podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Karin Van Oostrum
Shows
De Leeuw Brult Verder
De Leeuw Brult Verder met Monique van de Ven
Niet zomaar een actrice schuift vandaag aan in ons gezellige café. Onze podgast is de grande dame van de Nederlandse film: Monique van de Ven! Over haar nieuwe film met én over haar. En naast Monique nog een andere bijzondere gast: Karin Lambrechtse. Zij is diëtist en chefkok bij een grote wielerploeg en vertelt ons alles over het eten van de topsporters. Meebruller is Hans Kesting en vriendin van de show is Kiki Schippers. 🎧 Actuele podcasts van MAX ℹ️ Meer info over podcasts 🔗 NPO Luister 📧 Reageren? Mail naar podcast@omroepmax.nl 📷 V...
2025-09-17
1h 04
Oolfant se potgooi
Gee jou Kind 'n Hupstoot deur Voorlees!
Bekommerd oor jou kind se taal? Of sommer net lus om ’n baie aangename gewoonte saam met jou kind te vorm? Kom hoor wat is al die ongelooflike voordele van voorlees en dat dit ’n ongeëwenaarde manier is om jou kind se verbeelding en kreatiwiteit vlerke te gee. Ons gesels oor WAT om te lees, en wat lewende boeke nou eintlik is. Ons gesels ook oor HOE om voor te lees en wat terugvertel en onderdompelingslees is. 20% Afslag op alle oolfant-produkte tot 31 Augustus 2024! Moet dit...
2024-08-26
20 min
Oolfant se potgooi
'n Hegte gesin deel STORIES!
’n Hegte gesin deel stories! Akademie is maar een klein deeltjie van die lewe. Dis die ander deel wat jou kinders gaan onthou lank nadat hulle klaar is met skool, die dinge wat julle gesin saam gedoen het en onbreekbare bande tussen julle laat ontstaan het. Kom luister hoe jy jou kind se nuuskierigheid oor waar hy én jy vandaan kom kan gebruik om hom stewig in sy geskiedenis te anker, en om hom met selfvertroue die toekoms te kan laat ingaan. En al wat jy eintlik hoef te doen, is gesels en stories te vertel...
2024-06-28
20 min
Oolfant se potgooi
Laat hulle SPEEL!
Is jou senuwees klaar, want dit lyk of jou kind aldag en heeldag net speel? En nog erger, sê nou net iemand sien hom speel in “skooltyd”? Maar tog kan jy jou so bekommer as jou nie kan of wil speel nie... Kom luister hier hoekom jou instink reg is – hoekom ‘n spelende kind ‘n gesonde kind is, hoekom speel eintlik amper so belangrik as asemhaal vir jou kind is (en vir jouself ook...ja, jy moet self ook genoeg speel), wat speel nou eintlik is en hoe jy jou kind kan aanmoedig om meer te speel....
2023-12-13
21 min
Oolfant se potgooi
Hou hulle vas!
Hou hulle vas! Is jy en jou kind op dieselfde golflengte? Nee, ek bedoel nou regtig: Kan julle mekaar opvang?Kom hoor hoekom dit so belangrik is dat daar ‘n sterk band tussen jou en jou kind bestaan, veral as jy bekommerd is oor die waardes wat jou kind in die skool of in die kurrikulum moet leer. Kom hoor hoekom die ouvroustorie van “Kry jou kind nou los van jou rokspante!” regtig uitgedien is, hoekom jy hom maar mag en moet vashou, en les bes, hoe jy die band tussen julle kan smee en...
2023-07-26
19 min
Oolfant se potgooi
‘n Wenresep vir JOU tuisonderwys
In hierdie potgooi gee ek vir jou ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele!Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie. Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervelige en spannende dae. Fokus op die kernbestanddele. Dit kan regtig gedoen word. Onthou: dis nooit te laat om ‘n nuwe blaadjie om te slaan nie!NS: Net om jou te herin...
2023-04-03
22 min
Oolfant se potgooi
Ontskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!
Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak? In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling ("deschooling") eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak. Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewys is, maar om die een of ander rede steek hulle vas in jou agterkop, en regeer jou en jou tuisskool met ʼn ysterhand. Dit maak jou ongelukkig en onseker en vie...
2022-11-22
19 min
Oolfant se potgooi
Waarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?
Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid?In hierdie potgooi gee ek vir jou 4 stappe om jou te help om vir julle gesin langtermyndoelwitte of ʼn eindbestemming met julle tuisonderwys te bepaal. Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar, kan jy begin glimlag en ontspan, selfs al voel dit of jou tuisskoolbootjie deur storms geteister word of in ʼn frustrerende windstilte roerloos lê. Jy kan met selfvertroue die muitery aan boord hanteer. Jy kan ook onderskei watter advies van die stuurm...
2022-11-05
20 min
Oolfant se potgooi
Hoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug?
In hierdie episode beantwoord ek twee vrae wat ek dikwels kry: · Hoe haal ek my kind uit die skool, en · Hoe sit ek my kind terug in die skool (as ek moet)Al is jou kind klaar uit die skool, en jy beplan miskien om jou kind so nimmer as te nooit weer in die skool te sit nie, is daar gedurig iemand wat mens teëkom wat radeloos is oor hierdie twee vrae. Stuur dit gerus aan.Ek vertel ook vir jou kortliks hoe ons Van Oostrums begin tuisskool het, en gee vir jou ʼn...
2022-10-08
20 min
Oolfant se potgooi
Oolfant kry 'n nuwe baas
Oolfant het van 1 Augustus ʼn nuwe baas. En dis niemand anders nie as Karin van Oostrum van Pestalozzi Trust faam. Luister in hierdie episode:· na al die planne wat Karin met oolfant het· hoekom sy besluit het om oolfant te koop· hoe haar liefde vir Afrikaans haar ook na die liefde van haar lewe gelei hetKry hier meer inligting oor die oolfant kursusse:https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/
2022-07-27
21 min
Oolfant se potgooi
Vir tye wanneer jy net so moeg is
“Ek vind myself verby gedaan,” so skryf ʼn uitgeputte ma onlangs vir my.Sy vertel van die twee keer wat hulle in die laaste jaar getrek het. Van die nuwe baba. En dat die blote gedagte om nuwe Wiskunde konsepte aan haar negejarige en sewejarige te verduidelik oorweldigend voel. En dan vra sy moedeloos: “Wat stel jy voor vir die tye van die lewe wat Mamma net moeg is?”As jy so ʼn mamma is wat vandag net op is, in hierdie episode gee ek vir jou my 5 punt-plan om net weer moed te skep.
