podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Netwerk24
Shows
Rapport Praat Sport
Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’
Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref. Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die Wêreld-sewesreeks, en Snyman vertel hoe hy sy groep vir die toernooi gekies het. Snyman sê ook: “Skryf dié jong man se naam neer, hy is spesiaal...” Gepraat van Erasmus – het julle gesien hoe die Sesnasies-afrigters hom probeer naboots? Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur...
2025-02-19
32 min
Rapport Praat Sport
Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook oor Matthew Breetzke se spogbeurt teen Nieu-Seeland, Dricus du Plessis se oorwinning oor Sean Strickland en die Bulle se “tronk-ontsnapping” in Kaapstad. Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
2025-02-12
26 min
Rapport Praat Sport
Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’
Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het. Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks, Dricus du Plessis se reuse-geveg teen Sean Strickland wat voorlê en oor die onervare Protea-span wat gekies is vir die driehoekige toernooi teen Nieu-Seeland en Pakistan. Ons hoor ook by Rob Walter hoe hy voel oor Temba Bavuma se gereedheid vir die Kampioenetrofee, nadat die Protea-kaptein nie in die SA2...
2025-02-05
31 min
Rapport Praat Sport
Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
2025-01-29
32 min
Rapport Praat Sport
Die dag toe Dok aan Schuster sê: ‘Jy kom nie met daai str*nt na my toe nie!’
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Albert Heenop hom by Tinus van Staden en Jóhann Thormählen aan en deel staaltjies en inspirerende stories oor al die sportlui met wie hy al gesels het vir sy gewilde Wat het geword van-onderhoude. Hy vertel stories van Frik du Preez, Gary Player, Tommy Bedford, Rob du Preez, Kallie Knoetze, Shaun Tomson . . . en een van Leon Schuster en Dok Craven wat jy nié wil misloop nie. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
2025-01-22
27 min
Rapport Praat Sport
Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen
Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”. Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
2025-01-15
31 min
Rapport Praat Sport
Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!
Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n beter kans staan as wat mense dink om die Aussies op Lord’s te klop nie. Wat is jou sportwense vir 2025? Laat weet ons by tinus.vanstaden...
2025-01-08
28 min
Rapport Praat Sport
George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak
As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die geestelike ingesteldheid waarmee hy deesdae op die krieketveld stap. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen kies ook hul top-drie- Suid-Afrikaanse sport-oomblikke, en -sportsterre van 2024. Laat weet ons wie jy s...
2024-12-18
29 min
Rapport Praat Sport
Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug
Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioeneliga. Jóhann Thormählen vertel hoe die atmosfeer by die Kaapstad-sewestoernooi was. En hier is ’n triviavraag vir jóú: Vanjaar het vyf Proteas hul eerste toetshonderdtalle geslaan. Die jaar met die vor...
2024-12-11
29 min
Rapport Praat Sport
Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA Rugby se plan om ’n vennootskap met die Amerikaanse belegger Ackerley te sluit Vrydag gaan sneuwel. Laat gerus van jou hoor by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap...
2024-12-04
30 min
Rapport Praat Sport
Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA Rugby se plan om ’n vennootskap met die Amerikaanse belegger Ackerley te sluit Vrydag gaan sneuwel. Laat gerus van jou hoor by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap...
2024-12-04
30 min
Rapport Praat Sport
Rassie ondergaan groot operasie
In dié week se Rapport Praat Sport onthul Hendrik Cronjé dat Rassie Erasmus pas ’n groot operasie ondergaan het. Ons praat ook oor die toekoms van Steven Kitshoff se loopbaan ná ’n nekoperasie, en neem die Bokke se spogseisoen in oënskou. Laat weet ons gerus wat jou hoogte- en laagtepunte van die jaar was, by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Wees ook op die uitkyk – volgende week het ons weer ’n spesiale gas wat hom by ons aansluit. Sport | Rapport
2024-11-27
31 min
Rapport Praat Sport
Ackers onthul: Dís hoekom ek terugkeer na SA
Johan Ackermann sluit hom dié week by Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe rol by die Junior Springbokke. Hy verduidelik waarom hy dié pos aanvaar het, verklap ’n paar geheime van Japanse klubrugby en erken ’n pos by die Bokke iewers in die toekoms is iets wat hy met albei hande sal aangryp. Peter Engledow, Cameron Hanekom se skole-afrigter, vertel van die dag dat Hanekom vir hom gesê het: “Meneer, ek sal dít nooit weer toelaat nie.” En voel dit vir jou ook of Rassie Erasmus...
2024-11-20
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Saru-baas: Wêreld is jaloers op Bokke
In dié week se Rapport Praat Sport met Netwerk24 erken die grootbaas van SA Rugby, Rian Oberholzer, dit voel soms vir hom of daar jaloesie is oor Suid-Afrika se sukses. Dít nadat die rugbywêreld alweer knorrig is oor Rassie Erasmus se Bomb Squad. Oberholzer verduidelik ook waarom Suid-Afrika die 20-minuut-rooikaart-reël steun, en onthul Mark Alexander is gevra om te staan vir die pos van Wêreldrugby-voorsitter. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden bespiegel oor wie die nr. 10-trui teen Engeland gaan dra, en die voormalige Namibiese losvoorspeler Renaldo Bothma vertel hoe hy met depressie en alkoholmisbruik gesukkel het na...
2024-11-13
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Heyneke Meyer verduidelik Tonybôl en Duhan se ma sê: Watch this space...
