podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Arno Roodt
Shows
Podlitiek
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff
In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?Podlitiek word aangebied deur:Arno RoodtLouis BoshoffErnst van Zyl
2025-07-08
42 min
Podlitiek
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry
In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop.Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt
2025-07-02
33 min
Podlitiek
Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ...Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
2025-06-26
33 min
Podlitiek
Ken jou geskiedenis_ met Prof Fransjohan Pretorius
Podlitiek spring weg met 'n splinternuwe onderhoudreeks! Louis en Arno gesels met Prof Fransjohan Pretorius oor die waarde daarvan om jou geskiedenis te ken. Hy deel ook 'n interessante staaltjie of twee uit die Afrikaner se geskiedenis. Verskoon die swak klankgehalte. (Ons maak maar asof ons doelbewus van ou tegnologie gebruik gemaak het vir die geskiedenis-episode.)Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
2025-06-24
51 min
Podlitiek
Ep. 271 - Ramaphosa by die G7 en SEB verwoes lewens
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Ramaphosa se besoek aan die G7 beraad en Solidariteit en die Vryemarkstigting se onlangse verslag oor SEB-rassewetgewing.Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
2025-06-18
21 min
Podlitiek
Ep. 270 - Podlitieke dialoog oor die beoogde dialoog _en nommerplate_
In hierdie episode gesels Louis en Arno oor die ANC monoloog wat voorlê (en verpak word as nasionale dialoog). Die plofbare onderwerp oor plofbare Gautengse nommerplate word ook aangeroer.Podlitiek word aangebied deur:Ernst van Zyl Louis BoshoffArno Roodt
2025-06-11
31 min
Podlitiek
Ep. 269 - Bestuurslisensies wat agter raak en Cyril wat uit twee monde praat
In hierdie episode gesels Ernst, Arno en Louis oor die agterstand in die uitreik van bestuurslisensiekaarte. Hoe kan dit so moeilik wees om een nuwe drukker te kry? Intussen sing Pres Cyril Ramaphosa 'n heel ander deuntjie in Suid-Afrika as toe hy in Amerika was. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
2025-06-04
23 min
Podlitiek
Ep. 268 - Die hinderlaag in die Withuis
In hierdie episode gesels Louis en Arno oor gister se ontmoeting tussen Trump en Ramaphosa, plus 'n paar plaaslike nuusbrokkies aan die einde. Wie was die wenner? En hoekom Trump? Wat gaan die gevolge van die gesprek wees?Podlitiek word aangebied deur Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
2025-05-22
39 min
Podlitiek
Ep. 267 - Vlugtelingstatus waaroor die linkses kwaad is
Vandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)?Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
2025-05-15
23 min
Podlitiek
Ep. 266 - Nog n News24 flater en Pretoria het net 5 slaggate
In vandag se episode bespreek Louis en Arno News24 se skreiende optrede teenoor Basjan Jooste, die bestuurder van die beroemde Twatterbaas-profiel op X (Twitter). Daarna gesels hulle oor die burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, se uitlatings oor slaggate in die stad. Podlitiek word aangebied deur Erns van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt.
2025-05-07
27 min
Podlitiek
Ep. 258 - Kroeg wen saak oor vals rassisme klagtes, ramptoestand oor spaza-winkel verdagtes
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die hooggeregshof in Kaapstad wat beveel het dat Christopher Logan, wat vir Hank's Olde Irish-kroeg valslik van rassistiese gedrag beskuldig het in 2022, altesaam R1,25 miljoen se skadevergoeding moet opdok, asook die regering wat 'n ramptoestand verklaar oor spaza-winkels se produkte wat mense vergiftig.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-11-23
30 min
Podlitiek
EP. 257 - 10 000+ protes teen BELA, Donald Trump die nuwe president van Amerika
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 10 000-sterk protes teen die Bela-wet by die Voortrekkermonument, asook Donald Trump wat die 2024 Amerikaanse verkiesing wen.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-11-22
32 min
Podlitiek
Ep. 256 - BELA protes die toekoms van Afrikaans is teminste een dag werd
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Bela-wet en die Solidariteit Beweging se beplande dag van protes daarteen dien 5de November by die Vootrekkermonument.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-11-22
24 min
Podlitiek
Ep. 255 - AfriForum gaan aanhou grassny en Gautengers wat onder dalende lewenskwaliteit ly
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat rug styf maak nadat die EFF aandui dat dit 'n mosie wil kanselleer wat die Tshwane-metro met AfriForum onderteken het, asook 'n nuwe meningspeiling wat aandui dat die inwoners van Gautengers se lewensstandaard aanhou daal.Skakel na die verslag bespreek in die episode: Quality of Life Survey 7 (2023/24) | GCROwww.belaprotes.co.za Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-10-24
17 min
