podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Jokkie Gauche On Behalf Of Berni Dymet
Shows
God se Woord VARS vir jou Vandag
Onbeperkte Krag: Hoe om die krag wat reeds joune in Christus is, te bekom.
Send us a textHallo, ek is JG vir Berni Dymet en ons vertaal en vervaardig die Afrikaanse VARS boodskappe wat jy gereëld hier hoor. Berni wil jou graag uitnooi om by hom aan te sluit vir 'n heerlike ontbyt met 'n inspirerende tema: Onbeperkte Krag: Hoe om die krag wat reeds joune in Christus is, te bekom. Kom word bemoedig deur opbouende gesprekke, betekenisvolle verhoudings en aanmoediging om die seisoen waarin ons is, met geloof en moed te hanteer. Dis Saterdag 26 Julie om 9.15 by die...
2025-07-19
00 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Deur God Geskud
Send us a textHandelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy vir hulle sondes gesterf het en weer opgestaan het, besig is toe te neem.N...
2025-06-11
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Geboorte tot ‘n Nuwe Lewe
Send us a text1 Petrus1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop Het jy jouself al ooit in sulke moeilike omstandighede bevind, dat jy desperaat was en gewonder het of jy selfs die volgende dag gaan oorleef? Of het jy al vir ‘n lang ruk pyn en lyding, waaruit daar geen hoop op ontsnapping bestaan het nie?Die Roh...
2025-04-22
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit is Waarvoor ons Bid (3)
Send us a textKolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig...
2025-03-07
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jy Kan Nog steeds Wen
Send us a textSpreuke 17:27,28 Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is; en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig. Ek en jy sal moontlik nooit die vinnigste, slimste of suksesvolste persoon in die wêreld wees nie. Maar daar is iets wat vir ons ‘n voordeel bo ander kan gee. Wil jy graag weet wat dit is?Peter Sewell, ’n vriend van my, het onlangs sy storie vir my s...
2024-10-11
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe om God Te Eer
1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV) Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde plekke, laat hulle tatoeëer, tooi hulself op, pronk met hulle lywe en gee hulle oor aan onsedelikheid. Nouja wat is die storie hier?Wel, jy kan dal...
2024-05-14
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Watter Soort Buurman is Jy?
Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee. Bure het 'n snaakse manier om jou geduld te beproef. Of dit nou 'n blaffende hond, boomwortels onder die heining, sigaretrook of 'n grensgeskil is, om 'n goeie buurman t...
2024-04-18
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie is Jesus? Episode 1
WIE IS JESUS? – Berni DymetINLEIDING Wie is hierdie Jesus wat beweer dat Hy die Seun van God is? Vir my was Hy vir die eerste 36 jaar van my lewe niks meer as 'n vloekwoord nie. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
2024-04-09
11 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Januarie / Februarie 2024 VARS NUUSBRIEF
Lees als hierOns is opgewonde om na 'n verfrissende somervakansie nog 'n jaar in diens van ons Koning te begin. Ons bid dat die tydjie vir jou ryke seën ingehou het. Waarna sien jy hierdie jaar uit? Waarmee gaan Jesus jou hierdie jaar verras? Het jy doelwitte wat jy graag wil bereik? ‘n Vakansie wat jy dalk wil beplan? Verhoudings waaraan jy aandag moet gee? Wie weet wat die Here vir ons in hierdie baie belangrike jaar wat vir ons land voorlê, beplan? Die waarheid is, dat net Hy weet...
2024-02-11
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie Sal op die Troon Sit?
Openbaring 3:21,22 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.Die ewigheid lyk onbereikbaar ver weg, nie waar nie? Hoekom is dit? Wel, waarskynlik omdat ons so besig is met die alledaagse geroesemoes, dat die moontlikheid van die "ewigheid" moeilik is om te bedink.Maar weet jy, die waarheid is dat jou da...
2023-02-13
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Besef Jy is Kosbaar
Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”Het jy al ooit soos weggooigoed gevoel? Het jy al gevoel asof die wêreld jou gekou en uitgespoeg het?! Al die ander mense is gelukkig en goed aangepas; hulle gaan aan met hulle lewens, maar jy … jy is daar buite op die vullishoop.Dit hoef nie 'n volskaalse, katastrofiese ramp te wees...
2023-02-10
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Toekoms Wink
Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.Kan ek vandag pynlik eerlik met jou wees? Ek dink nie dat diegene van ons, wat onsself Christene noem, enigsins genoeg tyd spandeer om opgewonde te raak oor die Goeie Nuus van Jesus en Hom genoeg daarvoor eer nie.Ek onthou 'n dosent van my – Ian Pennicook – van jare gelede, toe ek nog in die Bybel Kollege was, wat elke keer wanneer hy van die Kruis van Christus gepr...
