podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Netwerk24 Klankgolwe
Shows
Rapport Praat Sport
Dawie Theron verklap: ‘Die berge wat ek moes versit om Pollard te kies’
Dawie Theron was al die afrigter van Griekwas en die Junior Bokke, en ’n hulpafrigter by die DoCoMo Red Hurricanes in Japan. Waar was hy die gelukkigste? Net waar hy nou is – by Paarl Gimnasium as dié skool se direkteur van rugby. “Ek verdien seker die minste geld tot nog toe in my loopbaan, maar ek was nog nooit gelukkiger nie,” vertel Theron dié week op Rapport Praat Sport. Die oud-Bok-stut sê ook waarom hy glo die land se ryke skoletalent nie altyd in die Junior Bokke se uitslae weerspieël word nie. Theron vertel dan in die fynste b...
2025-05-07
42 min
Rapport Praat Sport
Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter
Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe. Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy rol as die Biltongboere se direkteur van rugby en ’n bietjie terug te kyk op sy loopbaan. Hy verklap wie sy taaiste spanmaat tot nog toe was (jy kan dalk verbaas wees) en wei ook ’n bietjie uit oor Owen Farrell. “Hy het altyd aan...
2025-04-30
30 min
Rapport Praat Sport
Skolerugby: ‘Elke top-skool koop spelers’
Skolerugby is reusagtig groot in Suid-Afrika. ’n Paar weke gelede het ons op Rapport Praat Sport die vraag gevra: Is dit besig om te professioneel te word? Dié week sluit Hannes Nienaber, die grootste skolerugby-kenner in die land, hom by ons aan. Ons praat oor skolerugby-strukture, reisreëlings, die keurproses en hoe beroepsgerig die spel nou werklik is op skolevlak. Hannes verduidelik ook hoe die “koop-proses” in skolerugby werk, en gee vir luisteraars ’n paar voorbeelde van spelers om voor uit te kyk hierdie jaar. Hy vertel ons ook hoe die ranglyste werk, en watter twee spanne volgens almal die...
2025-04-23
30 min
Rapport Praat Sport
Josh Strauss: ‘Schalk se bier-filosofie is in die kol!’
Josh Strauss sluit hom vandeesweek op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Ikeys se sege in die Varsitybeker-reeks. Strauss, voormalige losvoorspeler van die Leeus, Glasgow, die Bulle en natuurlik Skotland, is die Ikeys se voorspelerafrigter. Hy vertel van ’n spanpraatjie wat die Bok-flank Schalk Burger eenkeer gelewer het en hoe hy in die kol was met sy bier-filosofie. Strauss praat ook oor sy loopbaan, wat die toekoms vir hom inhou en hoe dit gevoel het om vir Skotland uit te draf. • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die...
2025-04-16
33 min
Rapport Praat Sport
Neil Powell onthul waarom Haaie met B-span na Lyon opruk
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan. Hy verduidelik die denkrigting agter die besluit om nie hul sterkste span na Lyon te stuur vir hul Uitdaagbeker-uitklopwedstryd daar nie. Hy verklap ook wanneer Eben Etzebeth en Aphelele Fassi na verwagting hul terugkeer ná beserings sal maak, en sê die span gaan voluit gaan vir silwerware in die Verenigde Rugbykampioenskap. Powell praat ook in diepte oor die span se kontrakteringsmodel, en gesels oor die Haaie se twee jong stersenters Jurenzo Julius en Ethan Hooker. • Ons wil baie gr...
2025-04-09
31 min
Klankgolwe: Weg Stories
Seisoen 2, episode 1: Om 'n boomhuis te bou
Gelees en geskryf deur Francois Haasbroek, skets deur Fred Mouton.
2025-04-05
14 min
Rapport Praat Sport
Is skolerugby te professioneel?
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons oor die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), skolerugby en krieket. Ons wonder hardop waarom die Haaie steeds nie volgens hul volle potensiaal presteer nie, maar besing ook Siya Kolisi se lof. Hy is tans die beste voorbeeld van die soort uithalerspel wat ’n gereelde Springbok vir sy plaaslike span moet lewer. Die skolerugby-seisoen begin momentum optel en ons bespreek weer die vraag: Het skolerugby te professioneel geword? Stuur tradisionele rugbyskole nog goed gebalanseerde seuns die wêreld in ná skool? Rob Walter het skielik uit sy pos as Protea-witbalafrigter bedank. Wat skui...
2025-04-02
37 min
Rapport Praat Sport
FNB moes oorsese maatskappye uitstof om Bok-borg te word
Hendrik Cronjé vertel dié week in Rapport Praat Sport die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het belangstelling van oorsese maatskappye gekry om die Springbokke se nuwe hoofborg te word, maar die aanbod wat Eerste Nasionale Bank (FNB) op die tafel geplaas het, was eenvoudig te goed om te ignoreer. Skielik, sê Hendrik, is Suid-Afrikaanse rugby in ’n baie gesonde posisie. Die voormalige 400 m-hekkiesatleet LJ van Zyl sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die prestasies van atlete soos Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso. Ons betree nou ’n goue era wat atletiek in Suid-Afrika betref, sê hy. LJ vertel ook...
