podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Luan Jacobs
Shows
Reisigers
Reeks: Reisigers - Ep #3/5 - Asem
Reisigers: Die Reeks - Episode #3 van 5 - Asem. Die oorspronklike vollengte potgooi produksie nou beskikbaar as 'n potgooi reeks. Ons vang op met Episode #3 "Asem". Onderliggende motiewe begin na vore kom soos ons 4 vriende die lang pad terug huis toe neem. —— Episode Notas: Laai af en lees die oorspronklike Reisigers draaiboek by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf —— Reisigers: Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg. M...
2025-07-03
27 min
Reisigers
Kommentaar: Ep #2 (Reisigers Reeks)
Kommentaar: Episode #2 (Reisigers: Die Reeks) Agter Die Mikrofoon insigte van Episode #2 "Duiwels". Toneel inspirasies, musiek samestelling, tematiese insigte, teks vs. opname - wat gesny of gebly het, agter die mikrofoon stories en nog soveel meer om te deel. —— Episode Notas: Laai af en lees die oorspronklike Reisigers draaiboek by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf —— Reisigers: Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg. Met Joshua Na Die Reën, Luan Jacobs, Deon Meiring en Wernard Van Zyl. Klankontwerp deur Gide...
2025-06-05
45 min
Reisigers
Reeks: Reisigers - Ep #2/5 - Duiwels
Reisigers: Die Reeks - Episode #2 van 5 - Duiwels. Die oorspronklike vollengte potgooi produksie nou beskikbaar as 'n potgooi reeks. Ons vang op met Episode #2 "Duiwels". ‘n Paar jaar later. Die lewe het haar eie plan geskryf. Ons begin leer van die stil duiwels wat by ons vriende spook... maar die pad roep weer. —— Episode Notas: Laai af en lees die oorspronklike Reisigers draaiboek by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf —— Reisigers: G...
2025-05-23
36 min
Radioteater
DIE VRYWORDING VAN EGBERTUS LODEWIKUS APPEL deur Manie Groenewald
Dit is Stella se 64e verjaardag in ‘n aftreeoord. In ‘n toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie, en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ‘n tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak, en Stella dwing om met die familiegeraamtes in haar kas na vore te kom. Die regisseur is Johny Klein, en die spelers is Rika Sennet, Tobie Cronjé en Luan Jacobs. Die drama is die merietewenner van die 2024 RSG Rad...
2025-04-10
1h 01
Reisigers
Kommentaar: Ep #1 (Reisigers Reeks)
Kommentaar: Episode #1 (Reisigers: Die Reeks) Agter Die Mikrofoon insigte van Episode #1 "Saam". Toneel inspirasies, musiek samestelling, tematiese insigte, teks vs. opname - wat gesny of gebly het, agter die mikrofoon stories en nog soveel meer om te deel. —— Episode Notas: Laai af en lees die oorspronklike Reisigers draaiboek by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf —— Reisigers: Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg. Met Joshua Na Die Reën, Luan Jacobs, Deon Meiring en Wernard Van Zyl. Klankontwerp deur Gide...
2025-04-08
44 min
Reisigers
Reeks: Reisigers - Ep #1/5 - Saam
Reisigers: Die Reeks - Episode #1 van 5 - Saam. Die oorspronklike vollengte potgooi produksie nou beskikbaar as 'n potgooi reeks. Ons skop af met Episode #1 "Saam". Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Tog het die lewe 'n plan van haar eie. —— Episode Notas: Laai af en lees die oorspronklike Reisigers draaiboek by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf —— Reisige...
2025-03-19
22 min
Reisigers
Episode #4 - Wat Volgende?
Episode #4. Wat lê voor vir Reisigers in 2025? —— Episode Notas: Luister na die vollengte Reisigers produksie by www.louis.africa/reisigers. —— Reisigers: Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Drie jaar later, en nou vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom tot aangesig met hul vrese en drome as jong mans. Geskryf en v...
2025-03-04
10 min
Kortom
Kortom 10 Desember 2024
Gaan saam met die skrywer, Helm Jooste, op reis in sy kortverhaal, DIE LAFENISSE, om sy eerste kar te gaan koop. Dis ‘n reis wat jy nie gou sal vergeet nie! Luan Jacobs is die voorlesr, wat jou sal laat lê soos jy lag.
2024-12-10
16 min
Reisigers
Episode #3 - Passie Projekte
Episode #3. Hoe om ‘n passie projek aan te pak + ‘N NUWE BOEK: Side Hustles And Startups. —— Episode Notas: Luister na die vollengte Reisigers produksie by www.louis.africa/reisigers. Koop Side Hustles And Startups by www.heavychef.com/books. Four Thousand Weeks deur Oliver Burkeman. Fame Week Africa Keynote. —— Reisigers: Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om h...
