podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Gerda De Sousa & Dianne Broodryk
Shows
JacPod
Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou
Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule. Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk. In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-12-10
26 min
JacPod
Mevrou oefen om Kersfees fiks te word
Mevrou vang die Kersfees gees, maar dis nie ’n maklike oefen om Kersfees fiks te word nie. Dit begin by die gesukkel om die Kersboom te laat staan en dan die stryery om die versiersels perfek te kry. Wat kom eerste – die liggies of die balletjies? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is dié Fees seisoen by die huis en die prioriteit is om die Kersfees gees perfek in elke kamer te hang … Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-12-03
19 min
JacPod
Mevrou is nie 'n klip vir 'n winskopie nie
Mevrou staan nie terug as daar ’n goeie uitverkoping is nie, en hierdie is die week vir winskopies! Van Kersfees persente tot huishoudelike skoonmaak middels, dis als op die lysies vir wanneer die winkels oopmaak vir Black Friday. Daar is egter een groot vrees vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk: daai pragtige paar skoene wat sy reeds gekoop het, is nou op die 50% afslag. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-11-26
20 min
JacPod
Mevrou en die skommel vir die rommel trommel
Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar di...
2024-11-19
20 min
JacPod
Mevrou smeer haar verjaarsdag met kaster olie
Dis Mevrou se verjaarsdag en tyd vir grootmens persente! Soos wat sy plek soek vir al die kersies op die verjaarsdag tert, besef Mevrou sy het nou die ouderdom bereik waar dit nie meer saak maak of sy partytjie hou of nie. En ja, twee Mevrouens is ’n partytjie. Dianne Broodryk vier haar verjaarsdag en Gerda de Sousa reken dié jaar se persent is die mees volwasse een wat sy nog gekoop het. Dis nie badgoed nie en ook nie handeroom nie, maar natuurlik sluit dit die nuwe gier van ’n bottel kaster olie in ….. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-11-12
21 min
JacPod
Mevrou probeer die November vloermoere oorleef
Dis met ’n skok wat Mevrou besef mense se geduld en hulle vlakke van verdraagsaamheid lê laag in November. Miskien is dit ’n einde-van-die-jaar probleem, of dalk was die jaar maar net lank. In die parkeer areas en in die winkels sien Mevrou net moeilike mense. Maar dan onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle is nie heeltemal onskuldig nie. Almal het mos maar hulle limiet en hulle was self al deel van 'n vloermoer of twee …… Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-11-05
21 min
JacPod
Mevrou kry die appel onder die stamboom
Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-10-29
15 min
JacPod
Mevrou wonder oor die doeke braai
Mevrou se dagboek is ewe skielik vol kombuis tee partytjies, troues, ooievaar tees en nou – vir die eerste ooit – ook ’n doeke braai! ’n Wat? Die nuwe neigings van die jong mense se partytjie reëls en regulasies het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk aan die wonder oor wat mens mag gee as persente. Om nie te praat van al die uitrustings wat jy reg moet hou vir al die verskillende vierings nie …… en dis voor die baba nog gebore word….. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-10-22
21 min
JacPod
Mevrou se skandes by die hoërskool re-unie
Mevrou mis nie ’n hoërskool reünie nie – dis ’n hoogtepunt op haar tien-jaar kalender wanneer daar weer soos op skool gekuier word. Binne ’n oogwink kom die skool bynaam weer uit en vloed die herinneringe terug. En natuurlik, word die skandes en die sondes van hoërskool jare onthou. In dié episode, praat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk uit oor wat hulle al by ‘n matriek reünie gesien en beleef het …… Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-10-15
21 min
JacPod
Mevrou blaas stoom af oor die nuwe kragmeter