Die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer gesels vandag saam met Hendrik Cronjé en Tinus van Staden oor alles van rugby in Amerika tot die geheime van Bok-hardlooprugby. Hy dink terug aan van die spelers wat hy gebrei het: Van Joost van der Westhuizen tot Fourie du Preez, Victor Matfield en Handré Pollard. Ons wonder hardop waarom Rassie sy span-aankondiging na Vrydag geskuif het, en verwelkom ook nóg ’n spesiale gas op die program – Dulene van der Merwe, ma van die Skotse vleuel Duhan. Sy praat ’n bietjie oor die Stormers-gerugte, en Duhan se driedruk-rekord. Ons sluit af met ’n spesiale verslag deu...
2024-11-06
36 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie se snoeiproses: Die verskil tussen Faf en Cobus
Eers was dit ’n losskakel vir ’n haker. Nou ’n losvoorspeler vir ’n agterspeler... en selfs ’n losskakel vir ’n stut! Ons gesels oor Rassie Erasmus wat wéér interessante spankeuses maak. Jóhann Thormählen sê waarom Damian Willemse se afwesigheid die Bokke vanjaar minder hard tref as wat verlede jaar die geval sou wees, en ons kies ons vyftientalle vir die toets teen Skotland. Ons spreek ook die oli-Faf in die kamer aan (selfs Francois van Coke se naam duik op), en Hendrik Cronjé verduidelik die rigting wat Rassie in die toekoms wil inslaan. Sport | Rapport
2024-10-30
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies
Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red. Met Wêreldrugby op die punt om te stem oor die instelling van die 20 minuut-rooikaart woed ‘n hewige debat weer oor watter oortredings erg genoeg is om ‘n speler se wedstryd te beëindig (en sy span op die agtervoet te hou). Ons sportskrywers Hendrik Cronjé en Johann Thormahlen deel hul menings met ons. Ons...
2024-10-23
24 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Onthul: Vier Grotes wil Cheetahs en kie met Superrugby-geelwortel swaai
Ons gesels oor die stand van sake met SA Rugby se beoogde Ackerley-vennootskap, en Hendrik Cronjé onthul ’n nuwe voorstel van die Stormers, Leeus, Bulle en Haaie om Saru se planne omver te werp. Ons praat ook oor Gayton McKenzie, die minster van sport, kuns en kultuur, se betrokkenheid by die voornemende ooreenkoms. Dit is ook die eerste keer dat ’n gas hom regstreeks by ons aansluit. Jacques Faul, die uitvoerende hoof van die Titans en een van die land se mees gesiene sportadministrateurs, praat oor die ekonomiese verskuiwings in die sportlandskap. Hy waarsku ook teen die gevare van eiebelang. Jóhan...
2024-10-16
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dís Rassie se plan met jaareind-span
Hendrik Cronjé onthul wat sy bronne vir hom sê oor Rassie Erasmus se rotasie-planne vir die drie toetse op die jaareindtoer. Ons gesels ook oor die spelers en spanne wat tot dusver indruk maak in die Verenigde Rugbykampioenskap (hoe lekker brul dié trop Leeus nie!). Wêreldrugby het ook weer gaan staan en torring aan die reëls... maar gaan dit dalk ’n kobra-effek tot gevolg hê? Jóhann Thormählen voorspel sy wenners van dié naweek se VRK-wedstryde (druk toe jou ore, Stormers-fên), Tinus van Staden gesels oor die tekort aan diepte in Suid-Afrikaanse krieket en vele meer in dié week...
2024-10-09
33 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Bokke se lekker losskakel-toffie
Die 10-uit-10 vertoning wat Manie Libbok Saterdag in Mbombela vir die Bokke opgedis het, het opnuut gewys hoeveel kopkrap die 10-trui nog vorentoe vir die Bokke se breintrust gaan veroorsaak. Ons gesels ook oor TonyBall, die speelstyl wat Tony Brown as aanvalsafrigter na die Bokke gebring het, en ons hoor wat Swys de Bruin tranerig maak sedert hy die vroue-Bokke begin afrig het. Sport | Rapport
2024-10-02
21 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie onthul waarom hy met Manie volhard
’n Haai se groot bekentenis oor dáái omgekeerde bal. Die R7 miljoen-Curriebeker-geelwortel vir die Groot Vier... en natuurlik alles en nog meer oor Manie Libbok se mislukte stelskop. In dié week se Rapport Praat Sport wonder Hendrik Cronjé of dit nie dalk tyd is vir Manie om sy vlerke oorsee te sprei nie. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen het verskillende idees oor hoe die Bokke dié losskakel Saterdag moet aanwend. Ons hoor ook wat Rassie Erasmus en Bongi Mbonambi oor Manie te sê het. En skuld jy vir Eben Etzebeth geld? Wees versigtig... Sport | Rapport
2024-09-25
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie knorrig oor Sacha hom nie van besering sê
In dié week se Rapport Praat Sport onthul Rassie Erasmus ’n opwindende agterlyn-plan vir die tweede helfte van die toets teen Argentinië. Ons hoor ook hoekom hy ongelukkig was met Sacha Feinberg-Mngomezulu. Hendrik Cronjé, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook Curriebeker-rugby, en ons beantwoord ’n paar vrae wat luisteraars ingestuur het. Hendrik gee ’n lusmakertjie oor ’n groot storie waaraan hy werk vir Sondag se Rapport, en Jóhann onthul met watter sportster hy dié week ’n onderhoud gaan voer. Sport | Rapport
2024-09-18
28 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Só kan Rassie se breker-bank teen Poemas lyk
Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago. Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen probeer ook vasstel hóé die Bokke nóg ’n sege by die All Blacks weggestoei het; selfs al is daar meer by Suid-Afrika se afbreekpunte gesteel as uit die staatskas in die Zuma-jare. Ons wonder ook hoe die res van die wêreld dié Bok-span beskou, en vra sommer vir ’n Kiwi-joernalis om ons te vertel. Sport | Rapport
2024-09-11
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Siya oefen saam met Bokke in Kaapstad
Hendrik Cronjé se molle laat weet: Siya Kolisi het vanoggend saam met die Bokke gesweet in Kaapstad. Maar gaan hy gereed wees om die All Blacks Saterdag in Kaapstad aan te durf? Luister en bespiegel saam met Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen oor hoe die span moontlik kan lyk. Is Jasper Wiese dalk ’n opsie op nr. 6? Ons praat ook oor die talle omstrede blasersbeslissings in die eerste toets op Ellispark, en hoor hoe ons Paralimpiese-atlete in Parys vaar. Sport | Rapport
2024-09-04
32 min
Rapport Praat Sport
LUISTER | Rassie keer terug na Bomb Squad-wortels met Eben-dinamiet
Pap, lepel, sous en Pieter-Steph du Toit se gunsteling-kos is maar net enkele van die vele gesprekspunte in dié week se Rapport Praat Sport. Hendrik Cronjé doen ook ’n meesterklas-ontleding van die All Blacks se skopplan, en Rassie verklap wat die énigste wedstryd is waarvoor hy sy heel beste Bok-23-tal kies. Tinus van Staden praat ook ’n bietjie krieket, en Jóhann Thormählen gee raad oor watter Suid-Afrikaanse atlete om dop te hou op die Paralimpiese Spele. Sport | Rapport
2024-08-28
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Fêns juig oor Bokke, Dricus… maar waar is jolyt oor Proteas?
