podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois Van Zyl; Alten Du Plessis; Charl Eksteen
Shows
AGTERBLAD
Ep. 24 - Super Max skitterend in Saoedi-Arabië!
Vir beide Francois en Hendré was die Saudi-Arabië Grand Prix 'n bittersoet affêre - hoewel dit vir baie verskillende redes was. Luister gerus hoe Francois sy trane probeer inhou na 'n skokkende 16de plek kwalifisering en P10 wedren vir Lewis Hamilton, en Hendrê se angs soos hy besef dat sy droom van 'n perfekte begin na die seisoen vir Charles Leclerc gefnuik is deur super Max se skitterende vertoning.Noudat ons twee wedrenne diep in die seisoen is, is een ding verseker - ons het geen idee hoe hierdie seisoen gaan uitdraai nie. Gaan Mercedes enigsins kan...
2022-03-29
55 min
AGTERBLAD
Ep. 23 - Fantastiese Ferrari blitsig in Bahrein en Mercedes vind geluk in Red Bull se pyn!
Daar is nie 'n ander manier om dit te sê nie - na die afloop van die naweek se Grand Prix kan ons nie vir Hendré stil kry nie. 'n Ferrari 1-2 einde, gepaard met sy liefste Mick Schumacher bitter naby aan 'n top 10 einde het die man skoon liries. Luister gerus na Hendré en Francois se ontleding van die eerste wedren van die 2022 seisoen. Ons bespreek alles, van die eerste indrukke van die verskillende spanne, tot die grootste verassings, teleurstellings en frustrasies. Ons waag selfs 'n paar blikke in na die toekoms.
2022-03-23
1h 17
AGTERBLAD
Ep. 22 - 2022 F1-SEISOEN: VOORSKOU EN VOORSPELLINGS!
Met die Bahrain-naweek wat op ons wag is die F1-seisoen uiteindelik op die punt om weer af te skop, en Agterblad se manne staan al amper op kwyl soos die afwagting opbou. Met elke byte se data en elke kamera se raam ten volle ontleed het ons uiteindelik die kans gewaag om ons voorspellings vir die nuwe seisoen te maak - wetende dat alles waarskynlik in elk geval verkeerd gaan wees. Luister gerus na Francois en Hendré se beste pogings om te probeer voorspel wat hierdie nuwe era vir ons gaan inhou. Daar is...
2022-03-17
1h 04
AGTERBLAD
EP. 21 - F1-Ontwerpe oordeel, Proteas kolf Kiwi's plat en Hane hou bo!
Hoewel die Agterblad span hul brood en botter in hul indiepte sportkennis rakend al die grootste sportsoorte, beteken dit nie dat ons tog die caviar van die lewe kan waardeer en geniet nie. In hierdie week se episode verruil ons die scrumpette vir ‘n glasie vonkelywyn en ‘n paar haute couture skoene: Ons kyk kuns. Luister gerus na die menings van drie pseudo kunsgeleerdes soos ons die 2022 groep van F1-motors se fynere ontwerpspunte noukeurig ontleed en bepunt uit 10. Daar is kontroversie, spanning, geluk, vreugde en teleurstelling (die Louvre se kunsmeesters sou trots wees).
2022-03-03
1h 17
AGTERBLAD
EP. 20 - PROTEAS PENARIE, MASI GEPOS EN PREMIERLIGA TITELRESIES ONTPLOF
Die Agterblad span kom die week byeen om te probeer sin maak van wat hulle aanskou het tydens die Proteas se eerste toets teen Nieu-Seeland. Die futlose kolfvertoning word oor die kole gehaal, met die veranderinge in die toporde wat nie die gewensde effek gehad het nie. Verder word die boulers se duur lopietempo ook betreur en voorstelle oor wat moet verander in die oploop na die tweede Toets word gegee.Die nuus dat FIA as’t ware ‘n kabinetskommelling gehad het met nou voormalige resiesbestuurder Michael Masi wat uit sy pos onthe...
2022-02-22
55 min
AGTERBLAD
EP. 19 - Stormers stormloop oor SA-spanne en flambojante Frankryk intimideer Iere
Agterblad se (verminderde)span kom byeen om te gesels oor 'n Stormersspan wat aanhou beindruk. Hul resultaat teen die Leeus word veral gevier as gevolg van hul besluit om Agterblad se advies te volg om Damien Willemse en Warrick Gelant saam te ontplooi in die agterlyn. Die dinamiese spel van die Kaapse-manne laat die span droom van Europese rugby volgende seisoen en dalk 'n verlengde spel in die uitdun rondtes die jaar. Verder word die Haaie se terugbons wen teen die Bulle bespreek, veral die rooi kaart van Morné Steyn wat die wedstryd geswaai het. Die Haaie s...
