podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Leon Van Nierop
Shows
Radioteater
AS KLUISE KON PRAAT deur Marion Erskine
Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof, wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie - net ‘n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers. Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobler, Kevin Smith, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer is te hoor in hierdie raaiselagtige drama. Leon van Nierop is die regisseur.
2025-05-15
53 min
Kortom
Kortom 8 April 2025
Leon van Nierop lees Willem D. Kotzé se kortverhaal, KOM UIT, EK WIL VERBY GAAN. Die strorie laat jou ervaar hoe ‘n boer se oorlewingsdrang kan inskop as hy droogte in die oë staar.
2025-04-08
16 min
Spesiale uitsending
Bakgat-proesessie 10
Renske Jacobs, Gustav Greyling, RSG se fliekfoendie Leon van Nierop en BOER SOEK 'N VROU-deelnemer, Daandré Coetzee, proe die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.
2024-10-30
10 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 60 (slot)
Die mol wat inligting na die voormalige skoolhoof gevoer het, word geïdentifiseer. Sweis en Katryn moet ‘n besluit oor hulle toekoms neem. Lothar het ‘n lewensveranderende gesprek met Corlia.
2024-09-17
18 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 59
Shane verneem wat gebeur het toe hy blind geword het. Nardus besef die skool gaan beslis aan die einde van die jaar sluit.
2024-09-16
16 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 58
Corlia verduidelik wie die skool saboteer. Terwyl Rocco vir Katryn in die kombuis help, daag die speurders onverwags op.
2024-09-13
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 57
Sweis besef hy het Katryn werklik lief, en wil haar vra om te trou. Corlia vermoed dat sy die spioen in die skool geïdentifiseer het.
2024-09-12
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 56
Die gevolge van Emma se operasie word bespreek.
2024-09-11
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 42
Daar is nuus oor die klag wat Rocco se ouers oor Shane se aanranding gelê het. Emma en Shane bespreek die gevolge van Rocco se ouers se besluit.
2024-08-22
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 41
Die relletjie tussen Shane en Rocco veroorsaak verdere drama. Rocco kom agter dat van die graad elfs sy hoofseunskap wil ondermyn.
2024-08-21
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 19
Rocco begin sy skoolwerk afskeep ten koste van swem, en Nicole praat met hom.
2024-07-22
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 4
Die blinde Shane staan in die middel van ‘n besige pad, en kan enge oomblik raakgery word.
2024-07-01
14 min
Middagvervolgverhaal
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 1
Corlia Mouton daag by die skool vir blindes op wat sy van bankrotskap moet red, en tref ‘n hele hoop probleme aan.
2024-06-26
14 min
Radioteater
HAMLET deur William Shakespeare
Hamlet moet sy pa, Ou Hamlet, se dood wreek. Hy word besoek deur sy pa se gees wat deurentyd by hom spook om die opdrag uit te voer. Dit bring Hamlet in konflik met homself, en deur die verloop van die drama speel sy kontrasterende emosies teen mekaar af tot ‘n klimaks wat op die grootste tragedie uitloop. Sy verhouding met familie, naastes en vertrouelinge is deel van die reis waarop Hamlet moet gaan in ‘n poging om sy vader se dood te wreek. Die spelers is Chris van Niekerk, Annette Engelbrecht, Johan Botha, Johannes Slabbert, Jan Cronjé, Joey de Koker...
2024-05-30
53 min
The Video Store
A Lifetime Of Cinema & Getting Tea From Spielberg
Film critic Leon Van Nierop pops in to rent something. We go through his interesting career as a film critic, writer, and radio personality. As well as the films he's loved across his life. Meanwhile behind the counter, Russell does a shift with Cole and Graeme, and they talk psychological dramas, solid film picks, and shirtless Dua Lipa nights at the gay bar.Leon van Nierop | IMDbRecommended Movies/TV ShowsGuest Chat 3:57The 10 Commandments | Apple TVDoctor Zhivago | Apple TV2001: A Space Odyssey | Apple...
2024-02-27
1h 57
Calm, Clear & Helpful
Ep. 141 Leon van Nierop: hoe flieks en TV-reekse ons raak
Is rolprentresensent en skrywer Leon van Nierop ‘n sensitiewe kyker - of nie? Hy praat oor sy rol as resensent of “tussenganger”, die vloektaal, geweld en eksplisiete tonele wat kykers moet verwerk, genres, preutsheid en vraatkyk. Hy verduidelik hoe rolprente van TV-reekse verskil, hoe hy kies waarna hy kyk en gee sy definisie van ‘n goeie film. www.mariettesnyman.co.za · Een skakel waar 'Duiwelsroos' bestel kan word · Bestel 'Druk Speel' hier · Hierdie episode se potgooi-notas en foto · www.facebook.com · www.instagram.com · www.linkedin.com
2023-11-07
45 min
Radioteater
BEURTKRAG deur Leon van Nierop
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help nie. Veral nie in hierdie geval nie... Die spelers is Bettie Kemp, Antowan Nöthling en Luan Jacobs.
