podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Kerksondermure
Shows
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Minder verwagting, meer vervulling
Ons diepste begeerte vir “minder van myself en meer van Jesus”, kan beteken dat ek soms teleurgesteld word in my verwagting. Wanneer Jesus my vertrou met die “nie weet nie”, moet ek mooi oplet...
2026-03-09
29 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Marta en Maria: Wanneer minder en meer alles verander
‘n Broer. Twee susters. ‘n Dorpie met min betekenis. Iemand sterf. Jesus daag dan op. ‘n Wonderwerk. Radikale verandering. Minder en meer is woorde wat herdefinieer word. ‘n Dorpie met min betekenis kry nuwe betekenis. Twee susters. ‘n Broer. ‘n Nuwe roeping.
2026-03-09
30 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marias | Moenie Sy stilte as afwesigheid interpresteer nie
As kinders van die Here het ons soms die ervaring dat die Here ons nie so gou help as wat ons wil hê Hy ons moet help nie. Ander kere voel dit vir ons of die Here “wegstap” van ons problem af. Die verhaal van Johannes die Doper wys vir ons dat ons nie die Here se stilte as sy afwesigheid moet interpreteer nie. Hy is God en sy planne is nie ons planne nie en sy denke is nie ons denke nie.
2026-03-02
25 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Minder of meer – Johannes die Doper
In die lewe vandag is dit vir baie mense belangrik om raak gesien te word. Hulle wil graag belangrik wees. Om dit reguit te stel: om great te wees is baie se doelwit wat hulle najaag. Dis tyd dat ons tot stilstand kom en diep dink en besin oor wat is waarlik belangrik in die oë van die Here. Wat is dit waarna Hy kyk en soek om ware greatness raak te sien? Kom ons leer van en by Johannes die Doper – iemand wat ‘n groot en belangrike rol in die geskiedenis van die wêreld speel. Sy lewe vanaf...
2026-03-02
29 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | ‘n Maaltyd soos geen ander nie
‘n Maaltyd soos geen ander, ‘n fees waarna jy genooi is – save the date en sien jou Sondag
2026-02-23
29 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Ken en vertrou
‘n Mens vertrou baie moeilik iemand wat jy nie ken nie. Vandag beantwoord ons die vraag of dit dalk ook waar kan wees in ons verhouding met God.
2026-02-23
21 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marias | Hou jou oog gevestig op Jesus, ten spyte van die storms
Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk. Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raak dat Ek by jou in hierdie storm is.”
2026-02-16
20 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Hou aan hoop
Vir die lewe op sy beste, ook buite jou gemaksone het ons iets baie besonders nodig. Mens noem dit hoop. Maar is hoop altyd genoeg?
2026-02-16
25 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | As jy moet vra, loop of klim, doen dit saam met Jesus
Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe.Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding met sy eie vrees in die midde van 'n storm op die See van Galilea. Terwyl hy dit waag om Jesus te toets ("Here, As U U...
2026-02-09
29 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Vrees: Ons Grootste Vyand om in beweging te kom
Vrees is baie keer die grootste vyand in ons lewens, wat ons verhoed om te beleef hoe groot en almagtig God is. In Petrus se lewe, sien ons dat ‘n beweging - of dit nou uit vrees of waagmoed was - een is waar Petrus ontdek dat God reeds teenwoordig is in sy situasie.
2026-02-09
28 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Die seisoene van vrees en vertroue
Van die dag wat ons gebore word moet ons ander vertrou. Almal se unieke reise bevat verskillende ervarings van vrees en vertroue. Dit is die dinge wat ons bang maak, wat ons help om te verstaan wie ons is, en ook wie ons nie hoef te wees nie. Dit skep ook die potensiaal vir nuwe seisoene van vertroue. Jesus leer baie oor vertroue en vrees.
2026-02-09
30 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Die tragedie van die onoopgemaakte geskenk
God is ‘n vrygewige God. Hy seën sy kinders met gawes. Sy bedoeling met gawes is dat dit eintlik geskenke (gifts) is wat ons moet gaan uitdeel in hierdie stukkende wêreld om dit ‘n beter plek te maak. Hierdie geskenke is Hy ernstig oor, want elke mens is vir Hom belangrik. Hy vra van sy kinders opoffering en diensbaarheid ter wille van ander. Hy wil nie hê ons moet die geskenke onoopgemaak laat nie. Dit moet uitgedeel word! Dit moet gebruik word! Dit moet mense se lewens aanraak en verander! Luister gerus na God se hart uit sy Woor...
2026-02-02
35 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Die Tragedie van: As ek maar net...
”As ek maar net...” het jy dit dalk al gesê? Wel jy is nie alleen nie. Kom luister saam, voor jy dalk jou woorde moet sluk.