2023-02-09
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Goudstandaard
Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.Ons dink selde oor wie of wat ons toelaat om ons denke en optrede te beïnvloed. In hierdie media gedrewe era verbruik ons meestal net "goed," sonder om eers te dink. Maar dit is 'n gevaarlike ding om te doen. Invloed - dis 'n kragtige konsep. Soos ons die afgelope paar dae gesien het, hou dit 'n groot seën in om onsself deur die regte mense te laat beïnvloed. Goddelike rolm...
2023-02-08
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Vyande van die Kruis
Filippense 3:18,19 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind.Een van die dinge wat ouers die meeste vrees, is dat hul kinders die pad byster sal raak, wanneer hulle verkeerde vriende het en ander mense van twyfelagtige karakter toelaat om hul rolmodelle te word.Hoeveel keer, dink jy, het God gesien dat een van sy...
2023-02-07
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie is Jou Rolmodel?
Filippense 3:17 Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.Ek dink nie daar is een van ons wat nie 'n beter lewe wil hê nie. Ek praat nie net van wêreldse dinge soos gemak en sukses nie. Natuurlik is dit lekker om gemak en sukses te hê. Maar vandag praat ons van "'n beter lewe" as innerlike veranderinge; veranderinge ín ons.Wanneer jy terugdink oor die afgelope week, het jy sekerlik 'n paar, kom ons noem hulle maar stampe en s...
2023-02-06
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Bereik Jou Doelwit
Filippense 3:10-12 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het.Een van die grootste leuens wat die duiwel al vir eeue lan...
2023-02-03
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Al Wat Ek Wil Hê Is …
Filippense 3:8-10 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê a...
2023-02-02
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Absoluut Waardeloos
Filippense 3:4-7 Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik. Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, Om ‘groot te word’ behels die proses om oor die...
2023-02-01
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Waarin of in Wie Glo Jy?
Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.Die onderwerp van besnydenis is een van die dinge wat my elke keer ek dit in die Bybel raakloop, eerlikwaar ontstel. Dit was 'n vereiste van die Ou Testamentiese wet, jare voordat narkose ooit uitgevind is. Eina! Manlike besnydenis was 'n fisiese teken om t...
2023-01-31
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Oor en Oor en Weer ‘n Keer
Filippense 3:1 Verder, my broers en susters, wees bly omdat julle aan die Here verbind is. Om weer hieroor vir julle te skryf maak my nie moeg nie, en vir julle gee dit duidelikheid. (NLV)Daar was tye in my lewe (en ongetwyfeld in joune ook) waar dit gevoel het asof die vreugde van die Here uit my lewe verdwyn het. Jesus het soos Hy beloof het, alles gesê en gedoen om ons blydskap volkome te maak. Regtig! Watter vreugde?!Daar is niks so bemagtigend as die vreugde van die Here nie. G...
2023-01-30
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Aandring op Jou Regte
Johannes 15:13 Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê Op watter regte, dink jy, is jy vandag, met al die dinge wat om ons aangaan, geregtig? Daardie onaantasbare menseregte wat jy toegelaat moet word, om sonder inmenging, uit te leef.Dit blyk dat die lys menseregte waarop ons glo ons geregtig is, net elke dag langer word. Vryheid van denke, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, vryheid van godsdiens … wie sou daarteen argumenteer? Dis nie ‘n moeilike vraag nie. Dis diegene wat dinge sê waarmee...
2023-01-27
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Deernis en Begrip
Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Oor die jare het nasionalisme – wat in sy kern eintlik gaan oor die belange van ‘n spesifieke groep – meer moeilikheid, meer pyn, meer oorloë en meer dood veroorsaak as wat enigeen van ons ooit sou kon voorspel. Hoekom is dit?Vandag vier twee baie uit...
2023-01-26
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Om ‘n Slegte Voorbeeld te Stel
1 Johannes 4:19 - 21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê. Ek wil beslis nie as 'n huigelaar gesien word nie. Nie omdat ek so sensitief is of omdat my reputasie vir my so belangrik is nie, maar omdat 'n huigelaa...
2023-01-25
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wees Lief Vir Mekaar
Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” Om vir mense waarvan jy hou, lief te wees, is redelik maklik - selfs al is daar 'n paar stampe en stote langs die pad. Maar om vir mense waarvan jy nie hou nie, lief te wees … Ek weet darem nie. Moet ek regtig? Móét ek? Jy verstaan mos dis nie maklik nie.Ons word minstens dertien keer in die Nuwe...