2023-10-12
57 min
Kompas
Kompas 17 Augustus 2023
Leon van Nierop gesels oor rolprentkunde as skoolvak. Hy vertel van sy nuwe handboek, wat hy geskryf het om onderwysers van hulp te wees om rolprentkunde as vak aan te bied. Hy gesels ook oor Suid-Afrikaanse films en watter loopbane daar in die filmbedryf is.
2023-08-17
25 min
Spitstyd
Kuns met kontant 16 Augustus 2023
Albert Maritz is akteur, regisseur, deeltydse joernalis, radio-omroeper, oud-onderwyser en kampvegter vir die kunste. Met 50 jaar se ervaring in die radio-, TV, film- en teaterbedryf het Albert reeds 'n onderhoud met Leon van Nierop gehad toe hy 15 jaar oud was. Hy het baie stories om te deel oor sy pad met geld in die bedryf.
2023-08-16
11 min
Kortom
Kortom 25 Julie 2023
Francois van Rensburg lees Leon van Nierop se kortverhaal, MY NAAM IS BART.
2023-07-25
31 min
Wat de Vloekwoord?!
Leon van Nierop
Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se spore lê diep in groot dele van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. Leon gesels in hierdie aflewering oor die geskiedenis van vloek in die Afrikaanse filmwese – van die eerste film waarvan hy weet waarin met opset gevloek is, tot van die jongste films. Hy praat ook uitvoerig oor die ou...
2023-07-25
1h 07
Leon van Nierop se fliekresensies
Indiana Jones hang sy hoed, sweep op
Die fliek is egter heel gangbaar as jy vir oulaas vir dié sweep wil koets. Indiana Jones and the Dial of Destiny kry 7/10. Kom luister hier om uit te vind waarom Leon van Nierop so sê.
2023-07-07
01 min
Radioteater
TROUFOTO’S deur Karin du Toit
Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter… Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag, met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie is. Maar iets is nie pluis nie. Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. Wat is hier aan die gang? Met Lelia Etsebeth, Kaz McFadden. Renske Jacobs en Stefan Vermaak. Die regisseur is Leon van Nierop. Wenner van die Merietetoekenning in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
2023-04-06
51 min
Leon van Nierop se fliekresensies
‘Plane’ is propvol aksie, koes-vir-koeëls
Is jy bang vir vlieg? Dink dan liefs twee keer voor jy jou springmielies koop óf gooi iets sterk by jou koeldrank! Luister hier wat Leon van Nierop van dié rolprent sê:
2023-02-03
01 min
Taaldinge
Taaldinge 9 Oktober 2022
‘n Nuwe Afrikaanse boek oor filmontleding, en met Afrikaanse filmterme, verskyn binnekort. Dit is veral gemik op senior hoërskoolleerlinge, maar is ook geskik vir onderwysers en ander belangstellendes. Leon van Nierop het vir Ina Strydom vertel hoe hulle te werk gegaan het met die terminologielys, en hoe die boek bydra tot die ontwikkeling van die Afrikaanse filmbedryf.
2022-10-09
21 min
HELLENIC RADIO
INDEMNITY - TRAVIS TAUTE
INDEMNITY, a subversive, edge-of-your-seat local action film, produced in South Africa by Gambit Films and written and directed by AFDA alumnus Travis Taute is on a level that South Africa’s never seen before! The film, which had its overseas premiere at the Fantasia International Film Festival in Canada last year and already released in the USA earlier this year, premiered in South Africa at the 10th annual kykNET Silwerskermfees, where the film received 12 nominations. The film will release in South Africa on 13 May 2022. The praises from international media poured in after its international release earlier this ye...
2022-05-20
15 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 27 April 2022
Ilse Salzwedel gesels met Jeanette Stals oor haar jongste spanningsroman, BLOEDBANDE.Die wenners van die Akademie vir Wetenskap en Kuns se letterkundige pryse, asook die UJ-pryse, is onlangs aangekondig. Leon van Nierop en Ina Strydom vertel meer van die nuwe RSG-middagvervolgverhaal, HET VAN VERLANGEKRAAL, wat op ‘n roman uit 1960 gebasseer is. Wil jy ‘n radiodrama skryf? In vanaand se slypklas kan jy meer leer van die radiodrama as genre, en hoe jy klank daarin kan gebruik. Johan Myburg vertel van ‘n nuwe letterkundeprys vir skrywers van Afrika, die nuwe Gabriel Garcia Marquez-biblioteek in Barcelona, en vanjaar se wêreldboekehoofstad, Guadalajara in Meks...