2024-10-24
12 min
Reisigers
Episode #2 - Storiekaart
Episode #2. Hoe ek die storie van Reisigers beplan het. —— Episode Notas: Luister na die vollengte Reisigers produksie by www.louis.africa/reisigers. Laai draaiboek af by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf —— Reisigers: Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Drie jaar later, en nou vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom tot aangesig met hul vrese en drome as jong mans. Geskryf en voo...
2024-07-23
18 min
Reisigers
Episode #1 - Die Plan
‘n Eenvoudige visie met ‘n 3-punt “Napkin Plan”. —— Episode Notas: Luister na die vollengte Reisigers produksie by www.louis.africa/reisigers. Lees die oorspronklike draaiboek by https://louis.africa/s/20220404-REISIGERS.pdf Leer meer oor Carl Jung se idees oor Synchronicity: https://g.co/kgs/WoiMwkv —— Reisigers: Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Drie...
2024-07-05
20 min
RSG Kuns
Ballade van ‘n Blikbrein by Innibos
Luan Jacobs gesels oor sy eerste eenmanvertoning, Ballade van ‘n Blikbrein, wat debuteer by vanjaar se Innibos Kunstefees.
2024-06-18
08 min
OFM Nights
Luan Jacobs dryf lekker op Diepe Waters
Die talentvolle Luan Jacobs, wat ’n rits films, TV-reekse en verhoogproduksies agter sy naam het, maak op 21 Mei sy eerste verskyning in Diepe waters. Maar sy karakter is nie wie kykers dink hy is nie. Man-Don 6:30 op kykNET kanaal 144
2024-05-22
08 min
Reisigers
Eksklusief: Reisigers (Vollengte Film)
“Op reis na môre. Weg van gister.” Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Drie jaar later, en nou vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom tot aangesig met hul vrese en drome as jong mans. —— Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg. Met Joshua Na Die Reën, Luan Jacobs, Deon Meiring en Wernard Van Zyl. Klankontwerp deur Gideon Botes. Musiek ‘Branders’ deur Joshua Na Die Re...
2024-04-14
2h 20
Reisigers
Voorsmaak #2: "Is dit die Suiderkruis?"
Reisigers “Op reis na môre. Weg van gister.” Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Drie jaar later, en nou vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom tot aangesig met hul vrese en drome as jong mans. —— Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg. Met Joshua Na Die Reën, Luan Jacobs, Deon Meiring en Wernard Van Zyl. Klankontwerp deur Gideon Botes. Musiek ‘Brander...
2024-04-11
01 min
Reisigers
Voorsmaak #1: "Beste vriende sedert kleintyd."
Reisigers “Op reis na môre. Weg van gister.” Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. Drie jaar later, en nou vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom tot aangesig met hul vrese en drome as jong mans. —— Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg. Met Joshua Na Die Reën, Luan Jacobs, Deon Meiring en Wernard Van Zyl. Klankontwerp deur Gideon Botes. Musiek ‘Brander...
2024-04-04
02 min
Radioteater
TIENER IN DIE SUBURBS deur Luan Jacobs
Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam. Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly, en Jasmyn doen haar voor as medium wat kamtig met dooies kan kommunikeer. Hulle maak op dié onortodokse manier geld uit mense, wat ‘n geliefde verloor het. Maar oneerlikheid haal hulle in. Tog kan hulle nie vals oor die liefde wees nie, en blom hulle romanse onder uiterste en dikwels tragiese omstandighede. Die akteurs is Izél Bezuidenhout, Luan Jacobs, Tobie Cronjé, Ria Smit, Sulette Thompson, Antowan Nothling en Mandie du Plooy.
2023-11-02
1h 00
Radioteater
BEURTKRAG deur Leon van Nierop
‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help nie. Veral nie in hierdie geval nie... Die spelers is Bettie Kemp, Antowan Nöthling en Luan Jacobs.
2023-10-12
57 min
Kortom
Kortom 1 November 2022
Luan Jacobs lees Deon Meyer se kortverhaal, DIE WILDBEWAARDER.
2022-11-01
22 min
Radioteater
DIE MAGRIETJIE deur Jenny Pieterse
'n Weduwee sukkel om oor haar man se dood te kom. Haar buurvrou sien om na haar Pa, wat terminaal siek is weens kanker. Dan kruis die twee se paaie en hulle word op onverwagse wyse by mekaar se lewe betrek. Dis ‘n verhaal oor die trauma van verlies, en heling deur medemenslikheid. Die spelers is Rika Sennett, Eloise Cupido, Luan Jacobs, Donovan Pietersen, Duncan Johnson en Renske Jacobs.