2022-02-14
52 min
AGTERBLAD
EP. 18 - WIE IS NOMMER EEN IN DIE NOORDE EN STORMERS STAP NADER AAN KAMPIOENEBEKER KWALIFIKASIE!
Die manne kom byeen om oor alles Rugby te gesels in 'n propvol episode. Eerste word die Ses-Nasies se openingsnaweek onder die kollig geplaas, met Skotland se oorwinning oor die Engelse die uitblink-oomblik van die naweek. Daar word verder gekyk na die Bokke se 2023-Wêreldbeker-groepsmaat Ierland se vertoning teen 'n verpletterde Walliese-span. Frankryk se stadig begin teen Italië word uitgelig, met verdere debat rondom of hul uiteindelik kan oplewe na hul hoë verwagtinge.Dan word daar gesels oor die URC-uitslae van die naweek, waar die Stormers aanhou verbaas met...
2022-02-06
50 min
AGTERBLAD
EP. 17 - NADAL SE MELBOURNE-MEESTERSTUK EN STORMERS SE NAELBYT SHARKS-GELUK!
Die Agterblad-span kom bymekaar om te gesels oor die geskiedenis wat hul sien plaasvind het Sondagmiddag in Melbourne. Rafael Nadal het homself bo-aan die rekordboeke geplaas in Manstennis, toe hy sy 21ste Grand-Slam titel gewen het in 'n titaniese terugvegpoging teen Daniil Medvedev in die finaal van die Australiese Ope. Die manne debatteer waar dit hom plaas in die ranglys van die beste sportsterre van alle tye en of sy wedywering met Djokovic en Federer geklassifiseer kan word as die beste in sport. Verder word daar gesels oor die terugkeer van die URC, met die Stormers se...
2022-02-02
59 min
AGTERBLAD
Episode 16 - Proteas verrassing en Engeland se drome veras in reeks om die As !
Die Proteas se toetsreeks oorwinning oor die intimiderende Indiese-span bring die Agterblad-groep in 'n gesellige bui byeen.Die manne kom ooreen oor wat die bepalende faktor in die Proteas se wenresep was, sowel as die impak van Dean Elgar se kapteinskap.Die twee nuwe name in die span wat die reeks gedomineer het word gevier, sowel as om prys te gee aan die ervare spelers wat met klein bydraes 'n bepalende verskil gemaak het.Daar word dan verder ondersoek wie die manne is wat moet huiwerig wees vir hul plek verloor, en wie...
2022-01-18
1h 06
AGTERBLAD
Episode 15 - 2021 Agterblad 'Bladjies' toekennings!
2021 was 'n groot jaar vir almal hier by Agterblad. Ons het gegaan van 'n groepie vriende wat veels te veel praat oor sport, tot 'n groepie vriende wat veels te veel praat oor sport - maar die keer neem ons dit op. Dit was 'n groot jaar vir sport ook, en hoewel Sports Illustrated se Laureus-toekennings dalk 'n algemene idee kan skep oor wie die beste sportspresteerders was, dink ons dat ons beter kan doen. Dus kondig ons vandag die (debateerbare) nommer een sport-toekenning vandag aan: Die Bladjie. ...
2022-01-01
1h 07
AGTERBLAD
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - Somer van Krieket voorskou: saam met Louis Wilkinson
In Agterblad se eerste krieket spesialiseringsepisode sluit voormalige eersterangse speler en huidige SuperSport kommentator Louis Wilkinson by ons aan om sy insigte rondom die Suid-Afrika-Indië Toetsreeks te deel.In hierdie episode kan luisteraars uitsien na ‘n bespreking van Suid-Afrika se 21-man groep: watter insluitings en weglatings laat die wenkbroue lig? (2:00-10:30) Dan word daar ook gespekuleer oor hoe die Suid-Afrika (10:50-21:23) en Indië (21:30-36:00) se eerstekeuse elftalle vir die reeks sal lyk. Die kiestoffies wat beide stelle keurders sal moet kou word ook bespreek.Laastens, word daar bespreek of hier...
2021-12-19
47 min
AGTERBLAD
Episode 14 - Lewis mik vir 8, maar dit is Max (en Masi) wat laaste lag!
