podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Ilse Salzwedel
Shows
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 18 Junie 2025
Ilse Salzwedel gesels met Francois Bekker oor sy leeslysie. Daar is o.a. twee biografieë, een oor Van Zyl Slabbert, en ‘n outobiografie deur Tony Leon. Hy gee ook sy indrukke van Francois Loots se roman, TWYFELBOS, en die spanningsroman, LENS, deur Gert Coetzee. En vir aanhangers van ware misdaadverhale het hy iets oor die Amerikaanse reeksmoordenaar, Ted Bundy. Ilse gesels ook met Anneke Langner, skrywer van PLATSAK MAAK ‘n PLAN, wat sy op universiteit geskryf het, en wat ook vir skole voorgeskryf is. Johan Myburg bring hulde aan Frederick Forsyth, wat verlede week oorlede is, en vertel meer oor die D...
2025-06-18
55 min
RSG Dokumentêr
DIE PROBLEMATIEK VAN PAROOL deur Ilse Salzwedel
Ilse Salzwedel ondersoek ‘n kwessie wat die laaste paar maande dikwels voorbladnuus gehaal het: Behoort geweldsmisdadigers parool te kry, of nie? (Die program is nie geskik vir sensitiewe luisteraars of kinders nie, aangesien dit beskrywings van geweld bevat)
2025-02-27
26 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 29 Januarie 2025
Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ‘n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: DIE KATARTIESE METODE (Jaco Fouché); NAAM, VAN, DIER, DORP (Gielie Hoffman), PRETORIA STORIES (Pieter Swanepoel), ALL THE WORST HUMANS: HOW I MADE NEWS FOR DICTATORS, TYCOONS, AND POLITICIANS (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan McMillan-uitgewers oor Wêreldhardopleesdag, wat op 5 Februarie gevier word. En, daar is nuus oor die Breytenbachsentrum se Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool. Johan Myburg vertel meer oor die Engelse vertaling van die Nobelpryswenner Han Kang se jongste roman, WE DO NOT PART, en Mike Herron...
2025-01-29
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 22 Januarie 2025
Carina Stander, die skrywer van die Bergengel-reeks, gesels met Ilse Salzwedel oor haar skryfwerk. Hulle praat oor haar kreatiewe wêreld, en verken die inspirasie agter haar magiese verhale. Desiree Gardner gesels oor die verwerking van die geliefde Reënboograntboeke vir tieners na 'n sepie, wat op Showmax te sien is. Johan Myburg vertel meer oor Fierce Elegy, die digbundel van die Amerikaanse digter Peter Gizzi, wat onlangs met die TS Eliot-prys bekroon is. Hy stel ons ook voor aan Anne Tyler (83) wie se volgende boek later vanjaar verskyn. In ‘n insetsel oor die kategoriewenners van die Nero-pryse, kan jy hoor...
2025-01-22
49 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 15 Januarie 2025
Ilse Salzwedel gesels ek met Chris Karsten oor sy roman, DIE KEISER SE DUIM. Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor 'n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Grensoorlog wat verlede jaar verskyn het. (TROEP deur Bun Booyens, SEUN deur Dana Snyman, en BLOEDBROERS deur Deon Lamprecht). ‘n Boekklub wat 25 jaar gelede ontstaan het, sorg steeds vir hegte vriendskappe, met boeke as die ge...
2025-01-15
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 25 Desember 2024
Ervaar die warmte van Kersfees met 'n spesiale uitsending. Laat jou inspireer deur die stories, gedigte en musiek wat Ilse Salzwedel en Johan Myburg uitgesoek het. Luister na Johan Myburg se voorlesing van DJ Opperman se Kersliedjie, en beleef Abraham de Vries se verhaal, Kerssang by Pitlamplig, ‘n roerende blik op 'n Klein Karoo-Kersaand. Donald W. Riekert se gedigte Kersfees en Kersfees in Ouetehuis bied ‘n ander blik op Kerstyd. Elize Bosch se ware verhaal, Kerssprokie van ‘n Stadskind, herinner ons aan hoop en liefde, en word voorgelees deur Elsje van Jaarsveld. Chris van Wyk se Snakes en Ladders vir Krismis...
2024-12-25
40 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 18 Desember 2024
KIND VAN DIE KAMMANASSIE is ‘n huldeblyk aan topverkoperskrywer Annelie Botes – soms omstrede, maar ook een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Ilse Salzwedel gesels met haar eerste uitgewer, Hettie Scholtz, en Melt Myburg, haar uitgewer van die laaste 12 jaar. Digter, skrywer en joernalis Selwyn Millborrow en Marion Erskine (skrywer en wenner van RSG se 2025-radiodramakompetisie) deel ook herinneringe aan hulle mentor. Jy kan luister na uittreksels uit vier onderhoude wat tussen 1999 en 2017 met Annelie gevoer is. (Gerda Coetzee oor Trippelsewe); Daniel Hugo en Danie Botha (Raaiselkind); Christelle Webb-Joubert (Sabbatsreis en Trousseaukis) en Magdaleen Kruger (Swart op Wit).
2024-12-18
47 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 11 Desember 2024
Ilse Salzwedel praat met P.J.O. Jonker oor sy debuutroman, DIE ONSIGBARE. Nadine Petrick (LAPA) en Helene Coetzee (Pan McMillan) gesels oor oulike kinder- en jeugboeke wat hulle aanbeveel vir Kersgeskenke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor Trevor Noah se nuwe kinderboek, INTO THE UNCUT GRASS. Johan Myburg gesels oor die eerste wenner van Wits se Achmat Dangor-prys, en Yang Shuang-zi se roman, TAIWAN TRAVELOGUE, wat aangewys is as die wenner van die National Book Awards se prys vir vertaalde boeke. Hy vertel ook meer oor ‘n versamelbundel van Refaat Alareer se prosa en poësie, wat onder die...
2024-12-11
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 4 Desember 2024
Ilse Salzwedel praat met Susan Coetzer oor haar nuwe lekkerlees-roman, HAAS EN HARRIET. AJ Opperman vertel meer oor Nathan Trantraal. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die National Book Awards van die VSA, en gesels oor ‘n klompie nuwe internasionale boeke vir jou boekrak. Hy vertel ook hoekom ‘n bekende internasionale uitgewer besluit het om van sy boeke beskikbaar te stel vir gebruik deur kunsmatige intelligensie-webwerwe.
2024-12-04
42 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 20 November 2024
Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor WAT SÊ BETTINA, ‘n bundel met ‘n keur uit haar Litnet-rubrieke. Joernalis AJ Opperman vertel meer oor die bekroonde skrywer, digter, dramaturg en akademikus Marlene van Niekerk. Ilse Salzwedel gesels met Jeretha van der Merwe van die Kleinmond-leeskring. Johan Myburg gesels oor die wenners van die plaaslike Sunday Times-pryse, en stel ons voor aan Samantha Harvey wie se roman, ORBITAL, verlede week met die Bookerprys bekroon is. Kom vind uit wat is romanatasie, en hoekom jonger lesers dit so geniet. Johan vertel ook meer oor die wenners van die Kirkuspryse.
2024-11-20
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 23 Oktober 2024
AJ Opperman onthou die lewe en werk van Dalene Matthee, wie se geboortedag ons vandeesweek herdenk. Ilse Salzwedel gesels met Helené Coetzee van Kaapstad oor twee van haar geliefkoosde boekplekke: die Mothercity Bookclub, en Kaapstad se Silent Bookclub. In Johan Myburg se internasionale nuus vertel hy waarom die pas aangewese Nobelpryswenner, Han Kang, geweier het om ‘n perskonferensie te hou oor haar bekroning, en ons vind meer uit oor die memoir wat die skrywer Siri Hustvedt tans skryf oor haar skrywerman, wyle Paul Auster. In ‘n lekker nostalgiese terugblik kry luisteraars die kans om die Knysnabos deur die oë van wyle D...