2025-03-26
32 min
Rapport Praat Sport
Jimmy Stonehouse: ‘Jy kan nie meer met ’n dom ou rugby speel nie’
Vandeesweek se Rapport Praat Sport is ’n spesiale een: Die legendariese Jimmy Stonehouse, Puma-afrigter, sluit hom by ons aan. Hy praat padlangs oor die uitdagings wat die Pumas in die gesig staar, oor die huidige rugby-milieu en hoe dit in die laaste paar jaar verander het, maar ook oor dít wat hulle steeds in Mbombela regkry. Jimmy sê hoe belangrik dissipline en respek vir hom is – soveel so dat hy verlede jaar ’n paar spelers weggejaag het: “En dit het ons ’n plek in die halfeindronde gekos.” Hy wei ook uit oor die belangrikheid van internasionale deelname vir ’n span so...
2025-03-19
26 min
Rapport Praat Sport
Kwota-storm: Warriors gelooi met R500 000-boete
In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden en Fanie Heyns die jongste transformasie-herrie in Suid-Afrikaanse Krieket. Die Warriors is met ’n boete van R500 000 gelooi én is hul plek in die Eendagreeks se uitspeelwedstryde kwyt omdat hulle sonder toestemming nie aan KSA se transformasieteikens voldoen het vir ’n kragmeting met die Dolphins nie. Ons bespreek dié situasie en kyk ook na transformasie in die breë in Suid-Afrikaanse krieket. Word genoeg gedoen om te verseker die Proteas het ’n groot en diverse talentpoel om uit te kies? Indien nie, wat kan nog gedoen word? Wanneer gaan ons die...
2025-03-12
29 min
Rapport Praat Sport
Onthul: Felix en sy gesin wil sak en pak na SA trek
Springbok-nuus is volop: Felix Jones keer terug, Handré Pollard word weer ’n Bul . . . en Rassie Erasmus het Woensdag op sy eerste mediakonferensie van die jaar onthul hy wil nóg drie Bok-wedstryde – twee toetse en ’n kragmeting met die Barbarians – tot die span se skedule vir 2025 voeg. Dit sal beteken Suid-Afrika speel vanjaar in 15 wedstryde. ’n Propvol rugby-spyskaart! Hendrik Cronjé sê Pollard gaan een van die grootste plaaslike kontrakte tot nog toe kry, maar hy is steeds agter Siya Kolisi in die tou van Suid-Afrikaanse rugbyspelers met die beste inkomste. Ons wonder ook hardop wat Tony Brown dink van Jones...
2025-03-05
29 min
Rapport Praat Sport
Kitsie gee raad vir ’n goeie lewe ná rugby
In vandeesweek se Rapport Praat Sport kyk ons terug op die spogloopbaan van Steven Kitshoff en hoor ook sy raad vir spelers wat die lewe ná rugby betref. Hendrik Cronjé verklap ook hy werk aan ’n berig vir Sondag oor die Stormers se opvolgplan ná Kitshoff se uittrede. Ons gesels ook oor die moeilike oorgang van rugbyspeler na die “gewone lewe” en bekyk Wêreldrugby se vreemde regulasies wat Benhard Janse van Rensburg nou dalk gaan verhinder om vir Engeland te speel. Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878...
2025-02-26
30 min
Rapport Praat Sport
Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’
Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref. Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die Wêreld-sewesreeks, en Snyman vertel hoe hy sy groep vir die toernooi gekies het. Snyman sê ook: “Skryf dié jong man se naam neer, hy is spesiaal...” Gepraat van Erasmus – het julle gesien hoe die Sesnasies-afrigters hom probeer naboots? Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur...
2025-02-19
32 min
Rapport Praat Sport
Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook oor Matthew Breetzke se spogbeurt teen Nieu-Seeland, Dricus du Plessis se oorwinning oor Sean Strickland en die Bulle se “tronk-ontsnapping” in Kaapstad. Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
2025-02-12
26 min
Rapport Praat Sport
Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’
Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het. Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks, Dricus du Plessis se reuse-geveg teen Sean Strickland wat voorlê en oor die onervare Protea-span wat gekies is vir die driehoekige toernooi teen Nieu-Seeland en Pakistan. Ons hoor ook by Rob Walter hoe hy voel oor Temba Bavuma se gereedheid vir die Kampioenetrofee, nadat die Protea-kaptein nie in die SA2...
2025-02-05
31 min
Rapport Praat Sport
Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
2025-01-29
32 min
Rapport Praat Sport
Die dag toe Dok aan Schuster sê: ‘Jy kom nie met daai str*nt na my toe nie!’