In 'n manier, was dit die gepaste einde aan F1 se beste seisoen nóg: aksie tot en met die laaste draai van die laaste rondte, alles onder die wolk van drama veroorsaak deur FIA-besluitneming.Die span kom bymekaar kort na die einde van dié fantastiese finale om hulle gedagtes te deel oor Max Verstappen wat die maksimum geneem het van die wedren en die kampioenskap, nadat hy met sy eerste drywerskampioenskap gekroon is Sondagaand in Abu-Dhabi. Daar is groot debat oor wedrenbestuurder Michael Masi wat vir die tweede agtereenvolgende rondte 'n bepalende rol gespeel he...
2021-12-13
1h 01
AGTERBLAD
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - F1 Finale voorskou: Wie kraai koning in kampioenskap bepaler?
Na 21-onvergeetlike rondtes, staan die einde van die F1-seisoen net waar dit begin het: met die twee kampioenskap protagoniste gelyk op punte.In hierdie spesiale episode van Agterblad Extra Extra! kom die span bymekaar om eers te reflekteer op die historiese seisoen wat plaasgevind het tot dusvêr en terug te blink op die sleutel-oomblikke wat ons gebring het tot waar ons nou staan (0:00-34:15).Daarna, begin die span hul gedagtes mee te deel oor die naweek wat voorlê: wie bevoordeel die nuwe uitleg van die Abu-Dhabi baan? Wa...
2021-12-10
1h 02
AGTERBLAD
Episode 13 - Rugby Rumoer en F1 FIAsco - Max of Lewis skuldig in Saoedi-Arabië?
Die Agterblad-span kom weer byeen na 'n sportnaweek gevul met kontroversie en debat.Die heel eerste Saoedi-Arabië Grand Prix is gedomineer deur insidente tussen die twee Kampioenskap protagoniste, met groot vrae gelaat oor die FIA se besluitneming en hul wedren-bestuurder Michael wat die Masi kon opkom nie. Die span gee hul analise oor al dié insidente en waarmee dit ons laat in na volgende naweek se finale.Verder, word daar saamgepraat oor die Haaie se triomf oor die Bulle, die Stormers se slakkepas rugby wat gestraf is deur die Leeus en waar dit afrigter John Do...
2021-12-07
54 min
AGTERBLAD
Episode 12 - Wie is die beste van alle tye?
Na 'n stiller week van sport veroorsaak deur verskeie wêreldgebeurtenisse, kom die Agterblad-span bymekaar om te probeer die mees gedebatteerde vraag in sport te beantwoord:Hoe bepaal mens die beste van alle tye?Die span stel hul kriteria op waarmee mens sterre van toeka tot nou mee kan vergelyk: van Danie Gerber tot Jean de Villiers, Don Bradman tot AB de Villiers en nog meer.Met dit in plek, probeer hulle hul eie beste van alle tye lys opstel en tot by die kruks van die saak te kom by sport se g...
2021-11-29
53 min
AGTERBLAD
Episode 11 - Rose klop Bokke op narkose, Lewis vernietig veld in Qatar en die Hane kraai koning!
Na 'n week gevul met net soveel nuus af van die veld as op, kom die manne bymekaar vir bespreking en analise van 'n naweek propvol fantastiese sport.In vandag se episode word spesiale fokus geplaas op die naweek se ongelooflike rugby. Die Rose se laaste-minuut-strafskop wat die Springbokke gesink het (6:00-28:13) en die Franse Hane wat koning gekraai het oor die All Blacks in 'n Rugbywêreldbeker 2023 openingswedstryd voorskou (28:15-36:45) word in die kollig geplaas.Verder, word die Qatar Grand Prix bespreek nadat Lewis Hamilton die gaping na kampioenskapsmededinger Max Verstappen na slegs 8 punte g...
2021-11-21
1h 09
AGTERBLAD
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - SA v ENG: Springbokke slaggereed vir Saterdag
Na ‘n onstuimige week vir SA Rugby waar Rassie Erasmus sy uitspraak ontvang het oor dáái kontroversieële video, gesels die manne met 'n spesiale gas: een van die jongste skeidsregters om Divisie Een te haal in die WP Skeidsregters-unie. Hy kom gee 'n voorskou saam met die manne vir Saterdag se kragmeting met die Engelse Rose op Twickenham. Luister saam en maak gereed vir die Bokke se laaste aanslag vir die jaar!
2021-11-18
59 min
AGTERBLAD
Episode 10 - Bokke slag Skotte, Kiwis gekelder en Lewis laat wiel!
