Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Karin Van Oostrum

Shows

Oolfant se potgooiOolfant se potgooiGee jou Kind 'n Hupstoot deur Voorlees!Bekommerd oor jou kind se taal? Of sommer net lus om ’n baie aangename gewoonte saam met jou kind te vorm? Kom hoor wat is al die ongelooflike voordele van voorlees en dat dit ’n ongeëwenaarde manier is om jou kind se verbeelding en kreatiwiteit vlerke te gee. Ons gesels oor WAT om te lees, en wat lewende boeke nou eintlik is. Ons gesels ook oor HOE om voor te lees en wat terugvertel en onderdompelingslees is.  20% Afslag op alle oolfant-produkte tot 31 Augustus 2024! Moet dit...2024-08-2620 minOolfant se potgooiOolfant se potgooi'n Hegte gesin deel STORIES!’n Hegte gesin deel stories! Akademie is maar een klein deeltjie van die lewe. Dis die ander deel wat jou kinders gaan onthou lank nadat hulle klaar is met skool, die dinge wat julle gesin saam gedoen het en onbreekbare bande tussen julle laat ontstaan het.  Kom luister hoe jy jou kind se nuuskierigheid oor waar hy én jy vandaan kom kan gebruik om hom stewig in sy geskiedenis te anker, en om hom met selfvertroue die toekoms te kan laat ingaan. En al wat jy eintlik hoef te doen, is gesels en stories te vertel...2024-06-2820 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiLaat hulle SPEEL!Is jou senuwees klaar, want dit lyk of jou kind aldag en heeldag net speel? En nog erger, sê nou net iemand sien hom speel in “skooltyd”? Maar tog kan jy jou so bekommer as jou nie kan of wil speel nie... Kom luister hier hoekom jou instink reg is – hoekom ‘n spelende kind ‘n gesonde kind is,   hoekom speel eintlik amper so belangrik as asemhaal vir jou kind is (en vir jouself ook...ja, jy moet self ook genoeg speel), wat speel nou eintlik is en hoe jy jou kind kan aanmoedig om meer te speel....2023-12-1321 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiHou hulle vas!Hou hulle vas! Is jy en jou kind op dieselfde golflengte? Nee, ek bedoel nou regtig: Kan julle mekaar opvang?Kom hoor hoekom dit so belangrik is dat daar ‘n sterk band tussen jou en jou kind bestaan, veral as jy bekommerd is oor die waardes wat jou kind in die skool of in die kurrikulum moet leer. Kom hoor hoekom die ouvroustorie van “Kry jou kind nou los van jou rokspante!” regtig uitgedien is, hoekom jy hom maar mag en moet vashou, en les bes, hoe jy die band tussen julle kan smee en...2023-07-2619 minOolfant se potgooiOolfant se potgooi‘n Wenresep vir JOU tuisonderwysIn hierdie potgooi gee ek vir jou ‘n wenresep vir tuisonderwys – en hy het net 4 bestanddele!Kom hoor ‘n bietjie wat die kernbestanddele is vir ‘n wenresep vir jóú tuisonderwys. Dis eintlik baie eenvoudig – so eenvoudig soos broodbak. Net ‘n paar kernbestanddele maak ‘n spogbroodjie. Waag dit om jou kop skoon te maak, en jou los te wriemel uit die web van ingewikkelde, moeisame, soms baie vervelige en spannende dae. Fokus op die kernbestanddele. Dit kan regtig gedoen word. Onthou: dis nooit te laat om ‘n nuwe blaadjie om te slaan nie!NS: Net om jou te herin...2023-04-0322 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiOntskoling (“Deschooling”): ʼn nuwe dag breek vir jou aan!Sukkel jy en jou kind om van die “skool” in julle tuisskool ontslae te raak?   In hierdie potgooi kyk ek saam met jou na wat ontskoling ("deschooling")  eintlik is, hoe dit verskil van “unschooling” en wat jy en jou kind kan doen om te “detoks” of van die hardnekkige idees in julle agterkoppe ontslae te raak.  Dis daardie idees wat jy eintlik weet al lankal deur navorsing verkeerd bewys is, maar om die een of ander rede steek hulle vas in jou agterkop, en regeer jou en jou tuisskool met ʼn ysterhand. Dit maak jou ongelukkig en onseker en vie...2022-11-2219 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiWaarheen is jy op pad met jou tuisonderwys?Draai jou kop van al die advies wat jy kry, en trek jou maag op ʼn knop van angstigheid?In hierdie potgooi gee ek vir jou 4 stappe om jou te help om vir julle gesin langtermyndoelwitte of ʼn eindbestemming met julle tuisonderwys te bepaal. Wanneer jy weet wat jou eintlike eindbestemming is, begin jou benoudheid