2023-01-24
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ope Dag
Handelinge 2:46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet.Wat beteken die woord “kerk” vir jou? Is dit 'n gebou (vir baie mense is dit). Is dit die tradisionele diens wat jy op 'n Sondag bywoon? Of is dit 'n instelling, 'n gesin, of … wel, wat beteken “kerk” vir jou?Deesdae lyk dit of die tradisionele siening van “kerk” besig is om ineen te stort. Baie van God se mense dryf weg. Party mens...
2023-01-23
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wat sal ‘n Knuppel in jou Hoenderhok Gooi?
Matteus 4:12,13,17 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali… Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Daar is, in die wêreld daar buite en ongelukkig selfs onder God se eie mense, 'n duidelike vlak van onkunde oor Jesus: Wie Hy volgens die Woord van God is, wat Hy vi...
2023-01-20
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Derde Versoeking
Matteus 4:8-11 Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg. Is daar iets in hierdie wêreld waarna jy smag? Sê my, watter plesier, watter besittings...
2023-01-19
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Tweede Versoeking
Matteus 4:5-7 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.” Was jy al ooit in die versoeking om God op die proef...
2023-01-18
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Eerste Versoeking
Matteus 4:1-4 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.Jou vyand, die duiwel, het 'n aantal baie nare gewoontes. Bo-aan sy lysie is sy...
2023-01-17
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Lewe is Nie Veronderstel om Maklik te Wees nie
Matteus 4:1,2 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Versoeking het hierdie neiging om jou te bekruip sonder dat jy dit sien kom. En dan, ewe skielik, is daar ‘n kolskoot! Jy sondig. En dan is jy verbaas oor waar de drommel dit vandaan gekom het!As dit ooit al met jou gebeur het, en as dit aanhoudend met jou gebeur, laat ek jou dan geru...
2023-01-16
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Here is Betroubaar
2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV) Gister het ek 'n bietjie vertel van wat alles betrokke is by die vervaardiging van hierdie daaglikse boodskappe en wat dit verg om dit aan letterlik miljoene mense dwarsdeur die wêreld, wat dit elke dag kyk, luister of lees, beskikbaar te stel.Ek deel dit nie om te spog nie. Nee, beslis nie - ons het baie foute langs die pad begaan! Nee, ons roem op die Here, in dit wat Hy deur FR...
2023-01-13
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Bid Vir Ons
2 Tessalonisense 3:1,2 Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. (NLV) Hier volg 'n stukkie nuttelose inligting: vandag is dit Fresh-boodskap nommer twee-duisend-een-honderd-ses-en-veertig wat ons hier by Christianityworks vir jou vervaardig. Nouja, ek het jou gewaarsku dat dit 'n stukkie nuttelose inligting is!Nou hoekom deel ek dit dan met jou? Dit is nie asof 2 146 enige soort r...
2023-01-12
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Ontferming van ‘n Vader
Psalm 103:13,14 Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is. ‘n Rukkie gelede het ons 'n goeie vriend vir aandete oorgenooi. Sy seun en skoondogter was verwagtend. Die ete is egter onderbreek deur 'n ontstellende telefoonoproep van sy vrou.Ek kon nie hoor wat gesê was nie, maar die oomblik toe ek sien hoe sy gesig verander, het ek geweet wat gebeur het. Sy skoondogter het 'n miskraam gehad; hull...
2023-01-11
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Ver? Hoe Groot??
Psalm 103:11,12 Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. Die lewe is geneig om, op een of ander manier, jou geloof af te takel. Daardie stampe en kneusplekke, die stres en spanning, en die modder wat die lewe na jou kant toe gooi, het elkeen maar 'n manier om ons blik van Jesus af te trek en om ons te laat fokus op ons...
2023-01-10
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wat is die Doel?
Psalm 138:7,8 As ellende op my toesak, sal U my bewaar van die woede van my vyande. U steek u hand uit en red my deur u krag. Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (NLV)Dit lyk asof daar drie verskillende fases in die lewe is. ‘n Fase waar dinge fantasties goed gaan, ‘n ander fase waar dit net - jy weet – oukeierig is. Of dan die fase waar die lewe om een of ander duistere rede...
2023-01-09
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
God Sal Jou Nooit Afskeep Nie
Spreuke 3:9,10 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.Een van die dinge waaraan ons almal hierdie tyd van die jaar behoort te dink, is ons huishoudelike begroting, veral aangesien die lewenskoste dramaties styg en soveel druk op ons finansies plaas. Hoe gaan jy jou geld hierdie jaar bestuur?Sommige mense stel geen begroting op nie, hulle spandeer hulle geld lukraak en onverantwoordelik en hoop op die beste. Nouja...
2023-01-06
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Stewige Fondament
Spreuke 3:9,10 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.As jy soos ek is, het jy nou alreeds die jaar wat voorlê begin beplan. Die doelwitte wat jy graag wil bereik, uiteengesit. Die vakansie wat jy dalk wil neem. Die verhoudings waaraan jy aandag moet gee. D...
