podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Invloed Kerk
Shows
Invloed Kerk | Preke
Lys Dit I Lys of Luister
Bekommernis het die vermoë om jou siel uitmekaar te trek. Hoe leef ons ‘n lewe waar ons lig kan voel soos Jesus belowe het? Kom ons leef minder met ‘n lys en meer met ‘n luister.Luister Hier: https://youtu.be/cGTXY2MFDiUBoodskap deur Morné Steenekamp___________#invloedkerk #kerk #sondag #lysdit #lysofluister
2025-05-19
39 min
Invloed Kerk | Preke
Moederhart van God
Nie net dra God die hart van ‘n Vader oor ons nie, maar ook dié van ‘n moeder. Die eerste keer toe God Sy eie karakter beskryf in woorde het Hy moederlike taal gebruik. Leer hoe om jou verhouding met God te verdiep deur Sy hart tenvolle te ervaar. Boodskap deur Morné Steenekamp___________#invloedkerk #kerk #sondag #moedersdag #MoederhartvanGodInvloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/
2025-05-11
39 min
Invloed Kerk | Preke
Wat Om Te Doen Wanneer Lewe Onregverdig Is
Soms voel die lewe so onregverdig. Maar wat as ons prentjie oor regverdigheid ons weg hou van die grootste geskenk wat Jesus al ooit vir ons gegee het… Genade!https://youtu.be/A9CY2_l7Wkg?si=ICgxZIGCQg4ceGg4Boodskap deur Jonathan Müller___________#invloedkerk #kerk #sondag #onregverdigheidInvloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke...
2025-05-05
33 min
Invloed Kerk | Preke
Trap Spore I Die Barmhartige Samaritaan
Wanneer ons bly in ons gemak lei dit na verveeldheid.Boodskap deur Paul Grobler___________#invloedkerk #kerk #sondag #trapspore #barmhartigesamaritaanInvloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke: https://invloedkerk.co.za/preke/https://www.facebook.com/invloedkerkhttps://www.instagram.com/invloedkerk/https://www.tiktok.com/@invloedkerk
2025-04-28
37 min
Invloed Kerk | Preke
Die Toets | van Onderdanigheid
Die Toets I van OnderdanigheidOnderdanigheid is die belangrikste toets, want dit dra die grootste gevolge. https://youtu.be/TYNmRt72EcgBoodskap deur Morné Steenekamp#invloedkerk #kerk #sondag #dietoets___________Invloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke: https://invloedkerk.co.za/preke/https://www.facebook.com/invloedkerk
2025-04-18
51 min
Invloed Kerk | Preke
Die Toets I Wat Jy Self Opstel [Bril]
Die Toets I Wat Jy Self Opstel [Bril]Die ergste lewenstoetse om te skryf is die een wat jy self opgestel het. Wanneer jou foute ware probleme word. Wanneer jou sonde huwelikstruwelinge veroorsaak. Wanneer jou swak besluite lei tot ongesonde situasies. God kan alles laat goed uitwerk, selfs die toetse wat ons self opstel. Vind uit hoe. Boodskap deur Morné Steenekamp#invloedkerk #kerk #sondag #dietoets___________Youtube: https://youtu.be/J2SZnZMU1Eg
2025-04-13
37 min
Invloed Kerk | Preke
Die Toets I Van Vas Sit [Hout]
Het jy al ooit gevoel jou lewe hak vas? Dis nie dat alles uitmekaar val nie, maar ook nie dat dinge vooruit gaan nie. Jou drome hak vas, jou vriendskappe hak vas, jou betekenis hak vas, jou finansies, ens. Wat as jou verhouding met God vas hak? Leer wat om te doen wanneer die toets van vas sit ‘n realiteit is. Boodskap deur Morné SteenekampYoutube Link: https://youtu.be/VPs-zn74qXE#invloedkerk #kerk #sondag #dietoets___________Invloed HUB...
2025-04-06
42 min
Invloed Kerk | Preke
Die Toets | Die Toets van Moeilike Tye
Moeilike tye is nog moeiliker as ons nie weet hoe om dit te hanteer nie. Leer hoe om moeilike tye te oorwin. https://youtu.be/rL8AB4ZUPYgBoodskap deur Morné Steenekamp#invloedkerk #kerk #sondag #dietoets___________Invloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/https://www.facebook.com/invloedkerkh...
2025-03-30
34 min
Invloed Kerk | Preke
Die Toets | Bid vir ‘n Toets
Niemand hou daarvan om getoets te word nie, maar tog hou ons van goed wat getoets is. Indien ons God se seën wil sien in ons lewe moet ons die toetse wat Hy ons lewens toelaat slaag. Leer jy hoe jy die toets wat jy nou skryf kan slaag.https://youtu.be/FfVMvUDFlzMBoodskap deur Morné Steenekamp#invloedkerk #kerk #sondag #dietoets___________Invloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.or...