2022-07-13
11 min
Oolfant se potgooi
Drie anderster vaardighede om jou kind te leer
In hierdie episode deel ek graag met jou drie anderster vaardighede deel wat ek dink elke liewe tuisgeskoolde kind moet hê. En ek gebruik stories om dit vir jou te verduidelik. So, hierdie episode is 'n lekker ene om saam met jou kinders te luister.Kom hoor die storie van die rooftog in die klaskamer.En die een van die seuntjie wat met die ketel gespeel het.En die een van die vrou wat nie geweet het hoe om haar eie skottelgoed te was nie.
2022-06-29
13 min
Oolfant se potgooi
“My tuisskool was 'n flop”
ʼn Tuisskoolma het so ʼn week of wat gelede uitgereik omdat sy ontsteld was. Sy het haar kind formeel laat evalueer, omdat haar veertienjarige daarop aandring om terug te gaan skool toe. En die uitslae wat beroerd. Ek was ook al daar. Daar was ʼn geleentheid toe my seun Johannes ook omtrent so veertien was en ons besluite oor hoërskool moes begin neem het. Ek het hom laat evalueer deur ʼn opvoedkundige sielkundige. Ramp! Maar ons het dit oorkom en deesdae is Johannes ʼn A-student. Om ʼn greep te kry op die probleem as jy in jouself begin twyfel, verduidelik ek in hie...
2022-06-15
13 min
Oolfant se potgooi
Kry so selfvertroue in tuisonderwys
As mens tuisskool, smag jy so baie keer na daardie “ek weet presies wat ek doen” gevoel. Die selfvertroue, die vaste wete dat jy op die regte pad is. In hierdie potgooi wil ek vir jou die vier stappe gee wat jou uiteindelik gaan lei tot by “ek weet presies wat ek doen as tuisskoler.”Die groot probleem vir die meeste van ons, is dat ons daardie gevoel op die verkeerde tydstip verwag. Vir hierdie episode maak ek staat op ʼn bekende video oor entrepreneurskap deur die skrywer en denker Dan Sullivan met die naam “The four C’s”...
2022-06-01
11 min
Oolfant se potgooi
Moet ek oorskakel na Engels as voertaal?
ʼn Vraag wat ek nogal dikwels kry is die een oor die taal van onderrig. Of om die vraag meer spesifiek te stel: moet ek oorskakel Engels toe.In hierdie potgooiepisode deel ek graag met jou twee vrae oor voertaal en my antwoorde daarop. Dit kan jou dalk ook help as jy met hierdie kwessie spook. Maar daar is ook wenke as jou kinders voel hulle is nie goed genoeg voel nie. En hoe jy as ma makliker besluite kan neem.
2022-05-18
12 min
Oolfant se potgooi
Kry so jou energie terug
As ʼn ma het jy baie ysters in die vuur. Kos en klere van jou gesin. Hulle gesondheid, hulle hele welstand. ʼn Huishouding wat jy flink probeer bestuur. En as jy ʼn tuisskoolma is raak jou werklading nog groter. Die kinders se hele leerplan, om hulle self te leer lees en skryf of seker te maak hulle doen die werk as julle ʼn voorgeskrewe kurrikulum gebruik. En talle tuisskoolma’s het baie keer nog ʼn bedryfie op die kantlyn aan die gang om gaatjies in die huishouding toe te stop. In hierdie week se potgo...
2022-05-04
10 min
Oolfant se potgooi
6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doen
Wat moet ek met my voorskoolse kind doen, vra elke ma haarself af as haar kind naby skoolgaande ouderdom kom. Hoe weet ek ek doen genoeg? Doen ek te veel? Hoe stimuleer ek my kind sonder om hom of haar moeg te maak vir leer? In hierdie week se potgooi deel ek graag met jou die antwoord op die vraag: watter ses dinge moet jy met jou sesjarige doen? Maar daardie titel is net gekies omdat dit ʼn lekker opskrif gemaak het. Die ses dinge wat ek vandag met jou wil deel, is eintlik goeie idees vir...
2022-04-20
18 min
Oolfant se potgooi
Gaan dit in die eksamen wees?
Die bemarkingskenner Seth Godin, wat beslis ook ʼn bietjie van filosoof is, het laat in 2021 in een van sy e-posse gepraat oor die gevaar om altyd te vra: gaan dit in die eksamen wees?Daardie vraag veroorsaak dat ons kinders nie regtig leer nie. Hulle leer net om eksamens deur te kom.Dis iets wat ons as tuisskolers taamlik frustreer. En ek dink dis een van die hoofredes waarom baie van ons besluit het om te begin tuisskool. Jy weet nou al ek sê gedurig ons wil graag van ons kinders lewenslange leerders maak. Ons...
2022-04-07
09 min
Oolfant se potgooi
Hoekom bietjie werk elke dag so goed werk
Jy weet nou al ek ʼn groot voorstander is van die leuse bietjie werk plus elke dag. In hierdie week se potgooi wil ek vir jou drie redes gee waarom ek so baie van hierdie leuse hou.En dan wil ek met jou ʼn baie interessante storie deel wat duidelik vir jou gaan wys hoekom dit werk.
2022-03-24
07 min
Oolfant se potgooi
Jy kan kies hoe jy wil voel
Emosie IS hoe ons hierdie fisiese lewe in ons lywe ervaar. Daarom is gevoelens nooit verkeerd nie, maar ʼn noodsaaklike deel van ons aardse bestaan. ʼn Lewe sonder emosie sal taamlik saai wees. Die probleme met ons gevoelens kom in as ons sekere emosies uit gewoonte ervaar en nie eens agterkom hoe ons hulle self met ons eie gedagtes skep nie. Voeg dan nog verder die skuld en skaamte oor negatiewe gevoelens soos irritasie of aggressie wat ons ervaar en nou raak ons in die moeilikheid oor ons emosies. Baie van ons, en veral van ons t...