2023-01-05
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Dis Nie ‘n Gemaklike Lewe Nie
Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.Het jy al ooit die verslag van Jesus se openbare bediening in die Evangelies gelees? Dit is no...
2023-01-04
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hy is Steeds Op Soek Na Dissipels
Matteus 4:21,22 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.Waarna sien jy hierdie jaar uit? Gaan hierdie jaar maar weer ‘n herhaling van dieselfde ou, vervelige patroon wees . . .? Dieselfde werk, dieselfde roetine. Of sien jy uit na 'n avontuur? Wat gaan hierdie jaar vir jou inhou? Nou...
2023-01-03
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Werk of Avontuur?
Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.Waarmee vul jy jou dag? Miskien gaan jy uit om te werk? Of dalk is jy 'n tuisteskepper? Of dalk is jy afgetree? Nouja, sê my...
2023-01-02
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hoe Verander Genade jou Perspektief?
Efesiërs 1:3-8 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vryl...
2022-12-30
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Meer Guns as Waarvan Ons Kan Droom
Efesiërs 1:3-6 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vryl...
2022-12-29
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hy het Jou Spesiaal Gekies
Efesiërs 1:3,4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.Glo jy in Jesus? Glo jy dat Hy gesterf het om die prys vir jou sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om vir jou 'n nuwe, oorvloedige, ewige lewe te gee? Dan het ek v...
2022-12-28
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hy het ons Alreeds Oorvloedig Geseën
Efesiërs1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.Ja, wanneer ons aan die einde van hierdie week terugdink aan die afgelope jaar en besin oor die jaar wat voorlê, is daar 'n hele paar dinge wat ons hoop in die komende jaar heelwat anders sal wees. Beter. Geseënd. Aan watter spesifieke dinge in jou lewe dink jy nou? Watter seënin...
2022-12-27
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Radikale Genade
Lukas 13:14-17 Die hoof van die sinagoge was verontwaardig omdat Jesus op die sabbatdag iemand gesond gemaak het. Hy sê toe vir die mense: “Daar is ses dae in die week waarop 'n mens moet werk. Julle moet op een van daardie dae kom om julle te laat gesond maak, nie op die sabbatdag nie.” Toe sê die Here vir hom: “Julle huigelaars! Maak elkeen van julle nie op die sabbatdag sy bees of sy donkie van die krip los en lei hom weg om hom te laat suip nie? En hier is 'n vrou, 'n kind van Abra...
2022-12-26
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Spesiale Kersfees Aanbieding – Onwrikbare Genade
Hebreërs 4:14-16 Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.Liewe vriend, op h...
2022-12-25
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Om Genade te Verstaan
Lukas 2:16-19 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedinkDit is een ding om 'n skouspelagtige "gee jou hart vir Jesus "-oomblik te hê. En dis wonderlik as dit met jou gebeur het, soos dit...
2022-12-23
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Hulle het Genade Gevind
Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)Ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar die genade van God slaan my voete heeltemal onder my uit. En hoe meer ek mediteer en stil word en probeer om die diepte van God se guns, sy genade en sy liefde deur Jesus vir my, te verstaan, hoe meer onbegryplik word dit.Hoekom voel ek so? Want aan die een kant kan ek alles sien wat H...
2022-12-22
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Begeerte na Genade
Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)Kersfees is 'n spesiale tyd. 'n Baie spesiale tyd. Maar dit is ook 'n tyd wanneer ‘n effense onbetrokkenheid kan intree. Kom ons erken dit, ons het almal al soveel keer Kersfees gevier, dat dit moeilik is om weer daaroor opgewonde te raak.Dit is waar. Vir baie, selfs Christene, verteenwoordig Kersfees weinig meer as 'n breek van die rotresies, 'n paar dae van uitspantyd. Kyk, ons ken die sto...
2022-12-21
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Aankondiging van Genade
Lukas 2:10-12 Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”Wanneer iemand iets vir jou doen wat jy nie verdien nie - ek bedoel waarlik nie verdien nie - is dit moeilik om dit te verstaan. Dit sl...
2022-12-20
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ontstellende Genade
Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Kan jy glo, dis net ‘n week voor Kersfees! Vir party van ons is dit ‘n baie besige tyd. Vir ander mense is dit 'n eensame tyd. Ek wonder wat in jou gedagtes aangaan, wanneer jy aan Kersfees dink.Terwyl ek nou die oggend gebid het, het ek God gedank dat Hy my al voor die skepping van die wêreld, u...