Podlitiek
Ep. 254 - Panyaza Lesufi se slegte week, presidensiële mediese eenheid wat die beursie breek
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Gauteng se Premier Panyaza Lesufi wat geïmpliseer word in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek, en die presidensiële mediese eenheid se astronomiese rekening.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-10-11
35 min
Podlitiek
Ep. 253 - Jan Braai fopnuus skok, News24 wat vir Ernst blok, nog geld vir lisensiekaartdrukker opdok
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die valse rassisme bewerings teen Jan Braai, News24 se amptelike rekening op X wat vir Ernst van AfriForum geblok het, en die nuus rondom 'n tender vir 'n nuwe bestuurslisensiedrukker. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-10-04
27 min
Podlitiek
Ep. 252 - AfriForum kap vir OKOSA oor Starlink, Ramaphosa moet twee keer oor BELA wet dink
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat vir OKOSA se rassekriteria uitdaag wat vestiging van Starlink in Suid-Afrika dwarsboom, asook President Ramaphosa wat blykbaar etlike dae weg is van die BELA wetsontwerp teken en wet maak.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-09-12
23 min
Podlitiek
Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur
In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-09-12
32 min
Podlitiek
Ep. 250 - Dricus du Plessis weet wat ons weet en AfriForum kry vir NERSA beet
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die middelgewigkampioen, Dricus Du Plessis se eerste suksesvolle titelverdediging met 'n oorwinning oor Israel Adesanya, asook AfriForum wat vir NERSA geklop het in die hof oor kragtariewe.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
2024-08-22
23 min
Podlitiek
Ep. 249 - EFF se Floyd Shivambu bedank en MRK se magte deur hof vermank
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Floyd Shivambu wat aangekondig het dat hy bedank as adjunkpresident van die EFF en as lid van die party, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verloor in 'n hofsaak rakende hulle magte.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
2024-08-16
20 min
Podlitiek
Ep. 248 - Skool beskuldig van _rassisme_ in Pretoria en AfriForum werf steun in Amerika
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 12 leerders van Pretoria High School for Girls wat geskors is ná bewerings van rassisme, asook AfriForum en die Afrikanerstigting se steunwerwingstoer in die VSA.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
2024-08-01
29 min
Podlitiek
Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk
In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
2024-06-27
30 min
Podlitiek
Ep. 246 - Nuwe privaat brandweer in Bloemfontien en Rapport_Beeld gaan dalk verdwyn
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die nuwe privaat brandweer wat AfriForum in Bloemfontein gestig het, asook Media24 se beweerde planne om die druk van Beeld en Rapport stop te sit.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
2024-06-14
22 min
Podlitiek
Ep. 225 - Openbare Beskermer waai en plaasmoorde statistieke laat koppe draai
Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt van Podlitiek die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek, asook AfriForum se nuutste verslag oor plaasmoorde wat spesifiek kyk na die vervolgingskoers en nasionaliteit van verdagtes
2023-09-14
25 min
Podlitiek
Podlitiek: Openbare Beskermer waai, plaasmoordstatistieke laat koppe draai
Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt onder andere die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
2023-09-14
25 min
Podlitiek
Podlitiek: Kragramptoestand gestop, Eskom geklop, Steenhuisen top
In hierdie week se episode bespreek Arno Roodt en Paul Maritz die week se groot stories. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
2023-04-06
29 min
Podlitiek
Podlitiek: Ramaphosa se nuwe kabinet steeds vrot en Zimbabwiese boere verwerp regering se aanbod
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl en Arno Roodt president Ramaphosa se kabinetskommeling, wat neergekom het op ʼn lang gewag vir ʼn antiklimaks. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
2023-03-11
21 min
Podlitiek
Podlitiek: Ras en taal op kampus
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Frederik van Dyk, Arno Roodt en Paul Maritz die week se groot kampusstories. Dit is weer daai tyd van die jaar vir eerstejaars om op kampusse verwelkom te word, en soos wat dit vir Podlitiek lyk, is dit weer daai tyd van die jaar wanneer universiteite vreemde besluite neem… Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
2023-02-16
33 min
Podlitiek
Podlitiek: Krag-ramptoestand, koalisies se slegte kant, miljarde na Engeland
In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl, Arno Roodt en Paul Maritz drie groot stories op die nasionale en internasionale nuusfront. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook
2023-02-03
29 min