2022-04-27
52 min
RSG Kuns
Leon van Nierop se Plesierengel nou op die planke - Deel 1
Leon van Nierop vertel van sy boek, Plesierengel, wat nou verwerk is vir die verhoog.
2022-04-12
11 min
Spitstyd
Kuns met kontant 10 Maart 2022
Die Spitstyd-span het onlangs die voorreg gehad om saam met Leon van Nierop uit te saai. Leon skryf die boek en twee TV-reekse van Ballade vir ‘n Enkeling, waarna hy die draaiboek skryf en dit vervaardig as rolprent. Dit het R10-miljoen by die loket verdien, en wen ‘n Tempo-toekenning as beste rolprent. Leon verduidelik hoeveel elke betrokke party van die verdienste kry. Hy praat oor sy persoonlike finansies en die impak wat Covid daarop gehad het.
2022-03-10
12 min
Monitor
Monitor 18 Februarie 2022 - Deel 2
Die Nasionale Vervolgingsgesag wil die privaatsektor vir befondsing nader. Die SAA Mediese Vereniging het aangekondig dat dr. Angelique Coetzee as voorsitter van die liggaam bedank het. Leon van Nierop resenseer die opspraakwekkende THE TINDER SWINDLER. En, ons woord van die week is platanna.
2022-02-18
44 min
Monitor
Monitor 11 Februarie 2022 - Deel 2
President Cyril Ramaphosa kondig 'n sosiale vennootskap aan om die ekonomie om te draai. Die verlenging van die Covid-19-toelaag met nog 'n jaar kan die begin wees van 'n basiese inkomstetoelaag. Ons praat oor die implikasies van gisteraand se staatsrede. 'n Mikrobioloog praat oor die Verenigde Nasies as Internasionale Dag vir Vroue en Meisies in die Wetenskap. Leon van Nierop raak liries oor Agatha Christie se DEATH ON THE NILE in sy weeklikse fliekrubriek.
2022-02-11
44 min
Monitor
Monitor 4 Februarie 2022 - Deel 2
'n Sensus-opname onder die land se tronkbevolking sal gebruik word om die huisvesting van gevangenes te beplan. Die Winter Olimpiese Spele begin vandag in Beijing. 'n Renosterkalfie sterk goed aan ná 'n hoërisiko mediese prosedure. Die oorlogswolke pak saam op die grens tussen Rusland en Oekraïene. Die maan val op die aarde in MOONFALL, wat Leon van Nierop in sy fliekrubriek resenseer.
2022-02-04
44 min
Monitor
Monitor 28 Januarie 2022 - Deel 2
'n Ekonoom verduidelik wat nóg 'n rentekoersverhoging vir die verbruiker inhou. Leon van Nierop vertel van 'n rateltaai-film oor 'n vrou wat uit die tronk vrygelaat word.
2022-01-28
41 min
Monitor
Monitor 10 Januarie 2022 - Deel 2
Die ANC gaan 'n vernuwingskommissie stig om die party te laat herleef. Dit is een van die dinge wat ANC-president Cyril Ramaphosa Saterdag tydens sy Januarie 8-toespraak gesê het. Ons fliekresensent Leon van Nierop bring hulde aan die bekroonde akteur Sidney Poitier. Ons kyk na Suid-Afrika se militêre rol in Mosambiek. Sommige ontleders sê die land moet meer soldate en toerusting stuur.
2022-01-10
43 min
Monitor
Monitor 24 Desember 2021 - Deel 2
Navorsing wys dat sekere lig malaria kan uitroei. Watter rolprente is die lekkerste vir Oukersaand? Leon van Nierop het 'n paar idees. Dr. Willem Botha praat oor die oorsprong van die woorde, Oukersaand en Kerfees. Die veteraan nuusman, Freek Robinson, praat oor sy memoir, Op die Man Af.
2021-12-24
44 min
Monitor
Monitor 17 Desember 2021 - Deel 2
Verdere reaksie op die tussentydse Sosiale Geregtlikheid en Nasiebou-krieketverslag. Leon van Nierop sê wat hy van die plaaslike rolprent, Klein Karoo 2, dink. Willem Botha bespreek die woorde, pendel en skraagdosis.
2021-12-17
42 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en boeke 18 Augustus 2021
Ilse Salzwedel gesels met Leon van Nierop oor sy nuwe boek, MOORD OP LAKE PANIC. Johan Myburg gesels oor twee internasionale literêre pryse wat tans in die spervuur is, asook die digter Magmoed Darwisj. Ter viering van Vrouemaand kan jy luister na ‘n argiefopname oor Petronella van Heerden, feminis, die eerste Afrikaanse vrou wat medies studeer het en die skrywer van twee memoires, KERSSNUITSELS en DIE SESTIENDE KOPPIE. Daar is ook meer inligting oor ‘n kursus in boekherstelwerk en die Avbob-poësiekompetisie.
