podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Jaco Thom
Shows
Jaco Thom se podcast
Joh 21:1-19 Tyd met Jesus, tyd vir mekaar
Jy gaan nie in 'n geestelike reus verander sonder tyd in die Here se teenwoordigheid nie.
2022-05-08
34 min
Jaco Thom se podcast
Joh 20:24-29 Twyfel jy ook soms?
Bybelse geloof is nie om oortuig te wees deur onomstootlike feite nie, maar om oorrompel te word deur die Persoon van Jesus Christus.
2022-05-01
26 min
Jaco Thom se podcast
Paasfees Joh 20:17 Jy het familie!
Jesus se Vader is nou ook óns Vader! Ons het familie geword. Ons hele bestaan het verander. Ons status in die wêreld het verander. Ons is broers en susters van Koning Jesus. Ons is seuns en dogters van God die Vader.
2022-04-17
33 min
Jaco Thom se podcast
Matt 21:1-11 Palmsondag 19 April 2022
Wie is Jesus vir jou? Die skare het gejuig, want hulle het gedink Jesus kom hulle van die Romeinse verdrukking bevry. Hulle ontnugtering toe Hy dit nié was nie, het daartoe gelei dat hulle Jesus verwerp het.
2022-04-10
33 min
Jaco Thom se podcast
Joh 19:28-30 "Ek is dors."
Jesus se kruisdood was nie 'n tragiese lot wat oor Hom gekom het nie, maar 'n doelbewuste en gewillige oorgee van Homself tot in die dood. Dit sien ons in alles wat by die kruisiging gebeur, veral ook waar Jesus uitroep: "Ek is dors!"
2022-04-03
28 min
Jaco Thom se podcast
Mark 15:33-34 My God, my God, waarom het U My verlaat?
Die dag toe God padgegee het
2022-03-27
23 min
Jaco Thom se podcast
Luk 13:1-9
'n Vyeboom sonder vye?
2022-03-13
29 min
Jaco Thom se podcast
Ps 111: 4 God weet van ons kort geheue
Nagmaalspreek
2022-03-06
26 min
Jaco Thom se podcast
Eks 34 Blink jou gesig ook?
Vandag, op Verheerlikingsondag, dink ons aan die verheerliking van Christus op die berg (Luk 9:28-36). Daar het die glans van sy heerlikheid, wat Hy as ewige Seun van God het, deur sy menslikheid gestraal. In die verhaal in Eks 34 beleef Moses ook iets daarvan. Die glans van God se heerlikheid was só oorweldigend dat sy gesig begin blik het.
2022-02-27
28 min
Jaco Thom se podcast
Psalm 1 Vrugteboom, of kaf?
Hierdie Psalm sê vir ons ’n mens kry 2 soorte mense: party mense is soos ’n pragtige vrugteboom wat by ’n plek met baie water staan. Sy blare is lieflik groen, hy dra sy vrugte op die regte tyd. ’n Mooi, gesonde, sterk boom (vs 3). Ander mense, weer, is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word (vs 4).
2022-02-20
31 min
Jaco Thom se podcast
Luk 5:1-11 Die Here se aanspraak op jou lewe
'n Mens kan nooit té gerus wees as jy in God se teenwoordigheid in die kerk kom sit nie. Dit het Simon daardie dag agtergekom. Want toe hy hom kom kry, sit Jesus binne-in sy skuit! Al wat hy wou doen, was om sy nette skoon te kry en huis toe te gaan, maar toe hy weer sien, roei hy met Jesus in sy skuit 'n entjie die see in sodatJesus sy skuit kan gebruik as 'n preekstoel.
2022-02-06
28 min
Jaco Thom se podcast
Jer 1:5 God, jy en jou roeping
God se werk in jou en my lewe het baie lank gelede al begin. Dit het begin voor ons nog mens was. Tóé het Hy al besluit dat Hy jou en my wil gebruik in Petrusburg in 2022. God beplan deeglik, en lank vooruit. Jou en my deelwees van sy werk in Petrusburg is nie toevallig of nou maar een van daardie dinge nie. God het sy huiswerk deeglik gedoen. Hy het baie tyd en energie en beplanning in jou belê. Want jy, en die rol wat jy in sy Koninkryk moet speel, is vir Hom verskriklik belangrik.