2022-03-09
28 min
Oolfant se potgooi
Voed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manier
Collette van Rheede van Oudtshoorn is ʼn tuisskoolma van vyf. Maar Collette is ook ʼn passievolle kunstenaar. En nou het sy ʼn kunsprogram in die vorm van ʼn e-boek beskikbaar om die lewe vir ander ma’s soos jy bietjie makliker te maak.Haar visie was om ʼn gebruikersvriendelike kunskurrikulum aanmekaar te sit wat Bybelbaseer is. “Ek word deur die Skrif inspireer vir my kuns en dit voel vir my of kinders en selfs grootmense die Bybelverse baie beter onthou as dit visueel ook uitgebeeld word. Die assosiasie verskerp die geheue,” verduidelik Collette. Vir hierdie kunskurrikulum van haar is die tema g...
2022-02-23
33 min
Oolfant se potgooi
Pen en papier steeds die beste manier
In hierdie week se potgooi dink ek na of dit enigsins nog nodig is dat ons ons kinders met pen en papier moet laat skryf. Wees oopkop saam met my en kom ons kom saam agter die kap van die byl oor die redes waarom ons steeds ons kinders op papier moet laat skryf.Vind onder andere uit:van die drie groot voordele wat neerskryf inhouhoe jy ʼn praktiese kind makliker aan die skryf kan kryhoe jy jou kunssinnige kind kan inspireer om meer te skryfwat die een belangrike ding is wat jy oor skryf moet verstaanhoe r...
2022-02-09
16 min
Oolfant se potgooi
Die waarde van taalontwikkeling? Legio!
Hoekom is dit so ʼn goeie belegging van jou tyd om soveel aandag aan taalontwikkeling te gee? Die voordele van goeie taalvaardighede is legio. Soos dat jou kind:makliker leer leesvinniger vlot leer leesbeter leesbegrip hetvinniger kan leesminder foute maak wanneer hulle leesmakliker kan memoriseerverduidelikings kan volg (dink byvoorbeeld aan wiskunde...)die hoofgedagte van ʼn stuk skryfwerk makliker identifiseer (dit help so baie as hy of sy opsommings moet maak).Maar kinders met goeie taalontwikkeling skryf ook beter. Spel ook beter. En hulle kry enige taalwerk makliker onder die knie. In hierdie week se potgooi gesels ek met...
2022-01-26
43 min
Oolfant se potgooi
“Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink”
“Ons het die hele wêreld daarbuite. Dis soos hierdie buffet waarvan jy kan afeet. Gaan soek die disse wat jy van hou en wat jou opgewonde maak.”Aan die woord is tuisskoolma, Lizelle Rademeyer. En hierbo is haar gedagtes oor die vryheid wat tuisonderwys mens bied. Sy het drie kinders en is nou regtig ʼn Wiskunde-entoesias.In hierdie week se potgooiepisode praat ons Wiskunde Olimpiades en hoekom Lizelle haar kinders daaraan laat deelneem. (Terloops, hulle vaar uitstekend daarmee. )Lizelle deel ook haar idees hoekom mens nie vir jou kinders reseppies in Wiskunde moet leer n...
2022-01-19
24 min
Oolfant se potgooi
Hoe om sonder 'n bokskurrikulum te tuisskool
In hierdie episode gaan jy leer hoe om sonder ʼn bokskurrikulum te tuisskool selfs al het jy nie ʼn idee waar om te begin nie.Kom vind uit wat die drie geheime oor onderwys is wat jou vir altyd anders na tuisskool sal laat kyk. Leer ook van ʼn eenvoudige 4-pilaar-raamwerk wat jy kan gebruik om seker te maak jy bly op koers as ʼn eklektiese tuisskoler.Vir meer inligting oor die oolfant spesiale aanbod wat tans aan die gang is, gaan na oolfant.com.
2022-01-13
32 min
Oolfant se potgooi
Gesoute tuisskoolma se 7 geheime vir tuisskoolsukses
Vir hierdie heel laaste potgooiepisode van 2021 is dit vir my baie lekker om met ʼn gesoute tuisskoolma te gesels en al haar raad en wenke om van tuisonderrig ʼn sukses te maak met jou te deel.Ek gesels met Willemien Kruger, die skepper van Omvattend Afrikaans.Sy het drie kinders en het met elkeen van hulle ʼn ander matriekroete geloop. Haar dogter, wat nou 21 jaar oud is, het uitmuntend met Cambridge gevaar en het met die beste punt in die hele land weggestap vir Afrikaans op A-vlak. Sy het ook uitstekende uitslae in veral Wiskunde behaal.Maa...
2021-12-08
38 min
Oolfant se potgooi
Reis sing-sing en speel-speel deur Suid-Afrika
Hierdie week stel ek graag twee tuisskoolma’s bekend wat ʼn Aardrykskunde kurrikulum vir hulle eie kinders ontwikkel het wat hulle graag saam met ander ma’s in ʼn ko-op wou gebruik. Maar soos wat die jaar aangestap het, het Annerien Potgieter en Martie Erasmus besef die leerplan is so heerlik dat hulle besluit het om ʼn boek daarvan te maak en dit ook aan ander ma’s beskikbaar te stel.Die boek is in 13 hoofstukke verdeel, een oor elke provisie van Suid-Afrika. Verder ook die inleidende hoofstuk oor waar Suid-Afrika in die groter kontinent van Afrika inpas. Die slothoofstukke is sameva...
2021-12-01
22 min
Oolfant se potgooi
'n Makliker manier om te tuisskool
Is jy moedeloos omdat jou kinders so oorwerk is?Breek jou hart as hulle moeg-moeg aangeslof kom om hulle werk te doen?Sê jy vir jouself dis nie wat jy in gedagte gehad het toe jy begin tuisskool het nie?As jy maar net die moed kon kry om jou eie leerplan saam te stel?Maar hoe doen jy dit? En hoe maak jy seker jy dek al die belangrike goed in jou onderwysplan?Bemagtig jouself!Spring volgende jaar met jou eie leerplan weg. Bring di...