2026-02-02
23 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Om die Here te toets is om te kry wat jy vra!
Toe kry Petrus wat hy wou hê: sy waterloop! Toe nooi Jesus hom uit om op die stormwater te kom loop. Dit het hy nie sien kom nie. Petrus en die ander dissipels het gedink Jesus is 'n spook. Hy het Jesus juis so 'n bietjie getoets: As U regtig U is..." Maar Petrus het een goeie ding gedoen. Hy het bygevoeg: "Sê ek moet na U toe kom.' Toe kry hy sy wens. Toe loop Hy na Jesus toe, die groot "Ek is." Toe word sy toets waar.Maar toe wag Jesus hom ook met genade in toe...
2026-01-26
25 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Geroep om uit die boot te klim
Net na Jesus die dissipels met ‘n boot oor ‘n meer gestuur het, steek daar ‘n storm op. Die dissipels was bang, en toe kom Jesus na hulle aangestap op die water. Hy is kalm op die onveilige water, en hulle vreesbevange in die veilige boot. En toe roep Jesus hom, die brawe een, uit op die oop water – na veiligheid.
2026-01-26
29 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marais | Geroep om uit die boot te klim
Soms voel dit vir ons of ons in die middel van ‘n storm heeltyd die wind van voor kry. Ons swem onder die golwe en in die donker nag wonder ons waar die Here is. Matteus 14 nooi ons uit om juis in sulke omstandighede ons oë oop te hou vir die Here wat naby is. Ons word uitgenooi en uitgedaag om Sy stem te gehoorsaam en om uit die boot te klim sodat ons kan wees waar Hy is.
2026-01-26
25 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Die rede vir ons bestaan
Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.
2026-01-19
24 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Die rede vir ons bestaan
Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.
2026-01-19
26 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marais | Die Messias belowe seën, maar eis (liefdevolle) geregtigheid
2026-01-12
29 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Jesus is... regtig Immanuel
2026-01-05
31 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly
2026-01-05
30 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Geloof is...
2026-01-05
32 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | 'n Lig het geskyn
2026-01-05
24 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Wat is God se wil vir my, in 2026
Aan die begin van die jaar, vra mense dikwels die vraag: ‘Ek wonder wat die nuwe jaar vir my gaan inhou.’ Vir Christene is die vraag baie keer niks anders as om te vra: ‘Ek wonder wat is God se wil vir my in hierdie jaar nie.’ In hierdie boodskap ontdek ons dat ons kan weet wat God se wil is, wat dit is, en hoe ons ons lewens daarmee kan belyn.
2026-01-05
26 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Wees sterk en vasberade in 2026
‘n Nuwe jaar is op hande – ‘n jaar vol nuwe geleenthede, maar ook uitdagings. Op weg na die onbekende leer ons by Josua kosbare wyshede waarmee ons hierdie jaar kan binnegaan.
2026-01-05
29 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Jesus bring ‘n swaard vir die siel
In vandag se boodskap stop ons by Simeon, ‘n ou oom, wat twee profesieë oor Jesus uitspreek. Hy meld twee dinge wat Jesus gaan kom doen. Eerstens, Jesus gaan konflik bring tussen mense, en tweedens, Jesus gaan konflik bring binne mense. Vandag ontdek ons wat dit beteken.
2025-12-30
31 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | ‘n Lig het geskyn...
Kersfees is nie ‘n sentimentele verhaal nie en help ons daarom om realisties te kyk na ons lewe in hierdie wêreld. Dis ‘n donker wêreld (nie hopeloos nie), waarin ons nooit ons weg sal vind nie, tensy Jesus ons Lig is nie.
2025-12-30
25 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly
Wanneer ons dink aan engele wat mense besoek dan dink ons aan Maria, Sagaria, Elisabet... Ons vergeet soms dat Jesus se aardse pa, Josef, ook deur ‘n engel besoek was in ‘n droom. Daardie ontmoeting help ons om te verstaan wie Jesus regtig is, gister, vandag, en tans hier.
2025-12-30
31 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Geloof is...
Kersfees kondig die grootste gebeurtenis in die geskiedenis aan: GOD HET MENS GEWORD. Dié gebeurtenis vra van jou en my om dit nie net te hoor nie, maar juis van harte te glo. Maar wat is geloof? Ons sien in die Kersverhaal hoe Maria se geloof gevorm word en juis daarin sien ons ‘n model vir ons eie geloof. Kom ontdek saam wat Geloof is...
2025-12-30
25 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marais | Vier waarhede uit Jesus se geslagsregister
Ons almal het soms die ervaring dat die Here baie lank vat om ons gebede te verhoor. Die geslagsregister van Jesus Christus herinner ons daaraan dat die Here altyd sy beloftes hou. Hy hou sy woord, Hy kom sy beloftes na, maar dikwels voel dit of hy talm. Ons taak en voorreg is om te bly wag op die Here. Hy is nooit laat nie.