2022-12-18
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Herskeppende Krag
Handelinge1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”Het jy al ooit gevoel jy is nie goed genoeg om 'n volgeling van Jesus Christus te wees nie? Het jy al ooit gevoel dat jy misluk het omdat jy nie in staat was om jou geloof met iemand, wat vyandig teenoor God gesind is, te deel nie? Ja, ek het ook.Ek...
2022-12-16
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Deel die Onpopulêre Evangelie
2 Korintiërs 12:10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.Die Kersseisoen is 'n tyd wanneer ons meer as ooit gedurende die jaar ‘n lisensie het om oor Jesus te praat – wie Hy is, hoekom Hy gekom het en die kragtige verskil wat Hy aan ons lewens kom maak het. Dit is 'n spesiale tyd.Nie almal wil die Goeie Nuus van Jesus hoor nie. Trouens, sommige mense raak sommer aggressief as jy net sy Naam noem, nè? Sommig...
2022-12-15
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Plaas ‘n Wag Voor jou Mond
Spreuke 29:11 ‘n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom.Familiebyeenkomste, soos Kersfees, kan tot groot seën wees. Dis wonderlik om jou geliefdes, wat jy dalk lanklaas gesien het, weer te sien en in te haal op al die nuus. Ja, dit is wonderlik … totdat spanning ontstaan en totdat iemand iets doen of sê wat iemand anders ontstel.Julle weet almal waarvan ek praat, nie waar nie? Die feit van die saak is dat die meeste van ons al jare lank in ‘n familieband saamgegooi is. Dit is soos...
2022-12-14
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Berei Voor vir ‘n Familie Kersfees
Matteus 5:43-46 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so...
2022-12-13
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Totale Taak
Markus 16:14,15 Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.Met Kersfees wat vinnig op pad is, beplan baie van ons hoe ons daardie spesiale dag gaan deurbring. Vir die meeste van ons sal dit ’n geleentheid wees om saam met die belangrikste mense in ons lewens...
2022-12-12
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Dit Is Heeltemal Verregaande
Matteus 7:12 “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” (NLV)Oor die jare het ek baie mense ontmoet, wat op plekke woon waar hulle nie vryheid van spraak het nie. Wat my ontstel het terwyl ek na hul stories geluister het, is hul diep gevoel dat dinge onregverdig is. Vryheid van uitdrukking is iets wat die meeste van ons as 'n fundamentele mensereg sal beskou. En tog word daar vandag, selfs in samelewings wat hu...
2022-12-09
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Gevoel van Dringendheid
Prediker11:7,8 Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.Ons dae op hierdie aarde – joune en myne – is getel. Ons het 'n beperkte tyd oor om 'n positiewe, blywende impak te hê op die lewens van diegene rondom ons - diegene wat die meeste saak maak.Ons het hierdie week gesels oor hoe om ons...
2022-12-08
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Sien Die Volle Prentjie
Prediker 11:5,6 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.Miskien het God jou geroep om namens Hom die een of ander goeie ding te doen? Miskien is dit om 'n finansiële bydrae te le...
2022-12-07
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Party Dinge Kan Jy Seker Van Wees, Ander . . .
Prediker 11:3,4 As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.Een van die moeilikste dinge, is sekerlik om in geloof op te tree wanneer dinge rondom ons onseker is. Ja, dis swaar om ons tyd, ons energie en ons hulpbronne in goeie werke te belê, wanneer die uitkoms baie onseker lyk. Daar is ‘n Engelse spreek...
2022-12-06
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Versprei Jou Beleggings
Prediker 11:1,2 Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.Ons aanvaar baie dinge in hierdie lewe as vanselfsprekend, maar ons besef nie altyd dat hulle vandag hier is, en heel moontlik môre weg kan wees nie. Al lyk iets ook hoe permanent, gaan die dinge van hierdie wêreld almal eendag tot niet wees.Ek is getroud met my pragtige vrou, Jacqui. Maar eendag sal een van...
2022-12-05
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Oorbrug die Gaping
Spreuke 17:24 ʼn Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.O, ek weet dat God eendag 'n kragtige werk deur my gaan doen. Eendag gaan Hy my na daardie ver land stuur om dit of dat te doen. Wonderlik. Ek kan nie wag nie. Eendag …Het jy al ooit in jou hart die begeerte gehad om die wêreld vir Christus te beïnvloed? Om kragtig deur God gebruik te word, om die een of ander magtige werk te doen wat mense na hul asems sal l...
2022-12-02
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Net ‘n Bietjie Trots
1 Korintiërs 5:6,7 Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.Begeer jy soms dat mense 'n beter opinie van jou moet hê? Daardie begeerte om net 'n bietjie meer erkenning te kry vir wie jy is en alles wat jy bereik het? En net daar, my vriend, is jy besig om ‘n gevaarlike koers in te slaan. ...
2022-12-01
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Na Wie Luister God?