2025-03-16
31 min
Invloed Kerk | Preke
Druk ‘n Ystervark | Behoeftige Mense
Sommige mense wil jou die verantwoordelikheid gee om hulle lewens te verbeter, om hulle probleme uit te sorteer en om hulle te help. Behoeftige mense kan ons soms dreineer. Hoe kan ons hierdie mense beter liefhê?Boodskap deur Morné Steenekamp___________Invloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/https://www.facebook.com/invloedkerkhttps://www.instagram.com/invloedkerk/...
2025-03-09
41 min
Invloed Kerk | Preke
Druk ‘n Ystervark | Negatiewe Mense
Daar is baie min mense wat ‘n mens kan uitput soos negatiewe mense. Wat sê ons vir mense wat negatief is om hulle positief te maak? Hoe hanteer ons mense se konkel, kla en kritiek. Boodskap deur Morné Steenekamp___________Invloed HUB: https://www.hopp.bio/invloedkerkBydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/https://www.facebook.com/invloedkerkhttps://www.instagram.com/invloedkerk/http...
2025-03-02
39 min
Invloed Kerk | Preke
Bid weer | Soos die kerk
Gebed is op sy beste wanneer ons bid vir ander. Jou gebed vir ander is kragtiger as jou gebed vir jouself. Leer om weer die krag van gebed te ontdek deur onselfsigtigheid.
2024-05-05
34 min
Invloed Kerk | Preke
Die TOV van God of mens | Invloed word 4
Die gedruis en gemaal van die wêreld is so hard, dat ons die TOV van God so maklik mis. Ons het verleer om stil te kan wees voor die Here. Nooi God in. Nooi Hom in jou gesprekke, in jou dag en in jou besluite. Is jy bereid om oor te gee aan God, en jou kamp skoon te maak van sonde sodat jy weer God se goedheid kan ervaar?
2024-03-10
35 min
Invloed Kerk | Preke
Die begin van TOV | Invloed word 4
God is goed, maar is jy? Hoe kry ons dit reg om God se goedheid te weerkaats na almal om ons? Vandag praat ons oor die fondasie van goedheid
2024-03-03
45 min
Invloed Kerk | Preke
Dualisme van TOV | Invloed word 4
Ons moet nie ‘n verkeerde prentjie van God se goedheid glo nie. God se goedheid word geken in die eenheid van genade en waarheid. Daar is dualisme in God se goedheid. Jesus was vol genade en waarheid en verwag dat ons Hom so verteenwoordig.
2024-02-25
38 min
Invloed Kerk | Preke
TOV wat Vloei | Invloed word 4
God is die God van goedheid. Die merkwaardige aspek van God se goedheid is dat dit nooit ophou nie. Ten spyte van Sy eie lyding, van ander se vyandigheid en ander wat Sy goedheid misbruik, kies God om nog steeds goed te bly. Dit is Sy begeerte dat ons meer soos Hy word.
2024-02-19
43 min
Invloed Kerk | Preke
God van TOV | Invloed word 4
Invloed Kerk se storie van die afgelope 4 jaar is een van TOV. Die God van TOV is met ons. TOV verwys na goedheid, prag en uitnemendheid. Glo jy nog in God se goedheid. Glo jy nog in die God van TOV?
2024-02-11
52 min
Invloed Kerk | Preke
Jo Black Eksklusief | Invloed word 4
Invloed is 4 jaar oud. Om ‘n kerk te begin vat harde werk, maar om God se wonderwerke te beleef vir 4 jaar vat baie genade. Dankie Here vir al die stories. Jo Black skop saam ons die veesvieringe af. Luister hoe God Jo ontmoet het en hoe Hy ook jou kan ontmoet.