2025-12-08
32 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | God se hart in ‘n lys
Matteus begin sy vertelling van die Kersverhaal met ‘n lang, op die oog af, amper uitputtende geslagsregister. Wanneer ‘n mens hierdie lys name lees, kan jy amper nie wag om dit agter die rug te kry, sodat jy by die aksie kan uitkom nie.Maar jy sal ‘n fout maak om dit oor te slaan, want in hierdie geslagsregister is daar ‘n paar uiters betekenisvolle waarhede. Waarhede wat vir ons so baie vertel van Wie God is en van wie ons is.
2025-12-08
21 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | ‘n Antieke loflied vir moderne mense
Lukas se evangelie begin met drie lofliedere aan God deur verskillende mense. Jy kan elkeen van daardie lofliedere deel maak van jou lewe in hierdie Kerstyd, en veral omdat ons vandag die doop van kinders ook vier.
2025-12-03
26 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Wees gehoorsaam....dis dade en aksie
Gehoorsaamheid is vir die Here belangrik – nie omdat Hy die baas of werkgewer is nie, maar juis omdat Hy jou Vader is. Hy wil hê jy moet gehoorsaam wees ter wille van jou oorvloedige- en oorwinningslewe. Kom ons leer by mense soos Abraham, Daniël en ook Petrus oor die vrug van gehoorsaamheid. Terselfdertyd moet ons diep bewus wees dat die Evangelie alleen gehoorsaamheid moontlik maak in ons lewens. Kom ons kom in beweging! Kom ons gaan oor tot aksie! Kom ons verheerlik God met gehoorsame lewens.
2025-11-24
41 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | “Lig en duisternis en ‘n onverwagse fees”
Vandag neem ons ’n eerlike reis deur Psalm 88, een van die donkerste psalms in die Bybel. Ons ontdek saam hoe God dikwels in ons diepste donkerte werk — soos tydens Jesus se geboorte in ’n stal vol skaduwees en Sy dood aan die kruis, waar Hy self die duisternis binnegaan om lig te bring. Die preek nooi jou om te sien hoe geloof ook in stilte groei, hoe lig selfs in die nag kan skyn, en hoe God telkens van ons donkerste oomblikke ’n onverwagse fees van hoop en genade maak.
2025-11-17
20 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Hoe maak ek met donker tye?
Hoe maak ek met donker tye? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof die Here van my vergeet het, en my net verlaat het? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof duisternis ‘n beter vriend is, as God? Psalm 88 help ons om nuwe perspektief te kry op hierdie vrae, en help ons om opnuut te ontdek wat Jesus se kruisdood regtig vir ons beteken.
2025-11-17
33 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Die geboortegrond van dankbaarheid
Vandag se kultuur, en heeltemal te veel mense in hierdie kultuur, is ondankbaar en ontevrede. Dit, terwyl die Here wil hê sy volgelinge moet leef met oorloop-harte propvol dankbaarheid. Wel, dit is nie altyd maklik nie, want die lewe is met tye ingewikkeld en uitdagend. In hierdie boodskap gesels ons oor ‘n wonderlike geestelike dissipline wat jou prakties, hande en voete, kan help om ‘n dankbare mens te wees. Leer dit aan, doen dit gereeld en leef met ‘n hart vol dankbaarheid!
2025-11-10
32 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Vanaf "yesterday's hero" na 'n gestuurde van God
Elia is uit op sy voete aan die begin van 1 Konings 19. Hy vlug vir sy lewe. In die woestyn vra hy selfs vir God om 'n einde aan dit alles te bring. Dan daag 'n engel by hom op met lewenskos, want God het 'n nuwe onmoeting met Elia in gedagte. Hy wil Homself opnuut openbaar aan sy kneg op sy heilige berg waar Hy ook vir Moses ontmoet het. Hierna loop Elia terug op sy eie spore, maar nou doen hy dit met 'n nuwe doel en roeping. God verander ons ook deur Sy Gees wanneer ons Hom reg o...
2025-11-10
32 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Die groot vraag: Hoe kan ek in verhouding met God staan?
Miga vra die belangrikste vraag wat enige iemand kan vra. Die vraag is: Hoe kan ek, as klein swak mens, met die ewige en hoë God, in verhouding wees? Miga gee twee verkeerde antwoorde, en dan eers kom hy by die regte antwoord uit. In hierdie preek ontdek ons wat dit is.
2025-11-03
29 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Maak Jesus sigbaar
Ons lees reeds in die eerste hoofstuk van die Bybel dat die mens as beeld van God geskape is. Hierdie beeld het egter ernstige skade gekry en moes herstel word. Wat het gebeur en natuurlik, wat nou? Hoe neem ons deel aan die herstel-proses? Daarom vandag se tema: Maak Jesus sigbaar.