bedaar, kan jy begin glimlag en ontspan, selfs al voel dit of jou tuisskoolbootjie deur storms geteister word of in ʼn frustrerende windstilte roerloos lê. Jy kan met selfvertroue die muitery aan boord hanteer. Jy kan ook onderskei  watter advies van die stuurm...2022-11-0520 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiHoe haal ek my kinders uit die skool...en hoe sit ek hulle weer terug?In hierdie episode beantwoord ek twee vrae wat ek dikwels kry: ·        Hoe haal ek my kind uit die skool, en ·        Hoe sit ek my kind terug in die skool (as ek moet)Al is jou kind klaar uit die skool, en jy beplan miskien om jou kind so nimmer as te nooit weer in die skool te sit nie, is daar gedurig iemand wat mens teëkom wat radeloos is oor hierdie twee vrae. Stuur dit gerus aan.Ek vertel ook vir jou kortliks hoe ons Van Oostrums begin tuisskool het, en gee vir jou ʼn...2022-10-0820 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiOolfant kry 'n nuwe baasOolfant het van 1 Augustus ʼn nuwe baas. En dis niemand anders nie as Karin van Oostrum van Pestalozzi Trust faam. Luister in hierdie episode:·       na al die planne wat Karin met oolfant het·       hoekom sy besluit het om oolfant te koop·       hoe haar liefde vir Afrikaans haar ook na die liefde van haar lewe gelei hetKry hier meer inligting oor die oolfant kursusse:https://tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/2022-07-2721 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiVir tye wanneer jy net so moeg is“Ek vind myself verby gedaan,” so skryf ʼn uitgeputte ma onlangs vir my.Sy vertel van die twee keer wat hulle in die laaste jaar getrek het. Van die nuwe baba. En dat die blote gedagte om nuwe Wiskunde konsepte aan haar negejarige en sewejarige te verduidelik oorweldigend voel. En dan vra sy moedeloos: “Wat stel jy voor vir die tye van die lewe wat Mamma net moeg is?”As jy so ʼn mamma is wat vandag net op is, in hierdie episode gee ek vir jou my 5 punt-plan om net weer moed te skep.2022-07-1311 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiDrie anderster vaardighede om jou kind te leerIn hierdie episode deel ek graag met jou drie anderster vaardighede deel wat ek dink elke liewe tuisgeskoolde kind moet hê. En ek gebruik stories om dit vir jou te verduidelik. So, hierdie episode is 'n lekker ene om saam met jou kinders te luister.Kom hoor die storie van die rooftog in die klaskamer.En die een van die seuntjie wat met die ketel gespeel het.En die een van die vrou wat nie geweet het hoe om haar eie skottelgoed te was nie.2022-06-2913 minOolfant se potgooiOolfant se potgooi“My tuisskool was 'n flop”ʼn Tuisskoolma het so ʼn week of wat gelede uitgereik omdat sy ontsteld was. Sy het haar kind formeel laat evalueer, omdat haar veertienjarige daarop aandring om terug te gaan skool toe. En die uitslae wat beroerd. Ek was ook al daar. Daar was ʼn geleentheid toe my seun Johannes ook omtrent so veertien was en ons besluite oor hoërskool moes begin neem het. Ek het hom laat evalueer deur ʼn opvoedkundige sielkundige. Ramp! Maar ons het dit oorkom en deesdae is Johannes ʼn A-student. Om ʼn greep te kry op die probleem as jy in jouself begin twyfel, verduidelik ek in hie...2022-06-1513 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiKry so selfvertroue in tuisonderwysAs mens tuisskool, smag jy so baie keer na daardie “ek weet presies wat ek doen” gevoel. Die selfvertroue, die vaste wete dat jy op die regte pad is. In hierdie potgooi wil ek vir jou die vier stappe gee wat jou uiteindelik gaan lei tot by “ek weet presies wat ek doen as tuisskoler.”Die groot probleem vir die meeste van ons, is dat ons daardie gevoel op die verkeerde tydstip verwag. Vir hierdie episode maak ek staat op ʼn bekende video oor entrepreneurskap deur die skrywer en denker Dan Sullivan met die naam “The four C’s”...2022-06-0111 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiMoet ek oorskakel na Engels as voertaal?