2024-02-04
1h 10
Invloed Kerk | Preke
Materialisme | Jesus +
Daar is min goed soos finansiële druk wat mense se lewens kan verwoes. Dis uiters belangrik vir ons as kinders van God om geld te verstaan soos God doen. Anders gaan die liefde vir geld ons beheer en nie God nie. Dit is die bron van alle kwaad. Boodskap deur Past. Morné Steenekamp ___________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk #Jesus #kerk #Invloedkerk #Jesus+ #kinders #preek #Godisgoed
2023-11-19
43 min
Invloed Kerk | Preke
Doen dit weer | Moedersdag
Sou dit nie lekker wees om alles wat die lewe jou mee gooi op die eerste probeer slag reg te kry nie? Maar kom ons wees eerlik, dit vat meer as een probeer slag en baie meer as net een gebed om struikelblokke in jou lewe te oorkom. God soek nie perfek nie. God soek probeer weer. https://youtu.be/tbo1BA5GleI #invloedkerk#godisgoed#jesusleef#kerk#woorde#hierkanjydieherebeleef#moedersdag#doenditweer#weerprobeer
2023-05-15
32 min
Invloed Kerk | Preke
Dans in die maanlig
Ons almal soek sonskyn-oomblikke van God af. Dis die tye wanneer lewe sin maak en lekker is. God soek mense wat selfs Hom kan vind in die duisternis. Mense wat God se lig sien en ervaar al is lewe duister. Mense wat ‘n dans-in-die-maanlig leefstyl het. https://youtube.com/live/f2J0wAuMHj8 #invloedkerk#godisgoed#jesusleef#kerk#woorde#hierkanjydieherebeleef#maanskyn#godselig#godislig
2023-05-07
38 min
Invloed Kerk | Preke
Waarborg van woorde | Paasfees 2023
Die woorde wat ons gebruik bepaal die waarborge wat ons kry. Ons praat óf lewe óf dood. As volgelinge is dit ons verantwoordelikheid om lewe te praat. https://invloedkerk.org.za/ Boodskap deur Jonathan Müller. #invloedkerk #godisgoed #jesusleef #kerk #woorde #hierkanjydieherebeleef
2023-04-30
37 min
Invloed Kerk | Preke
Fynskrif | Paasfees 2023
91% van mense lees nie die fynskrif in ‘n kontrak nie. God se Verbond, Sy kontrak, het ook fynskrif. Sy fynskrif hou soveel seën in. https://invloedkerk.org.za/ #invloedkerk #godisgoed #jesusleef #kerk #fynskrif #hierkanjydieherebeleef
2023-04-23
39 min
Invloed Kerk | Preke
Die Kontrak | Paasfees 2023
Is jy ‘n Christen, maar jy voel jy mis uit op ‘n meer persoonlike verhouding met God? God se kontrak kan dit in sekondes verander. God praat nog altyd kontraktaal. #diekontrak #diewarekontrak #invloedkerk #verbond #Jesus #paasfees #nelspruit #kerk
2023-04-16
44 min
Invloed Kerk | Preke
Hartaanval | Jouself
Die grootste krisis as dit kom by die hart, is jouself. Jy is jou eie grootste vyand! As jy die Here se vrede wil beleef, moet jy jou doel met ywer najaag. https://invloedkerk.org.za/ #invloedkerk #jouself
2023-03-12
39 min
Invloed Kerk | Preke
Hartaanval | Nog
Sodra ons dink ons moet nog besittings, geld of iets anders bekom voor ons tervrede kan wees, het ons dalk lief vir mammon geword. Leer hoe om in God se wil leef met jou besittings. #invloedkerk #nog #more
2023-03-05
46 min
Invloed Kerk | Preke
Hartaanval | Angs
Ons lewe in ‘n tyd waar mense meer angs beleef as van ooit tevore. Werke, finansies, drome, toekoms, kinders, vrese, keuses, ons is meer ingelig as ooit, maar meer onvervuld, maar God bly met ons. #invloedkerk #angst
2023-02-26
38 min
Invloed Kerk | Preke
Ontmoet vir God | Aanbidding | Invloed word 3
Besef jy dat jy alle antwoorde sal vind by die ontmoetings tent? As jy raad wil hê, kom. As jy My wil beleef, kom. Hy sal jou vrae beantwoord. #invloedkerk
2023-02-19
20 min
Invloed Kerk | Preke
God is met ons | Getuienis | Invloed word 3
Leef God nog? Doen Hy nog wonderwerke? Is God nog goed? Luister saam na die stories in die storie van Invloed Kerk wat getuig dat God leef, God red en God goed is. #invloedkerk
2023-02-12
1h 02
Invloed Kerk | Preke
Huis van gebed | Jesus word ook kwaad | Invloed word 3
Ons almal is keelvol vir roof in ons dorp en in ons land. Jesus word ook kwaad oor roof, maar die roof in Sy kerk. Word herinner waaroor kerk gaan en hoekom dit belangrik moet wees vir elkeen van Sy kinders. Laat die roof stop. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp #invloedkerk
2023-02-05
46 min
Invloed Kerk | Preke
Potlood Verwagting | Kan jy dit sien?
Skryf jy jou verwagtings in pen of potlood? God se pad na ons verwagtings is dalk buite die boks. Is jy nog aanpasbaar? Wat soek jy meer, God se wil of jou verwagtinge. Preek deur pastoor Morné Steenekamp
2023-01-29
31 min
Invloed Kerk | Preke
Valse Verwagting | Kan jy dit sien?
