podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Francois Bredenkamp
Shows
Hoop Nogtans
Ek is eenvoudig geroep om getrou te wees #2605
In die boek Second Calling skryf Dale Bourke dat sy jare gelede ’n konferensie bygewoon het. Toe dit verby was, het haar vriend Bruce aangebied om haar lughawe toe te neem. Net toe hulle wou vertrek, het ’n ander man gevra of hy saam met hulle kon ry.Terwyl hulle van die hotel af weg gery het, het sy en Bruce die man gevra waar hy werk, en hy het genoem dat hy by ’n spesifieke Christelike organisasie betrokke is. Bruce het gesê: “Ek het goeie herinneringe aan daardie groep, want ek het eenkeer ’n konferensie van hulle bygew...
2026-02-22
30 min
Hoop Nogtans
Die ouer broer #2604
Die spesifieke Sondag is die kerk gepak. Dis kindertoewyding die oggend en daar is baie familie en vriende om die geleentheid met die gesin te deel. Ek is dankbaar om die oggend die geleentheid te hê om die evangelie te deel met mense wat moontlik selde in die kerk kom. Een van die ouderlinge maak later sy beswaardheid aan my bekend. “Ons hou nie van jou styl van bediening nie. Jy trek mense na die kerk wat nie pas by ons nie. Mense wat ruik na rook en drank. (Ja, kan jy dit glo!). Ons dink nie jy is die...
2026-02-21
29 min
Hoop Nogtans
‘n Verkeerde siening van die Vader se hart #2603
Rosaria Butterfield was ’n universiteitsprofessor, ’n ateïs, en openlik gekant teen die Christelike geloof. Sy het geglo dat Christenskap skadelik is vir mense en intellektueel minderwaardig. Nadat sy ’n artikel geskryf het waarin sy Christelike oortuigings gekritiseer het, het sy talle reaksies ontvang. Een brief het uitgestaan — dit was respekvol geskryf deur ’n predikant wat haar uitgenooi het tot gesprek. Uit nuuskierigheid het sy die uitnodiging aanvaar. Mettertyd het Rosaria en haar lewensmaat maaltye gedeel met die predikant en sy vrou. Daar was geen druk nie — net eerlike gesprek, vriendskap en die lees van die Skrif. Terwyl sy die Bybel ern...
2026-01-25
21 min
Hoop Nogtans
Die Verlore Seun #2602
Aljazeera berig op 21 Julie 2025 uit Palkistan dat die owerhede minstens 13 mense, insluitende ‘n stamleier, in hegtenis geneem het op wat as ‘n eerwraakmoord (“honour killing”) beskou word. Bano Bibi en haar man Ehsan Ullah is vermoor as wraak omdat hulle getrou het teen die wense van hulle familie. Hulle het daardeur skande oor die familienaam gebring.Daar is in 2024 landswyd in Pakistan 547 eerwraakmoorde aangemeld, en baie word nooit aangemeld nie, met slegs een skuldigbevinding gelei het.Wat ons hier kry, is ‘n voorbeeld van hoe sterk die eer van die familienaam vir mense in hierdie lande is...
2026-01-20
23 min
Hoop Nogtans
Ontdek of Herontdek Die hart van God vir jou #2601
Onthou jy nog die liedjie “Nobody likes me, everybody hates me, I guess I’ll eat worms!”Die liedjie gee nogal weer hoe baie mense voel. Oor hulself. Hoeveel mense voel niemand is lief vir hulle nie. Hulle voel onwaardig. Hulle kan nie eens dink dat iemand van hulle sal hou nie.Die evangelie van Jesus Christus vertel ‘n heel ander storie oor ons. Ons is kosbaar in God se oë. Hy kies om ons lief te hê, ten spyte van al ons foute en tekortkominge.Ek praat vandag met jou oor: ONTDEK – OF HERONTDEK...