Dit is asof die Protea-krieketspan deesdae die stiefkind van Suid-Afrikaanse sport is, selfs wanneer hulle wen. In dié week se Rapport Praat Sport, bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen hierdie stand van sake. Ons wonder ook hardop wie Rassie Erasmus met die nr. 10-trui gaan toevertrou vir die toetse teen die All Blacks. Sport | Rapport
2024-08-21
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dís die plan met Rassie se vreemde span
Dis ’n gevoel wat Bok-fêns ongelukkig alte goed ken. ’n Reuse-oorwinning opgevolg deur ’n getjommel. Maar dié week kan dinge dalk net anders wees, ná ’n moontlike Rassie Erasmus-meesterskuif. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen is terug met nog ’n aflewering van Rapport Praat Sport, en bespiegel oor die redes agter Erasmus se laslappie-span. Ons kyk ook terug na die Olimpiese Spele, bespreek die korrelasie tussen sport en rook, en raak opgewonde oor Dricus du Plessis se groot geveg teen Israel Adesanya. Sport | Rapport
2024-08-14
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | En Tony Brown se oogappel is…
Wat moet ons lees in Sacha Feinberg-Mngomezulu se insluiting op losskakel in die Springbok-beginspan vir die eerste Rugbykampioenskapstoets teen Australië? En wat hou die toekoms vir die Wêreldbeker-held Handré Pollard in? In dié week se Rapport Praat Sport, probeer Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen om dié vrae te beantwoord. Ons raak ook filosofies oor Tatjana Smith se swem-ingesteldheid, en vereer Akani Simbine as Suid-Afrika se beste spoedvraat van alle tye (ja, selfs al was hy wéér die amper-man). Sport | Rapport
2024-08-07
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dis mos Bok-guts daai van Tatjana!
Die Olimpiese Spele is in volle swang, en die Suid-Afrikaners stel glad nie teleur nie. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Tatjana Smith se meesterklas in die swembad, die Blitsbokke se broekskeur-brons, en ons hoor ook van Philip Snyman, Selvyn Davids en Rosko Specman. En wat nog? O, ja! Hoe gaan Rassie maak op agtsteman en skrumskakel... Sport | Rapport
2024-07-31
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie Erasmus: Die man sonder ’n ego
Die B-Bokke was vyfster teen Portugal, en gelukkige Jan-Hendrik Wessels het die Vincent Koch-rekord vrygespring. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Rassie Erasmus se oog vir talent. John Dobson sê Sacha Feinberg-Mngomezulu is perfek, en Ricardo Louscher meen Krappies van den Berg kan nog báie toetse speel. En die opvolger vir Pieter-Steph du Toit is… ’n man met ’n ingenieursgraad. Sport | Rapport
2024-07-24
29 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Die volmaakte 3 minute van Ierse rugby-digkuns wat die Bokke sink
Die bloed het geloop, die bier het gevloei en Ierland het hul pad tot ’n 1-1-uitslag in Durban oop-geskepskop. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen gesels oor ’n toetsreeks uit die boeke, die mite van driedruk-rugby, die aard van sosialemedia-trolle, pap wiele, dubbeldoor-derduiwels en die volgende geslag sterre. Ons hoor ook wat sê Rassie Erasmus oor bitterpille in bekke, en kry die mening van Murray Kinsella, ’n Ierse joernalis, oor (eerbiedige) Bok-fêns. Sport | Rapport
2024-07-17
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dubbele standaarde: Iere kla oor Casey, maar wat van Henshaw-voorval?
