Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Jana Luther

Shows

TaaldingeTaaldingeTaaldinge 19 Januarie 2025Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom meer oor bottels en flesse, vate en balies en kuipe – en hoe dié woorde in Afrikaans neerslag vind. Dit is die tweede program in ‘n kort reeks oor houers of holgoed.2025-01-1922 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 22 Desember 2024Die mens berg en versamel al van die vroegste tye af in kruike en kalbasse en ander hol goed. ‘n Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Jana Luther, vertel vir Ina Strydom meer oor dié houers, en hoe die woorde in Afrikaans neerslag gevind het in uitdrukkings en spreekwoorde.2024-12-2221 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 20 Oktober 2024Jana Luther van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal praat oor Afrikaans se woordeskat; die woordeskat van ‘n gemiddelde huistaalspreker van Afrikaans, en hoe ‘n mens se woordeskat uitgebrei en verklein word.2024-10-2025 minFemale Investor PodcastFemale Investor Podcast#171: Wie Nicole als vierfache Mama mutig ihre Finanzen selbst in die Hand genommen hat Wie Martin Luther King Jr. sagte: "Vertrauen bedeutet, den ersten Schritt zu machen, auch wenn du den ganzen Weg nicht sehen kannst." Nicole hat genau das getan und erzählt in der heutigen Investorinnenreise von ihren Erfahrungen. Sie ist Kinderwunsch Coach und Mama von vier Kindern. Ganz ohne wirtschaftlichen Hintergrund hat Nicole sich entschlossen, in die Welt des Investierens einzutauchen, und dabei nicht nur ihr Wissen, sondern auch ihr Selbstvertrauen enorm gestärkt. Sie erinnert uns daran, dass wir Frauen die einzigartige Gabe besitzen, unsere Finanzen mit Kreativität und Leidenschaft (neu) zu gestalten. Es ist keine lästige Pflicht, sonder...2024-08-1718 minSelbständige Frauen SchweizSelbständige Frauen SchweizEP 35 Das machen fast alle angehenden Selbständigen falsch!«Ich möchte wie Gandhi, wie Martin Luther King und wie John Lennon sein, aber ich möchte auch am Leben bleiben.» - Madonna In dieser Podcast Folge sprechen wir über ein Thema, das fast jede angehende Selbständige falsch macht. Diese Frage wird uns fast bei jedem Co-Working-Zoom gestellt. Damit dir dieser Fehler nicht passiert, teilen wir unsere Erfahrungen mit dir. . . . Unsere Webseite: ⁠⁠⁠⁠⁠⁠⁠Home - Selbständige Frauen (selbstaendigefrauen.ch)⁠⁠⁠ Online Kurs: ⁠⁠⁠Online Kurs - Selbständige Frauen (selbstaendigefrauen.ch)⁠⁠⁠ Unentgeltlicher Starterguide: ⁠⁠⁠Starterguide - Selbständige Frauen (selbstaendigefrauen.ch)⁠⁠⁠ Instagram Account:⁠⁠⁠ selbstaendi...2024-05-3013 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 7 April 2024Na aanleiding van ‘n onlangse rubriek in Beeld waarin die rubriekskrywer Jana Luther vra of dit tyd geword het vir ‘n Red-‘n-Woord projek, praat Ina Strydom met haar oor ou Afrikaanse woorde – en watter  gered kan word, of behoort gered te word.  2024-04-0723 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 24 Desember 2023Sommige gewoontes en gebruike tydens Kersfees en Nuwejaar is eeue oud; en al die gelowe het ‘n fees wat verband hou met lig – wanneer die lig die donker verdring. Uit die argief kom ‘n gesprek wat Ina Strydom met Jana Luther van die WAT gehad het oor sommige van die gebruike en tradisies wat met Kersfees en Nuwejaar verband hou.2023-12-2418 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 16 April 2023Watter nut het idiome? Dalk moet ‘n mens sommer maar reguit sê wat jy bedoel. Maar enige moedertaalspreker wat sy sout werd is, sal weet dat uitdrukkings en idiome so ingeburger is dat ‘n mens skaars besef jy gebruik dit. Die oorsprong van uitdrukkings in Afrikaans kan gevind word in bronne wat wissel van die antieke tyd tot vandag; van bedrywe soos skeepvaart tot sport. Betaalmiddels, oud en nuut, is ‘n ryk bron van idiome. Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom waar uitdrukkings soos “sy sout werd” en “kruis of munt” vandaan kom.2023-04-1622 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 1 Januarie 2023Jana Luther van die WAT vertel meer oor nuwejaarsvierings, en die herkoms van woorde soos joel en jol en beier.2023-01-0118 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 30 Oktober 2022Jana Luther, sekretaris van die Taalkommissie, praat oor standaardtaal en geselstaal, dat die een nie belangriker as die ander is nie, en dat daar ruimte vir variasie moet wees.2022-10-3017 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 24 Julie 2022Jana Luther vertel hoe sitate van bekende skrywers in die WAT opgeneem is, om hulle gebruik van bepaalde woorde en begrippe aan te dui.  