2022-01-30
32 min
Jaco Thom se podcast
Joh 15:9-17 Liefhê soos Jesus
Uit Jesus se woorde is dit duidelik dat LIEFDE die vrugte is wat ons moet dra as lote van die ware Wingerdstok. In hierdie paar verse kom die begrip liefhê altesaam 9 keer voor, sodat ’n mens dit net nie kan mislees nie, en boonop word die opdrag dat ons moet liefhê, 5 keer gegee. Maar dan is dit nie sommer gewone liefde nie; dit is liefde soos die Here Jesus vir sy dissipels het, liefde soos die Vader vir die Here Jesus het (vgl verse 9 en 12).
2022-01-23
26 min
Jaco Thom se podcast
Joh 15:1-17 Geloof verg vrugdra
Baie van ons het grootgeword met die idee dat jou saak met God reg is as jy die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het. Dan is jou plek in die hemel as ’t ware bespreek. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Ons word nie verlos om God se kinders te wees, net maar om eendag in die hemel te kom nie. Ons word verlos om God se gestuurdes na die wêreld te wees. Ons word God se kinders sodat ons ’n verskil in die wêreld kan maak. Jesus het gesê (vers 16): Julle het...
2022-01-16
28 min
Jaco Thom se podcast
Josua 1:1-9 Nuwejaar 2022
God, ons en die toekoms Josua staan aan die vooraand van 'n nuwe fase in die volk Israel se geskiedenis, en hy is onseker of hy die mas gaan opkom. God se woorde aan Josua lê die vinger sekuur op die wond.
2022-01-02
34 min
Jaco Thom se podcast
Ps 90 Oujaarsdiens 2021
God leer ons hoe om te lewe
2022-01-01
28 min
Jaco Thom se podcast
Kersfees 2021 Titus 3:4-7
Toe die goedheid van God ons Verlosser verskyn het
2021-12-25
28 min
Jaco Thom se podcast
Joh 1:1-18 Die vreemde vrede van Kersfees
Dit is juis in hierdie tyd, soos in geen ander tyd van die jaar nie, dat 'n mens bewus word van die skrille kontras tussen die aankondiging van die engele op daardie eerste Kersnag, en die lewe van vandag. In die Kersverhaal soos Johannes dit opgeteken het, haas hy hom om ons te vertel dat die vrede wat Christus gebring het, nie ’n gewone menslike vrede is nie.
2021-12-19
30 min
Jaco Thom se podcast
Fil 4:4-9 Gaudete! Wees bly!
Vandag is die derde Adventsondag. Dit beteken dat ons nou halfpad met die Advent is; daarom steek ons ook vandag die pienk kers op om te sê: die wagtyd is oor die halfpadmerk. Dié dag se tema is daarom ook: vreugde, en dit is ook waarom hierdie besondere teks vir die 3e Advent voorgeskryf word. Paulus sê ons moet bly wees.
2021-12-12
36 min
Jaco Thom se podcast
Luk 2:34-35 'n Duur vreugde
Die Kerstyd is ’n tyd van vreugde. Nie goedkoop plesierigheid, soos baie mense dink die Kerstyd is nie. Nee, van die begin af maak die Bybel dit baie duidelik dat Kersvreugde ’n duur vreugde is; dat God ’n baie groot prys betaal het om dit Kersfees te kon laat word: Hy het sy Seun prysgegee.
2021-12-05
22 min
Jaco Thom se podcast
Luk 2 Kersfees bring vreugde
Preek by die Kerssangdiens op 28 Nov 2021
2021-11-28
21 min
Jaco Thom se podcast
Rut 4 Sal mense jou onthou?
