Look for any podcast host, guest or anyone
Showing episodes and shows of

Wilmi Wheeler

Shows

RadioteaterRadioteaterLYNE WAT KRUIS deur Wilmi WheelerJanine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir haar ’n reddingsboei: ’n lys van kliënte wat aanlyn oor lewensversekering navraag gedoen het. Heel bo aan die lys: Maggie Grove. Janine verwag nog ’n standaard oproep, nog ’n ongemaklike of ongeskikte "nee dankie", maar wat sy kry, is iets heel anders. Lyne wat kruis deur Wilmi Wheeler...2025-04-171h 01Ek en GodEk en GodEp. 6 - Kersboodskap: Josef, Maria en Jesus vertel... (LUISTERDRAMA)Josef, Maria en Jesus vertel van hul ervaringe rondom Sy geboorte. Die lastige Romeine en hul ontydige sensus, het Josef warm onder die kraag. Maria is moeg, maar pak met moed die reis Betlehem toe aan, met Josef aan haar sy. Jesus vertel van die geskenk wat Hom die meeste opgewonde maak... Opgevoer deur: DJ Muller - Josef Wilmi Wheeler - Maria Lylah Muller (8) - Jesus Vervaardiging en musiek: DJ Muller2023-12-1210 minSkrywers en BoekeSkrywers en BoekeSkrywers en boeke 19 Mei 2021Vind meer uit oor die skrywer CJ Langenhoven se geheime liefde, Sarah Goldblatt, wanneer Ilse Salzwedel met die skrywer Dominique Malherbe gesels oor haar biografie OP SOEK NA SAARTJIE. Ilse gesels ook met Wilmi Wheeler oor haar radiodrama, DIE HUISBESOEK, wat met ‘n Writers Guild of South Africa-toekenning bekroon is. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die internasionale letterkunde onder andere oor die Dylan Thomas-prys en die wenners van die Britse Book Awards.2021-05-1939 minRadioteaterRadioteaterDIE HUISBESOEK deur Wilmi WheelerCelia roep in die vroeë oggendure die hulp van hulle jong dominee op die dorp in. Sy het pas ontdek dat haar man, Paul, 'n verhouding het. Terwyl die dominee vir Celia probeer oorreed om nie haar man om die lewe te bring nie, dink sy terug aan gebeure uit hulle verlede.2020-05-2153 min