Ierse skelmstreke in die skrums, ’n splinternuwe Bok-aanval... en ’n Ierse gekerm oor Coldplay. Tinus van Staden praat met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor die talle brandpunte ná die slag van Loftus, en kyk vorentoe na Saterdag se tweede toets tussen Suid-Afrika en Ierland in Durban. Sport | Rapport
2024-07-10
29 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Kookwater-Proteas verwelkom druk van die huis af
Nog ‘n dag, nog ‘n groep Kiwi’s afgeslag. . . en nou skram niemand meer weg van praatjies oor ‘n Wêreldbeker-dubbel vir Suid-Afrika se rugby- en kriekethelde nie. So hoe voel die Proteas self? Hulle het lesse geleer uit hul eie én die Springbokke se onlangse naelskraap-seges, sê Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, en verwelkom die druk wat kom saam met Suid-Afrika se groot verwagtinge. Sport | Rapport
2023-11-02
21 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Bongi-sage wys hoe ver hang Wêreldrugby se onderrok uit
Rapport se rugbyskrywer Hendrik Cronjé was die afgelope week aan die voorpunt van die beriggewing oor die onsmaaklike rasbewerings teen die Bok-haker Bongi Mbonambi. Hy meen dit was “ ‘n hartseer week vir rugby” en een waaroor sowel die Engelse Rugbyunie as Wêreldrugby bloedrooi moet bloos. Sport | Rapport
2023-10-27
14 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Teenstanders se stert-kolwers groot kopseer vir Proteas
Die Wêreldbeker-toernooi het reeds sakke vol hoogtepunte vir Suid-Afrika opgelewer – maar daar is een groot bron van kommer: die boulers se onvermoë om die spreekwoordelike stert af te kap. Altesaam 51% van die lopies teen Suid-Afrika is aangeteken wanneer die stertkant-kolwers voor die penne was. Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, bespreek moontlike redes daarvoor. Sport | Rapport
2023-10-25
19 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Verwag weer Bok-truuks in halfeind teen Engeland
Vier jaar gelede het hulle Engeland gefop met die bekende ‘The Move’, en laasweek die Franse onkant gevang met ‘n skrum van ‘n merk en danspassies voor ‘n tikskop. In hul Wêreldbeker-herontmoeting Saterdag met die Engelse sal daar beslis weer ‘n truuk of twee wees – vraag is net wat. Sport | Rapport
2023-10-20
15 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Nederland-slae kos Proteas nie hul moed
Die Protea-kolwer Rassie van der Dussen het nou wel Dinsdag in die skok-nederlaag teen Nederland sy paaltjie met ‘n omgekeerde veeghou verloor – maar moet vir geen oomblik dink dit maak hom skrikkerig om dit aan te hou probeer nie. Sport | Rapport
2023-10-20
15 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Franse verrassings en Protea-perfeksie
Die Franse Hane het toestemming gevra dat Antoine Dupont die naweek in hul WB-kwarteindstryd teen die Springbokke in 'n spesiale skrumpet en masker speel - 'n proses wat gewoonlik maande vat, maar dalk net vir Frankryk se goue seun bespoedig kan word. En in Lucknow in Indië wag 'n Australiese span wat lanklaas op alle suiers gevuur het op 'n Protea-groep wat hul WB-veldtog met 'n groot knal begin het - en sommer nog baie ruimte vir verbetering het. Sport | Rapport
2023-10-10
26 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé verklap watter Bok monsterskepdoele op die oefenveld oorklits
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus sal eers ná die toets teen Tonga besluit hoe hulle gaan maak met hul losskakel-vraagstuk. Kan ’n goeie vertoning aan Handré Pollard die nr. 10-trui besorg vir die kwarteindronde? Of gaan hy die plaasvervangersbank warm hou en eers later in wedstryde vir Manie Libbok vervang. Hendrik verklap ook ’n paar “oefenveldgeheime”. Sport | Rapport
2023-09-28
23 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé oor 7/1-bank: Kwagga oefen vir seker in agterlyn
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus het die rugbywêreld Dinsdagaand geskok met die insluiting van sewe voorspelers en net een agterspeler op hul plaasvervangersbank vir die Wêreldbeker-toets teen Ierland Saterdag in Parys. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden ontleed dié taktiek, en bespreek ook redes vir die weglating van Willie le Roux en Duane Vermeulen. Sport | Rapport
2023-09-20
24 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat uit Frankryk: Faf dalk gevra om skoppe by Manie oor te neem
Die Bokke het 'n potensiële piesangskil vermy deur Skotland met 18-3 in hul Wêreldbeker-openingswedstryd te klop. Rapport se Hendrik Cronjé, wat die skouspel vir Netwerk24 dek, ontleed dié wedstryd en sê wat hý reken van die spanveranderinge teen Roemenië kan wees. Marco van Staden en Kwagga Smith kan byvoorbeeld die kantmanne wees. Sport | Rapport
2023-09-12
23 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat WB-rugby uit Toulon: Faf of Jaden? Willie of Damian?
Die Bokke het 'n paar kopkrap-keuses voor hul Wêreldbeker-openingstoets teen Skotland Sondag in Marseille. Sport | Rapport
2023-09-05
18 min
News24 On Air
Don't sip this one out: News24 and Netwerk24 test water quality in SA's biggest cities
News24 and Netwerk24 have been quietly testing the quality of drinking water in six cities for a month. So, how safe is the drinking water? Listen to News24's assistant editor for breaking news, Sheldon Morais, as he speaks to News24 writer at large Phillip de Wet to dive into the findings.
2023-08-16
30 min
Life With Zee
EP 3 Rasaad Adams: Netwerk24 Journalist Spills the Tea on Life Behind the Scenes
Writing for Die Beeld, Die Burger, Die Volksblad, and Die Rapport, Netwerk24 multi-media journalist Rasaad Adams joins me to talk about His mission statement as a journoLife behind the scenesThe stories behind the stories he has covered and Everything aspiring journalists need to know before getting into a career in journalism.In this chat, we approach journalism from a different angle, highlighting the purposes and superpower of ethical journalism in modern-day South Africa. Join us for a chat as you sit back, have a snack and enjoy the show!———————Like the show? Feel free to buy a cup...