2021-08-18
51 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 14 Mei 2021 - Deel 2
Die Verkiesingskommissie wil meer jong mense aanspoor om te registreer vir die komende plaaslike regeringsverkiesing. 'n Voormalige president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs reageer op die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer om die land se waterstelsels reg te ruk. Leon van Nierop raak liries oor die nuwe Afri-Kaapse fliek, Barakat.
2021-05-14
42 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 7 Mei 2021 - Deel 2
Die oor-en-weer skorsery van senior leiers in die ANC het onleders aan die bespiegel oor die toekoms van die regerende party. Die Instituut vir Rasseverhoudinge meen president Cyril Ramaphosa is meer lojaal aan ANC-kaders as aan landsburgers. Leon van Nierop lek sy lippe af vir die watertand-kosmaakfliek, Love Sarah, wat vandag in teaters begin.
2021-05-07
43 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 16 April 2021 - Deel 2
Leon van Nierop resenseer NOMADLAND, wat onlangs 4 Baftas gewen het. Dr. Willem Botha praat oor mummie, sarkofaag en sarkasme.
2021-04-16
45 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 19 Maart 2021 - Deel 2
'n Reuse olietenkskip in die Rooisee word 'n speelbal vir rebelle. Leon van Nierop resenseer 'n TV-reeks wat net in een vertrek afspeel.
2021-03-19
50 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 12 Maart 2021 - Deel 2
Maties reageer op klagtes dat Afrikaans nie meer in koshuise gepraat mag word nie. Twee animasieprente op een slag! Leon van Nierop ontleed die gehalte van dié tekenprente.
2021-03-12
42 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 1 Maart 2021 - Deel 2
Gister was Uitsonderlike Siekte Dag, en vandag is Internasionale Rolstoeldag - ons praat breedvoerig oor spierdistrofie. Leon van Nierop hou die Golden Globe-toekennings dop.
2021-03-01
44 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Praat saam 29 Jnauarie 2021 - Deel 2
Ons praat met 'n politieke ontleder oor die hofbevel dat oudpresident Zuma voor die Staatskapingskommissie moet verskyn. Te midde van baie reën, kan 'n waterskaarste in die land ontstaan. Leon van Nierop resenseer 'n dokumentêr oor die opgang en val van Tiger Woods.
2021-01-29
40 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 22 Januarie 2021 - Deel 2
Plaaswerkers se salarisse kan met tot 16,1% vanjaar styg. Die prys van gemmer het die afgelope tyd die hoogte ingeskiet. Die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, praat oor drukkies en soentjies. Wat gebeur die oomblik wanneer jy sterf? Dit is die veelbesproke onderwerp van Surviving Death, waaroor Leon van Nierop vanoggend in sy fliekrubriek praat.
2021-01-22
47 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 11 Desember 2020 - Deel 2
Suid-Afrika se Openbare Beskermer klou verbete vas aan haar posisie ondanks verskeie hofbevele. Ons praat met twee kenners hieroor. Pieter van den Berg bespreek die naweek se rugby en ander sport. Leon van Nierop het deur vanjaar se swakste rolprent geworstel.
2020-12-11
45 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 4 Desember 2020 - Deel 2
Die Wes-Kaapse premier maak 'n drieledige strategie bekend om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Ons praat met Wines of South Africa oor die Covid-19-pandemie se impak op die wynbedryf. In sy weeklikse fliekrubriek praat Leon van Nierop oor 'n asemrowende dokumentêr, Kingdoms of Fire, Ice and Fairy Tales. Pieter van den Berg bespreek die naweek se sport.
2020-12-04
45 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 20 November 2020 - Deel 2
RSG gaan nié sy deure sluit nie. Ons praat met 'n joernalistiek-kenner en voormalige SAUK-raadslid. Leon van Nierop bespreek 'n dokumentêre reeks oor Oscar Pistorius. Willem Botha praat oor fiks, fiets en lyf.
2020-11-20
48 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 6 November 2020 - Deel 2
Ons ontleed die jongste uitslae van die Amerikaanse verkiesing. Pres. Donald Trump het sy prokureurs opdrag gegee om regstappe te doen teen drie Amerikaanse deelstate. Ons praat hieroor met prof. Llewelyn Curlewis van die Universiteit van Pretoria. 'n TV-reeks oor skaak het die hele wêreld op hol. Leon van Nierop verduidelik in sy weeklikse fliekrubriek hoekom.