In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Albert Heenop hom by Tinus van Staden en Jóhann Thormählen aan en deel staaltjies en inspirerende stories oor al die sportlui met wie hy al gesels het vir sy gewilde Wat het geword van-onderhoude. Hy vertel stories van Frik du Preez, Gary Player, Tommy Bedford, Rob du Preez, Kallie Knoetze, Shaun Tomson . . . en een van Leon Schuster en Dok Craven wat jy nié wil misloop nie. Laat weet ons wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
2025-01-22
27 min
Rapport Praat Sport
Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen
Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”. Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
2025-01-15
31 min
Rapport Praat Sport
Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!
Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n beter kans staan as wat mense dink om die Aussies op Lord’s te klop nie. Wat is jou sportwense vir 2025? Laat weet ons by tinus.vanstaden...
2025-01-08
28 min
Rapport Praat Sport
George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak
As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die geestelike ingesteldheid waarmee hy deesdae op die krieketveld stap. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen kies ook hul top-drie- Suid-Afrikaanse sport-oomblikke, en -sportsterre van 2024. Laat weet ons wie jy s...
2024-12-18
29 min
Rapport Praat Sport
Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug
Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioeneliga. Jóhann Thormählen vertel hoe die atmosfeer by die Kaapstad-sewestoernooi was. En hier is ’n triviavraag vir jóú: Vanjaar het vyf Proteas hul eerste toetshonderdtalle geslaan. Die jaar met die vor...
2024-12-11
29 min
Rapport Praat Sport
Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA Rugby se plan om ’n vennootskap met die Amerikaanse belegger Ackerley te sluit Vrydag gaan sneuwel. Laat gerus van jou hoor by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap...
2024-12-04
30 min
Rapport Praat Sport
Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou
In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA Rugby se plan om ’n vennootskap met die Amerikaanse belegger Ackerley te sluit Vrydag gaan sneuwel. Laat gerus van jou hoor by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap...
2024-12-04
30 min
Rapport Praat Sport
Rassie ondergaan groot operasie
In dié week se Rapport Praat Sport onthul Hendrik Cronjé dat Rassie Erasmus pas ’n groot operasie ondergaan het. Ons praat ook oor die toekoms van Steven Kitshoff se loopbaan ná ’n nekoperasie, en neem die Bokke se spogseisoen in oënskou. Laat weet ons gerus wat jou hoogte- en laagtepunte van die jaar was, by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Wees ook op die uitkyk – volgende week het ons weer ’n spesiale gas wat hom by ons aansluit. Sport | Rapport
2024-11-27
31 min
Rapport Praat Sport
Ackers onthul: Dís hoekom ek terugkeer na SA
Johan Ackermann sluit hom dié week by Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe rol by die Junior Springbokke. Hy verduidelik waarom hy dié pos aanvaar het, verklap ’n paar geheime van Japanse klubrugby en erken ’n pos by die Bokke iewers in die toekoms is iets wat hy met albei hande sal aangryp. Peter Engledow, Cameron Hanekom se skole-afrigter, vertel van die dag dat Hanekom vir hom gesê het: “Meneer, ek sal dít nooit weer toelaat nie.” En voel dit vir jou ook of Rassie Erasmus...
2024-11-20
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Saru-baas: Wêreld is jaloers op Bokke
In dié week se Rapport Praat Sport met Netwerk24 erken die grootbaas van SA Rugby, Rian Oberholzer, dit voel soms vir hom of daar jaloesie is oor Suid-Afrika se sukses. Dít nadat die rugbywêreld alweer knorrig is oor Rassie Erasmus se Bomb Squad. Oberholzer verduidelik ook waarom Suid-Afrika die 20-minuut-rooikaart-reël steun, en onthul Mark Alexander is gevra om te staan vir die pos van Wêreldrugby-voorsitter. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden bespiegel oor wie die nr. 10-trui teen Engeland gaan dra, en die voormalige Namibiese losvoorspeler Renaldo Bothma vertel hoe hy met depressie en alkoholmisbruik gesukkel het na...
2024-11-13
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Heyneke Meyer verduidelik Tonybôl en Duhan se ma sê: Watch this space...
Die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer gesels vandag saam met Hendrik Cronjé en Tinus van Staden oor alles van rugby in Amerika tot die geheime van Bok-hardlooprugby. Hy dink terug aan van die spelers wat hy gebrei het: Van Joost van der Westhuizen tot Fourie du Preez, Victor Matfield en Handré Pollard. Ons wonder hardop waarom Rassie sy span-aankondiging na Vrydag geskuif het, en verwelkom ook nóg ’n spesiale gas op die program – Dulene van der Merwe, ma van die Skotse vleuel Duhan. Sy praat ’n bietjie oor die Stormers-gerugte, en Duhan se driedruk-rekord. Ons sluit af met ’n spesiale verslag deu...