2021-11-25
25 min
Oolfant se potgooi
Die lekkerte van jou eie leerplan
In hierdie week se potgooi-episode wil ek graag met jou vyf hoofredes deel waarom mens ʼn eklektiese benadering in tuisonderrig sal wil volg.ʼn Eklektiese benadering verwys na iemand wat haar idees, styl en smaak uit ʼn wye verskeidenheid bronne kry. Letterlik beteken die woord om uit te soek of te kies. As ons dit terugtrek na tuisonderwys beteken dit jy doen jou eie ding en stel jou eie leerplan saam.Ek het begrip vir ma’s wat ʼn bokskurrikulum verkies, maar ek wil jou in hierdie episode uitnooi om ʼn bietjie te dink watter voordele dit vir jou gaan inhou o...
2021-11-17
15 min
Oolfant se potgooi
Wennerwenke vir Wiskunde
Wiskunde is die een vak wat vir tuisskoolma’s nogal angs en spanning kan skep.Vir hierdie potgooiepisode deel ek graag van die beste insig en raad wat ek onlangs by tuisskoolma Lizelle Rademeyer oor Wiskunde gekry het.Lizelle se raad oor Wiskunde kan mens maar met ʼn geruste hart volg. Haar eie drie kinders is die beste getuigskrif dat sy weet wat sy doen. Sy laat haar drie jaarliks deelneem aan die Conquesta Olimpiades en hulle uitstekend daarmee. Lizelle is ook die opsteller van heerlike Wiskunde produkte met die naam Somme(r)pret. ...
2021-11-10
11 min
Oolfant se potgooi
Hoekom prenteboeke vir jou kinders lees en koop?
Jenny Nel is mal oor boeke. Geen wonder dat sy daarom ʼn boekwinkel Little Books bestuur en bedryf nie.Hierdie week in die potgooi vertel sy in die mooiste Afrikaans (sy is eintlik Engels) van al die voordele en wonders wat vir kinders in prenteboeke opgesluit is.Ons het veral oor storieboeke gepraat en Jenny het daarin geslaag om talle verskuilde voordele van prenteboeke en die groot rol wat hulle in jou kind se ontwikkeling kan speel uit te wys.Kom vind onder meer uit:Van die verband tussen jou kind se motoriese o...
2021-11-03
25 min
Oolfant se potgooi
Só skep jy ideale tuisskooldae
Hoe langer ma’s gewoonlik tuisskool, hoe meer besef hulle tuisonderrig is waarlik ontwerperonderwys wat hulle kan aanpas tot dit PRESIES by hulle en hul kinders se behoeftes aanpas. En dis waaroor ek in hierdie week se potgooiepisode met jou praat — hoe skep jy jou eie ideale tuisskooldae.“Ideale tuisskooldag” is te vaag. Wat jy moet doen, is om vir jouself uit te werk wat al die dinge is om die boksie “ideale tuisskooldag” vol te maak. Elkeen se boksie gaan met verskillende dinge gevul word. Die punt is as jy ʼn ideale tuisskooldag wil hê, moet jy...
2021-10-27
18 min
Oolfant se potgooi
Hoe sien jy na jouself om, ma?
Dit gebeur so maklik dat selfversorging by die deur uitwaai, veral wanneer jy ʼn ma is. Dis so maklik om verlore te raak tussen menswees, geliefde vir jou lewensmaat wees, ma wees, dalk nog professioneel met werk ook te wees.Dis so maklik om alles vir almal te wees dat jy later nie meer weet wie jy self is nie.Lindi Potgieter, veteraantuisskoolma nes ek, en ook ʼn life coach nes ek, praat hierdie week in die potgooitepisode oor selfversorging vir tuisskoolma’s.Jy wil nie hierdie episode misloop nie, want jy gaan onder...
2021-10-20
27 min
Oolfant se potgooi
Skitterplanne vir minder skermtyd
Ons weet almal ons kinders behoort minder tyd op skerms deur te bring. Dit sluit rekenaars, tablette en selfone in. Maar hoe doen mens dit? En hoe doen jy dit sonder ʼn geveg? Ek dink nie dis realisties om ons kinders heeltemal weg te hou van alle skerms af nie.In hierdie week se potgooi praat ek oor maniere waarop ons ons kinders se skermtyd beter kan bestuur.Jy gaan onder meer hoor:Van die beroemde navorsing met die malvalekkers en hoe dit jou meer leer oor skermtydbestuur Hoe insig...
2021-10-13
19 min
Oolfant se potgooi
So leer jy 'n Afrikataal aan
Marie-Louise Botha is nou regtig wat mens ʼn poliglot sal noem. As jy nie weet wat beteken nie, dis iemand wat baie tale ken. Die woord kom van die Griekse woord poli wat baie beteken en glotta wat tong beteken.Sy praat Afrikaans, Sotho, Sepedi, Tswana, Zoeloe en Engels. Laasgenoemde net vir selfverdediging, lag sy. Verder ken sy ook Nederlands. Russies kon sy op ʼn stadium ook praat, maar het dit nou verleer. So baie tuisskolers het die behoefte om meer van die elf amptelike landstale aan te leer as net Engels. Daarom het ek dit hierdie wee...
2021-10-06
27 min
Oolfant se potgooi
Hoekom voorlees nie genoeg is nie
In hierdie week se potgooi het ek vir jou heerlike interessante navorsing oor hoe mense tale aanleer. Dit gaan jou baie help met al die vrae wat so baie tuisskoolma’s oor taalkeuses het, soos watter taal moet ek gebruik as ek tuisskool en wanneer mens met ʼn tweede taal begin.Jy gaan onder andere hoor wat:jong sebravinkies jou oor die aanleer van taal kan leerin Broca en in Wernicke se gebied gebeur as jy meer as een taal kan praat (jy soek verniet na hierdie gebiede op ʼn aardbol, hoor!)gebeur het toe Karel die G...