2024-10-23
1h 23
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 16 Oktober 2024
Ilse Salzwedel gesels met Kevin van Wyk, skrywer van CHRIS VAN WYK: IRASCIBLE GENIUS, ‘n biografie oor sy bekende skrywerspa. Johan Myburg stel ons voor aan Han Kang, vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, en vertel ook meer oor Alan Hollinghurst se nuwe roman OUR EVENINGS. Daar is meer oor die wenners van vanjaar se ATKV-Kinderboektoekennings, en Christina Simelane vertel van haar droom om ‘n volwaardige biblioteek in die Daantjie-nedersetting buite Mbombela te vestig. Haar harde werk hier en met haar RAISE A READER-platform, het vanjaar aan haar die ATKV se Toekenning vir Leesbevordering besorg. POTGOOI-BONUSINHOUD: Jy kan luis...
2024-10-16
1h 09
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 28 Augustrus 2024
Die skrywer, Abraham (Braam) de Vries, is op 23 Augustus 2024oorlede. Prof. Willie Burger praat oor Braam die mens en skrywer. Jy kan ook luister na ‘n uittreksel uit ‘n 1997-onderhoud wat Daniel Hugo met Braam gevoer het. Die resensent. Jonathan Amid, gesels oor ‘n klompie gunstelingboeke: Rudie van Rensburg se GEBOOIE, Ingrid Winterbach se ONRUS OP STEYNSRUS, Elizabeth Wasserman se DIE NEGE LEWENS VAN MEVROU SMIT en Jaco Strydom se DAKA. Jonathan vertel ook meer oor die boekbekendstellings en ander boeklekkertes wat by die Oude Leeskamer in Stellenbosch aangebied word. BONUSINHOUD: Luister na ‘n 2020-onderhoud waarin Ilse Salzwedel met prof. Willie B...
2024-08-28
1h 03
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 31 Julie 2024
Francois Bekker, ‘n resensent, bespreek Dana Snyman se outobiografiese boek, SEUN; Albert Blake se JOPIE FOURIE: ‘N BESINNING; en Riëtte Rust se DIE GESKENK. Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar roman, BESSIE SE HANGKASBIBLIOTEEK. Johan Myburg gesels oor drie nuwe internasionale romans (IN THE BLINK OF AN EYE deur Jo Callaghan, Martin MacInnes se IN ASCENSION en Claire Messud se THIS STRANGE EVENTFUL HISTORY). Suzette Myburg vertel van vanjaar se Woordfeesbundel.
2024-07-31
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 10 Julie 2024
Ilse Salzwedel gesels met Helena Hugo, een van die mense wat al jare lank sorg vir radiodramas en vervolgverhale op RSG. Het jy geweet sy het al 87 boeke geskryf? Ilse gesels ook met Henda Olivier oor haar tweede boek, ONDER WATER, ‘n roman in die huishoudelike noir genre wat lesers behoorlik aan die gons het. Johan Myburg vertel van die jongste verwikkeling in die polemiek oor die Indiese skrywer, Arundhati Roy, wat midde in politieke omstredenheid met ‘n Britse prys bekroon is. Hy gesels ook oor Ismail Kadare, ‘n jarelange aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde, wat verlede week oorlede is.
2024-07-10
48 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 3 Julie 2024
Ilse Salzwedel vertel meer oor die kortlys en wenner van die UJ-prys. Johan Myburg, vanjaar se Innibos-feesdigter, lees die gedig voor wat hy in opdrag van die fees geskryf het. Johan het ook ‘n bydrae oor Iris Murdoch, en nuus oor Karin Slaughter se nuwe roman WHY WE LIED, asook haar betrokkenheid by ‘n veldtog om VSA-biblioteke se deure oop te hou. Ons kyk terug in die letterkunde-geskiedenis met behulp van ‘n kort onderhoud met die Sestiger, Ettienne Leroux. Ilse gesels met Nicole Engelbrecht, skrywer van drie boeke oor ware Suid-Afrikaanse misdade - SIZZLERS - The Hate Crime That Tore Sea Poin...
2024-07-03
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 19 Junie 2024
Ilse Salzwedel gesels met Hettie Scholtz, een van die staatmakers in die Afrikaanse uitgewersbedryf – eers as uitgewer, later as boekjoernalis en vir die laaste dekade as die sameroeper van die KykNET/Rapportboekpryse, die belangrikste Afrikaanse letterkundepryse. Hettie was vir jare aan die hoof van HAUM-Literêr en was die stigter-eienaar van Quellerie Uitgewers. Skrywers soos Marlene van Niekerk se TRIOMF en verskeie van Jeanne Goosen se werke is deur Hettie uitgegee, en sy was instrumenteel in talle bekende skrywers se loopbane. Johan Myburg vertel meer oor DUSKLANDS, J.M. Coetzee se eerste roman wat vanjaar 50 jaar gelede verskyn het. Jy kan...
2024-06-19
52 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 12 Junie 2024
NP Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Ter herdenking hiervan kan jy luister na ‘n argiefopname oor sy lewe en werk. Dis in 2006 saamgestel deur Daniël Hugo, en bevat baie interessante inligting oor die digter. Ilse Salzwedel gesels met die geskiedkundige en skrywer, Karen Horn, oor haar boek. PRISONERS OF JAN SMUTS - ITALIAN PRISONERS OF WAR IN SOUTH AFRICA IN WWII, wat handel oor Zonderwater se Italiaanse krygsgevangenes. Johan Myburg het nuus oor ‘n handgeskrewe manuskrip van Albert Camus wat onlangs vir R13,4 miljoen op ʼn veiling in Parys verkoop is, en nuwe internasionale boeke...
2024-06-12
56 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 5 Junie 2024
Jy het seker al die naam Rumi iewers raakgelees, maar wie was hierdie digter en filosoof wat ook al die Shakespeare van die Midde-Ooste genoem is? Ilse Salzwedel gesels met dr. Dietlof van den Bergh, wat ‘n keur van Rumi se werk in Afrikaans vertaal het. Die joernalis, AJ Opperman, vertel waar sy belangstelling in skrywers en boeke ontstaan het, en gesels oor sy gunstelinge. Johan Myburg het nuus oor die wenner van die Dublin-letterkundeprys, en hy bring hulde aan die skrywer, Shirley Conran, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname uit 1962 waarin die digter, Robert Fros...
2024-06-05
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 29 Mei 2024
Ilse Salzwedel gesels met Karl Kemp oor ‘n fassinerende nie-fiksie boek met die titel WHY WE KILL: MOB JUSTICE AND THE NEW VIGILANTISM IN SOUTH AFRICA. Hierin probeer Kemp, wat ‘n Meestersgraad in Internasionale Reg het, ‘n verklaring vind vir die toename in geweld in Suid-Afrika. Johan Myburg stel ons voor aan Jenny Erpenbeck wie se boek, KAIROS, verlede week met die International Bookerprys bekroon is, en vertel meer oor ‘n nuwe letterkundeprys wat ingestel is om klimaatfiksie te bevorder.
2024-05-29
47 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 22 Mei 2024
Ilse Salzwedel gesels met Theresa Papenfus oor haar aangrypende biografiese boek, SING MAMMA SING! Dit handel oor die siekte en dood van haar jongste seun, Braam. Die boek is egter allesbehalwe ‘n klaaglied vir Braam, en bevat heelwat humor, staaltjies uit haar seuns se kleintyd en lieflike prosa oor lewensvreugde, vasbyt en genade. Johan Myburg bring hulde aan Alice Munroe, voormalige Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor die kinderboekskrywer Katherine Rundle wat aangewys is as skrywer van die jaar in die British Book Awards. Jy kan ook meer uitvind oor VV Ganeshananthan en haar boek, BROTHERLESS NI...