2024-11-06
36 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie se snoeiproses: Die verskil tussen Faf en Cobus
Eers was dit ’n losskakel vir ’n haker. Nou ’n losvoorspeler vir ’n agterspeler... en selfs ’n losskakel vir ’n stut! Ons gesels oor Rassie Erasmus wat wéér interessante spankeuses maak. Jóhann Thormählen sê waarom Damian Willemse se afwesigheid die Bokke vanjaar minder hard tref as wat verlede jaar die geval sou wees, en ons kies ons vyftientalle vir die toets teen Skotland. Ons spreek ook die oli-Faf in die kamer aan (selfs Francois van Coke se naam duik op), en Hendrik Cronjé verduidelik die rigting wat Rassie in die toekoms wil inslaan. Sport | Rapport
2024-10-30
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Basta met rugby se stampkar-rooies
Die Bulle het in albei hul laaste wedstryde rooi kaarte ontvang wat by nabetragting afgegradeer is na geel. Die besluit vandeesweek dat die haker Johan Grobbelaar nie werklik rooi moes sien nie, het egter te laat gekom om die Bulle van ‘n eenpunt-nederlaag te red. Met Wêreldrugby op die punt om te stem oor die instelling van die 20 minuut-rooikaart woed ‘n hewige debat weer oor watter oortredings erg genoeg is om ‘n speler se wedstryd te beëindig (en sy span op die agtervoet te hou). Ons sportskrywers Hendrik Cronjé en Johann Thormahlen deel hul menings met ons. Ons...
2024-10-23
24 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Onthul: Vier Grotes wil Cheetahs en kie met Superrugby-geelwortel swaai
Ons gesels oor die stand van sake met SA Rugby se beoogde Ackerley-vennootskap, en Hendrik Cronjé onthul ’n nuwe voorstel van die Stormers, Leeus, Bulle en Haaie om Saru se planne omver te werp. Ons praat ook oor Gayton McKenzie, die minster van sport, kuns en kultuur, se betrokkenheid by die voornemende ooreenkoms. Dit is ook die eerste keer dat ’n gas hom regstreeks by ons aansluit. Jacques Faul, die uitvoerende hoof van die Titans en een van die land se mees gesiene sportadministrateurs, praat oor die ekonomiese verskuiwings in die sportlandskap. Hy waarsku ook teen die gevare van eiebelang. Jóhan...
2024-10-16
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dís Rassie se plan met jaareind-span
Hendrik Cronjé onthul wat sy bronne vir hom sê oor Rassie Erasmus se rotasie-planne vir die drie toetse op die jaareindtoer. Ons gesels ook oor die spelers en spanne wat tot dusver indruk maak in die Verenigde Rugbykampioenskap (hoe lekker brul dié trop Leeus nie!). Wêreldrugby het ook weer gaan staan en torring aan die reëls... maar gaan dit dalk ’n kobra-effek tot gevolg hê? Jóhann Thormählen voorspel sy wenners van dié naweek se VRK-wedstryde (druk toe jou ore, Stormers-fên), Tinus van Staden gesels oor die tekort aan diepte in Suid-Afrikaanse krieket en vele meer in dié week...
2024-10-09
33 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Bokke se lekker losskakel-toffie
Die 10-uit-10 vertoning wat Manie Libbok Saterdag in Mbombela vir die Bokke opgedis het, het opnuut gewys hoeveel kopkrap die 10-trui nog vorentoe vir die Bokke se breintrust gaan veroorsaak. Ons gesels ook oor TonyBall, die speelstyl wat Tony Brown as aanvalsafrigter na die Bokke gebring het, en ons hoor wat Swys de Bruin tranerig maak sedert hy die vroue-Bokke begin afrig het. Sport | Rapport
2024-10-02
21 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie onthul waarom hy met Manie volhard
’n Haai se groot bekentenis oor dáái omgekeerde bal. Die R7 miljoen-Curriebeker-geelwortel vir die Groot Vier... en natuurlik alles en nog meer oor Manie Libbok se mislukte stelskop. In dié week se Rapport Praat Sport wonder Hendrik Cronjé of dit nie dalk tyd is vir Manie om sy vlerke oorsee te sprei nie. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen het verskillende idees oor hoe die Bokke dié losskakel Saterdag moet aanwend. Ons hoor ook wat Rassie Erasmus en Bongi Mbonambi oor Manie te sê het. En skuld jy vir Eben Etzebeth geld? Wees versigtig... Sport | Rapport
2024-09-25
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie knorrig oor Sacha hom nie van besering sê
In dié week se Rapport Praat Sport onthul Rassie Erasmus ’n opwindende agterlyn-plan vir die tweede helfte van die toets teen Argentinië. Ons hoor ook hoekom hy ongelukkig was met Sacha Feinberg-Mngomezulu. Hendrik Cronjé, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook Curriebeker-rugby, en ons beantwoord ’n paar vrae wat luisteraars ingestuur het. Hendrik gee ’n lusmakertjie oor ’n groot storie waaraan hy werk vir Sondag se Rapport, en Jóhann onthul met watter sportster hy dié week ’n onderhoud gaan voer. Sport | Rapport
2024-09-18
28 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Só kan Rassie se breker-bank teen Poemas lyk
Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago. Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen probeer ook vasstel hóé die Bokke nóg ’n sege by die All Blacks weggestoei het; selfs al is daar meer by Suid-Afrika se afbreekpunte gesteel as uit die staatskas in die Zuma-jare. Ons wonder ook hoe die res van die wêreld dié Bok-span beskou, en vra sommer vir ’n Kiwi-joernalis om ons te vertel. Sport | Rapport
2024-09-11
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Siya oefen saam met Bokke in Kaapstad
Hendrik Cronjé se molle laat weet: Siya Kolisi het vanoggend saam met die Bokke gesweet in Kaapstad. Maar gaan hy gereed wees om die All Blacks Saterdag in Kaapstad aan te durf? Luister en bespiegel saam met Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen oor hoe die span moontlik kan lyk. Is Jasper Wiese dalk ’n opsie op nr. 6? Ons praat ook oor die talle omstrede blasersbeslissings in die eerste toets op Ellispark, en hoor hoe ons Paralimpiese-atlete in Parys vaar. Sport | Rapport
2024-09-04
32 min
Rapport Praat Sport
LUISTER | Rassie keer terug na Bomb Squad-wortels met Eben-dinamiet
Pap, lepel, sous en Pieter-Steph du Toit se gunsteling-kos is maar net enkele van die vele gesprekspunte in dié week se Rapport Praat Sport. Hendrik Cronjé doen ook ’n meesterklas-ontleding van die All Blacks se skopplan, en Rassie verklap wat die énigste wedstryd is waarvoor hy sy heel beste Bok-23-tal kies. Tinus van Staden praat ook ’n bietjie krieket, en Jóhann Thormählen gee raad oor watter Suid-Afrikaanse atlete om dop te hou op die Paralimpiese Spele. Sport | Rapport
2024-08-28
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Fêns juig oor Bokke, Dricus… maar waar is jolyt oor Proteas?
Dit is asof die Protea-krieketspan deesdae die stiefkind van Suid-Afrikaanse sport is, selfs wanneer hulle wen. In dié week se Rapport Praat Sport, bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen hierdie stand van sake. Ons wonder ook hardop wie Rassie Erasmus met die nr. 10-trui gaan toevertrou vir die toetse teen die All Blacks. Sport | Rapport
2024-08-21
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dís die plan met Rassie se vreemde span
Dis ’n gevoel wat Bok-fêns ongelukkig alte goed ken. ’n Reuse-oorwinning opgevolg deur ’n getjommel. Maar dié week kan dinge dalk net anders wees, ná ’n moontlike Rassie Erasmus-meesterskuif. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen is terug met nog ’n aflewering van Rapport Praat Sport, en bespiegel oor die redes agter Erasmus se laslappie-span. Ons kyk ook terug na die Olimpiese Spele, bespreek die korrelasie tussen sport en rook, en raak opgewonde oor Dricus du Plessis se groot geveg teen Israel Adesanya. Sport | Rapport
2024-08-14
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | En Tony Brown se oogappel is…
Wat moet ons lees in Sacha Feinberg-Mngomezulu se insluiting op losskakel in die Springbok-beginspan vir die eerste Rugbykampioenskapstoets teen Australië? En wat hou die toekoms vir die Wêreldbeker-held Handré Pollard in? In dié week se Rapport Praat Sport, probeer Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen om dié vrae te beantwoord. Ons raak ook filosofies oor Tatjana Smith se swem-ingesteldheid, en vereer Akani Simbine as Suid-Afrika se beste spoedvraat van alle tye (ja, selfs al was hy wéér die amper-man). Sport | Rapport
2024-08-07
30 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dis mos Bok-guts daai van Tatjana!
Die Olimpiese Spele is in volle swang, en die Suid-Afrikaners stel glad nie teleur nie. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Tatjana Smith se meesterklas in die swembad, die Blitsbokke se broekskeur-brons, en ons hoor ook van Philip Snyman, Selvyn Davids en Rosko Specman. En wat nog? O, ja! Hoe gaan Rassie maak op agtsteman en skrumskakel... Sport | Rapport
2024-07-31
32 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Rassie Erasmus: Die man sonder ’n ego
Die B-Bokke was vyfster teen Portugal, en gelukkige Jan-Hendrik Wessels het die Vincent Koch-rekord vrygespring. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Rassie Erasmus se oog vir talent. John Dobson sê Sacha Feinberg-Mngomezulu is perfek, en Ricardo Louscher meen Krappies van den Berg kan nog báie toetse speel. En die opvolger vir Pieter-Steph du Toit is… ’n man met ’n ingenieursgraad. Sport | Rapport
2024-07-24
29 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Die volmaakte 3 minute van Ierse rugby-digkuns wat die Bokke sink
Die bloed het geloop, die bier het gevloei en Ierland het hul pad tot ’n 1-1-uitslag in Durban oop-geskepskop. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen gesels oor ’n toetsreeks uit die boeke, die mite van driedruk-rugby, die aard van sosialemedia-trolle, pap wiele, dubbeldoor-derduiwels en die volgende geslag sterre. Ons hoor ook wat sê Rassie Erasmus oor bitterpille in bekke, en kry die mening van Murray Kinsella, ’n Ierse joernalis, oor (eerbiedige) Bok-fêns. Sport | Rapport
2024-07-17
31 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Dubbele standaarde: Iere kla oor Casey, maar wat van Henshaw-voorval?