2023-03-15
49 min
Netwerk24
Op die toneel - Zuma-ondersteuners dwing N3 tot stilstand
Dennis Delport berig daar is tans grootskaalse verkeersontwrigting op die N3 tussen Durban en Pietermaritzburg.
2021-07-09
00 min
Nuus
Op die toneel - Zuma-ondersteuners dwing N3 tot stilstand
Dennis Delport berig daar is tans grootskaalse verkeersontwrigting op die N3 tussen Durban en Pietermaritzburg.
2021-07-09
00 min
Nuus
Netwerk24 in Nkandla - Ambulans glo vir 'siek' Zuma
Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou.
2021-07-07
00 min
Netwerk24
Netwerk24 in Nkandla - Ambulans glo vir 'siek' Zuma
Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou.
2021-07-07
00 min
Nuus
Netwerk24 in Nkandla - Ambulans toegang geweier na Nkandla
’n Ambulans het pas by die hoofhek na die Nkandla-woonkompleks opgedaag, maar die dansende Zuma-ondersteuners weier om pad te gee en die ambulans te laat ingaan. Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou.
2021-07-07
00 min
Netwerk24
Netwerk24 in Nkandla - Ambulans toegang geweier na Nkandla
’n Ambulans het pas by die hoofhek na die Nkandla-woonkompleks opgedaag, maar die dansende Zuma-ondersteuners weier om pad te gee en die ambulans te laat ingaan. Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou.
2021-07-07
00 min
Netwerk24
LUISTER: Netwerk24 se joernalis vertel uit Nkandla
Só dans en sing ondersteuners nou voor Zuma se Nkandla-huis. Dennis Delport vertel op die toneel.
2021-07-02
00 min
Nuus
LUISTER: Netwerk24 se joernalis vertel uit Nkandla
Só dans en sing ondersteuners nou voor Zuma se Nkandla-huis. Dennis Delport vertel op die toneel.
2021-07-02
00 min
Netwerk24
'n standbeeld vir Diana, prinses van harte
'n Standbeeld van Diana, ontslape prinses van Britanje word op wat haar 60ste verjaardag sou wees in die gesonke tuin van Kensingtonpaleis in London onthul. Haar twee seuns, Prins William en Prins Harry het in 2017 opdrag vir die standbeeld gegee - toe hulle nog met mekaar gepraat het. Koninklike waarnemers soos Netwerk24 se Arlene Prinsloo, hoop dat die onthulling die twee broers daaraan sal herinner dat hulle ma wou hê hulle moet beste vriende bly.
2021-07-01
12 min
Nuus
'n standbeeld vir Diana, prinses van harte
'n Standbeeld van Diana, ontslape prinses van Britanje word op wat haar 60ste verjaardag sou wees in die gesonke tuin van Kensingtonpaleis in London onthul. Haar twee seuns, Prins William en Prins Harry het in 2017 opdrag vir die standbeeld gegee - toe hulle nog met mekaar gepraat het. Koninklike waarnemers soos Netwerk24 se Arlene Prinsloo, hoop dat die onthulling die twee broers daaraan sal herinner dat hulle ma wou hê hulle moet beste vriende bly.
2021-07-01
12 min
Netwerk24
'Toe soen die prins haar sommer twee keer!'
'n Groot Suid-Afrikaanse vlag het tien jaar gelede langs die pad gepryk waar Engeland se Prins William en sy nuwe bruid, duisende mense gegroet het. Netwerk24 se eie Arlene Prinsloo het die vlag daardie dag in Londen laat wapper.
2021-04-29
16 min
Nuus
'Toe soen die prins haar sommer twee keer!'
'n Groot Suid-Afrikaanse vlag het tien jaar gelede langs die pad gepryk waar Engeland se Prins William en sy nuwe bruid, duisende mense gegroet het. Netwerk24 se eie Arlene Prinsloo het die vlag daardie dag in Londen laat wapper.
2021-04-29
16 min
Nuus
'n Afskeid vol simboliek in Brittanje
'n Statige begrafnisdiens gestroop van oordaad is hoe Prins Philip van Brittanje se afskeid beskryf word. Desondanks was dit steeds 'n afskeid waarin simboliek 'n groot rol gespeel het, vertel Arlene Prinsloo van Netwerk24 wat regstreeks daaroor verslag gedoen het.
2021-04-18
08 min
Netwerk24
'n Afskeid vol simboliek in Brittanje
'n Statige begrafnisdiens gestroop van oordaad is hoe Prins Philip van Brittanje se afskeid beskryf word. Desondanks was dit steeds 'n afskeid waarin simboliek 'n groot rol gespeel het, vertel Arlene Prinsloo van Netwerk24 wat regstreeks daaroor verslag gedoen het.
2021-04-18
08 min
Nuus
Prins Philip se anderster begrafnisdiens
Koninklike protokol en tradisie moet die knie voor Covid-19-regulasies buig met die begrafnisdiens van Brittanje se prins Philip Saterdag. Is dié anderster begrafnis dalk tekenend van nog veranderinge wat vir die koningsgesin voorlê? Arlene Prinsloo, 'n webredakteur van Netwerk24, gee haar mening.
2021-04-16
15 min
Netwerk24
Prins Philip se anderster begrafnisdiens
Koninklike protokol en tradisie moet die knie voor Covid-19-regulasies buig met die begrafnisdiens van Brittanje se prins Philip Saterdag. Is dié anderster begrafnis dalk tekenend van nog veranderinge wat vir die koningsgesin voorlê? Arlene Prinsloo, 'n webredakteur van Netwerk24, gee haar mening.