Van ons glo nie daarin om met 'n hoë verwagting te leef nie, want dit maak dat jy net diep telleurgestel word. Sommige van ons het al ons verwagtinge in God geplaas en dit het gelyk asof die Here nie moeite doen om jou te beloon nie. Leer hoe om jou verwagting hoog te hou deur valse verwagtinge te vermy. Boodskap deur pastoor Morné Steenekamp http://invloedkerk.org.za/
2023-01-23
30 min
Invloed Kerk | Preke
Verwagting | Kan jy dit sien?
Almal begeer dat God iets doen in hulle lewens, tog beleef so min mense dit. Sien God dinge doen in jou lewe wat Hy nog nooit van tevore gedoen het nie. Hy begeer dat jy Hom sien. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp
2023-01-15
32 min
Invloed Kerk | Preke
Jaar van Lig
Jesus roep ons om die lig vir die wêreld te wees, nie die wêreld te verander nie. Doen wat jy kan doen om iemand se oomblik te verlig. Skyn God se liefde. God sal jou lig gebruik om die wêreld te verander soos Hy goed dink. 2023...'n jaar van Lig. Boodskap deur Niel Beyleveld ___________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.faceb...
2023-01-08
49 min
Invloed Kerk | Preke
Krip, Koning en die Mes | Geseënde Kersfees
Voor Jesus gekom het om te red, het Hy gekom om te regeer. Hy is die Koning, die Christus en die Mesias. Luister saam na wat is die hoof boodskap van Kersfees. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp ___________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-12-25
41 min
Invloed Kerk | Preke
Sye van Seën | Geseënde Kersfees
Wat as God se seën nie net alles soet is nie, maar ook suur. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp ___________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-12-18
28 min
Invloed Kerk | Preke
Die Seën van Kersfees | Geseënde Kersfees
Verstaan ons nog die seën van Kersfees of het die sin "Geseënde Kersfees" nog diep betekenis? Ontdek weer wat die is die seën van God en hoe ons dit kan bekom. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp ___________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-12-12
38 min
Invloed Kerk | Preke
Liggies Kyk | Kerssangdiens
God het ons nie geroep om na liggies te kyk nie, maar eerder om lig te wees. Moenie die krag van jou lig onderskat nie. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp ___________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-12-04
29 min
Invloed Kerk | Preke
Huwelik | Duiwel steel my ander halfte | Weerstaan
Die huwelik kan jou grootste seën of grootste seer wees. Maak seker jou huwelik is vry van die duiwel se verwoesting en vol van God se vreugde. Boodskap deur Past. Morné Steenekamp Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-11-27
43 min
Invloed Kerk | Preke
Duiwel Kuier Langsaan | Weerstaan
Ons is goed bewus wanneer die duiwel besig is in iemand anders se lewe. Wat doen ons wanneer die duiwel begin steel en verwoes in iemand langs ons se lewe? Hoe help ons hulle? Hoe verander ons hulle? Hoe red ons hulle? Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-11-21
38 min
Invloed Kerk | Preke
Belangrikheid van Balans | Weerstaan
Sonder balans sal ons nie kan loop nie, sal atlete nooit hulle volle potensiaal uitleef nie en sal ons ook nooit God se wil tenvolle sien nie. Leer hoe om balans te handhaaf in die geveg teen die vyand. Boodskap deur Past. Tommie Arpin Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-11-14
40 min
Invloed Kerk | Preke
Stem of Staan | Weerstaan
Sit God eerste. Voor jy die duiwel kan weerstaan moet jy eers vir God staan. Vandag volg ons iets net as ons dit kan verstaan. Kan jy saam God staan al kan jy nie saam Hom stem nie? Boodskap deur Past. Morné Steenekamp _________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-11-09
42 min
Invloed Kerk | Preke
As Die Duiwel Klop | Weerstaan
Het jy geweet die duiwel het 'n gunstelling woord? Ons het 'n vyand wat by ons wil kom steel. Leer om sy stem te identifiseer en hom te weerstaan. Boodskap deur Past. Morné Steenekamp _________ Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-10-30
35 min
Invloed Kerk | Preke
Uitnodiging | Beginpunt
Al ooit gewonder wat is God se 10jaar plan? Jesus het ons duidelik geleer waarmee Hy gaan besig wees en wat Hy gaan bou. Hy nooi ons uit om saam aan Sy droom te bou. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-10-23
44 min
Invloed Kerk | Preke
Moet Nie Ophou Nie | Beginpunt
Geloof is moontlik die mees misbruikte, verwarrende en mishandelde term in godsdiens. Dié term is nie ekskusief vir Christene nie. Dit is 'n vermoë wat God aan almal gegee ongeag wat jy glo. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-10-17
39 min
Invloed Kerk | Preke
Onbeskryflik | Beginpunt
Het jy al probeer onderhandel met God? God begeer niks van jou nie, Hy begeer net iets vir jou. So hoe weet ons of ons verhouding met God reg is? Hulp | Navrae |Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-10-10
33 min
Invloed Kerk | Preke
Rol van Reëls | Beginpunt