Ierse skelmstreke in die skrums, ’n splinternuwe Bok-aanval... en ’n Ierse gekerm oor Coldplay. Tinus van Staden praat met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor die talle brandpunte ná die slag van Loftus, en kyk vorentoe na Saterdag se tweede toets tussen Suid-Afrika en Ierland in Durban. Sport | Rapport
2024-07-10
29 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Kookwater-Proteas verwelkom druk van die huis af
Nog ‘n dag, nog ‘n groep Kiwi’s afgeslag. . . en nou skram niemand meer weg van praatjies oor ‘n Wêreldbeker-dubbel vir Suid-Afrika se rugby- en kriekethelde nie. So hoe voel die Proteas self? Hulle het lesse geleer uit hul eie én die Springbokke se onlangse naelskraap-seges, sê Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, en verwelkom die druk wat kom saam met Suid-Afrika se groot verwagtinge. Sport | Rapport
2023-11-02
21 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Bongi-sage wys hoe ver hang Wêreldrugby se onderrok uit
Rapport se rugbyskrywer Hendrik Cronjé was die afgelope week aan die voorpunt van die beriggewing oor die onsmaaklike rasbewerings teen die Bok-haker Bongi Mbonambi. Hy meen dit was “ ‘n hartseer week vir rugby” en een waaroor sowel die Engelse Rugbyunie as Wêreldrugby bloedrooi moet bloos. Sport | Rapport
2023-10-27
14 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Teenstanders se stert-kolwers groot kopseer vir Proteas
Die Wêreldbeker-toernooi het reeds sakke vol hoogtepunte vir Suid-Afrika opgelewer – maar daar is een groot bron van kommer: die boulers se onvermoë om die spreekwoordelike stert af te kap. Altesaam 51% van die lopies teen Suid-Afrika is aangeteken wanneer die stertkant-kolwers voor die penne was. Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, bespreek moontlike redes daarvoor. Sport | Rapport
2023-10-25
19 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Verwag weer Bok-truuks in halfeind teen Engeland
Vier jaar gelede het hulle Engeland gefop met die bekende ‘The Move’, en laasweek die Franse onkant gevang met ‘n skrum van ‘n merk en danspassies voor ‘n tikskop. In hul Wêreldbeker-herontmoeting Saterdag met die Engelse sal daar beslis weer ‘n truuk of twee wees – vraag is net wat. Sport | Rapport
2023-10-20
15 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Nederland-slae kos Proteas nie hul moed
Die Protea-kolwer Rassie van der Dussen het nou wel Dinsdag in die skok-nederlaag teen Nederland sy paaltjie met ‘n omgekeerde veeghou verloor – maar moet vir geen oomblik dink dit maak hom skrikkerig om dit aan te hou probeer nie. Sport | Rapport
2023-10-20
15 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Franse verrassings en Protea-perfeksie
Die Franse Hane het toestemming gevra dat Antoine Dupont die naweek in hul WB-kwarteindstryd teen die Springbokke in 'n spesiale skrumpet en masker speel - 'n proses wat gewoonlik maande vat, maar dalk net vir Frankryk se goue seun bespoedig kan word. En in Lucknow in Indië wag 'n Australiese span wat lanklaas op alle suiers gevuur het op 'n Protea-groep wat hul WB-veldtog met 'n groot knal begin het - en sommer nog baie ruimte vir verbetering het. Sport | Rapport
2023-10-10
26 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé verklap watter Bok monsterskepdoele op die oefenveld oorklits
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus sal eers ná die toets teen Tonga besluit hoe hulle gaan maak met hul losskakel-vraagstuk. Kan ’n goeie vertoning aan Handré Pollard die nr. 10-trui besorg vir die kwarteindronde? Of gaan hy die plaasvervangersbank warm hou en eers later in wedstryde vir Manie Libbok vervang. Hendrik verklap ook ’n paar “oefenveldgeheime”. Sport | Rapport
2023-09-28
23 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé oor 7/1-bank: Kwagga oefen vir seker in agterlyn
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus het die rugbywêreld Dinsdagaand geskok met die insluiting van sewe voorspelers en net een agterspeler op hul plaasvervangersbank vir die Wêreldbeker-toets teen Ierland Saterdag in Parys. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden ontleed dié taktiek, en bespreek ook redes vir die weglating van Willie le Roux en Duane Vermeulen. Sport | Rapport
2023-09-20
24 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat uit Frankryk: Faf dalk gevra om skoppe by Manie oor te neem
Die Bokke het 'n potensiële piesangskil vermy deur Skotland met 18-3 in hul Wêreldbeker-openingswedstryd te klop. Rapport se Hendrik Cronjé, wat die skouspel vir Netwerk24 dek, ontleed dié wedstryd en sê wat hý reken van die spanveranderinge teen Roemenië kan wees. Marco van Staden en Kwagga Smith kan byvoorbeeld die kantmanne wees. Sport | Rapport
2023-09-12
23 min
Rapport Praat Sport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat WB-rugby uit Toulon: Faf of Jaden? Willie of Damian?