2026-01-05
18 min
Hoop Nogtans
Voel dit tevergeefs? #2522
In die Griekse mitologie is daar die storie van Sisyfus, die stigter en koning van Korinte (Efyra). As mens was hy aanmatigend en arrogant, en die gode straf hom. In die onderwêreld kry hy die taak om ‘n groot rots teen ‘n bult uit te stoot, en net soos hy amper bo is, dan rol die rots al die pad terug, en dan moet hy oor begin. So hou dit vol, dag vir dag, tot in ewigheid. Stoot. Amper daar. Tevergeefs. Stoot. Amper daar. Tevergeefs.Sisyfus se straf beskryf so baie mense se lewens. Alles wat hulle...
2026-01-05
26 min
Hoop Nogtans
Glo ek regtig dat Jesus Christus die Here is? #2521
Katarina die Grote, keiserin van Rusland het in 1787 ’n grootskaalse inspeksiereis onderneem langs die Dnieper River. Die reis is gereël deur Grigory Alexandrovich Potemkin (Potjomkin), een van Katarina se mees vertroude staatsmanne, wat haar wou beïndruk met sy bestuur van die provinsies. Dit word vertel dat Potjomkin vals papier- of kartondorpe langs die rivier opgerig het om Katarina doelbewus te mislei. Miskien het hy nie regtig so ver gegaan nie, miskien het hy. Daar is teenstrydige sienings hieroor. Wat wel gebeur het: • Bestaande dorpe is skoongemaak, versier en verfraai • Boere is soms bymekaar gebring om bevolkingsdigtheid te suggeree...
2025-12-23
23 min
Hoop Nogtans
Dis maklik om ‘n front voor te hou #2520
Dis maklik om ‘n front voor te hou en te maak asof alles reg is, terwyl jy so moedeloos is dat jy nie kans sien vir aangaan nie. ‘n Gewilde sanger Sia sing die volgende: Unstoppable All smiles, I know what it takes to fool this town I'll do it 'til the sun goes down and all through the night time Oh, yeah Oh, yeah, I'll tell you what you wanna hear Keep my sunglasses on while I shed a tear It's never the right time, yeah-yeah I put my armour on, show you how strong I am I put...
2025-12-20
19 min
Hoop Nogtans
Ons verstaan God se hart baie keer verkeerd #2519
n Klein seuntjie, so tien jaar oud, het die dinêr binnestap en by ’n tafel kom sit. Die kelnerin, reeds moeg ná ’n lang skof, kom vra wat hy graag wil hê.Die seuntjie kyk na die spyskaart en vra:“Hoeveel kos ’n roomys-sundae?”Sy gee vir hom die prys.Hy tel sy muntstukke stilletjies.Toe vra hy:“Hoeveel kos net gewone roomys?”Die kelnerin sug — daar wag baie klante — en sy noem die laer prys. Die seun dink oomblikkie, knik toe en sê:“Ek sal die gewon...
2025-12-20
25 min
Hoop Nogtans
Ewige lewe #2518
In die Spaanse stad Valladolid waar Christopher Columbus in 1506 sterf, staan ‘n monument ter ere van die ontdekkingsreisiger. ‘n Stukkie simboliek ingebou in die monument is ‘n aardbol met ‘n band oor, met die volgende woorde Ne Plus Ultra. Vir jare was Spanje se leuse: Ne Plus Ultra. Dit beteken, niks anderkant nie. Daar is geen land anderkant Spanje nie. Ingebou in die monument is ‘n leeu wat die woordjie ne wegskeur van die res. Ne is die woordjie wat sê daar is niks anderkant nie. Wat ‘n mens nou lees, is Plus Ultra. Columbus het bewys, daar is land anderkan...
2025-12-03
24 min
Hoop Nogtans
Wees oud met waardigheid #2517
Dis maklik vir ‘n persoon in hul senior jare om te voel dat hulle waardeloos is, oorbodig, selfs onwelkom, ‘n oorlas vir die samelewing. Om te voel jy word eenkant toe gestoot, miskien verdra, maar nie waardeer nie. Maar dis moontlik om ‘n vol lewe te lei in jou silwer-grys jare. Johann Goethe skryf sy meesterlike toneelstuk op die ouderdom van 81. Winston Churchill, op 82, skryf die eerste van 4 dele oor die Britse geskiedenis. Toscanini, die bekende Italiaanse dirigent, lewer sy laaste uitvoering op 87. Michelangelo, op 88, omskep vir die laaste keer ‘n stuk marmer in ‘n pragtige beeldhouwerk. Rubenstein, befaamde pianis, le...