2021-09-29
21 min
Oolfant se potgooi
"Hou dit net eenvoudig" - tweedegenerasietuisskoler
Hierdie week gesels ek op die potgooi met Jana Bornman, ʼn tweedegenerasietuisskoler.Wat die meeste opval is haar kalme rustigheid. Omdat sy self die hele die tuisskoolreis voltooi het, is dit so duidelik dat sy weet as mens net rustig voortgaan met jou taak, alles uiteindelik reg sal uitwerk.Jana se ma was destyds, voor 1994, in ʼn hofsaak gewikkel, toe sy haar kinders wou tuisskool. Sy het die hofsaak verloor. Uiteindelik het die gesin plaas toe getrek en sy het spesiale toestemming gekry om Jana en een van haar susters te tuisskool.“Ek was ʼn moeilike kind...
2021-09-22
22 min
Oolfant se potgooi
"My kind verstaan nie wat hy lees nie"
Die meeste ma’s besef dat om met begrip te kan lees ʼn sleutelvaardigheid vir hulle kinders se akademiese en beroepsukses is.Een van die maniere waarmee tuisskoolma’s probeer om hulle kinders se leesbegrip te verbeter, is deur vir hulle begripstoetse te laat doen. Maar om jou kind net begripstoetse te laat doen, is amper soos ʼn afrigter wat ʼn atleet net aan kompetisies laat deelneem sonder om ʼn doelbewuste oefenprogram met die atleet te volg. Sê nou maar jy kon ʼn volledige afrigtingsprogram kry wat jou kinders se leesbegrip kan uitbou?Debbie Smith, ʼn tuisskoolma en onderwysadviseur het die akad...
2021-09-15
11 min
Oolfant se potgooi
Oolfant gesels met skrywer Jaco Jacobs
Jaco Jacobs het al amper 200 boeke geskryf. Sy eie gunsteling onder die boeke wat hy al geskryf het, is ʼn rympiesboek genaamd Moenie hierdie boek eet nie. Dis die boek wat hom weer aan die hardloop gekry het. Terwyl hy so gehardloop het, het hy sy idees vir die 366 rympies (een vir elke dag + ʼn spaar een vir skrikkeljaar) gekry. So baie het hy gehardloop dat hy fiks genoeg geword het om die Comrades aan te durf. Dis die ritme en die speelsheid wat in gedigte en rympies tevore wat dit vir hom so lekker maak om hull...
2021-09-08
28 min
Oolfant se potgooi
Neem die 5 groot besluite van tuisonderwys met selfvertroue
As iemand tuisonderwys vir die eerste keer ontdek, kan dit oorweldigend voel om uit te sorteer hoe alles werk. Ek weet, ek was ook daar.In hierdie episode wil ek dinge vir jou makliker maak deur vir jou te wys daar is eintlik net 5 groot besluite wat jy moet neem as jy wil tuisskool.Ek was waar jy nou is. Bang ek gaan ʼn groot flop van tuisonderwys maak, bang ek gaan my kinders se toekoms vir altyd en altyd opmors. Kom ek vat vandag jou hand en wys jou die pad. Dis makliker as wat j...
2021-08-30
24 min
Oolfant se potgooi
Haal die vrees uit leer lees
As daar een ding is wat tuisskoolma’s dikwels angstig maak, is dit wanneer hulle hul kinders moet leer lees. Hulle weet hoe belangrik hierdie vaardigheid is en hulle is so bang hulle gaan alles opduiwel as kinders nie goed kan lees nie.Dit was ook waar van my. Daarom was die fliek Lien se lankstaanskoene nogal ontstellend. Om te dink dis moontlik vir ʼn gewone mens om by ʼn robot as ʼn bedelaar te eindig het my hare laat rys.En dan het ek vir my kinders sulke goed gesê soos: “Weet jy hoe BELANGRIK is dit om goed...
2021-08-26
29 min
Oolfant se potgooi
So gebruik jy oolfant se kursusse in die Amerikaanse hoërskooldiploma
Hierdie is ʼn bonusepisode. Al hoe meer en meer ma’s wat ʼn eklektiese tuisskoolbenadering volg, dink daaraan om die Amerikaanse hoërskooldiploma te gebruik vir ʼn matriek. Maar nou wonder hierdie ma’s wat doen mens vir Afrikaans op hierdie roete. In hierdie episode gee ek graag vir jou ʼn paar maniere waarop jy oolfant se kursusse gebruik in die verwerwing van ʼn Amerikaanse hoërskooldiploma.Die Amerikaanse hoërskooldiploma is ʼn bewese roete met kinders wat reeds op universiteit is nadat hulle dit gedoen het. Dis ook ʼn matriekroete wat vir mens baie vryheid bied.Daar is twee ander po...
2021-08-17
10 min
Oolfant se potgooi
Dié 5 bobaaswenke laat jou kind makliker leer
Hoe kan ek leer makliker vir my kinders maak? Dis ʼn vraag wat elke tuisskoolma soos jy haarself afvra. Hierdie week gee ek vir jou vyf wenke wat jou hiermee gaan help.#1 Gebruik die vier leerstyle (visueel-ruimtelik, ouditief, lees en om deur beweging te leer) maar doen dit op ʼn meer gesofistikeerde manier#2 Verstaan wanneer jy jou kind se selfbeeld moet uitbou en wanneer jy hom of haar moet help om vaardighede in te oefen#3 Leer van die nuwe navorsing wat vir eens en vir altyd wys wat die beste agtergrondgeluide is om te speel vir maks...
2021-08-11
20 min
Oolfant se potgooi
Hoekom jou kinders MOET speel
In hierdie week se potgooiepisode praat ek nie soseer oor sosialisering nie, maar oor speel. Kom vind uit hoe en hoekom kinders speel. Jy gaan hoor van die man wat uitgevind het rotte lag, hoe belangrik dit is dat pa’s hulle kinders so hoog in die lug gooi (al wil die ma se hart gaan staan) en die ware rede waarom ons vir ons kinders goeie sportmanskap leer.As jy wil hoor hoekom spel so belangrik is vir jou kinders, luister gerus.Hier praat dr Warren Farrell, wie in die potgooi ter spr...