ʼn Vraag wat ek nogal dikwels kry is die een oor die taal van onderrig. Of om die vraag meer spesifiek te stel: moet ek oorskakel Engels toe.In hierdie potgooiepisode deel ek graag met jou twee vrae oor voertaal en my antwoorde daarop. Dit kan jou dalk ook help as jy met hierdie kwessie spook. Maar daar is ook wenke as jou kinders voel hulle is nie goed genoeg voel nie. En hoe jy as ma makliker besluite kan neem.2022-05-1812 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiKry so jou energie terugAs ʼn ma het jy baie ysters in die vuur. Kos en klere van jou gesin. Hulle gesondheid, hulle hele welstand. ʼn Huishouding wat jy flink probeer bestuur. En as jy ʼn tuisskoolma is raak jou werklading nog groter. Die kinders se hele leerplan, om hulle self te leer lees en skryf of seker te maak hulle doen die werk as julle ʼn voorgeskrewe kurrikulum gebruik. En talle tuisskoolma’s het baie keer nog ʼn bedryfie op die kantlyn aan die gang om gaatjies in die huishouding toe te stop. In hierdie week se potgo...2022-05-0410 minOolfant se potgooiOolfant se potgooi6 dinge wat jy met jou 6-jarige moet doenWat moet ek met my voorskoolse kind doen, vra elke ma haarself af as haar kind naby skoolgaande ouderdom kom. Hoe weet ek ek doen genoeg? Doen ek te veel? Hoe stimuleer ek my kind sonder om hom of haar moeg te maak vir leer?  In hierdie week se potgooi deel ek graag met jou die antwoord op die vraag: watter ses dinge moet jy met jou sesjarige doen? Maar daardie titel is net gekies omdat dit ʼn lekker opskrif gemaak het. Die ses dinge wat ek vandag met jou wil deel, is eintlik goeie idees vir...2022-04-2018 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiGaan dit in die eksamen wees?Die bemarkingskenner Seth Godin, wat beslis ook ʼn bietjie van filosoof is, het laat in 2021 in een van sy e-posse gepraat oor die gevaar om altyd te vra: gaan dit in die eksamen wees?Daardie vraag veroorsaak dat ons kinders nie regtig leer nie. Hulle leer net om eksamens deur te kom.Dis iets wat ons as tuisskolers taamlik frustreer. En ek dink dis een van die hoofredes waarom baie van ons besluit het om te begin tuisskool. Jy weet nou al ek sê gedurig ons wil graag van ons kinders lewenslange leerders maak. Ons...2022-04-0709 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiHoekom bietjie werk elke dag so goed werkJy weet nou al ek ʼn groot voorstander is van die leuse bietjie werk plus elke dag. In hierdie week se potgooi wil ek vir jou drie redes gee waarom ek so baie van hierdie leuse hou.En dan wil ek met jou ʼn baie interessante storie deel wat duidelik vir jou gaan wys hoekom dit werk.2022-03-2407 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiJy kan kies hoe jy wil voelEmosie IS hoe ons hierdie fisiese lewe in ons lywe ervaar. Daarom is gevoelens nooit verkeerd nie, maar ʼn noodsaaklike deel van ons aardse bestaan.  ʼn Lewe sonder emosie sal taamlik saai wees.  Die probleme met ons gevoelens kom in as ons sekere emosies uit gewoonte ervaar en nie eens agterkom hoe ons hulle self met ons eie gedagtes skep nie. Voeg dan nog verder die skuld en skaamte oor negatiewe gevoelens soos irritasie of aggressie wat ons ervaar en nou raak ons in die moeilikheid oor ons emosies. Baie van ons, en veral van ons t...2022-03-0928 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiVoed jou kind se siel op hierdie kreatiewe manierCollette van Rheede van Oudtshoorn is ʼn tuisskoolma van vyf. Maar Collette is ook ʼn passievolle kunstenaar. En nou het sy ʼn kunsprogram in die vorm van ʼn e-boek beskikbaar om die lewe vir ander ma’s soos jy bietjie makliker te maak.Haar visie was om ʼn gebruikersvriendelike kunskurrikulum aanmekaar te sit wat Bybelbaseer is.  “Ek word deur die Skrif inspireer vir my kuns en dit voel vir my of kinders en selfs grootmense die Bybelverse baie beter onthou as dit visueel ook uitgebeeld word. Die assosiasie verskerp die geheue,” verduidelik Collette.  