2021-04-16
15 min
Nuus
Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa
Die dood van prof. Christof Heyns het nie net as as ‘n skok gekom vir vriende en familie nie, maar ook vir talle mense in akademiese- en regskringe. Linda van Tilburg, oud TV-joernalis, het hierdie onderhoud in Oktober verlede jaar met hom gevoer nadat hy besluit het om hom nie weer beskikbaar te stel as lid van die Verenigde Nasies se Menseregte-komitee nie hoewel die regering wou gehad het hy moes vir nog ‘n termyn dien. Heyns was die afgelope dekade instrumenteel in die herskryf van internasionale protokolle oor menseregte, eers as ‘n spesiale rapporteur van die VN en die afgelo...
2021-03-29
15 min
Netwerk24
Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa
Die dood van prof. Christof Heyns het nie net as as ‘n skok gekom vir vriende en familie nie, maar ook vir talle mense in akademiese- en regskringe. Linda van Tilburg, oud TV-joernalis, het hierdie onderhoud in Oktober verlede jaar met hom gevoer nadat hy besluit het om hom nie weer beskikbaar te stel as lid van die Verenigde Nasies se Menseregte-komitee nie hoewel die regering wou gehad het hy moes vir nog ‘n termyn dien. Heyns was die afgelope dekade instrumenteel in die herskryf van internasionale protokolle oor menseregte, eers as ‘n spesiale rapporteur van die VN en die afgelo...
2021-03-29
15 min
Netwerk24
Azille Coetzee praat met Chase Rhys
Chase Rhys is ’n dramaturg, skrywer en performance-kunstenaar. Vir sy debuut-toneelstuk Kinnes, ’n verhaal oor jong mense van die Kaapse Vlakte, word hy vereer met die Adam en Rosalie Small-prys in 2017. Kinnes is sedertdien as roman uitgegee en bekroon met die kykNET-Rapport-prys sowel as die Suid-Afrikaanse Letterkundeprys. Chase is medestigter van Borderlands, ’n projek wat kuns gebruik om ruimtes te skep waarin mense van gesegregeerde gemeenskappe in die Kaap bymekaar kan kom. Azille Coetzee gesels met Chase oor verteenwoordiging in letterkunde, oor kuns, queer-identiteit en feminisme.
2020-12-16
48 min
Netwerk24
Azille Coetzee praat met Kabous Meiring
Kabous Meiring is dokumentêre filmregisseur, meningsvormer, en televisieaanbieder, onder meer. Verskillende mense rondom die tafel gaan sit om moeilike gesprekke te hê, of van Mega boere, ’n televisieprogram waarin sy deur die land reis om met boere te gesels oor die uitdagings van ons tye. Kabous is bekend om reguit praat, maar ook om haar vermoë om met mense te connect en hul stories die lig te laat sien. Azille Coetzee praat vandag met Kabous oor die borrels waarin ons leef, die woke-kultuur, plaasmoorde, Black Lives Matter en Afrikanerskap.
2020-12-09
57 min
Netwerk24
Azille Coetzee praat met Dana Snyman
Dana Snyman is ’n geliefde en bekroonde skrywer, joernalis en dramaturg. Hy is ’n reisiger en storieverteller. Hy staan bekend vir die deernis waarmee hy mense en hul verhale uitbeeld, sy vermoë om die besondersheid en vreemdheid van die alledaagse te laat sien, en die eerlikheid waarmee hy sy eie gedagtewêreld blootlê. Azille Coetzee gesels met Dana oor generasiegapings, wit Afrikanerskap, nostalgie en Afrika.
2020-12-02
43 min
Netwerk24
Azille Coetzee praat met Mercy Kannemeyer
Mercy Kannemeyer is teatermaker, regisseur, en skrywer. Sy is in 2017 deur die Afrikaanse Taalraad vereer met ? Kokerprys vir haar dokumentêr, Die ander kant, waarin sy vra wat ons kan verloor as Afrikaans as onderrigtaal by Stellenbosch Universiteit afgeskaf word. Sy word gereken as een van Afrikaans se opwindendste opkomende teatermakers en het al verskeie toneelstukke op die planke gebring – onder andere Ons is nie almal so nie, ’n verwerking van Jeanne Goosen se bekende boek. Azille Coetzee gesels met haar oor identiteitspolitiek en deernis, oor haar liefde vir Afrikaans, haar stryd vir moedertaalonderrig en haar ervaring van millenniër wees.
2020-11-25
48 min
Netwerk24
RSG en herstrukturering by die SAUK
Magdaleen Krüger, hoof van Radio Sonder Grense, het op Spektrum, dié radiostasie se middagaktualiteitsprogram, gesê dit is fopnuus dat Afrikaans bedreig word deur herstrukturering by die SAUK.
2020-11-20
10 min
Nuus
RSG en herstrukturering by die SAUK
Magdaleen Krüger, hoof van Radio Sonder Grense, het op Spektrum, dié radiostasie se middagaktualiteitsprogram, gesê dit is fopnuus dat Afrikaans bedreig word deur herstrukturering by die SAUK.
2020-11-20
10 min
Netwerk24
Azille Coetzee praat met Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal
Ronelda Kamfer is die bekroonde skrywer van vier digbundels, wat in verskeie tale vertaal is, en Nathan Trantraal is ’n comic-boekkunstenaar, rubriekskrywer, draaiboekskrywer en digter. Hy het al ’n paar grafiese romans geskryf en drie bekroonde digbundels. Hulle is getroud en tussen hulle het hulle al die meeste van die belangrike literêre pryse in Suid-Afrika ingepalm. Azille Coetzee gesels met hulle oor hul liefdesverhouding en huishouding, die geïnstitusionaliseerde rassisme en seksisme in die Afrikaanse literêre establishment, die rol van kuns, en dan lees hulle elkeen ’n liefdesgedig (opgedra aan mekaar) uit hul nuutste bundels, Chinatown en Oolog.