Die ouer skrywers, Alba Bouwer, Audrey Blignault, E. Kotze en Louis Leipoldt word as voorbeelde gebruik.2022-07-2422 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 3 Julie 2022Klitsgras, waaigras, matjiesgras, lievenheerbesies en joggemlangasems. Dit is maar net enkele van die interessante gras- en gogganame wat in die WAT opgeteken is, en waaroor Jana Luther meer vertel.2022-07-0321 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 17 April 2022Jana Luther van die WAT vertel vir Ina Strydom van die streektaalwoorde en -uitdrukkings wat in dié woordeboek vervat is, asook die ouer taalvorme wat in die WAT bewaar word.2022-04-1722 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 26 Desember 2021Teen die einde van die jaar maak woordeboeke en ander intansies hulle Woord van die Jaar bekend. Jana Luther vertel hoe die proses werk, en vertel ook van die woorde wat vanjaar aangewys is in ander dele van die wêreld.2021-12-2618 minThe Purse PodcastThe Purse Podcast#36: Women, money and power with Gloria FeldtGloria Feldt is an acclaimed expert on women, power, and leadership with frontline leadership  experience, a bestselling author, and in-demand keynote speaker. She is co-founder and President of Take The Lead, whose mission reflects her life’s passion: to prepare, develop, inspire, and propel  women to take their fair and equal share of leadership positions across all sectors by 2025 by  providing breakthrough training, mentoring and coaching role modeling, and thought leadership.  She  is the bestselling author of four books; No Excuses: 9 Ways Women Can Change How We Think About Power, plus her own real world experience, forms the cor...2021-09-0944 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 5 September 2021Jana Luther van die WAT praat oor neologismes; hoe dit gevorm word en kriteria vir die opneem van nuutskeppings in woordeboeke.2021-09-0520 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 13 Junie 2021Jana Luther, die sekretaris van die Taalkommissie, vertel meer van die kommissie se werksaamhede, en die beplanning wat reeds gedoen word vir die 12de uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.2021-06-1322 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 11 April 2021Jana Luther praat oor die rol van die teksredakteur, en hoe hy die leser én die skrywer help.2021-04-1119 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalHoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans?Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds hul taal “suiwer” te hou? Hoe moet taalpraktisyns Engelse invloed in Afrikaanse tekste benader? Moet pogings om Afrikaanse ekwivalente vir Engelse neologismes te skep, voortgaan? Wat is die rol van naslaanbronne? Beïnvloed stylbesluite by koerante en tydskrifte die gehalte en verandering van geskrewe Afrikaans? Jana Luther praat hieroor met Fred Phei...2021-01-1641 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagHoe gemaak met die invloed van Engels op Afrikaans?Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds hul taal “suiwer” te hou? Hoe moet taalpraktisyns Engelse invloed in Afrikaanse tekste benader? Moet pogings om Afrikaanse ekwivalente vir Engelse neologismes te skep, voortgaan? Wat is die rol van naslaanbronne? Beïnvloed stylbesluite by koerante en tydskrifte die gehalte en verandering van geskrewe Afrikaans? Jana Luther praat hieroor met Fred Phei...2021-01-1641 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 3 Januarie 2020In dié eerste program van die nuwe jaar praat Ina Strydom met Jana Luther oor die maan, maande en kalenders of almanakke.2021-01-0319 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 18 Oktober 2020Hoe lyk jou Sondagmiddagmaal? Vleis, rys, pampoen, gebraaide aartappels of strooppatats?  Jana Luther vertel vir Ina Strydom meer van pampoen, aartappel en patat.2020-10-1817 minJana On Camera - PodcastJana On Camera - PodcastDirector Dawn Porter talks about her documentary "John Lewis: Good Trouble"Director Dawn Porter talks about her documentary "John Lewis: Good Trouble". JOHN LEWIS: GOOD TROUBLE is in select theaters and on demand since July 3, 2020. Using  interviews and rare archival footage, "JOHN LEWIS: GOOD TROUBLE" chronicles Lewis' 60-plus years of social activism and legislative  action on civil rights, voting rights, gun control, health-care reform  and immigration. Using present-day interviews with Lewis, now 80 years  old, Porter explores his childhood