2025-11-03
28 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Die genade van vrygewigheid
Dit is die tyd van die jaar waar ons geskenke koop. ‘n Tyd van GEE. Daarom is dit ook gepas dat ons nadink oor die geskenk van GEE, aldus vrygewigheid. Ons ontdek vanuit die gelykenis van die ryk jongman dat geld gevaarlik kan wees vir ons geestelike lewe en daarom die vraag: Wat is die antwoord vir dié gevaar?
2025-10-27
30 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Hoe lyk ‘n Christen?
Die andersheid van die eerste gelowiges het tot gevolg gehad dat die vroeë kerk dramaties gegroei het. Een van die mees sigbare uitdrukkings van hulle andersheid was hulle radikale vrygewigheid. Vandag gaan ons kyk na twee dinge wat hulle gemotiveer het om so te leef en na wat dit vir ons lewens vandag beteken.
2025-10-27
27 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Om dieper te kan luister
Om dieper te luister gaan nie net oor die mense in ons wêreld nie. Dit gaan ook oor hoe ons God hoor. Jesus kom leer ons hoe om op drie verskillende maniere te luister. Elk daarvan leer ons iets van wie Hy is, wie ons as mense is, en hoe ons die Jesuslewe nog meer kan ontdek.
2025-10-20
29 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Leef met ....Jesus se hart vir die behoeftiges
Dis nie ‘n positiewe waarneming as ‘n mens opmerk dat die wêreld se verre meerderheid mense in armoede leef nie. Met ander woorde, ons praat van behoeftig en hulle sukkel om in hul eie en hul gesin se basiese behoeftes te voorsien. Dis ‘n daaglikse oorlewingstryd. Verseker is hierdie realiteit vir die Here belangrik en praat Hy daaroor in sy Woord. Die wagwoorde van ‘n gelowige in hierdie wêreld behoort dankbaarheid en vrygewigheid te wees. Leef met oop harte en oop hande. Reageer soos Jesus met ‘n diep en werklike liefde wat omgee en uitreik na behoeftige mense. Jy wo...
2025-10-20
30 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Kyk na my
Ons gesels oor die verlamde man by die Mooipoort in die Tempel. Die Heilige Gees laat Jesus se volgelinge anders kyk na ander en laat ons anders optree teenoor ander.
2025-10-13
27 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Hoe gaan dit, PA
‘n Vriend van my het gebruik dikwels die gesegde: Moeilikheid is ons besigheid... dit kan sekerlik vir baie dinge staan, maar dan ook vir die KERK, nie waar nie? Deur die eeue heen is die Kerk bekend daarvoor dat daar nie gevlug word vir moeilikheid nie, maar eerder na dit toe getreë word. Sedert die opstanding van Jesus het hierdie beweging die wêreld getref juis omdat dit NA die nood toe beweeg het. Vandag staan ons stil by twee manne van die Bybel – een uit die OT en een uit die NT wat beide in moeilike omstandighede vir ons wy...
2025-10-13
31 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Wysheid vir die pad tot by die wederkoms: Vier padwysers!
Jesus is op rekord in Matteus 24-25 dat die wederkoms onverwags gaan plaasvind. In vier gelykenisse vertel Hy dan vir ons hoe ons met geloof en wysheid moet leef tot en net die dag van die Here. Ons moet eerstens soos goeie werkers wees wat omgee vir mekaar (Matteus 24:45-51). Ook moet ons soos wyse jongmeisies by ‘n bruilof wees wat hemelse olie in ons lampe het Matteus 25:1-12). Tussendeur moet ons woeker met die kosbare skatte wat God aan ons elkeen toevertrou (Matteus 25:14-30). Ons moet uiteindelik ook die goeie skape op die dag van die Here wees wat...
2025-10-06
29 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Jesus, kinders, grense
“Jesus wys in Markus dat kinders oor alle grense heen – ryk of arm, binne die ‘regte’ groep of buite dit, onbelangrik of gesien – die hart van die Koninkryk is. Hoe ons kinders ontvang en in hulle belê, wys hoe ons Hom self ontvang.”
2025-10-06
29 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Kom in, sonder moeite
“Moet dit nie moeilik maak vir hulle om by God uit te kom nie.” Dit is Paulus se appèl aan gelowiges, want hy verstaan dat Jesus nog altyd mense wou laat inkom, en deel maak van God se familie. Jesus kom demonstreer dat selfs die kleinste kindertjies vir Hom belangrik is, en daarom moet die volgende generasie net so belangrik wees vir die kerk om seker te maak dat hulle sonder moeite kan inkom.