Maleagi 3:16 Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam.Daar was 'n tyd in Israel se geskiedenis, toe hulle as volk vir die soveelste keer hul rug op God gedraai het en die gevolge van hulle rebellie teen Hom, moes ly …. Klink dit so effens, so vaagweg bekend? Toemaar, ek weet, want ons...
2022-11-30
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Swaarkry Dien ‘n Doel
Job 23:10,11 Maar Hy weet waarheen ek gaan! Wanneer Hy my toets, sal ek na vore tree suiwer soos goud uit ’n vuur. Want ek het op sy paaie gebly en Hom gevolg sonder om weg te draai. (NLV)Die vraag wat in ons gedagtes maal wanneer ons, soos almal, van tyd tot tyd, deur ‘n moeilike tyd gaan, is: Hoekom gebeur dit met my? Hoekom gebeur dit? Lyding is ‘n universele deel van ‘n mens se lewe. Daar is nie een enkele persoon wat vandag lewe, wat nog nie gely het nie. Daar...
2022-11-29
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Alles begin in die Hart
Spreuke 27:19 Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. (NLV)Die een ding, dalk die belangrikste ding in die lewe, is om eerlik met onsself te wees. Dit beteken om indringend introspeksie te doen om te sien wie ons werklik is en wie ons geword het.Die vermoë om oor onsself, oor ons omstandighede, oor ons reaksies en oor die dinge wat ons beheer van ons emosies laat verloor, na te dink, is 'n Godgegewe gawe. Daar is geen ander skepsel op hierdie aarde w...
2022-11-28
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Net God Ken Die Antwoord
Psalm 139:23,24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde padEk en jy dink graag dat ons onsself redelik goed ken. Ons glo dat ons teen hierdie tyd van ons lewens 'n redelike goeie begrip het van wie ons is; waar ons sterkpunte lê en wat ons swakhede is. Maar as ons eerlik is, sal ons moet erken dat ons onsself nie regtig so goed ken nie. Jy...
2022-11-25
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Waarheid Is. . .
Maleagi 3:13-17 Julle het vermetele dinge oor My kwytgeraak, sê die Here. Maar julle vra: "Wat het ons oor U gesê?" Julle het gesê: "Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het dit dat ons sy bevel uitgevoer het en in rouklere rondgeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!" Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het d...
2022-11-24
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die ‘God is Nêrens te Vinde Nie’-gevoel. . .
Job 23:8 -11 Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie. Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie.Ons het almal dae wanneer dit vir ons lyk asof God uit ons lewens verdwyn het. In teorie mag...
2022-11-23
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Geheime Gedagtes
Spreuke 27:19 Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. (NLV)Ons het elkeen 'n verborge gedagte wêreld. Ons dink aan dinge wat ons met niemand anders deel nie, selfs nie eers met ons naaste vertroueling nie. Daardie geheime gedagtes bevat kragtige leidrade wat definieer wie ons werklik is. Dit is waar, nè? Ons dink aan dinge op dieselfde wyse as wat 'n bees sy koutjie staan en herkou. Ons dink hulle deur, ons rol hulle rond, en ons bekyk hulle van all...
2022-11-22
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Ierse Seëngroet
Romeine 12:14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.Hoe dikwels het iemand iets positief oor sy vyande te sê? Trouens, hoe dikwels sê jy iets goeds oor jou vyande? Ek skat nie so gereeld nie. Dit is nie omdat ek jou wil beskuldig nie. Dit is maar hoe ons is, nè?Christene hou daarvan om die woord “seën” … baie te gebruik. Almal wil tog God se seën ontvang, nie waar nie? Een van die Griekse woorde wat in die Nuwe Testament vir seën gebruik word...
2022-11-21
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Heel Belangrikste Ding
1 Korintiërs 15:3-6 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.Wat i...
2022-11-18
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Dood Waar is jou Oorwinning?
1 Korintiërs 15:54-58 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle wee...
2022-11-17
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Opstandingsliggaam (2)
1 Korintiërs 15:44-50 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam. So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. Die eerste mens is uit die aarde en is stoflik; die tweede mens is uit die hemel. Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hem...
2022-11-16
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Opstandingsliggaam (1)
1 Korintiërs 15:37-42 En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar God gee 'n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke saadsoort gee Hy 'n eie gestalte. Die vleis van lewende wesens is nie alles eenders nie. Daar is verskil tussen die vleis van mense, van diere, van voëls en van visse. Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame. Die glans van die...
2022-11-15
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Finale Bestemming
1 Korintiërs 15:35,36 Maar iemand kan vra: Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê? Dis 'n dom vraag! Wat jy saai, kom nie tot lewe tensy dit eers sterwe nie.Ons beleef daagliks soveel bekommernisse, sorge, spanning en druk in die lewe. Maar weet jy, hulle neem soveel aandag in beslag en steel soveel energie van ons; maar eendag ... eendag, sal hulle almal weg wees.Hoe dit eendag vir jou sal eindig, hang eenhonderd persent daarvan af óf jy kies om jou vertroue in Jesus te plaas, óf nie.Di...