2024-05-22
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 15 Mei 2024
Ilse Salzwedel bring hulde aan prof. Maritha Snyman, kinderboekskrywer, akademikus en voormalige uitgewershoof, wat onlangs oorlede is. Vier voormalige studente/kollegas (Drr. Nandi Lessing-Venter en Marieta Nel, Samantha Miller en Anzil Kulsen) gesels oor Maritha se werk en menswees. Johan Myburg gesels oor die voordele van hardop voorlees vir kinders, ‘n leeslys vir twintigplussers wat deur ‘n Indiese webwerf saamgestel is en die kortlys vir die Ondaatjie-prys, ‘n belangrike internasionale letterkundeprys. Kinderboekskrywer De Wet Hugo praat oor sy skryfwerk en ‘n nuwe boek wat as een van die twee wenners van NB se 2023 Jeugboekpryse aangewys is.
2024-05-15
48 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 8 Mei 2024
Ilse Salzwedel gesels met Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE. Die skrywer en joernalis, Alita Steenkamp, is op 1 Mei oorlede – luister na ‘n onderhoud wat in 2023 met haar gedoen is oor haar skrywersloopbaan en boeke. In sy bydrae gesels Johan Myburg oor ‘n nuwe boek uit die pen van die Johannesburgse skrywer Nic Mohlongo. Hy vertel ook meer oor Isabelle Hammad, wie se roman ENTER GHOST met die Aspen-letterkundeprys bekroon is, en bring hulde aan die Amerikaanse skrywer Paul Auster wat onlangs oorlede is.
2024-05-08
49 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 24 April 2024
Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor AL WAT TEL. Rachelle Greeff vertel meer oor haar biografie van Phoebe Gerwel, PHOEBE: ‘N LEWE SAAM MET JAKES GERWEL. Johan Myburg vertel van die nuwe Latyns-Amerikaanse letterkundige oplewing wat gelei word deur vroueskrywers, Salman Rushdie se outobiografie KNIFE: MEDITATIONS AFTER AN ATTEMPTED MURDER, en stel ons voor aan die Australiese misdaadskrywer Garry Disher. Die name van die literêre pryswenners van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word ook aangekondig. Dit sluit die Hertzogprys in.
2024-04-24
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 17 April 2024
Jeanette Ferreira vertel vir Ilse Salzwedel van die storie agter haar jongste roman, DIE MELKWEG EN DIE MISKRUIER. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy meer uitvind oor Meta, die sosiale mediaplatform, se beweerde plan om ‘n bekende uitgewery te koop om hulle kunsmatige intelligensie-toepassing ‘n hupstoot te gee. Johan het ook vir jou nuus oor die kortlyste vir die International Booker en die Kanadese Carol Shieldsprys. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor vier boeke wat sy vir luisteraars kan aanbeveel: DONKERTYD (Mariël le Roux), DIE BEWEGING VAN BLOED (Pieter Stoffberg), LOVE AND FURY (Margie Orford) en PAINT...
2024-04-17
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 10 April 2024
Ilse Salzwedel gesels met Marina Auer, ‘n nuwe stem in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie, oor haar roman DOUBLE EDGED. Theo Kemp vertel waarna lesers kan uitsien by vanjaar se Suidoosterfees-boekprogram. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg hoe beroepswedders reeds spekuleer oor vanjaar se Nobelpryswenner. Hy bring ook hulde aan Maryse Condé, en vertel meer oor die Windham Campbellprys vir fiksieskrywers, wat aan die Ierse skrywer Deidre Madden toegeken is. Jy kan ook uitvind watter skrywers op die kortlyste is vir vanjaar se vier letterkundepryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
2024-04-10
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 3 April 2024
Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul oor ANONIEM, haar vyftigste roman wat pas verskyn het. Stefaans Coetzee, wat onlangs aangewys is as Netwerk24 se smaakmaker van die jaar vir die boekbedryf, gesels oor sy liefde vir boeke en hoe dit sy lewe verander het. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die kortlyste vir die Dublin- en Aspen-letterkundepryse, en ‘n nuwe roman wat oorsee hoog aangeskryf word. Jy kan ook luister na ‘n ou voorlesing van ‘n Keats-gedig deur die aktrise Lynn Redgrave.
2024-04-03
46 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 27 Maart 2024
Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy jongste roman HEMEL EN AARDE EN ONS. Resensent Francois Bekker deel sy indrukke van STILTES EN STEMME, saamgestel deur prof. Willie Burger, wat handel oor die werk van Karel Schoeman, en Lize Albertyn-Du Toit se tweede roman, DUIFELING. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder andere meer oor die kortlys van die Dylan Thomasprys, die Spaanse FORMENTOR-letterkundeprys en WOMEN, LIFE, FREEDOM, ʼn strokiesprenteboek oor Masha Amimi, ‘n jong Iranse vrou wat in aanhouding dood is.
2024-03-27
54 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 20 Maart 2024
Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy jongste spanningsroman BLOEDSOMER. Die wenners van LAPA se jeugromanwedstryd, Fanie Viljoen, en die drie naaswenners, Zelda Bezuidenhout, Jacolet van den Bergh en Annerle Barnard, vertel meer oor hulle wenboeke. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor die International Bookerprys vir vertaalde werk se langlys, ‘n gesogte Nederlandse letterkundeprys wat toegeken is aan die digter en skrywer Tom Lanoy, en die wenners van die Writers’ Prize, die letterkundeprys wat voorheen bekend was as die Rathbones Folio-prys.
2024-03-20
43 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 13 Maart 2024
Ilse Salzwedel gesels met die digter, skrywer, akademikus en resensent, Joan Hambidge, oor haar jongste roman, STASIES. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname van 1974 waarin Elisabeth Eybers van haar eie gedigte voorlees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die langlys vir die Britse Women’s Prize for Fiction, en ‘n nuwe roman uit die pen van Gabriel García Márquez, tien jaar na sy dood. Jy kan ook luister na ‘n kort gedeelte uit FOUR QUARTETS, T.S. Elliot se bekende gedig, soos voorgelees deur die akteur Jeremy Irons.
2024-03-13
45 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 6 Maart 2024
Charmaine Africa se meesleurende en aangrypende memoir, AMMA, is ‘n boek wat jy nie sommer sal vergeet nie. Sy gesels daaroor met Ilse Salzwedel. In ‘n kykie na ‘n Afrikaanse skrywer uit die verlede, kan jy luister na ‘n gedeelte van ‘n 2016-onderhoud met Abraham de Vries, meester van die kortverhaal. In Johan Myburg se internasionale bydraes is daar iets oor FOURTEEN DAYS, ‘n roman wat in New York afspeel en waaraan 36 bekende skrywers (soos Margaret Atwood, Celeste Ng, Douglas Preston en John Grisham) saam geskryf het. Hy vertel ook meer oor Sally Rooney se nuwe roman, INTERMEZZO, wat later vanjaar versky...
2024-03-06
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 28 Februarie 2024
Ilse Salzwedel gesels met die wêreldbekende profileerder, dr. Micki Pistorius, oor die heruitgawe van haar boek oor reeksmoordenaars, CATCH ME A KILLER. Daar is internasionale boekenuus, onder andere ‘n boek oor klimaatsverandering deur die Suid-Afrikaner Adam Welz. wat oorsee baie aandag trek. Die kinderboekskrywer David Walliams kom Suid-Afrika toe, en Tsitsi Dangarembga se eerste roman word in Shona vertel. Johan het ook nuus oor ‘n nuwe misdaadfiksie-reeks uit die pen van Richard Osman. En as jy jou kortverhaal wil inskryf vir vanjaar se Woordfeesbundel, Suzette Myburg het vir jou meer inligting.
