podcast
details
.com
Print
Share
Look for any podcast host, guest or anyone
Search
Showing episodes and shows of
Olielamp Potgooi
Shows
Die Olielamp Potgooi
EP17 - Die Huwelik
Ds. Marnix BoersemaDie huwelik is meer as net ’n romantiese verbintenis – dit is ’n Godgegewe verbond wat Christus en die kerk weerspieël. In hierdie episode kyk ons na die doel, uitdagings en vreugdes van Bybelse huwelike.
2025-12-06
32 min
Die Olielamp Potgooi
EP16: Die Lig van Waarheid – Christelike Onderwys en Geloofsvorming
Met Mev. Saskia MeijerSkole vorm wêreldbeskouings. Christelike onderwys wil méér as net akademie aanbied – dit wil harte vorm. In hierdie episode bespreek ons die doel, uitdagings en roeping van Christelike onderwys in ’n pluralistiese samelewing.
2025-11-02
28 min
Die Olielamp Potgooi
EP15: Lig in ’n Verwarde Wêreld – Die Christelike Antwoord op Transgender Ideologie
Met:Prof. Henk StokerIn ’n wêreld waar geslag nie meer as biologies vasgestel beskou word nie, word Christene toenemend gekonfronteer met vrae oor identiteit, waarheid en liefde. Hierdie episode van Die Olielamp ondersoek die opkoms van transgender-ideologieë en hoe Christene daarop moet reageer – nie net met Bybelse waarheid nie, maar ook met deernis. Ons gesels oor hoe die Skrif oor geslag praat, hoe die kultuur geslag herdefinieer het, en wat dit beteken om as kerk standpunt in te neem, terwyl ons steeds mense met waardigheid en liefde behandel.
2025-10-04
30 min
Die Olielamp Potgooi
EP14: Die Kerkgeskiedenis van die Vrye Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika
Met: Erik van AltenHoe het die Vrye Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika ontstaan en oor die jare ontwikkel? Ds. Erik van Alten vertel die geskiedenis van die VGKSA: van sy stigting tot sy groei binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ons kyk na die kerk se oorspronklike visie, uitdagings oor die dekades, en hoe sy teologiese standpunte aangepas en gevestig is.
2025-09-06
24 min
Die Olielamp Potgooi
EP13: Die Reformasie – Deel 2 (1500–1700 n.C.)
Met Karina IjlstIn die tweede deel van ons gesprek oor die Reformasie fokus ons op die verspreiding van die beweging deur Europa, die rol van konings en politieke magte, en kerklike teenreaksies.Karina Ijlst help ons verstaan hoe die Hervorming verskillende lande beïnvloed het en hoe die Rooms-Katolieke Kerk teruggeveg het met die Teen-Reformasie. Ons kyk ook na watter diepgaande gevolge hierdie tydperk gehad het op taal, kultuur en opvoeding.Ons sluit af met ’n gesprek oor die relevantheid van die Reformasie vir vandag en hoekom ons steeds dankbaar moet wees vir...
2025-08-02
12 min
Die Olielamp Potgooi
EP12: Die Reformasie – Deel 1 (1500–1700 n.C.)
Met Karina IjlstIn hierdie eerste deel van ons gesprek oor die Reformasie delf ons saam met Karina Ijlst in die beginjare van een van die mees invloedryke bewegings in die geskiedenis van die kerk. Ons kyk na die oorsake van die Reformasie, die dapper optrede van Martin Luther, en hoe figure soos Calvyn en Zwingli ’n nuwe teologiese rigting gegee het aan ’n kerk in nood.Ons ondersoek hoe leerstellige verskille misbruik binne in die kerk aan die lig gebring het, asook hoe die Hervorming die pad na ‘n groter toegang tot God se Woord...
2025-07-05
11 min
Die Olielamp Potgooi
EP11: Die Kerk van 1000-1500 nC
Uitdagings en veranderinge is kenmerke van dié tyd vir die kerk. Karina Ijlst verduidelik hoe die skeuring tussen die Oosterse en Westerse kerk ontstaan het, watter invloed die kruistogte gehad het, en hoe die pousdom Europa se politiek beïnvloed het. Ons kyk ook na hoe die Renaissance die Christelike denke geraak het en hoe hierdie tydperk die weg gebaan het vir die Protestantse Hervorming.
2025-06-07
14 min
Die Olielamp Potgooi
EP10: Meneer en Mevrou Dominee
In hierdie hartlike en eerlike episode van Die Olielamp gesels ons met Ds. Johan Bruintjes oor die unieke dinamiek van ‘n dominee en sy gade in ‘n gemeentelike lewe. Ons kry ’n kykie agter die skerms van die pastorie en ontdek hoe “meneer en mevrou dominee” saam dien, ondersteun, lei en soms eenvoudig net luister.Ons gesels oor die belang van ’n vaste herder in die gemeente, die rol van die domineesvrou – dikwels stil, maar kragtig – en hoe hulle as ‘n span die geloofsgemeenskap dien. Hierdie episode bied nie net insig in hulle roeping en verantwoordelikheid nie, maar ook in die me...