2022-11-14
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wapenstilstandsdag
1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Ons het die afgelope paar dae gefokus op die opstanding van Jesus. Het dit werklik gebeur en indien wel, wat daarvan? As dit werklik gebeur het, wat beteken dit vandag en tot in ewigheid vir my en vir jou?
2022-11-11
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Toekoms, nie Slegs ‘n Goeie Hede Nie
1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense..Miljarde mense het oor die afgelope tweeduisend jaar in die dood en opstanding van Jesus Christus geglo. Dis maklik om in sy dood, te glo. Maar sy opstanding? Nee wat!Nou ja, was daardie miljarde reg? Was daardie miljarde mense wat ge...
2022-11-10
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Betekenislose Geloof
1 Korintiërs 15:11-14 In elk geval, of dit ek is of hulle – dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het. As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. Deur die eeue heen is die vraag oor die...
2022-11-09
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Minderwaardigheidskompleks
1 Korintiërs 15:9,10 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.Ek het eers op die ouderdom van ses-en-dertig, nadat ek 'n baie selfgesentreerde lewe gelei het, uiteindelik 'n Christen geword. Ek onthou nog hoe e...
2022-11-08
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie ‘n Fout Maak Nie
1 Korintiërs15:4-8 … Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.Ons het seker almal al ‘n begrafnis van 'n geliefde, 'n vriend of 'n kollega bygewoon. Daardie plegtige seremonie is 'n belangrike deel van die rouproses. Dit help...
2022-11-07
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Gevaarteken
Matteus 13:40-42 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. "Hier is 'n vraag vir jou vandag. Glo jy in die “hel”? Glo jy dat dit 'n plek van fisiese skeiding van God en 'n plek...
2022-11-04
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Moenie die Feite Ignoreer Nie
Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV) Tydens Je...
2022-11-03
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Klippe Gooi of Voete Was
Johannes 13:1-5 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en...
2022-11-02
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Tyd Vlieg Verby
Romeine 13:10,11. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. Hoeveel tyd het jy oor om die mense om jou lief te hê? Wanneer sal jy jou laaste drukkie van 'n geliefde ontvang of gee? Die antwoord is, ons weet nie. Di...
2022-11-01
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Dis Lewe
Spreuke 24:11,12a Red dié wat na hulle dood toe gesleep word, dié wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”,Een van die grootste twispunte tussen wêreldse mense en diegene wat aan Jesus behoort, is die kwessie van aborsie. Wêreldse mense vra: Waarom is die Christene so outyds wanneer dit oor aborsie gaan?Ek kan eerlik vir jou sê dat ek voor ek op die ouderdom van 36, 'n Christen geword het, niks verkeerd g...
2022-10-31
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Geseënd is die Mens wat in Versoeking Standvastig Is
Jakobus 1:12 Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.Versoeking is tog so ‘n aanloklike ding. Dit is so begeerlik. Ons weet tog as ons daaraan toegee, is dit vernietigend. Maar dit oorval ons alte maklik wanneer ons dit die minste verwag en ons laat ons keer-op-keer daardeur vang. Ja-nee, ons het almal al in daardie slagyster beland. Alles verloop so glad, maar skielik verskyn een van daar...
2022-10-28
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Daar is Net Een Weg
1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.Hoekom kritiseer die samelewing Christenskap deesdae so dikwels? Wat maak die Goeie Nuus van Jesus vir so baie mense aanstootlik? Dit voel asof die vervolging van Christene besig is om toe te neem. Hoekom is dit so?'n Ruk gelede het ek 'n klein bybelstudiegroepie van uiteenlopende mense uit...
2022-10-27
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Ek Behoort Net aan God
Psalm 73:25,26 Wie het ek in die hemel behalwe U? Ook op aarde soek ek net vir U. My liggaam en my hart kan kwyn, maar God is my blywende krag en my erfdeel vir altyd.Sê my, wat is bo-aan jou gebedslys? Wat is die drie top dinge waarvoor jy vir God wil vra? Miskien is dit gesondheid, of finansiële sekuriteit, of 'n beter huwelik? Wat is nommer een, twee en drie op jou lys?Hier by Christianityworks het ons 'n webwerf genaamd PowerfulPrayer.org. Waarom noem ons dit “kragtige gebed”? Want die en...