2024-02-28
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 21 Februarie 2024
Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar nuwe roman, TWA DIE TYDLOPER, en SARIE se boekeredakteur Phyllis Green deel haar indrukke van die roman. Gys Visser, hoof van NB Uitgewers se regsdienste, verduidelik hoekom ‘n onlangse hooggeregshoofuitspraak dit voortaan soveel makliker en vinniger sal maak om mense te vervolg wat elektroniese weergawes van boeke onwettig versprei en aflaai. Dibi Breytenbach en Sidney Gilroy, twee skrywers wat hard baklei het dat vervolging moet plaasvind, gee ook hulle mening. Johan Myburg deel goeie nuus oor Gen Z in Brittanje se leespatrone, en vertel meer oor die skrywer Khaleid Hossini se pl...
2024-02-21
53 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 14 Februarie 2024
Kristel Loots, gewilde skrywer van verhoudingsromans, gesels met Ilse Salzwedel oor die liefde, en of moderne vroue steeds oor romantiese liefde wil lees. Elna van der Merwe gesels oor die Stilbaai-boekefees wat van 23 tot 25 Februarie gehou word. Johan Myburg gesels oor die wenners van die Neropryse, ‘n Japanese roman wat gedeeltelik met die hulp van ChatGPT geskryf is, en vier nuwe Engelse vertalings van die romans van Olga Tokarczuk. En het jy geweet die 14e Februarie word in 44 lande gevier as International Day of Book Giving?
2024-02-14
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 7 Februarie 2024
Ilse Salzwedel stel jou voor aan Gaireyah Fredericks, skrywer van EEN VOET INNIE KABR, 'n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Ilse gesels ook met die bekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs, oor die belangrikheid van lees vir kinders, en oor ‘n paar nuwe benoemings vir sy boeke. Annelien van Basten van Skryfnet vertel meer oor die skryfkursusse wat Skryfnet in die volgende paar weke aanbied – daar is iets vir alle ouderdomsgroepe.
2024-02-07
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 31 Januarie 2024
Justin Fox vertel vir Ilse Salzwedel meer oor PLACE: SOUTH AFRICAN LITERARY JOURNEYS, sy literêre reisboek oor die plekke wat nege prominente Suid-Afrikaanse skrywers se skryfwerk beïnvloed het. Onder hulle is J.M. Coetzee, Dalene Matthee, Eugene Marais en Deneys Reitz. Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting vertel wat hulle alles vir vanjaar beplan. Vir die 90e herdenking van die geboortedag van Hennie Aucamp kan jy luister na ‘n argiefonderhoud uit 2010, vier jaar voor sy dood.
2024-01-31
56 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 24 Januarie 2024
Ilse Salzwedel se gas is Irma du Plessis, dogter van wyle Koos du Plessis, die sanger en liedjieskrywer. Irma is die samesteller van ERFDEEL: VERSAMELDE WERKE VAN KOOS DU PLESSIS, wat onlangs heruitgegee is. Johan Myburg gesels oor die langlys van die Dublin-letterkundeprys, en stel ons voor aan die wenner van die T.S. Eliotprys vir poësie, Jason Allen-Paisant. Johan vertel meer oor die teistering deur die Russiese regering wat die Russiese misdaadfiksieskrywer, Boris Akunin, moet verduur. Jy kan ook meer uitvind oor Niki Daly, geliefde Suid-Afrikaanse kinderboekskrywer en -illustreerder, wat onlangs oorlede is.
2024-01-24
41 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke 17 Januarie 2024
Ilse Salzwedel se gas is Marita van der Vyver, skrywer van 30 boeke, wat kinderboeke, jeugboeke en romans soos GRIET SKRYF ‘n SPROKIE, WEGKOMKANS en LAASTE KANS insluit. Hulle kyk terug op Marita se loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Rathbone Foliopryse en het nog ‘n lys internasionale boeke waarna lesers kan uitsien. Daar is selfs ‘n roman uit die pen van Keanu Reeves.
2024-01-17
48 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 10 Januarie 2024
Ilse Salzwedel gesels met oud-joernalis, skrywer, biograaf en uitgewer Petrovna Metelerkamp, wat onlangs 80 jaar oud geword het, oor haar interessante loopbaan en pad met boeke. Johan Myburg vertel watter bekendes in die boekwêreld vanjaar weer ingesluit is in die lys Nuwejaarvererings van die Britse koningshuis. Hy vertel ook meer oor BOUND TO VIOLENCE, ʼn roman van die Malinese skrywer Yambo Ouologuem wat in 1968 verskyn het en nou weer uitgegee word. En hoekom is Bonnie Garmus se 2022-debuutroman LESSONS IN CHEMISTRY so gewild?
2024-01-10
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 3 Januarie 2024
In die laaste oorsigtelike gesprek oor 2023 se boekhoogtepunte, gesels Ilse Salzwedel met Jonathan Amid, boekresensent en manuskripontwikkelaar. Jonathan het ‘n wonderlike lys boeke, wat romans, jeugboeke, misdaadfiksie en ook Engelse boeke deur verskeie Suid-Afrikaanse skrywers insluit. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand – daar is beslis iets vir almal se smaak.
2024-01-03
53 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 27 Desember 2023
Ilse Salzwedel kuier vanaand saam met Deon Meyer. Hulle gesels onder andere oor sy jongste roman LEO, en Deon speel ook drie van sy gunstelingliedjies voor. Johan Myburg vertel meer oor drie historiese romans uit die pen van bekende internasionale skrywers: Joyce Carol Oates se BUTCHER, Paul Theroux se BURMA SAHIB en Colm Tóibín se LONG ISLAND.
2023-12-27
44 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 20 Desember 2023
Ilse Salzwedel gesels met Nataniël oor sy jongste bundel verhale HELP, HELP! Hy vertel ook meer oor sy betrokkenheid by sy Franse broerskind se oulike kinderboek VYF VERLORE VERE. Johan Myburg is ook weer op sy pos met nuus uit die internasionale letterkundewêreld.
2023-12-20
53 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 13 Desember 2023
Francois Bekker, ‘n resensent van Pretoria, gesels met Ilse Salzwedel oor boeke wat hy vanjaar geniet het. Hy maak ‘n hele paar interessante aanbevelings, wat ook goeie nie-fiksie insluit. In sy internasionale insetsels gesels Johan Myburg oor ‘n lys aanbevelings vir internasionale misdaadromans, en hy kyk terug op 2023 en die boeke wat die groot literêre pryse verower het.
2023-12-13
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 29 November 2023
Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte. Alita Steenkamp, ‘n joernalis, vertel van die jeugroman, DEUR DIE VUUR. In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ‘n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman THE SATSUMA COMPLEX, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, AS Byatt, wat onlangs oorlede is.
2023-11-29
52 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 8 November 2023
Ilse Salzwedel gesels met dr. Hestelle van Staden oor haar boek, OUTOPSIE: BLOED VERTEL ‘N STORIE. Hestelle is ‘n forensiese patoloog, en lig in die boek die sluier oor haar baie uitdagende, maar baie interessante werk. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het ‘n klompie voorstelle oor boeke wat oulike Kersgeskenke sal maak. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe misdaadromans, en hy vertel meer oor die Chinese skrywer Xan Chue, wat vanjaar genoem is as ‘n aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde. Johan stel ons ook voor aan CA Davids. Haar boek, HOW TO BE A REVOLUTIONARY, is onlan...
