Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Janco Mocke

Shows

IN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 8 - GODGod. Die woord is vir sommiges te heilig om te mag sê, vir ander is dit 'n vloekwoord. Vir baie van ons is ons al so gewoond aan die woord, ons vergeet soms van wie ons praat as ons sê, "God". As inleiding vir die res van ons pad saam, begin ons die gordyn terugtrek oor waarvan ons praat as ons sê, "God". Hier is die tekste waarna ek in die episode verwys. Volgens die Bybel, is daar net een God: Jes. 44:6; 45:18; 46:9; Joh.5:44; 1 Kor. 8:4; Jak. 2:19   Hi...2023-10-2517 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 7 - EK ISWelkom by die #watiswaarheid Podcast! Vandag se episode het bietjie meer vleis as die voriges. Ons klim verder aan ons berg na God toe. En met hierdie een begin kyk ons na Jesus. Het gesê "Ek is..." en dis waar ons reis as Christene begin. Die vraag is dan, wie is ek as Jesus is wie Hy is? As ek my lewe rondom Hom bou, hoe lyk dit dan op grond van wie en wat Hy is? Ek is bly jy explore saam as ons vra #watiswaarheid. Kry meer by www.in-sight.life2023-10-1836 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 6 - WEETWat weet jy? Wat kan jy weet? Sonder om te filosofies te raak, moet ons praat oor wat dit is om te weet. As ons verstaan hoe ons brein werk, is dit baie makliker om te kan sien hoe ons geestelik kan groei.   Welkom by die #watiswaarheid Podcast!   Kry meer by www.in-sight.life2023-10-1122 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 5 - ENAan watter kant is jy? "Aan watter kant van wat?", vra jy. En dis waaroor ons praat. Hoekom is daar altyd twee kante wat teen mekaar moet veg? Waar kom hierdie idee dat daar kante is vandaan wat ons in alles inbou? Swart en Wit, Goed en Sleg, Heilig en Sondig, In en Uit...ons is gesplit. Onder mekaar en in ons harte. Hoe begin ons di ebrug bou tussen "ons" en "hulle"? As ons hierdie ding verstaan, is dit makliker om die pad tussen Ons en God te vind. 2023-09-2924 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 4 - STILAl die verskillende dele van jou menswees smelt saam in 'n heel eenheid in, as jy kan leer hoe om stil te word. Kan ek jou nooi om iets te kom hoor oor hoe belangrik dit is dat ons leer om stil te raak, en net in die oomblik te wees? Kry nog op die website: in-sight.life 2023-09-1914 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 3 - WEES Deel 2: Ek BeweegDie ander belangrike deel van menswees is om aan die beweeg te bly. Sonder beweging is mens geneig om sommer dood te gaan...as jy te lank ophou beweeg. So, ons jaag. Oral heen. Heeltyd. Maar min mense weet waarnatoe of hoekom hulle jaag. Dis dalk tyd om hierdie gemors uit te sort. Hoekom beweeg jy? Waarnatoe beweeg jy? Ek gee in hierdie episode 'n model wat my al baie gehelp het om my beweeg te laat sin maak.2023-08-3120 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 2 - WEES Deel 1: Ek BestaanWie is jy? Moes jy al hierdie vraag antwoord? Dis moeiliker as wat mens dink as jy alles in ag neem wat jy vir mense beteken of wat jy oor jouself dink. Wat beteken dit om te WEES? Dit voel vir my dis nogal belangrik om hierdie vraag te kan antwoord voordat ons kan begin wonder hoe ons saam met God kan loop. So die eerste stap op ons geestelike groei pad, is om te kyk wie ons is en wat dit beteken om te bestaan. 2023-08-3121 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFEEpisode 1 - Wees stil en weet ek is GodKom ons kry eers 'n "birds-eye view" van ons reis wat voorlê. Die Ps 46 sin, "Wees stil en weet ek is God" gaan ons help om die wêreld se geraas uit te doof en te fokus op 'n paar belangrike punte van Christen-wees. Hierdie gaan ons roetemerkers wees vir ons bergklim ekspidisie. Sommiges gaan lekker wees, en sommiges gaan harde werk wees. Op die einde sal dit die moeite werd wees om bo uit te kom en met nuwe perspektiewe die lewe saam met God aan te kan pak. 2023-08-3014 minIN-SIGHT.LIFEIN-SIGHT.LIFE#watiswaarheid Podcast - Die introPilatus het vir Jesus gevra: "Wat is waarheid?", nadat Jesus gesê het Hy is hier om van die waarheid te getuig. Hierdie vraag is vandag ook 'n goeie vraag om te vra. Om dit te begin antwoord wil ek saam met jou na 'n manier kyk om al die geraas in die wêreld uit te sif. 'n Deel uit Psalm 46, "Wees stil en weet ek is God" voel vir my soos 'n goeie plek om te begin. Hier is 6 idees waaroor ons kan praat wat 'n sterk fondasie gaan bou. Elke we...2023-08-3008 minAnkers - die NG Bonaeropark PodcastAnkers - die NG Bonaeropark Podcast[PODCAST] SELFBEHEERSING | Janco Mocke | Playlist #geestelikegroeiIn hierdie episode gesels ons oor selfbeheersing.  Ons is geneig om aan selfbeheersing te dink as iets wat ons moet regkry, maar ons leer eintlik dat selfbeheersing 'n geskenk is wat ons kry as die Gees ons lewe vol maak.  Die gesprek is by 'n vorige geleentheid opgeneem as deel van ons ONTDEK JOU "SELF" reeks. Kom kuier saam.2021-07-2845 min