Na ‘n holderstebolder week van opskuddings en onverwagse wendings, waar die enigste voorspelbare die onvoorspelbare (en ‘n Bok-wen) was, is die manne hier om jou op hoogte van die nuutste kwessies in sport te bring.In Van die Blad Af (2:00-5:10) word internasionale rugby resultate, F1-drama, Premierliga breierskuiwe en nuus rondom Bafana se (nou gewese) kwalifiseringspoging gedeel.In die Losskrum word die betroubare Bokke se voorspelbare wenresep weer bespreek (5:11-23:22). Sterspelers word ook in die kollig gesit, met spesiale eer vir ‘n sekere sosiale media-spesialis. Die wedstryd van die na...
2021-11-15
1h 07
AGTERBLAD
Episode 9 -Bokke blus Drake se vuur, Max se Meksiko wonderuur, Protea-poging deur treftempo versuur.
Na nog ‘n stampvol week van sport, slegs af en toe deur beurtkrag onderbreek, vergader die manne weer om die opspraakwekkendste stories van die afgelope week te ontleed.In Van die Blad Af word Frankryk se flair-belaaide triomf en ander rugby uitslae van die naweek gedeel. Ons bring jou ook op hoogte van die nuutste verwikkelinge uit die VAE, na ‘n week van dramatiese krieket. Die jongste Premierliga wel- en terugslae word ook gedeel na (nog) ‘n naweek wat Man Utd-aanhangers sal wil vergeet. Laastens, word daar ook nuus uit die wêreld van die kry...
2021-11-08
1h 06
AGTERBLAD
Episode 8 - Maggies Miller!; Nuno gepos na Ole sy beste vir 'El Sackico' los.
In die nuutste propvol aflewering van Agterblad word die nuus Van die Blad Af oorheers deur Wêreldbeker-nuus en die jongste uitslae uit die Engelse Premierliga (0:00-3:40).In die Losskrum word die Proteas se puiksege teen die Sri-Lankane ontleed en die manjefieke Miller se lof besing (3:55-16:53). Die manne gooi ook ‘n oog oor die wyer kompetisie, bespreek die Proteas se kans op glorie en wonder wat fout gegaan het met Kohli & Kie (16:54-20:45).Die tweede helfte van die Losskrum word gewy aan die dekade-oue vraag: om die “proses te ve...
2021-11-01
59 min
AGTERBLAD
AGTERBLAD EXTRA EXTRA! - F1: Max sê Ja! in VSA; Finale-vyf voorspelling vir die kampioenskap en 2022-Seisoen Bestuurdersskuiwe
In 'n spesiale episode van Agterblad; is dit die debuut van Ekstra, Ekstra! waar lede van die Agterblad-span in diepte kan gesels oor sportonderwerpe en gebeurtenisse wat nie altyd dieselfde tyd toegestaan word in die propvol weeklikse Agterblad episodes nie. In dié episode, gesels Hendré en Francois oor die 2021 VSA-Grand Prix waarin Max Verstappen 'n reuse stap geneem het na sy eerste bestuurderskampioenskap deur die Mercedes van Lewis Hamilton agter te hou in 'n naelbytende finale rondtes (1:20-22:15). Verder kyk hulle vorentoe na die laaste 5-wedrenne wat voorlê en wie tussen die twee kampioenskapmededingers die tro...
2021-10-26
57 min
AGTERBLAD
Episode 7 - Proteas Ploeter, Bok-groep bespreking en Namibië na aan wenresep?
Na die Proteas se power prestasie in die openingswedstryd van die Super 12-rondte by die T20-Wêreldbeker, lig die manne hul gemoed met ‘n trippeldoor Erasmus – van die Rassie, Frikkie en Gerrie variëteit.In Van die Blad Af word die nuuswaardigste Wêreldbeker-welslae gedeel en die Bok-groep word bekendgemaak. Die nuutste oor Rassie se regsrumoer word ook meegedeel (3:40-6:45).In die Losskrum word Boucher & Kie betwyfel (6:50-17:40) en die Bok-groep (en -breiers) bespreek (17:45-38:17). Na aanleiding van Namibië se “underdog”-uitnemendheid en die VSA se minder as fantastiese...
2021-10-25
1h 06
AGTERBLAD
EPISODE 6 -Skitterende Stormers, Fantastiese Faf, Nuweland Nostalgie
Na ‘n stiller, dog nie minder dramatiese, week van sport, is die Agterblad-span terug! Die jonkste sportnuus – van die seëvierende Stormers tot die super Super Kings – word in Van die Blad Af gedeel. Ons gee ook ‘n vooruitskouing van die T20-Wêreldbeker wat die week afskop (2:00-5:56).In die Losgemaal, bespreek ons KSA se Faf-flouter en die stremming wat swak bestuur op sportontwikkelling sit (6:00-18:10). Ter viering van die nuus dat toeskouers weer binne stadions toegelaat word, roep ons ook ons gunsteling stadion-herinneringe op (18:15-43:50).Op die Telbord wo...