Boas was ’n man wat ’n verskil gemaak het. Daarom noem die verteller hom ’n vermoënde man (letterlik ’n man van betekenis, swaarwigtig, Rut 2:1). Sy aandag was nie net op sy eie belange gevestig nie. Hy het ander raakgesien. Dís wat dit beteken om ’n gelowige te wees.
2021-11-21
22 min
Jaco Thom se podcast
Hand 16:30-31 Hoekom doop ons babas?
Die doop kan jou nie red nie; net Jesus kan, en daarvoor is geloof nodig. Moet ons dan babas doop? Moet ons nie liewer wag tot hulle oud genoeg is om self te kan glo nie? Paulus en Silas het nie so gedink nie.
2021-09-19
26 min
Jaco Thom se podcast
Efes 6:10-18 Geestelike oorlogvoering
Die magte van die Bose dreig om ons te vernietig. Is daar ’n kans dat ons hom kan wen? En hoe voer ons hierdie oorlog? Paulus gee vir ons lewensnoodsaaklike hulp en raad hiermee.
2021-09-12
32 min
Jaco Thom se podcast
2 Tim 3:10-17 Bybelsondag
Die Bybel is God se verhaal, van die skepping af tot die wederkoms, of herskepping. Jy skryf ook daagliks aan jóú deel van hierdie verhaal. Pas jou lewe in in die styl en intrige of plot van God se storie?
2021-08-30
28 min
Jaco Thom se podcast
Joh 3:30 Is jy groot of is jy klein?
Wanneer het jy as gelowige die hoogste sport bereik? As jy soos ’n Billy Graham voor duisende mense kan preek en tot bekering bring? As jy die Bybel op jou vingerpunte ken en vir almal raad kan gee? Johannes die Doper help ons om dié vraag te antwoord. Hy het gesê: “Hy moet meer word, en ek minder.” (Joh 3:30)
2021-08-22
28 min
Jaco Thom se podcast
Num 21:4-9 & Joh 3:14-21 Die koperslang
Die pandemie hou nou al lank aan, en dit maak ’n mens moeg. En geen einde in sig nie. Dalk wonder jy hoekom God niks aan die situasie doen nie. Dis wat die Israeliete in die woestyn gewonder het. God se antwoord op hulle moedeloosheid is baie anders as waarop die Israeliete gehoop het.
2021-08-15
30 min
Jaco Thom se podcast
Job 38 - 42 Hoe moet ons God verstaan?
Die kerk is die afgelope maand geruk met onthullings oor sg. besluite van die Algemene Sinode wat ’n mens se hare laat rys. Is dit regtig wat die kerk besluit het? Wat moet ons daarvan maak? God se gesprek met Job kan ons help om nuut oor Hom te dink, en tot rus te kom.
2021-08-01
50 min
Jaco Thom se podcast
Psalm 91 Die beskerming van Ps 91
Wanneer ’n mens lees wat mense oor die korona-pandemie te sê het, of jy gesels met mense oor hoe hulle dit hanteer en of hulle die entstof gaan neem of nie, kom jy vroeër of later uit by verwysings na Psalm 91. Dit klink min of meer só: “Ek bid net Psalm 91 en die bloed van Jesus oor my. Ek sal oukei wees.”
2021-07-20
36 min
Jaco Thom se podcast
2 Kron 1:1-13 Salomo se gebed
Waarvoor bid jy? Die jong koning Salomo het ’n geleentheid gekry wat net in sprokiesverhale moontlik is. Hy kon vra net wat hy wou, en God sal dit vir hom gee. Sy keuse is verrassend, maar dit dwing ons om vir onsself te vra waarvoor óns sou vra as ons in sy plek was, en waarvoor ons nóú vra.
2021-07-16
43 min
Jaco Thom se podcast
1 Sam 13 Van haastigheid kom lastigheid
Wat was Saul se groot probleem? Ongehoorsaamheid is darem ’n te algemene woord. Ek dink ons moet ander woorde byvoeg, soos eiesinnigheid en koppigheid en ongeduld en ongeloof. Dit was alles deel van Saul se probleem. Hy het sy eie kop gevolg en wou nie wag op die Here se leiding nie. Hy wou God dwing om op te tree op ’n tyd en soos hý dit wou hê, en toe dit nie gebeur nie, neem hy die reg in eie hande ...