Meeste van ons benader die Bybel met vrees of skuldgevoel. Tog was God se reëls destyds ontvang met vreugde en seën. Luister saam na God se hart oor Sy reëls en hoe ons dit behoort te ontvang. Hulp | Navrae |Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-09-25
41 min
Invloed Kerk | Preke
Vertroue | Beginpunt
Is my saak met God reg? Gaan ek hemel toe? Is God kwaad vir my? Die is vrae wat nie uniek is aan ons tyd nie. Luister saam hoe ons vertroue in God alles kan verander. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-09-18
25 min
Invloed Kerk | Preke
Die Probleem | Beginpunt
"Niemand is perfek nie. Almal maak foute." Jesus het nie gekom vir mense wat foute maak nie, maar vir sondaars. Leer saam hoe jou sonde 'n deur is vir meer van Jesus. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-09-11
42 min
Invloed Kerk | Preke
Iets het Gebeur | BeginPunt
Alles het 'n beginpunt, selfs jou geloof. Dalk het jou geloof by die verkeerde punt beign. Dalk het jou geloof 'n oor-begin nodig. Leer saam waar ons geloof behoort te begin. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-09-04
40 min
Invloed Kerk | Preke
Leer van My | Sag en Lig
Ons sluit die reeks af met "Leer van My". Jesus leer ons in die Bybel hoe om soos hy te wees. Ons gebruik sy voorbeeld hoe om nederig te leef en sy manier van doen te leer. Sy Woorde en Sy Dade. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-08-28
34 min
Invloed Kerk | Preke
Vyand van Rus | Sag & Lig
God se belofte na Sy rus staan nogsteeds. In ons reis na 'n lewe van Jesus se sag & lig is God se rus. Daar is wel een ding wat ons kan weg hou van God se rus. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-08-21
37 min
Invloed Kerk | Preke
Maak Vol | Sag & Lig
As jy jou lewe moet beskryf, sal jy woorde gebruik soos Sag & Lig? Wanneer ons Jesus reg volg, ongeag ons lewenssituasies, sal ons siel altyd vol bly. Leer hoe om jou tenk vol te maak en Sag & Lig te leef. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-08-14
45 min
Invloed Kerk | Preke
Ontmoeting deur Bemoediging | Een op 'n slag
Moenie onderskat wat God kan doen met een bemoedigende woord nie. Ons lewe in 'n tyd waar almal vinnig kan fout vind met ander, maar die norm onder God se kinders moet eerder die taal van bemoediging wees. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-08-07
44 min
Invloed Kerk | Preke
Kruisings | Een op 'n slag
God se "Een op 'n slag" oomblikke is nooit beplan nie. Dit daag gewoonlik op as 'n onderbreking van jou dag. Met wie se paaie kuis jy? Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-07-31
45 min
Invloed Kerk | Preke
Begin met Naby | Een op 'n slag
Jesus is die invloedrykste persoon wat al ooit geleef het, want Hy is die persoon wat die naaste gekom het. Jesus het die wêreld verander deur naby te kom aan die mensdom. Naby aan die seer, naby aan telleurstelling en sondes. Hoe naby kan jy nog kom aan die mensdom? Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-07-25
34 min
Invloed Kerk | Preke
Fokus | Een op 'n slag
Ons begin `n nuwe reeks. 1 op `n slag. In hierdie reeks kyk ons hoe Jesus een person op `n slag red. Is die nie die voorbeeld wat hy vir ons gee om ons verkykers te gebruik om een persoon op `n slag na Hom toe te bring nie. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-07-17
43 min
Invloed Kerk | Preke
Vandag is die dag
Word opgewonde want vandag is die dag wat God vir jou iets groots beplan. Vandag is die dag wat ons opnuut weer `n verhouding bou met God. Word opgewonde want Vandag is Die Dag. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-07-10
32 min
Invloed Kerk | Preke
Ek is klaar met Angs
Almal het op een of ander tyd angs ervaar in hul lewens. Ons vra God: Deursoek my, O God en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. (PS 139:23) Ek is nou klaar met Angs. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-07-03
36 min
Invloed Kerk | Preke
Ek is klaar met Angs
Almal het op een of ander tyd angs ervaar in hul lewens. Ons vra God: Deursoek my, O God en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. (PS 139:23) Ek is nou klaar met Angs. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-07-03
36 min
Invloed Kerk | Preke
Ek is klaar met Kitskos
Die lewe is baie gejaagd en baie keer stop ons gou vir kitskos. Is dit nie ook ons vehouding met die Here partykeer nie? Kitsaanbidding is genoeg om jou gewete te sus, maar te min om jou gees te vul. Oormatige kitskos kan oor `n lang tydperk baie nadelig wees. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-06-26
40 min
Invloed Kerk | Preke
Vadersdag | Ek is klaar met kyk
Daar is een ding waarmee elke man goed is en dit is om te kyk. Ons kan in diepte kyk na toerusting vir stokperdjies, ons kyk deeglik na 'n sport wedstryd en ons het selfs ons vrou geïdentifiseer deur kyk. Die Here vra wel dat ons nie net sal staan en kyk dat Hy iets doen nie. Hy vra dat ons sal begin beweeg saam Hom. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.f...