2023-11-08
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 1 November 2023
Sussie Kotze het onlangs haar 90e verjaarsdag gevier. Sy vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie agter haar roman wat vroeër vanjaar verskyn het, en gesels oor haar lewe en werk. Joan Hambidge gesels oor vier Afrikaanse boeke wat haar vanjaar beïndruk het. Johan Myburg het nuus oor twee goed wat hoofopskrifte gehaal het tydens die onlangse Frankfurtse boekeskou: ‘n toekenning aan Salman Rushdie, en ‘n toespraak deur die Sloweense skrywer en intellektueel Slavoj Zizek. Johan vertel ook waarna lesers kan uitsien in Hilary Mantel se outobiografie, A MEMOIR OF MY FORMER SELF: A LIFE IN WRITING. Mantel is ver...
2023-11-01
49 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 25 Oktober 2023
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ‘n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se GODENSLAAP. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ʼn nuwe bundel kortverhale uit die pen van Jhumpa Lahiri, en ‘n Duitse literêre organisasie se besluit om ‘n letterkundeprys wat tydens die Frankfurtse boekeskou oorhandig sou word aan Adania Shibli, ‘n skrywer van Palestynse afkoms, onbepaald terug te hou. Haar roman, M...
2023-10-25
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 18 Oktober 2023
Ilse Salzwedel gesels met vier skrywers tydens ‘n spesiale opname by die Toyota US Woordfees. Johann Rossouw vertel van die inspirasie vir sy nuwe roman, SLUITSTUK, en gesels ook oor VERNIETIG, sy vertaling van ‘n roman deur die Franse skrywer, Michelle Houellebecq. Beryl Botman vertel meer oor haar twee outobiografiese boeke, SEDERT DIE DOOD ONS SKEI en STEEDS BLY DIE LIEFDE. Rina Bester, wat die wenverhaal geskryf het vir die nuwe Woordfeesbundel, gesels oor die inspirasie vir haar verhaal. Ian Sutherland, skrywer van CATASTROPHE, vertel van die navorsing vir sy roman. Hy het onder andere gaan kyk het hoe lyk dit...
2023-10-18
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 4 Oktober 2023
Ilse Salzwedel gesels met Julio Agrella, skepper van die Zeus van Wyngaardt-misdaadfiksiereeks. Daar is meer oor die wenners van die ATKV Woordveertjies en die kykNET-Rapportboekpryse. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor voorspellings oor wie vanjaar aangewys sal word as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde. Hy het ook nuus oor die kortlys van die Bookerprys en die fiksiekortlys vir vanjaar se Sunday Times-letterkundeprys. Johan stel ons ook voor aan Naomi Wood, die Engelse skrywer wat onlangs aangewys is as die wenner van die 2023 BBC-kortverhaalwedstryd, en hy bring hulde aan die Britse digter en skrywer, Tobias Hill, wa...
2023-10-04
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 27 September 2023
Ilse Salzwedel gesels met SJ Naude, tweemalige Hertzogpryswenner, oor sy jongste roman VAN VADERS EN VLUGTELINGE. In die tweede gedeelte van die program kan jy luister na ‘n hoorbeeld wat in 1993 deur Chris Swanepoel saamgestel is om die sestigste herdenking van Ingrid Jonker se geboortedag te vier. Daarin gesels die digter self oor haar lewe, en jy kan ook die stemme hoor van verskeie bekende Sestigers, onder andere wyle Jan Rabie en Andre P. Brink. Jonker is op 19 September 1933 gebore.
2023-09-27
59 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 20 September 2023
Schalk Schoombie was ‘n bekroonde akteur, dramaturg, joernalis en skrywer. Ilse Salzwedel onthou hom met ‘n argiefonderhoud uit 2015. Elize Parker gesels oor haar jongste roman, WANNEER SKADUWEES KANTEL. In Johan Myburg se internasionale insetsel het hy nuus oor die veranderings aan die Pulitzerpryse se reglemente, en twee boeke wat benoem is vir die Bookerprys (Chetna Maroo se WESTERN LANE en Ayobami Adebayo se A SPELL OF GOOD THINGS). Jy kan ook meer uitvind oor Michael Ondaatje, wat onlangs 80 geword het, se werk.
2023-09-20
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 13 September 2023
Pieter Stoffberg is die skrywer van TENK, RSG se nuwe laataandboekvoorlesing. Hy vertel van die storie agter hierdie oorlogsroman. Ilse Salzwedel bring hulde aan Gerrit Olivier, bekende musikus, akademikus en skrywer met ‘n argiefgesprek oor sy bundel biografiese sketse KERSFEES OP WONDERFONTEIN. Johan Myburg vertel meer oor Edith Grossman, bekende Amerikaanse vertaler van o.a. LOVE IN THE TIME OF CHOLERA, die kortlys vir die bekende Kirkus-letterkundeprys en Sarah Holland-Batt, ‘n digter van Australië, wat pas ‘n tweede prys ontvang het vir haar derde digbundel, THE JAGUAR.
2023-09-13
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 6 September 2023
Ilse Salzwedel gesels met Eunice Visser, skrywer van DIE KAAPSE SLAWE: 1652-1838, wat pas deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns met die LW Hiemstraprys bekroon is. Rudie van Rensburg gesels oor sy nuwe Kassie Kasselman-roman, DWELM, en die rolprentweergawe van HANS STEEK DIE RUBICON oor. Johan Myburg stel ons voor aan die Roemeens-Duitse skrywer en digter Herta Müller en die Maleisiese skrywer Tan Twang Eng. Hy vertel meer oor nuwe boeke wat vandeesmaand oorsee verskyn.
2023-09-06
50 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 30 Augustus 2023
Ilse Salzwedel gesels met Eben Venter oor sy jongste boek, DECIMA, waarin ‘n swartrenosterkoei een van die hoofkarakters is. Ons hoor watter skrywers vir vanjaar se ATKV-Woordveertjietoekennings benoem is. Johan Myburg het ‘n hele klomp interessante nuus uit die internasionale letterkundige wêreld, van kunsmatige intelligensie en die splinternuwe probleme wat dit vir skrywers veroorsaak, tot hoe die Amerikaanse liedjieskrywer-sanger Taylor Swift se lirieke letterkundiges oorsee op hol het.
2023-08-30
49 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 23 Augustus 2023
Ilse Salzwedel gesels met Naomi Morgan, die vertaler van MADAME PYLINSKA EN DIE GEHEIM VAN CHOPIN, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman uit die pen van die Suid-Afrikaanse skrywer, Ivan Vladislavich, die boek wat as die gewildste voorleesboek vir kinders aangewys is in ‘n Britse peiling, en ‘n lys boeke wat volgens die Britse koerant, The Guardian, beskou kan word as die voortreflikste boeke wat in die eerste twee dekades van hierdie eeu verskyn het. Hy vertel ook meer van die wenner van vanjaar se Miles Franklinprys. Jy kan ook uitvind watter boeke...
2023-08-23
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 16 Augustus 2023
CJ Langenhoven was skrywer, digter, dramaturg en koerantman, en het op daardie manier ‘n sleutelrol in die ontwikkeling van Afrikaans gespeel. As politikus het hy gehelp om dit as amptelike taal erken te kry. Langenhoven is vandeesweek 150 jaar gelede gebore, en ons vier dit met ‘n heruitsending van Ina Strydom se hoorbeeld LANGENHOVEN: DWEPER VIR AFRIKAANS. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale boekewêreld, en Ilse Salzwedel het meer inligting oor die Vrye Weekbladboekefees wat van 17 tot 19 Augustus in Melkbosstrand gehou word, en die eerste Kaapschehoop Boekefees, wat van 1 tot 3 September gehou word.
2023-08-16
52 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 2 Augustus 2023
Dan Sleigh was een van die groot meesters van die Afrikaanse letterkunde. Hy was ewe bekend as historikus, en sy dood word allerweë beskou as ‘n verlies vir Afrkaans én Suid-Afrika. Ilse Salzwedel bring hulde aan hierdie bekroonde skrywer van EILANDE, AFSTANDE, WALS MET MATILDA, 1795 en verskeie ander publikasies, onder meer die omvangryke nie-fiksiewerk, RETOERVLOOT, deur middel van uittreksels uit drie argiefonderhoude en ‘n onderhoud met sy jarelange uitgewer, Hester Carstens.