2021-08-04
18 min
Oolfant se potgooi
"My tuisskoollewe met 'n outistiese seun"
Daar is vir my twee soorte swaarkry. Die een is amper soos om 100 meter te hardloop. Dis intens en verg baie inspanning, maar dis gou verby. Soos ʼn operasie of ʼn siekte of die ma wat vir my geskryf het hoe hulle gesin vasgekeer was in die onluste en hoe benoud hulle was.Die ander soort swaarkry is meer soos ʼn marathon. Dit hou aan en aan. Wat beteken dat jy ʼn pas moet aanslaan wat jou gaan help om die wedren klaar te maak. In ʼn marathon moet jy ook seker maak dat jy nie dehidreer nie en maar die water drink...
2021-07-28
35 min
Oolfant se potgooi
Kinders by dosyne
Ons het almal nogal ʼn rowwe tydjie agter die rug. Die pandemie ry ons steeds. En die onrus in die land wat toe boonop uitgebreek het, het ons almal taamlik vuisvoos op moed-verloor-se-vlakte. Daarom het ek dit goed gedink om van die inspirerendste onderhoude wat ek al gevoer het weer met jou op die potgooi te deel.Die een wat vandag aan die beurt kom het ek in 2018 met Tina van Deventer gevoer. Tina het twaalf kinders, wat sy almal tuisskool of getuisskool het. Hulle is almal nou al bietjie ouer as in die onderhoud, maar hulle gesin g...
2021-07-21
22 min
Oolfant se potgooi
Tatta toetse en koebaai eksamens
Ek wil hierdie week die bangmaak-vraag wat alle tuisskolers een of ander tyd hulleself afvra, help beantwoord. Veral die van ons wat in die laerskooltyd ons eie ding doen.En daardie vraag klink gewoonlik so: hoe weet ek my kind is op standaard?Maar wat die ouer eintlik vra, is: hoe kan ek seker maak my kind leer die regte dinge op die regte tyd en kry die werk regtig onder die knie?In hierdie week se potgooi help ek jou met al hierdie bekommernisse. Ek skop af deur te kyk na die...
2021-07-14
25 min
Oolfant se potgooi
Unieke leerkans vir tuisskooltieners: leer sweef
Johan Pretorius, tuisskoolpa van die Kaap, gesels in hierdie week se potgooiepisode oor sweeftuie en sweefvlieg. Sweefvlieg is ʼn wonderlike sport vir ʼn tiener wat enigsins in vlieg belangstel. Daar is net soveel lesse, ook emosionele lesse, en vaardighede te leer.Jou kind kan taamlik vroeg al met hierdie leersame sport begin. ʼn Mens moet minstens 14 jaar oud wees om ʼn leerlinglisensie vir ʼn sweeftuig te kry en 16 jaar oud vir die volwaardige lisensie. Maar soos alle vlieglesse is dit duur.En dis veral hier wat Johan goeie inligting en ʼn bekostigbaarder alternatief vir ons gewone tuisskolers verskaf. ...
2021-07-07
44 min
Oolfant se potgooi
So maak jy matriek in Afrikaans sonder CAPS
Ek het hierdie week ʼn heerlike gesprek gehad met Annerine Wenhold oor matriekopsies vir tuisskolers. Die Wenholds het die Amerikaanse hoërskooldiploma vir hulle matriekseun gekies en Annerine praat oor haar ervaring daarmee.Kom hoor onder andere:1. Hoe maklik dit is om die papierwerk af te handel sodat jou kind toelating tot die universiteit kan kry2. Presies watter dokumente jou kind nodig het 3. Hoe jy matriek selfs in Afrikaans kan voltooi volgens hierdie roete“Dis ʼn bewese roete met kinders wat reeds op universiteit is,” sê Annerine. In die onderhoud vertel sy ju...
2021-06-30
29 min
Oolfant se potgooi
Het jou kind taalprobleme? Hier’s ʼn plan
Om jou kind se taalvermoë sterk te maak, moet jy net met jou kind praat, so verduidelik taal- en spraakterapeut Lize van Merwe.Lize, self ʼn tuisskoolma, voel baie sterk daaroor om ma’s te bemagtig om hulle kinders self te leer.As spraak- en taalterapeut het dit haar gepla dat sy net 45 minute per week met ʼn kind deurbring om taalagterstande te probeer uitwis, maar dan het die kind verder geen tyd om die konsepte in te oefen nie.Lize het toe besluit om opleiding te kry in ʼn...
2021-06-23
29 min
Oolfant se potgooi
Die beste manier om tyd saam met jou kind te spandeer
Die wintervakansie is op hande. ʼn Heerlike tyd om weg te raak in lekker stories en goeie boeke. Daarom het ek dit goed gedink om weer hierdie week in die potgooi die onderhoud met Hannekie Verwoerd, spraak- en taalterapeut met jou te deel.Die onderhoud is al drie jaar oud, en meer as 4000 mense het op YouTube daarna gekyk. Hannekie deel soveel insig en wysheid en kennis oor taalverwerwing in daardie onderhoud dat ek dit graag ook as ʼn potgooi-episode met jou deel. In die onderhoud verduidelik sy so mooi wat die verskil tussen boek- en gesprekstaal het...
2021-06-16
43 min
Oolfant se potgooi
Dit pootjie die meeste ma's in hulle sukses
Hierdie week wil ek praat oor die een ding wat ek sien die meeste tuisskoolma’s pootjie om suksesvol met tuisonderrig te wees.Dis nie ʼn gebrek aan kennis of vaardigheid nie.Ook nie aan inligting nie.Ook nie aan dissipline of wilskrag nie.Dis eintlik iets waarmee alle mense sukkel. Die uwe inkluis.Maar laat ek vir jou sê as jy hierdie een ding bemeester gaan tuisonderwys spesifiek en die lewe oor die algemeen vir jou baie, baie makl...