2022-06-19
39 min
Invloed Kerk | Preke
Ek is klaar met ander kulture
Jou kultuur bepaal jou doen en late. Dit bepaal jou reg en verkeerd. Dit bepaal hoe jy jou kinders groot maak. Hoe jy oor jou toekoms dink. Waarvoor jy staan en waarvoor jy veg. Van watter kultuur is jy afkomstig? Ons behoort aan 'n hemelse kultuur. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-06-12
43 min
Invloed Kerk | Preke
Ek is klaar met kerk
Baie van ons geloofshelde het 'n punt bereik waar hulle gevoel het hulle is klaar met kerk. Dit is juis op die punt toe hulle voel hulle is klaar met kerk toe God nie klaar met hulle was nie. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-06-05
47 min
Invloed Kerk | Preke
Chazown - God se Wil | Entoesiasme
Wat is jou lewensdoel? Waarvoor het God jou geroep? Leef jou lewe vir jou skeppingsdoel! Vandag kyk ons hoe jy jou roeping kan vind. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-05-29
36 min
Invloed Kerk | Preke
Oorboord | Entoesiasme
Elke persoon wat die Here gevolg het met entoesiasme het oorboord gegaan. Dawid het kaal gedans, Petrus het uit die boot geklim, Noag het 'n ark gebou, ens. Die Here verwag dat jy ook oorboord sal gaan. Leer waar en hoe. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-05-22
47 min
Invloed Kerk | Preke
Entoesiasme | Posisioneer jouself vir God se seën
Entoesiasme is nie 'n gevoel nie dit is 'n keuse. Maak seker jy staan reg vir die skuiwe wat God in jou lewe wil bring. Kom saam en posisioneer jouself om God se guns te ontvang. Hulp | Navrae | Skakel In: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-05-16
30 min
Invloed Kerk | Preke
Bly Stil & Skyn | Moedersdag 2022
Baie geseënde Moedersdag aan elke Moeder. Vandag herinner ons mekaar aan God se liefde vir ons wat soos 'n moeder s'n is. Hulp | Navrae | Skakel In - https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-05-08
32 min
Invloed Kerk | Preke
Roeping is in die Veld | Storie van Rut
Rut is iemand wat vir ons wys dat geloof soms meer geken word om te bly waar jy is eerder as om te gaan van waar jy is. Sy het haar roeping gevind in die veld. Jy is ook in 'n veld en jou roeping is daar om ontdek te word. Vind uit hoe. Hulp | Navrae | Skakel In - https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-05-01
36 min
Invloed Kerk | Preke
Behoeftes & Begeertes
Die Bybel sê ons mag nie die boek van die kwaad hou nie, maar dit sê nie jy mag nie die boek van die goeie hou nie. Leer hoe om die regte dinge te meet sodat jy en jou eggenoot een kan word. Hulp | Navrae | Skakel In - https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-04-23
28 min
Invloed Kerk | Preke
Sit op jou Graf | Opstanding Sondag | Paasfees 2022
Wat sou jy doen as jy sopas die dood oorwin het, sonde verslaan het en weer toegang het om verheerlik te wees langs die Hemelse Vader? Jesus het in 'n tuin gewandel naby die graf waar daar engele gesit het. Kan jy nog stop en jou oorwinnings vier? Kan jy nog op jou grafte sit? Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-04-17
30 min
Invloed Kerk | Preke
God op Sy Beste | Goeie Vrydag | Paasfees 2022
Goeie Vrydag; Dié dag toe God 'n deur na die hemel in die hel gebou het. Was dit die dag toe God op Sy beste was? Vandag vind ons saam uit. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-04-15
35 min
Invloed Kerk | Preke
Die Voorreg Van Kommunikeer - Derde Hemel Gebed
Gebed is die pad na meer van God. Vra, soek en klop is die drie gebedsmetodes waarna Jesus ons geroep het om ons verhouding met Hom te verdiep. Leer saam om ‘n meer intieme gebedslewe te leef.