2025-10-06
32 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | ’n Lewe vol... veerkragtigheid
Die woord “veerkragtigheid” word baie wyd gebruik. Dis ‘n tipe van gewilde in-woord - selfs ietwat van ‘n cliché. Sê die Woord enige iets daaroor? Is dit enigsins op God se hart vir sy kinders? Die realiteit is dat dit gereeld met almal, gelowiges en ongelowiges uitdagend en swaar gaan. Verseker is veerkragtigheid belangrik. Verseker is veerkragtig in die eerste plek ‘n Woord-beginsel. Luister en leer uit die Woord oor die belangrike saak.
2025-09-29
34 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Moenie so skrik vir die wederkoms nie
Nooit het die Nuwe Testament bedoel dat die wederkoms as bangmaak-materiaal moet wees nie. Of dat die datum deur mense bereken moet word nie. Die dag van die Here kom onverwags (1 Tessalonisense 5:1-2). Jesus beplan geen voortydige ontruimingsaksies voor die wederkoms nie (Johannes 17:13-15). Tot by die wederkoms leef ons lig en in die Here se lig (1 Tessalonisense 5:4-5). Ons sien uit na die Dag van die Here. Almal wat reeds in Christus gesterf het en almal wat nog leef gaan Hom feestelik op die wolke gaan verwelkom hier op sy nuwe aarde (1 Tessalonisense 4:13-18). Ons sien uit na d...
2025-09-29
33 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | die WINS van die huis
Jesus daag ons uit om nuut te dink oor hoe lief God ons het in die verhaal van die verlore seuns. Vanuit die verhaal vind ons 4 letters wat 'n akroniem word vir 4 woorde. Daarom kan ons as gelowiges vandag sê die huis maak altyd WINS.
2025-09-22
27 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marais | die WINS van die huis
Iets gebeur wanneer argitekte en bouers saamwerk om ‘n indrukwekkende gebou te bou. As “lewende stene” is die Here besig om ons as gelowiges in sy geestelike huis in te bou. In dié huis, wat ons vandag die kerk noem, aanbid ons God, ons ontdek ons identiteit en ons word deel van ‘n netwerk van Christene wat die voorreg het om saam te dien. Maak jouself tuis in Sy huis!
2025-09-22
23 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Die vyand glimlag as ons hierdie dinge glo
Dit het op ‘n Sondag begin toe Jesus opgestaan het en ’n leë graf vol getuienis agtergelaat het.Dit het op ’n Sondag begin toe ‘n groep wat besig was om weg te kruip die lewende Here gesien en gehoor het toe Hy sê: Vrede vir julle.Sedertdien leef die Kerk vanuit die hoop wat Sondag bring. Sondag bevestig dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is en juis daarom ontdek, leer en leef ons die Jesuslewe want Sondag bring hoop. Hierdie groep mense, die ekklesia is ’n beweging wat gans anders is. Kom ontdek saam d...
2025-09-16
31 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Die vyand glimlag as ons hierdie dinge glo
In hierdie reeks oor die kerk, word ons herinner dat die vyand alles in sy vermoë sal doen:· om die kerk te weerhou om te verstaan wat God se plan vir die kerk is en · ons te weerhou om deel te neem aan hierdie missie waarvoor God ons so duidelik roep.
2025-09-16
33 min
Kerksondermure (KSM)
Neels Marais | ’n Kerk soos hierdie
Ons Here Jesus Christus, wat die hoof van die kerk is, wil hê dat ons ‘n sekere tipe kerk sal wees. Hy wil hê ons moet ‘n kerk wees waar sondaars welkom is. Ons moet ‘n kerk wees wat kan partytjie hou as mense terugdraai na God en Hy wil hê dat ons ‘n kerk sal bly wat klein is in haar eie oë. Kom verbind jouself opnuut weer aan die kerk wat die liggaam van Christus is.
2025-09-08
31 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | ’n Kerk soos hierdie
Ons praat in hierdie reeks oor die kerk waaroor Jesus droom en wat Hy besig is om te bou. In die verhaal van die verlore seun ontdek ons dat hierdie kerk nie styf of ontoeganklik is nie, maar ’n plek wat die vreugde en omhelsing van die Vader weerspieël. Die verhaal is ook ons verhaal, daarom kan ons saam met Jesus bou aan ‘n kerk soos hierdie.
2025-09-08
30 min
Kerksondermure (KSM)
Gerrit Visser | Ek glo daarom wil ek graag deelneem aan die ete van die Here
Die vroeë kerk was bekend as mense wat saam rondom tafels ontmoet het – vir meer as net iets om te eet. Dit was hulle daar ontdek het, is vandag nog inspirasie vir ons ontdekking van Jesus.