2021-06-09
15 min
Oolfant se potgooi
5 Maniere om jou kinders met hulle emosies te help
ʼn Jong Afrikaanse vriendin wat ek hier in Amerika het, het nou die dag die oulikste ding denkbaar met haar sesjarige seuntjie gedoen. Ek wil dit graag met jou deel, want ek dink wat sy gedoen het, was briljant en kan enige ma help.Sy het twee woelige seuntjies. Sulke blondekoppies wat nooit vir ʼn oomblik stilsit nie. Die ouer boetie is nou ses en hy teken verskriklik goed. Die jonger enetjie is vier en hy is net so lief vir teken soos ouboet, maar sy vaardigheid is nog nie daar nie.Op...
2021-06-02
18 min
Oolfant se potgooi
Makliker matriek? Nee. Wel lekkerder.
Hierdie week in die potgooi praat ek met tuisskoolma, Stephané Burger oor die Amerikaanse hoërskooldiploma as ʼn matriekopsie vir SA tuisskolers.Daar was ʼn paar heerlike verrassings wat in die onderhoud opgeduik het.Soos dat ʼn tuisgeskoolde kind wat die Amerikaanse hoërskooldiploma verwerf het, toelating gekry het vir Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria, een van die studierigtings met baie streng keuringsvereistes.Afrikaans as ʼn byvak was nog altyd ʼn taamlike maklike opsie hier. Stephané is juis besig om die kurrikulum wat sy vir haar eie seun (nou in graad...
2021-05-19
23 min
Oolfant se potgooi
“Ek kry nie ’n roetine met my kinders gevestig nie”
Hierdie week deel ek graag weer met jou die raad wat ek vir ʼn moedelose tuisskoolma gegee het. Sy het gekla dat sy sukkel om ʼn tuisskoolroetine te vestig.As ek so na die e-posse kyk wat by my opdaag weet ek sy is nie die enigste een wat probleme daarmee het nie. Daarom het ek gedink om dit met almal te deel. Miskien is jou situasie nie presies dieselfde as hierdie tuisskoolma sʼn nie, maar jy sal wel sekere idees kan gebruik.Ek het veral twee voorstelle gemaak wat sy kan doe...
2021-05-12
20 min
Oolfant se potgooi
Gee jou kind die gawe van geestesgesondheid
“Intelligensie bepaal maar 15% van jou kind se uiteindelike lewensukses,” sê veteraantuisskoolma en leefgids Lindi Potgieter.So baie keer fokus ons as tuisskolers meestal op akademiese mylpale vir ons kinders en skeep soms hulle emosionele intelligensie af.In hierdie potgooiepisode praat Lindi hoe jy self jou kind se leefgids of “life coach” kan word.Sy haal ʼn paar interessante sienings op oor wat sy die “coach approach” tot ouerskap noem. Soos byvoorbeeld hoe belangrik kommunikasie is. Dit sluit natuurlik luister in, maar ook die kuns om die regte vraag op die r...
2021-05-05
43 min
Oolfant se potgooi
SA tuisskoler slaan internskap by top animasieateljee los
Hierdie week is ek baie opgewonde om groot nuus met jou te deel. My dogter, Annamaria het ʼn internskap losgestaan by die bekende animasie-ateljee Pixar.Maklik was dit nie aldag nie. Hier teen die middel van haar opleidingstyd was Annamaria so moedeloos en oortuig dat sy nie goed genoeg is nie. Dit was ongelooflik om te sien hoe sy haarself afgerig het om haar kop reg te kry. Sy moes bly uitsorteer wat sy moet doen om haar vaardigheidsvlak te verbeter. Een van die moeilikste dinge wat sy byvoorbeeld moes doen is om haar doelbewuste b...
2021-04-28
36 min
Oolfant se potgooi
Spraakterapeut pak terugvertel so aan
Hierdie week wil ek vir jou nog idees en insigte oor terugvertelling deel.Dalk wonder jy hoekom ek so opgepluk is met terugvertel. Laat ek gou vir jou ʼn paar van die voordele noem.1. As mens praat oor die opvoedkundige voordele daarvan, gaan al die liggies aan wat ons weet van hoe ons kinders se breine werk, hoe leer plaasvind en hoe hulle ʼn kennissisteem vir hulleself bou. Terugvertel kry regmerkie op regmerkie.2. Dis ʼn aktiwiteit wat heeltemal gratis en verniet is. Ek weet baie mense trek op die oomblik finansieel swaar en ek wil graag vir...
2021-04-14
20 min
Oolfant se potgooi
Terugvertel: ’n kragtige pyl in jou tuisskoolkoker
Een van die sleutels waarmee Charlotte Mason reken kinders toekomsdeure vir hulself oopsluit is deur terug te vertel van wat hulle so pas gelees of geleer het. As kinders terugvertel druk hulle in hulle eie woorde uit wat hulle ingeneem en verstaan het. Terugvertel laat jou kinders beter onthou en beter begryp. Boonop leer hulle so om hulle gedagtes te orden. Terugvertel is ʼn kragtige pyl in jou tuisskoolkoker. In hierdie episode hoor jy van ʼn hele klomp wenke en idees wat jy kan gebruik om terugvertel makliker deel van julle tuisskooldag te kan maak. Vir meer inl...
2021-04-07
21 min
Oolfant se potgooi
Die oumagrootjie van tuisonderwys
Is jy lus om jou kinders se onderwys heeltemal anders aan te pak as wat jy op skool gedoen het? Kom ek stel jou dan voor aan iemand wat onderwyswêreld van haar tyd se aannames en gebruike omgekeer het. Haar naam was Charlotte Mason. In hierdie potgooiepisode stel laat ek jou kennis maak met haar bekendste idees. Mag dit vir jou hope inspirasie bied.Skryf hier in vir oolfant se gratis aanlyn kursus oor tuisonderwys:https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-vernietEn hier is skakels na van die ander hulpbronne wa...
2021-03-31
23 min
Oolfant se potgooi
"Die nutteloosste inligting wat ek ooit vir my kinders kon leer"
Vandag wil ek met jou praat oor die vraag hoekom ons sekere dinge vir ons kinders leer. As ma’s eers besef hulle kan vir hulle kinders leer net wat hulle wil, is dit interessant dat hulle hul begin afvra, maar wat is die nut van sekere kennis. Is dit ooit nodig? Een ma het haarself afgevra wat is die nut van leer oor woordsoorte soos naamwoorde en werkwoorde.Kry binne-in hierdie gratis kursus toegang tot die twee gratis lesse van 15-Minuut-Afrikaans:https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-vernietEn as jy gereed is om...