2025-11-23
22 min
Hoop Nogtans
Die waarheid is: God gaan vir die hart! #2516
In die rolprent A few Good Men is daar ‘n toneel uit ‘n militêre verhoor. Kolonel Natan R Jessep onder kruisondervraging. Die prokureur Lt Daniel Kaffee is baie direk: Hy wil by die waarheid uitkom. Colonel Jessep ... "You want answers?" Lieutenant Kaffee ... "I think I'm entitled." Colonel Jessep ... "YOU WANT ANSWERS?" Lieutenant Kaffee ... "I WANT THE TRUTH!" Colonel Jessep ... "YOU CAN'T HANDLE THE TRUTH!" Daar is waarheid wat mense moet hoor, en dikwels is hierdie die waarheid: “You can’t handle the truth!” Mense wil nie die waarheid hoor nie. Die waarheid is: God gaan vir die hart! Beginsel: P...
2025-11-21
24 min
Hoop Nogtans
Daar is hoop vir hooplose mense #2515
Die Centers for Disease Control and Prevention (CDC) in die VSA het in 2023 omvattende navorsing onder Amerkiaanse tieners gedoen. Hul bevindings is kommerwekkend. Meer as ’n kwart van Amerikaanse tieners het swak geestesgesondheid ervaar, en ongeveer 40% het aanhoudend hartseer en hopeloos gevoel. Die opname het ook bevind dat 20% van die leerlinge ernstig oorweeg het om selfmoord te pleeg, met sowat 10% wat aangedui het dat hulle probeer het om hul lewens te beëindig [Anderer, S. (2024). CDC: 2 in 5 High Schoolers Report Persistent Sadness. JAMA, 332(21), 1779-1779]. Die statistiek vir Australië toon dieselfde tendense: ons jongmense worstel met intense hooploosheid. Hulle het nie...
2025-11-21
22 min
Hoop Nogtans
Gód kan deur die grens van die hooplose situasie breek #2514
Vir baie jare het mense geglo dat dit onmoontlik is om die klankgrens te breek. Sou jy vinniger vlieg as die spoed van klank – om en by 1100 km per uur – dan sal jou vliegtuig disintegreer. Dit sal wees asof jy teen ‘n onsigbare muur vasvlieg. Een persoon wat dit nie geglo het nie, was Chuck Yaeger, ‘n Amerikaanse vegvlieënier wat op 14 Oktober 1947 die teendeel bewys het. Chuck Yaeger het by verskeie geleenthede gepoog om vinninger as klank te vlieg. Elke keer was hy onsuksesvol. Hoe nader hy aan die spoed van klank gekom het, hoe meer onheilspellend het dinge ger...
2025-11-21
21 min
Hoop Nogtans
Niks gebeur sommer net nie! #2513
Victor Frankl was ‘n Joodse psigiater voor die Tweede Wêreldoorlog in Weenen, Oostenryk. In sy werk Man’s search for meaning, gepubliseer in 1946, net na die oorlog, verduidelik hy hoe die sentrale idees in hierdie boek hom gehelp het om die swaarkry in die konsentrasiekamp te oorleef. In kort, as ‘n mens rede het om voor te lewe, kan jy onmenslike swaarkry verdra. Sonder iets wat betekenis aan jou lewe gee, het jy geen rede om te wil aanhou nie. Hy vertel in Man’s search for meaning hoe hy hierdie beginsel in aksie gesien het in die ondraaagl...