Die Bokke het 'n paar kopkrap-keuses voor hul Wêreldbeker-openingstoets teen Skotland Sondag in Marseille. Sport | Rapport
2023-09-05
18 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.46 As Moeder Natuur haar strip
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in WegRy in Oktober 2014, uitgawe #66. Dit was gelees en geskryf deur Evan Naude, en skets deur Fred Mouton.
2019-10-18
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.45 Met 'n Cortina en 'n Gypsey op 'n plaaspad
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in WegSleep in Oktober 2006, uitgawe #4. Dit was gelees en geskryf deur Zigi Ekron en skets deur Fred Mouton.
2019-10-02
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.44 Op die spoor van James Bond
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg!-tydskrif in Maart 2008, uitgawe #41. Dit was geskryf deur Dana Snyman, gelees deur Francois Haasbroek en skets deur Fred Mouton.
2019-07-01
08 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.43 'n Ding wat ruk
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in WegRy in Oktober 2014, uitgawe #65. Die was gelees en geskryf deur Evan Naudé, skets deur Fred Mouton.
2019-06-19
09 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.42 Die les van 'n gebore kampeerder
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Wegsleep in Junie 2014, uitgawe #67. Die was gelees en geskryf deur Zigi Ekron, skets deur Fred Mouton.
2019-06-05
09 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.41 Die nonne in Etosha
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Wegsleep in Desember 2009, uitgawe #18. Die was gelees en geskryf deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2019-04-17
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.40 Die nag van die snorkes
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in WegSleep in Augustus 2015, uitgawe #74. Dit was gelees en geskryf deur Evan Naudé, en skets deur Fred Mouton.
2019-04-04
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.39 Ken jy die tipe?
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Wegsleep in Mei 2016, uitgawe #88. Dit was gelees en geskryf deur Zigi Ekron en skets deur Fred Mouton.
2019-03-20
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.38 Etosha... waar die leeus Afrikaans verstaan
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in Julie 2005, uitgawe #10. Dit was geskryf deur Piet Grobler, gelees deur François Haasbroek en skets deur Fred Mouton.
2019-03-06
08 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.37 'n Bondige gids vir nie-voëlkykers
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg-tydskrif in Julie 2011, uitgae #81. Dit was geskryf deur Schalk Kotze, gelees deur François Haasbroek en skets deur Fred Mouton.
2019-02-20
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.36 Sweef soos 'n... arend?
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in Junie 2005, uitgawe #9. Dit was gelees en geskryf deur Jaco Kirsten, skets deur Fred Mouton.
2019-02-06
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.35 'Full throttle' op vakansie
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Wegsleep se November/Desember uitgawe in 2008, uitgawe #10. Gelees en geskryf deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2019-01-22
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.34 Van vele vure
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Januarie 2019, uitgawe #171. Gelees en geskryf deur Toast Coetzer, skets deur Fred Mouton.
2018-12-12
14 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.33 Kersfees kom vroeg in die Diep-Karoo
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Wegbreek in die Desember 2014/Januarie 2015-boek, uitgawe #5. Dit was geskryf deur Dana Snyman, gelees deur François Haasbroek en skets deur Fred Mouton.
2018-11-28
08 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.32 Die nag toe ek blind geword het
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in Augustus 2009, uitgawe #46. Dit was geskryf en gelees deur Jaco Kirsten, skets deur Fred Mouton.
2018-11-14
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.31 Vryheid is 'n fiets
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in September 2017, uitgawe #155. Dit was gelees en geskryf deur Leon-Ben Lamprecht, skets deur Fred Mouton.
2018-10-31
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.30 Grondpad na 'n gesonde lewe
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in November 2018, uitgawe #169. Dit was geskryf en gelees deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2018-10-17
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.29 'n Tjoppie vir die Tankwa
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in Mei 2017, uitgawe #151. Dit was geskryf deur Gideon Brückner, gelees deur François Haasbroek en skets deur Fred Mouton.
2018-10-03
09 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.28 'n Regte kar kort 'n regte naam
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in September 2005, uigawe #12. Dit was gelees en geskryf deur Jaco Kirsten, en die skets was gedoen deur Fred Mouton.
2018-09-19
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.27 Een aand in 'n bar op die 'Bok
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in Augustus 2017, uitgawe #154. Dit is geskryf en gelees deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2018-09-05
16 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.26 Toe ek klein was...