2021-03-24
17 min
Oolfant se potgooi
Met vlieënde vaandels na tuisskoolsukses
Tuisonderwys het 5 ooreenkomste met 'n vliegtuigrit. Dit gaan jou help om ʼn duidelike prentjie in jou kop te kry waaraan jy kan dink as jy weer begin twyfel oor jou sukses met tuisonderrig.Hier is die vyf punte:1. Hou kontak met die toring2. Dien ʼn vlugplan in3. ʼn Vliegtuig het net twee dinge nodig om aan te hou vlieg4. ʼn Vliegtuig is 90% van die tyd van koers af5. Sit eerste jou eie suurstofmasker opHier is die YouTube video waarna ek verwys:https://youtu.be/ph2QajNj6VA
2021-03-17
21 min
Oolfant se potgooi
Die belangrikste ding om jou kinders te leer
Ek wil vandag graag met jou praat oor die belangrikheid om jou kinders goed te leer skryf. Al hoe meer mense begin besef dat om hulle vlot op papier te kan uitdruk belangriker is as om eindelose sinne van lydend na bedrywend te verander. Of om lyste en lyste idiome en verkleinwoorde uit hulle koppe te leer.Vir verreweg die meeste mense is al die soorte bywoorde wat mens kry by die een oor in en die ander een uit. Maar hulle sal waarskynlik vir die res van hulle beroepslewe moet onthou hoe struktureer mens ’n s...
2021-03-10
20 min
Oolfant se potgooi
"My kind sukkel so met lees"
Die Leer Lees met Tippie reeks is sommer baie gewild onder tuisskolers. Daarom is dit vir my ʼn groot voorreg om hierdie week met Reinette Lombard te gesels, een van die “ma’s” van Tippie. Die ander “ma” is Reinette se eie ma, José Palmer.Ek was baie bly om te hoor die Tippie boekies het glad nie ʼn graadfokus nie. Dit maak dit natuurlik ook baie maklik vir tweedetaalsprekers om Afrikaans deur Tippie te leer.Reinette, die remediërende terapeut, en José, die skryfster, benader lees op ʼn eklektiese manier. Hulle glo dus kinders leer die beste as hulle fonetie...
2021-03-02
25 min
Oolfant se potgooi
Praat lekker uit die vuis uit
Vandag wil ek vir jou vertel van ʼn oulike aktiwiteit wat jy met jou kinders kan doen. Die aktiwiteit pas my fyn want hy kry sommer ʼn klomp regmerkies.Dit gaan jou niks kos nie.En dit vat nie baie tyd nie. Verder bied dit hope pret. Maar amper die belangrikste: hierdie aktiwiteit het geweldige groot voordele met baie leer wat vir jou kinders kan plaasvind.Lekker luister.
2021-02-24
10 min
Oolfant se potgooi
“Ek voel so sonder hoop en vol trane”
In hierdie episode gesels ek oor ʼn paar e-posse wat ek en ʼn tuisskoolma onlangs vir mekaar geskryf het. Uit hierdie korrespondensie kan jy vyf lesse leer wat tuisonderwys baie makliker vir jou kan maak.1. Maak jou emosies los van jou kind se prestasie2. Hou rekening met jou kind se ouderdom3. Jou kind se houding teenoor leer is van kardinale belang4. Vergeet die ewige getoetsery5. Speeltyd is groeitydSkryf hier in vir gratis aanlyn kursus waarvan ek praat: https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/gratis-verniet
2021-02-17
12 min
Oolfant se potgooi
Sit speel-speel die geniet terug in leer
Vandag praat ons oor woorde en woordspeletjies. Sanet du Toit van Pretoria is my gas. Ek en Sanet het in 2017 kennis gemaak toe sy my vertel het van die teëltjies vir ʼn woordboubordspeletjie wat sy maak. Verlede jaar het alles vir haar verander toe 'n SA bordspeletjievervaardiger haar genader het om ʼn volwaardige bordspeletjie te begin ontwikkel. Ons gesels oor speletjies en entrepreneurskap. En hoekom tuisskolers so lief is vir bordspeletjies.Meer inligting hier:https://www.facebook.com/TelJouWoordehttps://www.spoetnik.co.za/african-safari
2021-02-10
15 min
Oolfant se potgooi
Maak dinge pasklaar vir jou kind
In hierdie week se potgooi-episode gesels ek en Janet Kieswetter land en sand oor hoe om jou kinders te leer lees. Janet is ʼn tuisskoolma met vyf meisiekinders. Sy het (of is besig) om hulle al vyf met sukses te leer lees. En sy het oulike, kreatiewe planne wat dinge vir jou makliker kan maak.Vind hier meer uit oor Janet se produkte: https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/
2021-02-09
17 min
Oolfant se potgooi
Voorlees is 'n geskenk wat hou en hou
Hierdie week op die oolfant potgooi praat ek met tuisskoolma, Hannekie Verwoerd. Sy is ook ʼn bedrewe en begeesterde taal- en spraakterapeut. As ons twee praat, raak ons altyd ʼn bietjie meegevoer oor Afrikaanse boeke. So, wees gewaarsku.Hannekie verduidelik in hierdie onderhoud van ʼn nuwe voordeel van voorlees waaraan sy onlangs gedink het.
2021-02-08
25 min
Oolfant se potgooi
Nie net een regte manier om te tuisskool nie
Daar is nie net een regte manier om te tuisskool nie. Daar is baie van hulle. Die belangrike is dat jy jou eie roete vind.
2021-02-06
23 min
The Glenzito Superdrive
Karin van Oostrum, CEO of the Pestalozzi Trust
Home schooling is fast becoming an option for some families in South Africa. Home schooling was incorporated into the SA Schools Act of 1996. This week South Africa will host the first ever African Home Education Indaba Conference and to speak to us more we have Karin van Oostrum, CEO of the Pestalozzi Trust.
2019-10-14
09 min