twaalf,” sê sy en vertel hoe sy van kleins af 'n passie het om te bewaar en versorg, veral wanneer dit oor die natuur gaan . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-02-1936 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomDie avonture van Michiel Van der MerweMichiel Van der Merwe is 'n dominee, 'n skrywer en die uitvoerende hoof van Stabilis, onder andere. Hy is een van daai rare mense wat 'n enorme klomp lewe in een leeftyd inpak - het byvoorbeeld al 23 keer die Argus fietswedren gery.  Én hy ken van klim, hy was al tot by die base-camp van Mount Everest, het al twee keer Kilimandjaro geklim en een keer Mount Kenia, die tweede hoogste berg in Afrika. Nog elke keer doen hy dit om geld in te samel vir een van sy grootste passies in die lewe: gidshond-opleiding. Hy vertel ook graag van...2022-02-0345 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomErick du Toit en die SkotteErick is die afgelope 3 jaar in predikant in Skotland . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2022-01-1537 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Marinda van NiekerkDit was by 'n fontein waar Marinda destyds haar groot ontnugtering gehad het. 'n Tipe ontwaking wat uiteindelik sou bydrae tot haar passie vir die weerlose mense van die middestad van Pretoria . . .    Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Lees meer oor Pen 2021-11-1552 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomChris de Vries se vreemde studentebediening in BloemfonteinDie dieper dors en die lewende water  "Die uitdaging is om boorgate te boor, fonteine oop te maak . . . eerder as om nog grense tussen mense op te rig," sê Chris De Vries Lees meer oor Kopanong Artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2021-11-0238 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Waldemar StumpfeWaar is Waldemar? Waldemar is present . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  My Blog: Anderkant die Doringdraad,   2021-10-1229 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Deon MeiringDeon Meiring het onlangs Bicycle Sonder 'n Slot saam met Koos Kombuis ge-record vir 'n TV reeks. . . . Sy se musiekloopbaan is reeds vroeg gebore - om dit sag te stel. Hy en 'n paar vriende het Glaskas in graad nege in Hoërskool Nico Malan op Humansdorp begin. Na skool het hy en Bouwer Bosch Dans Dans Lisa geloots en die laaste paar jaar het daar toenemend nuwe solo albums verskyn . . .  Deon Meiring Instagram Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-09-2239 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAmos PetersenOns gesels in Stellenbosch, hy is pas terug uit Malta waar hy onder vlugtelinge gewerk het.  Amos Petersen se pa was 'n VGK predikant op Vredenburg in die Weskaap, sy beste vriend Derik Basson se pa was die NG-dominee op die dorp.  Artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-09-0534 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAnsa van Geest, 'n dokter wat sing en skryf oor hoopOns gesels oor die uitdagings in haar mediesepraktyk in die Covid tyd, haar lewenspad, haar nuwe boek wat een van die dae verskyn . . . Ansa se blog Artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-08-1938 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomDelaHarpe le Roux ontdek nuwe hoop op ou plekke“Gee jou hart vir Hillbrow,” sing Johannes Kerkorrel. Moeder Teresa het dikwels wanneer mense haar sou raad vra oor wat hulle met hulle lewens moet doen, geantwoord: “Go find your own Kolkatta!”. DelaHarpe le Roux is iemand wat dít actually gaan doen het. Iemand wat ’n stad gekry het om sy hart voor te gee. 'n Dominee wat sy Kolkotta gevind het - met al die pyn en passie en die aksie en frustrasie wat daarmee saamgaan . . .   Artikel en fotos in Kerkbode Volg Torings van Hoop op FB 2021-08-021h 08Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAndré BartlettAndré Bartlett is 'n besige man. Hy is onder andere voorsitter van die Hoëveld sinode, 'n skrywer wat besig is met sy derde boek, hy is verantwoordelik vir voortgesette bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria en 'n predikant by Johannesburg gemeente. Maar as 'n mens sy naam vandag hoor, dink jy veral aan sy betrokkenheid by die gay-debat in die NG Kerk . . . Artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-07-051h 02Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomNaude Kritzinger. . wat ’n vreemde dominee . . . Link na een van Naude se musiek videos Link na Kerkbode vir artikel en fotos   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-06-0747 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMelodie van BrakelMelodie is een van die beautifulste mense wat ek al ooit ontmoet het - en ek het al baie mense ontmoet! Kyk of jy die podcast kan luister sonder om (ten minste ’n bietjie) uit te freak - en ’n traan te pik . . .  Compassion is contagous (I hope!!)  Cradle of Hope Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode 2021-05-1455 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Theo en Koos van ProphetDie nuwe album Die Kolonie is uit - and doing well. Waar het alles begin? Theo sê hy eintlik het vir Koos jammer gekry en wou hom graag help. “In 1982 het ek uitgereik na 'n armsalige teologie student . . .” lei Koos se weergawe . . . https://www.prophetmusiek.com Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2021-04-3046 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAnnes NelAnnes Nel is 'n dosent in Rusland. Hy en sy vrou Olga is fassinerende mense, vol passie vir die lewe en interessante stories. Hulle vertel onder andere van hulle pad tot in St Petersburg. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-04-1346 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Roelf MeyerRoelf Meyer het al belangrike politieke posisies beklee, was onder andere Minister van Verdediging en later Minister Konstitusionele Ontwikkeling, maar hy het veral internasionale bekendheid verwerf as vredemaker. Ons gesels oor die pad wat hy gestap het, wêreld gebeure, die kerk, uitdagings in Suid-Afrika . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2021-03-0446 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAndré Botha . . . hy is 'n dominee op die platteland met 'n passie vir die plakkerskamp . . .   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode 2021-02-2654 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomEJ Leach van Suid-Afrika na Kalkutta . . .EJ Leach is 'n vreemde dominee. Na hy sy studies by Tuks voltooi het, besluit hy en sy vrou om te trek na 'n plek waar dit rowwer gaan as Suid-Afrika. Hulle woon vandag in die hartjie van Kalkutta in Indië . . .   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2021-02-0941 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomDie passies en die frustrasies van Rudi Swanepoel“Rudi is real,” sê iemand nou die dag. 'n Goeie opsomming. Ons het al saam gelag en gehuil, en ek het die voorreg gehad om hom meer as een keer kwaad te sien. Meestal oor dinge wat in die kerk gebeur, of nie gebeur nie.  Elke keer was ek beïndruk, het ek gewonder, waarom meer mense nie ontsteld oor die dinge wat Rudi ontstel nie? (Daar ís 'n ding soos holy-anger!)   Rudi skryf en kook en drink wyn en hardloop - onder andere - en hy is dominee - hierdie land kon 'n beter plek gewe...2021-01-181h 01Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomStefaans Coetzee het bomme geplant, nou plant hy groenteDie fassinerende verhaal van Stefaans Coetzee wat destyds 'n bom geplant het in Shoprite. Hy gesels oor sy kinderdae, die Isreal Visie, oor sy tyd in die tronk en die vreemde dinge wat daar gebeur het wat sy lewe verander het . . . Kliek hier vir sy boek WIT WOLF   2020-11-151h 14Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomSchalk Van Heerden en die brûe wat hy bouBehalwe vir “kerkkantoortannie”, dominee en Scalk se betrokkenheid by FSSA, is hy aan die stuur van Betereinders.  “Ons is eintlik skaam oor hoe eenvoudig ons plan is,” verduidelik Schalk. Dit gaan oor “staan saam" – die verhoudingselement – en “werk saam" om aktief 'n verskil te maak. Suid-Afrikaners moet eers inspring, mekaar leer ken en verstaan voor ons kan leer saamwerk. Armoedeverligting is ook ’n groot doelwit van Betereinders.  “’n Klomp slegte dinge broei uit as mense nie werk het nie,” sê hy.  Betereinders trek elke jaar op geloftedag 'n laer in die townships, en braai dan saam met die plaas...2020-11-0248 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom chat met Johrné van HuyssteenOns praat oor sy huis in Sunnyside, die kere toe hulle geroof is, sy weirdste geestelike ervaring in 'n vreemde kerk, politiek en oor wanneer Ddisselblom weer gaan show . . .  2020-08-271h 02Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom en Bouwer Bosch chat (die Covid updated version)Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . .   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2020-08-231h 12Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomDie sterre, die planete en die verwondering van Hennie MaasAs mens Hennie Maas se naam hoor, dink jy aan “sterre en planete”. Die naam van sy gewilde program op RSG. Hy verwys graag na homself as 'n nuuskierige agie. 'n Mens sou hom nogal kon beskryf met die woord: verwondering. “Daai speelgroepies van kleintyd gaan steeds aan! Ons het dikwels sulke speelgroepies hier by my, mense kom speel hier by ons huis. Ons luister musiek en kyk video's en gesels daaroor,” vertel Hennie en ek dink aan Leonard Sweet wat gesê het 'n mens werk nie 'n viool nie, jy speel 'n viool, en so ook die lewe. Dís iets...2020-08-0255 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Stephan JoubertEk vra Stephan Joubert 'n klomp vrae oor dinge waaroor ek nog altyd wonder, hy gesels oor sy eie geloofspad, oor die kerk, die akademie, mooi dinge wat hy raaksien wat hom hoop gee, dinge wat hom frustreer, nuwe geleenthede, die vroeë kerk, groot uitdagings in ons tyd . . .    Ekerk  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2020-07-171h 12Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomReggie Peace se fassinerende storieReggie Peace is 'n akteur, 'n skrywer en 'n sportman met 'n fassinerende verhaal wat 'n mens help om weer te droom.  Reggie se musiek videos: Move Kos op die tafel    Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2020-07-031h 05Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomCas WepenerCas Wepener is professor in Praktiese Teologie in Stellenbosch, ons gesels oor sy skryfwerk, die unieke uitdagings en geleenthede in die tyd waarin ons leef en sy eie pad . . .    