2022-04-04
44 min
Invloed Kerk | Preke
Die Voorreg Van Bestudeer | Jonathan Müller
Wat jy doen in die geheim het impak oor wat gebeur in jou lewe. God begeer dat ons Hom kan ontmoet in die geheim. Dié belewenis sal ‘n impak hê in jou hele lewe.
2022-03-28
32 min
Invloed Kerk | Preke
Die Voorreg Van Meer
Jesus het ons geleer hoe belangrik dit is om Hom alleen in ons binnekamer te ontmoet. Hy sal ons beloon vir dit wat ons in die geheim doen.
2022-03-21
34 min
Invloed Kerk | Preke
Wil Ek Tenvolle Vergewe
Alles begin goed, maar nie alles eindig goed nie. Baie keer is dit dieselfde met ons harte. Ons harte kan vergewe, liefhê en genade bewys. Tog soos tyd verloop raak ons bitter, kwaad en hard. Vandag leer ons hoe om ‘n volwasse lewe te leef wat mooi sal eindig.
2022-03-16
49 min
Invloed Kerk | Preke
Wil Ek Die Krag Van Woorde Ken
Ons almal het iewers gehoor van die krag wat ons woorde dra. Het jy al die krag bemeester? As ons ons woorde nie reg gebruik nie, gaan ons God beperk deur ons valse verwagtinge.
2022-02-27
34 min
Invloed Kerk | Preke
Wil Ek 'n Ligte Hart Hê
Alles begin goed, maar nie alles eindig goed nie. Baie keer is dit dieselfde met ons harte. Ons harte kan vergewe, liefhê en genade bewys. Tog soos tyd verloop raak ons bitter, kwaad en hard. Vandag leer ons hoe om ‘n volwasse lewe te leef wat mooi sal eindig.
2022-02-21
34 min
Invloed Kerk | Preke
Wil Ek Lewe Geniet
Leer saam hoe om volwasse in God se oë te word. Wat beteken geestelike volwassenheid? Hoe lyk dit? Gebeur dit van self? Dalk is die eerste stap dat ons die lewe wat God vir ons gee net weer moet geniet vir wat dit is.
2022-02-16
54 min
Invloed Kerk | Preke
Joshua Na Die Reën | Ons Word 2
Ons vier ons tweede verjaarsdag saam Joshua Na Die Reën!
2022-02-10
46 min
Invloed Kerk | Preke
Beskerm Jou Invloed
Net omdat jy Invloed het beteken nie dat jy dit nie kan verloor nie. Vandag leer ons hoe om ons invloed te beskerm.
2022-02-04
32 min
Invloed Kerk | Preke
Helde Van Geloof
Almal van ons het op ‘n stadium in ons lewe opgekyk na helde. In die Skrif is daar soveel helde wat die pad van geloof gehardloop het. Vandag kyk ons hoe ons as gelowiges ook helde kan wees vir ander. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-01-15
38 min
Invloed Kerk | Preke
Bewaring
Soms is dit wat die Here in ander se lewens kom doen meer vir ons bedoel, en dit is net so belangrik om te vier. Vandag kyk ons hoe Maria altare in haar lewe opgerig het en hoe dit vandag nog onthou word. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2022-01-07
38 min
Invloed Kerk | Preke
Waardeering
Wat sal jou laat voel jy het lewe op sy beste beleef? Vir Simeon was dit om die Messias met Sy eie oë te sien. Sy waardering vir dié belewenis herinner ons aan die krag van God se reddingsplan. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-12-24
33 min
Invloed Kerk | Preke
Viering
Kersfees is bekend vir vierings. Vrugtekoek, geskenke, familie, bome, liggies en kuiers. Die engele se verskyning aan die herders leer ons dat sonder om te vier wat God doen sal jy Kersfees misloop. Leer saam hoe om te vier. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-12-14
34 min
Invloed Kerk | Preke
Samewerking
Toe God die naaste was as van ooit tevore, het die meeste mense Hom misgeloop. Daar is 'n moontlikheid dat ons Jesus in die Kersseisoen ook kan misloop. Wat kan ons doen om seker te maak ons ontvang Kersfees? Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-12-05
41 min
Invloed Kerk | Preke
God is Lig | Kerssangdiens
Die Kersseisoen is hier. Wat kondig die Kersseisoen aan vir jou; Liggies en liedjies, geskenke en geselskap, vakansie en vrede? Vir God het dit nog altyd Donker en Lig beteken. Vandag kyk ons weer na waarde van God wat die Lig vir die wereld is. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-11-28
38 min
Invloed Kerk | Preke
God is Hier