2025-05-03
19 min
Die Olielamp Potgooi
EP09 - Die Vrou se taak in die Huwelik
In hierdie episode van Die Olielamp gesels ons met Alike Bijker oor die Bybelse rol van die vrou in die huwelik. In ’n wêreld waar huweliksverhoudings dikwels deur sekulêre idees beïnvloed word, keer ons terug na die Skrif om te verstaan wat God se bedoeling vir die vrou se roeping as vrou en helper is.Ons ondersoek hoe vroue met liefde en respek hul mans kan ondersteun, en hoe onderdanigheid – soos dit in die Bybel beskryf word – ’n Godgegewe seën is, eerder as ’n swaar las. Verder gesels ons oor die uitdaging om balans te vind...
2025-04-05
18 min
Die Olielamp Potgooi
EP08: Die Kerk van 500-1000 n.C
Hoe het die kerk na die val van die Romeinse Ryk oorleef en uitgebrei? Ds. Pieter Boon help ons om hierdie tydperk beter te verstaan. Ons bespreek die monastieke bewegings, die invloed van Islam, en hoe sendingwerk die Christendom in Europa gevestig het. Daarna kyk ons ook na belangrike teologiese ontwikkelinge van hierdie eeu
2025-03-01
08 min
Die Olielamp Potgooi
EP07 - Die Kerk van 30-500 n.C.
In hierdie episode van Die Olielamp gesels ons met Ds. Pieter Boon oor die eerste vyf eeue van die Christelike kerk. Ons ondersoek hoe die vroeë gelowiges Romeinse vervolging oorleef het, die invloed van Konstantyn se bekering, en die rol van kerkleiers soos Augustinus. Verder kyk ons na die groot leerstellige kwessies wat die kerk se teologiese rigting gevorm het.
2025-02-01
13 min
Die Olielamp Potgooi
EP06 - Die man se taak in die kerk
In hierdie episode van Die Olielamp fokus ons op die belangrike rol wat mans in die kerk speel. Ons bespreek hoe die Bybel mans rig om dienende leiers in die gemeente te wees, en hoe hulle hul unieke gawes kan gebruik om God se koninkryk te bou. Ons kyk na praktiese maniere waarop mans hul gesin en kerkverantwoordelikhede kan balanseer, en die impak wat geestelike leierskap op die breër geloofsgemeenskap kan hê. Sluit aan vir ’n opbouende gesprek wat mans inspireer om hul roeping in die kerk voluit na t...
2025-01-04
20 min
Die Olielamp Potgooi
EP05 - Die Man se taak in die Huwelik
In hierdie episode van Die Olielamp ondersoek ons die Bybelse riglyne vir die rol van die man in die huwelik. Ons bespreek hoe die Skrif ons leer om as man ’n leiersposisie in te neem wat nie oorheers nie, maar gekenmerk word deur diensbaarheid en liefde. Ons praat met Coen Fourie oor hierdie belangrike onderwerp en vra hoe mans prakties hul Godgegewe rol kan uitleef. Ons sluit af met ’n kykie na die volgende episode se tema, waar ons die uitdaging bespreek om ’n man se huwelikspligte met sy verant...
2024-12-07
20 min
Die Olielamp Potgooi
EP04 - Straat Evangelisasie
In vandag se episode gesels ons met Oom Jaco de Beer, ’n toegewyde straat evangelis wat sy hart en passie vir die verspreiding van die Evangelie met ons deel. Ons ondersoek hoekom straat evangelisasie so belangrik is in vandag se tyd, hoe om dit met selfvertroue en deernis aan te pak, en luister na waardevolle wenke van iemand wat eerstehandse ervaring het. Skakels vir die Evangeliesasie Videos: https://solafive.co.za/evangelisasie-kursus/
2024-11-02
18 min
Die Olielamp Potgooi
EP03 - Gebed
In hierdie episode gesels ons met Ds. Jonker Venter oor die tema van gebed. Ons bespreek verskeie vrae soos hoekom ons bid, hoe om te bid, en meer. Hierdie episode kan ons help om ons persoonlike verhouding met God te verdiep deur te leer bid soos Jesus ons self geleer het.
2024-10-05
19 min
Die Olielamp Potgooi
EP02 - Christelike Leierskap
In hierdie episode van Die Olielamp Potgooi bespreek ek, Cornèl Meyer, saam met ons spesiale gas, Ds. Erik van Alten, die kern van Christelike leierskap. Ons delf diep in wat dit beteken om ’n leier te wees wat gegrond is in Christelike waardes en hoe ons hierdie beginsels in ons alledaagse lewens en gemeenskappe kan toepas. Sluit by ons aan in hierdie gesprek en ontdek hoe ware leierskap dienend en transformerend kan wees in ’n wêreld wat dikwels fokus op mag en invloed.
2024-09-07
16 min
Die Olielamp Potgooi
EP01 - Wie is die Olielamp Potgooi
Welkom by die Olielamp se potgooi kanaal! Ons nooi julle hartlik uit om saam met ons oor die geloof te praat en leer. Skakel elke Saterdag in om nie 'n epesode te mis nie. Indien jy enige vrae of onderwerp voorstelle het of self graag saam met ons praat op die podgooi, stuur gerus 'n epos na: olielamp.podcast@gmail.com
2024-08-03
08 min