podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Deon Holtzhausen
Shows
Onder die Son
episode #11 - Ek is 'n rehabiliterende alkoholis
April is bewusmakingsmaand van alkoholDit is nie nuus dat die misbruik van alkohol 'n groot probleem vir die openbare gesondheid is nie. In werklikheid is dit die derde grootste oorsaak van voorkombare dood in die Verenigde State. Volgens die Nasionale Raad vir alkoholisme en dwelmafhanklikheid sterf daar jaarliks 95,000 15 mense in die Verenigde State weens die gevolge van alkohol. NIAAA (Nasionale Instituut vir alkoholmisbruik en verslawing) beskryf alkoholmisbruik as 'n verswakte vermoë om die gebruik daarvan te stop, ondanks gevolge.Ek gesels met 'n jong Ma wat in haar vroeë 20's reeds in alko...
2023-04-05
41 min
Onder die Son
Episode #10 - Hoe verstaan ek die wil van God en gebeur slegte goed met goeie mense!
Vandag gesels ek, Deon Holtzhausen, met Ds braam Klopper van die NG Gemeente Kempton Park-Oos oor God se wil.Waarom gebeur daar slegte goed met goeie mense en mens wil amper uitroep (net) goeie goed met slegte mense. Hoe moet ek God se wil verstaan?Braam verduidelik 'n perspektief wat vir ons 'n effense lig werp om God se wil te verstaan. Hy verduidelik dit aan die hand van 6 sirkels wat oormekaar lê.Jy kan vir Braam kontak by:www.braamklopper.co.za of telefonies bySel: +27 (0)82 574 3530NG Kerk K...
2023-03-15
31 min
Onder die Son
Episode #9 - God het nie robotte gemaak nie
In hierdie week se episode gesels ek weer met Ds Braam Hanekom. Ons gesels oor of en hoe mens 'n liefdevolle God met die verskriklikste rampe kan versoen. As God dan almagtig, alwetend en alomteenwoordig is, waarom stop hy nie rampe nie!? Hoe kan mense sê "God is goed" nadat 'n baba die aardbewing in Turkye oorleef maar meer as 44 000 mense is in dieselfde aardbewing dood nie.Braam gee vir ons 'n blik op 'N perspektief. Is daar 'n finale antwoord hierop of nie. Luister gerus na die hele gesprek.Jy kan Ds Braam Klopper s...
2023-03-01
30 min
Onder die Son
Episode #8 - My kind is gay
Vandag gesels ons oor nog 'n moeilike onderwerp - My kind is gay.Ons hoor al meer van gesinne waarin een van die gesinslede gay is en ek voel ons moet daaroor praat. In Amerika, om een te noem, is daar ondersteuningsgroepe vir gesinne en persone wat gay/lesbies in.Ek het die voorreg gehad om met Frans te gesels oor sy seun wat gay is. In die onderhoud is beide sy seun en sy vrou se name nie hulle regte name nie.In Suid-Afrika is daar onder andere die volgende groepe:...
2023-02-15
19 min
Onder die Son
Episode #7 - Is ons strepies getrek en het God 'n wil vir alles in ons lewens?
Is ons strepies getrek en die dag en datum van ons geboorte en sterfte vooruit bepaal?Baie mense vind troos daarin ... ander verskil heeltemal met so stelling.Ek en Braam gesels vandag hieroor.Jy kan met Braam kontak maak deur sy webblad, www.braamklopper.co.za of telefonies by 082 882 8474.Jy kan sy boeke en Audio-reeks oor rou ook by hom aankoop.My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te...
2023-02-08
35 min
Onder die Son
Episode #6 - Die ontkende rou na 'n miskraam of stilgeboorte
Welkom by Onder Die Son.Vandag gesels ons oor een van die seerste van al die roue asook die feit dat dit die mees miskende verlies is van alle verliese.Ons gesels oor die verhale van mense wat hierdie pad gestap het. Statistiek sê dat 25% van alle swangerskappe eindig in 'n miskraam binne die eerste drie weke.Tot van ons vriende miskrame gehad het, het ek en Anneke gedink dat dit baie skaars is. Ons was verkeerd, Hierdie mense het netsoveel ondersteuning nodig. Dit bly steeds 'n lewe, 'n droom ... 'n wonderwerk wat af gebid i...