Daar was aanvanklik groot afwagting in Mevrou se huishouding vir die installering van die nuwe elektrisiteits meter. Nou gaan almal sien presies waarvoor hulle opdok en wat die meeste krag verbruik. Maar dié proses sorg vir huis moles – wie moet onthou om die geiser aan en af te sit? In dié episode word Dianne Broodryk warmer as 'n kokende gasketel, terwyl Gerda de Sousa deur die stoom probeer soek na die lig in die donker tonnel …… Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-10-08
21 min
JacPod
Mevrou se sonde met die bure
Die Mevrouens het al in baie buurte gebly – sommige van die bure word soos familie, maar dan is daar daai karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe gesondig het om dit te verdien. Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk onthou die bure wat die straat laat brul het, en nie van plesier nie. In dié episode praat die Mevrouens uit oor wat al in die agterplaas langsaan aanskou is ... Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-10-01
23 min
JacPod
Mevrou brul oor die brille en die pille
Dit was nog nooit ’n probleem vir die Mevrouens om ou(er)d te word nie, dis mos maar deel van die lewe. Nou sing Gerda de Sousa en Dianne Broodryk ’n ander deuntjie, sedert die proses van vitamines en die daaglikse aanvullings hulle lewe begin oorheers het. Om nie eers van die skielik verswakkende oë te praat nie. In dié episode betreur die Mevrouens die stand van brille en pille. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-09-24
19 min
JacPod
Mevrou se nuwe seisoen
Die Mevrouens het ontwaak na hulle winterslaap en uit kom die selfone om die kuiers in die kalender in te skryf. Daar’s baie om op te vang – die een se tande is nie meer agter tralies nie en die ander een dink sy het die raaisel oor haar geheimsinnige allergiese reaksie sommer self opgelos. Dis die begin van nuwe seisoene en Gerda de Sousa en Dianne Broodryk klets te lekker … totdat een oor haar woorde struikel. * Hierdie seisoen word aan jou gebring deur die Arrie Nel Apteekgroep. Podcast page on Jacaranda FM's website
2024-09-17
19 min
Mevrou Mevrou
Mevrou looi 'n plooi
Om te spuit, of nie te spuit nie … dít is die gewigtige vraag wat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg, want ‘n vullertjie hier en ‘n plukkie of ‘n pompie daar is klaarblyklik deesdae ook glad nie meer ‘n skande nie. Dis nou nie asof iemand hulle direk in die gesig gevat het nie, maar die Mevrouens is nie dom nie – hulle kan mos tussen die lyne lees. In die laaste episode van dié reeks van Mevrou Mevrou, wonder die Mevrouens of hulle die botox bus gemis het, en of daar nog tyd is om vas te byt vir ‘n spuit …...
2023-05-22
23 min
Mevrou Mevrou
Mevrou het krag nodig om die toilet te trek
Geen Mevrou se lewe is volmaak as daar nie ten minste een keer ‘n dag oor beurtkrag gekla kan word nie. Dit klink deesdae al hoe meer idillies om te kan lewe sonder ‘n tradisionele Eskom krag aansluiting en om nie meer hartkloppings te hoef kry as die nuwe beurtkrag probleme op die buurt se Whatsapp groepie deurkom nie. In episode 11 van Mevrou Mevrou, vertel Gerda de Sousa van ‘n lewe sonder ‘n krag aansluiting en ‘n daaglikse beurtkrag skedule, en Dianne Broodryk erken sy soek nie krag om te stryk nie…. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-05-16
22 min
Mevrou Mevrou
Mevrou se Gebed word verhoor
Almal is skelms! Niemand gee meer ‘n flenter om vir iemand anders nie … dit voel soms so, maar is dit nie lekker as die teendeel gebeur nie? Dit klink amper te goed om waar te wees, maar hierdie Mevrouens het dit eerste-hands beleef. In episode 10 van Mevrou Mevrou, deel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk presies so ‘n storie toe 'n vreemdeling gehelp het om 'n vermiste selfoon terug te kry …. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-05-09
20 min
Mevrou Mevrou
Mevrou en die 18 somers
‘n Kinder partytjie is nie speletjies nie, al is dit juis wat dit veronderstel is om te wees. Die Mevrouens is natuurlik kenners oor hoe om die perfekte verjaarsdag partytjie te reël. Maar 2023 is ‘n tameletjie van ‘n verjaarsdag jaar, want die kinders is nou ouer, partytjies is nie meer die in-ding nie en ewe skielik slaan die realiteit van oud word baie hard. In episode 9 van Mevrou Mevrou, bekla Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hulle lot en heimwee terwyl hulle maar alleen sit en die kersies op hulle kinders se verjaarsdag koeke uitblaas ... Podcast page on...