2025-11-21
31 min
Hoop Nogtans
God kan ingryp in die mees hopelose situasies - 2 Konings 4:38-41 #2512
Jare gelede het ‘n mnr Van der Merwe vir die Waterraad in Namibië gewerk. Op ‘n dag was hy in die Namibwoestyn op pad Walvisbaai toe. Sy voertuig oorverhit en gaan staan. Hy besef dit kan tot twee dae neem voordat hulle na hom gaan begin soek. Die beste ding wat hy kan doen is om te stap tot by die kus, en dan noordwaarts al met die kus langs te stap. Hy weet daar is ‘n navorsingspan wat daar erens langs die kus kampeer. Hy moet by hulle uitkom. Hy neem die bietjie drinkwater wat hy het, en begin s...
2025-11-21
23 min
Hoop Nogtans
Hierdie waarhede dra jou deur die moeilikste tye #2011
Rebecca St James is een van die groot name in die kontemporêre Christelike musiekwêreld. Sy is gebore in Australië. Haar pa het groot musiekbyeenkomste gereël in Australië, en was baie suksesvol. Maar om een of ander rede misluk een van die toere wat hy reël, en hy sit met ‘n halfmiljoen dollar se skuld en die gesin verloor alles. Die gesin verhuis na die VSA in 1991. Die werk wat haar pa sou ry, materialiseer nie. Hulle is brandarm, en afhanklik van mense se goedhartigheid om te oorleef. Sy het ‘n film gemaak oor die gesin se ervarin...
2025-11-21
24 min
Hoop Nogtans
‘n Mooi toekoms belowe - Psalm 37:37 #2510
Dr Winter, hoogsbekwame geneesheer in Chicago ‘n aantal jaar gelede word wakker gebel een uur die oggend. Hul benodig hom dringend by die hospitaal. ‘n Seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk. Daar is niemand wat so bekaam is soos Dr Winter nie. As daar iemand is wat die seun se lewe kan red, dan is dit Dr Winter. Daar is ‘n kortpad deur een van die berugste buurtse in Chicago. Dis ‘n baie gevaarlike roete, maar tyd is min om die seun se lewe te red. Hy waag dit. By ‘n verkeerslig word die motor se deur oopgeruk en ‘n man sl...
2025-11-21
20 min
Hoop Nogtans
Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy - Psalm 6 #2509
Ek dink ‘n mens bid anders wanneer jy regtig siek is. Hoe sieker jy is, hoe meer opreg bid jy. Jy steek niks weg vir God nie. Jy kruip nie weg agter mooi woorde nie. Jy is nie gepla of jy die korrekte woorde gebruik wat God sal beindruk nie. Jy bid diep uit jou hart. Jy roep uit na God want jy besef hoe nodig jy Hom het. Psalm 6 gaan oor ‘n tyd toe Dawid baie siek was. Ons kan so baie by Dawid leer in psalm 6, wat om te bid as jy siek is, waaraan om te dink...
2025-11-21
24 min
Hoop Nogtans
'n Rede om optimisties te wees - Psalm 27 #2508
’n Hele paar jaar gelede slaap ek een nag in ‘n gastehuis in die Karoo. Ek word wakker in die middel van die nag. Alles is donker om my. Stikdonker. Die gordyne hou die sterrelig buite. Ons is so gewoond aan lig, ons ken amper nie donkerte nie. Daar is straatligte wat die vertek verlig, die oranje liggie van ‘n verwarmer of die groen liggie van die alarmstelsel of die rooi liggie van die elektroniese wekker en die blouwit lig van ons selfoon. Dié nag is daar niks. Net ‘n neerdrukkende duisternis wat my hart vasklem. Vir ‘n paar sekondes is...
2025-11-21
22 min
Hoop Nogtans
Staan uit weens jou Persoonlike integriteit - Psalm 15 #2507
Op 22 Februarie 2011 sal onthou word as die dag toe ‘n aardbewing verwoesting in Christchurch aangerig het. 185 sterf in die aardbewing. 115 van hulle toe die CTV gebou inmekaar stort. 62 persent van die lewensverlies omdat een gebou se strukturele integriteit nie op standaard was nie. Strukturele integriteit het te doen met dinge soos die behoorlike ontwerp van die gebou, en dat die bouregulasies streng nagekom word. ’n Royal Commission bevind byna twee jaar later na ‘n grondige ondersoek watter faktore het ‘n rol gespeel hoekom die gebou se strukturele integriteit nie na wense was nie. Daar was fundamentele foute gemaak met die ontw...