2021-06-30
36 min
Jaco Thom se podcast
Psalm 130 Die nagmaal -- God se spyskaart vir jou
Die nagmaal vertel jou wie jy is, en dit vertel jou wie God is.
2021-06-05
39 min
Jaco Thom se podcast
Pinksterfees 2021 Matt 6:13 en Rom 8:1-11
Laat ons nie in die bersoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose Versoeking is ’n realiteit waaraan ons nie ontkom nie. Selfs die heiligste onder ons kom in versoeking. Ek wil amper sê: hoe heiliger jy leef, hoe hewiger word die versoeking. Hoe meer jy uit die genade leef, hoe meer word jy versoek om nie uit die genade te leef nie. Hoe ernstiger jy bid om die vergifnis van jou oortredinge, hoe ernstiger moet jy bid om bewaring in die versoekings
2021-05-23
37 min
Jaco Thom se podcast
Matt 6:9-13 Die Ons Vader-gebed
Want wat doen ons as ons die Ons Vader bid? Ons stel onsself tot beskikking van die koms van Gods Koninkryk. ’n Mens kan nie vir iets bid as jy nie ook bereid is om daarvoor te werk nie. Jy kan nie die Ons Vader bid, sonder om ook bereid te wees om self verander te word nie.
2021-05-16
29 min
Jaco Thom se podcast
2 Sam 11 Segs vir sondaars!
Wat Dawid en Batseba in hierdie hoofstuk aanvang, is onverstaanbaar. Maar dis die aard van sonde, nie waar nie: dat jy wéét dis verkeerd, jy wéét jy gaan jouself blootstel vir probleme, en tog doen jy dit! Dis die misterie van die sonde, dat ons dink die (kortstondige) plesier wat ons daaruit kry, weeg swaarder as die probleme wat dit veroorsaak.
2021-05-09
1h 01
Jaco Thom se podcast
1 Pet 2:9-10 Jy is 'n priester!
Ons is deur God gekies en spesiaal vir diens aan Hom aangestel. Ons is heilig. En ons taak as ’n heilige nasie is om ’n koninklike priesterdom te wees: koning Jesus se priesters in die wêreld, om tussen God en die wêreld te staan, om namens God voor die wêreld te staan, maar ook namens die wêreld voor die Here te staan.
2021-05-02
36 min
Jaco Thom se podcast
Hand 2:47 Gasvryheid
’n Kerk met insluitende gasvryheid Ons wil almal hê nuwe mense moet deel van die gemeente word. Hoe kan dit gebeur? Een van die foute wat ons maak, dink ek, is dat ons vriendelik is met vreemdelinge, maar nie uit ons pad gaan om mense tuis te laat voel nie.
2021-04-25
35 min
Jaco Thom se podcast
2 Kor 1:3-11 Moedeloos of moedig?
Wat maak 'n mens as jy in 'n krisis kom? Die maklikste is om by almal wat wil hoor en nie wil hoor nie, daaroor te kla. Of te sug en te sê dit lyk jou God stel nie eintlik in jou nood belang nie. Paulus wys hier vir ons dat daar 'n beter manier is: dat jy wéér sal kyk, op sal kyk, en God se hand, God se teenwoordigheid in jou krisis sal raaksien.
2021-04-17
19 min
Jaco Thom se podcast
Hand 2:24 Jy kan, want God kan
Dit was vir die dood onmoontlik om Jesus gevange te hou. Niks is immers by God onmoontlik nie. Geen situasie is só hopeloos en dood dat Hy dit nie lewend kan maak nie. Hy het jou óók opgewek om nuut te leef.