experiences,  his inspiring family and his fateful meeting with Dr. Martin Luther King  Jr. in 1957. In addition to her interviews with Lewis...2020-08-0209 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 26 Julie 2020Ina Strydom praat met Jana Luther oor Afrikaans as visserstaal. Kom vind uit wat is, onder meer, 'n laatjie, angels en 'n joppelwind.2020-07-2620 minNever Too Late Ever with Lorraine HovingNever Too Late Ever with Lorraine HovingJonathan and Jana Swenson - Look in Look Out Look OutJonathan and Jana Swenson, Bloomington, MN, are both graduates of Gustavus Adolphus College and Luther Seminary. As a clergy couple of 30 years, they’ve served congregations in IA and MN as well as Mount Carmel Ministries in Alexandria, MN. Jana is also a two-time Breast Cancer Survivor. Their new ministry, “MORE TO THIS LIFE” combines their professional training with their personal experiences of hardship to help people grow towards greater emotional, relational and spiritual health.2020-07-1228 minNever Too Late Ever with Lorraine HovingNever Too Late Ever with Lorraine HovingJonathan and Jana Swenson - Surviving HardshipsJonathan and Jana Swenson, Bloomington, MN, are both graduates of Gustavus Adolphus College and Luther Seminary. As a clergy couple of 30 years, they’ve served congregations in IA and MN as well as Mount Carmel Ministries in Alexandria, MN. Jana is also a two-time Breast Cancer Survivor. Their new ministry, “MORE TO THIS LIFE” combines their professional training with their personal experiences of hardship to help people grow towards greater emotional, relational and spiritual health.2020-07-0528 minExploradio - Dein NamibiapodcastExploradio - Dein NamibiapodcastDampflokomobil "Martin Luther"Ein paar Kilometer außerhalb der Küstenstadt Swakopmund befindet sich am Straßenrand mitten im Sand ein nationales Industriedenkmal: Das Dampflokomobil mit dem skurrilen Namen "Martin Luther". Wie es dort vor über 100 Jahren hingelangte und warum es diesen Namen trägt, das erzählen wir dir in diesem Clip. Um den ganzen Clip anzuhören, downloade dir die Exploradio-App auf Google Play (coming soon) oder im ⁠iOS App Store⁠ oder höre alle Clips in voller Länge direkt hier in deinem Streamingdienst mit einer Subscription an. Mehr Informationen unter ⁠⁠www.audioguidenamibia.com⁠⁠ Sprecherin: ⁠Jana Marie Backhaus-Tor...2020-06-0903 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 12 April 2020In die gees van die Pase praat Jana Luther met Ina Strydom oor Paasfees, die Pasga, paashase en paaseiers.2020-04-1218 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge 12 Januarie 2020Jana Luther praat oor die stand van verklarende woordeboeke, en vertel onder meer van die uitdagings waarmee woordeboekmakers te kampe het. Dit sluit in die arbeidsintensiewe werk wat betrokke is, asook die koste daaraan verbonde.2020-01-1119 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalEn die groen gras groei daar omEn die groen gras groei daar om (Jana Luther). Kyk ’n slag, sê Jeanette, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”. In die wêreld is daar meer as 10 000 grasspesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Ruigtegras. Beddinggras. Borselgras. Donsgras. Besembiesies. Bewertjies. Bromgras ... Lande en lande, vlaktes en vlaktes gras. Hier is ’n gerf uit die WAT.2019-11-0711 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagEn die groen gras groei daar omEn die groen gras groei daar om (Jana Luther). Kyk ’n slag, sê Jeanette, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”. In die wêreld is daar meer as 10 000 grasspesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Ruigtegras. Beddinggras. Borselgras. Donsgras. Besembiesies. Bewertjies. Bromgras ... Lande en lande, vlaktes en vlaktes gras. Hier is ’n gerf uit die WAT.2019-11-0711 minPrison City Murders PodcastPrison City Murders PodcastPrison City Murders – Case 16 – Inner DarknessApril 20th, 2004. Jackson County Courthouse, Kansas City, Missouri. Lorenzo J. Gilyard, Jr., is charged with 12 counts of first-degree murder in the strangling deaths of 12 Kansas City women. The dates of the killings range from 1977 through 1993. The prosecutor announces he will seek the death penalty. Gilyard is held at the county jail without bond. Victims: Age  Date found murdered Stacie Swofford      17    04/17/1977 Gwendolyn Kizine  15    01/23/1980 Margaret Miller      17    05/09/1982 Catherine Barry      34    03/14/1986 Naomi Kelly             23    08/16/1986 Debbie Blevins        32    11/27/1986 Ann Barnes              36    04/17/1987 Kellie Ford               20    06/09/1987 Angela Mayhew      19    09/12/1987 Sheila Ingold           36    11/03/1987 Carmen Hibbs        30    12/19/1987 Connie Luther        29    01/11/1993 Helga Kruger          26    02/12/1989 TIPS hotline in Kansas City  (816) 474-8477 Sources: Piers morgan youtube.com   https://www.youtube.com/watch?v=KzZIyF47k9c https://www.news-leader.com Heather Hollingsworth, Associated Pr...2019-11-0500 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalWat behels die werk van ’n teksredakteur?Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses? Teksredaksie.co.za2019-10-2620 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagWat behels die werk van ’n teksredakteur?Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses? Teksredaksie.co.za2019-10-2620 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalBontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjiesBontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit oor die eeue heen met die benoeming van Suid-Afrika se ongewerweldes gegaan? Insekte, spinnekopagtiges, oorkruipers, duisendpote, wurms. Hoeveel van dié diertjies ken ons by die naam? In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) wemel hulle.2019-10-2512 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagBontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjiesBontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit oor die eeue heen met die benoeming van Suid-Afrika se ongewerweldes gegaan? Insekte, spinnekopagtiges, oorkruipers, duisendpote, wurms. Hoeveel van dié diertjies ken ons by die naam? In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) wemel hulle.2019-10-2512 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalJa vir die kommapuntIn die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2019 uitgegee deur 4th Estate, Londen. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook2019-10-0918 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagJa vir die kommapuntIn die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2019 uitgegee deur 4th Estate, Londen. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook2019-10-0918 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagJy wil ’n skrywer wees?Jy wil ’n skrywer wees? (Jana Luther). Dan moet jy eers op hierdie vrae antwoord. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook2019-10-0916 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalJy wil ’n skrywer wees?Jy wil ’n skrywer wees? (Jana Luther). Dan moet jy eers op hierdie vrae antwoord. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook2019-10-0916 minTaaldingeTaaldingeTaaldingeAfrikaans het 'n ryk bynaamtradisie. Jana Luther vertel meer van Jan en Piet en Kaatjie – en al die ander!2019-10-0618 minAfrikaans Vandag-joernaalAfrikaans Vandag-joernaalWelkom by Teksredaksie.co.zaWelkom by Teksredaksie.co.za (Jana Luther & Fred Pheiffer). ’n Nuwe projek vir die verkenning van praktiese redaksionele prosesse ter aanvulling van formele, teoretiese opleiding van teksredakteurs in Afrikaans. Inhoud vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met veral geskrewe Afrikaans werk. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook · Volg ons op Twitter2019-10-0423 minAfrikaans VandagAfrikaans VandagWelkom by Teksredaksie.co.zaWelkom by Teksredaksie.co.za (Jana Luther & Fred Pheiffer). ’n Nuwe projek vir die verkenning van praktiese redaksionele prosesse ter aanvulling van formele, teoretiese opleiding van teksredakteurs in Afrikaans. Inhoud vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met veral geskrewe Afrikaans werk. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook · Volg ons op Twitter2019-10-0423 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Wurgpatat sluk is swaar sowaarVan tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit. Is jou aartappel ’n ertappel?2019-09-1308 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Kaatjie en klaarIn ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder, maar hier is Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en ander. Gawies, japies en brawe Hendrikke (blog)2019-08-1708 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Bord, bordeel, van tafel tot bedBord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale sonder “-isme”-benoudheid en puristegepruttel dit oor en weer vir mekaar laat werk.2019-07-1910 minUnderDocsUnderDocsVon den Toten lernen window.podcastData292672a484c03c = {"title":"UnderDocs","subtitle":"Der Wissenschaftspodcast aus