2023-08-02
49 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights: Unpacking the R1 billion corruption that Babita Deokaran was killed for.
Babita Deokaran was the chief director of financial accounting in the Gauteng Dept of Health. On the 23d of August 2021 she died in a hail of bullets in front of her home – assassinated for exposing corruption of more than R1 billion at Tembisa Hospital. Corruption that people higher up in Gauteng provincial health was apparently well aware of. Ilse Salzwedel speaks to Jeff Wicks, senior reporter at the News 24 investigative reporting team, about what he and the News24 team uncovered, and why we should never forget whistleblowers like Babita. OUTA website
2023-04-20
27 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights: Massive corruption at Mangaung prison exposed, and then covered up again. Why?
It was a week of high drama after the "dead" Facebook rapist, Thabo Bester, was arrested in Tanzania along with his celebrity doctor girlfriend Dr Nandipha Magudumana. This left officials of the Departments of Justice and Correctional Services, as well as the SAPS and G4S private prison executives with red faces and a lot of questions to answer, since they have all apparently been aware of Bester's daring escape for months. While most South Africans are stunned by many of the revelations, very little of this is a surprise to investigative journalist Ruth Hopkins, author of The Misery Merchants...
2023-04-14
35 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 12 April 2023
Ilse Salzwedel gesels met Elmarie Dercksen oor haar debuutroman, DIE GAWE VAN GROEN, wat beskryf word as historiese fantasie met ‘n stewige skeut magiese realisme. Daar is ook nuus oor die ATKV-Skryfskool se landswye projekte. Ilse Salzwedel wil by prof. Bernard Odendaal, voorsitter van PEN-Afrikaans, weet wie se plig dit is om die werk van ouer Afrikaanse skrywers te bewaar. Johan Myburg vertel meer oor die wenners van die Windham-Campbell-pryse, twee nuwe boeke oor die lewe en werk van Breyten Breytenbach uit die pen van die Nederlandse akademikus Yves T’Sjoen, en THE EARTH TRANSFORMED, ‘n nuwe boek deur Peter Franko...
2023-04-12
55 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights: Wayne Duvenage on assassinations, corruption and politicians.
The cold-blooded hit on well-respected Bosasa and Gupta company liquidator Cloete Murray and his son Thomas has sent shockwaves through SA. What are the implications for the war on corruption? And what can we, the people of SA, do to ensure that corrupt politicians and others selling out our country, are held accountable? Hosted by Ilse Salzwedel. OUTA website
2023-03-24
26 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 25 Januarie 2023
Karen Jennings, ‘n skrywer van Kaapstad wie se roman AN ISLAND in 2022 vir die gesogte Bookerprys benoem is, gesels met Ilse Salzwedel. Ilse gesels met Annelien van Basten van Skryfnet oor hulle aanlynskryfskole. Johan Myburg gesels oor BLOODBATH NATION, ‘n nie-fiksie nuwe boek wat die VSA se beheptheid met en problematiek oor vuurwapens ontleed. Hy vertel ook meer oor die wenner van Brittanje se Goue Medalje vir poësie, Selima Hill, en Anthony Joseph, die wenner van die gesogte TS Elliot-prys vir poësie in Brittanje.
2023-01-25
49 min
Spesiale uitsending
Woordketting 2022
Johan Myburg sluit hom aan by die oorspronklike Woordketting-digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Myburg om vir ‘n klomp woordpret te sorg. Kom luister wat hulle met mekaar se gedigte, asook ‘n klassieke gedig doen. Aangebied deur Ilse Salzwedel, met Eloise Cupido as voorleser. Jy kan ook luister na toonsettings van bekende gedigte.
2022-12-31
51 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 12 Oktober 2022
Vind meer uit oor die Avbob-poësieprojek, en hulle betrokkenheid by RSG se huldigingskonsert ter viering van Antjie Krog se 70e verjaarsdag. Ilse Salzwedel gesels ook met Clinton V. Du Plessis, bekende digter en die Afrikaanse wenner van vanjaar se Avbob-projek. Johan Myburg gesels oor die Zimbabwiese skrywer, Tsitsi Dangaremgba, se vonnis vir sogenaamde aanhitsing tot geweld, ‘n biografie oor die Britse skilder Lucien Freud en meer oor die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, Annie Ernaux. Ilse gesels met Riaan Manser, die bekende avonturier en skrywer, wie se eerste avontuurkinderboek ‘n moet-lees is vir jong boekwurms.
2022-10-12
49 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights: What needs to happen to end the energy crisis, and how soon?
OUTA's energy project manager Brendan Slade and energy expert Chris Yelland, an OUTA energy consultant, in discussion with Ilse Salzwedel on possible solutions to the energy crisis. How can the hurdles be removed, and why is Eskom 2.0 a non-starter? What about jobs if we adopt new energy sources? And what should we make of the proposed 32% Eskom price hike and the suggested levy for solar panels?
2022-07-21
33 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights: What needs to happen to end the energy crisis, and how soon?
OUTA's energy project manager Brendan Slade and energy expert Chris Yelland, an OUTA energy consultant, in discussion with Ilse Salzwedel on possible solutions to the energy crisis. How can the hurdles be removed, and why is Eskom 2.0 a non-starter? What about jobs if we adopt new energy sources? And what should we make of the proposed 32% Eskom price hike and the suggested levy for solar panels? OUTA website
2022-07-21
33 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 20 Julie 2022
Ilse Salzwedel gesels met Ilse Verster, ‘n slagoffer van mishandeling, oor haar inspirerende boek, SO LYK ‘N VROU – MY 40 JAAR SAAM MET ‘N NARSIS. Marie Lotz gesels oor haar nuwe spanningsroman, POLSSLAG. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor John Galsworthy, skrywer van The Forsyte Saga, wat tans op TV te sien is. Johan gesels ook oor nuwe internasionale vrystellings vir jou boekrak, en ‘n nuwe boek deur Karen Armstrong oor die mens se band met die natuur, getiteld SACRED NATURE: HOW WE CAN RECOVER OUR BOND WITH THE NATURAL WORLD. Jy kan ook luister na ‘n kort uittreksel u...
2022-07-20
49 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights with journalist Kyle Cowan on the state of Eskom
We're halfway through 2022, and already more than 55 days were affected by some stage of load shedding. Whose fault is it that Eskom can't keep the lights on? Ilse Salzwedel chats to News24 journalist Kyle Cowan, author of a newly published book called SABOTAGE: Eskom under siege.
2022-06-24
33 min
OUTA Podcasts
OUTA Insights with journalist Kyle Cowan on the state of Eskom
We're halfway through 2022, and already more than 55 days were affected by some stage of load shedding. Whose fault is it that Eskom can't keep the lights on? Ilse Salzwedel chats to News24 journalist Kyle Cowan, author of a newly published book called SABOTAGE: Eskom under siege. OUTA website
2022-06-24
33 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke Bonuspotgooi 30 Maart 2022
In die eerste bonuspotgooi van Skrywers en Boeke kan jy luister na ‘n onderhoud met wyle De Waal Venter, wat Nic Swanepoel in 1989 met hom gevoer het, asook ‘n onderhoud wat Ilse Salzwedel in 2018 met wyle Derick van der Walt gevoer het oor sy eerste volwasse roman, Tussen Vriende. En het jy geweet Barbara Kingsolver is ‘n opgeleide bioloog? Ilse Salzwedel het in 2015 met Kingsolver gesels oor haar loopbaan, haar bekende roman, The Poisonwood Bible, en hoe sy fiksie gebruik om oor onderwerpe soos klimaatsverandering te skryf.