2022-10-26
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Maak ‘n Plan
Spreuke 2:10-12 Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien. Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge. (NLV)Vertrou op God. Ja, ons weet ons moet. As jy al ooit ’n Bybel oopgemaak het, het jy God dit al oor en oor en oor hoor sê: Vertrou op my. Maar jy kan nie sê jy vertrou op Hom en dan armpies gevou sit nie. Oor jare in die bedieni...
2022-10-25
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Dwaasheid van Koppigheid
Deuteronomium1:43-46 Ek het dit vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie en in opstand gekom teen die opdrag van die Here. Julle was moedswillig en het na die Bergwêreld toe getrek, maar die Amoriete wat in daardie gebied woon, het teen julle opgeruk en julle verjaag soos 'n swerm bye dit sou doen en julle van Seïr af tot by Gorma uitmekaar gejaag. Toe het dit julle berou dat julle dit gedoen het en julle het julle nood by die Here kom kla, maar Hy het nie na julle geluister nie en Hom...
2022-10-24
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Wonderlike Strategie, Maar…
Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”Westminster Abdy in Londen is die plek waar elke Britse kroning sedert 1066 plaasgevind het. Ongelooflik. Dit bestaan al amper 'n duisend jaar, maar baie dele van hierdie argitektoniese meesterstuk is natuurlik eers later aangebou.Sedertdien, is daar oral wonderlike katedrale gebou; die een groter as die volgende. En deesdae bou ons natuurlik eerder mega-kerke met gesofistikeerde bestuurstrukture, gr...
2022-10-21
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wie se Plig is Dit?
Johannes 3:17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.Ek weet nie van jou nie, maar soms kyk ek na alles wat in hierdie wêreld aangaan – hoe mense optree en die rigting wat dinge inslaan – en ek dink by myself, dis klaarpraat met hierdie ou wêreld van ons! Ja my vriend, is dit nie maklik om ontnugter, krities en veroordelend te raak oor daardie "spul sondaars daar buite" nie...
2022-10-20
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Verrottende Beskawing
2 Petrus 3:3,4 Heel eerste wil ek julle herinner dat daar in die laaste dae mense op die toneel sal verskyn wat die waarheid bespotlik maak en doen net waarvoor hulle lus is. Hulle sal soos volg redeneer: “Jesus het belowe Hy sal terugkeer, nie waar nie? Nou maar wat het van daardie belofte geword? Julle weet self: So ver terug as wat mense kan onthou, van die skepping af, bly alles nog net soos dit was.”(NLV)Word jy ooit siek en sat daarvan om Nuus te kyk, te luister of te lees? Ek word. Hoe meer...
2022-10-19
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Woord of Wêreldse Dinge
Jesaja 40:8 Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.Die wêreld waarin ons vandag leef, het soveel verander van die wêreld wat ons selfs net twintig jaar gelede geken het – dink net aan die tegnologie, globalisering, mense se houdings, moraliteit … die manier waarop ons werk, hoe ons vermaak word...Ja, dit is 'n heel ander wêreld.Ek het die dekade van die 1970's op hoërskool en op universiteit deurgebring. Eintlik is dit nie so lank gelede nie. Dit is dus nogal skrikwekkend om te besef...
2022-10-18
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Wispelturige Aanhangers
Johannes 2:23-25 Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.Omdat ons sosiale wesens is, hou ons daarvan dat ons verhoudings rustig en sonder spanning moet wees. Dit behels dikwels dat ons ander mense tevrede wil...
2022-10-17
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Jou Veilige Plek
Psalm 62:8 ,9 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug.Ons het gister oor lyding gesels – die voorreg om vir Christus te ly terwyl sy seëninge deur ons vloei na die lewens van diegene rondom ons. En dit is 'n voorreg. Maar alhoewel jy met daardie waarheid mag saamstem, maak dit die proses beslis nie makliker wanneer jy besig is om te ly nie.Wanneer ons deu...
2022-10-14
03 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Geseënd om te Ly
Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.Wanneer ons deur ‘n tyd van lyding gaan (soos ons almal ongetwyfeld soms gaan), is die laaste ding waaraan ons dink, dat daardie lyding 'n seën kan wees. Dit kan tog nie reg wees nie - wie sal ooit die twee woorde “lyding” en “seën” in d...
2022-10-13
02 min
God se Woord VARS vir jou Vandag
Stockholm- sindroom
2 Petrus 2:19 Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.Dit is ongelooflik hoe ons na 'n rukkie gewoond kan raak aan ongemak of teëspoed – tot op die punt waar ons dit nie eers meer agterkom nie; tot op die punt waar ons selfs so gewoond raak daaraan, dat ons dit nie eers meer wil prysgee nie. In 1973 het Jan-Erik Olsson tydens 'n mislukte rooftog vier werknemers van 'n groot Sweedse bank in Stockholm gyselaar geho...
2022-10-12
03 min