2025-09-01
26 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smit | Ek glo daarom wil ek graag deelneem aan die ete van die Here
Die ete van die Here, of Nagmaal, is altyd spesiaal. Dis ‘n geleentheid waar geloofsbroers en -susters saam om die tafel sit en terug dink aan die kruis en ook die leë graf. Dis ‘n feesgeleentheid juis omdat Jesus jou en my duur gekoop het en daarom kan ons saam sê en bid: “Ons Vader”. Dis ‘n voorreg om deel van ‘n geloofspan en geloofsfamilie te wees waar elkeen mekaar liefhet, aanvaar en saam woeker en ‘n verskil maak in hierdie wêreld. Wees deel van hierdie tyd van refleksie en ook fees. Wees deel van hierdie fees saam met ander.
2025-09-01
22 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede
Ons almal maak foute – maar God se genade is groter as ons skuld én ons skaamte. Soos Petrus wat Jesus verloën het en tog herstel is, wil Jesus jou ook ontmoet en herstel.
2025-08-25
28 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede
Ek dink nie ek is verkeerd as ek sê dat elkeen van ons al iewers in ons lewe gesukkel het met die gedagte dat God my kan vry maak van my verlede nie. Meeste van ons het al iewers gewens dat die lewe net ‘n undoknoppie het. Die realiteit is dat die lewe ongelukkig nie so met ons werk nie. Ons verlede haal ons baie keer in, en dan voel ons skuldig en skaam. “Wat moet ek maak om vry te kom van my verlede” is die vraag wat ons baie keer mee worstel. Hierdie boodskap help ons om te ontd...
2025-08-25
29 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is
Is jy al getref deur onreg of onregverdigheid? Sukkel jy as gelowige wanneer die wêreld so onregverdig is? Hoe maak gelowiges wanneer onreg jou tref? Hierdie week praat ons reguit oor die onregverdigheid van hierdie wêreld en hoe ons as gelowiges daardeur kan werk. Ek glo, daarom sukkel ek wanneer die lewe so onregverdig is...
2025-08-18
31 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is
Ek dink jy sal saam stem: die lewe is onregverdig. Dit is eintlik ‘n aanname van die lewe. Slegte goed gebeur met baie goeie mense. Gereeld is ek en jy op die plek van “hoekom” en “waarom”. Verseker kan ons God nie verstaan nie, maar ons kan Hom ken en dit is wat geloof uiteindelik is: om God diep en innig te ken, om ‘n naby pad met Hom te stap en intieme verhouding met Hom te hê. Ons leer baie hiervan by Job – ‘n baie goeie mens, ‘n werklike opregte mens wat ‘n mooi pad saam met die Here stap. En dan……...
2025-08-18
35 min
Kerksondermure (KSM)
Fanie Venter | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is
Ons leef in ‘n wêreld waarin dinge dikwels skeef loop. Op die groot wêreldtoneel, maar ook in ons persoonlike lewens. Wanneer dit gebeur beleef gelowiges baie kere dat die lewe onregverdig is. Vandag kyk ons na mense uit die Bybel se verhale om te probeer sin uitmaak van hierdie onregverdige onlogiese belewenisse. In ander woorde: is daar enige sin in ons persoonlike hartseer, pyn en teleurstelling?
2025-08-18
29 min
Kerksondermure (KSM)
Stephan Joubert | Ek glo daarom wil ek my nie só bekommer nie
Bekommernis is 'n geloofdief. Dit steel ons vreugde en vrede. Die enigste geneesmiddel is om geloof-vol te wees. Om Christus van harte te ken is om in sy vreugde te leef en in sy vrede. Dit is om nuut te dink. Dit is om met medelye tussen ander mense te leef. So 'n deurleefde geloof slaan kommer hok.
2025-08-11
29 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Ek glo daarom wil ek my nie só bekommer nie
Almal is bekommerd. Dis soms die politiek, of dalk die ekonomie, moenie jou kinders en hulle skoolprogramme weggooi nie. Dan is dit jou persoonlike finansies, of jou gesondheid. Bekommernis is ‘n hindernis en uitdaging vir almal. Jesus het 2 000 jaar gelede al ernstig, reguit en prakties daaroor gepraat. Hy gee raad en het duidelike grense en riglyne wat bekommernis aanbetref. Bekommernis en die hantering daarvan word deeglik in Matteus 6 as deel van die Bergpredikasie bespreek. Luister gerus na Jesus se goeie raad in hierdie boodskap.
2025-08-11
26 min
Kerksondermure (KSM)
Johan Smith | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken
Om God te ken en van God te weet, is twee verskillende dinge. Deur genade kan ‘n mens werklik in ‘n verhouding met die Here staan en vanuit die genade leef as ‘n nuwe mens. In ‘n verhouding met Jesus maak Hy jou lig en ‘n lieflike geur in hierdie donker wêreld. Soms is die liggie bietjie flou en die “geur” nie so lieflik nie. Ons fokus op 4 dinge. Dit sal help om God beter te ken, ‘n dieper verhouding met Hom te beleef en jou lig helder te laat skyn.