2022-03-30
1h 01
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 16 Maart 2022
Ilse Salzwedel gesels met Lien Botha oor VIN, haar tweede roman, en met Marié Heese, skrywer van DIE UURWERK KANTEL, wat saans op RSG voorgelees word. Ilse vertel meer oor die wenners van die LAPA Jeugromanwedstryd. Johan Myburg het nuus oor die langlys vir die Women’s Prize for Fiction, die Booker Internationalprys vir vertaalde werk en twee nuwe boeke deur Cormac McCarthy.
2022-03-16
53 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 19 Mei 2021
Vind meer uit oor die skrywer CJ Langenhoven se geheime liefde, Sarah Goldblatt, wanneer Ilse Salzwedel met die skrywer Dominique Malherbe gesels oor haar biografie OP SOEK NA SAARTJIE. Ilse gesels ook met Wilmi Wheeler oor haar radiodrama, DIE HUISBESOEK, wat met ‘n Writers Guild of South Africa-toekenning bekroon is. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die internasionale letterkunde onder andere oor die Dylan Thomas-prys en die wenners van die Britse Book Awards.
2021-05-19
39 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 9 Desember 2020
Ilse Salzwedel praat met Anoeschka von Meck oor haar nuwe roman DIE HEELAL OP MY TONG. Hou jou kinders van nie-fiksie? Ilse gesels oor drie oulike nuwe kinderboeke propvol interessante feite. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die Britse boekbedryf, en jy kan luister na ‘n klankgreep uit ‘n onderhoud met die Britse skrywer Jan Morris, wat verlede week oorlede is.
2020-12-09
48 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 9 Julie 2020
Kan alle boeke rolprente word, en hoe werk die proses van 'n draaiboek? Dit is van Ilse Salzwedel se vrae wat die rolprentkenner Leon van Nierop beantwoord. Hy vertel ook meer oor die rolprent GONE WITH THE WIND, en Ilse gee interessante agtergrond oor Margaret Mitchell se enigste roman.
2020-07-09
17 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke 4 Maart 2020
Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, koordineerder van die US Woordfees se Skrywersfees, oor vanjaar se program. Olivia Coetzee, skrywer van INNIE SHADOWS, vertel vir Ilse Salzwedel hoekom sy gekies het om haar debuutroman in Kaaps te skryf. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor W.H. Auden, en jy kan ook 'n stemopname hoor waarin Auden een van sy eie verse voorlees.
2020-03-04
44 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke 5 Februarie 2020
Ilse Salzwedel gesels met Stefaans Coetzee, skrywer van WIT WOLF, oor hoe boeke sy lewe tydens sy byna twee dekades in die tronk verander het. 1 Februarie was Internasionale Hardop-voorleesdag, maar hoekom is dit so goed vir kinders? Ilse vertel ook meer van 'n paar oulike kinderboeke vir voorlees en self lees. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder andere oor die kortlys vir die Dylan Thomas-prys.
2020-02-05
41 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke 17 Julie 2019
Ilse Salzwedel gesels met Zelda Bezuidenhout oor DIE DEKONSTUKSIE VAN RETTA BLOM, haar eerste roman vir volwassenes, en oor haar bekroonde jeugroman AS MENS GELUK KON PROE. Bernette Bergenthuin gesels met Ilse oor haar nuwe roman DIE LEWE VIR BEGINNERS. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe prys vir vroueskrywers van komiese Britse fiksie.
2019-07-17
46 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se ELEANOR OLIPANT IS COMPLETELY FINE en Rebecca Davis se SELFHELPLESS. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.
2019-01-16
41 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
Charl-Pierre Naude vertel vir Ilse Salzwedel van sy nuwe roman DIE ONGELOOFLIKE ONSKULD VAN DIRKIE VERWEY. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n stukkie onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor 'n paar oulike kinderboeke.
2019-01-09
47 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
'n Leesprojek met honde as "terapeute" is onlangs deur die ATKV bekroon. Ilse Salzwedel gesels met dr. Marieanna le Roux oor Pets As Therapy se Lees-Ukufunda-Read-program. Ilse gesels ook met Jo Nel oor sy debuutroman DIE HOND WAT OPHOU BLAF HET. Francois Lötter vertel meer oor die TUIN VAN DIGTERS se program op 14 en 15 September in Wellington. Johan Myburg gesels oor die benoemings vir die alternatiewe Nobelprys, en 'n televisiereeks oor Elena Ferrante se Neopolitaanse romans wat onlangs bekendgestel is.
2018-09-05
47 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
Ilse Salzwedel gesels met Sarel en Elizabeth Venter oor WAAR RATS DIE RIBBOK GAAN, 'n bundel met briewe wat Elsabe Steenberg aan Elizabeth geskryf het. Ilse Salzwedel het Dibi Breytenbach uitgevra oor DOWE GODE, haar jongste misdaadroman. In Johan Myburg se internasionale insetsel kan jy luister na 'n uittreksel uit 'n onderhoud met Stav Sherez, wie se roman THE INTRUSIONS, onlangs bekroon is.
2018-07-25
44 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
In November 1977 is die politikus Robert Smit en sy vrou Jeanne in hulle huis vermoor. Die WVK het bevind dit was 'n politieke moord, maar 40 jaar later is dit steeds onopgelos. Ilse Salzwedel gesels met die Smit-egpaar se dogter Liza, en Raquel Lewis, skrywer van Liza se boek EK IS LIZA SMIT. Ilse gesels ook met die skrywers van TRUITJIE ROER MY NIE, die komediant/akteur Schalk Bezuidenhout en joernalis en skrywer Erns Grundlingh. Johan Myburg gesels oor verskeie interessante boekdinge.
2018-07-11
52 min
2018: Skrywersfees
DIE SMIT-MOORDE: ‘EK IS LIZA SMIT’
Met: Liza Smit. Aangebied deur Jacana Media. Veertig jaar sedert die raaiselmoorde op NP-politikus Robert Smit en sy vrou in hulle Springs-tuiste, met RAU TEM teen die muur geverf as enigste leidraad, is die moordenaars steeds soek. Liza, hulle aangenome dogter, was toe 13. Deur die jare het sy haar eie ondersoeke gedoen. Weens doodsdreigemente moes sy en haar kinders selfs in ’n getuiebeskermingsprogram geplaas word. Sy vertel haar bisarre verhaal, wat later vanjaar in boekvorm verskyn, in ’n eksklusiewe voorskou met Ilse Salzwedel.
2018-05-31
1h 00
2018: Skrywersfees
IRMA JOUBERT EN HANS DU PLESSIS
Aangebied deur LAPA Uitgewers. Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ’n Nederlandse oorlogwesie wat alleen ’n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor ’n kinderkarakter in Drie vroue en ’n meisie, wat handel oor vier geslagte vroue op die Hoëveld en hulle droom van ’n beter lewe.
2018-05-03
47 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
Jan Vermeulen, bekroonde jeugromanskrywer, se eerste spanningsroman vir volwassenes het pas verskyn. Ilse Salzwedel gesels met hom oor DIE VYFDE ASPOESTER. In 'n kykie na interessante Suid-Afrikaanse nie-fiksie, gesels Ilse met Pieter-Louis Myburgh oor THE REPUBLIC OF GUPTA, sy boek wat staatskaping blootgelê het. Hulle gesels onder meer oor die navorsing wat so 'n boek vereis. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor PEN Amerika se letterkundepryse.
2018-03-14
49 min
Skrywers en Boeke
7 Dec
Ilse Salzwedel gesels met kinderboekillustreerder Zinelda McDonald oor haar werk. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekewêreld, en vertel ook van sy top vyf Afrikaanse boeke vir 2016. En Ilse gesels oor lekker boeke vir kinders se Kerskouse.