2020-11-06
47 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 16 Oktober 2020 - Deel 2
Reaksie op president Ramaphosa se ekonomiese herstelplan. En Leon van Nierop fokus op 'n speurreeks, 'n komedie en 'n kinderfliek oor 'n dolfyn.
2020-10-16
45 min
Wat de vloekwoord?!
Leon van Nierop
Leon van Nierop in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Leon van Nierop is sinoniem met die Afrikaanse filmbedryf – nie net as bekende en gerespekteerde filmkritikus nie, maar ook as akademikus, navorser, draaiboekskrywer, vervaardiger, regisseur en akteur. Of is hy eintlik sinoniem met die radiowese? Of as skrywer? Leon se spore lê diep in groot dele van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. Leon gesels in hierdie aflewering oor die geskiedenis van vloek in die Afrikaanse filmwese – van die eerste film waarvan hy weet waarin met opset gevloek is, tot van die jongste films. Hy praat ook uitvoerig oor di...
2020-10-02
1h 07
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 24 September 2020
Meer as 200 jaar nadat Jane Austen se roman PRIDE AND PREJUDICE verskyn het, word dit steeds wêreldwyd gelees, en dien dit as inspirasie vir Hollywood. Leon van Nierop gesels oor wat rolprentmakers al alles met Jane Austen se boek gedoen het, terwyl Ilse Salzwedel gesels oor die skrywer se lewe en werk.
2020-09-24
16 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Die voormalige menseregtekommisaris, Dr Danny Titus, word gehuldig as 'n meningsvormer en iemand wat brue kon bou; en ons praat met Leon van Nierop oor die Emmy-televisietoekennings waar die reeks "Watchmen" elf nominasies gekry het.
2020-09-21
43 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 18 September 2020 - Deel 2
RSG — 'n Waarskuwing oor 'n nuwe kindersiekte. Barbados wil nie meer vir koningin Elizabeth as staatshoof hê nie. En Leon van Nierop gee terugvoer oor 'n langverwagte, skokkende reeks.
2020-09-18
48 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 17 September 2020
45 jaar nadat die fliek uitgereik is, sal die meeste mense waarskynlik steeds dadelik die temamusiek van JAWS herken. Maar dis nie die enigste rede hoekom JAWS steeds as 'n ikoniese rolprent beskou word nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop verklap alles oor die boek en die rolprent.
2020-09-17
15 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 11 September 2020 - Deel 2
RSG — Organisasies en individue van 60 lande eis optrede teen China deur die Verenigde Nasies. Intussen vlieg Sjinese vegvliegtuie oor Taiwan, wat die spanning in die Taiwan Seestraat aansienlik verhoog. Die langverwagte Disney-treffer, Mulan, is pas in rolprentteaters vrygestel. Leon van Nierop verduidelik of dit die lang wag werd was.
2020-09-11
45 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 10 September 2020
Meer as drie dekades nadat dit uitgereik is, sal die meeste van ons steeds dadelik The Mission se klankbaanmusiek herken. Leon van Nierop vertel wat agter die skerms gebeur het tydens die verfilming, en Ilse Salzwedel gesels oor die boek waarop die film gebasseer is. Jy kan ook meer uitvind oor Ennio Morricone, die komponis van die aangrypende musiek.
2020-09-10
14 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor 21 Augustus 2020 - Deel 2
RSG — 'n Kenner sê die internasionale gemeenskap sal hom deur Afrika laat lei na 'n staatsgreep in die Wes-Afrikaland Mali; en Leon van Nierop kry vandag hulp met sy fliekrubriek van 'n sesjarige luisteraar wat 'n kinderfliek saam met hom bespreek.
2020-08-21
48 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 13 Augustus 2020
THE NOTEBOOK was Jonathan Sparks se eerste gepubliseerde roman, en ook die grootste sukses van die elf rolprente wat op sy boeke gegrond is. Leon van Nierop vertel meer oor die fliek, en Ilse Salzwedel gesels oor Sparks se skryfwerk.
2020-08-13
10 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor Deel 7 Augustus 2020 - Deel 2
Onwettige grondbesetting kos die Wes-Kaapse regering miljoene rand.; Ons praat met 'n kenner oor die onlangse vlaag van transito rooftogte, en die rowers se modus operandi.; woord van die week en Leon van Nierop se weeklikse fliekrubriek.
2020-08-07
49 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 6 Augustus 2020
Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor THE SHINING, 'n Stephen King-roman wat deur die bekroonde regisseur Stanley Kubrick in 'n ikoniese rolprent omtower is.