LINKS: Ongekaart Slaghuis Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise 2020-05-2938 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomSøren Kierkegaard, Paulus en my kajak-trip om Zanzibar10 min chat oor lesse wat ek geleer het by Søren Kierkegaard, Paulus en op my solo kayak-trip laas jaar om Zanzibar . . . Fotos van die trip: Instagram #kayakaroundzanzibar2019   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  My Blog:Anderkant die Doringdraad,  2020-05-2411 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomIvor SwartzIvor is 'n man met 'n groot storie, die tipe verhaal wat oral in Suid-Afrika mense se lewens verander. Hy is op 14 toegesluit vir moord, maar dis net 'n klein deeltjie van sy storie . . .     LINKS: https://web.facebook.com/ivor.swartz Kerkbode artikel met foto van Ivor en sy vrou Borg 'n bed in een van ons Echo-huise   2020-05-1654 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomSy gee haar hart vir Hillbrow - Leona Pienaar se storieLeona Pienaar vertel hoe sy destyds met 'n klein karretjie uit die Kaap uit in Hillbrow aangekom het - en hoe die stad haar hart gesteel het . . .  As meer mense die wêreld soos sy gesien het was die wêreld vandag 'n beter plek. Leona is onlangs verkies as die nuwe CEO van MES: Meer info oor MES en hoe jy kan help Artikel en fotos   2020-05-0126 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomKerkmense en ander Sondaars ('n Liedjie - nie net vir jou nie . . .) " . . don't judge me because I sin differently than you . . ." Het hom lank terug geskryf, iemand het my ge-record toe ek dit iewers gesing het, nie seker waar nie, maar hier is hy nou op die podcast (want ek is in lockdown, soos die res van die mensdom, en ek wil eintlik mense one on one interview en nou kan ek nie - en ek hou van die liedjie), want daar moet eintlik voor elke kerk 'n bord wees wat sê:   . . . dwelmverslaafdes, misdadigers, alkoholiste, daggarokers, ateïste, prostitute, prokureurs, morsjorse, gomsnuifers, Blou Bul ondersteuners, vandaliste, boemel...2020-04-1803 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAnna Emm en die magic van stories"Ek glo in die krag van stories. Ek glo dat ‘n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie," sê Anna Emm. Sy het 'n hordes boeke geskryf en sy boks . . . Hier is 'n link na haar eie Podcast waar sy tips gee vir nuwe skrywers: In The Meantime       Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  2020-03-191h 09Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Bouwer BoschOns praat oor freaken alles! Die nuwe album, sy kinderjare, donker tye, hate mail, happy tye, die keer toe hy kwaad geword het, Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, Steve Biko, onderwysers, vakansie, #Politees, die toekoms . . .   Links: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  My Blog:Anderkant die Doringdraad,  2020-03-041h 02Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomA conversation with Leonard Sweet - Jaco Strydom “What is the difference between a living thing and a dead thing? In the medical world, a clinical definition of death is a body that does not change. Change is life. Stagnation is death. If you don't change, you die. It's that simple. It's that scary.” ― Leonard Sweet   Leonard I. Sweet is an American theologian, semiotician, church historian, pastor, and author.     Links: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  My Blog:Anderkant die Doringdraad,   2020-03-041h 08Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Tom Smith'n Chat met Tom Smith wat Raw Spirituality geskryf het, oor Suid-Afrika en rykdom en armoede en die sondes van kerkmense en sy eie persoonlike worstelinge en dinge wat hom opgewonde maak en sy terugkeer na die NG Kerk . . .  Meer wat Tom doen: www.rhythmoflife.co.za   Links Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,  My Blog: Anderkant die Doringdraad,   Kerkbode artikel oor Tom     2020-02-1958 minMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomJaco Strydom gesels met Regter Eberhard BertelsmannRegter Eberhard Bertelsmann vertel sy storie. Sy moeilikheid met die veiligheidspolisie as student in Stellenbosch in die laat 1960's, die aanslae op sy lewe, die sake waarby hy betrokke was - die Dawid Webster saak, sy verdediging van die Vrye Weekblad . . . Sy ontnugtering met die destydse Nasionale Party-regering en sy frustrasies met die ANC-regering vandag. Hy vertel van die donkerste oomblikke in sy lewe, sy persoonlike worsteling met verslawing, sy tyd in 'n rehabilitasiesentrum en 'n gebeurtenis wat sy hele lewe verander het. Ons praat oor die uitdagings in Suid-Afrika vandag: SAL, Eskom, die onderwys . . . en oor die rol...2020-02-171h 46Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomMoeilikheid is ons besigheid! met Jaco StrydomAubrey Thompson se storieEk gesels met Aubrey Thompson, terwyl hy besig is om 'n baby shower te reël, hy was voorheen op tik en in die tronk (onder andere . . .) sy verhaal kan jou weer laat glo dat verandering moontlik is - dat dit nooit te laat is vir 'n nuwe begin nie. Artikel met foto's in Kerkbode   Link: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise       2020-02-1054 min