Vir hierdie kunskurrikulum van haar is die tema g...2022-02-2333 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiPen en papier steeds die beste manierIn hierdie week se potgooi dink ek na of dit enigsins nog nodig is dat ons ons kinders met pen en papier moet laat skryf. Wees oopkop saam met my en kom ons kom saam agter die kap van die byl oor die redes waarom ons steeds ons kinders op papier moet laat skryf.Vind onder andere uit:van die drie groot voordele wat neerskryf inhouhoe jy ʼn praktiese kind makliker aan die skryf kan kryhoe jy jou kunssinnige kind kan inspireer om meer te skryfwat die een belangrike ding is wat jy oor skryf moet verstaanhoe r...2022-02-0916 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiDie waarde van taalontwikkeling? Legio!Hoekom is dit so ʼn goeie belegging van jou tyd om soveel aandag aan taalontwikkeling te gee? Die voordele van goeie taalvaardighede is legio. Soos dat jou kind:makliker leer leesvinniger vlot leer leesbeter leesbegrip hetvinniger kan leesminder foute maak wanneer hulle leesmakliker kan memoriseerverduidelikings kan volg (dink byvoorbeeld aan wiskunde...)die hoofgedagte van ʼn stuk skryfwerk makliker identifiseer (dit help so baie as hy of sy opsommings moet maak).Maar kinders met goeie taalontwikkeling skryf ook beter. Spel ook beter. En hulle kry enige taalwerk makliker onder die knie. In hierdie week se potgooi gesels ek met...2022-01-2643 minOolfant se potgooiOolfant se potgooi“Dis hoekom jou kinders vir hulleself moet leer dink”“Ons het die hele wêreld daarbuite. Dis soos hierdie buffet waarvan jy kan afeet. Gaan soek die disse wat jy van hou en wat jou opgewonde maak.”Aan die woord is tuisskoolma, Lizelle Rademeyer. En hierbo is haar gedagtes oor die vryheid wat tuisonderwys mens bied. Sy het drie kinders en is nou regtig ʼn Wiskunde-entoesias.In hierdie week se potgooiepisode praat ons Wiskunde Olimpiades en hoekom Lizelle haar kinders daaraan laat deelneem. (Terloops, hulle vaar uitstekend daarmee. )Lizelle deel ook haar idees hoekom mens nie vir jou kinders reseppies in Wiskunde moet leer n...2022-01-1924 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiHoe om sonder 'n bokskurrikulum te tuisskoolIn hierdie episode gaan jy leer hoe om sonder ʼn bokskurrikulum te tuisskool selfs al het jy nie ʼn idee waar om te begin nie.Kom vind uit wat die drie geheime oor onderwys is wat jou vir altyd anders na tuisskool sal laat kyk. Leer ook van ʼn eenvoudige 4-pilaar-raamwerk wat jy kan gebruik om seker te maak jy bly op koers as ʼn eklektiese tuisskoler.Vir meer inligting oor die oolfant spesiale aanbod wat tans aan die gang is, gaan na oolfant.com. 2022-01-1332 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiGesoute tuisskoolma se 7 geheime vir tuisskoolsuksesVir hierdie heel laaste potgooiepisode van 2021 is dit vir my baie lekker om met ʼn gesoute tuisskoolma te gesels en al haar raad en wenke om van tuisonderrig ʼn sukses te maak met jou te deel.Ek gesels met Willemien Kruger, die skepper van Omvattend Afrikaans.Sy het drie kinders en het met elkeen van hulle ʼn ander matriekroete geloop. Haar dogter, wat nou 21 jaar oud is, het uitmuntend met Cambridge gevaar en het met die beste punt in die hele land weggestap vir Afrikaans op A-vlak. Sy het ook uitstekende uitslae in veral Wiskunde behaal.Maa...2021-12-0838 minOolfant se potgooiOolfant se potgooiReis sing-sing en speel-speel deur Suid-AfrikaHierdie week stel ek graag twee tuisskoolma’s bekend wat ʼn Aardrykskunde kurrikulum vir hulle eie kinders ontwikkel het wat hulle graag saam met ander ma’s in ʼn ko-op wou gebruik. Maar soos wat die jaar aangestap het, het Annerien Potgieter en Martie Erasmus besef die leerplan is so heerlik dat hulle besluit het om ʼn boek daarvan te maak en dit ook aan ander ma’s beskikbaar te stel.Die boek is in 13 hoofstukke verdeel, een oor elke provisie van Suid-Afrika. Verder ook die inleidende hoofstuk oor waar Suid-Afrika in die groter kontinent van Afrika inpas. Die slothoofstukke is sameva...2021-12-0122 minOolfant se potgooiOolfant se potgooi'n Makliker manier om te tuisskoolIs jy moedeloos omdat jou kinders so oorwerk is?Breek jou hart as hulle moeg-moeg aangeslof kom om hulle werk te doen?Sê jy vir jouself dis nie wat jy in gedagte gehad het toe jy begin tuisskool het nie?As jy maar net die moed kon kry om jou eie leerplan saam te stel?Maar hoe doen jy dit? En hoe maak jy seker jy dek al die belangrike goed in jou onderwysplan?Bemagtig jouself!Spring volgende jaar met jou eie leerplan weg. Bring di...2021-11-2525 min