Met watter woorde sal jy die sin voltooi: Wanneer laas het jy…” ... met vakansie gegaan? …sonder ‘n masker in die openbaar rondgeloop? … ‘n aand sonder die kinders saam met jou lewensmaat geniet? …uit jou maag gelag? Vandag kyk ons na een van die belangrikste aspekte van verhouding met God, nl: Wanneer laas het jy besef God is hier? Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-11-21
45 min
Invloed Kerk | Preke
Noodgeval
Jy is God se kerk, tog roep Hy jou om Sy koninkryk te bou. Leer hoe Jesus ons roep om 'n radikale volgeling te wees. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-11-14
52 min
Invloed Kerk | Preke
Top 3
Het jy al gehoor mense sê: “Ons is twee of meer, so God is hier”? of hulle sê: “Los my uit, God alleen sal my oordeel” of wat van: “God het planne van voorspoed”? Dit is van die verse wat die meeste verkeerd verstaan word. So wat het God regtig hieroor gesê? Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-11-10
30 min
Invloed Kerk | Preke
Vrede sê vir my
Ons almal is opsoek na God se wil. Almal probeer uitvind wat Hy graag wil hê en wat hy graag wil doen. Het jy al gehoor God se vrede sal jou lei? Vandag kyk ons juis hoe vrede ons kan wys wat is reg of verkeerd. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-10-27
44 min
Invloed Kerk | Preke
Bekommer oor niks
Werk, finansies, kinders, huwelik, vriendskappe, drome en politiek. Die lys van dinge wat ons lewens terselfdertyd lekker, maar ook uitdagend maak, hou net aan en aan, Die teenwoordigheid van uitdagings bring gewoonlik bekommernisse. Hoe lewe ons ‘n lewe sonder uitdagings? Filippense 4:6 leer ons hoe. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-10-21
39 min
Invloed Kerk | Preke
Ek is tot alles in staat
Daar is verskeie redes hoekom liedjies bekend raak. Die melodie, die rym, die gevoel wat dit gee. Tog is die groot rede dat dit jou terugneem na ‘n spesifieke tyd en plek. Na watter plek behoort Filippense 4:13 jou te neem? Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-10-13
36 min
Invloed Kerk | Preke
Onse Vader
Ons almal het al liedjies gesing en jare daarna eers besef dit was die verkeerde lirieke. In die reeks kyk ons na bekende verse wat ons ken, maar dalk nie reg verstaan nie. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-10-08
40 min
Invloed Kerk | Preke
Die Gejaag na Wind
Ons almal gaan deur seisoene en raak desperaat in tye. Kom ons kyk hoe 'n besige lewe met God die 'gejaag na wind' help vermy Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-09-21
36 min
Invloed Kerk | Preke
Genadelose Eliminasie van Haas
Die grootste vyand van liefde is haas. Hoe meer haas, hoe minder spoed. Vir ons om die volheid van God te beleef en uit te leef moet ons die haastigheid in ons lewe uitroei. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-09-13
40 min
Invloed Kerk | Preke
Diep Wortels
As ons suiwer geloof wil hê beteken dit ons moet geplant wees, groei en uiteindelik vrug dra. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-09-07
35 min
Invloed Kerk | Preke
Jy is in Beheer
Dit help nie die vensters van die hemel is oop, maar jou hart is toe nie. God begeer ‘n hart vol goeie grond. Grond waarin die saadjies van die hemel kan vrug dra op die aarde. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-09-01
38 min
Invloed Kerk | Preke
Die Geheim Van Grond
Almal wil graag vreugde, vrugte en vriendskap met God beleef. Tog is daar min wat dit ken. Jesus het gepraat oor die oorsake hoekom dit so is. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-08-24
38 min
Invloed Kerk | Preke
Klein Geloof Kan Sterk Wees
Soms voel dit vir sommiges of hulle geloof nie sterk genoeg is nie. Tog begeer God nie sterk geloof nie, net suiwer geloof. Al is jou geloof sterk, maar nie suiwer nie, sal dit feilbaar wees. Webstuiste: https://invloedkerk.org.za/ Aanlyntoonbank: https://invloedkerk.org.za/toonbank/ Bydraes: https://invloedkerk.org.za/gee/ Preke: https://invloedkerk.org.za/preke/ Facebook: https://www.facebook.com/invloedkerk
2021-08-15
34 min