2021-04-11
19 min
Jaco Thom se podcast
Paasfees 4 April 2021
1 Kor 15:1-11 Die goeie nuus is -- Christus
2021-04-04
29 min
Jaco Thom se podcast
Joh 12:12-19 Palmsondag 28 Maart 2021
Die Man op die geleende donkie. Waar pas Jesus in in jou geloof?
2021-03-29
37 min
Jaco Thom se podcast
Joh 12:20-36 Jesus, 'n koringkorrel en die wêreld
Dis nie vir God genoeg dat net ’n klompie uitgesoektes gered word nie. Hy het die verlossing van die hele wêreld in die oog.
2021-03-14
24 min
Jaco Thom se podcast
Jesaja 55 Kom, almal wat dors is
God se weë is nie ons weë nie As dit sleg gaan, sê mense graag: “Nou ja, ons moet maar berus en tevrede wees. Die Here se gedagtes is nie ons gedagtes nie, en sy weë is nie ons weë nie.” Dit staan presies so in Jes 55:8! Maar is dit ’n uitspraak wat ons moet laat berus?
2021-02-21
29 min
Jaco Thom se podcast
Markus 9:2-8 Sondag van Verheerliking
Tema: Kyk weer na Jesus Die gevaar bestaan dat ons só by Jesus se menslikheid vassteek dat ons nie genoegsaam sy Goddelikheid in ag neem nie. Hierdie dag herinner ons dat Jesus van Nasaret inderdaad die Seun van God is, aan wie alle mag gegee is.
2021-02-14
28 min
Jaco Thom se podcast
Jesaja 40:1-11 Is God weg?
God is weg. Dit is die ergste wat enige mens kan ervaar, die diepste put waarin jy gegooi kan word, die moeder van alle krisisse. Daarnaas is alle ander dinge, hoe erg hulle ook al mag wees, kinderspeletjies.
2021-02-07
27 min
Jaco Thom se podcast
1 Kor 13:4-8a Liefdesimfonie
Ons speel almal in God se simfonie; ons moet mooi musiek maak met ons lewens, en ons moet dit saam met ander doen. Paulus gee vir ons die bladmusiek hiervoor in 1 Korintiërs 13.
2021-01-29
49 min
Jaco Thom se podcast
Jak 4:13-17 Week van Gebed (Donderdag)
Om te lewe onder die teken van DV
2021-01-28
26 min
Jaco Thom se podcast
Jak 4:3 Week van Gebed (Woensdag)
Die konflik tussen bid en begeer
2021-01-27
25 min
Jaco Thom se podcast
Jakobus 2:14-26 Week van Gebed Dinsdag
Liefde gee om
2021-01-26
25 min
Jaco Thom se podcast
Jakobus 1:19-27 Week van Gebed Maandag
Geloof is 'n praktiese saak
2021-01-25
28 min
Jaco Thom se podcast
Jak 1:1-8
Ons reaksie in moeilike tye.
2021-01-22
38 min
Jaco Thom se podcast
Markus 1:1-8 Gereed om Jesus te volg
Markus is haastig om by die punt van sy verhaal uit te kom: dat Jesus die Messias, die Gesalfde is, die Seun van God. Dís wat hy wil hê sy lesers moet weet en glo. Daar is ’n dringendheid in hom. Hy wil hê mense moet Jesus leer ken. En daarom draal hy nie met sy vertelling nie. Hy val as ’t ware met die deur in die huis.
2021-01-15
44 min
Jaco Thom se podcast
Psalm 139 Wie is God vir jou
Ons het elkeen ’n prentjie, of ’n idee, in ons kop oor God en hoe Hy is. Dié verstaan van God bepaal uiteindelik wat jy van Hom verwag of nie verwag nie, en hoe jy leef.
2021-01-08
40 min
Jaco Thom se podcast
2 Korintiërs 5:17
Nuwejaarsboodskap. 'n Nuwe jaar, 'n splinternuwe jy!
2021-01-02
37 min
Jaco Thom se podcast
Pred 9:7 Oujaarsdiens 2020
Alles is nié tevergeefs nie.