2025-08-04
33 min
Kerksondermure (KSM)
Stefan Fourie | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken
Het jy al gewonder oor jou geloofslewe, en gewonder en self getwyfel of jy dit regtig verstaan en ten volle beleef? Of dalk het jy al gevra, doen ek hierdie Jesuslewe-ding reg? Baie van ons sukkel met ‘n tipe van reddings-teologie en vergeet dat Jesus ons eintlik geroep het tot ‘n verhouding met Hom. Wanneer ek God net wil gebruik sodat ek gered kan word, dan mis ek iets groter van ‘n lewe vol betekenis met Hom. In hierdie boodskap ontdek ons dat hierdie verhouding waarvan Jesus praat, is nie om jou in die Hemel te kry nie, maar om die...
2025-08-04
30 min
Kerksondermure (KSM)
Colin Smith | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken
"Om die Here te ken, is die Ewige Lewe”, so sê Jesus in Johannes 17:3. Maar hoe groei ek in hierdie kennis? Hoe groei ek in my verhouding met Hom? Kom ontdek saam vyf maniere waarop ek en jy die Here regtig beter kan leer ken.
2025-08-04
30 min
Preke tot 2022
Vasgeverf? Ek ook. Stephan Joubert [14/06/2020]
Stephan Joubert het die 14de Junie 2020 gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-06-19
20 min
Preke tot 2022
Klein dingetjies tel groot vir die Here. Stephan Joubert [2020/05/10]
Stephan Joubert het die 10de Mei 2020 gepreek by Kerksondermure https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-05-15
21 min
Preke tot 2022
Op die lewenspad saam met Jesus. Stephan Joubert [2020/04/12]
Stephan Joubert het op die 12de April gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Eredienste
2020-04-15
19 min
Preke tot 2022
My karakter - manifes in 'n tyd van Corona. Stephan Joubert. [2020/03/29]
Stephan Joubert het die 29ste Maart gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-04-02
20 min
Preke tot 2022
Hê 'n omgee hart in hierdie tyd. Stephan Joubert [22 Maart 2020]
Stephan Joubert het op die 22ste Maart gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-04-02
20 min
Preke tot 2022
Wees vrygewig. Stephan Joubert [2020/03/15]
Stephan Joubert het op die 15de Maart gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-03-20
37 min
Preke tot 2022
Wat is die regte lewe? Stephan Joubert [16/02/2020]
Stephan Joubert het die 16de Februarie 2020 gepreek by Kerksondermure oor hoe die regte lewe lyk volgens Filippense 4 https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-02-29
25 min
Preke tot 2022
Wie is jou rolmodelle? Stephan Joubert [2020/01/19]
Stephan Joubert het op die 19de Januarie gepreek by Kerksondermure oor Filippense 1. https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-02-06
32 min
Preke tot 2022
Sing lofliedere buite die kerk in 2020. Stephan Joubert [2020/01/12]
Stephan Joubert het op die 12de Januarie 2020 gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-01-17
25 min
Preke tot 2022
Partykeer moet jy terugkyk. Stephan Joubert [20191229]
Stephan Joubert het die 29ste Desember 2019 gepreek by Kerksondermure https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2020-01-09
37 min
Preke tot 2022
Hemelse Dankbaarheid. Stephan Joubert [20191027]
Stephan Joubert het die 27ste Oktober 2019 gepreek by Kerksondermure. https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2019-10-31
23 min
Preke tot 2022
Dankbaarheid is ons storie. Stephan Joubert
Stephan Joubert het by Kerksondermure se Midstream kampus gepreek oor "Dankbaarheid is ons storie" aan die hand van Lukas 17.
2019-10-02
27 min
Preke tot 2022
'n Hoër waardering van die huwelik. Stephan Joubert [20190901]
Stephan Joubert het op die 1ste September gepreek by Kerksondermure: https://ksm.co.za/sondag/#Preke
2019-09-05
28 min
Preke tot 2022
Laat U Koninkryk kom. Stephan Joubert [20190721]
Stephan Joubert het op die 21ste Julie 2019 gepreek by Kerksondermure se Midstream kampus oor gebed: laat U Koninkryk kom. https://ksm.co.za/preke/
2019-07-26
40 min
Preke tot 2022
Heer leer ons bid - Ons Vader. Stephan Joubert [20190714]
Stephan Joubert het by Kerksondermure gepreek oor "Heer leer ons bid - Ons Vader" op die 14de Julie 2019. https://ksm.co.za/preke/
2019-07-18
34 min
Preke tot 2022
God se wil geskied in die hemel. Deel 2. Stephan Joubert [16/06/2019]
Stephan Joubert het die tweede deel in sy reeks, God se wil geskied in die hemel gepreek by Kerksondermure op die 16de Junie 2019.