2020-08-06
17 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 30 Julie 2020
Ilse Salzwedel gesels oor OUT OF AFRICA en die skrywer Karen Blixen, en jy kan ook meer uitvind oor John Barry, wat die rolprent se klankbaan gekomponeer het. Leon van Nierop gee sy indrukke oor hierdie epiese rolprent, wat beskou word as een van die beste rolprente wat nog ooit oor Afrika gemaak is.
2020-07-30
14 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 23 Julie 2020
THE GREAT GATSBY F. Scott Fitzgerald word beskou as een van die grootste romans van alle tye. Tog sou hy nooit in sy leeftyd die sukses daarvan beleef nie. Ilse Salzwedel en Leon van Nierop gesels oor die roman en die rolprent.
2020-07-23
11 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 16 Julie 2020
Schindler's List is gebaseer op ware gebeure uit die Tweede Wêreldoorlog, en hierdie epiese film word deur Leon van Nierop beskryf as die volmaakte rolprent. Ilse Salzwedel vertel ook meer van die dryfkrag agter die boek en rolprent.
2020-07-16
14 min
Van boek tot silwerdoek
Van boek tot silwerdoek 9 Julie 2020
Kan alle boeke rolprente word, en hoe werk die proses van 'n draaiboek? Dit is van Ilse Salzwedel se vrae wat die rolprentkenner Leon van Nierop beantwoord. Hy vertel ook meer oor die rolprent GONE WITH THE WIND, en Ilse gee interessante agtergrond oor Margaret Mitchell se enigste roman.
2020-07-09
17 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — ** Dit blyk dat verskeie sportsoorte dalk te vroeg terugkeer het na die sportveld...** Leon van Nierop het op 'n spannende aksiereeks afgekom.** En Willem Botha praat oor die woordeglimlag, suurknol en sheriff.
2020-06-26
39 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — ** Voedselnood onder Suid-Afrikaners word al hoe groter ** Leon van Nierop gesels oor die veelbesproke reeks wat pas op televisie begin het: JEFFREY EPSTEIN: FILTHY RICH. ** En die woord van die week is: ROOI.
2020-06-05
46 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — ** Algemene praktisyns ervaar verskeie probleme..** Die Comrades word vir die eerste keer in 75 jaar afgelas.** En, sensasionaliseer die media sekere berigte? In sy weeklikse fliekrubriek kyk Leon van Nierop na 'n nuwe reeks op Netflix oor die wyse waarop die media krisisse hanteer: Trial By Media.
2020-05-15
43 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Kanadese kenners oor wetenskap-etiek waarsku dat navorsers nie kortpaaie moet vat om 'n entstof vir Covid-19 te vind nie..'n Indiepte bespreking met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor die president se toespraak gisteraand...En, Leon van Nierop praat later vanoggend oor die jongste Stephen King-reeks, 'n dokumentêr oor 'n man wat al vir jare glo onskuldig in die tronk sit, en 'n romantiese komedie.
2020-04-24
51 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Reisagente ontken dat hulle reisigers uitbuit; Hoe verskil die verwoestende Spaanse griep, 'n eeu gelede, van vandag se Corono-pandemie? Leon van Nierop gee raad oor 'n wye verskeidenheid vermaak op stromingsplatforms, in sy weeklikse fliekrubriek; En ons woord van die week, is "strokiesprent".
2020-04-03
43 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Restaurant eienaars is bekommerd oor die impak van die regering se streng maatreëls oor Covid 19 op hul sakeondernemings.; Troues word toenemend uitgestel weens die Corona virus.; Frankryk het sy inwoners onder 'n verpligte 15-dae isolasie-tydperk geplaas.; en vir mense wat wonder of fliekteaters nog vir die volgende paar weke gaan oop wees, het Leon van Nierop nuus in sy weeklikse fliekrubriek.
2020-03-20
39 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop gesels gewoonlik teen die einde van die jaar oor die beste rolprente van die jaar. Hier is sy 20 gunstelinge.
2019-12-30
07 min
Radioteater
KOELKOP deur Leon van Nierop
'n Gesin word gedwing om vir 'n naweek in 'n afgeleë plaashuis deur te bring. Daar is geen internet- of selfoonontvangs nie. En die sosiale-media-verslaafde seun, Chase, kry onttrekkingsimptome en begin ineenstort. Dit gebeur kort nadat sy beste vriend selfdood gepleeg het nadat hy te lank aan die internet verslaaf was en skielik daarsonder moes leef. Nou moet 'n gesin 'n naweek oorleef, waarin hulle liefde vir mekaar tot die uiterste getoets sal word met 'n seun wat paniekaanvalle begin kry. Hulle leer van voor af hoe sterk 'n gesin se liefde vir mekaar moet wees om hierdie eietydse uitdaging t...