2020-11-18
48 min
Netwerk24
Azille Coetzee praat met Marita van der Vyver
Marita van der Vyver is een van ons mees geliefde Afrikaanse skrywers wat in 1992 nasionaal én internasionaal opspraak gemaak het met haar roman Griet skryf ’n sprokie. In Griet skryf Marita openlik oor seks, en plaas sy vroulike begeerte in die middel van die storie, iets wat daardie tyd nog nooit in Afrikaans gedoen is nie. Sedertdien het sy ’n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword. Vandag woon Marita in ’n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man en hul kinders. Haar nuwe boek Grensgeval gaan weer oor ’n sensitiewe onderwerp in ons kultuur –...
2020-11-11
25 min
Werkfiks
Werkfiks: Só kies jy die regte mentor vir jou
Die regte mentor op die regte plek, kan jou loopbaan na die volgende vlak neem. Renaldo Schwarp klop in die laaste aflewering van Werkfiks aan by media-persoonlikheid, Mishka Loesch, vir raad oor mentorskap aan.
2020-05-26
09 min
Werkfiks
Werkfiks: Só hanteer jy konflik in die werksplek
Jy gaan nie konflik in die werksplek kan vryspring nie. In hierdie aflewering van Werkfiks, klop Renaldo Schwarp by radio-omroeper, Sue Pyler, aan vir raad oor hoe om dié tameletjies te hanteer.
2020-05-20
09 min
Werkfiks
Werkfiks: Onthou dít voor jy jou eerste werkkontrak teken
'n Mens kan soms oorhaastig jou eerste werkskontrak teken, sonder om noukeurig deur al die fynskrif te lees. In hierdie aflewering van Werkfiks, gesels Renaldo Schwarp met die nuusleser, Barron Hufkie, oor hoe belangrik dit is om jou nie vas te teken vir 'n werk nie.
2020-05-05
09 min
Werkfiks
Werkfiks: Só kan jou sosiale media vir jou geld maak
Het jy al na jou eie sosiale media geloer en gedink: Miskien kan ek hieruit geld maak? Renaldo Schwarp klop in dié episode van Werkfiks aan by Lisa met die rooi hare en vra vir haar hoe 'n mens dit regkry.
2020-04-28
08 min
Werkfiks
Werkfiks: Só berei jy voor vir jou eerste jaar van werk...
Dit kan 'n baie groot aanpassing wees om te begin werk. Veral die eerste jaar as jong werkende kan rof wees. Daarom gesels Renaldo Schwarp in dié aflewering van Werkfiks met model en Boer Soek 'n Vrou-aanbieder, Marciel Hopkins, oor hoe studente hulself vir die eerste jaar van werk kan voorberei.
2020-04-22
09 min
Werkfiks
Werkfiks: Só kan jy vir jouself werk skep...
Dit sit nie in almal se broek om vir hulself werk te skep nie. Renaldo Schwarp vra in die derde episode van Werkfiks vir akteur, Arno Greeff, hoe hy dit regkry.
2020-04-15
10 min
Werkfiks
Werkfiks: Geld, geld, geld!
Dis soms moeilik om 'n gesonde verhouding met geld te kweek, want as student het jy gewoonlik heeltemal te min daarvan!Renaldo Schwarp vra in die tweede episode van Werkfiks vir radio-omroeper, Sherlin Barends, raad oor hoe om met jou eerste salaris uit te kom.
2020-04-07
09 min
Werkfiks
Werkfiks: Tyd vir 'n side-hustle?
Hoe kies 'n mens die perfekte side hustle en hoe balanseer 'n mens dit met studies? Dít is die vrae wat Renaldo Schwarp in die eerste episode van Die Student se podsending, Werkfiks, gaan beantwoord. Sy gas? Radio-omroeper en televisie-aanbieder, Zoë Brown.
2020-03-30
11 min
NARRATIEF MET BOUWER BOSCH
EPISODE 64: JANA MARX (DIEPTEVERSLAGGEWER VIR NETWERK24)
EPISODE 64: JANA MARX (DIEPTEVERSLAGGEWER VIR NETWERK24) by BOUWER BOSCH
2020-03-27
1h 04
Vra die kenner
Vra die kenner: Marnus Broodryk oor kleinbesighede in die knyp tydens Covid-19
Kleinsakeondernemings gaan waarskynlik die swaarste deur 'n langdurige Covid-19-pandemie getref word - maar dis juis die veerkragtigheid van entrepreneurs wat ondernemings kan red. Marnus Broodryk is 'n entrepreneur wat wyd gaan soek het na antwoorde.
2020-03-24
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Liizl Miller gee praktiese wenke teen korona-angs
Veg, vlug of vries – só reageer die menslike brein op gevaar. Die onsigbare vyand wat die wêreld op sy kop gekeer het, ontlok ook dié reaksie en die angsvlakke blyk die hoogte in te skiet. Maar sê Liizl Miller, 'n kliniese sielkundige van Pretoria, jy kán beheer neem oor jou angs en selfs iets goeds daarvan maak.
2020-03-23
06 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Neels Barendrecht oor sy tweede keer in selfisolasie
2020-03-19
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Lizz Meiring oor kunstenaars se brood en botter in die tyd van Covid-19
Miljoene rande aan inkomste is eensklaps uitgewis toe die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees weens Covid-19 gekanselleer is. Van in 'n hoekie sit en huil is daar nie sprake nie, sê die teaterdoyen Lizz Meiring, wat vorendag gekom het met die Huisteater-plan om KKNK-produksies dwarsoor die land aan te bied.