Studierendenhand.","description":"","cover":"https:\/\/underdocs.org\/podlove\/image\/68747470733a2f2f756e646572646f63732e6f72672f77702d636f6e74656e742f75706c6f6164732f323032302f30342f636f7665722d6172742d7374616e646172642d7363616c65642e6a7067\/400\/0\/0\/underdocs","feeds":[{"type":"audio","format":"mp3","url":"https:\/\/underdocs.org\/feed\/mp3\/","variant":"high"},{"type":"audio","format":"aac","url":"https:\/\/underdocs.org\/feed\/aac\/","variant":"high"}]}; if (typeof SubscribeButton == 'undefined') { document.write(unescape("%3Cscript class=\"podlove-subscribe-button\" src=\"https://underdocs.org/wp-content/plugins/podlove-podcasting-plugin-for-wordpress/lib/modules/subscribe_button/dist/javascripts/app.js\" data-json-data=\"podcastData292672a484...2019-07-111h 43TaaldingeTaaldingeTaaldingeWeer en weerverskynsels word op 'n unieke manier in Afrikaans uitgedruk. Jana Luther van Viva vertel vir Ina Strydom onder meer van al die soorte reën wat beskryf word in uitdrukkings en gesegdes.2019-06-3019 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Pampoen tot pampoesieVan pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer. Lees die blog2019-06-1609 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Deund, wrik, hekel en snertDeund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.2019-06-1314 minTaaldingeTaaldingeTaaldingeIn taal is daar dikwels 'n verwantskap tussen klank en betekenis. Dit staan bekend as klankekspressie. Dit is byvoorbeeld die kerkklok wat “dong” of die “tjier-tjier” wat 'n kriek sou maak. Ina Strydom praat met Jana Luther van Viva oor die soorte klankekspressie wat voorkom.2019-05-1921 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en vertel van die nut van leksikografiese liniale. . “Die verifiëring, verfyning en toepassing van leksikografiese liniale vir Afrikaans” · Veels geluk, WAT, met die verskyning van Deel 15! · Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?2019-05-0313 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Pase, Pasga, hase en bolletjiesPase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies.2019-04-2109 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)SADiLaR vier Jaar van Inheemse TaleSADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”.2019-03-2109 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Antjie en kieAntjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander.2019-03-0809 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)"Ken jy die see, Meneer?""Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe.2019-02-2212 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Hempie-raak-my-nieHempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing.2019-02-0805 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)KoffiekletsKoffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker. Lees die blog · Lees in Beeld2019-01-2611 minTaaldingeTaaldingeTaaldinge'n Krieseltjie en 'n knypie; 'n katspoegie of 'n ettertjie – Jana Luther van Viva vertel vir Ina Strydom van die unieke manier waarop eenhede en mate in Afrikaans uitgedruk word in die volksmond.2018-12-2916 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Dikstertmerries en feite soos koeieDikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie variëteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas.2018-11-1505 minVivA Afrikaans-joernaalVivA Afrikaans-joernaalSewe opdragte vir taalonderrigSewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostendorp, hoogleraar Nederlands en Akademiese Kommunikasie aan die Radboud Universiteit en navorser aan die Meertens Instituut, in sewe blogs Curriculum.nu se sewe kerndoelwitte vir Nederlands in die k...2018-10-2931 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Sewe opdragte vir taalonderrigSewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostendorp, hoogleraar Nederlands en Akademiese Kommunikasie aan die Radboud Universiteit en navorser aan die Meertens Instituut, in sewe blogs Curriculum.nu se sewe kerndoelwitte vir Nederlands in die k...2018-10-2931 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Gawies, japies, en brawe HendrikkeGawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik ... Om van al die Janne en japies nie te praat nie. Soms verbleek die eienaam, soms verbleek die eienaam nie. Die AWS verduidelik wat met die beginhoofletter gebeur. Lees die blog2018-10-1908 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Gent 2018: internasionale brandpunt van AfrikaansGent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard oor dié “verengelsing” van die Afrikaanskollokwium. In sy verwelkoming aan kollokwiumgangers het prof. Andries Coetzee oor die ontstaan van die AGW ’n kort historiese oorsig gegee en die redes vir die hou van die AGW in Engels opgesom. Lees die blog · Gentkollokwium 2018: Klik hier vir opsommings van referate2018-10-1907 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)“Sneupe vol sneus”“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het. Lees die blog2018-09-2108 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Skitter in Afrikaans: WoordeboekeSkitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied. ATKV: Skitter in Afrikaans2018-09-1428 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Awendrood, water in die slootAwendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu het. Hoeveel soorte reën is daar, en hoeveel reënname, in Afrikaans?2018-09-0710 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Proe hoe soet ’n ghoukom smaak“Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n karnaval van diere. Laat jou verhemelte hul name proe.2018-08-2507 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Dan loop ons so onder deur die maanDan loop ons so onder deur die maan (Jana Luther). Om saam te val met die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu op Vrydagaand 27 Julie 2018, 'n podsending oor maanmites en -legendes, bygelowe, spreekwoorde en uitdrukkings, maanalmanakke, en meer.2018-07-2621 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)ICL20 in die KaapICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by die kongrestema: Die dinamiek van taal. ICL20-webblad2018-07-0911 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Praattaal en skryftaal; bollataal en djôltaalStandaardtaal en omgangstaal (Jana Luther). In Suid-Afrika met sy elf amptelike tale verstaan meer as 7 miljoen mense Afrikaans, en uit die mond van elk van dié 7 miljoen klink Afrikaans net ’n klein bietjie anders as die Afrikaans van enigiemand anders. So beskou, is daar van Afrikaans vandag nie net drie nie, maar om en by 7 miljoen unieke variasies, waarvan die geskiedenis tot ongeveer duisend jaar gelede teruggevoer kan word.2018-06-1417 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Groentesop en vrugteslaaiGroentesop en vrugteslaai (Jana Luther). Dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol.2018-06-0205 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en TerminologielysEpisode 30. Bylae H & I: Omgangsafrikaans en Terminologielys (Jana Luther en Frank Hendricks). Die AWS is grotendeels beperk tot hedendaagse, geskrewe Standaardafrikaans en bereël die skryfwyse daarvan. As voorlaaste bylae is daar in die AWS egter ook 'n kort hoofstuk ingesluit oor Omgangsafrikaans. Hoe definieer ons Omgangsafrikaans, en op grond van watter kriteria besluit die Taalkommissie dat 'n leksikale item, 'n spesifieke woord, Omgangsafrikaans en nie Standaardafrikaans is nie? In die slotbylae, die Terminologielys word die betekenistoepassings omskryf van terme soos hulle in die AWS gebruik word. Vir elke nuwe AWS wat verskyn, word hierdie lys bygewerk, en daar kom o...2018-05-3015 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)29. Bylae: SI-stelsel: GebruiksriglyneEpisode 29: Bylae: SI-stelsel: Gebruiksriglyne (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die meeteenhede van die Internasionale Stelsel van Eenhede, kortweg die SI-stelsel of metrieke stelsel genoem, en die skryfwyse van groot getalle (biljoen en miljard!) in Afrikaans. (Onthou om ook te luister na episode 11 oor Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole.) Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings2018-05-2909 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)28. Bylae: Lys elemente in die periodieke tabelEpisode 28: Bylae: Lys elemente in die periodieke tabel (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode in die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n kort samevatting van die inligting in hierdie tabel. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings2018-05-2903 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)26. Bylae A: Lys afkortings en simboleEpisode 26: Bylae A: Lys afkortings en simbole (Jana Luther en Phillip Louw). Hoe gemaak met afkortings in Afrikaans? Die beginsels en reëls vir die vorming van afkortings is in hoofstuk 3 van die Spelreëls vervat. In dié bylae word leidinggewende en gebruiklike voorbeelde gegee wat dié beginsels en reëls illustreer. Dit word kortliks bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings2018-05-2709 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Kaaps in fokusGesprek oor Kaaps (Jana Luther en Frank Hendricks). Prof. Frank Hendricks is pas afgetrede hoogleraar in sintaksis, variasietaalkunde en naamkunde van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, voormalige ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie en mederedakteur van die histories belangrike boek Kaaps in Fokus wat in 2016 by African Sun Media verskyn het. Verwysing: Frank Hendricks en Charlyn Dyers (redakteurs). 