2020-12-31
43 min
Jaco Thom se podcast
Hebreërs 9:28
Gaudete - Derde Sondag in Advent Kersfees, blydskap & die kruis
2020-12-17
44 min
Jaco Thom se podcast
Maleagi 3:13 tot 4:3
Kersfees bring nuwe hoop
2020-11-29
50 min
Jaco Thom se podcast
Kerssangdiens 22 Nov 2020
Jesus is Koning!
2020-11-28
56 min
Jaco Thom se podcast
Joh 19 & Eks 12 Jesus Christus, God se Paaslam
Johannes doen baie moeite om Jesus se kruisiging in te klee sodat ons kan verstaan dat Hy die Paaslam is wat geslag is.
2020-11-15
1h 02
Jaco Thom se podcast
Handelinge 13:32-39 & Romeine 1:16-17
Prediker: Ds Errol Sheppard Tema: Die doop: ’n aanskouingsles van God se genade
2020-11-08
53 min
Jaco Thom se podcast
Matt 5:3
Onafhanklik!?
2020-11-01
47 min
Jaco Thom se podcast
Psalm 19 en Hebreërs 1
Hervormingsfees God praat met ons deur die Bybel
2020-10-25
52 min
Jaco Thom se podcast
Gen 46
Geloof is om te bly hoop.
2020-10-18
42 min
Jaco Thom se podcast
Gen 45
Hoe kon Josef sy broers vergewe?
2020-10-11
51 min
Jaco Thom se podcast
Gen 42 - 44 Josef se wraak
Josef het nou die hef in die hand, en hy laat homself deeglik geld teenoor sy broers.
2020-10-04
51 min
Jaco Thom se podcast
Gen 41
God wil die wêreld seën - deur jóú
2020-09-27
55 min
Jaco Thom se podcast
Genesis 39
Die Here was by Josef, selfs in die moeilikste tyd van sy lewe.
2020-09-13
42 min
Jaco Thom se podcast
Genesis 37
God se pad met Jakob se mense
2020-09-04
53 min
Jaco Thom se podcast
Gen 33:1-7
Sondag 2 Augustus 2020 Is versoening moontlik? Jakob keer ná 20 jaar in Haran terug na Kanaän. Esau wag hom in met 400 man. Jakob se verlede het hom ingehaal.
2020-07-30
42 min
Jaco Thom se podcast
Gen 28:10-22 God is oral
Jakob het sy pa Isak bedrieg om die seën wat vir Esau bedoel was, te kry. Toe sweer Esau wraak, en Jakob moet vlug. Langs die pad by Bet-El verskyn God aan hom.
2020-07-23
39 min
Jaco Thom se podcast
Gen 21
God doen wat Hy beloof het. Erediens 19 Julie 2020
2020-07-17
39 min
Jaco Thom se podcast
Gen 12:1-5 Nagmaal
Geloof vra offers
2020-07-11
45 min
Jaco Thom se podcast
Gen 3:1-13
Sonde in die paradys!?
2020-07-03
38 min
Jaco Thom se podcast
Gen 1:1-4 en Joh 1:1-5 Die skepping
Hierdie wêreld is God s'n!
2020-06-26
35 min
Jaco Thom se podcast
Hand 17:16-34 Paulus op die Areopagus
Om mense by God uit te bring
2020-06-20
45 min
Jaco Thom se podcast
Hand. 16:25 Ons is die boodskap
Paulus en Silas sing lofliedere in die tronk.
2020-06-11
38 min
Jaco Thom se podcast
Handelinge 9 Christen-wees is gehoorsaam wees
God stuur Ananias na Paulus toe.
2020-06-04
36 min
Jaco Thom se podcast
Handelinge 2:1-36 Pinksterfees
Die Gees as God se grootste gawe het gekom om Jesus te verheerlik.