2020-03-19
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Ulrich Stander, 'n arbeidsregkenner oor Covid-19 in die werkplek
2020-03-18
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Covid-19- SA'ners in wêreldstede aan die woord
Paniekaankope, vuisgevegte oor toiletpapier en teleurstelling in wêreldleiers - Suid-Afrikaners van Amerika tot Rusland, Nederland tot Spanje sê Covid-19 is op almal se lippe. Kom saam op 'n blitsreis na 'n paar wêreldstede.
2020-03-17
10 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Dr. Angelique Coetzee oor privaatpraktisyns en Covid-19
Wat as daar 'n siek mens in 'n minibustaxi klim? Wat as jy in 'n gebied bly waar daar meer as een Covid-19 geval is? En hoe gemaak met mense wat meer paniekerig as siek is? Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van die mediese vereniging van Suid-Afrika, sê hoewel die maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het, verwelkom word, is daar aspekte wat haper.
2020-03-16
07 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Koronavirus - Dr Brenda Hattingh oor sielkundige impak op kinders
2020-03-13
06 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Alan Winde oor regering in korona-tyd
2020-03-11
04 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Prof. Talita Greyling oor Suid-Afrika se gelukkigheidsindeks
Die jongste gelukkigheidsindeks wys dat Suid-Afrikaners ondanks groot uitdagings oorwegend gelukkig is. Selfs die aankondiging van die eerste positiewe geval van die nuwe koronavirus kon die land nie onderkry nie. Prof. Talita Greyling, welstand-ekonoom verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, wat dié indeks bedryf verduidelik.
2020-03-11
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Ralph Mathekga oor die OB en Cyril
2020-03-10
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Prof. Jannie Rossouw oor die daling in die olieprys
Vir diegene wat dink dat elke wolk 'n silwer randjie het, is die skerp daling in die olieprys en die styging in die goudprys op die oog af goeie nuus vir Suid-Afrika. Prof. Jannie Rossouw, tussentydse hoof van Wits se sakeskool, verduidelik egter dat daar groot onsekerheid oor die ekonomies uitwerking van die koronavirus agter alles sit.
2020-03-09
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Prof. Anton Stoltz oor Covid-19 in SA
Hoe deeglik, hoe lank en waarmee moet jy jou hande was om die koronavirussiekte, Covid-19 te voorkom? Moet jy 'n masker dra? Moet jy reis? Prof. Anton Stoltz, hoof van die departement aansteeklike siektes aan die Universiteit van Pretoria gee sy mening.
2020-03-05
08 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Oudregter Johann van der Westhuizen oor parool
Misdadiger, vonnis, tronksel – einde van die storie – totdat parool ter sprake kom. Die minister van justisie en korrektiewe dienste meen die paroolstelsel moet hersien word. Die voormalige inspekterende regter van tronke, oudregter Johann van der Westhuizen, meen egter die stelsel werk, dit is die administrasie daarvan wat haper.
2020-03-05
09 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Anthoni van Nieuwkerk oor die uitslae van Super Tuesday
Die uitslae van Amerika se Amerika se "Super Tuesday" dui op groot ondersteuning vir Joe Biden, wat hoop om die Demokrate se presidentskandidaat te word. Bernie Sanders se hoop is nou op Kalifornië se uitslae om steeds in Biden se nek te kan blaas. Prof. Anthoni van Nieuwkerk van die Universiteit van die Witwatersrand glo egter 'n opdraande stryd lê vir Sanders voor.
2020-03-04
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Theo Venter oor Super Tuesday
Ondersteuners van die Demokratiese Party in Amerika behoort ná Dinsdag 3 Maart 'n beter aanduiding te hê oor wie hul kandidaat vir die presidentsverkiesing in November gaan wees. Theo Venter, van die NWU-besigheidskool in Potchefstroom, verduidelik waarom dit as Super Tuesday bekend staan en ook watter sogenaamde "swart swaan" later vanjaar die verkiesingsake kan omkrap.
2020-03-03
04 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Ekonoom Mike Schüssler
Dit is malligheid om te dink dat daar geen ander uitweg is as om pensioengeld te gebruik om Eskom te red nie, sê 'n voormalige ekonoom van die jaar. Mike Schüssler, eienaar van Economists.co.za, meen dat dit eintlik op diefstal neerkom.
2020-03-02
07 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Francois Daneel, 'n onderwyser in Wuhan, China
Pres. Cyril Ramaphosa het opdrag gegee om Suid-Afrikaners in Wuhan, China - die episentrum van die Covid-19-epidemie - terug te bring. Alet Joubert wou by die Randfonteiner Francois Daneel, 'n onderwyser in Wuhan, weet of hy wíl terugkom Suid-Afrika toe.
2020-02-28
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Prof. Marietjie Venter oor Covid-19
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 'n pandemie van die Covid-19-koronavirus is onafwendbaar. Alet Joubert wou by die viruskenner prof. Marietjie Venter weet of dit rede tot paniek is en hoe nou gemaak met oorsese reise?
2020-02-27
05 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Ekonoom Elna Moolman
Was Tito Mboweni, minister van finansies dapper genoeg om die land van afgradering en 'n fiskale afgrond te red met die begroting wat hy ter tafel gelê het? Elna Moolman, senior ekonoom van Standard Bank gee haar kennersmening.
2020-02-26
04 min
Vra die kenner
Vra die kenner: Ekonoom Dawie Roodt
Begroting-2020 is op hande met hoë verwagtings dat Tito Mboweni, minister van finansies die staat se gordel gaan styftrek. Alet Joubert het Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient groep gevra wat hy dink Tito gaan sê en wat Tito moet sê.
2020-02-25
04 min