Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Helene Meissenheimer

Shows

Kerkbode KolligKerkbode KolligEpisode 44 | Dr Barry Tolmay oor ’n teologie van ekologie - harmonie met God, mens en natuurDr Barry Tolmay vertel vandat hy ‘n klein seuntjie was is die natuur vir hom die plek waar hy met God kon ontmoet. As voorsitter van die NG Kerk se nuwe Ekologietaakspan is sy visie dat hulle groen voetspoor in gemeentes oral in die land sigbaar sal word oor die volgende drie jaar. So vertel hy vir Heléne Meissenheimer tydens die span se eerste bymekaarkom in Mei 2025 op die Dolfynkus naby Durban. Lees meer: https://kerkbode.christians.co.za/2025/05/30/ekologietaakspan-spring-by-die-diepkant-in-werk-om-groen-spiritualiteit-te-laat-vloei-deur-die-kerk/ Kyk: https://youtu.be/2C_RjweMShA?si=Qi3PtijmIcyndMCq2025-06-0515 minKerkbode KolligKerkbode KolligEpisode 42 | Boeke, geloof en ’n prysfonds wat 'hulle net wyer wil span' - Bettina WyngaardDie skrywer Bettina Wyngaard sê sy dink nie ’n mens kan die toekoms van Afrikaanse boeke in die breë skei van Afrikaanse boeke wat spesifiek oor geloof en teologie gaan nie. “Ek dink nie in dit wat ons lees, moet ons noodwendig ’n onderskeid maak tussen geloofsboeke en ‘ander boeke’ nie,” sê die Anglikaanse nuwe voorsitter van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds. Heléne Meissenheimer gesels met haar oor temas soos versoening, geregtigheid en haar hoop dat die prysfonds al meer beweeg weg van “die een is NG en daai een is Anglikaan … maar dat ons onsself net as ’n groep gelowige...2025-05-0226 minKerkbode KolligKerkbode KolligEpisode 39 | Hoe praat ons oor slagofferskap?Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig. Die skrywer en predikant Schalk van Heerden van Fontainebleau Gemeenskapskerk is medestigter en voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie Betereinders. Hulle is bekend vir projekte wat poog om inklusief mense vanuit verskillende kulture bymekaar uit te bring – soos die onlangse braai in Februarie waar hulle d...2025-03-0741 minKerkbode KolligKerkbode KolligEpisode 38 | Polarisasie, Trump en openbare getuienisPolarisasie oor onlangse wêreldgebeure en die openbare getuienis van die NG Kerk is van die onderwerpe wat hanteer word tydens hierdie onderhoudende paneelgesprek. Ds Jan Lubbe en nog twee gaste, die historikus dr Lindie Koorts en ds Anandie Greyling, voorsitter van ’n kerklike taakspan met die naam “Miga 6:8 – Versoening en Geregtigheid” sluit hiervoor aan by Kollig-aanbieder, Heléne Meissenheimer. Lubbe praat ondermeer oor die pastorale brief (lees meer via webskakel onder) wat die dagbestuur van die moderamen van die Algemene Sinode vandeesmaand aan gemeentes gestuur het. Hy het gesê dié skrywe kom weens ’n besorgdheid oor wat wêreld...2025-02-2142 minEk en my menseEk en my menseEp. 20 - Kerkbode Kollig word een jaar oudKerkbode se podcast, Kollig, word op 19 Februarie ’n jaar oud. ’n Jaar gelede het die Kaapkerk-span saam met Kerkbode begin om ons kommunikasie-mediums uit te brei met ’n podcast. Dit was ’n jaar waarin baie lesse geleer is, ondervinding opgedoen is, en aangrypende stories gedeel is. Ek het met Heléne Meissenheimer en Le Roux Schoeman gesels oor die pad van die afgelope jaar. Heléne is ’n joernalis by Kerkbode en aanbieder van Kollig. Le Roux is die redakteur van Kerkbode. Ons gesels oor hoekom hulle met ’n podcast begin het, wat die impak daarvan is, en ook hoe dinge agter di...2025-02-1940 minKerkbode KolligKerkbode KolligEpisode 37 | Die belydenis van Nicea - die kerkbelydenis wat ‘almal vir 1 700 jaar saam bely’Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier. So vertel dr Leon Foot van die NG Kerk in die Vrystaat. Helene Meissenheimer hoor by hom hy hoop die Belydenis van Nicea, een van die vroegste Christelike geloofsbelydenisskrifte, kan die hedendaagse kerk help. Hy sê daar is geen ander belydenis wat so ekumenies is soos hierdie een wat ver...2025-02-1614 minEk en my menseEk en my menseEp. 6 - Aletia Grundling: 'n Boeremeisie met 'n missieAletia Grundling is bewys daarvan dat dinamiet in klein pakkies kom. Hierdie boervrou van Simondium jaag sommer met haar motor tussen toeskouers in wat sit en toekyk hoe bendelede mekaar doodmaak. “Hier gaan geen ouer meer toekyk hoe haar kind in ‘n silwer sak weggedra word nie!” Hierdie passie vir haar medemens en die hestel van gesinne in die Drakenstein area is die dryf wat MCM (Monte Christo Miqlat), die nie-winsgewende organisasie waarvan sy die uitvoerende hoof is, aan die gang hou. Heléne Meissenheimer van Kerkbode het in die Kaapkerk ateljee met Aletia gesels oor haar bediening en die...2024-04-2223 minKerkbode KolligKerkbode KolligEpisode 10: Hoe moet lidmate ‘goedkoop versoening’ verstaan?Is verhoudings tussen wit en bruin en swart Christene in die banke van kerke soos die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) 30 jaar ná apartheid aan ’t versterk en verdiep? Is daar grondige versoening tussen rasse en op strukturele vlak binne die NG Kerk die soort “herstellende geregtigheid” waarvan teoloë praat? In hierdie Kollig-episode berig ons vanuit Durban oor ’n onlangse interkerklike konferensie wat die VGK aangebied het en waar rolspelers onder meer eenheid met die NG Kerk op insiggewende wyse bespreek het. Die vraag is: Werk gemeentes, in hierdie jaar wat die VGK sy...2024-04-2123 minEk en my menseEk en my menseEp. 2 - Trane tot hoop (Boekgesprek met Cas Wepener)“Om ’n erediens in Lydenstyd te hou wat drup van lament is hoop in aksie”. Só sê prof Cas Wepener, die Stellenbosse teoloog en skrywer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode, het met hom gesels oor ’n nuwe boek wat hy saam met sy kollega, dr Dawid Mouton van die VGK, saamgestel het. Met ’n titel soos Lamenting for change en die subtitel: Worship and preaching for social impact, Resources for a season of lament in service of hope mag dit klink of die boek ’n swaarmoedige ervaring bied, maar Wepener verskil. Hy omskryf dit as ’n bron wat geloofsgemeen...2024-02-1317 minKerkbode KolligKerkbode KolligInleidingHeléne Meissenheimer van Kerkbode vertel kortliks waaroor Kollig gaan. Ons skop amptelik op 18 Februarie 2024 af!2024-02-0901 min