Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

100.5FM Radio Laeveld

Shows

100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldMindwalker spesialiseer in gedragDie metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-05-1620 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMindwalker spesialiseer in gedragDie metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-05-1620 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDis hoe ons rol in die LaeveldCobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-04-1410 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldDis hoe ons rol in die LaeveldCobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-04-1410 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldCure Day Hospitaal: vinniger, warmer en kindervriendelikDie Cure Day hospitaalgroep het onlangs na die Laeveld uitgebrei. Bert von Wielligh en Sorita van Tonder gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-03-1907 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepCure Day Hospitaal: vinniger, warmer en kindervriendelikDie Cure Day hospitaalgroep het onlangs na die Laeveld uitgebrei. Bert von Wielligh en Sorita van Tonder gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-03-1907 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepKLCBT hou sake konferensieDie Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe internasionale politiek en kunsmatige intelligensie plaaslike ondernemings raak. Die Laeveld Sake Konferensie vind op 21 en 22 Mei plaas. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-03-0406 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldKLCBT hou sake konferensieDie Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme bied in Mei die eerste Laeveld Sake Konferensie aan. Die uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, sê mense ontwaak uiteindelik na die Covid-pandemie en in ‘n vinnig veranderende wêreld moet ondernemings in die globale spasie oorleef. Sy sê daar is baie te leer oor hoe om die uniekheid van die Laeveld tot jou voordeel te gebruik, kommunikasie en hoe internasionale politiek en kunsmatige intelligensie plaaslike ondernemings raak. Die Laeveld Sake Konferensie vind op 21 en 22 Mei plaas. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-03-0406 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepNHS nou in A-bond van Super InterhoërHoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-03-0307 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldNHS nou in A-bond van Super InterhoërHoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die B-bond by die NWU Super Interhoër gewen. Dit beteken in 2026 neem hulle in die A-bond deel. NHS was vanjaar ook die wenner van 100.5FM se Blêrbeker die week van die Laeveld Interhoër. Jana Hattingh en Anika Cilliers gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-03-0307 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepSARZA: Sluit so aan om te help soek en redAndrew Geldenhuis van SARZA Lowveld het tydens die Saterdag Ontbyt meer oor Search & Rescue se aktiwiteite in die Laeveld vertel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-2409 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldSARZA: Sluit so aan om te help soek en redAndrew Geldenhuis van SARZA Lowveld het tydens die Saterdag Ontbyt meer oor Search & Rescue se aktiwiteite in die Laeveld vertel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-2409 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldLaeveld Interhoër môre by Rob FerreiraMopani Apteek is trots Laeveld en daarom nou betrokke en groot ondersteuners van die Laeveld Interhoër wat môre plaasvind. Rita Erasmus, bemarkingsbestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-2111 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepLaeveld Interhoër môre by Rob FerreiraMopani Apteek is trots Laeveld en daarom nou betrokke en groot ondersteuners van die Laeveld Interhoër wat môre plaasvind. Rita Erasmus, bemarkingsbestuurder, gesels met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-2111 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepRide for a Child 2025Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-1809 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldRide for a Child 2025Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is op besoek aan die Laeveld want hy is besig met die jaarlikse Ride for a Child-motorfietsrit om fondse in te samel vir kinders wat mediese sorg benodig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-1809 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio Laeveld'Nuwe' CEO vir KLCBTLinda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-1208 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus Klankgreep'Nuwe' CEO vir KLCBTLinda Grimbeek van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) is uiteindelik formeel for uitvoerende beampte bevorder. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-1208 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepKarel trap diep spore in LaeveldDie legendariese Karel de Beer is 'n plant en boomkenner. Hy het tydens Saterdag Ontbyt by Charles kom kuier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-1017 min100.5FM Radio Laeveld100.5FM Radio LaeveldKarel trap diep spore in LaeveldDie legendariese Karel de Beer is 'n plant en boomkenner. Hy het tydens Saterdag Ontbyt by Charles kom kuier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-02-1017 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVakbonde onderhandel saam om Panorama-toerisme-aantreklikhede te heropenToeriste-aantreklikhede op die Laeveld se Panorama-roete was steeds gesluit vandag, te midde van ‘n voortslepende staking deur werknemers van die Mpumalanga Agentskap vir Parke en Toerisme (MTPA). Vakbonde het intussen tot die onderhandelinge toegetree, na die sakekamer gedreig het om kriminele sake van industriёle sabotasie te lê. Linda Grimbeek van die KLCBT sê dit is eintlik ‘n bewys dat die venues privaat bestuur moet word, eerder as deur die MTPA. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2025-01-2103 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMeer as 530 mense vir dronkbestuur in Mpumalanga gearresteerDie polisie in Mpumalanga het sedert 1 Desember meer as 530 mense gearresteer wat vermoedelik dronk bestuur het. Verkeersbeamptes het gedurende die vakansie meer as 105-duisend voertuie voorgekeer en 18-duisend-235 dagvaardings is uitgereik vir verskeie oortredings. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hierdie arrestasies het bygedra tot die vermindering van noodlottige ongelukke. Hy het 'n beroep gedoen vir verantwoordelike vierings en versoek samewerking met wetstoepassers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-3101 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee polisiebeamptes aangekla weens transitorooftogTwee polisiebeamptes wat gister in die Vaalbank-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met ‘n transitorooftog, bly in aanhouding tot hulle op 27 Februarie saam met nog ‘n beskuldigde, wat in die Witbank-tronk is, in die hof sal verskyn. Volgens die Valke in Mpumalanga is Zachariah Magopa sedertien uit die polisiediens ontslaan, maar George Phaahla is by sy werksplek, die Vaalbank-polisiestasie, gearresteer. Hulle het na bewering die vuurwapens verskaf waarmee ‘n G4S gepantserde voertuig in Februarie 2021 in die Senotlelo-area van 5-komma-8-miljoen-Rand beroof is. Die saak is tevore van die hofrol geskrap weens ‘n uitstaande forensiese verslag. KLANK: 100.5FM Radio La...2024-12-1900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPremier verwelkom ministeriële afvaardigings in MalalaneDie Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, het die ministeriële afvaardigings van Suid-Afrika en Mosambiek verwelkom wat vandag in Malalane vergader vir gesprekke oor veiligheid, handel en grensbeheer. Dit volg na politieke onlus in Mosambiek al weke lank vragvervoer en reis by Lebombo-grenspos ontwrig. Die Suid-Afrikaners is gelei deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, en sluit die ministers van Verdediging, Handel, die Polisie, en Binnelandse Sake in. Ndlovu sê 'n oplossing om stabiliteit te herstel is noodsaaklik vir beide lande. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-1800 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee met onwettige jaggewere verskyn vandag in Kabokweni-hofTwee verdagtes wat verdink word van moontlike stropery is vroeg gisteroggend by huise in onderskeidelik Kabokweni en Pienaar gearresteer weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Elk was in besit van vier jaggewere. Volgens die polisie in Mpumalanga sal ballistiese toetse bepaal of die wapens in die pleeg van misdade gebruik is en nog aanklagte kan teen hulle gevoeg word. Hulle verskyn vandag in die hof in Kabokweni. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-1700 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMan gesoek wat glo polisiebeampte beroof in MalalaneDie polisie en Korrektiewe Dienste in Mpumalanga soek na ‘n verdagte wat vroeg gisteroggend ‘n polisiebeampte in Malalane van sy dienspistool en ammunisie beroof het. Volgens die polisie is die vuurwapen intussen by sy huis teruggevind, maar die verdagte is voortvlugtig. Hy is tans uit op parool na hy tronkstraf uitgedien het vir moord en verkragting. Hulle glo ene Donald Sipho Khoza kan hulle help met inligting en vra die publiek om hulle by te staan in hul soektog. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-1600 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepBeplanning begin vir 2025 skooljaarDie LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, vergader vandag met alle kringbestuurders in Witbank terwyl die skole hierdie week sluit – om hul gereedheid vir die 2025-skooljaar te bepaal. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, heropen skole op 13 Januarie vir onderwysers en op 15 Januarie vir leerders. Sleutelonderwerpe sluit in toelatings, verbeterings aan skoolinfrastruktuur, die verskaffing van leer- en onderrigondersteuningsmateriaal, papierbegrotings, voedingsprogramme en maatreëls wat met skoolveiligheid verband hou. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-1200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPremier bekommerd oor impak van Mosambiekse onlus op MpumalangaDie premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie se ligging, aangrensend met Mosambiek en Eswatini, is voordelig en nadelig vir sy ekonomie. Hy het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n bilaterale vergadering tussen ander ministers en die provinsiale uitvoerende gesag gevra om die voortslepende betogings in Mosambiek, weens ‘n bestrede verkiesingsuitslag, met president Filpe Nyusi op te neem, omdat die provinsie ook daaronder ly. Ndlovu sê die spanning in Mosambiek het ‘n negatiewe uitwerking op die provinsie se ekonomie. Hy sê Mpumalanga dra die swaarste aan die las van onwettige en ongedokumenteerde immigrante met talle negatiewe gevolge wat insluit oorgrensm...2024-12-1100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepSANParke paraat vir stropers die feestydSANParke sê daar was onlangs ‘n toename in stropery in die Krugerwildtuin. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê die stel van strikke en vergiftiging van diere het veral toegeneem. In reaksie sal toesig by toegangshekke die feestyd verhoog word. Ander misdaadvoorkomingsinisiatiewe sluit in die nagaan van voertuie in die park, die gebruik van tegnologie soos nommerplaat herkenning en radar, die verhoogde inspanning van honde-eenhede en ‘n toename in patrollies deur veldwagters. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0600 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepOnwettige myners ondergronds vasgekeer in SabieDie polisie, mediese nooddienste, en private sekuriteitsmaatskappye monitor ‘n situasie in Sabie waar ‘n groep onwettige mynwerkers ondergronds in ‘n verlate mynskag vasgekeer is. Die polisie skat daar is ongeveer 150 mense. Drie van hulle is glo dood. Twee buitelandse burgers is saam met vier Suid-Afrikaners suksesvol gered. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is dit gister ontdek. Hulle is glo deur ontvoerders gedwing om onder gevaarlike en haglike omstandighede goud te myn. Wetstoepassingsagentskappe monitor die situasie aktief. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee arrestasies gemaak na vrou se moord tydens plaasaanval in LydenburgTwee Mosambiekse mans sal binnekort in die Mashishing-landdroshof verskyn weens die moord Maandag op ‘n vrou tydens ‘n plaasaanval buite Lydenburg. Volgens die polisie is die 41-jarige Vinolia Sedibe verwurg. Die mans het die huis bestorm en haar en ‘n ander vrou beroof. Hulle is gister gearresteer. Hulle sal aangekla word van onder meer moord, huisroof en poging tot verkragting. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepGoven Mbeki lieg oor rede vir watertekorteDie DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir Cogta, Speedy Mashilo, het egter tydens 'n portefeuljekomiteevergadering aan die lig gebring dat Rand Water 'n 50%-waterversperring op die munisipaliteit afgedwing het weens hul skuld – wat meer as R800 miljoen is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA geskok oor tekort aan water en kragtoevoer aan 2-miljard-Rand projekDie DA gaan die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, vra om in te gryp by die Internasionale Vrasproduktemark in Nelspruit. Volgens Tersia Marshall van die DA het die gebou die afgelope ses jaar die belastingbetaler reeds 2-miljard-Rand gekos om op te rig, maar daar is geen lopende water of elektrisiteit nie. Sy sê die provinsiale Departement van Landbou het nagelaat om sy munisipale rekening te betaal, en Mbombela het daarom sy kragtoevoer afgesny. Marshall voeg by die departement is duidelik nie opgewasse vir die taak nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepNuwe dam eersdaags gebou in Laeveld'n Nuwe dam behoort binne sowat agt jaar klaargebou te wees in Low's Creek. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0201 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepSANParke stel hek-kwotas in vir KrugerwildtuinSANParke gaan hekkwotas instel vir dagbesoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin gedurende die feestyd. Dit geld vandaf 15 Desember. Besoekers word aangeraai om vooraf aanlyn te bespreek of via SANParke-besprekings. Tydgleuwe sluit in half-ses tot agtuur soggens, van agt tot tien voormiddag, en na 10-uur. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê vooraf besprekingsfooie word gehef en bewaringsfooie is verpligtend. Voertuie sonder nommerplate word nie toegelaat nie en besoekers word gemaan om die parkreëls te gehoorsaam vir ʼn veilige en aangename ervaring. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-12-0200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepOndersoek na polisie glo drie onwettige mynwerkers in Sabie doodskietDie Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waartydens drie vermeende onwettige mynwerkers gister in Sabie doodgeskiet is. Volgens die polisie was hulle besig met roetinepatrollies in die omgewing van die New Village-mynskag toe daar uit verskillende rigtings op hulle geskiet is. Een beampte van die honde-eenheid is in die been getref. Wetstoepassers het teruggeskiet en drie verdagtes is noodlottig gewond. Volgens die polisie is twee AK-47-gewere sowel as ongeveer 500 rondtes ammunisie op die misdaadtoneel gevind. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee Mosambiekse broers gevonnis weens perlemoenTwee Mosambiekse broers is deur die Boschfontein-streekhof gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet en die Wet op Mariene Hulpbronne. Jose Carlos en Ivo Alberto Matsinhe was op pad van Suid-Afrika na Mosambiek toe die polisie gedroogde perlemoen in hul enkelkajuitbakkie gevind het. Dit het ‘n geraamde straatwaarde van meer as 648-duisend-Rand. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hulle skuld beken. Jose Carlos is gevonnis tot agt maande gevangenisstraf wat vir drie maande opgeskort is. Ivo Carlos is gevonnis tot 'n boete van 70-duisend-Rand en ‘n jaar gevangenisstraf wat opgeskort is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMan sit lewenslank wat meisie doodsteekDie Mpumalanga Hooggeregshof het ‘n man lewenslange tronkstraf opgelê vir die wrede moord op sy vriendin – tydens die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders. Die 44-jarige Vermando Chowe het Soneni Mashaba in Desember 2022 in Shabalala Trust in Hazyview voor haar twee kinders met ‘n mes doodgesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hy geen berou getoon nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMan sit lewenslank weens moordDie Kwaggafontein-streekhof het die 32-jarige Godfrey Boesman Mashiane lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en ’n bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Dit volg op 'n voorval in Januarie 2022 by Vlaklaagte waarheen hy die slagoffer, Aaron Sikhosana, onder die voorwendsel van 'n werksgeleentheid gelok het. Sikhosana is verskeie kere in die bolyf en nek gesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het die hof bevind Mashiane het met 'n gemeenskaplike doel saam met onbekende medepligtiges opgetree om Sikhosana te beroof en te vermoor. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2700 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepKoshuisopsigter geskors na hy GPF-lede nooi om kinders pak slae te geeDie koshuissuperintendent by Shongwe Koshuis is met onmiddellike effek geskors terwyl die Mpumalanga Onderwysdepartement die beweerde aanranding van twee leerders deur lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ondersoek. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het die superintendent van die lede gister genooi om die leerders pak slae te gee. Hy sê amptenare van die arbeidsdirektoraat van die departement is tans besig met 'n ondersoek na die omstandighede rondom die voorval. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2700 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepOmgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun te bekom. Mabena het Dinsdag in die Kwa-Mhlanga-landdroshof verskyn en is borgtog van 3-duisend-Rand toegestaan. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is tot 6 Desember uitgestel en verskuif na die streekshof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2000 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee kry lewenslank vir moord op taxi-baasDie Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het sy eiendom besoek onder die dekmantel van die aankoop van beeste toe hulle hom geskiet het. Die NVG-woordvoerder, Monica Nyuswa, sê vier mans is aanvanklik aangekla, maar die een is intussen oorlede en die ander het 'n staatsgetuie geword. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-2000 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskietDie polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie kere geskiet en in die bolyf getref is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir haar moord is in dié stadium onbekend. Twee verdagtes word deur die Polisie gesoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om die Nelspruit speurtakbevelvoerder, Kolonel Thami Mkhaliphi, te kontak...2024-11-2000 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpumalanga premier mik vir skoon ouditDie Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, sê sy Kantoor is vasbeslote om ‘n skoon oudit te behaal. Hy het vanoggend voor die Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge in die wetgewer verskyn. Hy was vergesel deur die waarnemende direkteur-generaal, Peter Nyoni, en ander senior bestuurders om antwoorde te verskaf met betrekking tot die Ouditeur-Generaal se ouditverslag van die 2022/23 finansiële jaar. Die Kantoor van die Premier het ‘n ongekwalifiseerde ouditopinie behaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepBorg vir vier polisiebeamptes wat glo R1,8m probeer steelVier polisiebeamptes wat van diefstal en regsverydeling aangekla word, is vanoggend in die Barberton-landdroshof borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan. Die drie mans en ‘n vrou het na bewering 1-miljoen-800-duisend-Rand van ‘n onwettige myn-ringkop gekonfiskeer, maar dit nie verklaar of ‘n saak geopen nie. Hulle het Vrydag die eerste keer in die hof verskyn. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is uitgestel tot 29 Januarie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDipaleseng R160m beboet weens waterbesoedelingDipaleseng-munisipaliteit is 160-miljoen-Rand beboet vir die oortreding van die nasionale omgewingswet, besoedeling van waterbronne, versuim om aan die voorskrifte te voldoen en die onwettige wegdoening van water. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het verskeie klagtes van die gemeenskap oor waterbesoedeling tot die dood van hul vee gelei. Die munisipaliteit het in die Balfour-landdroshof ’n pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan. 40-miljoen-Rand van die boete is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat die munisipaliteit nie in die tydperk aan besoedelingsverwante misdrywe skuldig bevind word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1800 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVier polisiebeamptes wat glo miljoen-Rand steel gearresteerVier polisiebeamptes verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof vir diefstal en regsverydeling. Die drie mans en ‘n vrou is gister in Barberton gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle ‘n betaalmeester van onwettige mywerkers se huis deursoek en op 1-miljoen-800-duisend-Rand in kontant afgekom. Hulle het die man se seun in die polisieselle toegesluit, maar niks ingeteken of ‘n saak geregistreer nie. Hulle het later teenoor misdaadintelligensie beweer hulle het slegs 200-duisend-Rand gekonfiskeer. Hulle is gearresteer na die seun ‘n saak teen hulle geopen het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1500 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVroulike polisiekonstabel gewond in skietery in Embalenhle‘n 32-jarige vroulike polisiekonstabel word in die hospitaal behandel na sy Woensdagaand geskiet is. ‘n 35-jarige man is ook geskiet, en het gister weens sy wonde beswyk. Die voorval het in Embalenhle plaasgevind. Skote is gehoor, die polisie is ontbied en die slagoffers is met ernstige skietwonde langs ‘n voertuig aangetref. Die verdagte, ‘n 35-jarige man, is tussen Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes vasgetrek. Die motief vir die skietery is tans onduidelik. Volgens die polisie kan dit moontlik met huishoudelike geweld verband hou. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1500 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMan gevonnis vir moord op vriendinDie 24-jarige Sibusiso Happy Ngobeni van Matsulu is deur die hooggeregshof in Mpumalanga skuldig bevind en tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, Yvonne Thandiwe Shabangu. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het hulle saam gewoon toe hy haar van ontrouheid beskuldig het. Hy het in September verlede jaar vir haar bus naby 'n vulstasie in Mbombela gewag en haar doodgeskiet voordat hy weggejaag het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepLUR besoek beskadigde Piet Retief-hospitaalDie LUR vir Gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vandag by Piet Retief-hospitaal besoek afgelê. Dit na ‘n hewige storm Sondag groot skade in die gebied aangerig het aan geboue en infrastruktuur wat groot areas sonder elektrisiteit en water gelaat het. Manzini het bevestig die dak, plafon en heining van die hospitaal is beskadig, en dat bedrywighede voortgaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMkhuhlu-hoftolk vyf jaar tronk toe weens bedrog‘n Voormalige hoftolk is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens bedrog. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag was die 43-jarige Buzizwe Zizwe Zitha by die Mkhuhlu-landdroshof werksaam. Hy is in April 2021 gearresteer na hy omkoopgeld gevra het van ‘n man wat van huishoudelike geweld aangekla is. Hy is in totaal 11-duisend-200-Rand betaal om die sake teen hom te laat terugtrek. Zitha is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Kommersiële Misdade in Nelspruit gevonnis. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTiener gearresteer wat glo gemeenskaps-polisiërings-lede in Masoyi aanval‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskaps-polisiëringsforum in Masoyi doodgesteek het. Die 35-jarige Difference Fankomo was ‘n patrolleerder vir die GPF. Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie is daar op die vermeende moordwapen beslag gelê. Die tiener word moontlik ook verbind met ‘n ander moord, op ‘n 50-jarige man, in Augustus verlede jaar. ‘n Saak van moord en twee van poging tot moord word teen hom ondersoek. Hy sal binnekort in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepFedsas sê gesondheidsdepartemente en munisipaliteite moet voedselveiligheid monitorFedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole aangekoop is. Die vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openbare skole het sy stem gevoeg by ‘n rits ander organisasies wat aanvoer dié maatreëls gooi die baba met die badwater uit. Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, sê dit is buite die departemente se mag en gaan boonop min of gee...2024-11-1200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpumalanga LUR inspekteer skole na storm skade aanrig in Piet RetiefDie LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het gister skole besoek in Piet Retief, waar groot skade aangerig is tydens ‘n hewige storm Sondag wat die hele dorp sonder elektrisiteit gelaat het. Piet Retief Gekombineerde Skool het die ergste skade gely, met Ndlela Sekondêre Skool en Hoërskool Piet Retief wat ook deurgeloop het. Klaskamers, ‘n seunskoshuis en ander strukture is beskadig met dakke wat ook op plekke afgewaai is. Volgens die onderwysdepartement kon leerlinge wel gister hul eksamenvraestelle skryf. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee wat glo geld kan verdubbel bly in aanhouding in NelspruitTwee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral vroue wat vir die regering werk, geteiken om te bedank en hul pensioenfondse aan hulle oor te betaal - om te verdubbel. Daar is tydens die deursoek-operasie op 'n groot bondel swart papiergeldnote, drie bottels chemikalieë en ‘n staalkluis beslag gelê. Die Valke vra ander slagoffers van die sogenaamde "Black Dolla...2024-11-1200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepGroot skade in Piet Retief weens erge stormMunisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die provinsiale rampbestuur-eenheid om slagoffers verder by te staan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-1100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepBorg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla wordDie landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na bewering aangeval het. Die beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word ook aangekla vir die besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê die saak is uitgestel tot 6 Januarie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-0800 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus Klankgreep100 dae van veiligheid in MpuDie waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het vanoggend saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, by die Witrivier-polisiestasie terugvoering gegee oor hul eerste 100 dae in hul nuwe poste. Hulle het suksesse uitgelig sowel as planne vorentoe om misdaad te bekamp. Macie sê hulle is nou toegespits op hul Veiliger Feestyd-operasies. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-0700 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepSlaggate kos Openbare Werke in MpumalangaDie provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer staar eise van meer as 3-punt-1-miljoen-Rand in die gesig weens voertuie wat in die eerste kwartaal van dié finansiële jaar deur slaggate beskadig is. ‘n Totaal van 58 eise is vanaf April tot Junie ingedien. 19 is tot dusver uitbetaal. Teboho Sekaledi van die DA sê slaggate is ‘n groot probleem op die provinsiale paaie, veral waar steenkool vervoer word en op toerisme-roetes. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-0600 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpumalanga polisie vra hulp om ontdekte liggaame uit te kenDie polisie in Mpumalanga het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom na die ontdekking van drie ongeïdentifiseerde liggame die afgelope week. Twee ontbinde liggame is gisteroggend langs die R37 tussen Nelspruit en Lydenburg ontdek. Sondag is 'n ontbindende liggaam in bosse naby 'n skool in Nokaneng gevind. Enigiemand met 'n familielid wat vermis is, is aangemoedig om die polisie in Sabie en Mamethake te kontak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-11-0100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepOndersoek gelas na sterfte van tweejarige in BosbokrandDie polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ander is hospitaal toe geneem vir behandeling. Twee is intussen weer ontslaan. Die polisie werk saam met gesondheidsorgkenners en ander rolspelers om beweringe te ondersoek oor kos wat die kinders vooraf sou geëet het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-3100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA ontstoke oor gr. 3's se Afrikataal-onderrigDie DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak meer as 106-duisend leerlinge regoor die provinsie. Volgens Weber glo die DA dat die departement die leerders se grondwetlike reg op onderwys skend deur dit nie te verskaf nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-2500 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPolisie bepleit kalmte na twee dubbele moorde in MpumalangaDie polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het gepleit vir kalmte na twee dubbele moorde op verskillende plekke in die provinsie die afgelope dae. In die eerste voorval is twee vroue Sondag op die N4 naby Middelburg doodgeskiet gevind. In die twee voorval het die polisie ‘n oproep ontvang dat twee mans in besit van gesteelde goedere vasgekeer is, maar met hul aankoms op die toneel is die mans dood ontdek. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê geen arrestasies is nog gemaak nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-2300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpumalanga stel Veiliger Feestyd-veldtog bekendDie polisie in Mpumalanga het Saterdag amptelik die 2024/25 Veiliger Feestyd-veldtog by Mangweni Trust naby Komatipoort van stapel gestuur om ‘n veiliger feestyd vir gemeenskappe te verseker. Verskeie wetstoepassingsagentskappe was teenwoording om die Operasionele Plan aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, voor te lê. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die fokus is op pogings teen geslagsgebaseerde geweld, trio-misdade soos kapings en huisrowe, asook samewerking met die Grensbestuursowerheid om mense- en dwelmhandel te bekamp en optrede teen transitorooftogte. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-2100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPolisie ondersoek voorval waar hond man glo doodbytDie polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n man deur sy werkgewer se hond doodgebyt is. Die voorval het Vrydag by Marapyane in Mmamethlake plaasgevind. Volgens die polisie het die 58-jarige op die perseel gewoon en na die honde omgesien. Hulle is op hok gehou en is slegs vroeg-soggens vir ‘n paar uur uitgelaat. Die man het glo Donderdag uitgegaan en met sy terugkeer vroeg die Vrydag is hy aangeval. Die polisie beskryf die hond as ‘n pitbull. Die DBV het die hond Saterdagoggend van kant gemaak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-2100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpu Onderwys betaal spookwerkers R6mDie DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9 Oktober, na vore gekom. Weber sê die departementshoof, Lucy Moyane, moet aanspreeklik gehou word, aangesien sy sedert 2022 bewus was van die spookwerkers 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1600 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus Klankgreep20 jaar vir man wat buurkind verkrag’n 43-jarige man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy buurman se 10-jarige dogter. Die voorval het in Maart verlede jaar by Schoemansdal in Nkomazi plaasgevind. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Mbongeni Andries Shongwe in die Boschfontein-streekhof skuld op die aanklag beken. Sy sê die hof het in ag geneem dat hy skuldig gepleit het en ‘n eerste oortreder is om van die voorgeskrewe lewenslange vonnis af te wyk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1600 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDag Zero kom nader in ErmeloDie DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo gaan Dag Zero op 8 November bereik. Hy sê 'n ramptoestand sal die regering toelaat om hul finansies en hulpbronne te belyn en konsekwent water te voorsien. Masango doen ook 'n beroep op die provinsiale regering om buitengewone hoë waterverliese hok te slaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1500 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepRondawels brand af in die KrugerwildtuinSANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê se geen beserings is aangemeld. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1500 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus Klankgreep16-jarige dood gevind na jagtog saam met maatDie polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel teruggekeer het, is hulle deur hul familie as vermis aangegee by die polisie. ‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur. Die ouer seun is dood gevind, en die jonger een is beseer. Volgens Mdhluli lyk dit asof hulle in ‘n bergagtige area geval het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVoormalige Eskom-werknemer pleit skuldig aan bedrogDie Middelburg Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Thandi Ruth Magagula, 'n voormalige veiligheidsrisikobeampte by Eskom, skuldig bevind op aanklagte van korrupsie en bedrog. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, het sy skuldig gepleit op sewe aanklagte van korrupsie en twee aanklagte van bedrog. Nyuswa sê dit het wette wat openbare amptenare reguleer en Eskom se beleid oor 'n botsing van belange oortree. Die saak is Vrydag tot 24 Oktober uitgestel vir vonnisverrigtinge. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPolisie lê beslag op amper 5-miljoen-Rand se daggaDie polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van die dagga is aangeteken as 1-duisen-180-kilogram. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ’n 30-jarige man van die Koninkryk Eswatini in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA bevraagteken aanstelling van ongeskikte kandidaatDie DA in Thaba Chweu het aan die Premier, Mandla Ndlovu, en LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, geskryf om kapsie aan te teken teen die aanstelling van ‘n Tegniese Bestuurder in die munisipaliteit. DA-raadslid, Spiridon Couvaras, sê die regerende ANC het tydens ‘n onlangse raadsitting blatant minimum vereiste kwalifikasies en ervaring geïgnoreer om ‘n kandidaat aan te stel 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-1000 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDepartement stig eenheid om politieke moorde in Mpumalanga te ondersoekDie Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek. Daar was sedert 1998 'n aantal hoë-profiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit. Jimmy Mohlala, was die Speaker in Mbombela; Sammy Mpatlanyane, die voormalige hoof van kommunikasie in die Departement van Sport; en Johan Ndlovu, die voormalige Hoofsweep in Ehlanzeni-distriks-munisipaliteit. Teboho Sekaledi van die DA sê hulle hoop dat hierdie sake uiteindelik opgelos sal word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPremier loods pad-instandhoudings-projekDie Premier, Mandla Ndlovu, het vanoggend 'n massiewe padinstandhouding-intervensie-program, "Kubhunya Lutfuli" in Belfast van stapel gestuur. Die provinsie-wye program fokus op die versnelling van padinstandhouding om toegang te verbeter, deur die integrasie van hulpbronne op provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Dit vorm deel van die provinsie se reeks aktiwiteite Oktober om Vervoermaand te vier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0700 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepSOE gaan verkryging in Gesondheidsdepartement ondersoekDie DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale tesourie-riglyne voldoen het. Volgens Bosman is dit kommerwekkend dat dit die tweede proklamasie is wat die President binne twee jaar onderteken het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0700 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepSlagoffers genooi om afpersing by polisie aan te meldDie waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, doen ‘n beroep op slagoffers van afpersing om nie te skroom om die polisie daaroor te kontak nie. Dit volg na ‘n vrou die week in Kanyamazane haar afpersers by die polisie gaan verkla het. Twee verdagtes is aangekeer. Hulle het reeds in die hof verskyn. Die een is borgtog toegestaan, maar moet op 13 November weer verskyn op ‘n klag van kwaadwillige saakbeskadiging. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle beskou sake van afpersing in ‘n baie ernstige lig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepKragstasie-werknemer vasgetrek weens diefstal van koperkabels‘n 36-jarige hoofinspekteur by die Tutuka-kragstasie is gister aangekeer weens die diefstal van koperkabels. Dit volg op die arrestasie vroeër die week van vier verdagtes in verband met die diefstal. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang van ‘n vragmotorbestuurder wat die kabels van Tutuka na Kriel-kragstasie moes vervoer, maar herlei is na ‘n plaas toe. Die vrou sal vandag nog in die hof verskyn. Die ander vier verskyn Maandag weer in die Evander-hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0400 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA raak nou baie moeg vir swak abulansdiensteDie DA is bekommerd dat inwoners van Mpumalanga die risiko loop om te sterf terwyl hulle ure vir ambulansdienste wag. Dít nadat ’n ernstig beseerde man op 20 September in eMbalenhle gesterf het terwyl hy langer as vier uur op ’n ambulans moes wag. DA-lid van die provinsiale wetgewer, Bosman Grobler, sê dit het die norm geword dat ambulanse laat by noodgevalle opdaag. Hy sê 'n tekort aan ambulanse is 'n probleem wat vererger word deur die Mpumalanga-departement se besluit om eerder 'n gesentraliseerde kommunikasiesentrum op te rig, as 'n rekenaargesteunde versendingstelsel vir nooddienste - soos wat aanbeveel is. 100.5FM Radio L...2024-10-0300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA hoop MEGA kry nie beheer oor Nkomazi SEZ nieDie DA het aan LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, geskryf om te pleit dat sy nie die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Sone as 'n openbare entiteit lys nie, omdat dit onder die beheer van die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei sal val. Volgens Trudie Grové-Morgan van die DA het die departement die groen lig gekry van die staatsprokureur om die SEZ as 'n filiaal van MEGA te vestig. Sy sê dit sal rampspoedig wees en die DA glo dat die Nkomazi SEZ eerder as 'n openbare entiteit onder die direkte beheer van Masilela en haar departement gelys mo...2024-10-0300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVier verdagtes vasgetrek weens koperdiefstal by kragstasieVier verdagtes wat Maandag aangekeer is weens die diefstal van koperkabels by Tutuka-kragstasie naby Standerton bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Maandag. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, het ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kinross-weegbrug ‘n Toyota Hilux vol kabels teëgekom het. Die bakkie het weggejaag. Die bestuurder het beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Die drie insittendes is gearresteer en die vierde verdagte is met behulp van hul inligting opgespoor. Dit het hulle ook gelei na ‘n plaas waar ‘n Eskom-vragmotor ‘n besending koperkabels afgelaai het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPolitikus in Schoemansdal geskiet en gewondDie polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietvoorval gisteraand in Schoemansdal waartydens ‘n man, wat hulle slegs as ‘n bekende politikus in die Nkomazi-area geïdentifiseer het, verskeie kere geskiet is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die man het saam met ‘n ander tuis arriveer. Hy het voor die ingangshek gestop om dit oop te maak toe ‘n gewapende man verskyn het. Hy is verskeie kere geskiet, hoewel hy na veiligheid probeer vlug het. Die verdagte kon van die toneel af vlug. Mdhluli sê die slagoffer veg om sy lewe in die hospitaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpumalanga Premier doen beroep vir sterker maatreëls om MIV te bestryDie Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê ‘n sterker venootskap is nodig tussen die regering, die burgerlike samelewing en agentskappe om die voorkoms van MIV te bestry. ‘n Onlangse opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het getoon dat die provinsie die hoogste voorskom van MIV het in Suid-Afrika met 17-komma-4-persent. Ndlovu sê die navorsing moet gebruik word op te verseker hulpbronne is ontplooi na waar dit die nodigste is en dat gemeenskappe gemobiliseer moet word om vir MIV te toets en dan antiretrovirale medisyne te gebruik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepTwee vandag in hof wat glo munisipale woordvoerder in Mpumalanga ontvoer en vermoorTwee verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit, David Masombuka, Sondag. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy van Kwamhlanga na Witbank onderweg, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag vasgetrek en het gister reeds in die hof verskyn. Nog twee is Maandag aangekeer. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle was glo in besit van sommige van Masombuka se persoonlike besittings. 100.5FM R...2024-10-0200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA versoek hulp van regering na tornado Machadodorp trefDie DA in Emakhazeni-munisipaliteit doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om in te tree en gemeenskappe wat deur 'n tornado getref is, by te staan. Amanda Botha, ‘n DA-raadslid in Emakhazeni, sê swaar reën en wind het Waterval-Boven, Waterval-Onder en Machadodorp die naweek getref en 'n spoor van verwoesting gesaai met aansienlike skade aan huise en sake-ondernemings. Daar was ook skade aan elektriese infrastruktuur in Machadodorp en aansienlike skade is aan strukture se dakke aangerig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA vra dat Ramaphosa dringend behoud van landbougrond wet maakDie DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om dringend die Wetsontwerp op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond te onderteken. Volgens DA-lid van die provinsiale wetgewer, Tersia Marshall, hang die toekoms van die bedryf en voedselsekerheid in Mpumalanga in die weegskaal, weens grootskaalse gronderosie, besoedeling deur suur mynwater en die indringing van ander aktiwiteite op landbougrond. Marshall sê die tekort aan die afdwing van wetgewing om die omgewing en waterbronne te beskerm, bedreig die provinsie se vermoë om beduidend by te dra tot die land se voedselproduksie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-10-0100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVyf verdagtes vasgetrek na moord op munisipale amptenaar in MpumalangaVyf mans verskyn na verwagting vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit. Volgens die polisie in Mpumalanga was David Masombuka Sondag van Kwamhlanga na Witbank onderweg vir 'n vergadering, maar het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Die verdagtes was glo in besit van sommige van sy persoonlike besittings ten tyde van hul arrestasie. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag reeds aangekeer en nog twee Maandag, ook in Witbank. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM...2024-10-0100 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepRassie het plan met Libbok teen ArgentyneDie Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië by Mbombela-stadion Saterdag. Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein. Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is. Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skakelpaar. Eben Etzebeth sal met dié wedstryd die mees bekroonde Springbok van alle tye word en sy 128ste Boktoets speel. Erasmus sê die kritiek teen Libbok is te verstane, maar hy begin Saterdag in die nommer 10 trui vir 'n rede.  100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-2500 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepBokke moet verbeter voor Kampioenskap-eindstryd teen ArgentiniëDie Springbokke se skrumdokter, Daan Human, sê hulle het baie werk om te doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Poemas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Die Rugbykampioenskap is sedert sy instelling in 2012 slegs deur Nieu-Seeland gewen met die uitsondering van 2015 en 2019 toe Australië en Suid-Afrika kampioene was in jare wat verkorte weergawes gespeel is weens Wêreldbekertoernooie wat plaasgevind het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-2300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepLiggame van vermiste mans in Louw's Creek ontdekDie liggame van twee mans is Vrydag in 'n bergagtige area van Louw's Creek buite Mbombela herwin. Die mans, van onderskeidelik 42 en 56 jaar oud, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hulle is Donderdag deur beamptes in 'n polisiehelikopter opgemerk, maar die SAPD kon slegs die volgende dag hul liggame in die onherbergsame area met behulp van motorfietse herwin. Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het 'n veewagter en sy hond uitgesonder vir hul hulp in die soektog. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die omstandighede rondom die mans se dood word ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-2300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepMpumalanga-man lewenslange tronkstraf opgelê weens moord op sy ma, wat hy van heksery beskuldig het‘n Man is vandag lewenslange tronkstraf met ‘n addisionele vyf jaar opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof vir die moord in 2022 in Nsikazi op sy 64-jarige ma. Die 33-jarige Bongani Thulani Matsane het Thembi Ngwenya van heksery teen hom beskuldig. Hy het haar met ‘n skoffel aangerand en uiteindelik op haar bed aan die brand gesteek. Die hof het bevind sy skulderkenning was nie tekenend van enige berou oor sy dade nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-2000 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepWaarskuwing oor groot koue die naweekDie Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende dalings in temperature die naweek - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die SAWD, sê na 'n hittegolf is 'n kouefront op pad. In die suidelike en oostelike dele van die land word selfs sneeu verwag. Die beduidende koue sal Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat Vrydag haal - met verdere dalings teen Sondag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepDA sidder oor onvoltooide infrastruktuurprojekteDie DA doen ‘n beroep op die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer om die skuld en verantwoordelikheid te neem vir al die onvolledige en vertraagde infrastruktuurprojekte regoor die provinsie. Tydens 'n ministeriële inligtingsessie aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies is dit onthul dat daar tans 26 infrastruktuurprojekte is wat óf onvolledig óf vertraag is in Mpumalanga weens swak prestasie van kontrakteurs, geen of laat betaling van kontrakteurs, onvoldoende begroting en ontwrigting deur sakeforums. Teboho Sekaledi ‘n DA-lid van die Mpumalanga-wetgewer, sê dit sluit in skole, hospitale, paaie en die Parlementêre Dorpie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepPolisie soek na twee vermiste mans in Low's CreekDie polisie in Mpumalanga is besig met 'n soek-en-red-operasie in Low's Creek buite Mbombela, na twee mans van Pienaar eergister as vermis aangemeld is. Volgens die polisie vermoed hulle die mans is op 'n uitstappie die berge in, en hulle is nie weer gesien nie. 'n Polisiehelikopter sal vandag in die area ontplooi word om na hulle te help soek in die onherbergsame terrein. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, moedig lede van die publiek aan om na vore te kom met enige inligting. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1900 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepCare for Wild verwelkom eerste swartrenosterkalfieDie eerste swartrenosterkalfie met ouers wat self wees gelaat is deur stroping, is 'n week gelede by Care for Wild in die Laeveld gebore. Dit is die 19de kalfie wat hier gebore word, maar die ander was almal witrenosters. Die Care for Wild-stigter, Petronel Nieuwoudt, sê dit is belangrik vir die bedreigde spesie se voorbestaan om te kan bewys dat weesrenosters as volwassenes steeds suksesvolle ouers kan wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1800 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepHoë brandgevaar geld in Laeveld die naweekDie Laeveld-brandbeskermingsvereniging waarsku inwoners en grondeienaars teen die maak van vure die naweek. André Scheepers van Lefpa sê die brandgevaarindeks sal baie hoog bly tot volgende week wanneer toestande behoort te verbeter. Rapporteer intussen alle brande aan Lefpa by 086-066-3473. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVerdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word twee verdagtes nog gesoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1300 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepVerdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Kaptein Dineo Sekgotodi sê twee verdagtes word nog gesoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1301 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepNege leeus ontsnap wéér uit KrugerwildtuinDie nege leeus wat gisteroggend by Ngwenya Lodge opgemerk is, en gisteraand terug na die Krugerwildtuin verskuif is, het vanoggend weer teruggekeer na die Lodge. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê hulle is jong leeus, en waarskynlik onder druk van ander, wat hulle genoop het om elders ‘n heenkome te soek. Hy sê SANParke vergader met die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap om te bepaal wat hulle volgende te doen staan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1200 min100.5fm Nuus Klankgreep100.5fm Nuus KlankgreepOndersoeke na 60-jarige sterf wat glo deur polisie aangerand is‘n Interne ondersoek is geloods na ‘n 60-jarige man Maandag in die hospitaal in dood is, na hy na bewering Saterdagaand in Piet Retief deur polisiebeamptes aangerand is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het twee polisielede glo op ‘n klagte van huishoudelike geweld gereageer ten tyde van die voorval. Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek ook die omstandighede wat gelei het tot die man se hospitalisasie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus2024-09-1100 min