2016. Uitgewer: African Sun Media. ISBN: 9781928314165.2018-05-2427 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Moenie so pandora wees nieMoenie so pandora wees nie (Jana Luther). Dié uitdrukking hoor ek nou die dag in ’n hysbak in die Media24-gebou in Kaapstad. Eg Kaaps? Of word dit ook elders gebruik? Laat weet vir ons. Maar of dit nou van hier is of van daar: Dit kom van ver.2018-05-1006 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Van Bologna tot BenoniVan Bologna tot Benoni (Jana Luther). Toe die verband tussen vleisfabrieke en listeriose onlangs blyk, is polonie snel van winkelrakke verwyder. Nog ’n verdoemende beoordeling van dié kamma-mortadella is die Amerikaanse woord "baloney", wat naas ‘wors’, ook ‘bog’ of ‘onsin’ beteken. Kan ’n Mens in Afrikaans "polonie" ook só gebruik? Figuurlik? Die HAT en die WAT swyg daaroor, maar in VivA se korpusse wemel dit van poloniegesegdes!2018-04-0304 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie?Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie? (Jana Luther) In twee vorige podsendings het ek oor klankekspressie gesels: klanknabootsing, of onomatopee; en klankskildering. ’n Derde vorm van klankuitdrukking, wat minder duidelik as onomatopee en klankskildering is, en waaroor hierdie laaste aflewering in dié reeks handel, is klanksimboliek. Om klanksimboliek, soos dit byvoorbeeld in ’n gedig voorkom, noukeurig te omskryf, is moeliker. ’n Mens moet ook versigtig wees om jou dit nie te verbeel nie! Lees die blog2018-03-1205 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Kaplaks! loop sy in die ruit vasKaplaks! loop sy in die ruit vas (Jana Luther). In my vorige podsending het ek oor klankekspressie gesels. Dié soort waar mense klanke wat hulle hoor, met hulle stemme probeer naboots: die geluide van diere, voëls, insekte, selfs plante. Dié soort klankuitdrukking, die eerste van drie tipes waarby ek stilstaan, word klanknabootsing, of onomatopee, genoem. Daaroor nou ’n entjie verder, en ook oor klankskildering. Lees die blog:2018-03-1104 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieëEpisode 23. Hoofstuk 19: Wisseling en subkategorieë (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). Sommige mense raak ongedurig omdat die Taalkommissie wisselvorme vir sommige woorde in die AWS aanbied, terwyl ander mense dit juis verwelkom. In hierdie episode ondersoek ons die belangrikste kategorieë waar wisselvorme sistematies voorkom. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?2018-03-0317 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)22. Hoofstuk 18: VokaleEpisode 22. Hoofstuk 18: Vokale (Jana Luther en Frikkie Lombard). ’n Opsomming van die faktore wat die weergawe van Afrikaanse vokale (klinkers) in skrif beïnvloed: oop en geslote lettergrepe, klem, herkoms, klankomgewing en tradisie. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?2018-03-0319 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” die sprinkaan.“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan. (Jana Luther) Die menslike stem is ’n geskakeerde instrument. Met ons stemme kan ons allerhande geluide naboots. Ons doen dit van die vroegste tye af, en ons doen dit steeds. Luister maar na kinders, wanneer hulle speel. Dié soort klankekspressie – waar met die stem gepoog word om wat die gehoor waarneem, te reproduseer – word klanknabootsing, of onomatopee genoem. Lees die blog:2018-02-2107 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)15. Hoofstuk 11: KonsonanteEpisode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans.2018-01-0226 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Kom ons praat maar weer oor aanspreekKom ons praat maar weer oor "aanspreek" (Jana Luther). Onder invloed van Engels wat moeilikhede “address” word vraagstukke in Afrikaans al dekades lank “aangespreek”, ten spyte van deurlopende pogings oor net soveel dekades heen om dié gewraakte woord uit die taal te weer. Is die gebruik daarvan regtig so verkeerd? Lees die blog (met grafiek)2017-11-2507 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)11. Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simboleEpisode 11: Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole (Jana Luther en Frikkie Lombard). In die elfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word leiding gegee oor die skryfwyse van woorde en woordgroepe waarin syfers, getalle en simbole as komponente van soortname optree. (Onthou om ook te luister na episode 26g, wat handel oor Bylae G: die SI-stelsel.) Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?2017-11-1015 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)10. Hoofstuk 6: DiftongeEpisode 10: Hoofstuk 6: Diftonge (Jana Luther en Gerhard van Huyssteen). In die tiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word diftonge (oftewel tweeklanke) bespreek. Hoofstuk 6 is die kortste hoofstuk in die AWS. Wat is die noodsaak vir dié hoofstuk? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?2017-11-1003 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Genoeg is genoegGenoeg is genoeg (Jana Luther). “Pak slae is nou ’n misdaad,” sê die hof. Dié uitspraak is wyd verwelkom, maar ook gekritiseer. En ek dink by myself hoe dit my onlangs weer opgeval het hoe baie van Afrikaans se idiome met lyfstraf verband hou.2017-10-2306 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Wat ek vandag wil kom staan vertelWat ek vandag wil kom staan vertel (Jana Luther). “Moet jy so vroeg in oggend met my staan en stry?” Vir hierdie stryery om plaas te vind, hoef nóg die aangesprokene nóg die spreker werklik op die been te wees. Hulle kan aan tafel sit, of selfs nog in die bed lê. In die voorbeeldsin stel “staan” bloot die handeling van te wil stry, as feit. Dis hoe verbale hendiadis meestal in Afrikaans gebruik word: met ’n inleidende werkwoord waarvan die letterlike betekenis verflou het ...2017-09-2107 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)9. Hoofstuk 5: DeeltekenEpisode 9: Hoofstuk 5: Deelteken (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). In die negende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die deelteken bespreek. As jy vergeet om die deelteken te skryf by woorde waar dit verpligtend is, kan dit jou in die verleentheid bring. Wanneer is die deelteken verpligtend en wanneer juis nie? En in watter gevalle dra die deelteken by tot betekenisonderskeiding? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?2017-09-1516 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)7. Hoofstuk 3: AfkortingsEpisode 7: Hoofstuk 3: Afkortings (Jana Luther en Phillip Louw). In die sewende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die reëls en riglyne vir die algemeen erkende afkortings van Afrikaans bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings?2017-09-1414 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Kom plant jou vlag in Afrikaans se spraakatlasKom plant jou vlag in Afrikaans se spraakatlas (Jana Luther). Hoe klink Afrikaans? Daar waar jy is. Verewig jou stem in die Virtuele Instituut vir Afrikaans se nuwe Noordewindkorpus.2017-08-2804 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nieNee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie (Jana Luther). Waarom krap die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings) bruin akademici en skrywers so om?2017-08-1514 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)"Trend" toon opwaartse neiging"Trend" toon opwaartse neiging (Jana Luther). Watter nuwe woorde is op die woordeboekmakers se dophoulyste? En hoe word daar oor hulle opname besluit?2017-08-0606 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nieNie alles wat rooi is, is ’n posbus nie (Jana Luther). Rapport se gebruik van die woord "rampant" in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege in Durban het ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad. Hoe staan sake met dié woord in Afrikaans?2017-07-2313 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir AfrikaansKoerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans (Jana Luther). Om in bronne soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal en die Afrikaanse woordelys en spelreëls eietydse taalgebruik akkuraat te weerspieël, word die gedrukte én niegedrukte media daagliks gefynkam.2017-07-1611 minVirtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)Spontaan oor die lippeSpontaan oor die lippe (Jana Luther). Van Afrikaans se uitdrukkings en gesegdes is reeds etlike honderde jare oud; baie dateer uit vorige millennia. Ontstaan daar vandag nog nuwe idiome?2017-07-1012 min