2022-05-19
51 min
Radioteater
WAAROM, HERE? deur Joey van Niekerk
Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar. Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes te beurt geval het nie. Toe word hy ‘n tollenaar, en word ryk en magtig. Toe hy Jesus van Nasaret een dag ontmoet, verander sy lewe. Met Luan Jacobs, Jakkie Groenewald, Estel de Beer en Johny Klein.
2022-04-15
44 min
Okay Nee Mah Lekke!
My, jou en Luan Jacobs se podcast!
Luan Jacobs is nie net 'n baanbreker van die lewe nie, maar 'n mengelmoes energie, liefde, omgee en vermaak! Op sy beste is Luan jou beste vriend - bedags hou homself besig as akteur, skrywer, vervaardiger en reggisseur. Episode 5 is een wat jy nie moet misloop nie! Ons praat oor baie dinge soos dinosourusse, hoenders, wyn, staproetes, olimpiese spele, suur britse inwoners en liefde vir mense! Luister saam na hierdie one of a kind episode! --- Send in a voice message: https://anchor.fm/okay-nee-mah-lekke/message
2022-04-07
2h 02
Radioteater
EN DAAR WAS SKAAPWAGTERS deur NP Van Wyk Louw
Drie skaapwagters pas skape op in die Roggeveld, iewers tussen Calvinia en Sutherland, enkele dae voor Kersfees. Dis in die jare vyftig. Dis baie droog. Abram, Japie en Izak se hoop dat hulle vir Kersfees huis toe kan gaan, vervaag want Herklaas, Izak se Pa, sê hulle moet in die veld bly om te voorkom dat die skape vrek weens droogte en gebrek aan weiding. In die aanloop tot Kersfees sien Japie saans ‘n lig wat al helderder word. Eers bly hy stil, maar vertel later vir die ander daarvan en hulle begin dit ook sien. Dan kom Herklaas op Ouk...
2021-12-25
50 min
Radioteater
SIEN JOU WEER GISTER deur Niel Steenkamp
Twee akademici, een by 'n universiteit en een by 'n privaatinstansie, wedywer om die eerste te wees om 'n suksesvolle tydmasjien te bou. Die spelers is Jakkie Groenewald, James Borthwick, Lochner de Kok, Karin Retief, Christo Compion, Luan Jacobs en Lelia Etsebeth.
2021-12-23
52 min
Radioteater
STERREREËN deur Hendie Grobbelaar
Die drama het die tweede prys ingepalm in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. 'n Student se ma vra hom om haar huis op te pas terwyl sy oorsee is met vakansie. Dis 'n gulde geleentheid vir sy pêlle om die huis op horings te neem. Waarop hy egter nie gereken het nie is 'n beeldskone, eksentrieke meisie se bekoring met die misterie vir die buitenste ruim. Dit lei daartoe dat hy 'n klap van die heelal kry, en selfs met 'n pratende kat sit... of is dit alles die uitwerking van eksperimentele daggarokery?! Die akteurs is Luan Jacobs, Claudia Jo...
2021-04-22
47 min
Radioteater
BOETIE ONTMOET 'N ALIEN deur Johann Smith
Stel jou voor: ‘n Doodgewone Suid-Afrikaanse plaas. Een van die gesinslede het pas teruggekeer uit die buiteland, en is redelik rebels. Die skoolseun in die gesin worstel met allerlei probleme wat nie eers die internet kan oplos nie. En dan is die ouers erg bekommerd oor hulle kinders se geestelike en emosionele welstand. Op ‘n dag is daar ‘n klop aan die deur. Daar staan ‘n vreemde, bleek man, en hy praat ‘n rare taal in ‘n vreemde elektroniese stem sonder dat sy mond beweeg! Het hy oplossings vir sekere aardse probleme? Hoe gaan hy dit aan die gesin oordra? Het hy goeie...
2020-11-26
52 min
Radioteater
NAG VAN DIE VER MUSIEK deur Engela van Rooyen-Linde
Andries Smith is emosioneel afgestomp teenoor sy gesin, bestaande uit sy vrou Alet, en hulle tweeling, Larry en Lara. Wat sou die rede daarvoor wees? Is dit omdat hy net sy ma, Gloria Smith, se woord kan neem vir wat met sy pa gebeur het, of het dit iets te doen met die beertjie-musiekboks wat hy sukkel om oop te kry. Weet Gloria meer as wat sy voorgee? Die spelers is Dawid Minnaar, Henrietta Gryffenberg, Luan Jacobs, Ansu Visser en Elzabé Zietsman.
2020-10-29
1h 04