2023-02-01
35 min
Onder die Son
Episode #5: Hoe lyk rou anders na iemand se selfdood?
In hierdie episode gesels ek en Ds Braam Klopper oor 'n ander soort rou. Dit is die rou na iemand sy/haar eie lewe geneem het.Ons hoor dat hierdie rou heeltemal anders is as ander rou. Een van die redes is omdat dié wat agterbly, met 'n magdom vrae gelaat word. Baie voel skuldig. Kon ek dit keer? ek moes dit lankal sien kom het! As ek maar net meer geluister het!Ons praat ook oor hoe mense teologies, geestelik op selfdood reageer. Ons hoor dikwels dat mense dadelik sê na iemand se selfdood da...
2023-01-25
33 min
Onder die Son
Episode #4: Mans en Vroue rou verskillend
Baie welkom. In hierdie uitgawe gesels ek en Ds Braam Klopper oor die feit dat mans en vroue beslis verskillend rou. Dit is ook so dat vroue dikwels die man daarvan beskuldig dat hy nie rou nie en nie emosie wys nie.Aansluitend hiermee is daar 'n paar nuwe dinge wat ons hoor oor die rouproses van mans en vroue.Indien daar onderwerpe is waaroor jy dink ons moet gesels, kontak my gerus by deonholt@gmail.comJy kan vir Ds Braam kontak by:Sel: +27 (0)82 574 3530NG Kerk Kempton Park OosTel: +27 (0)11 979 1415
2023-01-18
30 min
Onder die Son
Episode #3: My kind is dood en ek is verpletterd ...
In hierdie episode gesels Ds Braam Klopper oor ouers wat rou na die dood van 'n kind. Hierdie kan ook die dood van volwasse kinders wees en nie alleenlik die dood van kinders wat nog in die huis of op skool is nie.Ons hoor dat die dood van 'n kind vir ouers die ergste van alle seer is en vir Ma's baie meer intens is as vir Pa's. Braam help ons om hierdie te verstaan.Indien jy voorstelle het vir toekomstige programme, stuur jou voorstelle na Deon toe by:deonholt@gmail.com...
2023-01-11
23 min
Onder die Son
Episode #2 - Hoe lyk dit wanneer iemand treur?
Ek gesels weer met Ds Braam Klopper wat spesialiseer daarin om mense te ondersteun wat rou en hoe om op te staan na die dood van 'n geliefde.In die vorige episode het ons gesels oor hoe ons iemand ondersteun wat rou na die dood van 'n geliefde. In hierdie episode, gesels ons oor hoe treur 'n mens. Is daar regte of verkeerde maniere van rou? Hoe lank rou mens? Lyk almal se rouproses dieselfde?Hy het al 'n boek hieroor geskryf asook 'n reeds CD's uitgebring.Boek: Wanneer Woorde OntbreekCD-Reeks: Gesprekke oor...
2022-12-28
39 min
Onder die Son
Hoe ondersteun ek iemand na die dood van 'n geliefde?
Ons almal was al in rou of was naby iemand wat in rou is. Vir sommiges kom ondersteuning makliker as vir ander. Die kans is daar dat ons iemand, met die heel beste bedoelings, verkeerd ondersteun het of dalk iets verkeerd gesê het.In ons bekendstellingsepisode gesels ek met Braam Klopper, predikant in die NG Gemeente Kemptonpark-Oos. Hy het al 'n boek hieroor geskryf asook 'n reeds CD's uitgebring.Boek: Wanneer Woorde OntbreekCD-Reeks: Gesprekke oor RouDie boek is beskikbaar by Lux Verbi @ R200 per sagtebandkopie.Jy kan die boek asook d...
2022-12-21
29 min
Onder die Son
Onder die Son Bekendstelling
Baie welkom by "Onder die Son" waar ons praat oor alles onder die son ... wel, amper alles.Hierdie is die bekendstelling van 'n splinternuwe Podcast in Afrikaans. Ons gesels oor alles onder die son ... wel, amper alles.Ons eerste uitsending is eerskomende Woensdag, 21 Desember 2022 en sal net na 08:00 op jou gunsteling platvorm beskikbaar wees.My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat...
2022-12-16
02 min