2019-11-14
1h 00
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Niemand kan vertrou word in die gewelddadige aksiedrama Black and Blue nie. Leon van Nierop vertel wat hy daarvan gedink het.
2019-11-08
05 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop met sy weeklikse fliekrubriek.
2019-10-25
05 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop se jongste fliekrubriek..
2019-10-18
05 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Fliekrubriek met Leon van Nierop
2019-08-02
04 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop se weeklikse fliekrubriek..
2019-07-19
07 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop herstel nog na hy saam met Spiderman tussen geboue deur kerjakker het.
2019-07-05
04 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop was onlangs omring deur troeteldiere in die teater. Hy het darem heelhuids uitgekom, en vertel van sy ervaring..
2019-06-28
04 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Leon van Nierop was onlangs omring deur troeteldiere in die teater. Hy het darem heelhuids uitgekom, en vertel van sy ervaring..
2019-06-28
04 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — In vandag se Fliekrubriek kyk Leon van Nierop onder andere na een van die wêreld se mees geliefde animasiereekse, Toy Story, waarvan daar nou 'n vierde aflewering is.
2019-06-21
04 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Men in Black International is spesiaal vir die langnaweek uitgereik. Leon van Nierop resenseer dit in sy weeklikse fliekrubriek.
2019-06-14
04 min
2018: Skrywersfees
LEON VAN NIEROP: KATELKNAAP
Aangebied deur Penguin Random House. Die vervaardiger, skrywer en fliekresensent gee die voorafstorie van Plesierengel, die storie van Tristan Hansen, ’n jongman wat deur die rykste vroue in Johannesburg vir sy ‘dienste’ betaal word. Ons hoor wat hom sy lewenspaadjie laat kies het en ontmoet ook die vroue wat hom gelei, gevorm en opgelei het. Francois Bloemhof gesels met Leon oor dié witwarm gigolo-storie.
2018-05-30
47 min
Skrywers en Boeke
Skrywers en Boeke
Regstreeks vanaf die Woordfees: Antoinette Pienaar, Schalk Schoombie, Julian Jansen, Irna van Zyl en Leon van Nierop gesels oor hulle reis met hulle boeke wat handel oor alles van regte moorde tot die helende krag van die natuur en ingewikkelde liefdesverhoudings.
2018-03-07
47 min
RSG Nuus & Aktualiteit
Monitor
RSG — Die Suid-Afrikaanse inskrywing vir vanjaar se Oscar benoemings is bekend gemaak. The Wound is 'n Xhosa rolprent wat handel oor een van die kultuurgroep se inisiasieskole. Die regisseur, John Trengrove, het toegang gekry tot die geheimenisse van die praktyke wat gevolg word by die skole, en die verhaal oor 'n sensitiewe onderwerp in die gebruike verweef. Ons fliek-resensent, Leon van Nierop, het aan Marlinee Fouche gesê die storie wat hierin verweef is, kan dalk net goed genoeg wees vir 'n Oscar benoeming.
2017-10-03
02 min
Radioteater
MY JAPAN deur Schalk Schoombie
Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naude, het die ramp eerstehands meegemaak en het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit toe in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk en toe weer as radiodrama. In hierdie drama word die verwoestende gebeure deur verskeie karakters se oë uitgebeeld word. Tegnies en akoesties is dit een van die mees ingewikkelde produksies nog op radio en regisseur Leon van Nierop en sy tegniese span, waaronder Karen Gravett, moes ure lank voorberei aan veral die tsoenami-byklanke wat nog nie tevore op radio gebr...
2016-06-09
58 min
Naweekaktueel
19 Mar 2016
Die rolprent SINK wat hierdie naweek by teaters begin draai het, is deur RSG se fliek-resensent Leon van Nierop gelys as een van die tien beste flieks wat in die laaste 110 jaar in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf gemaak is. Van Nierop, wie se boek oor die plaaslike rolprentwese ook toevallig hierdie week bekendgestel is, lys dit in dieselfde asem as baanbrekersrolprente soos Jans Rautenbach se "Katrina" en "die Kandidaat". Maar ten spyte van verskeie pryse wat "SINK" by filmfeeste ingepalm het, wonder kritici of plaaslike gehore 'n fliek sal ondersteun wat ongemaklike vrae vra. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.
2016-03-19
05 min
Naweekaktueel
19 Mar 2016
Die rolprent SINK wat hierdie naweek by teaters begin draai het, is deur RSG se fliek-resensent Leon van Nierop gelys as een van die tien beste flieks wat in die laaste 110 jaar in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf gemaak is. Van Nierop, wie se boek oor die plaaslike rolprentwese ook toevallig hierdie week bekendgestel is, lys dit in dieselfde asem as baanbrekersrolprente soos Jans Rautenbach se "Katrina" en "die Kandidaat". Maar ten spyte van verskeie pryse wat "SINK" by filmfeeste ingepalm het, wonder kritici of plaaslike gehore 'n fliek sal ondersteun wat ongemaklike vrae vra. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.