2020-05-29
37 min
Jaco Thom se podcast
1 Pet 5:5-11 Nederigheid Pinkster 2020
Donderdag
2020-05-28
25 min
Jaco Thom se podcast
1 Pet 4:7-11 Dien mekaar
Pinkster 2020 (Woensdag)
2020-05-27
26 min
Jaco Thom se podcast
1 Pet 2:18-25 Pinkster 2020 Maandag
Om Christus na te volg in sy lyding
2020-05-25
20 min
Jaco Thom se podcast
1 Pet 1:17-24 Losgekoop deur Christus
Pinksterreeks 2020: Sondagaand
2020-05-24
23 min
Jaco Thom se podcast
1 Pet 1:1-2 Suurstofdief of Koningskind?
Ons is deur Christus se bloed losgekoop. Dit het implikasies vir hoe ons oor onsself dink en hoe ons leef.
2020-05-23
29 min
Jaco Thom se podcast
Hand 1:9-11 Waar is Jesus nou?
Jesus se hemelvaart het sy posisie verander. Wat beteken dit prakties vir ons?
2020-05-21
19 min
Jaco Thom se podcast
Ps 77 Waar is God as ek Hom nodig het?
God is by ons, maar ons mis sy teenwoordigheid omdat ons op die verkeerde plekke na Hom soek.
2020-05-15
29 min
Jaco Thom se podcast
Ps 23:5 U laat my by 'n feesmaal aansit
Die lewe word 'n fees as jy die Here se teenwoordigheid raaksien.
2020-05-08
26 min
Jaco Thom se podcast
Ps 23 Die Here is my herder
'n Mens kom nie niks kort as jy alles het wat jou hart begeer nie. Jy kom niks kort nie wanneer jy ontdek dat die Here by jou is en dat Hy vir jou sorg.
2020-05-03
31 min
Jaco Thom se podcast
Ps 27 Wag op die Here!
Geloof is nie ’n kitsoplossing vir al jou probleme nie. Geloof is om in jou nood na God te vlug en in sy teenwoordigheid jou troos en krag te kry, in die verwagting dat Hy op sy tyd vir jou die uitkoms sal gee.
2020-04-26
39 min
Jaco Thom se podcast
Ps 16:8 - 'n Lewe van oorvloed
Erediens 19 April 2020
2020-04-19
24 min
Jaco Thom se podcast
Paasfeesdiens 12 April 2020
Kol 2:20 - 3:4 Die opstanding beïnvloed ons hele bestaan
2020-04-12
22 min
Jaco Thom se podcast
Goeie Vrydag Nagmaalsdiens
Wat het Jesus bedoel toe Hy gebid het: "My God, my God, waarom het U My verlaat?"
2020-04-10
28 min
Jaco Thom se podcast
Groot Lydensweek: Wit Donderdag
Jesus in Getsemane
2020-04-09
11 min
Jaco Thom se podcast
Groot Lydensweek: Woensdag
Jesus word in Betanië gesalf
2020-04-08
07 min
Jaco Thom se podcast
Groot Lydensweek: Dinsdag
Op die Dinsdag van Groot Lydensweek dink ons terug aan die tyd toe Jesus vir oulaas sy dissipels geleer het.
2020-04-07
07 min
Jaco Thom se podcast
Groot Lydensweek 2020 Maandag
Kort oordenking vir die Groot Lydensweek: Reiniging van die tempel
2020-04-06
05 min
Jaco Thom se podcast
Romeine 8:28 -- Erediens vir Sondag 5 April 2020
Waar is God wanneer ons Hom nodig het?
2020-04-05
23 min
Jaco Thom se podcast
Groot Lydensweek 2020 Palmsondag
Kort oordinking vir die Groot Lydensweek
2020-04-05
06 min
Jaco Thom se podcast
Rom 8:18-25 Die hele skepping sug, en ons sug ook
Ons leef in 'n stukkende wêreld, maar as gelowiges glo ons dat God steeds met die wêreld besig is
2020-03-26
19 min
Jaco Thom se podcast
Romeine 4 God spreek die goddelose vry
22 Maart 2020
2020-03-22
13 min
Jaco Thom se podcast
Jaco Thom se podcast (Trailer)
2020-03-21
00 min