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in Junie 2007, uitgawe #28. Dit is geskryf en gelees deur Toast Coetzer, en skets deur Fred Mouton
2018-08-22
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.25 Vliegvoos en vlugvies
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in April 2006, uitgawe #18. Gelees en geskryf deur Jaco Kirsten, skets deur Fred Mouton.
2018-08-08
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.24 'n Goeie gewoonte
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg-tydskrif in November 2017, uitgawe #157. Gelees en geskryf deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2018-07-25
09 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.23 Waar die pad smaller raak
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg! in Januarie, 2014, uitgawe #111. Dit was geskryf en gelees deur Toast Coetzer, skets deur Fred Mouton.
2018-07-11
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.22 Ek en my Beetle
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg! in Oktober, 2006, uitgawe #24. Dit was geskryf en gelees deur Toast Coetzer, skets deur Fred Mouton.
2018-06-27
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.21 Waar's die 'kêffie'-hamburger?
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg! in Augustus, 2005, uitgawe #11. Dit was geskryf en gelees deur Jaco Kirsten, skets deur Fred Mouton.
2018-06-13
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep. 20 Nog 'n Royal groet
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Mei 2006, uitgawe #19, Dit is geskryf deur Willemien Brummer, gelees deur François Haasbroek en skets deur Fred Mouton.
2018-05-30
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.19 Slagspreuke vir die winter
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Junie 2015, uitgawe #128. Die is geskryf en word gelees deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2018-05-16
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.18 Ek tree aan vir 'n potjie verspoeg...
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Oktober 2007, uitgawe #36. Dit is geskryf en gelees deur Toast Coetzer, skets deur Fred Mouton.
2018-05-02
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.17 Moleste met muskiete
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Julie 2013, uitgawe #105. Dit is geskryf en gelees deur Esma Marnewick, skets deur Fred Mouton.
2018-04-18
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.16 Op pad na intervarsity
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in April 2009, uitgawe #54. Dit is geskryf en gelees deur Jaco Kirsten, skets deur Fred Mouton.
2018-04-04
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.15 Die bus na Dar es Salaam
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Maart 2008, uitgawe #41. Dit is geskryf en gelees deur Esma Marnewick, skets deur Fred Mouton.
2018-03-21
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.14 Die hele wêreld in jou kop
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in April 2014, uitgawe #114. Dit is geskryf en gelees deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2018-03-07
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.13 Die verskil tussen 'n flits en 'n 'toorts'?
Hierdie rubriek het die eerste keer verskyn in Weg in Mei 2005, uitgawe #8. Dit is geskryf en gelees deur Jaco Kirsten, skets deur Fred Mouton.
2018-02-21
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.12 Reën
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #63 in Januarie 2010. Dit is geskryf en word gelees deur Toast Coetzer, skets deur Fred Mouton.
2018-02-16
16 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.11 Ons (vakansies) is nie almal so nie...
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #148 in Februarie 2017. Dit is geskryf en word gelees deur Esma Marnewick, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2018-02-07
13 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.10 Lank leef beskuit!
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #61 in November 2009. Dit is geskryf en word gelees deur Toast Coetzer, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2018-01-24
14 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.9 Toe breek ek Griekeland...
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #133 in November 2015. Dit is geskryf en word gelees deur Pierre Steyn, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2018-01-10
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.8 Die Citi's in my lewe
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #63 in Januarie 2010. Dit is geskryf en word gelees deur Sophia van Taak, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2017-12-27
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.7 Jy lol nie met tradisie nie
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #122 in Desember 2014. Dit is geskryf en word gelees deur Sophia van Taak, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2017-12-13
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.6 Suidwaarts met Saki en Ayumi
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #113 in Maart 2014. Dit is geskryf en word gelees deur Toast Coetzer, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2017-11-29
13 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.5 Verloor jou hart op die buurman
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg se Namibië-gids 2016. Dit is geskryf en word gelees deur Pierre Steyn, die skets is gedoen deur Nicolene Louw.
2017-11-15
10 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.4 Deur Gugs op 'n jakkalsdraffie
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #65, Maart 2010. Dit is geskryf en word gelees deur Erns Grundling, skets deur Fred Mouton.
2017-10-20
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.3 Die vreugde van die alledaagse
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #138, April 2016. Dit is geskryf en word gelees deur Sophia van Taak, skets deur Fred Mouton.
2017-10-20
11 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.2 Daai draffie oor die pad
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #66, April 2010. Dit is geskryf en word gelees deur Toast Coetzer, skets deur Fred Mouton.
2017-10-20
12 min
Klankgolwe: Weg Stories
Ep.1 Sout van die aarde
Hierdie rubriek is die eerste keer gepubliseer in Weg #137 in Maart 2016. Dit is geskryf en word gelees deur François Haasbroek, die skets is gedoen deur Fred Mouton.
2017-10-20
10 min