2016-03-19
05 min
Skrywers en Boeke
16 Mar 2016
Suzette Kotze-Myburg gesels met Bettina Wyngaardt oor haar nuwe spanningsroman, SLAAFS. Leon van Nierop gesels oor sy boek DAAR DOER IN DIE FLIEK, wat die laaste 120 jaar van die Afrikaanse filmbedryf dokumenteer. En Johan Myburg deel interessante nuus oor die internasionale letterkunde.
2016-03-16
52 min
Skrywersfees 2016
Leon van Nierop: Daar doer in die fliek
Aangebied deur Protea: Leon van Nierop vertel staaltjies uit vergange dae en gesels oor die wonderlike geskiedenis van die Suid-Afrikaanse filmbedryf, soos uiteengesit in sy nuwe boek, Daar doer in die fliek.
2016-03-05
56 min
Taaldinge
13 Dec 2015
Wat is die vereistes en reëls vir suksesvolle storietaal of dialoog? Die skrywer en resensent Leon van Nierop vertel hoe dialoog in verskillende mediums ontwikkel en verander het.
2015-12-13
21 min
Skrywersfees 2015
Leon van Nierop: Ballade vir ’n enkeling
Aangebied deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekord kykertalle bereik. Nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014 – en dit is eersdaags in teaters te sien. Leon van Nierop praat oor die verwerking van die boek en die draaiboek.
2015-03-10
39 min
Skrywers en Boeke
20 Aug 2014
Ilse Salzwedel gesels met Anzil Kulsen oor die Noord-Kaap Leesprojek. Sy gesels ook met 'n paar vroue van die Kalksloot Leesklub in die Kalahari. Leon van Nierop is in die ateljee om te gesels oor sy jongste roman, Ballade vir 'n Enkelling, en vertel hoekom dit baie verskil van die destydse TV-reeks. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale letterkunde.
2014-08-20
45 min
Taaldinge
30 Mar 2014
Leon van Nierop gesels met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse taalraad
2014-03-30
15 min
NB-Fees 2014
Leon van Nierop – Plesierengel
Die bekende radio-, televisie - en romanskrywer Leon van Nierop gesels oor sy gewaagde nuwe roman – ’n aangepaste weergawe van sy 1998-blitsverkoper. Dié slag word die verhaal kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur... Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie. Leon, skrywer van die radiovervolgverhaal en rolprent Wolwedans in die skemer, is ook bekend as rolprentresensent.
2014-03-15
45 min
Skrywers en Boeke
11 Dec 2013
Ilse Salzwedel praat met Leon van Nierop oor sy jongste roman PLESIERENGEL. Corina van der Spoel gesels met Zakes Mda oor sy roman THE SCULPTORS OF MAPUNGUBWE. Terrance April se Afrikaskrywer van die week is Naguib Mahfouz van Egipte.
2013-12-11
46 min
Radioteater
MY JAPAN deur Schalk Schoombie
Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak en het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit toe in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk en toe weer as radiodrama. In hierdie drama word die verwoestende gebeure deur verskeie karakters se oë uitgebeeld word. Tegnies en akoesties is dit een van die mees ingewikkelde produksies nog op radio en regisseur Leon van Nierop en sy tegniese span, waaronder Karen Gravett, moes ure lank voorberei aan veral die tsoenami-byklanke wat nog nie tevore op radio gebru...
2013-05-23
58 min
Naweekaktueel
18 May 2013
Die Suid-Afrikaanse rolprent, LITTLE ONE, wat Hollywood se Academy onlangs as een van die Top 20 buitelandse rolprente aangewys het, het gefaal by die plaaslike loket. Dit nadat gerekende rolprentresesente soos Leon van Nierop, Paul Boekooi en Laetitia Pople dit ten sterkste aanbeveel het. Dit los die vraag - hoekom ondersteun Suid-Afrikaanse gehore meestal net komedies? Anna-marie Jansen van Vuuren het gaan ondersoek instel.
2013-05-18
05 min
Skrywersfees 2013
Die Hoofkarakter-soektog
Wat gebeur as lesers die kans kry om die hoofkarakter in ’n nuwe spanningsroman te wees? Leon van Nierop en hoofkarakter Monique Bisschoff verskaf terugvoering oor die LAPA Hoofkarakter-soektog – ’n opwindende, Pendoring-bekroonde leserskompetisie wat op Facebook aangebied is. Leon se Snydokter is die eindproduk daarvan.
2013-03-09
43 min