2021-10-17
58 min
AGTERBLAD
Episode 5 - Fury vernietig Wilder weer, Hamilton Hik en Bottas, Bulle, Boeta Bo!
In Van die Blad Af deel ons nuus oor Bafana se Ethiopië-ekspedisie, Rassie se verhoor en Newcastle se nuwe koninklike fonds.In die losgemaal roei die manne oor Fury se veelsydigheid en veglustigheid, hoe Wilder geen geluk in Vegas kon vind nie en oor die toekoms van die swaargewig afdeling (5:15-23:20). Ons skerts oor Hamilton se Mercedes-miskommunikasie en bewonder Bottas se bobaas-vertoning (34:41-45:48). Op die rugby front word daar oor die Bulle en die betowerende Boeta bespiegel, terwyl die Stormers weer sukkel (23:21-34:40).Op die Telbord, debateer ons o...
2021-10-10
1h 02
AGTERBLAD
Episode 4 - Bokke is Bobaas in Brisbane!
Vir die eerste keer in die program se kort geskiedenis, kan die manne uiteindelik gesels oor 'n Bokke wen (12:10-54:00). Die Groen en goudstandaard het hulle aartsvyande 31-29 geklop om hul Rugby Kampioenskap toer tot 'n suksesvolle einde te bring. Verder, gesels ons al die nuus vanuit die Ultimate Rugby Championship en paar name om dop te hou met 'n oog op die toer na die Noorde einde van die jaar, saam met al die ander nuus in die Sportwêreld vandeesweek (0:01-12:09). Die ouens kompeteer op die telbord rakend Ole by United en hulle Champions League gunstelinge (54:03-58:40), b...
2021-10-03
1h 06
AGTERBLAD
Episode 3 - Sopnat in Sochi: Mclaren malhuis veroorsaak Norris nederlaag
Die manne is terug om oor die week se sport te gesels. In dié episode praat ons oor 'n skitterende Sochi wedren waar Mclaren se Lando Norris so naby, maar tog te ver, van 'n eerste oorwinning was (2:25-21:12), die Premierliga naweek wat die titel toutrek bo-aan die punteleer nog meer naelbytstryd gemaak het (21:15-31:30) en die uitstekende Usyk wat Anthony se 'Fury geveg' aspirasies gesink het (31:31-38:35). Verder kompeteer ons op die Telbord oor Lewis se GOAT status, Fernandez of Ronaldo en nog vele meer (38:40-48:05), bekroon ons helde van die week (48:07-52:09) en kyk na wat voorlê in...
2021-09-27
55 min
AGTERBLAD
Episode 2 - Die Bom bars in Brisbane: Suncorp-Slagting steier Springbokke.
Vir die tweede week in 'n ry, het die manne slegte nuus. Bok berading is in volle swang soos die Agterblad span die Bokke se 30-17 nederlaag teen die Wallabies analiseer en vra waarnatoe ons hiervandaan gaan (2:45 - 45:54). Verder gesels ons al die nuutste nuus van die Blad af (0:00 - 2:44), kompeteer op die Telbord rakend Faf, die Wêreldbeker en Johan Goosen (45:45 - 52:10), bekroon die week se Helde (52:11 - 56:30), voor ons afsluit met 'n vinnige kyk na wat voorlê dié week in die sportwêreld (56:31 - 59:35).
2021-09-19
59 min
AGTERBLAD
Episode 1 - Debuut Episode; BokSkok en Monza-mannewales
In vandag se debuut episode: Analiseer en treur ons die Bokke se nederlaag in Australië (0:00 - 15:00); Praat hoop in na die Proteas se T20-Wêreldbeker Spanaankondiging (15:29 - 23:10); Debatteer Lewis en Max se Monza-mannewales (24:00 - 35:30); Reflekteer op Ronaldo se tweede dans (35:35-45:20); Sit vinnigste voete voor op die Telbord (45:20 - 55:05), Bekroon ons Hoek van Helde (55:10 - 58:45) en Bied 'n voorsmakie vir wat om na uit te sien in die komende week van Sport (58:50 - 1:02:03). Sit terug, Sit aan en kom kry jou Sportkennis op die regte pad met die Agterblad span!
2021-09-13
1h 02
AGTERBLAD
Episode 0 - Welkom by Agterblad!
In dié episode verwelkom ons almal na die nuwe sport-verskeidenheidsprogam wat die potgooi wêreld betree! Ons bied vir jou 'n voorsmakie van die program, asook wat om te verwag van Episode 1 op Sondag die 12de September.
2021-09-05
02 min