2025-11-21
38 min
Hoop Nogtans
Dawid kry te doen met valse beskuldigings - Psalm 26 #2506
Die New York Post berig op 5 September 2025 oor Bryan Hooper wat na 27 jaar in die tronk vrygelaat is. Hy was in die tronk vir die moord op ‘n 77-jarige vrou in 1998. Al die tyd onskuldig. Die eintlike moordenaar, Chalaka Young was destyds die hoofgetuie teen hom. Sy het nou eers skuld beken. Dis ‘n uitsonderlike geval, maar illustreer hoe magteloos enigeen van ons voel wanneer jy valslik beskudig word van iets wat jy nie gedoen het nie. Jy moet saam leef met die openlike beskuldigings, die agteraf verdagmakery, die agterdog, geskinder, die skande, al is jy onskuldig. Dis asof jy g...
2025-11-19
20 min
Hoop Nogtans
Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505
Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die volleybal, asof hy sy vriend is. Dis amper asof hy tot Wilson bid vir hulp en wysheid. Nerens in die rolprent praat hy met God nie. Baie...
2025-11-19
31 min
Hoop Nogtans
Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken - Psalm 16 #2504
Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken. Praat van tragedie, teleurstelling, trauma, trane en teenspoed. Hy het dit alles geken. Vir jare moes hy vlug vir koning Saul wat hom met ‘n passie gehaat het en met alle geweld wou dood maak. Later in sy lewe, toe hy self koning was, moes hy vlug voor sy seun Absalom wat hom onttroon as koning en hom uit die weg wil hê. Dawid het die geheim geken om nie bekommerd te wees oor die baie dinge waaroor mense hul so bekommer nie. Dawid het geleer om sy sekuriteit by God...
2025-11-19
30 min
Hoop Nogtans
Dawid in 'n dorre woestyn - Psalm 63 #2503
n Paar jaar gelede het ek die geleentheid gehad om ‘n paar dae in die Australiese Outback deur te bring in die omgewing van Uluru, ‘n massiewe rooi sandsteenformasie 348 meter hoog en ‘n omtrek van 9.4 kilometer. Die dag toe ons daar kom, sê die toerleier daar is iets wat julle moet weet. Vergeet van gevaarlike slange. Die kans dat jy deur ‘n slang gepik gaan word, is gering. Daar is ‘n groter gevaar. Dehidrasie. Ontwatering. Dehidrasie maak baie meer mense dood as slangbyte. Hy het seker gemaak ons het elkeen ten minste drie liter water by ons te alle tye. Nie so...
2025-11-18
19 min
Hoop Nogtans
Gee jou kommer oor aan die HERE - Psalm 55_23 #2502
Bondi Beach in Sydney is een van Australië se mees gewilde strande, en ‘n TV program oor hul lewensredders wek wêreldwye waardering vir hulle. Nie sonder rede nie. In hul jaarverslag vir 2023-2024 word genoem dat hulle 377 lewens gered het in daardie jaar. Een van die grootste probleme waarmee lewensredders te doen kry, is wanneer iemand so spartel en spook dat hulle die lewensredder se veiligheid in gevaar stel. Daar is ‘n punt waar die drenkeling moet oorgee en toelaat dat hul na veiligheid gebring word. Jy moet erken jy het hulp nodig, en jy moet daardie hulp aanvaa...
2025-11-18
25 min
Hoop Nogtans
Die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het - Psalm 34 #2501
Ons almal het seker een of ander storie oor ‘n dom ding wat ons gedoen het. Soms is dit humoristies. Soms met verreikende gevolge. Psalm 34 is een van die mees inspirerende psalms in die Bybel. Maar dis gebore uit een van die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.34.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ 2501
2025-11-18
25 min