2019-07-13
37 min
Preke tot 2022
God se wil geskied in die hemel. Deel 1. Stephan Joubert [16/06/2019]
Stephan Joubert het op die 16de Junie 2019 gepreek by Kerksondermure.
2019-07-06
34 min
Preke tot 2022
Opstanding Sondag. Stephan Joubert [20190421]
Stephan Joubert het op die 21ste April 2019 gepreek by Kerksondermure se Hippolaankampus oor Opstanding Sondag. https://soundcloud.com/multimedia-ksm/20190421_hippo_1830_stephan-joubert_opstanding-sondag
2019-04-25
32 min
Preke tot 2022
Die verskil tussen 'n Godsdienstige en 'n volgeling van Jesus. Stephan Joubert [20190331]
Stephan Joubert het die 31ste Maart om 17:30 gepreek by Kerksondermure se Hippolaan kampus. https://ksm.co.za/preke/
2019-04-04
36 min
Preke tot 2022
Wie definieer jou werklikheid? Stephan Joubert [20170115]
Ons laai weer 'n preek op wat Stephan Joubert die 15de Januarie 2017 gepreek het my Kerksondermure.
2019-03-28
29 min
Preke tot 2022
Klim af van die Bybel... Stephan Joubert [20190210]
Stephan Joubert het op die 10de Februarie 2019 gepreek by Kerksondermure. https://ksm.co.za/preke/
2019-02-22
37 min
Preke tot 2022
Die Here is hier. Stephan Joubert [20190127]
Stephan Joubert het op die 27ste Januarie 2019 gepreek by Kerksondermure.
2019-02-13
24 min
Preke tot 2022
Raak aan Jesus, sien Jesus. Stephan Joubert [20190127]
Stephan Joubert het op 27 Januarie gepreek by kerksondermure.
2019-02-09
25 min
Preke tot 2022
Hoe dink jy oor God in 2019. Stephan Joubert [20190106]
Stephan Joubert het op die 6de Januarie 2019 gepreek by Kerksondermure se Midstream kampus. https://ksm.co.za/preke/
2019-01-10
40 min
Preke tot 2022
Hoe werk God? Stephan Joubert [20170625]
Stephan Joubert preek 25 Junie 2017 die oggend by Kerksondermure se Hippolaan Kampus op Rigters 6.
2018-12-27
34 min
Preke tot 2022
Hoe raak ons Bybelse wysheid baas? Stephan Joubert [20181125]
Stephan Joubert het die 25ste November 2018 gepreek by Kerksondermure. https://ksm.co.za/preke/
2018-11-29
35 min
Preke tot 2022
Dankbare harte sien. Stephan Joubert [20181014]
Stephan Joubert het op die 14de Oktober 2018 gepreek by Kerksondermure. https://soundcloud.com/multimedia-ksm/20181014_hippo_1000_stephan_dankbare-harte-sien
2018-10-19
36 min
Preke tot 2022
Dankbare harte leef. Stephan Joubert [2081007]
Stephan Joubert het op 7 Oktober gepreek by Kerksondermure. https://soundcloud.com/multimedia-ksm/2081007_hippo_1830_stephan_dankbare-harte-leef
2018-10-11
22 min
Preke tot 2022
Taal in tye van verandering. Stephan Joubert [20180930]
Stephan Joubert het op 30 September 2018 gepreek by Kerksondermure oor hoe belangrik nuwe taal is in tye van verandering. https://soundcloud.com/multimedia-ksm/20180930_hippo_1830_stephan-joubert
2018-10-03
28 min
Preke tot 2022
Geloof in tye van verandering. Stephan Joubert [20180923]
Stephan Joubert het op die 23ste September gepreek by Kerksondermure. https://soundcloud.com/multimedia-ksm/20180923_hippo_1830_stephan-joubert
2018-09-27
29 min
Preke tot 2022
Hoe lyk jou boks? Stephan Joubert [20180902]
Stephan Joubert het op die 2de September 2018 gepreek by Kerksondermure oor hoe jou boks lyk? https://soundcloud.com/multimedia-ksm/20180902_midstream_1000_stephan_hoe-lyk-jou-boks
2018-09-13
25 min
Preke tot 2022
Gestuurdes na die wêreld - Stephan Joubert [20180415]
Stephan Joubert het op 15 Mei by Kerksondermure gepreek. Stephan Joubert het op 15 Mei by Kerksondermure gepreek.
2018-04-19
25 min