2023-05-02
21 min
Mevrou Mevrou
Mevrou en die P vir Pot-holle
Ons weet almal van die slaggate wat sommer oornag op ons gereelde paaie inval – veral na ‘n lekker reënbui. Die Mevrouens is parrate bestuurders en word nie sommer gevang nie. Maar, wragtig – daai een oggend voor son-op, net om die draai van die werk af, tref Mevrou die gewraakte pothol. Die beskadigde wiel moet af en die ‘biscuit’-wielietjie moet op.In episode 8 van Mevrou Mevrou, deel Gerda de Sousa al die drama, skade en lesse van haar slaggat-insident met Dianne Broodryk. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-04-24
11 min
Mevrou Mevrou
Mevrou se mannewales in Johannesburg
Daar was ‘n paar jaar wat die Mevrouens die strate van Johannesburg oorgevat en seker gemaak het hulle eet en drink na hartelus, partykeer selfs óp die tafel in plaas van áán tafel. Dit was toe die Mevrouens altwee in Joburg gewerk en net ‘n paar deure van mekaar af gebly het. In episode 6 van Mevrou Mevrou onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die jare toe hulle ‘n hele salaris op een paar skoene spandeer – en geleer het hoe om die perfekte aartappel slaai te maak ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-04-17
24 min
Mevrou Mevrou
Mevrou se mannewales in Johannesburg
Daar was ‘n paar jaar wat die Mevrouens die strate van Johannesburg oorgevat en seker gemaak het hulle eet en drink tot hartelus, partykeer selfs óp die tafel in plaas van áán tafel. Dit was toe die Mevrouens altwee in Joburg gewerk en net ‘n paar deure van mekaar af gebly het. In episode 7 van Mevrou Mevrou onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die jare toe hulle ‘n hele salaris op een paar skoene spandeer – en geleer het hoe om die perfekte aartappel slaai te maak ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-04-17
12 min
Mevrou Mevrou
Mevrou se tande agter tralies
Dit het langer gevat as om te kraam – en Mevrou het nie eers ‘n nuwe baba om daarvoor te wys nie. ‘n Halwe dag in die ortodontis se stoel en nou sit Mevrou met ‘n mondvol draadjies, haar tande letterlik agter tralies. In die sesde episode van Mevrou Mevrou, kla Dianne Broodryk dat sy nou moet biltong suig, terwyl Gerda de Sousa wil weet in watter kleur die mond rekkies kom ……. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-04-10
12 min
Mevrou Mevrou
Mevrou kwas die erf kas
Mevrou het besluit dat die eetkamer kas, waarmee sy groot geword het, nou ‘n ander kleur moet kom. Die kwas gier het Mevrou ook gebyt. Maar mag mens die blik verf leeg maak op enige erfstuk? In die vyfde episode van Mevrou Mevrou, skraap Gerda de Sousa vir Dianne Broodryk nader om te kom help verf aan ‘n ou kas wat sy by haar ma gekry het en nou met die tyd saam wil verander …… Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-04-03
10 min
Mevrou Mevrou
Mevrou word gevonnis
Nes jy dink jy het nou al alles gesien, gehoor en beleef … dan slat hy jou van ‘n kant wat jy nooit verwag het nie! Mevrou se besoek aan die tandarts eindig in ‘n 12 tot 16 maande vonnis: Draadjies! In die vierde episode van “Mevrou Mevrou”, onthul Dianne Broodryk aan Gerda de Sousa dat sy binnkort nie meer Sannie Se Sewe Sakke Sout sal kan sê nie. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-03-27
11 min
Mevrou Mevrou
Mevrou word gevonnis
Nes jy dink jy het nou al alles gesien, gehoor en beleef … dan slat hy jou van ‘n kant wat jy nooit verwag het nie! Mevrou se besoek aan die tandarts eindig in ‘n 12 tot 16 maande vonnis: Draadjies! In die vierde episode van “Mevrou Mevrou”, onthul Dianne Broodryk aan Gerda de Sousa dat sy binnkort nie meer Sannie Se Sewe Sakke Sout sal kan sê nie. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-03-27
11 min
Mevrou Mevrou
Mevrou pak af oor sy moet oppak
Hierdie episode kom met ‘n waarskuwing – Mevrou huil en lag op dieselfde tyd, dis ‘n emosionele tuimel trein! Mevrou pak bokse, meubels en klere – hulle trek. In die derde episode van “Mevrou Mevrou”, bars Gerda de Sousa sommer in trane uit terwyl sy vir Dianne Broodryk vertel van haar frustrasies toe hulle van een buurt na ‘n ander getrek het ... Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-03-13
11 min
Mevrou Mevrou
Mevrou vang ‘n gevaar op die pad
Mevrou gaan net “gou-gou eiers koop om die poeding klaar te bak”. Die volgende oomblik bars ‘n kar oor die stopstraat – skraap die nommerplaat skoon van die neus van Mevrou se kar af – en jaag weg. “Hierdie b!*%&em gaan nie hiermee wegkom nie!” In die tweede episode van “Mevrou Mevrou”, vertel Dianne Broodryk vir Gerda de Sousa hoe ‘n Mevrou vol adrenalien, ‘n gevaar op die pad gestop het. Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-03-07
13 min
Mevrou Mevrou
Mevrou Mevrou (Trailer)
Maak reg om te hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan. Van 28 Februarie 2023 bring Gerda de Sousa en Dianne Broodryk jou ‘n weeklike dosis van hardop lag, lang trane huil, vra vir genade en pleit vir geduld. Dié twee bekende stemme van Jacaranda FM gaan praat oor hulle elke dag dinge in dié splinternuwe en oorspronklike podgooi. Soos hulle sê ….. Mevrou My Nou! Podcast page on Jacaranda FM's website
2023-02-27
00 min