2016-12-07
47 min
Skrywers en Boeke
23 Nov
Ilse Salzwedel gesels met Anneli Groenewald oor haar debuutroman, Die Skaalmodel, wat die debuutprys gewen het in NB se Groot Romanwedstryd 2015. Die boek speel af op Skipskop, ʼn dorpie wat deur die NP-regering onteien is om ʼn missieltoetsbaan te maak. Ilse gesels ook met dr. Lynette Jacobs van die Universiteit van die Vrystaat oor ʼn biblioteekbusprogram wat boeke na die verste uithoeke van die Vrystaat neem. En Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld, onder meer Astrid Lindgren se pas gepubliseerde oorlogsdagboeke.
2016-11-23
45 min
Skrywers en Boeke
11 Nov 2015
Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert, bekroonde skrywer van historiese fiksie, oor haar splinternuwe roman IMMER WES. Irma vertel ook van die belangstelling in haar werk in Nederland, Duitsland en die VSA, en hoe die markte verskil. Ilse Salzwedel gesels met die besoekende Nederlandse skrywer, Arnon Grunberg, skrywer van Tirsa, wat deur Lina Spies in Afrikaans vertaal is. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die daling in die verkope van e-boeke.
2015-11-11
45 min
Skrywersfees 2015
Pat Stamatélos: My groot vet Griekse egskeiding
Aangebied deur Penguin Random House Daar is huismoles in ’n Griekse huishouding in Johannesburg oor ’n man en vrou wat nie tot skei kan kom nie, en dit word vertel soos net Pat Stamatélos kan! Ilse Salzwedel gesels met die skrywer van die topverkoper, Kroes, oor haar nuwe roman – gevul met humor en patos.
2015-03-11
48 min
Skrywers en Boeke
31 Dec 2014
Ilse Salzwedel en dr. Karen de Wet van UJ se Department Afrikaans, gesels oor Adriaan Coetzee se debuutdigbundel GORDEL, en Rosa Smit se bundel DIE ROOI VEER IN VASCO SE HOED. Ilse Salzwedel gesels met Marisa Haasbroek, skrywer van IEWERS VLIEG DAAR FAIRY DUST, 'n pragtige jeugboek wat in 'n wit plakkerskamp afspeel, en Daniella Day, skrywer van BLOU TRANE, 'n boeiende jeugverhaal oor kwessies soos dwelmverslawing. Johan Myburg is ook weer in die ateljee met 'n interessante insetsel.
2014-12-31
43 min
Skrywers en Boeke
26 Nov 2014
Ilse Salzwedel gesels met prof. Willie Burger oor die werk van die skrywer Karel Schoeman, wat vandeesweek 75 jaar oud geword het. Ilse Salzwedel gesels met Anchien Troskie, skrywer van DIS EK, ANNA (wat sy onder ʼn skuilnaam geskryf het) oor haar jongste roman, VERMIS OP ALLESVERLOREN.
2014-11-26
43 min
Skrywers en Boeke
28 May 2014
Ilse Salzwedel gesels met Marius Crous oor Andries Bezuidenhout se nuwe bundel Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle. Luister na ʼn uittreksel uit Murray La Vita se US-Woordfeesgesprek met Lina Spies, wat onlangs haar 75e verjaarsdag gevier het. Ilse gesels met Casey B. Dolan oor haar debuutroman When the bough breaks, wat pas verskyn het en reeds in Frans en Spaans vertaal is. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde en vertel onder andere meer van die Week van de Afrikaanse roman wat in September in Nederland plaasvind.
2014-05-28
48 min
Taaldinge
2 Feb 2014
Magdaleen Krüger praat met die joernalis en skrywer van onder meer BLOEDSUSTERS, Ilse Salzwedel, oor die vertaling van nie-fiksie.
2014-02-02
21 min
Taaldinge
19 Jan 2014
Ilse Salzwedel gesels met Fred Pheiffer, mede-samesteller van die HAT. Hulle gesels onder meer oor die invloed van Engels en SMS-taal op Afrikaans, en ook oor hoe die proses van woordeboeke saamstel, verloop.
2014-01-18
18 min
Taaldinge
12 Jan 2014
Ilse Salzwedel gesels met die medesamesteller van die 6e uitgawe van die HAT oor onder meer taalverandering en die invloed van Engels op Afrikaans.
2014-01-11
19 min
Skrywers en Boeke
11 Sep 2013
Ilse Salzwedel gesels met Madri Victor, ʼn resensent, en Suzette Kotze-Myburgh, die eindredakteur van Chris Karsten se boek ‘N MAN VAN MIN BELANG, oor hierdie belangrike boek. Dit handel oor ʼn onlangse stuk Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal byval vind by aanhangers van populêre fiksie en liefhebbers van letterkunde. Corina van der Spoel en prof. Willie Burger gesels oor ʼn bundel opstelle oor die werk van André P. Brink. Biblioteke is van groot belang in ʼn land waar die leeskultuur kwyn, en Ilse gesels met Sam Cooper, ʼn baie toegewyde bibliotekaris, oor hoe die publiek betrokke kan raak. Terrance April se Afrika-skrywer van die week is Malang...
2013-09-11
57 min
Skrywers en Boeke
4 Sep 2013
Magdaleen Kruger gesels met Annelie Botes oor Annelie se nuwe boek SWART OP WIT. Ilse Salzwedel gesels met Riana Scheepers in 'n splinternuwe reeks oor die skryfkuns - aspirantskrywers moet dit nie misloop nie! Johan Myburg bring hulde aan Seamus Heany, die Ierse digter wat verlede week oorlede is. Ilse gesels met Nicole Jaekel Strauss, die samesteller van KOSBLIK, ©° bundel kortverhale en essays. Ilse lees ook 'n stukkie voor uit Wilna Adriaanse se kortverhaal in KOSBLIK. Terrance April se Afrika-skrywer vandeesweek is Camara Laye van Guinee.
2013-09-04
53 min
Skrywers en Boeke
31 Jul 2013
Ilse Salzwedel gesels met Ilse Carla Groenewald oor haar super sexy Afrikamasutra. Ilse gesels ook met Verna Vels, wat verlede maand haar tagtigste verjaarsdag gevier het. Leti Kleyn van Tukkies vertel van 'n leeskamerprojek vir behoeftige leerders waarby luisteraars ook kan betrokke raak. Terrance April vertel meer oor die Afrikaskrywer Maya Pearce.
2013-07-31
51 min
Skrywers en Boeke
19 Jun 2013
Ilse Salzwedel gesels met Cecilia Brits van LAPA oor die goeie verkope van ontspanningsfiksie ten spyte van die ekonomie. Ilse gesels ook met Carie Maas oor Koljander, haar debuutroman, en met Eben Venter oor sy jongste roman, Wolf wolf. Kobus Burger gesels met Johan Myburg oor internasionale letterkunde, en Corina van der Spoel en prof. Willie Burger gesels verder oor die kortverhaal as kunsvorm.
2013-06-19
53 min
Skrywers en Boeke
5 Jun 2013
Carina Diedericks-Hugo, bekroonde jeugboekskrywer, gesels oor haar geheim vir sukses. Ilse Slawedel gesels met Kerneels Breytenbach oor sy leeslysie en die boeke wat hy glo mens weer en weer kan lees. Kobus Burger gesels met Johan Myburgh gesels oor die herdenking van die Spaanse digter, Lorca, se geboortedag in 1914. Daar is nuus oor PEN Afrikaans se kortverhaalwedstryd. Ilse Salzwedel gesels met Malinda Lawrence, 'n dosent by Wits, oor Afrikaanse letterkunde vir tweedetaal-sprekers. Terrance April vertel in sy weeklikse bydrae oor Afrika-skrywers meer oor Chris van Wyk.
2013-06-05
52 min